# Afrikaans FAL Grade 7 June 2021 Question Paper

> Grade 7 Afrikaans FAL question paper from the June Exam 2021, 6 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-7-afrikaans-fal-2021-june-exam-question-paper/5c9c39be-ee47-42e3-bbe9-4197d446e23f
- Updated: 2026-10-29
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 7
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: June Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 6

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 7](https://www.hlayiso.com/library/grade-7) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-7/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 7 June 2021 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-7-afrikaans-fal-2021-june-exam-question-paper/5c9c39be-ee47-42e3-bbe9-4197d446e23f)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 7 · June Exam · 2021. Question paper, 6 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Bedfordview Primary School
                            Graad 7 Afrikaans Eerste Addisionele Taal
                                         Kwartaal 2 Toets
   Naam:                                                               Graad 7: A B C D
   Taak: 5
   Eksaminator: Mej. M. Kirkby                                         Datum: 24 Junie 2021
   Moderator: Mev. S. Reyneke                                          Tyd: 90 min

        1          2          3          4          5          6          7                   %
      0 – 29%   30 – 39%   40 – 49%   50 – 59%   60 – 69%   70 – 79%   80 – 100%
                                                                                   60

INSTRUKSIES EN INLIGTING:
1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae en 6 bladsye:

Vraag 1: BEGRIPSLEES (20)
Vraag 2: OPSOMMING (10)
Vraag 3: VISUELE GELETTERDHEID (10)
Vraag 4: TAALSTRUKTURE EN KONVENSIES (20)

2. Lees al jou instruksies noukeurig deur.
3. Beantwoord al die vrae.
4. Begin elke vraag op ‘n nuwe bladsy.
5. Nommer jou vrae korrek soos op die vraestel.
6. Nommer aan die kant van die bladsy.
7. Let op na spelling en sinskonstruksie.
8. Skryf netjies en leesbaar.
9. Ekstra 10 minute leestyd sal gegee word.
10. Beantwoord op die papier wat voorsien is.
11. Dink voor jy ink.
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Vraag 1: BEGRIPSLEES (20)
Lees die volgende teks deur en beantwoorde die vrae wat volg.
Wat kry ons op die Maan?
Die ruimtetuig beweeg stadig af na die Maan se oppervlak, en blaas 'n groot stofwolk op. Daar is
geen lug op die Maan nie, en dus val die stof vinnig terug na die maanoppervlak. Ons trek ons
ruimtepakke aan. Ons dra lugtenks sodat ons kan asemhaal, radios om met mekaar te
kommunikeer en spesiale glashelms om ons oë teen die Son
te beskerm.

'n Ruimtevaarder loop in sy ruimtepak op die Maan.Die grond
onder ons voete bestaan uit grys sand, stof en klein klippe.
Die kraters wat ons sien is groot gate in die oppervlak van
die Maan. Rotse wat baie vinnig deur die Ruimte beweeg tref
partymaal die Maan. Waar hierdie rotse met die Maan bots,
maak hulle groot gate omring deur 'n kring sand en rots.

Die lug is swart, nie blou nie. Ons kan die sterre en die Son
gelyk sien. Die Son is baie helder, baie helderder as op Aarde, en ons is bly dat ons beskermende
glas in ons helms het.

1 | BEDFORDVIEW PRIMARY SCHOOL AFRIKAANS EAT

### Page 2

Soos ons op die maan rondloop, is die grondtemperatuur warmer as kookwater, maar as ons in
die skaduwee van 'n groot rots of die ruimtetuig staan, is die temperatuur baie kouer as ys. Die
temperatuur is so veranderlik omdat die Maan geen lug het nie. Op Aarde verhoed lug dat die
aardoppervlak te warm of koud raak.

                                                                    Bron:www.thunderboltkids.co.za

Lees die volgende teks deur en beantwoord die vrae wat volg.

                    Neil Armstrong (1930-2012) – Eerste mens op de maan
                                        Neil Armstrong, die ruimtevaarder wat in 1969 die eerste
                                        mens was wat ooit op die maan gesit het, is Saterdag in die
                                        ouderdom van 82 oorlede. Amerikaanse media het dit
                                        aangekondig. Die Amerikaanse president Obama het in
                                        reaksie daarop die ruimtevaarder een van die grootste
                                        helde van die land ooit genoem.

                                       Niel Alden Armstrong was Augustus in Wapakoneta, ‘n stad
                                       in Ohio, VSA gebore. Hierdie stad huis van vandag af die
Armstrong Air and Space Museum. In 1949 word Armstrong ‘n vegvlieënier in die vloot. Hy het
onder meer in die Koreaanse oorlog gedien. Die eerste voetspoor op die maan na die oorlog het
hy lugvaarttegnologie gaan studeer by NACA, later NASA, en in 1962 die eerste burgerlike
ruimtevaarder geword. Vier jaar later was hy bevelvoerder van die Tweeling 8. Tydens hierdie
sending is die eerste skakel tussen twee ruimtetuie gemaak.

                                                                             Bron:www.historiek.net

Wat kry ons op die Maan?
Beantwoord die volgende vrae:
1.1.   Vul die spasies in: Die grond van die maan se temperatuur word vergelyk met _______
       maar wanneer jy in die skaduwee staan is die so koud soos ________.                 (2)

1.2.   Waarom val die stof vinnig terug na die maan se oppervlakte?                               (1)

1.3.   Verduidelik hoe die Son lyk van die maan af.                                               (1)

1.4.   Wat is die kleur van die lug wanneer jy op die maan staan?                                 (1)

1.5.   Sê of die stelling waar of onwaar is. Jy kan die Son en sterre dieselfde tyd sien as jy op die
       maan staan.                                                                                (1)

1.6.   Wat trek die mense aan as hulle in die ruimte is?                                          (1)

1.7.   Hoe haal die mense asem as hulle in die ruimte is?                                         (1)

1.8.   Hoe kommunikeer die mense as hulle in die ruimte is?                                       (1)

1.9.   Waaruit bestaan die grond van die Maan? Benoem drie.                                       (3)

1.10. Daar is kraters op die maan. Hoe ontstaan hierdie kraters?                                  (1)

2 | BEDFORDVIEW PRIMARY SCHOOL AFRIKAANS EAT

### Page 3

Neil Armstrong (1930-2012) – Eerste mens op de maan
Beantwoord die volgende vrae:
1.11. Wie was die eerste man op die Maan?                                                   (1)

1.12. Deur wie het Niel Armstrong lugvaarttegnologie studeer?                               (1)

1.13. Wanneer (jaar) het Niel Armstrong op die Maan geland?                                 (1)

1.14. Waar is Niel Armstrong gebore?                                                        (1)

1.15. Die stad waar Niel Armstrong gebore is het hulle ‘n museum aan hom toegeweid.

      Wat is die naam van hierdie museum?                                                   (1)

1.16. Sou jy graag eendag Maan toe wou gaan? Gee ‘n rede vir jou antwoord.                  (2)

                                                                                      Totaal: 20

Vraag 2: OPSOMMING (10)
Lees die volgende teks:
                               Dorre Maan, waterryke Aarde…

   1. Ons maan, met sy deursnee van 3476km, is so groot in vergelyking met die Aarde dat ‘n
      mens die Aarde-Maan-Kompleks eintlik as ‘n dubbele planet kan beskou maar waar die
      Aarde lewend en vrugbaar is, is die Maan vir alle praktiese doeleindes ‘n luglose
      verlatendheid, woes en leeg.
   2. Die lewelose oppervlak lê besaai met klippe en rotse, wat deur ongekende hoeveelheid
      botsing met meteoriete veroorsaak is. Die maan se digtheid is 3.34 gram per kubieke
      sentimeter.
   3. Die oppervlak-swaartekrag op die Maan is maar ‘n sesde van die van die Aarde, met die
      gevolg dat ‘n mens daar hoër sal kan spring as hier!
   4. Die maan wentel een keer om sy eie as in 27 van ons dae, 7 uur en 43 minute en voltooi
      een omwenteling om die Aarde in presies dieselfde tyd.
   5. Weens die interaskies van die swaartekragte van die twee hemelliggame word die Aarde
      gerem en draai hy elke eeu sowat 1.5 millisekonde stadiger, terwyl die Maan se wentelbaan
      elke jaar mer 3.8 cm gelig word.
   6. Die gemiddelde afstand vanaf die Aarde is 384 403 km.
   7. Die Maan se snelheid waarmee hy om die Aarde wentel, is sowat 3 700km/h.
   8. Die oppervlaktemperatuur is 127 °C met die Son op sy hoogste in die hemelruim, afgewissel
      met ’n vrieskoue -173 °C snags (by die ekwatoriale ''seë'').
                                                                    Bron:www.mieliestronk.com

Instruksies
1. Lees die INSTRUKSIES baie goed deur.
     Dit moet puntsgewys in volsinne ondermekaar wees.
     As die instruksies nie gevolg word nie, kry jy nul
     Skryf die eerste 7 feite op wat voorkom.
2. Lees die LEESSTUK baie goed deur en maak seker jy verstaan wat in die teks
   staan.

3. Skryf nou hierdie hoofsinne / hoofgedagtes ondermekaar neer:
3 | BEDFORDVIEW PRIMARY SCHOOL AFRIKAANS EAT

### Page 4

   Gebruik volsinne. Telegramstyl word nie toegelaat nie.
      Skryf die hoofsinne oor in jou eie woorde. As jy die sin net so uit die leesstuk oorskryf,
       verloor jy punte.
     Maak seker jy herhaal nêrens inligting nie.
4. Tel die getal woorde wat jy gebruik het:
     Moenie meer woorde gebruik as waarvoor jy gevra word nie. (40-50 Woorde)

7 punte vir 7 feite
3 punte vir taal

Sien rubriek vir taal wat volg.
Taal:
 SWAK TAALGEBRUIK EN                GEMIDDELDE TAALGEBRUIK            UITSTEKENDE TAALGEBRUIK
 SINSKONSTRUKSIE                    EN SINSKONSTRUKSIE                EN SINSKONSTRUKSIE
               1                                   2                                 3
 Leerder kan nie homself/haarself   Leerder kan homself/haarself op   Leerder druk homself/haarself
 uitdruk nie. Sukkel om ‘n goeie    ‘n verstaanbare manier uitdruk.   baie goed uit. Die leerder is
 sin aanmekaar te sit.              Kort en eenvoudige sinne word     kreatief.
                                    geskryf.

                                                                                            Totaal:10
Vraag 3: VISUELE GELETTERDHEID (10)
Advertensie
Bestudeer die volgende advertiense en beantwoord die vrae wat volg.

3.1. Waar sal jy ‘n advertensie kan lees?                                                             (1)

4 | BEDFORDVIEW PRIMARY SCHOOL AFRIKAANS EAT

### Page 5

3.2. Wat word in die advertensie geadverteer?                                                      (1)
3.3. Wie is die teikengroep van die advertensie?                                                   (1)
3.4. Hoe trek die advertensie die teikengroep se aandag?                                           (1)
3.5. Wat is die doel van die advertensie?                                                          (1)
3.6. Wanneer is die aanbeiding?                                                                    (1)
3.7. Hoeveel kos (prys) die aanbieding?                                                            (1)
3.8. Waar vind die aanbieding plaas?                                                               (1)
3.9. Hoe kan jy die Ruimtemanne kontak?                                                            (1)
3.10. Sou jy belangstel in die advertensie?                                                        (1)
                                                                                             Totaal:10
Vraag 4: TAALSTRUKTURE EN KONVENSIES (20)
Beantwoord die volgende vrae:
4.1.        Haal ‘n voorbeeld van ‘n eienaam uit die volgende sin: Niel Armstrong was die eerste
            man op die Maan.                                                                     (1)

4.2.        Skryf die volgende sin in die verlede tyd.                                             (2)
            Niel Armstrong studeer lugvaarttegnologie by NASA.
4.3.        Skryf die volgende sin in die teenwoordige tyd.                                        (2)
            Die Amerikaanse president Obama het Niel Armstrong verklaar as ‘n held.

4.4.        Vul die uitstaande lees en skryftekens in.                                             (1)
            Die grond op die Maan bestaan uit grys sand stof en klein klippe.

4.5.        Vul die uitstaande Trappe van Vergelyking in:                                          (2)
               Stellende Trap                Vergrotende Trap            Oortreffende Trap
       a.                               dood                        b.

4.6.        Omkring die infinitiewe werkwoord in die volgende sin.                                 (1)
            Ruimtevaarders hou daarvan om in die ruimte te wees.

4.7.        Gee die sinoniem van die volgende woord.                                               (1)
            a) maats
4.8.        Lees die volgende enkelvoudige sin:                                                    (2)
            Niel Armstrong was die eerste man op die maan.
            Identifiseer die:
            a) Onderwerp :
            b) Gesegde:

4.9.        Sê of die volgende Lidwoorde bepaald of onbepaald is.                                  (2)
5 | BEDFORDVIEW PRIMARY SCHOOL AFRIKAANS EAT

### Page 6

Die ruimtetuig beweeg stadig af na die Maan se oppervlak, en blaas ‘n groot stofwolk op.

4.10. Vorm ‘n samestelling met die volgende woord. Identifiseer die kern en die bepaler.        (2)
      a) maan+ oppervlak

4.11. Identifiseer die hulpwerkwoord in die volgende sin.                                       (1)
      Niel Armstrong het op die maan geland.

4.12. Benoem die tipe sin wat volg.                                                             (1)
      Die lug is swart en nie blou nie.

4.13. Gee die verboë vorm van die woord wat in vet gedruk is.                                   (1)
      Die temperatuur in die skaduwee op die Maan is koud.

4.14. Gee die manlike geslag van die volgende vroulike geslag.                                  (1)
      a) skoonsuster

                                                                                           Totaal:20

6 | BEDFORDVIEW PRIMARY SCHOOL AFRIKAANS EAT

## Related documents

- [Afrikaans kreatiewe eksamen June 2018 2 GRADE 7](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-kreatiewe-eksamen-june-2018-2-grade-7/8c342f49-3af1-447c-9a55-9bf9b501fd8a) — Afrikaans FAL · QP · 2018 · Afr
- [AFRIKAANS VRAESTEL 1 GRADE 7 JUNE 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-vraestel-1-grade-7-june-2018/f3cc4da6-a9f0-421d-b143-62c15432a7b3) — Afrikaans FAL · QP · 2018 · Afr
- [Grade 7 Afrikaans Marking Guidelines FAL Mid Year Examination 2019](https://www.hlayiso.com/library/grade-7-afrikaans-marking-guidelines-fal-mid-year-examination-2019/34f0acd1-7e16-4a99-86c4-3fd75782cdc3) — Afrikaans FAL · Memo · 2019 · Afr
- [Gr 7 AFR-V1--MEMO-2018 JUNE](https://www.hlayiso.com/library/gr-7-afr-v1-memo-2018-june/634717fe-403a-482f-ad9b-7f01a8dbb1ed) — Afrikaans FAL · Memo · 2018 · Afr
- [Grade 7 Afrikaans FAL FE 2019](https://www.hlayiso.com/library/grade-7-afrikaans-fal-fe-2019/3d3d27a7-c33f-4684-8013-cafe7ecf8ece) — Afrikaans FAL · QP · 2019 · Afr
- [gr 7 afrikaans nov 2019](https://www.hlayiso.com/library/gr-7-afrikaans-nov-2019/ac7cad4f-b2d2-4468-b194-afdceaa731c6) — Afrikaans FAL · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 7 Afrikaans FAL

- [CAPS SP FAL AFRIKAANS GR 7-9 WEB](https://www.hlayiso.com/library/caps-sp-fal-afrikaans-gr-7-9-web/2be72a94-14cb-4632-b970-ea81d58ba7cb) — CAPS · Afr
- [Grade 7 Afrikaans FAL FE 2019 Marking Guidelines](https://www.hlayiso.com/library/grade-7-afrikaans-fal-fe-2019-marking-guidelines/f9146598-63b6-440f-a59f-b4278eb4b9ec) — Memo · 2019 · Afr
- [Afr-Vraestel 3-Gr7-Transaksionele teks-T4-2019](https://www.hlayiso.com/library/afr-vraestel-3-gr7-transaksionele-teks-t4-2019/efdf3861-fb21-47f5-a607-ad1b135f7b19) — QP · 2019 · Afr
- [Afr-Vraestel 3-Gr7-T4-2019](https://www.hlayiso.com/library/afr-vraestel-3-gr7-t4-2019/ed9ad651-1e63-463b-b8db-38bac9d4cdb0) — QP · 2019 · Afr
- [Grade 7 Afrikaans Memo November 2018](https://www.hlayiso.com/library/grade-7-afrikaans-memo-november-2018/91026fec-8788-4412-8f54-6f932d554d7b) — Memo · 2018 · Afr
- [Grade 7 Afrikaans Exam November 2018](https://www.hlayiso.com/library/grade-7-afrikaans-exam-november-2018/5f5ace4c-ba51-4f2a-a6c1-fc331900ef8b) — QP · 2018 · Afr

## Collection

- [Grade 7 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-7/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
