# Afrikaans HL Grade 9 ANA Exemplars 2012 Question Paper

> Grade 9 Afrikaans HL question paper from the ANA Exemplars 2012, 14 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-hl-2012-ana-exemplars-question-paper-afrikaans/c0c8b259-b290-45c3-9de7-c1a275b5fadf
- Updated: 2026-10-29
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 9
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: ANA Exemplars
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 9](https://www.hlayiso.com/library/grade-9) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-9/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 9 ANA Exemplars 2012 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-hl-2012-ana-exemplars-question-paper-afrikaans/c0c8b259-b290-45c3-9de7-c1a275b5fadf)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 9 · ANA Exemplars · 2012 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING

           GRAAD 9

      AFRIKAANS HUISTAAL

       2012: MODELVRAE TOETS

### Page 2

Bestudeer die volgende leesstuk deeglik en beantwoord dan die vrae wat daarop
volg.

1     Hy was verras om die kind so stip na hom te sien staar. Daar was iets alles behalwe
      kinderlik daaromtrent en dit het hom ontstel. Sy blik het na die ou vrou teruggeflikker.
      Sy het weer eens na hom gestaar en hy het hom selfs verbeel dat hy ′n glim in die
      versonke ou oë gesien het.

2     ′Liewe hemel′, het hy gedink, ′hulle is nes ′n paar aasvoëls′.

3     Hardop het hy gesê: ′Is die kamer nou gereed, Ma?'

4     Sy het eenvoudig omgedraai en na een van die hutte gewys. Hy het onmiddellik
      opgestaan, verlig om van hul onaangename geselskap ontslae te wees. Dit het soos ′n
      soort skuur gelyk. ′n Groot mandjie graan het in een hoek gestaan en kleipotte het in ′n
      kring teen die mure gestaan. ′n Plekkie is op die vloer skoongemaak waarop wye
      vierkantige diervelle uitgesprei is. Hy het nog ‘n vuurhoutjie getrek om beter te kan sien
      waar hy gaan slaap. Dit het soos dik, sagte fluweel gevoel, vierkant op vierkant
      toegenaaide velle van honderde wilde diere. Hy het net sy skoene en sy jas uitgetrek.
      Die jas het hy bo-oor die boonste een gegooi vir ekstra warmte. Die bed was seker
      tien rand werd aangesien dit so knus was.

5     Hy het op sy rug gelê en die donkerte ingestaar, te gespanne om te slaap. ′n Groot
      sluk brandewyn sou hom uitgeslaan het, maar hy durf dit nie waag nie. Hy het die ou
      vrou glad nie vertrou nie. Dit het gelyk asof sy te veel omtrent die grens geweet het.
      Wat sou haar keer om die polisie oor hom in te lig? Daar was goeie geld daarin, indien
      sy ook daarvan geweet het. Sweetdruppels het op sy lyf begin pêrel terwyl hy haar in
      sy verbeelding by die heining sien staan het, besig om vir die patrolliewa te skree. En
      wat van die kind en haar aaklige, boosaardige blik? Behoedsaam het hy na hul
      bewegings geluister. Vir ‘n oomblik was daar ‘n gedempte gesprek en toe hoor hy hoe
      die vuurherd skoongeskraap word. Daarna is die deur van die hut langsaan
      oopgestoot. Die verrimpelde ou vrou het so effens gehoes. Daar was toe nog ′n sagte,
      murmelende gesprek en toe ′n kortstondige stilte. Die deur het weer oopgegaan en hy
      het geweet dat dit die kind was wat uitgegaan het, want die ou vrou het nog binne
      gekug.

      (’n Rukkie later ...)

6     ′Hier is die geld′, sê hy vies. ′Nou weg is jy.'

7     Haar oë was wyd en sonder verstand in die verblindende lig van die vuurhoutjie, maar
      sy het die geld gegryp en weggevlug. Vanuit die hut langsaan het hy die kort, klaende
      verduideliking van die kind en die harde, opgewonde gekekkel van die ou vrou gehoor.

8     ′Jy bedoel hy het jou die geld vir niks gegee nie′? het sy oorstelp van vreugde gevra.
      ′Dis ‘n wonderwerk! Ek ken geen man wat nie ′n vrou as ′n geskenk van die Here
      beskou nie. Hy moet mal wees! Laat ons die deur sluit om ons teen daardie gek te
      beskerm!'
                                             1

### Page 3

9     ′So 'n walglike ou vrou′, het hy gedink. Tog ook so naïef in haar boosheid. Hy het baie
      in sy lewe met sulke gedrag te doene gekry. Hy het gedink dat dit deur armoede en
      onderdrukking veroorsaak is. Die afgelope twee jaar wat hy in die tronk deurgebring
      het, het hy begin glo dat op 'n manier, protes sou help om die wêreld reg te stel. Dit
      was die denkwyse van die ou vrou wat ′n hele vasteland vernietig het –′n soort
      klouerige, eeu-oue stamgeloof...

                                   [ Verwerk uit Where Rainclouds Gather deur Bessie Head]

Omkring die letter langs die regte antwoord by vraag1–5.

1.    Die eerste paragraaf sê vir ons dat:

      A      die man ongemaklik en geïntimideerd gevoel het.
      B      die kind angstig en ongemaklik was.
      C      die ouma en die kind bang was.
      D      albei vroue skugter en benoud was.                                     (1)

2.1   Die feit dat die man dink dat die twee vroue soos ′ ′n paar aasvoëls′ is, sê vir
      ons dat die ou vrou en die kind:

      A     glad nie baie mooi was nie.
      B     net iets van die man wou hê.
      C     die man aan die patrollie wou oorhandig.
      D     se liggaamsbou soos aasvoëls s′n lyk.                                   (1)

2.2   Die manier waarop die kind hom aangestaar het was ′alles behalwe kinderlik′
      en sê vir ons dat:

      A      sy swaar tye oorleef het.
      B      sy gedwing is om volwasse dinge te doen.
      C      sy haar ouma probleme gegee het.
      D      sy nie so jonk was as wat sy voorgegee het nie.                       (1)

3.    Die ruimte van hierdie uittreksel is:

      A      die ou vrou se hut.
      B      die grens.
      C      die ou vrou se stat/dorp.
      D      die skuur.                                                             (1)

                                              2

### Page 4

4.1   Die hoofgedagte van die uittreksel gaan oor.

      A      die jong man se vrees vir die vrou en kind.
      B      die jong man se indruk van die twee vroue.
      C      die jong man se vrees dat die vroue hom aan die grenspatrollie
             sou verklap.
      D      die jong man se poging om ongesiens oor die grens te kom.          (1)

4.2   Die tema van die uittreksel kan gesien word in die ...

      A      manier waarop die jong man die twee vroue wantrou het.
      B      jong man se onmiddellike behoefte aan huisvesting en veiligheid.
      C      rede waarom die verrimpelde ou vrou nie met hom gepraat nie, maar
             net met haar vinger beduie het.
      D      die ontstellende manier waarop die jong kind na die man gekyk het. (1)

5.    Watter een van die volgende stellings word in paragraaf 8 ondersoek?

      A      Die ou vrou se geregverdigde reaksie teenoor die man.
      B      Die ou vrou se dankbaarheid teenoor die kind vir die geld.
      C      Die ou vrou se dankbaarheid teenoor die man vir die geld.
      D      Die ou vrou se gemengde gevoelens teenoor die man.                (1)

      Beantwoord die vraag 6 tot 9 in die ruimtes wat voorsien is.

6.    Waarom is die man bang dat die ou vrou sy teenwoordigheid aan die
      grenspatrollie sou verklap?

          ___________________________________________________

       ___________________________________________________                     (2)

                                          3

### Page 5

7.    In paragraaf 3 ontbloot die man nie sy ware gevoelens (soos in paragraaf
      2 uitgebeeld) nie. Wat sou gebeur het as hy dit wel gedoen het?

       ___________________________________________________

       ___________________________________________________

       ___________________________________________________

       ___________________________________________________                       (2)

8.1   Watter twee dinge word in die onderstaande metafoor vergelyk?
      'Dis 'n wonderwerk' (paragraaf 8).

      ___________________________________________________

      ___________________________________________________

      __________________________________________________                         (2)

8.2   Hoekom is die beeld in 8.1 so effektief om die boodskap van die ou
      vrou se reaksie oor te dra?

       ___________________________________________________

       ___________________________________________________

       ___________________________________________________

       ___________________________________________________                       (1)

9.    In die derde paragraaf spreek die man die ou vrou as 'Ma' aan as 'n
       teken
      van respek. Op watter ander manier kon hy haar aangespreek het?

       ___________________________________________________

      ____________________________________________________                       (1)

                                         4

### Page 6

10.   Skryf ‘n informele brief.

      Verbeel jou dat jy die man in die bostaande uittreksel is. Skryf ‘n brief aan ′n
      vriend waarin jy jou gevoelens omtrent jou ervaring met die ou vrou en die
      kind uitbeeld.
                                         OF

      Verbeel jou dat jy die kind in die bostaande uittreksel is. Skryf ′n brief aan jou
      tante. Vertel haar van die man wat kom kuier het en vertel wat plaasgevind
      het.

      Jou brief moet die formaat en die register van ′n informele brief hê en daar
      moet ′n inleiding, liggaam en slot wees.

      Jou brief moet tussen 100–120 woorde lank wees.

_____________________________________________________________________________

                                           5

### Page 7

__________________________________________________________________________(12)

                                6

### Page 8

Lees die volgende leesstuk deur en beantwoord dan vrae 11 tot 20

               Durbs maak gereed vir vakansie
            'Strandtjommies' slaggereed om seker te maak dat plaaslik plesierig is.

   1     Terwyl die globale COP17- Klimaatsverandering-Spitsberaad oor die naweek
         afsluit, berei Durbanse beamptes hulle voor vir die instroming van derduisende
         plaaslike en internasionale toeriste vir hul jaarlikse vakansie.

   2     Die stad se gasvryheidsbedryf verwag ′n uitstekende seisoen terwyl die hotelle
         voller en voller word en derduisende motors per uur deur die Marianhill tolplaza ry.

   3     Volgens die KwaZulu-Natal se Departement van Vervoer, ontvang die stad alreeds
         hope besprekings en dit sal tot middel-Januarie aanhou wanneer die Gauteng skole
         veronderstel is om te heropen.

   4     Volgens die KwaZulu-Natal se Departement van Vervoer, het die stad alreeds 'n
         voorsmakie van die vakansie ervaar met die toename in die verkeersvolume na
         KwaZulu-Natal.

   5     Durban Toerisme, in afwagting op die instroming, het 'n plan saamgestel wat met
         addisionele bronne voorsiening sal maak om die toenemende getal besoekers te
         hanteer sodat hulle almal ′n veilige, lui-lekker vakansie sal kan hê.

   6     Die Metropolisie sal gereelde fietspatrollies doen. Hierdie fietse is pas aangekoop
         en is geskik en gerieflik om op die promenade mee te ry. Die fietsryery is ook
         omgewingsvriendelik.

   7     Nog 100 herwinningsblikke is oral in die stad opgestel met die hoop dat hulle
         mense sal aanmoedig om hul vullis te herwin.

   8     Die munispaliteit het beamptes in diens geneem wat as ′strandtjommies′ bekend
         staan, om toeriste met padaanwysings en ander inligting te help.

   9     As ′n ekstra veiligheidsmaatreël sal die munisipaliteit armbande uitdeel waarop die
         besonderhede van ′n kind se voogde aangedui word.

   10    Indien ′n kind van sy ouers of voogde geskei word, sal hierdie besonderhede help
         om hulle te herenig.

   11    'n Gazebo gemerk, ′Verdwaalde Kinders′, sal op die strand opgeslaan word.
         Minderjariges wat van hul voogde geskei is, sal deur kinderopassers versorg word.

                             [Verwerk uit ’n artikel in The Times, 12 Desember 2011]

                                         7

### Page 9

11.1   Die hoofgedagte van hierdie artikel is:

       A      Durban se gasvryheidsbedryf.
       B      Die instroming van vakansiegangers na Durban.
       C      Die polisiepatrollies op die strand.
       D      Die afgelope COP17-Konferensie.                                     (1)

11.2   Watter een van die onderstaande alternatiewe ondersteun NIE die
       hoofgedagte nie?

       A      Die aanvraag na hotel-akkommodasie neem toe.
       B      Baie internasionale toeriste word verwag.
       C      Marianhill tolplaza gaan druk besig wees.
       D      Vullisdromme sal voorsien word.                                     (1)

12.    Durban is 'n omgewingsvriendelike stad. Stem jy saam? Haal uit die
       teks aan om jou antwoord te staaf.

       __________________________________________________

       ___________________________________________________

       ___________________________________________________                        (2)

13.     Beskryf kortliks die skrywer se siening met betrekking tot Durban as ′n
        vakansiebestemming.

       __________________________________________________

       ___________________________________________________

       ___________________________________________________                         (2)

14.    Verduidelik die neologisme/nuutskepping ′strandtjommies′ en sê
       hoekom dit effektief is.
       __________________________________________________
       __________________________________________________
       __________________________________________________                         (2)

15. Is daar enige feitelike inligting om die stelling in die derde paragraaf, dat hotelle hope
                                           8

### Page 10

besprekings kry, te ondersteun?

           __________________________________________________
           __________________________________________________

           __________________________________________________                            (2)

16.1       Omkring die letter langs die regte antwoord.

       \   Watter een van die volgende sinsnedes verduidelik die woord 'minderjariges'
           (paragraaf 11) die beste:

           A      Kinders wat baie jonk is.
           B      Kinders wat min verstand het.
           C      Kinders wat nog nie tienderjariges is nie.
           D      Kinders wat onder die ouderdom van 21 is.                            (1)

16.2       Watter van die volgende is die korrekte afkorting vir Suid-Afrikaanse Polisie?

           A      S.A.P.
           B      SAP
           C      S-aP
           D      S-AP                                                                (1)

           Beantwoord vraag 17 en 18 in die ruimtes wat voorsien is.

17.1       Verskaf ′n meer formele woord met dieselfde betekenis as die onderstreepte
           woord hieronder.

           ′...′n veilige, lui-lekker vakansie′

           ____________________________________________________                      (1)

17.2       Gee ′n formele woord wat dieselfde betekenis het as ′strandtjommies′ in
           paragraaf 8.

           ____________________________________________________                       (1)

18.        Skryf die volgende sin oor en maak gebruik van die regte leestekens.
                                                  9

### Page 11

Om verdwaalde kinders te hanteer is die volgende maatreël ingestel kinders
          ontvang indentifikasie- armbande.

            ________________________________________________

      _________________________________________________

          ___________________________________________________                         (2)

19.       Kyk aandagtig na die onderstaande prent. Gebruik dit dan as ′n prikkel om
          ′n oorspronklike, kreatiewe paragraaf te skryf.

         Jou paragraaf moet tussen 60 en 80 woorde lank wees.
         Maak seker dat daar ′n logiese ontwikkeling,
          met ′n onderwerpsin, ondersteunende sin en
          'n slotsin is.
         Voorsien jou paragraaf van 'n gepaste titel.

_____________________________________________________________________________

_____________________________________________________________________________

_____________________________________________________________________________

_____________________________________________________________________________

_____________________________________________________________________________

_____________________________________________________________________________

_____________________________________________________________________________

_____________________________________________________________________________
                                            10

### Page 12

__________________________________________________________________________ (6)

                                11

### Page 13

20.   Skryf 'n feitelike verslag vir jou gemeenskap se koerant oor 'n vakansie
      aktiwiteit wat in jou buurt of dorp plaasgevind het.

      Jy moet die register van 'n koerantberig gebruik. Gebruik feitelike taal en
      gebruik die toepaslike formaat. Die berig moet tussen100-120 woorde lank
      wees.

                                         12

### Page 14

__________________________________________________________________________(10)

                                                                   TOTAAL: 60

                                13

## Related documents

- [Grade 9 Afrikaans HL Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-hl-2012-ana-exemplars-memorandum-afrikaans/cb3d36ef-ce96-443e-9a90-9c1c3356b8cf) — Afrikaans HL · Memo · 2012 · Afr
- [Afrikaans HL Grade 9 2012](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-grade-9-2012/c8adbac2-9eda-4506-873f-f6412f0ed4a9) — Afrikaans HL · QP · 2012 · Afr
- [Grade 9 Afrikaans Home Language](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-home-language/0b4ea212-146c-46df-aafc-295f98861035) — Afrikaans HL · QP · 2014 · Afr
- [2013+Grade+9+Afrikaans+HL Exemplar](https://www.hlayiso.com/library/2013-grade-9-afrikaans-hl-exemplar/9ef30bac-1877-4422-9328-551a5473d030) — Afrikaans HL · QP · 2013 · Afr
- [Grade 9 Afrikaans HL Memo Deaf](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-hl-memo-deaf/73157afc-a15f-448f-a552-9bd190923fad) — Afrikaans HL · Memo · 2012 · Afr
- [Grade 9 Afrikaans HL Memo Braille](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-hl-memo-braille/39247810-81a4-45ca-b98c-bbeb8a829c62) — Afrikaans HL · Memo · 2012 · Afr

## More from Grade 9 Afrikaans HL

- [CAPS SP HOME AFRIKAANS GR 7-9 web](https://www.hlayiso.com/library/caps-sp-home-afrikaans-gr-7-9-web/adabb4d3-1fb8-4825-a189-492d2a06c071) — CAPS · Afr
- [Grade 9 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/764a0ca6-8c7b-4530-aaa0-de52bed4e547) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 9 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/66a9bd85-2672-489f-aed7-91a86bda5288) — Memo · 2026 · Afr
- [Afrikaans HL Marking Guideline](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-marking-guideline/9f5d1f41-c88b-40c4-9849-80d0bebb5a9b) — Memo · 2023 · Afr
- [Grade 9 Afrikaans HL Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-hl-memo/453edc0c-96e8-484b-8789-aca6a3f55d2c) — Memo · 2022 · Afr
- [AFR HL P2 GR9 MEMO NOV2019 Final](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-gr9-memo-nov2019-final/c312c415-29d5-4a65-95a8-c4ddd136620e) — Memo · 2019 · Afr

## Collection

- [Grade 9 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-9/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.