# Afrikaans HL Grade 9 Paper 1 November Mock 2026 Memo

> Grade 9 Afrikaans HL Paper 1 memorandum from the November Mock Exam 2026, 7 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/764a0ca6-8c7b-4530-aaa0-de52bed4e547
- Updated: 2026-10-29
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 9
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2026
- Exam period: November Mock Exam
- Paper: 1
- Publisher: Hlayiso
- Curriculum: CAPS
- Pages: 7

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 9](https://www.hlayiso.com/library/grade-9) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-9/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 9 Paper 1 November Mock 2026 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/764a0ca6-8c7b-4530-aaa0-de52bed4e547)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 9 · November Mock Exam · 2026 · Afrikaans. Memorandum, 7 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Grade 9 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/57f32853-152b-4ab1-ad5b-9bc8b118c11f) — QP · 2026 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Proef

                            hlayiso mock exams
                            Oefenreeks:
                            Graad 9 eksamenvoorbereiding
                            WWW.HLAYISO.COM

                               SENIOR FASE
                           EINDEJAARSEKSAMEN

                                     GRAAD 9

                            AFRIKAANS HUISTAAL V1
                            NOVEMBER 2026 (PROEF)
                                 NASIENRIGLYNE

PUNTE: 70

                     Hierdie nasienriglyne bestaan uit 7 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Afrikaans Huistaal/V1                              2                                  Hlayiso/Proef 2026
                                      Senior Fase – Nasienriglyne

AFDELING A: LEESBEGRIP
Nasien van die leesbegrip:

      • Die fokus is op die begrip van die leesteks. Spel- en taalfoute word nie gepenaliseer nie,
        tensy dit die begrip van die antwoord beïnvloed. (Taal- en spelfoute moet wel aangetoon
        word.)
      • Indien die kandidaat woorde uit ’n ander taal gebruik, word die vreemde woorde
        geïgnoreer. Indien die antwoord sonder die vreemde woorde sinvol is, word die
        kandidaat nie gepenaliseer nie.
      • Vir oop vrae word geen punte vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM NIE SAAM NIE
        toegeken nie. Die rede/motivering moet oorweeg word.
      • Vrae wat aanhalings uit die leesstuk verg, word nie gepenaliseer indien die
        aanhalingstekens ontbreek nie.
      • Wanneer twee feite vereis word en die kandidaat ’n hele reeks gee, word slegs die eerste
        twee nagesien.
      • By meerkeusevrae word slegs die letter nagesien. Indien die kandidaat die antwoord
        voluit skryf en dit is korrek, word die punt toegeken.
      • Aanvaar enige ander antwoord wat sinvol is en deur die teks gesteun word.

VRAAG 1
VRAAG        ANTWOORD                                                                            PUNT

1.1        B (toegewyd)                                                                               1
1.2        Die pragtige sterrehemel/die vreugde en opwinding wat sy uit sterrekyk kry,                1
           maak op vir die koue en ongerief wat sy moet verduur.
           Die idee dat die “beloning” die moeite/koue werd is, moet duidelik wees.
1.3        ENIGE TWEE:                                                                                2

               • Die lug is droog.
               • Die lug is helder.
               • Daar is byna geen ligbesoedeling nie (want die dorp lê ver van groot
                 stede af).
1.4        sterrekundiges                                                                             1
1.5        Figuurlik                                                                (1)               2
           Sy het nie werklik weggeraak nie; dit beteken sy was van daardie oomblik
           af heeltemal betower deur/verlief op/behep met die sterre (sterrekunde). (1)
           Geen punt vir figuurlik sonder ’n geldige motivering nie.

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Afrikaans Huistaal/V1                             3                           Hlayiso/Proef 2026
                                     Senior Fase – Nasienriglyne

1.6      ONWAAR                                                                  (1)          2
         “(Haar ouers …) kon nie ’n duur teleskoop bekostig nie.”
         OF “Daarom het Lerato twee jaar lank elke naweek by die padstal gewerk
         en haar fooitjies … gespaar.”
         OF “… ’n afgetrede sterrekundige … (het) vir haar sy ou teleskoop teen die
         helfte van die prys verkoop.”                                           (1)
         ONWAAR word slegs gekrediteer as ’n korrekte aanhaling gegee word. Geen punt
         vir ONWAAR alleen nie.
1.7.1    Vergelyking                                                                          1
1.7.2    Die teleskoop was vir haar baie kosbaar/waardevol, want sy het twee jaar             1
         lank hard gewerk en gespaar om dit te kan koop./Dit was haar grootste skat.
1.8      Feit                                                                    (1)          2
         Dit is gebaseer op navorsing deur kenners/dit kan nagegaan en bewys
         word.                                                                   (1)
         Geen punt vir feit sonder ’n geldige motivering nie.
1.9      ENIGE TWEE:                                                                          2

             • Laat buiteligte na onder skyn.
             • Skakel ligte af wanneer dit nie nodig is nie.
              • Gebruik sagte geel eerder as helder wit gloeilampe.
1.10     Letterlik/denotatief: ’n ster is ’n hemelliggaam soos dié wat Lerato                 2
         bestudeer.                                                                 (1)
         Figuurlik/konnotatief: Lerato is ’n uitblinker/iemand besonders wat uitstaan
         en ander inspireer.                                                        (1)
1.11     Lerato is so passievol oor die sterre dat sy nog lank nie sal ophou kyk              1
         nie/die “vyf minute” gaan baie langer wees, en die skrywer en haar ma weet
         dit.
1.12     Eie antwoord met ’n sinvolle motivering, bv.                                         2
         JA: Ligbesoedeling sal die donker hemel vernietig wat
         sterrekundiges/toeriste na die dorp trek; dit beskerm die natuur/nagdiere; dit
         spaar ook elektrisiteit.
         NEE: Mense het buiteligte nodig vir veiligheid/teen misdaad; dit is
         onregverdig om mense op hul eie eiendom te beperk; bewusmaking (soos
         Lerato se veldtog) is beter as wette.
         2 punte vir ’n goed gemotiveerde, sinvolle antwoord; 1 punt vir ’n
         vae/oppervlakkige motivering. Geen punt vir JA/NEE alleen nie.
1.13     ENIGE TWEE:                                                                          2

             • hoë geboue/woonstelblokke
             • ligte in byna al die vensters
             • ’n straatlig
             • ’n groot (verligte) advertensiebord
             • ’n straat/sypaadjie

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Afrikaans Huistaal/V1                          4                            Hlayiso/Proef 2026
                                  Senior Fase – Nasienriglyne

1.14     Hy frons/sy mond trek af.                                                           1
1.15     Die ma dink die app is stukkend omdat sy geen sterre sien nie,            (1)       2
         maar die sterre is daar – die stad se ligte (en haar eie helder foonskerm/die
         verligte advertensiebord) verberg dit. Sy is self deel van die probleem wat
         sy nie raaksien nie.                                                      (1)
1.16     C                                                                                   1
1.17     ligbesoedeling                                                           (1)        2
         Te veel kunsmatige lig (van geboue, straatligte en advertensieborde) verlig
         die naghemel sodat ’n mens nie die sterre kan sien nie.                  (1)
         Die verduideliking moet in die kandidaat se eie woorde wees.
1.18     Die kinders in Lerato se buurt kan baie sterre (selfs die ringe van Saturnus)       2
         sien, terwyl die seun in die stad geen ster kan sien nie.                  (1)
         Sutherland lê ver van groot stede af en het byna geen ligbesoedeling nie,
         maar die seun is omring deur helder stadsligte.                            (1)
                                                                                          [30]
                                                             TOTAAL AFDELING A:            30

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Afrikaans Huistaal/V1                            5                                   Hlayiso/Proef 2026
                                    Senior Fase – Nasienriglyne

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 2
Nasien van die opsomming
     • Die nasien word gebaseer op die insluiting van die SEWE relevante feite wat met die
       vraag ooreenstem.
     • Kandidate moet die feite in hul eie woorde in SEWE genommerde volsinne puntsgewys
       onder mekaar skryf. Slegs feite wat in volsinne aangebied word, verdien punte.
     • Rofwerk moet duidelik aangedui word. Indien nie, word die eerste opsomming nagesien.
     • Punte word soos volg toegeken: 7 punte vir 7 feite (1 punt per feit) en 3 punte vir taal.
       Totaal: 10.
     • Verspreiding van taalpunte wanneer die kandidaat NIE woordeliks aangehaal het nie:
       1–3 feite korrek: 1 punt; 4–5 feite korrek: 2 punte; 6–7 feite korrek: 3 punte.
     • Verspreiding van taalpunte wanneer die kandidaat woordeliks aangehaal het: 6–7
       aanhalings: geen taalpunte; 4–5 aanhalings: maksimum 1 punt; 2–3 aanhalings:
       maksimum 2 punte.
     • Woordgetal: Indien die opsomming langer as 80 woorde is, lees tot by die einde van
       die sin waarin die 80ste woord voorkom en ignoreer die res. Geen punte word afgetrek
       indien die woordgetal nie (of verkeerd) aangedui is nie. Korter opsommings wat die
       vereiste feite bevat, word nie gepenaliseer nie.
NASIENSIMBOLE
V Onvolledige sin         H Herhaling
^ Onvolledige feit        S Stelling
A Aanhaling               F Feitefout
SEWE FEITE
1.   Stort eerder kort (hoogstens vyf minute) as om te bad.
2.   Draai die kraan toe terwyl jy jou tande borsel/gebruik ’n beker water om jou mond uit te
     spoel.
3.   Laat lekkende krane en toilette so gou moontlik herstel.
4.   Skakel die wasmasjien en die skottelgoedwasser eers aan wanneer hulle vol is.
5.   Gee die tuin vroegoggend of laatmiddag water (sodat minder water verdamp).
6.   Vang reënwater in ’n tenk of emmers op.
7.   Hergebruik grys water (van die bad of die wasmasjien) om die toilet te spoel of die tuin
     nat te lei.
LET WEL: Die verwysings na “Dag Nul” in Kaapstad en na die oupa se uitspraak oor die tuin is nie
feite nie en verdien nie punte nie. “Kort stort” en “nie bad nie” vorm saam EEN feit; “wasmasjien” en
“skottelgoedwasser” vorm saam EEN feit.
Voorbeeld van ’n opsomming (79 woorde)
1.     Neem eerder ’n stort van vyf minute as ’n bad.
2.     Moenie die kraan laat loop wanneer jy tande borsel nie.
3.     Sorg dat drupkrane en lekkende toilette dadelik reggemaak word.
4.     Gebruik die was- en skottelgoedmasjien net met ’n vol lading.
5.     Lei die tuin vroeg in die oggend of laat in die middag nat.
6.     Vang die reënwater van die dak in ’n tenk of emmers op.
7.     Hergebruik bad- en waswater om die toilet te spoel of die tuin nat te maak.
                                                                TOTAAL AFDELING B:                 10

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 6

Afrikaans Huistaal/V1                             6                                Hlayiso/Proef 2026
                                     Senior Fase – Nasienriglyne

AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
Nasien van taalstrukture en -konvensies:

      • Spelling: Eenwoordantwoorde moet korrek gespel wees. Waar volsinne vereis word,
        moet die fokuspunt van die vraag korrek wees; ander spelfoute word nie gepenaliseer
        nie.
      • Waar die vraag ’n herskryfde sin vra, moet die woordorde en die gevraagde verandering
        korrek wees.

VRAAG 3: ADVERTENSIE
VRAAG        ANTWOORD                                                                            PUNT

3.1        Retoriese vraag                                                                          1
           Aanvaar ook: die leser word direk aangespreek (Is jy word geïmpliseer)/’n
           probleem word uitgelig waarvoor die produk die oplossing bied.
3.2        Die Engelse woord cool en die Afrikaanse woord koel klink amper                          2
           dieselfde.                                                                 (1)
           Cool beteken die bottel lyk modern/stylvol/oulik, en koel beteken dit hou jou
           water koud.                                                                (1)
           Albei betekenisse moet genoem word vir die tweede punt.
3.3        dae                                                                                      1
3.4        dub-bel-wan-di-ge                                                                        1
3.5        Bv. Die kleure van die bottels is helder.                                                1
           Die byvoeglike naamwoord moet ná die (koppel)werkwoord staan, sonder die -e.
           Geen punt vir attributiewe gebruik (helder kleure) nie.
3.6        Dit kondig ’n opsomming/lys (van die kleure) aan.                                        1
3.7        belasting op toegevoegde waarde                                                          1
3.8        Dit dui aan dat ’n deel van die samestelling (klein-) weggelaat is om                    1
           herhaling te vermy (kleinsus).
3.9        Tieners/jong mense (en hul gesinne): Thandi, wat die bottel aanbeveel, is                1
           14 jaar oud (reël 8)/die gratis botteltjie is vir ’n kleinboet of -sus (reël 7).
           Die teikenmark en ’n geldige verwysing na reël 7 of 8 moet albei gegee word vir die
           punt.
                                                                                                  [10]
VRAAG 4: STROKIESPRENT
VRAAG        ANTWOORD                                                                            PUNT

4.1        Ma het gevra of Neo/hy al sy wiskundehuiswerk gedoen het.                                2
           Voegwoord of met die werkwoorde (gedoen het) aan die einde van die sin (1);
           voornaamwoordverandering jy → hy/Neo EN jou → sy (1). Die aanspreekvorm
           Neo, word weggelaat en die sin eindig met ’n punt.
4.2        gefinish → voltooi/klaargemaak/afgehandel                                                1

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 7

Afrikaans Huistaal/V1                           7                                Hlayiso/Proef 2026
                                   Senior Fase – Nasienriglyne

4.3      Tussenwerpsel                                                                           1
4.4      Dit dui aan dat Neo huiwer/onseker is/na ’n verskoning soek (sy woorde                  1
         word onderbreek).
4.5      Dit is deur Wagter opgevreet.                                                           1
         is + opgevreet en deur Wagter moet korrek wees. Aanvaar ook: Dit is opgevreet
         deur Wagter.
4.6      Sweetdruppels (spat van sy gesig af)/sy mond hang oop.                                  1
         Die kandidaat bied ENIGE EEN aan.
4.7      huiswerk                                                                                1
4.8      Die wiskundeboek staan heel langs die hond – Wagter het dit dus nie                     2
         opgevreet nie en Neo se leuen word ontbloot.                             (1)
         Die hond self “ontken” die beskuldiging op ’n snaakse manier: hy eet nie
         eens groente nie, wat nog te sê van (vervelige) algebra.                 (1)
         Aanvaar ook: die bekende verskoning “die hond het my huiswerk opgeëet” word
         omgekeer – die hond het die laaste woord.
                                                                                               [10]
VRAAG 5: KOERANTBERIG
VRAAG       ANTWOORD                                                                          PUNT

5.1      Ouma Sarah Mokoena van Kroonstad                                                        1
         Aanvaar ook: Ouma Sarah Mokoena.
5.2      Bywoordelike bysin (van rede)                                                           1
5.3      skaam/beskaamd/nederig/beskeie                                                          1
5.4      Elke aand het sy ná ete aan die kombuistafel gesit en leer.                             1
         Aanvaar ook: gesit en geleer. het + gesit moet korrek wees. Indien die kandidaat
         die bysin insluit, aanvaar: …, terwyl haar kleinkinders haar met wiskunde gehelp
         het. Die bysin word nie gepenaliseer nie, mits dit korrek is.
5.5      Voegwoord                                                                               1
5.6      onderskeiding                                                                           1
5.7      Die hele dorp is deur die nuus in ’n feesstemming gedompel.                             1
         is + gedompel en deur die nuus moet korrek wees. Aanvaar ook: Die hele dorp is in
         ’n feesstemming gedompel deur die nuus.
5.8      ywerigste                                                                               1
5.9      Wil ouma Sarah volgende jaar aan ’n kollege gaan studeer?                               1
         Die werkwoord wil moet eerste staan en die sin moet met ’n vraagteken eindig.
5.10     ek wil nooit iets nuuts leer nie                                                        1
         Aanvaar ook: ek wil nie altyd iets nuuts leer nie. Die dubbele ontkenning (nooit …
         nie) moet korrek wees.
                                                                                               [10]
                                                               TOTAAL AFDELING C:               30
                                                                   GROOTTOTAAL:                 70

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Grade 9 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/9504f0ad-d64b-4bf2-b62f-50bb73174e75) — Afrikaans HL · QP · 2026 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR9 MEMO NOV2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr9-memo-nov2018/3bfcedf7-9180-41f2-b7db-079829fa0e89) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr
- [2014 ANA Grade 9 Afrikaans HL Memo](https://www.hlayiso.com/library/2014-ana-grade-9-afrikaans-hl-memo/27526d19-d260-49a9-894a-ab854e975929) — Afrikaans HL · Memo · 2014 · Afr
- [Grade 9 Afrikaans Home Language Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-home-language-memo/40c24979-394c-4c89-a968-6737f4776178) — Afrikaans HL · Memo · 2014 · Afr
- [ANATest+Grade+9+Afrikaans+HL+2013+Memo](https://www.hlayiso.com/library/anatest-grade-9-afrikaans-hl-2013-memo/7b55a8af-41cc-4ecf-8e4c-61482681987a) — Afrikaans HL · Memo · 2013 · Afr
- [2013+Grade+9+Afrikaans+HL Voorbeeld+Memorandum](https://www.hlayiso.com/library/2013-grade-9-afrikaans-hl-voorbeeld-memorandum/04ff2d8a-0927-4a6b-9518-6730db828326) — Afrikaans HL · Memo · 2013 · Afr

## More from Grade 9 Afrikaans HL

- [CAPS SP HOME AFRIKAANS GR 7-9 web](https://www.hlayiso.com/library/caps-sp-home-afrikaans-gr-7-9-web/adabb4d3-1fb8-4825-a189-492d2a06c071) — CAPS · Afr
- [Afrikaans HL Test](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-test/5b589ff6-d200-4ffb-a54f-99c66ebc6b95) — QP · 2023 · Afr
- [Grade 9 Afrikaans HL Test](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-hl-test/269c40e7-6e0c-45f3-b89d-36b552d77cae) — QP · 2022 · Afr
- [AFR HL P2 GR9 QP NOV2019 Final D](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-gr9-qp-nov2019-final-d/2b55fa78-6667-4cc7-b837-ddd46df19eeb) — QP · 2019 · Afr
- [AFR HL P3 GR9 QP NOV2019 Final D](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p3-gr9-qp-nov2019-final-d/3e531e69-1328-435c-8850-8f5adc0a04cb) — QP · 2019 · Afr
- [Afr HL P2 QP](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-qp/27c7a315-b8ea-4616-be77-964cb8a0c2fe) — QP · 2018 · Afr

## Collection

- [Grade 9 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-9/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
