# Social Sciences Grade 6 June Common Test 2010 QP (Afr)

> Grade 6 Social Sciences question paper from the June Common Test 2010 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-6-social-sciences-2010-june-common-test-question-paper/442b4ae4-94e1-454a-9df2-68f3a2d65e22
- Updated: 2026-10-29
- Subject: Social Sciences
- Grade: Grade 6
- Document type: Question paper
- Year: 2010
- Exam period: June Common Test
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 6](https://www.hlayiso.com/library/grade-6) › [Social Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-6/social-sciences) › [Social Sciences Grade 6 June Common Test 2010 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-6-social-sciences-2010-june-common-test-question-paper/442b4ae4-94e1-454a-9df2-68f3a2d65e22)

## About this document

Social Sciences · Grade 6 · June Common Test · 2010. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Provinsie van die
             OOS KAAP
             ONDERWYS

                       INTERMEDIỆRE
                                 FASE

                         GRAAD 6

                        JUNIE 2010

                 SOSIALE STUDIES

PUNTE: 50

TYD: 1 uur

                 Die vraestel bestaan uit 9 bladsye.

### Page 2

2                              SOSIALE STUDIES                                 (JUNIE 2010)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Leerlinge moet ALLE vrae beantwoord.

2.   Lees deur alle bronne en uittreksels in die vraestel om die vrae te beantwoord.

3.   Maak seker dat jy verstaan wat die vraag van jou verwag, voordat jy dit beantwoord.

4.   Volg alle stappe sorgvuldig as jy die vrae beantwoord.

5.   Nommer alle antwoorde presies in ooreenstemming met die nommers van die vrae
     op die vraestel.

6.   Moenie die vrae se antwoorde vermeng nie.

### Page 3

(JUNIE 2010)                          SOSIALE STUDIES                                       3

 VRAAG 1

 Lees die volgende uittreksels en illustrasies in verband met kaart projeksies sorgvuldig
 deur en beantwoord dan die vrae wat volg.

 KAART PROJEKSIES
 Wanneer inligting oor die aarde vanaf ŉ aardbol op ŉ plat oppervlakte (kaart) geteken
 word, praat ons van ŉ kaart projeksie. Daar is verskillende maniere om kaart projeksies
 te maak. Die wêreldkaart wat hier onder gewys word, word genoem die Mollweide-
 projeksie. Hierdie projeksie is soos ŉ afgeskilde lemoenskil. Hierdie projeksie gee ons
 die beste idee van die aarde se bolvormigheid asook van die relatiewe groottes van die
 kontinente en oseane. Daar is ook ander tipe kaart projeksies, behalwe die Mollweide-
 projeksie. Hulle word ook hieronder aangedui met die naam van die projeksie onderaan
 die kaart.

                              DIE MOLLWEIDE PROJEKSIE

### Page 4

4                                SOSIALE STUDIES                                (JUNIE 2010)

1.1     Wat is ŉ kaart projeksie?                                                         (1)

1.2     Noem enige DRIE tipe kaart projeksies uit bogenoemde diagramme.                   (3)

1.3     Watter projeksie is gemaak in 1569?                                               (1)

1.4     Watter projeksie gee die idee dat die aarde bolvormig is?                         (1)

1.5     Waar verskyn die naam van die kaart projeksie gewoonlik op kaarte?                (1)
                                                                                          [7]

VRAAG 2

Lees die volgende uittreksels en illustrasies sorgvuldig deur en beantwoord dan die
vrae wat volg.
Breedtegrade en Lengtegrade
     Breedtelyne en lengtelyne word gebruik om die ligging (posisie) van ŉ plek te
      beskryf.
     Die lyne vorm ŉ denkbeeldige rooster rondom die aarde.
     Hierdie rooster word genoem die graadnet of koördinate-verwysingsstelsel.

Breedtelyne
     Die lyne loop van wes na oos oor die aardbol.
     Hulle vorm sirkels rondom die aardbol.
     Hulle is parallelle lyne.
     Hulle verteenwoordig grade – geskryf as (°) en elke graad bevat 60 minute –
      geskryf as (‘)
Lengtelyne
     Die lyne is getrek vanaf die noordpool na die suidpool op die aardbol.
     Hulle is samelopend met mekaar.
     Hulle ontmoet by die suidpool en by die noordpool.
     Hulle verteenwoordig ook grade – geskryf as (°).

               A                          B                           C

### Page 5

(JUNIE 2010)                            SOSIALE STUDIES                                      5

 2.1      Skryf die nommers 1 – 3 neer en slegs die korrekte letter (A,B of C) van die
          bostaande diagramme wat die volgende voorstel:

          1. Breedtelyne
          2. Koördinate-verwysingsstelsel
          3. Lengtelyne                                                            (3 x 1)       (3)

 2.2      Lees die volgende aanhalings sorgvuldig deur.

          Die ewenaar verdeel die aarde in ŉ Suidelike halfrond en ŉ Noordelike
          halfrond. Die Greenwich meridiaan verdeel die aarde in ŉ Oostelike halfrond en
          ŉ Westelike halfrond. Daarom is elke plek op die aarde is geleë binne twee
          halfrondtes:
                In die Suidelike of in die Noordelike halfrond
                                       en
                In die Oostelike of in die Westelike halfrond.

          Bestudeer nou die kaart met die verskillende halfrondtes van die aarde en
          beantwoord die vrae wat volg.

          Dui aan in watter twee halfrondtes op die aarde, die volgende plekke in die
          onderstaande kolom voorkom. Skryf die naam van die plek plus die twee
          halfrondtes waarin dit voorkom neer byvoorbeeld:
          Chili – Suidelike halfrond + Westelike halfrond.

                 Plek          Noordelike      Suidelike      Oostelike      Westelike
                               halfrond        Halfrond       Halfrond       Halfrond
          2.2.1 Noord-
                Amerika
          2.2.2 Australië
          2.2.3 Suid-Afrika
          2.2.4 Japan
                                                                                   (4 x 2)       (8)

### Page 6

6                             SOSIALE STUDIES                            (JUNIE 2010)
                                                                                    [11]

VRAAG 3

GRONDEROSIE

Die volgende is oorsake van gronderosie:

    Ontbossing deur die afkap van bome.
    Veldbrande
    Oorbeweiding
    Paadjies uitgeloop deur diere

3.1 Wat sal jy doen om elk van die bogenoemde probleme te help voorkom? Kyk na
    die onderstaande prent vir moontlike hulp.                           (4 x 2)         (8)

3.2 Watter van die probleme in verband met gronderosie genoem in VRAAG 3.1,
    word uitgebeeld in FOTO A en FOTO B?                                 (2 x 2)         (4)
                                                                                        [12]

              FOTO A                                            FOTO B

### Page 7

(JUNIE 2010)                            SOSIALE STUDIES                                    7

 VRAAG 4

 Lees die uittreksel uit die Manifes vir Kinderregte.

 Kinders moet:

 1. Lewe sonder diskriminasie teen hulle;
 2. So gou as moontlik ŉ naam en nasionaliteit kry;
 3. Eie opinies kan uitdruk en gehoor word in sake wat hulle raak;
 4. Hulle eie godsdiens, kultuur en geloof kan uitleef;
 5. Beskerm word teen alle vorme van geweld;
 6. In veiligheid lewe, binne ŉ beskermende familie;
 7. Voldoende gesondheidsorg voor en na geboorte kry;
 8. Vry en verpligtende onderwys kry;
 9. Beskerm word teen kinderarbeid en enige ekonomiese uitbuiting;
 10. In ŉ huis bly – moet nie gedwing word om op straat te bly nie.

 4.     Kies enige TWEE kinderregte uit bogenoemdes en sê wat jou
 1      verantwoordelikheid daarteenoor is.                                      (2 x 2)   (4)

 4.     Lees die uittreksel uit die manifes oor die aarde en beantwoord dan die vrae
 2      wat volg:

        DIE AARDE SE MANIFES

        Die manifes van die aarde is ŉ gedragskode wat mense lei tot volhoubare
        groei en ontwikkeling.

        Dit was ingestel by die Verenigde Volke se Beraad oor Omgewing en
        Ontwikkeling, in Rio de Janeiro, in Brasilië in 1992. Mense van
        178 lande het hier vergader om die toekoms van ons planeet te
        bespreek. Hulle het gesê dat mense-, diere- en plantlewens onnodig deur
        oorloë, besoedelde afval, diefstal, swak beplanning en armoede vernietig
        word.

        4.2.1   In watter land en jaar was die Manifes van die Aarde ingestel?             (1)

        4.2.2   Hoeveel lande het deelgeneem aan hierdie besprekings?                      (1)

        4.2.3   Hoe sal jy ons omgewing beskerm?                                           (2)
                                                                                           [8]

### Page 8

8                             SOSIALE STUDIES                                (JUNIE 2010)

VRAAG 5

Lees die inligting in verband met die landswapen en beantwoord die vrae wat volg.

                   DIE NASIONALE LANDSWAPEN (COAT OF ARMS)

Die nasionale landswapen is die belangrikste simbool van ŉ land. Dit kom
voor op jou geboortesertifikaat, trou- en doodsertifikate, skoolsertifikaat en op
jou paspoort. Dit gee (bevestig) die regering se mag wanneer dit op belangrike
dokumente geplaas word.

5.   5.1.1   Noem enige DRIE dokumente waarop die landswapen voorkom. (3 x 1)
1                                                                                      (3)

     5.1.2   Waarom word die landswapen op nasionale dokumente geplaas?                (1)
                                                                                       [4]

### Page 9

(JUNIE 2010)                           SOSIALE STUDIES                                 9

 VRAAG 6

 6.     Sê of die volgende WAAR of VALS is:
 1

        6.1.1 Maphungubwe was een van die antieke konings.                                 (1)

        6.1.2 Mbeki was die eerste president van die land.                                 (1)

        6.1.3 Die landswapen (coat of arms) is die hoogste simbool van die regering.       (1)

 6.     Beantwoord die vrae in verband met die onderstaande bron.
 2

        6.2.1 Noem EEN van die dinge/skatte wat gekry is op die heuwel.                    (1)

        6.2.2 Noem die ornament wat in die graf gekry is.                                  (1)

        6.2.3 Noem EEN van die belonings wat gegee is aan die hoofman.                     (1)

        6.2.4 Waarom is die stat Maphungubwe op die berg opgerig?                          (2)
                                                                                           [8]

                                                                            TOTAAL:        50

## Related documents

- [SOC SC GRD 6 QP - JUNE 2010](https://www.hlayiso.com/library/grade-6-social-sciences-2010-june-common-test-question-paper/787a0e15-c978-4721-ba6b-41d7f7234650) — Social Sciences · QP · 2010
- [28 May 2010 Social Sciences Grade 6 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-6-social-sciences-2010-june-common-test-memorandum/41e025e0-4c71-41e6-b925-4ff37a61ac1c) — Social Sciences · Memo · 2010 · Afr
- [28 May 2010 Social Sciences Grade 6 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-6-social-sciences-2010-june-common-test-memorandum/759ac0d2-93b1-4153-a4ad-b3e9495f691f) — Social Sciences · Memo · 2010 · Eng
- [SOSC-HIS-GR6 QP-ENG-NOV 2014](https://www.hlayiso.com/library/sosc-his-gr6-qp-eng-nov-2014/606bea1b-3a6b-4748-8aa4-d751a7278a66) — Social Sciences · QP · 2014 · Eng
- [SOSC-GEO GR6 QP-AFR-NOV 2014](https://www.hlayiso.com/library/sosc-geo-gr6-qp-afr-nov-2014/9ad4e993-f54f-46a0-b84e-6e54f75c3e68) — Social Sciences · QP · 2014 · Afr
- [SOSC-HIS-GR6 MEMO-ENG NOV 2016](https://www.hlayiso.com/library/sosc-his-gr6-memo-eng-nov-2016/e0d0315d-9722-4db1-b353-5c0ea6bcd588) — Social Sciences · Memo · 2016 · Eng

## More from Grade 6 Social Sciences

- [SOSC-GEO-GR6 MEMO-AFR NOV 2016](https://www.hlayiso.com/library/sosc-geo-gr6-memo-afr-nov-2016/95eb3fe4-15ec-4db9-af73-5ca8dc88c2cd) — Memo · 2016 · Afr
- [SOSC-HIS-GR6 MEMO-AFR NOV 2016](https://www.hlayiso.com/library/sosc-his-gr6-memo-afr-nov-2016/1d0f5d00-de7c-42ac-a712-5658f28a5776) — Memo · 2016 · Afr
- [SOSC-GEO-GR6 MEMO-ENG NOV 2016](https://www.hlayiso.com/library/sosc-geo-gr6-memo-eng-nov-2016/eaeb8401-d9a8-4672-876f-2eb19105e564) — Memo · 2016 · Eng
- [SOSC-GEO-GR6 MEMO-ENG NOV 2014](https://www.hlayiso.com/library/sosc-geo-gr6-memo-eng-nov-2014/f15090cc-34c4-4c9c-9fa0-8bd1412a2d41) — Memo · 2014 · Eng
- [SOSC-HIS-GR6 MEMO-AFR NOV 2014](https://www.hlayiso.com/library/sosc-his-gr6-memo-afr-nov-2014/0be87b14-eda4-4f6e-8ab5-b6276832234b) — Memo · 2014 · Afr
- [SOSC-HIS-GR6 MEMO-ENG NOV 2014](https://www.hlayiso.com/library/sosc-his-gr6-memo-eng-nov-2014/62546435-507d-43b1-a8bb-a1c9906c384a) — Memo · 2014 · Eng

## Collection

- [Grade 6 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-6/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
