# Afrikaans FAL Grade 8 Paper 2 November Mock 2026 Memo (Afrikaans)

> Grade 8 Afrikaans FAL Paper 2 memorandum from the November Mock Exam 2026 (Afrikaans), 8 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-8-afrikaans-fal-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/b36e3a6b-5bd0-44bb-8907-4039d8de2ab3
- Updated: 2026-10-26
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 8
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2026
- Exam period: November Mock Exam
- Paper: 2
- Publisher: Hlayiso
- Curriculum: CAPS
- Pages: 8

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 8](https://www.hlayiso.com/library/grade-8) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-8/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 8 Paper 2 November Mock 2026 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/grade-8-afrikaans-fal-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/b36e3a6b-5bd0-44bb-8907-4039d8de2ab3)

## About this document

Afrikaans FAL · Grade 8 · November Mock Exam · 2026. Memorandum, 8 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Grade 8 Afrikaans FAL P2 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-8-afrikaans-fal-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/20d48cd1-c7b4-4842-9844-004931d548cb) — QP · 2026 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
hlayiso mock exams
Oefenreeks:
Graad 8 eksamenvoorbereiding
WWW.HLAYISO.COM
SENIOR FASE
EINDEJAARSEKSAMEN
GRAAD 8
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2
NOVEMBER 2026 (PROEF)
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 30
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 8 bladsye.

### Page 2

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2
2
Senior Fase – Nasienriglyne
Hlayiso/Proef 2026
ALGEMENE RIGLYNE BY DIE ASSESSERING VAN VRAESTEL 2
1.
Gebruik die rubrieke aan die einde van hierdie nasienriglyne: Bylaag A (Opstel, 20
punte) en Bylaag B (Langer transaksionele teks, 10 punte). Bestudeer en bespreek
die rubrieke deeglik voordat die nasien begin. Let daarop dat beplanning, formaat,
redigering en struktuur by die rubrieke ingesluit is.
2.
As ’n onderwerp misgetas is, word die kandidaat volgens die rubriek baie laag vir
Inhoud aangeslaan, maar Taal en Struktuur word steeds normaal nagesien.
3.
Indien ’n skryfstuk grootliks uit die vraestel oorgeskryf of saamgeflans is, ontvang die
kandidaat geen punte nie (kommentaar: Nie eie werk nie / Saamgeflans).
4.
Die kandidaat word nie addisioneel gepenaliseer indien hy/sy minder as die minimum
of meer as die maksimum getal woorde gebruik nie; die rubriek (Struktuur/Taal) maak
reeds daarvoor voorsiening. By ’n skryfstuk wat baie te lank is, word ongeveer die
maksimum lengte nagesien en ’n streep deur die res getrek.
5.
Slegs die finale poging word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is,
word die eerste poging nagesien.
6.
Gebruik die volgende simbole by die nasien. Om net strepe te trek, is onaanvaarbaar.
VERDUIDELIKING
SIMBOOL
BESKRYWING
Punktuasiefout
◦
Omkring die fout
Spelfout
Dubbele strepie onder die woord
Woordorde verkeerd
( )↷
Hakies en pyltjie
Woord(e) weggelaat
∧
Weglaatteken
Tye verwar
T
Hoofletter T in die kantlyn
Herhaling van gedagtes
hh
In die kantlyn
Dele uit die vraestel
oorgeskryf
Vr
In die kantlyn
Onduidelik/verwarrend
?
Vraagteken in die kantlyn
Paragraafindeling
//
Dubbele skuinsstreep
Woord uit ’n ander taal
×
Trek ’n × oor die woord
Erkenning van goeie
taalgebruik
✓✓
Bo die woord of uitdrukking
NEERSKRYF VAN PUNTE
• AFDELING A: Inhoud en beplanning (10) + Taal, styl en redigering (5) + Struktuur (5) =
20
• AFDELING B: Inhoud, beplanning en formaat (5) + Taal, styl en redigering (5) = 10
• Bepaal eers die kode (vlak) van die skryfstuk vir elke kriterium en ken dan ’n punt binne
die gegewe punte toe (bv. Kode 7 vir Inhoud: 8, 9 of 10).
• Skryf die punte onderaan die skryfstuk neer, bv. I = 6½
T = 3
S = 3
Totaal: 12½
= 13
• Halwe punte word na die eindtotaal van die skryfstuk oorgedra en daar na bo afgerond.
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief

### Page 3

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2
3
Senior Fase – Nasienriglyne
Hlayiso/Proef 2026
AFDELING A: OPSTEL
Assesseer die opstel sonder vooroordeel, vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar
interpretasie van die onderwerp. Die soort opstel word deur die onderwerp gelei, maar ’n
opstel kan elemente van meer as een soort bevat. Die moontlikhede hieronder is nie bindend
nie.
SOORTE OPSTELLE (KORT RIGLYN)
• Verhalend: ’n Storie of gebeurtenis (gewoonlik in die verlede tyd) met ’n duidelike
storielyn wat logies ontwikkel; ’n treffende inleiding; oortuigende karakters en atmosfeer;
’n bevredigende of verrassende slot.
• Beskrywend: Die skrywer beskryf ’n persoon, plek of gebeurtenis so lewendig dat die
leser dit kan beleef; waarnemings met die sintuie, goeie woordeskat, beeldspraak en
eie gevoelens; meer as net ’n lys waarnemings.
• Argumenterend: Die skrywer neem ’n duidelike standpunt in (saam of nie saam nie)
en verdedig dit deurgaans met redes en voorbeelde.
• Beredenerend: Albei kante van die saak word gebalanseerd bespreek; die slot gee ’n
gemotiveerde gevolgtrekking.
• Visuele prikkel: Die opstel moet direk by die kern van die prent aansluit; die agtergrond
mag gebruik word om die kern toe te lig. Die kandidaat se eie perspektief op die prent
word aanvaar.
VRAAG 1
Die opstel moet 160 tot 180 woorde (4 tot 5 paragrawe) lank wees.
1.1
Die snaaksste mens wat ek ken
’n Beskrywende opstel oor ’n persoon (bv. ’n ouer, oupa/ouma, broer/suster,
neef/niggie, vriend(in), onderwyser of buurman). Die kandidaat moet:
• die persoon se voorkoms beskryf (uiterlik, bv. klere, gesig, manier van loop);
• beskryf hoe die persoon praat en optree – sy/haar grappe, gewoontes, snaakse
uitdrukkings of streke;
• verduidelik waarom die kandidaat graag by hom/haar is – ’n kort snaakse voorval
as voorbeeld versterk die opstel.
’n Opstel wat net ’n grap of storie vertel sonder om die persoon te beskryf, word nie
hoër as Kode 4 vir Inhoud geplaas nie. Die gegewe titel moet gebruik word.
[20]
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief

### Page 4

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2
4
Senior Fase – Nasienriglyne
Hlayiso/Proef 2026
1.2
Die dag toe ek my vrees oorwin het
’n Verhalende opstel oor ’n keer toe die kandidaat sy/haar vrees moes trotseer (bv. leer
swem, van ’n hoë duikplank spring, by ’n hond verbystap, in die donker alleen wees,
voor die klas of in ’n kompetisie praat).
• Die verhaal moet logies ontwikkel: wat die vrees is en waar dit vandaan kom, die
situasie waarin hy/sy dit moes trotseer, hoe hy/sy gevoel het, en die oomblik van
oorwinning.
• Die opstel moet met die gegewe woorde eindig: “… en toe besef ek: ek is glad
nie meer bang nie!” ’n Klein aanpassing van die woorde word aanvaar; indien die
slotsin heeltemal ontbreek of glad nie by die verhaal pas nie, word die kandidaat
nie hoër as Kode 4 vir Inhoud geplaas nie.
• Gevoelens (senuwees, hartklop, verligting, trots) maak die verhaal lewendig en
word beloon.
[20]
1.3
Skooldrag – weg daarmee?
’n Argumenterende opstel (die kandidaat stem saam OF stem nie saam nie
en verdedig sy/haar standpunt) of ’n beredenerende opstel (albei kante met ’n
gevolgtrekking). Die standpunt moet duidelik wees.
Moontlike argumente teen skooldrag (saam met die stelling): skooldrag is duur en ouers
moet dit elke jaar koop; leerders kan hul persoonlikheid met eie klere uitdruk; gemaklike
klere in warm weer; minder reëls en strawwe oor drag.
Moontlike argumente vir skooldrag (nie saam nie): almal lyk dieselfde – ryk en arm
leerders word gelyk behandel; geen druk om duur handelsmerke te dra nie; trots op
die skool en dissipline; maklik om leerders op uitstappies te herken (veiligheid); kan
tweedehands gekoop of oorgedra word; eie klere kan uiteindelik duurder wees.
Die kandidaat mag die stelling as inleiding gebruik, maar moet eie argumente byvoeg;
’n opstel wat die stelling net herhaal, word laag vir Inhoud aangeslaan.
[20]
1.4
Saterdagoggend in my buurt
’n Beskrywende opstel. Die kandidaat beskryf sy/haar buurt of dorp op ’n
Saterdagoggend en gebruik die sintuie, bv. wat hy/sy sien (kinders wat sokker speel,
besige winkels, die mark, ’n troue), hoor (musiek, honde, ’n grassnyer, taxi’s), ruik
(vetkoek, braaivleis, vars brood, gesnyde gras), proe (iets van die mark of kafee) en voel
(warm son, koel oggendlug). Beeldspraak (bv. vergelykings), ’n duidelike stemming en
die kandidaat se eie gevoelens oor die buurt word beloon. ’n Opstel wat net ’n storie
vertel sonder beskrywing, of minder as drie sintuie gebruik, word nie hoër as Kode 4
vir Inhoud geplaas nie.
[20]
1.5.1 Prent: ’n gesin wat by kerslig ’n bordspel speel terwyl die krag af is
Moontlike interpretasies: ’n verhalende opstel oor ’n aand toe die krag af
was (beurtkrag/kragonderbreking) en die gesin iets anders saam gedoen het; ’n
beskrywende opstel oor die stemming by kerslig; ’n bespiegelende opstel oor hoe
’n gesin nader aan mekaar kom sonder TV, selfone en internet; ’n humoristiese verhaal
oor wie die speletjie wen; die waarde van familietyd. Die kandidaat moet sy/haar eie
titel gee.
[20]
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief

### Page 5

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2
5
Senior Fase – Nasienriglyne
Hlayiso/Proef 2026
1.5.2 Prent: ’n jong stapper met arms in die lug en ’n vlag bo-op ’n berg; ’n
kronkelpaadjie lei tot bo
Moontlike interpretasies: ’n verhalende opstel oor ’n staptog of klimtog (bv. ’n
skooluitstappie, Tafelberg, die Drakensberg); ’n figuurlike/bespiegelende opstel oor
’n doel wat bereik is ná harde werk (die kronkelpad = probleme en terugslae op pad;
die vlag = sukses), bv. goeie punte, ’n sportprestasie, die einde van graad 8; volharding
en om nie op te gee nie. Enige opstelsoort is aanvaarbaar mits dit by die kern van die
prent (om die top te bereik) pas.
[20]
TOTAAL AFDELING A:
20
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief

### Page 6

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2
6
Senior Fase – Nasienriglyne
Hlayiso/Proef 2026
AFDELING B: LANGER TRANSAKSIONELE TEKS
Van die kandidaat word verwag om EEN vraag te beantwoord, 120 tot 140 woorde te skryf,
die opdrag uit te voer en die korrekte formaat te gebruik. Assesseer volgens die rubriek in
Bylaag B. Indien die kandidaat ’n ander teks as die gevraagde skryf (bv. ’n formele brief in
plaas van ’n vriendskaplike brief), word Inhoud, beplanning en formaat nie hoër as Kode 3
geplaas nie.
VRAAG 2
2.1
VRIENDSKAPLIKE BRIEF
Fokus: Die brief moet TWEE aspekte dek: (1) bedanking vir die geskenk en waarom
dit spesiaal is (bv. hy/sy het dit lank al gewens, dit help met skoolwerk of ’n stokperdjie,
dit herinner aan die tante), EN (2) hoe die verjaardag gevier is (bv. partytjie, ete saam
met die familie, vriende wat kom kuier, koek). Albei aspekte moet aangespreek word
vir ’n punt bo Kode 4.
Kenmerke:
vriendelike, persoonlike en dankbare toon; die tante word direk
aangespreek; informeel maar respekvol (bv. Tannie/u of jy – albei word aanvaar mits
dit konsekwent gebruik word); vermy sleng en SMS-taal.
Formaat:
• Skrywer se adres regs bo in blokvorm; geen leestekens in die adres nie.
• Datum direk onder die poskode, voluit geskryf, bv. 12 November 2026 (toegewing:
’n reël mag tussen die poskode en datum oopgelaat word).
• Een reël oop; aanhef teen die linkerkantlyn, bv. Liewe Tannie Annie (geen komma
nie).
• Inleiding, liggaam (paragrawe) en slot, bv. Baie dankie weer. Ek sien uit daarna
om Tannie in Desember te sien.
• Afsluiting, bv. Liefdegroete, met Jou liefhebbende niggie/neef en die naam direk
daaronder (geen reël oop nie).
[10]
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief

### Page 7

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2
7
Senior Fase – Nasienriglyne
Hlayiso/Proef 2026
2.2
DIALOOG
Fokus: ’n Gesprek tussen die kandidaat en sy/haar pa/ma. Die kandidaat probeer die
ouer oorreed met redes (bv. hy/sy sal self die hond kos gee, stap en bad; sakgeld sal
help betaal vir kos; die DBV-hondjies is reeds ingeënt en gesteriliseer; ’n hond hou die
huis veilig; ’n hond leer verantwoordelikheid; die hondjie het ’n huis nodig). Die ouer se
besware (te veel werk, koste) moet in die gesprek aangespreek word, en die gesprek
moet ’n logiese einde hê (die ouer stem in, weier of stel ’n voorwaarde).
Formaat:
• Die name van die sprekers word links geskryf, gevolg deur ’n dubbelpunt, bv. Pa:
/ Thabo:
• Geen aanhalingstekens word gebruik nie.
• ’n Reël word tussen die spreekbeurte oopgelaat; die teks is in blokvorm.
• Enige ekstra inligting (gevoel, handeling) word in hakies geskryf, bv. (smekend).
• ’n Kort agtergrond/toneelbeskrywing aan die begin is opsioneel. “Ek” as spreker
is aanvaarbaar.
• Die taal moet die verhouding pas: informeel maar respekvol teenoor die ouer.
[10]
2.3
DAGBOEKINSKRYWING
Fokus: Die kandidaat vertel wat by die jaareindkonsert gebeur het (bv. die
voorbereiding, die senuwees agter die verhoog, die optrede self, ’n fout of ’n snaakse
oomblik, die gehoor se reaksie) EN hoe hy/sy daaroor voel (bv. trots, verlig, opgewonde,
effens teleurgesteld). Albei aspekte moet aangespreek word vir ’n punt bo Kode 4.
Formaat en kenmerke:
• Datum (en eventueel die dag/tyd) bo-aan, bv. Vrydag 20 November 2026.
• Aanhef soos Liewe Dagboek is opsioneel.
• Eerste persoon (ek); persoonlike, informele en reflektiewe toon; gevoelens word
eerlik uitgedruk.
• Hoofsaaklik in die verlede tyd vir wat gebeur het; teenwoordige tyd vir gevoelens.
• ’n Afsluiting soos die skrywer se naam of Tot môre is opsioneel.
[10]
TOTAAL AFDELING B:
10
GROOTTOTAAL:
30
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief

### Page 8

Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2
8
Senior Fase – Nasienriglyne
Hlayiso/Proef 2026
BYLAAG A: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR DIE OPSTEL [20 PUNTE]
Kode 7
Uitmuntend
80–100%
Kode 6
Verdienstelik
70–79%
Kode 5
Beduidend
60–69%
Kode 4
Voldoende
50–59%
Kode 3
Matig
40–49%
Kode 2
Basies
30–39%
Kode 1
Ontoereikend
0–29%
Inhoud en
beplanning
(10)
8–10
Inhoud
beïndruk die
leser; insig in
die onderwerp;
volwasse
idees;
beplanning lei
tot ’n feitlik
foutlose opstel
7–7½
Deeglike
interpretasie
van die
onderwerp;
idees
interessant en
verbeeldingryk;
goed beplan
6–6½
Goeie
interpretasie;
idees
interessant en
oortuigend;
beplanning lei
tot ’n gepaste
opstel
5–5½
Voldoende
interpretasie;
idees gewoon,
diepte
ontbreek;
beplanning
bevredigend
4–4½
Inhoud gewoon
met leemtes in
samehang;
idees meestal
relevant;
redelike
beplanning
3–3½
Inhoud dikwels
onduidelik; min
idees,
herhalend;
swak
beplanning
0–2
Inhoud nie ter
sake nie; geen
samehang;
idees herhaal;
beplanning
ontbreek
Taal, styl en
redigering
(5)
4–5
Kritiese taal-
bewustheid;
taal en
punktuasie
korrek;
gevarieerde
woordkeuse;
styl, toon en
register
toepaslik; feitlik
foutloos
3½
Taal en
punktuasie
korrek; goeie
woordkeuse;
styl en register
toepaslik;
meestal
foutloos
3
Taal en
punktuasie
meestal korrek;
woordkeuse
gepas; enkele
foute na
proeflees
2½
Taal
eenvoudig;
woordkeuse
voldoende; styl
en register oor
die algemeen
gepas; foute
steeds
teenwoordig
2
Taal gewoon;
punktuasie
dikwels foutief;
woordkeuse
basies
1½
Gebrekkige
taal en
punktuasie;
beperkte
woordkeuse;
besaai met
foute
0–1
Ernstige
gebrek aan taal
en punktuasie;
woordkeuse
ontoepaslik;
verwarrend
Struktuur
(5)
4–5
Same-
hangende
ontwikkeling
met
verbeelding-
ryke detail;
sinne en
paragrawe
goed
saamgestel;
lengte korrek
3½
Logiese
ontwikkeling
van detail;
paragrawe
skakel logies;
lengte korrek
3
Same-
hangende
ontwikkeling;
sinne en
paragrawe
goed
gekonstrueer;
lengte amper
korrek
2½
Noodsaaklike
detail ingesluit;
sinne en
paragrawe met
foute, maar die
opstel maak
sin
2
Sommige idees
ontwikkel;
sinne en
paragrawe baie
foutief, maar
verstaanbaar;
lengte te
kort/lank
1½
Dwaal van die
onderwerp af;
gedagtegang
moeilik om te
volg;
paragrafering
elementêr
0–1
Afgedwaal;
sinne en
paragrawe
deurmekaar;
lengte
heeltemal
verkeerd
LET WEL: Die drie punte word bymekaargetel (maksimum 10 + 5 + 5 = 20). Gebruik die rubriek holisties: die punte vir Taal en Struktuur sal
gewoonlik nie meer as een kode van die Inhoud-kode verskil nie. Aangepas uit die openbare DBO-skryfrubrieke vir Eerste Addisionele Taal.
BYLAAG B: RUBRIEK VIR DIE LANGER TRANSAKSIONELE TEKS [10 PUNTE]
Kode 7
Uitmuntend
80–100%
Kode 6
Verdienstelik
70–79%
Kode 5
Beduidend
60–69%
Kode 4
Voldoende
50–59%
Kode 3
Matig
40–49%
Kode 2
Basies
30–39%
Kode 1
Ontoereikend
0–29%
Inhoud,
beplanning en
formaat
(5)
4–5
Gespesiali-
seerde kennis
van die teks;
algehele fokus;
alle aspekte
van die opdrag
gedek; alle
formaatreëls
toegepas
3½
Goeie kennis
van die teks;
behou fokus;
same-
hangende
inhoud;
formaat korrek
3
Redelike
kennis van die
teks;
onbenullige
afwykings;
meeste
formaatreëls
toegepas
2½
Voldoende
kennis; wyk
effens af, maar
betekenis bly
duidelik;
formaat
voldoende
2
Gemiddelde
kennis;
oppervlakkige
fokus; slegs
een aspek van
die opdrag
gedek; kritiese
formaatfoute
1½
Elementêre
kennis;
beperkte fokus;
min onder-
steunende
detail; formaat
vaag
0–1
Geen kennis
van die teks
nie; inhoud nie
samehangend
nie; geen
formaat
Taal, styl en
redigering
(5)
4–5
Grammatikaal
akkuraat; sinne
goed
saamgestel;
woordeskat,
styl en register
baie toepaslik;
feitlik foutloos;
lengte korrek
3½
Grammatikaal
akkuraat;
woordeskat
meestal
toepaslik;
foutloos ná
proeflees;
lengte korrek
3
Lees maklik;
woordeskat
toepaslik; styl
en register oor
die algemeen
toepaslik;
enkele foute
2½
Voldoende
saamgestel ten
spyte van
foute;
woordeskat
voldoende;
lengte amper
korrek
2
Basies
saamgestel;
verskeie foute;
woordeskat
beperk; lengte
te kort/lank
1½
Swak en
moeilik om te
volg; register
ongeskik;
besaai met
foute
0–1
Swak en
verwarrend;
woordeskat
ontoepaslik;
lengte
heeltemal
verkeerd
LET WEL: Die twee punte word bymekaargetel (maksimum 5 + 5 = 10). Halwe punte word na die totaal oorgedra en na bo afgerond.
Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [AA GR 8 AFR EAT TAAK 3 2022 1](https://www.hlayiso.com/library/aa-gr-8-afr-eat-taak-3-2022-1/2d414e15-14d1-4296-bfdc-1d91ce583cf5) — Afrikaans FAL · QP · 2018 · Afr
- [Graad 8 Afr EAT V1 Apr 2021](https://www.hlayiso.com/library/graad-8-afr-eat-v1-apr-2021/67b05097-e652-42bb-9055-f031fdb0f141) — Afrikaans FAL · QP · 2018 · Afr
- [AA GR 8 Afrikaans gr.8 EAT Taak 5 2022 1](https://www.hlayiso.com/library/aa-gr-8-afrikaans-gr-8-eat-taak-5-2022-1/3832efce-64ce-43df-bdfe-74a9d87ab69e) — Afrikaans FAL · QP · 2017 · Afr

## Collection

- [Grade 8 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-8/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
