# Afrikaans FAL Grade 9 June Common 2010 Question Paper

> Grade 9 Afrikaans FAL question paper from the June Common 2010, 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-fal-2010-june-common-question-paper/576d9666-3ef8-4997-ac21-6528ad8efd5a
- Updated: 2026-10-29
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 9
- Document type: Question paper
- Year: 2010
- Exam period: June Common
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 9](https://www.hlayiso.com/library/grade-9) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-9/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 9 June Common 2010 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-fal-2010-june-common-question-paper/576d9666-3ef8-4997-ac21-6528ad8efd5a)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 9 · June Common · 2010. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Province of the
             EASTERN CAPE
             EDUCATION

                               SENIOR FASE

                               GRAAD 9

                               JUNIE 2010

       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

PUNTE: 100

TYD: 2 uur

                    Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

### Page 2

2                            AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                 (JUNIE 2010)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings
     AFDELING A:       Leesbegrip       (25 punte)
     AFDELING B:       Opsomming        (20 punte)
     AFDELING C:       Taal             (35 punte)
     AFDELING D:       Skryfstukke      (20 punte)
     Faks (10)
     Interpretasie van grafiek (10)

2.   Beantwoord AL die vrae

3.   Lees die instruksies by AL die vrae versigtig deur.

4.   Begin elke afdeling op ŉ NUWE bladsy.

5.   Nommer elke antwoord presies soos wat die vrae op die vraestel genommer
     is.

6.   Laat ŉ reёl tussen die antwoorde oop.

7.   Skryf netjies met blou of swart ink.

8.   Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie.

### Page 3

(JUNIE 2010)                 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                       3

 AFDELING A: LEESBEGRIP

 VRAAG 1: KOERANTBERIG

 Lees die onderstaande koerantartikel en beantwoord die daaropvolgende vrae:

                            Vriende red jong man na aanval
     1.                                                                        Die

          Hier lê die branderplankryer, Michal du Plessis, in die hospitaal
          nadat hy Dinsdagoggend by Yellow Sands – vakansieoord deur ŉ
          witdoodshaai aangeval is.
        vinnige optrede van sy vier branderplankvriende het die lewe van die 19-
        jarige Michal du Plessis gered. Du Plessis en sy vriende – Logan Phillpot,
        Aiden Leppan, Oscar Miller en Roger Berkhout (almal 18) – het Dinsdag
        om 11:00 by die Yellow Sands-vakansieoord naby Oos-Londen gaan
        branderry toe dit gebeur het.
     2. “Die haai het my gebyt en van my branderplank afgestamp. Onder die
        water was sy gesig reg voor myne. Ek het aan die ander geskreeu ŉ haai
        het my gebyt. Ek het op my branderplank teruggeklim en na die strand
        geroei. Die haai was 3 meter lank. Ek dink dit was ŉ great white. Jong,
        my adrenalien het gepomp,” het hy nog geskok vanuit die St. Dominic
        -hospitaal in Oos-Londen vertel.
     3. Toe hy by die rotse op die strand kom, was sy twee vriende, Logan en
        Aiden, by hom. Hulle het dadelik ŉ branderplanktou as verband gebruik
        om die bloeding te keer. Sy ander twee vriende, Oscar en Roger, het
        gehardloop om die bakkie nader te bring. Hierna het hulle met hom na ŉ
        apteek wat daar naby is gejaag en gelukkig was ŉ dokter aan diens.

### Page 4

4                           AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                     (JUNIE 2010)

    4. Die dokter het Michal ŉ inspuiting teen skok gegee en binne tien minute
       was die ambulans daar om hom na die hospitaal te neem.
    5. Michal is so trots op sy vier vriende wat kop gehou het. Hulle het sy lewe
       gered. Hulle almal moet nou berading by Life Line ontvang. Twee van sy
       maats het gesien hoe Michal gebyt word en die ander maat, wat hom na
       die bakkie geabba het, het gesê hy sal nooit die bloedstreep na die motor
       kan vergeet nie.
    6. Michal du Plessis is sover bekend die eerste persoon wat in die
       strandgebied deur ŉ haai aangeval is.
    7. Du Plessis is ŉ Grens-branderplankryer en het nooit gedink so iets sou
       met hom gebeur nie. Sodra sy been herstel het, sal hy weer met sy
       branderplank uitgaan – “maar nooit, ooit weer by Yellow Sands nie.”
            (Verwerk en aangepas uit: Die Oos-Kaap Burger, 18 Febuarie 2010)

1.1 Kyk na die foto van Michal waar hy in sy hospitaalbed lê. Wat probeer hy sê
    met sy linkerhand en linkerduim wat hy in die lug ophou?                          (1)

1.2 Kyk weer na die foto en sê hoe weet ons dat Michal al besoekers ontvang
    het?                                                                              (1)

1.3 Hoe oud was Michal tydens die haai-aanval?                                        (1)

1.4 Wie het Michal se lewe gered?                                                     (1)

1.5 “Jong, my adrenalien het gepomp” in par. 2.                                       (1)

      Kies die korrekte antwoord:

      Adrenalien is ...
      (a)   ŉ hormoon wat afgeskei word wat jou hart vinniger laat klop.
      (b)   ŉ tipe haaisoort wat jou jag.
      (c)   jou spiere wat saamtrek.
      (d)    wanneer jou liggaam in skok gaan.

1.6 Michal is laatmiddag, net voordat die son gesak het, aangeval.

      1.6.1   Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR?                                     (1)

      1.6.2   Motiveer jou antwoord met ŉ sin in jou EIE woorde.                      (1)

1.7 Waarom sê Michal sy vriende het “kop gehou”? Soek die rede in par.3 – 4.          (1)

1.8 Waarom het Michal se vriende berading nodig?                                      (2)

1.9 Hoekom was dit nodig om vir Michal na die bakkie te abba?                         (1)

### Page 5

(JUNIE 2010)                  AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                          5

 1.10 Kies die korrekte antwoord en skryf net die vraagnommer en die korrekte
      LETTER neer.

         Watter metode het Michal se vriende NIE gebruik om sy lewe te red nie.

         A     branderplanktou as verband gebruik
         B     jaag met hom na die apteek
         C     pas mond tot mond asemhaling toe
         D     kry ŉ inspuiting teen skok                                          (1)

 1.11 Hoe weet ons dat Michal ŉ baie goeie sportman is?                            (1)

 1.12 Dink jy Michal het ŉ goeie rede waarom hy nooit ooit weer by Yellow Sands
      sal wil branderplank ry nie? Motiveer jou antwoord.                          (2)
                                                                                  [15]

                                          EN

### Page 6

6                               AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                   (JUNIE 2010)

VRAAG 2: TV-PROGRAMROOSTER

Televisiegids: Lees die TV-programrooster van Woensdag 7 Maart 2007
aandagtig deur en beantwoord die daaropvolgende vrae.

        SABC 1                SABC 2                 SABC 3                 M-NET

    18:30 What’s        12:00 Dr Phil          10:00 7de Laan (H)
                                                               17:30 Modern
    Your Story          Dr. Phil werk          Die kelners van Men (H) PG13L
    Jeremy se pa        steeds met die ses     Oppie Koffie wilWanneer dr.
    word skuldig        vreemdelinge wat       nuwe uniforms hê,
                                                               Stangel hulle
    bevind oor sy       hul eie verlede        maar wat gaan   aanraai om meer
    drinkery by die     moet verwerk.          Charmaine van   aktiewe luisteraars
    werk.               19:30 Wild Card        hulle nuwe ideeste word, probeer
    Jeremy se wêreld    Terwyl Zoe ŉ ou        dink?           die manne om te
    stort in duie toe   vriendin by ŉ                          luister na wat die
    sy pa vir drie      hospitaal besoek,                      vroue in hul
    maande geskors      word die apteek                        lewens sê.
    word en dit         beroof en ŉ baba                       21:00 The Cooler
    sonder ŉ salaris.   word gesteel.                          (Romantiese
                                                               drama)
                                                               Bernie is so
                                                               ongelukkig dat
                                                               teenspoed almal
                                                               tref wat naby hom
                                                               is.
                                                               Daarom werk hy in
                                                               ŉ casino. As hy
                                                               nader kom, begin
                                                               die mense verloor.
                        (Verwerk en aangepas Uit: Rapport Tydskrif, 4 Maart 2007)

2.1      Waarvoor staan die (H) by SABC 3 10:00 7de Laan en M-NET 17:30
         Modern Men?                                                                    (1)

2.2      Wat was die gevolg van Jeremy se pa se drinkery in What’s Your Story op
         SABC 1?                                                                        (1)

2.3      Kies die korrekte antwoord en skryf net die vraagnommer en die korrekte
         letter neer.

         As ons sê dit voel vir Jeremy of sy wêreld in duie stort beteken dit ...

         A    jy val van ŉ gebou af.
         B    jou lewe val uitmekaar.
         C    jy is vuil en jy gaan gou stort.
         D    jy word met geweld uit jou huis weggeneem.                                (1)

### Page 7

(JUNIE 2010)                AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                               7

 2.4     Haal ŉ WOORD aan wat sê dat die ses mense in die Dr Phil se huis mekaar
         nie voorheen geken het nie.                                                  (1)

 2.5     In Wild Card op SABC 2 gebeur daar iets in die hospitaal wat elke dag in
         Suid-Afrika gebeur. Wat dink jy gaan in volgende week se episode gebeur
         met die apteek en die baba?                                                  (2)

 2.6     Gee ŉ moontlike rede waarom die kelners van 7de Laan nuwe uniforms wil
         hê?                                                                          (1)

 2.7     In hierdie swak ekonomiese tyd waarin ons nou leef, wat dink jy sal
         Charmaine in 7de Laan se antwoord op die kelners se versoek van nuwe
         uniforms wees?                                                               (1)

 2.8     Jou pa en ma baklei soos kat en hond. Hoe sal dr. Stangel in Modern Men
         jou pa help?                                                                 (1)

 2.9     Waarom is dit nie so ŉ goeie idee om by Bernie se casino in The Cooler te
         dobbel nie?                                                                  (1)
                                                                                     [10]

                                                            TOTAAL AFDELING A:        25
                                               EN

### Page 8

8                              AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                         (JUNIE 2010)

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 3: WENKE OM WATER TE SPAAR

    Som die WENKE in goeie sinne op.
    Skryf jou SEWE sinne puntsgewys onder mekaar neer.
    Jy moet een sin oor elke feit skryf.
    Laat ŉ reёl tussen jou sinne oop.
    Jou opsomming mag nie meer as 70 woorde wees nie.
    Dui die aantal woorde aan die einde van jou opsomming aan.
    Jy sal gepenaliseer word as jy baie meer as 70 woorde skryf of
     as jy nie die getal woorde aandui nie.
                                                                                Spaar
                                                                                elektrisiteit

                       Sewe goeie wenke hoe om water te spaar

    Jy gebruik minder water met ŉ vinnige stort as in ŉ bad. Daar is spesiale
    stortkoppe wat baie minder water as die gewones gebruik. Maak ŉ plastiekbottel
    vol water met ŉ bietjie sand onder in die toilet se spoelbak. So gebruik jy minder
    water wanneer jy die toilet spoel.
    Draai krane altyd styf toe en moet dit nooit onnodig lank laat loop nie. Het jy
    geweet skottelgoed- en badwater word “grys” water genoem en kan gebruik word
    om plante nat te lei? Maak jou tuin vroeg soggens of saans nat wanneer dit
    windstil en koel is.
    Die regte soort gras kan ook baie water spaar. Maak jou grasperk kleiner of
    bedek jou tuin met iets soos klippies.
    Gebruik reёnwater wat jy in houers of tenks opvang om die swembad mee vol te
    maak. Bedek die swembad met ŉ swembadseil. Die water sal nie verdamp nie.
    Moenie jou stoep skoon spuit met ŉ tuinslang nie; vee dit skoon.
    As ons nie die raad volg nie, is daar dalk oor ŉ paar jaar te min water in ons land.
    (Verwerkte teks aangepas uit: Huisgenoot, 24 Maart 2005)
                                                                               10 × 2 = (20)

                                                             TOTAAL AFDELING B:                 20

                                              EN

### Page 9

(JUNIE 2010)                 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                                 9

 AFDELING C: TAALKUNDE

 VRAAG 4: Woordstrukture

 Lees die onderstaande tekste en beantwoord die vrae wat daarna volg.

  Dis (4.1 lekker) om te lag as om te huil.   4.1   Gee die korrekte vorm van die
  Dit verlig spanning en dit                        woord.
  (4.2 hulp/help) jou om van woede            4.2   Kies die korrekte woord.
  ontslae te raak. Die beste rede om te
  lag is omdat dit (4.3 gratis) is. Dit kos   4.3   Gee ŉ sinoniem.
  niks nie en is nie (4.4 gesond) nie. Jy     4.4   Gee ŉ antoniem.
  kan geen (4.5 beseer) opdoen deur te        4.5   Gee die regte vorm van die woord.
  lag nie. Dinge lyk ook beter as jy
  (4.6 oor + dit) kan lag. As ons meer vir    4.6   Gee een woord vir: oor + dit
  onsself kan lag, sal die
  (4.7 wêreld/werêld) ŉ beter plek wees.      4.7   Kies die korrekte spelling.

  Hier is ŉ lekker (4.8 grapie/grappie).      4.8   Kies die korrekte spelling.

  ŉ Man hou op ŉ klein (4.9 dorp) by ŉ        4.9   Gee die verkleinwoord.
  winkel stil. Daar is ŉ groot
  kennisgewing op die (4.10 glas              4.1   Gee die samestelling.
  +deur):“Gevaar! Pasop vir die hond!”        0
  Binne-in die winkel kry
  (4.11 sy/hy/hom/haar) ŉ                           Kies die korrekte voornaamwoord.
  (4.12 baie ou) groot hond wat langs die     4.1   Gee die intensiewe vorm.
  kasregister lê. Hy vra: “Is dit die hond    1
  (4.13 wat ŉ mens voor) moet oppas?”         4.1   Gee die korrekte vorm van die
  “Ja”, antwoord die (4.14 iemand wat ŉ       2     gedeelte tussen hakies.
  winkel het). Die man lag te lekker en             Gee die persoonsnaam.
  sê: “Maar die hond lyk nie vir my           4.1
  (4.15 gevaar) nie. Waarom waarsku           3     Gee die korrekte vorm van die
  (4.16 jy/u) die mense?” Die eienaar van           woord.
  die hond antwoord: “Te veel mense het       4.1   Kies die korrekte voornaamwoord.
  al oor hom geval en amper hul nekke         4
  gebreek.”
                                              4.1                                       [16]

### Page 10

10   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL   (JUNIE 2010)
                  5

                  4.1
                  6

### Page 11

(JUNIE 2010)                 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                        11

 VRAAG 5: Sinstrukture

 5.1     Skryf die volgende sinne oor en begin soos aangedui:

         5.1.1 Sandy se ma het al ŉ foto geneem.
               Nee ...                                                          (2)

         5.1.2 Ouma vee net trane af.
               Gister ...                                                       (1)

         5.1.3 Dis die eerste keer dat Sandy oorsee gaan.
               Nee, ...                                                         (2)

         5.1.4 Sy sien Parys en Amsterdam.
               Môre ...                                                         (1)

         5.1.5 Die ma sê vir Sandy: “Jy moet jouself mooi oppas.”
               Die ma sê vir Sandy dat ...                                      (3)

         5.1.6 Sandy sleep ŉ ligte tassie.
               ŉ Ligte tassie ...                                               (2)

 5.2     Verbind die volgende sinne soos aangedui:

         5.2.1 Die vliegtuig se deur staan oop. Die passasiers klim in.
               Die vliegtuig se deur staan oop sodat ...                        (1)

         5.2.2 Sandy moet gou groet. Die vliegtuig gaan opstyg.
               Sandy moet gou groet, want ...                                   (1)

         5.2.3 Sandy gaan oorsee werk. Sy sien haar familie eers oor ŉ jaar.
               Sandy gaan oorsee werk; dus ...                                  (1)

         5.2.4 Sy groet die lugwaardin. Sy gaan sit.
               Nadat ...                                                        (2)
                                                                               [16]

### Page 12

12                         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                  (JUNIE 2010)

VRAAG 6: Kritiese taalbewustheid

                A                    B                            C

6.1   Kyk na prentjie A waar twee Afrikaanse vriende mekaar groet. Kies die
      korrekte antwoord.

      A    Goeiedag
      B    Hallo
      C    Cheers
      D    Laat dit goed gaan                                                     (1)

6.2   Kyk na prentjie B waar twee vreemdelinge mekaar groet. Kies die
      korrekte antwoord.

      A    Hallo
      B    Aangename kennis
      C    Haai
      D    Hoezit                                                                 (1)

6.3   Jou vriendin het gehoor haar tante het gesterf. Hoe sal jy met haar
      simpatiseer in prentjie C?

      A    Ek is jammer om van jou tante se dood te hoor.
      B    So. ek hoor jou tante is toe dood.
      C    Ek is jammer jou tante het lepel in die dak gesteek.
      D    So, jou tante leef nie meer nie, nè.                                   (1)
                                                                                  [3]

                                                          TOTAAL AFDELING C:      35

### Page 13

(JUNIE 2010)               AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                                13

 AFDELING D: SKRYFWERK

 VRAAG 7:

 Elise en Loyiso, albei van Mthatha, gaan ŉ naweek saam met Elise se ouma in
 Oos-Londen deurbring.

                                 Chimneys Gastehuis

     Kom ontspan voor jou gunsteling DSTV-kanaal nadat jy van die see afkom. Of
     geniet ons eie swembad tussen 06:00 – 20:00 daagliks. Bly in aanraking met
     jou vriende en familie deur ons telefoon, faks en internetgeriewe te gebruik.
     Lugversorging in elke kamer.

     konferensiefasiliteite    rekenaarbystand       gratis internetverbinding

     Bonzabaaistraat, Beaconbaai, Oos-Londen, 5241

     Tel: 043 748 1256            Faks 086 698 0017         Sel 082 509 9643

 Jy is Elise wat ŉ faks aan Chimneys Gastehuis stuur waarin jy plek vir jou, jou
 ouma en jou skoolvriend, Loyiso, bespreek.
 Onthou die volgende: Jy en jou ouma gaan in ŉ dubbelkamer met twee
 enkelbedjies slaap terwyl Loyiso sy eie enkelkamer gaan benodig. Bespreek vir
 die naweek van 25 – 27 Junie 2010.                                                  [10]

### Page 14

14                                           AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                                                    (JUNIE 2010)

Teken die volgende Faksvorm oor en volg die kontrolelys

     Kontrolelys:
     Skryf hoflik/formeel, Korrekte faksnommer van gastehuis, Onderwerp van faks:
     BESPREKING Verduidelik waarom jy die faks stuur, Sluit die faks op die
     korrekte manier af

Aan:......................................................................................

Faksnr:.................................................................................

Van:.....................................................................................

Faksnr:..................................................................................

Onderwerpsin:.......................................................................

Boodskap:

...............................................................................................................................

...............................................................................................................................

...............................................................................................................................

...............................................................................................................................

...............................................................................................................................

...............................................................................................................................

...............................................................................................................................

                                                               EN

### Page 15

(JUNIE 2010)   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL   15

### Page 16

16                         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                      (JUNIE 2010)

VRAAG 8

LEES EN VERDUIDELIK DIE GRAFIEK

Dit is Markdag. Ons is almal Entrepreneurs.
Elke Vrydag by ons skool hou ons ŉ Markdag. Daniel, Sesona, Alicia en Unathi is
gedurig in kompetisie met mekaar. Elton is aangewys as die organiseerder van die
klas se Markdag. Hy neem sy skootrekenaar saam skool toe en stel die volgende
grafiek op van hul verkope vir die maand Januarie 2010.

                                     Object 2

8.1   Wie het op die eerste Vrydag die meeste verkoop?                                (1)

8.2   Wie het op die eerste Vrydag die minste geld ingebring?                         (1)

8.3   Wie het op die tweede Vrydag die meeste geld ingebring?                         (1)

8.4   Wie het op die tweede Vrydag die minste geld ingebring?                         (1)

8.5   Wie het elke keer dieselfde hoeveelheid geld ingebring op Markdag?              (1)

8.6   Wie het oor die twee Vrydae altesaam die minste verkope gehad?                  (1)

8.7   Kan jy aan ŉ moontlike rede dink waarom hierdie persoon so min verkope
      gehad het op markdag terwyl die ander so suksesvol was?                         (1)

8.8   Gee vir my ŉ lys van drie produkte wat jy weet sal verkoop op jul Markdag
      by jul skool.                                                                  (3)
                                                                                    [10]

                                                         TOTAAL AFDELING D:           20

                                                                GROOTTOTAAL: 100

## Related documents

- [AFR FAL MEMO June](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-fal-2010-june-common-memorandum/42ba7cf5-8df6-40f9-afa0-fcdb753773f4) — Afrikaans FAL · Memo · 2010 · Afr
- [Gr 9 Afr FAL QP June 2011](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-afr-fal-qp-june-2011/d919a55e-10cb-4e15-8978-360a12d15fe6) — Afrikaans FAL · QP · 2011 · Afr
- [Gr 9 Afr FAL QP June 2011 Memo](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-afr-fal-qp-june-2011-memo/ab3f2c82-8bb0-4566-8c78-d781385ddb83) — Afrikaans FAL · Memo · 2011 · Afr
- [Afr FAL P2 QP](https://www.hlayiso.com/library/afr-fal-p2-qp/1bc48c6c-e127-4583-876a-0c4b2f40c491) — Afrikaans FAL · QP · 2018 · Afr
- [Afr FAL P3 QP](https://www.hlayiso.com/library/afr-fal-p3-qp/1094e753-9732-4ccb-b1bd-6c8372801857) — Afrikaans FAL · QP · 2018 · Afr
- [AFR FAL V3 QP NOV2017](https://www.hlayiso.com/library/afr-fal-v3-qp-nov2017/513ee61e-6fc5-4fe9-95eb-766df45aa764) — Afrikaans FAL · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 9 Afrikaans FAL

- [CAPS SP FAL AFRIKAANS GR 7-9 WEB](https://www.hlayiso.com/library/caps-sp-fal-afrikaans-gr-7-9-web/2be72a94-14cb-4632-b970-ea81d58ba7cb) — CAPS · Afr
- [Grade 9 Afrikaans FAL P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-fal-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/75c54827-5232-487b-a83f-092be6f31962) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 9 Afrikaans FAL P2 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-fal-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/04a6c759-4aa1-442c-b89d-7b131c197c0d) — Memo · 2026 · Afr
- [Afrikaans FAL GEC Marking Guideline](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-gec-marking-guideline/21c0d727-759a-402f-a327-d5ea5089225f) — Memo · 2023 · Afr
- [Grade 9 Afrikaans FAL Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-fal-memo/b4d9bb3f-829d-49cc-99a9-0954eb520aaf) — Memo · 2022 · Afr
- [AFR FAL V3 GR9 MEMO NOV2019](https://www.hlayiso.com/library/afr-fal-v3-gr9-memo-nov2019/ca62cdda-a650-4f61-910d-e944068496c9) — Memo · 2019 · Afr

## Collection

- [Grade 9 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-9/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
