# Economic and Management Sciences Grade 6 2010 QP (Afr)

> Grade 6 Economic and Management Sciences question paper from the June Common Test 2010 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-6-economics-and-management-sciences-2010-june-common-test-question-paper/88062cc7-436b-452b-bccc-ce8b4c5dc4b9
- Updated: 2026-10-29
- Subject: Economic and Management Sciences
- Grade: Grade 6
- Document type: Question paper
- Year: 2010
- Exam period: June Common Test
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 6](https://www.hlayiso.com/library/grade-6) › [Economic and Management Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-6/economics-and-management-sciences) › [Economic and Management Sciences Grade 6 2010 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-6-economics-and-management-sciences-2010-june-common-test-question-paper/88062cc7-436b-452b-bccc-ce8b4c5dc4b9)

## About this document

Economics And Management Sciences · Grade 6 · June Common Test · 2010. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Province of the
                        EASTERN CAPE                  Vlak Kode
                        EDUCATION

                          INTERMEDIÊRE
                              FASE

                             GRAAD 6

                            JUNIE 2010

   EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE

LEERDER SE NAAM:    …………………………………………………………..

PUNTE: 50

TYD: 1 uur

                   Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

### Page 2

2              EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE                            (JUNIE 2010)

INSTRUKSIES

1.   Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae. Al die vrae moet beantwoord word.

2.   Lees die instruksies vir elke vraag sorgvuldig en beantwoord slegs wat gevra
     word.

3.   Vrae moet op die vraestel beantwoord word.

4.   Gebruik die puntetoekenning as aanduiding vir die lengte van die antwoord.

### Page 3

(JUNIE 2010)                      EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE                           3

 VRAAG 1 (LU 1: AS 4) ; (LU 4: AS 4; 5)

 1.1       MEERVOUDIGEKEUSE. Drie antwoorde word vir elke vraag verskaf.
           Maak ŉ kruisie (X) in die blokkie vir jou antwoord.

           1.1.1   Geld wat deur die regering vanaf mense en besighede
                   kollekteer word, is …

                   (a)   belasting.

                   (b)   rente.

                   (c)   profyt/wins.

           1.1.2   Een van die volgende is nie ŉ faktor van produksie nie:

                   (a)   Markfaktore

                   (b)   Rou materiaal

                   (c)   Arbeid

           1.1.3   Watter stelling hieronder is onwaar aangaande die rol van die
                   regering?

                   (a)   Die regering voorsien werk

                   (b)   Die regering verskaf arbeid

                   (c)   Kollekteer belasting

           1.1.4   Een van die volgende is nie ŉ rol van Besighede nie:

                   (a)   Dwing die wet af om te sorg dat die ekonomie vlot
                         verloop

                   (b)   Produseer goedere en dienste vir verbruikers

                   (c)   Om werk te voorsien

           1.1.5   Vergoeding vir arbeid is …

                   (a)   rente.

                   (b)   huur.

                   (c)   lone.                                               (5 x 1)    (5)
                                                                                       [10]

### Page 4

4               EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE                               (JUNIE 2010)

1.2   Kies die term in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas.
      Gebruik die tabel wat voorsien word vir jou antwoorde. Moenie die
      beskrywing in KOLOM A oorskryf nie. Skryf slegs die korrekte/regte term
      in KOLOM B.

                            KOLOM A                           KOLOM B
       1.2.1   James het ŉ pakkie Simba skyfies by “Joe’s    A. Inkomste
               Spaza-shop” gekoop en het … betaal.              belasting
       1.2.2   Na die Begrotingstoespraak betaal Michel      B. Invoer
               R1,25 meer vir sigarette as gevolg van …         belasting
               belasting wat ingesluit is
       1.2.3   Julie betaal R400 … op haar salaris aan die   C. Maatskappy
               einde van die maand.                             belasting
       1.2.4   SA MTN het 100 nuwe selfone vanaf Japan       D. Sonde
               aangekoop en betaal … belasting.                 belasting
       1.2.5   TwaLU besit ŉ maatskappy en betaal …          E. BTW
               belasting op die maatskappy se wins.

      ANTWOORDE

       1.2.1

       1.2.2

       1.2.3

       1.2.4

       1.2.5
                                                                      (5 x 1)       (5)
                                                                                   [10]

### Page 5

(JUNIE 2010)              EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE                           5

 VRAAG 2 (LU 1: AS 1)

 Kyk na die volgende diagram van die Ekonomiese Siklus/Vloeidiagram. Skryf
 die korrekte rolspeler langsaan (a) asook die vloeidiagram beskrywings (b);
 (c); (d) en (e).

                                     Huishoudings

     (b)         (c)                                                   (e)      (d)

                                            (a)

           (a)                                                                 (1)

           (b)                                                                 (1)

           (c)                                                                 (1)

           (d)                                                                 (1)

           (e)                                                                 (1)
                                                                               [5]

### Page 6

6                EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE                               (JUNIE 2010)

VRAAG 3 (LU 4: AS 5)
Lees deur die volgende gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg:
Goodies
Goodies is ŉ kitskos-onderneming in ŉ besige inkopiesentrum. Dit is oop vanaf 7:30
in die oggend tot 5:15 saans. Buite is ŉ groot spyskaart met allerhande smullekker
geregte en daar kom allerhande heerlike geure uit die winkel.
Daar werk baie mense in die winkels en kantore in die sentrum. Honderde kopers
loop elke dag verby Goodies.
Mary, die bestuurder van Goodies, maak ŉ baie groot verskeidenheid kosse soos
geroosterde toebroodjies en pasteitjies tot gekookte maaltye soos bobotie en
beesbredie. Die pryse is redelik en daar is iets om elkeen se sak te pas.
Mary verkoop ook bevrore gesinsetes. Sy het agtergekom dit verkoop baie goed aan
werkende moeders wat dit op pad huis toe koop na ŉ dag se werk.
Goodies maak ook versnapperings vir kantoorpartytjies. ŉ Verskeidenheid
vingerhappies soos geroosterde hoendervlerkies, worsrolletjies, frikkadelle
visvingers, sout-tertjies, klein tamaties, wortelstokkies en ander rou groente word op
groot borde uitgepak. “Op my borde is iets vir elke smaak.” Sê Mary. “Daarby is ons
eetgoed goedkoper as ons die kompetisie s’n. Die nuus oor ons heerlike
peuselhappies het gou deur al die kantore en sentrum versprei.”
Kort nadat die onderneming geopen het, het hulle pamflette versprei in die
parkeerterrein van die winkelsentrum en by al die kantore in die omgewing, maar
deesdae is dit nie eens nodig om te adverteer nie.
Mary vertel dat die eienaars van die winkelsentrum beplan om dit op te knap. Hulle
gaan gedeeltes van die winkelsentrum afskerm terwyl die werk aan die gang is. Die
ondernemings gaan gedurende die bouery gebruik moet maak van tydelike persele.
“Ek hoop ons kry ŉ plek waar al ons kliënte ons maklik sal kry,” sê Mary.

### Page 7

(JUNIE 2010)                 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE                        7

 1.      Gee die elemente van die markmengsel/bemarkingsamestelling en
         langsaan elk woorde uit die gevallestudie wat daarby pas:

                                                                                (6)

 2.     (a)    Watter element van die markmengsel/bemarkingsamestelling sal
               beïnvloed word as Goodies tydelik deur die eienaars van die
               winkelsentrum verskuif word?

                                                                                (1)

        (b)    Hoe dink jy gaan die tydelike verskuiwing Goodies beïnvloed?

                                                                                (1)

        (c)    Watter verandering kan Mary aan die markmengsel/bemarking
               samestelling maak om te verhoed dat die verskuiwing die
               onderneming nadelig beïnvloed?

                                                                                (1)

 3.     Veronderstel Mary verhoog die prys van al haar produkte met 20%.

        (a)    Watter element van die markmengsel/bemarkingsamestelling gaan
               beïnvloed word?

                                                                                (1)
                                                                               [10]

### Page 8

8                  EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE                                 (JUNIE 2010)

VRAAG 4 (LU 4: AS 2)

                                           Object 2

Jy word voorsien van ŉ kolomgrafiek wat verskillende Besigheidsgeleenthede op
die X-as (horisontaal) wys en die geld, in rand, wat jy per week kan maak op die
Y-as (vertikaal). Bestudeer die grafiek versigtig sodat jy die volgende vrae kan
beantwoord.

    (a)   Watter is die beste besigheidsgeleentheid en hoeveel is die totale bedrag
          wat jy per week kan maak ?

                                                                                           (2)

    (b)   Watter een is die slegste besigheidsgeleentheid en hoeveel is die totale
          bedrag wat jy per week kan maak ?

                                                                                           (2)

    (c)   Gee ŉ rede waarom jy dink dat die was van motors die beste
          besigheidsgeleentheid is in vergelyking met die ander.

                                                                                           (1)
                                                                                           [5]

### Page 9

(JUNIE 2010)                  EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE                      9

 VRAAG 5 (a) (LU 4: AS4)

 Catherina beplan om lekkers gedurende pouses by die skool te verkoop. Sy
 beplan om ŉ pakkie lekkers, wat sy vir R1,50 gekoop het, te verkoop en om ŉ
 wins van R0,50 op elke pakkie te maak.

 Daar word van jou verwag om Catherina te help om ŉ Bemarkingsplan, wat
 deel is van die Besigheidsplan, te ontwikkel.

 1.        Wie is Catherina se teikenmark?

                                                                               (2)

 2.        Hoe kan sy haar produk by die skool adverteer?

                                                                               (1)

 3.        (a)   Bereken haar verkoopprys.

                                                                               (2)

           (b)   Bereken haar wins as sy 20 pakkies lekkers per dag verkoop.

                                                                               (3)
                                                                               [8]

### Page 10

10              EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE                                (JUNIE 2010)

VRAAG 5 (b) (LO4 AS4)

Catherina het besluit om haar besigheid uit te brei deur koek teen R20 elk
vanaf haar huis, ná skool en gedurende naweke, te verkoop. Sy wil nie
moontlike klante verloor nie en is dus bereid om bestellings te neem en om ook
tuis af te lewer. Haar huisadres is Wesparklaan 23 King William’s Town en
haar huis telefoonnommer is 043 607 3319. Haar selnommer is 084 939 2392
ingeval kliënte haar wil bel om bestellings te plaas.

Ontwerp ŉ advertensie vir haar besigheid. (Hou in gedagte die goeie kwaliteite
van ŉ advertensie).                                                                   (8)

                                                                                    [16]

### Page 11

(JUNIE 2010)                    EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE                                         11

                                RUBRIEK VIR VRAAG 5 (b)

  Kriteria            1                      2                         3                         4
  Ontwerp en   Swak onwerp       Ontwerp is nie             Goeie gebruik van kleur     Ontwerp
  Netheid      en tekort aan     oorspronklik nie, effens   en oorspronklikheid in      (Kleurvol, baie
               kleur             kleur en kreatiwiteit      ontwerp                     kreatief en
               (kreatiwiteit)                                                           oorspronklik)

               Onnet             Aanvaarbare vlakke van     Netjies en goed versorg     Netjies en goed
                                 netheid                                                versorg
  Inligting    Tekort aan        Sommige van die            Meeste inligting relevant   Alle relevante
               relevante         inligting is nie van                                   inligting benodig
               inligting         toepassing                                             voorsien

### Page 12

12                 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE                             (JUNIE 2010)

VRAAG 6 (a) (LU 1: AS2)

Lees die volgende stuk.

Suid-Afrika sal die 2010-FIFA Sokker Wêreldbeker aanbied. Ons land moet
gereed wees vir hierdie gebeurtenis. Die regering moet verseker dat alle
hoofpaaie en stadiums in ŉ goeie toestand is. Die besighede bv. hotelle moet
ook verseker dat daar genoeg blyplek vir al die toeriste is wat ons land sal
besoek. Rou materiaal word gekoop om goedere te maak wat tydens die wêreld
beker verkoop gaan word. Sodoende beplan hulle om meer wins te maak.

Inwoners is ook besig met planne om meer geld te kry gedurende hierdie
tydperk. Hulle bied hul huise aan toeriste vir akkommodasie, ander sal hul huise
as Bed en Ontbyt fasiliteite gebruik. Die ekonomie sal gedurende hierdie tydperk
bevoordeel word.
Baie menses sal deeltydse werke gedurende hierdie tyd kry. Daar sal heelwat
informele besighede wees bv. mense wat goedere en dienste aan toeriste
verkoop.

Lys EEN verantwoordelikheid en EEN reg van elke deelnemer in die tabel. (4 x
1)                                                                                    (4)

     Rol en Verantwoordelikhede van
                                      Rol en Verantwoordelikhede van Besighede
                Regering

          Regte van Regering                    Regte van Besighede

                                                                                      [4]

                                                                      TOTAAL:         50

### Page 13

(JUNIE 2010)   EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE   13

## Collection

- [Grade 6 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-6/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
