# Natural Sciences Grade 9 GEC Test 2022 Question Paper (Afr)

> Grade 9 Natural Sciences question paper from the GEC Test 2022 (Afrikaans), 29 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-ns-test/a36f5835-c4cc-498c-94fd-08df58a57ff5
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Natural Sciences
- Grade: Grade 9
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: GEC Test
- Curriculum: CAPS
- Pages: 29

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 9](https://www.hlayiso.com/library/grade-9) › [Natural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-9/natural-sciences) › [Natural Sciences Grade 9 GEC Test 2022 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-ns-test/a36f5835-c4cc-498c-94fd-08df58a57ff5)

## About this document

Natural Sciences · Grade 9 · GEC Test · 2022 · Afrikaans. Question paper, 29 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

         NASIONALE ASSESSERING
   ALGEMENE ONDERWYSSERTIFIKAAT (AOS)

                  2022 GRAAD 9 PROEFSTUDIE

VAK:            Natuurwetenskappe

PUNTE:          60

TYDSDUUR: 90 Minute

       Hierdie vraestel bestaan uit 27 bladsye, uitgesluit die voorblad.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com

Grade 9 NS: Afrikaans          1

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com

Instruksies aan die leerder
   1. Lees al die instruksies en vrae noukeurig.
   2. Beantwoord al die vrae.
   3. Gebruik die antwoordboek om al jou antwoorde in te skryf.

                        Die toets begin op die volgende bladsy.

               Moenie omblaai voordat jy aangesê word om dit te doen nie.

Grade 9 NS: Afrikaans                              2

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com

AFDELING A

 1.     Watter een van die volgende is ‘n nie-kontakkrag?

        A     Spanningskrag
        B     Normale krag
        C     Wrywingskrag
        D     Elektrostatiese krag                                                    (1)

        ŉ Ruimtevaarder het ‘n massa van 70 kg op Aarde.
 2.     Wat is die verhouding van die ruimtevaarder se massa en sy gewig op die
        maan?

        A     Die massa en die gewig sal beide dieselfde bly.
        B     Die massa en gewig sal beide verminder.
        C     Die massa sal dieselfde bly en die gewig sal verminder.
        D     Die massa sal verminder en die gewig sal dieselfde bly.                 (1)

        Weerlig is ‘n reuse elektrostatiese ontlading.
 3.     Watter voorsorgmaatreëls moet jy volg wanneer jy jouself in 'n weerligstorm
        bevind?

        A     Hardloop so vinnig as moontlik huis toe.
        B     Vind skuiling onder die naaste bome.
        C     Staan langs hoë voorwerpe.
        D     Word die kortste voorwerp.                                              (1)

Grade 9 NS: Afrikaans                             3

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com

 4.     Watter kragte word op die sak hierbo uitgeoefen?

        A     Dit is net die Aarde se swaartekrag op die sak.
        B     Dit is slegs die spierkrag van die seun se arm op die sak.
        C     Die swaartekrag en die seun se spierkrag op die sak.
        D     Die normale krag van die seun se hand en die gewig van die sak.      (1)

        Die figuur hieronder toon drie kragte wat op ŉ voorwerp uitgeoefen word.

 5.     Wat is die finale grootte en rigting van die krag op hierdie voorwerp?

        A     10 N na links
        B     10 N na regs
        C     110 N na regs
        D     110 N na links                                                       (1)

        ŉ Man vryf ŉ ballon teen sy trui en die ballon kry ŉ negatiewe lading.
 6.     Hoe het die ballon die negatiewe lading gekry?

        A     Protone is van die trui na die ballon oorgedra.
        B     Eletrone is van die trui na die ballon oorgedra.
        C     Die protone en elektrone is vanaf die trui oorgedra.
        D     Die ballon het aanvanklik te veel negatiewe ladings gehad.           (1)

Grade 9 NS: Afrikaans                              4

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com

        Elektriese selle verskaf die nodige energie aan elektrone om in ŉ
        stroombaan rond te beweeg. Vrugteselle, byvoorbeeld suurlemoene,
        kan gebruik word as elektriese selle.
 7.     Waarom kan suurlemoene gebruik word as elektriese selle?

        A     Die suurlemoenselle het ‘n suur sap wat as ŉ elektroliet dien.
        B     Die suurlemoenselle bestaan uit koper en sink wat elektroliete is.
        C     Die suurlemoenselle het ŉ soutbrug wat die stroombane voltooi.
        D     Die suurlemoenselle het ‘n suur sap wat elektrisiteit produseer.       (1)

       Die diagram toon 'n elektrode opgemaak uit ‘n X metaal wat in ’n X+
       oplossing geplaas word, terwyl ‘n Y metaal in ‘n Y+ oplossing geplaas word.
       Die twee halwe selle word verbind deur 'n U-buis soutbrug. Die X en Y
       metaalplate is albei aan 'n ammeter gekoppel.

 8.    Wat sal die rigting van elektrone in hierdie elektro-chemiese sel wees?

        A     Elektrone sal van die anode na die katode vloei.
        B     Elektrone sal van die katode na die anode vloei.
        C     Elektrone sal van die anode na die soutbrug vloei.
        D     Die soutbrug sal elektrone na die katode oordra.                       (1)

Grade 9 NS: Afrikaans                             5

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com

 9.     Definieer wat die elektriese weerstand van ŉ geleier is.

        A     Die vloei van elektriese ladings deur ŉ stroombaan.
        B     ŉ Elektriese komponent met ŉ hoё weerstand.
        C     ‘n Bron wat elektriese energie na ladings oordra.
        D     ŉ Teenstand teen die beweging van ladings.                              (1)

        Die tabel hieronder toon die resultate van ŉ ondersoek oor hoe verskillende
        lengtes van ŉ geleier die weerstand in ŉ stroombaan kan verander.

                        Lengte                    Potensiaalverskil
            Geleier                Stroom (A)                         R = V/I (Ω)
                         (cm)                            (V)
              X            20           0.5              0.6              1.2
              W            40           0.5              1.2              2.4
              P            60           0.5              1.8              3.6
               Z           80           0.5              2.4              4.8

 10.    Wat is die verhouding tussen die lengte en die weerstand van die geleier?

        A     Hoe korter die geleier, hoe hoёr die weerstand.
        B     Hoe langer die geleier, hoe hoёr die weerstand.
        C     Die lengte van die geleier het geen invloed op die weerstand nie.
        D     Hoe langer die geleier, hoe laer is die weerstand.                      (1)

Grade 9 NS: Afrikaans                             6

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com

        Die diagram hieronder verteenwoordig ‘n stroombaan met ŉ battery en drie
        resistors wat in serie verbind is. R1 = 2 Ω, R2 = 3 Ω en R3 = 4 Ω

 11.    Wat is die totale weerstand in hierdie stroombaan?

        A     2Ω
        B     8Ω
        C     9Ω
        D     5Ω                                                                   (1)

Grade 9 NS: Afrikaans                             7

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com

        Die diagram hieronder vertoon die ondersoek van hoe ‘n toenemende
        aantal selle gekoppel in parallel, die helderheid van die gloeilamp in die
        stroombaan kan beïnvloed.

                Figuur 1                  Figuur 2                Figuur 3
 12.    Wat het met die voltmeter se lesing en die helderheid van die gloeilamp in
        die sketse gebeur, namate die aantal selle vermeerder het?

        A     Die voltmeterlesing het vermeerder en die helderheid van die
              gloeilamp het toegeneem namate die aantal selle vermeerder het.
        B     Die voltmeterlesing het afgeneem namate die aantal selle
              vermeerder het, maar die helderheid van die gloeilamp het dieselfde
              gebly.
        C     Die voltmeterlesing het verminder en die helderheid van die
              gloeilamp het afgeneem namate die aantal selle toegeneem het.
        D     Die voltmeterlesing en die helderheid van die gloeilamp het
              dieselfde gebly namate die aantal selle vermeerder het.                (1)

Grade 9 NS: Afrikaans                             8

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com

        Die stroombaandiagram toon ‘n battery, ‘n skakelaar en drie identiese
        gloeilampe (A, B en C) wat in parallel gekoppel is.

 13.    Watter een van die volgende beskryf die parallelle stroombaan die beste as
        die skakelaar toe is?

       A     Die vloei van die ladings vind deur verskeie paaie plaas.
       B     Die vloei van die ladings vind deur ‘n enkele pad plaas.
       C     As een van die lampe uitgehaal word sal die ander lampe ophou
             gloei.
       D     Die potensiaalverskil van lamp A sal hoёr wees as die van B en C.       (1)

        Die diagram toon drie identiese gloeilampe gekoppel aan ŉ sel.

 14.    Watter een van die volgende stellings is korrek?

        A     Al drie gloeilampe sal ewe helder skyn.
        B     Die gloeilamp tussen X en Y sal die helderste skyn.
        C     Die gloeilamp tussen Y en Z sal die helderste skyn.
        D     Die gloeilamp tussen Z en die battery sal die helderste skyn.          (1)

Grade 9 NS: Afrikaans                             9

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com

        Die stroombaandiagram toon 2 identiese selle en gloeilampe wat aan
        ammeters gekoppel is (A1, A2, A3 en A4).

 15.    Watter ammeters sal dieselfde lesing hê?

        A     A1 en A4; A2 en A3
        B     A1 en A2; A3 en A4
        C     A4 en A2; A1 en A3
        D     A4 en A3; A1 en A4                                                       (1)

        Bestudeer die volgende stroombaandiagram.

 16.    Hoe sal die lesing van Voltmeter 1 en 2 vergelyk met Voltmeter 3 se lesing?

        A     Die som van die lesings in V1 en V2 sal meer wees as die lesing in
              V3.
        B     Die som van die lesings in V1 en V2 sal minder wees as die lesing in
              V3.
        C     Die som van die lesings in V1 en V2 sal dieselfde wees as die lesing
              in V3.
        D     Die som van die lesings van V1, V2 en V3 sal gelyk wees aan die
                                                                                      (1)
              lesing van die battery.

Grade 9 NS: Afrikaans                              10

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com

        Bestudeer die volgende diagram.

 17.    Watter proporsie van die stroom sal deur die 12 Ω resistor vloei?

        A     ⅔
        B     ¼
        C     ⅓
        D     1½                                                                       (1)

        Die potensiaalverskil van elke sel is 1.5 V.

 18.    Wat is die potensiaalverskil regoor die battery as die selle verdubbel word?

        A     Die potensiaalverskil van die battery bly dieselfde.
        B     Die potensiaalverskil van die battery sal gehalveer word.
        C     Die potensiaalverskil van die battery sal verdubbel.
        D     Die potensiaalverskil van die battery sal verminder.                     (1)

Grade 9 NS: Afrikaans                              11

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com

        Die prent illustreer ŉ onwettige elektriese verbinding in ‘n substasie.

                   Bron: southafrican.com/news/illegal-electricity-connection-leads-to-the-deaths
 19.    Watter negatiewe gevolg het so ŉ onwettige verbinding op die gemeenskap?

        A     Mense kry gratis elektrisiteit.
        B     Dit help om beurtkrag deur Eskom te voorkom.
        C     Dit oorlaai die sisteem wat lei tot kragonderbrekings.
        D     Dit verskaf werksgeleenthede aan werklose mense.                                      (1)

 20.    Wat is die funksie van die lewendige draad in die driepuntprop?

        A     Die elektriese stroom word deur die lewende draad aan die toestel
              voorsien.
        B     Die stroomvloei deur die toestel keer terug na die kragpunt.
        C     Dit is ŉ veiligheidsdraad wat die gebruiker teen elektriese skokke
              beskerm.
        D     Dit stop die positiewe- en negatiewe stroom wanneer elektrone
              rondgestamp word.                                                                     (1)

Grade 9 NS: Afrikaans                                    12

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com

 21.    Wat is die hoofbron van elektrisiteit in Suid-Afrika?

        A     Kernkrag
        B     Steenkool
        C     Sonkrag
        D     Water                                                               (1)

        Ongeveer 5% van Suid-Afrika se elektrisiteit word deur kernkragstasies
        gegenereer (opgewek) deur van ‘n metaal, bekend as uraan, gebruik te
        maak.
 22.    Hoe word hitte geproduseer in ŉ kernkragstasie?S

        A     Wanneer olie verbrand word om water te verhit
        B     Gedurende kernsplitsing om water te verhit.
        C     Wanneer gas verbrand word om water te verhit.
        D     Wanneer atome gedurende die reaksie kombineer.                      (1)

 23.    Watter energiebron sal volhoubaar wees en die minste negatiewe impak op die
        omgewing hê?

        A     Wind
        B     Kernkrag
        C     Sonkrag
        D     Biomassa                                                            (1)

Grade 9 NS: Afrikaans                              13

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com

        Die grafiek toon die gebruik van elektriese toestelle in ŉ huishouding oor ŉ
        tydperk van ŉ maand. Die totale energieverbruik is 330kWh.

 24.    Wat is die hoeveelheid energie wat deur die rekenaar gebruik word?

        A     330 kWh
        B     79.2 kWh
        C     33.4 kWh
        D     240 kWh                                                                  (1)

 25.    Waarvoor staan kWh?

        A     Kilowatt
        B     Kilowatt uur
        C     Kilometer per uur
        D     Kilojoules                                                               (1)

Grade 9 NS: Afrikaans                             14

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

        Die sonkragpanele in sonkraggeisers bestaan uit baie sonkragselle.
        Wanneer die fotone (ligdeeltjies) die sonselle verhit, veroorsaak dit ‘n reaksie.

 26.    Watter reaksie sal plaasvind wanneer die fotone die sonselle tref?

        A     Fotone word vrygestel.
        B     Elektrone word vrygestel.
        C     Protone word vrygestel.
        D     Sonselle produseer elektrisiteit.                                             (1)

        ŉ Haardroёr van 1200W word gebruik vir 30 minute en die munisipale
        tarief is R1,40 per kWh.
 27.    Bereken die koste van die enegieverbruik van die haardroёr.

        A     R84,00
        B     R50,04
        C     R50,40
        D     R0,84                                                                         (1)

 28.    Wat is die mees effektiewe en volhoubare manier om energieverbruik in ŉ
        huishouding te verminder?

        A     Maak gebruik van LED-gloeilampe.
        B     Deel die stoof met familielede.
        C     Gebruik normale gloeilampe.
        D     Los rekenaars op bystand.                                                     (1)

 29.    Watter is die mees korrekte stelling aangaande sonkraggeisers?

        A     Sonkraggeisers kan nie so warm word soos elektriese geisers nie.
        B     Die beskikbaarheid van warm water hang af van die weer.
        C     Hulle is nie eenvoudig om te ontwerp nie, en is baie duur om te koop.
        D     Sonpanele gekoppel aan songeisers bevat gevaarlike besoedelaars.
                                                                                            (1)

Grade 9 NS: Afrikaans                              15

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com

 30.    In watter laag van die litosfeer word magnesium gevind?

        A     Buitenste laag
        B     Soliede binne kern
        C     Semi-soliede mantel
        D     Vloeibare buite kern                                                 (1)

        Die diagram illustreer die interaksie tussen die sfere van die Aarde.

 31.    Watter stelling verteenwoordig die interaksie tussen sfere gedurende ŉ
        vulkaniese uitbarsting die beste?

        A     Vloede → gemeenskappe naby water → warm lawa → gletsers
              smelt
        B     Warm lawa → gletsers smelt → gemeenskappe naby water →
              vloede
        C     Warm lawa → gletsers smelt → vloede → gemeenskappe naby
              water
        D     Gemeenskappe naby water → warm lawa → gletsers smelt →             (1)
              vloede

Grade 9 NS: Afrikaans                             16

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com

 32.    Wat is die litosfeer?

        A     Die litosfeer is die sfeer wat alle koue, harde en soliede land en
              semi-soliede vloeistof onder die kors bevat.
        B     Die litosfeer is die sfeer wat al die soliede, vloeibare en gasgevulde
              water van die planeet bevat.
        C     Die litosfeer is die sfeer wat net lewende dinge bevat, mikro-
              organismes ingesluit.
        D     Die litosfeer is die sfeer wat al die lug in die Aarde se stelsel bevat
              en strek van minder as ŉ meter van die planeet se oppervlakte af.         (1)

 33.    Wat is die chemiese vergelyking vir die reaksie wat plaasvind wanneer
        yster met suurstof reageer?

        A     Fe2 + 3O2→ 2FeO2
        B     2Fe + 3O → Fe2O3
        C     4Fe + 2O → 2Fe2O
        D     4Fe + 3O2 → 2Fe2O3                                                        (1)

 34.    Hoe word stollingsgesteentes (plutoniese gesteentes) gevorm?

        A     Plutoniese gesteentes vorm wanneer magma afkoel en stadig binne
              in die Aardkors kristalliseer.
        B     Plutoniese gesteentes vorm wanneer magma by die oppervlakte as
              lawa of vulkaanbrokkies uitgeskiet word.
        C     Plutoniese gesteentes is die gevolg van twee minerale wat ŉ
              opvallende verskil in korrelgrootte het.
        D     Plutoniese gesteentes is die gevolg van gasuitsetting of borrels wat
              verskyn gedurende vulkaniese uitbarstings.                                (1)

Grade 9 NS: Afrikaans                               17

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com

 35.    Wat is die vier vernaamste elemente in die Aardkors?

        A     Koper, waterstof, silwer en yster
        B     Magnesium, yster, silikon en koper
        C     Aluminium, suurstof, silikon, en yster
        D     Koolstof, suurstof, silwer, en yster                                                 (1)

        Die prent toon die verskillende fases van die rotssiklus.

        Bron aangepas vanaf: storyboardthat.com/lesson-plans/rocks-and-weathering/rock-cycle/amp
 36.    Wat is die prosesse wat by die verskillende fases 1, 2 en 3 plaasvind?

                         1                          2                         3
        A     Kompaksie en              Hoë temperature en         Kristallisasie van
              sementasie                druk                       magma
        B     Kompaksie en              Kristallisasie van         Hoë temperature en
              sementasie                magma                      druk
        C     Hoë temperature en        Kristallisasie van         Kompaksie en
              druk                      magma                      sementasie
        D     Kristallisasie van        Hoë temperature en         Kompaksie en
              magma                     druk                       sementasie                      (1)

Grade 9 NS: Afrikaans                                   18

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com

        Die atmosfeer van die Aarde is die laag gasse wat deur die Aarde se
        swaartekrag behou word en wat die planeet omring.
 37.    Watter kombinasie beskryf die samestelling van gasse in die atmosfeer die
        beste?

                                             Gasse in %
                  Stikstof          Suurstof        Argon      Koolstofdioksied
        A           0.04              21                78            0.93
        B               78            21                0.93          0.04
        C           0.04              78                0.93           21
        D           0.93              0.04              21             78           (1)

 38.    Wat is die verband tussen digtheid en hoogte as jy van die troposfeer
        na die termosfeer beweeg?

        A     Digtheid verminder as hoogte toeneem.
        B     Digtheid vermeerder as hoogte toeneem.
        C     Digtheid bly dieselfde as hoogte afneem.
        D     Digtheid verminder as hoogte afneem.                                  (1)

 39.     Watter stelling beskryf die troposfeer die beste?

        A     Die troposfeer is die vierde en die dikste laag wat ongeveer 350 km
              vanaf die Aarde is.
        B     Die troposfeer is die tweede laag van die atmosfeer by ongeveer
              50 km bokant die Aarde.
        C     Die troposfeer is die derde laag wat ongeveer 50 km bokant die
              Aarde is.
        D     Die troposfeer is die laagste laag wat ongeveer 15 km bokant die
              Aarde is.                                                             (1)

Grade 9 NS: Afrikaans                              19

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com

 40.    Watter letter in die tabel hieronder beskryf die hoofkenmerke van die
        mesosfeer die beste?

                                           Temperatuur-         Wat in die laag
                    Dikte van die laag
                                             strekking           gevind word
         A       10 – 20 km              -500C - 200C         Satelliete
         B       50 – 80 km              -500C - 300C         Meteoriete
         C       50 – 80 km              300C - 900C          Osoon
         D       130 – 350 km            -900C - 500C         Aardkors              (1)

        Die tabel hieronder toon die resultate van’n ondersoek op die
        aardverwarmings-verskynsel. Die plastieksak het die atmosfeer
        voorgestel.
                          Temperatuur binne die         Temperatuur buite die
            Tyd (Min)
                              plastieksak (0C)             plastieksak (0C)
               15                   23                           21
               17                   26                           21
               19                   29                           22
               21                   32                           22
               23                   35                           22
               25                   38                           22
               27                   41                           23
 41.    Watter een van die volgende stellings verduidelik die gevolge van
        aardverwarming die beste?

        A      ŉ Toename in kweekhuisgasse veroorsaak ŉ verhoging in die
               temperatuur op Aarde.
        B      ŉ Toename in kweekhuisgasse veroorsaak ‘n afname in die
               temperatuur op Aarde.
        C      Aangesien die lesings buite die plastieksak mettertyd toeneem, sal
               die plastieksak geen effek op die temperatuurlesing hê nie.
        D      Aangesien lesings buite die plastieksak mettertyd toeneem, sal die
               plastieksak ‘n verkeerde lesing van die temperatuur gee.              (1)

Grade 9 NS: Afrikaans                              20

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com

        Bloeiery was die eerste mynboutegniek wat gebruik was om yster uit
        ystererts te ontgin deur houtskool met ystererts te meng. Wanneer die
        mengsel verhit word en lug deur ‘n blaasbalk ingeblaas word, word die
        ystererts verwerk tot yster.
 42.    Watter chemiese vergelyking onder stel die bogenoemde proses voor?

        A     2Fe2O3 + 3C → 4Fe + 3CO2
        B     2Fe2O3 + 2C → 4Fe + 3CO2
        C     2FeO3 + 3C → 4Fe + 3CO2
        D     2Fe2O + 2C → 4Fe + 3CO2                                           (1)

        Verskillende metodes kan gebruik word om minerale te raffineer
        (verfyn). Die prent hieronder wys een van die vernaamste metodes.

 43.    Watter metode van mineraalverfyning word in die prent gebruik?

        A     Sone-verfyning
        B     Distillasie
        C     Elektrolise
        D     Chromatografie                                                    (1)

Grade 9 NS: Afrikaans                           21

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com

        Toeriste het glinsterende klippe ontdek wat hulle dink ‘n sekere mineraal
        bevat. Hulle het die klippe verbrysel om die minerale van die klipafval te
        skei.
 44.    Watter raad sal jy aan hulle gee om te verseker dat hul die beste waarde
        uit hul ontdekking kry?

        A       Die ontdekking van ‘n hoë kwaliteit erts en fisiese skeiding.
        B       Verfyning van metale deur dit skoon te maak en te versprei.
        C       Flotasie en deur die rotse na die oppervlak te bring.
        D       Die maal van ontginde rotse nadat erts vanaf die bodem gebring is.   (1)

        Titanium is by die Xolobeni-kus in Mbizana ontdek. Mineraleregte is
        toegeken deur die Departement van Minerale en Energie. Die besluit om
        te myn is na regsingryping opgeskort, as gevolg van teenstand vanaf die
        gemeenskap.
 45.    Hoe sal jy die gemeenskap van Xolobeni van die voordele van die
        ontginning van titanium oortuig?

        A       Mense naby aan die myne moet die enigste bevoordeeldes wees
                om hul families te help.
        B       Ontginning van hulpbronne moet net groot maatskappye bevoordeel
                ter wille van werkskepping.
        C       Mynbou moet alle Afikaners bevoordeel solank hul in Suid-Afrika
                woon.
        D       Die regering moet die myne besit en winste gebruik om Suid-Afrika
                te verbeter.                                                         (1)

Grade 9 NS: Afrikaans                                22

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com

        Daar is verskillende metodes wat gebruik kan word om minerale van afval
        te skei. Die prent hieronder toon die magnetiese skeidingsmetode.

 46.    Hoe werk die magnetiese skeidingsmetode?

        A     Die kleiner klippe word na die meule gebring waar groot staafmeule
              dit maal totdat dit poeier is.
        B     Rotse word met 'n breker in kleiner stukke gebreek en rollers in
              meule, wat magnete bevat, sal die magnetiese stukke versamel.
        C     Mineraalhulpbronne word in 'n pan met water gemeng en 'n
              magneet word gebruik om die minerale uit die afval te onttrek.
        D     Elektromagnete verwyder die magnetiese stukke wat yster
              bevat uit die nie-magnetiese afval.                                   (1)

 47.    Wat gebeur tydens die hoofvolgordefase van die lewe van 'n ster?

        A     Die hoofvolgordefase is wanneer die swaartekragdruk wat in die ster
              intrek gelyk is aan die energie wat uit die ster stoot.
        B     Die hoofvolgordefase is wanneer die ster kernfusie ondergaan en 'n
              groot hoeveelheid hitte en ligenergie vrygestel word.
        C     Die hoofvolgordefase verwys na die proses waardeur kernfusie
              veroorsaak dat die sterre waterstof in helium omskakel.
        D     Die hoofvolgordefase verwys na 'n proses waar wolke, stof en gas
              deur swaartekrag saamgetrek word om ‘n soliede liggaam te vorm.       (1)

Grade 9 NS: Afrikaans                               23

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com

        Die diagram hieronder toon verskillende stadiums in die lewe van 'n ster
        soos hulle op verskillende maniere ontwikkel volgens hul groottes.

                                    Bron:quora.com/what-is-the-birth-and-death-of-a-star
 48.   Wat is die stadiums gemerk A, B en C?

        A     A – neutronster, B – wit dwerg en C – protoster
        B     A – wit dwerg, B – swart dwerg en C – swart gat
        C     A – rooi reus, B – rooi superreus en C – supernova
        D     A – swart dwerg, B – wit dwerg en C – neutronster                            (1)

                                                                                            [48]

Grade 9 NS: Afrikaans                              24

### Page 26

Downloaded from hlayiso.com

AFDELING B

Beantwoord al die vrae tot die beste van jou vermoë.

                                                     Bron: steemkr.com/steemstem

 1.     Vergelyk kortliks die magnetiese veld van Figuur A met die magnetiese
        veld van Figuur B.                                                                        (1)

        Die prent verteenwoordig die demonstrasie van die effek van
        gravitasiekragte in ‘n klaskamer op vallende voorwerpe deur van ‘n papier
        en klip gebruik te maak. Beide voorwerpe val van dieselfde hoogte en is
        gelyktydig laat val.

                             Bron aangepas vanaf: clarkscience8.weebly.com/friction--gravity.ht

 2.     Watter voorwerp sal eerste die grond tref? Gee ‘n rede vir jou antwoord.                  (2)

Grade 9 NS: Afrikaans                                  25

### Page 27

Downloaded from hlayiso.com

        Die invloed van die dikte van ‘n geleier op weerstand is ondersoek. Die
        volgende materiaal is gebruik:
              2 selle
              ‘n ammeter en
              4 koperdrade van dieselfde lengte, maar met verskillende diktes
               (wat een op ‘n slag gebruik is).
 3.     Identifiseer die onafhanklike veranderlike in hierdie ondersoek.              (1)

        Die lesing op ammeter A1 is 3 A en die potensiaalverskil regoor die battery
        is 5 V. Die potensiaalverskil regoor R1 en R3 is 1,5 V elk.

 4.     Bereken die potensiaalverskil regoor R2.                                      (1)

 5.     Bespreek die voordele verbonde aan die gebruik van kernkrag, bv. soos
        by die Koeberg-kragsentrale.                                                  (2)

 6.     In watter laag van die atmosfeer vind presipitasie plaas?                     (1)

 7.     Beskryf die vorming van sedimentêre gesteentes.                               (1)

Grade 9 NS: Afrikaans                              26

### Page 28

Downloaded from hlayiso.com

       Die osoonlaag is ‘n belangrike laag wat in die stratosfeer gevind word en
       die skadelike ultravioletstrale absorbeer voor dit die Aarde se oppervlak
       bereik.
 8.    Wat stel jy voor kan gedoen word om die uitputting van die osoonlaag te
       voorkom?                                                                    (1)

       Mynbou het ‘n verskeidenheid negatiewe invloede op die omgewing, veral
       naby woongebiede.
 9.    Noem een negatiewe invloed van mynbou-aktiwiteite naby woongebiede.         (1)

       Die kleur van ‘n ster dui gewoonlik die temperatuur en ouderdom van die
       ster aan.
                 Kleur             Geel                Rooi            Blou
         Temp in Kelvin      5 200 – 6 000 K     2 400 – 3 700 K    30 000 K +
 10. Rangskik die bogenoemde sterre in volgorde van die jongste tot die oudste     (1)
       deur na hul kleur te verwys.

                                                                                     [12]

                                      Einde van toets

Grade 9 NS: Afrikaans                             27

### Page 29

Downloaded from hlayiso.com

Grade 9 NS: Afrikaans          28

## Related documents

- [NS Memo Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/ns-memo-afrikaans/584e0ed0-0676-41d7-977b-2f47d73b3456) — Natural Sciences · Memo · 2023 · Afr
- [NS Afrikaans Marking guideline](https://www.hlayiso.com/library/ns-afrikaans-marking-guideline/ad19a31e-ae37-44b8-af25-eb02f25de83e) — Natural Sciences · Memo · 2023 · Afr
- [Grade 9 Provincial Exam Natural Sciences P1 (Afrikaans) November 2015 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-natural-sciences-2019-eastern-cape-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/53ee5d90-b7ba-4a28-8c9d-33eaca5c069d) — Natural Sciences · QP · 2019 · Afr
- [GR9 NATURAL SC (Afrikaans) June 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr9-natural-sc-afrikaans-june-2018-question-paper/370e2da6-b495-49d2-af8c-e705d15033d1) — Natural Sciences · QP · 2018 · Afr
- [GR9 NATURAL SC Afrikaans November 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr9-natural-sc-afrikaans-november-2017-question-paper/b0d5c8d8-4517-4edd-b2c8-601fdc964215) — Natural Sciences · QP · 2017 · Afr
- [GR9 NATURAL SC (Afrikaans) November 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr9-natural-sc-afrikaans-november-2016-question-paper/a3a1855b-9de4-4bd4-9504-48990b4d997a) — Natural Sciences · QP · 2016 · Afr

## More from Grade 9 Natural Sciences

- [Gr 9 NS (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-ns-afrikaans-june-2024-possible-answers/2c41d124-6fd7-4816-8c4c-71aaf5fc6b41) — Memo · 2024 · Afr
- [10 JUNE S2 NW 9 NS MG JUNE 24](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-natural-sciences-2024-north-west-june-exam-question-paper/bb46aadd-6c45-4f2b-83a0-0045170e2105) — Memo · 2024
- [FS Natural Sciences Grade 9 June 2023 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-natural-sciences-2023-free-state-june-exam-question-paper-and-memorandum/38de93c6-eacb-4b5a-af4d-5e7031a2a92b) — QP + Memo · 2023
- [FS Natural Sciences Grade 9 November 2023 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-natural-sciences-2023-free-state-november-exam-question-paper-and-memorandum/5eafc8e8-9033-4343-a887-c1a6a26da975) — QP + Memo · 2023
- [Gr 9 NS (Afrikaans) June 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-ns-afrikaans-june-2023-possible-answers/f388cdff-f78e-450e-b6b4-0b0f6b2c697a) — Memo · 2023 · Afr
- [Gr 9 Natural Sciences (Afrikaans) 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-natural-sciences-afrikaans-2023-possible-answers/d287fe6a-2917-46ba-93b9-10159c6eba5f) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 9 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-9/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
