# Life Orientation Grade 9 June Common 2010 QP (Afr)

> Grade 9 Life Orientation question paper from the June Common 2010 (Afrikaans), 11 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-9-life-orientation-2010-june-common-question-paper-afrikaans/96546124-3bf0-4bc4-a823-67f0cbebe0d1
- Updated: 2026-10-29
- Subject: Life Orientation
- Grade: Grade 9
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2010
- Exam period: June Common
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 9](https://www.hlayiso.com/library/grade-9) › [Life Orientation](https://www.hlayiso.com/library/grade-9/life-orientation) › [Life Orientation Grade 9 June Common 2010 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-life-orientation-2010-june-common-question-paper-afrikaans/96546124-3bf0-4bc4-a823-67f0cbebe0d1)

## About this document

Life Orientation · Grade 9 · June Common · 2010 · Afrikaans. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Province of the
             EASTERN CAPE
             EDUCATION

                         SENIOR FASE

                          GRAAD 9

                         JUNIE 2010

              LEWENSORIËNTERING

PUNTE: 100

TYD: 2 uur

                Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

### Page 2

2                             LEWENSORIËNTERING   (JUNIE 2010)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Beantwoord ALLE vrae.

2.   Nommer die vrae soos op die vraestel.

3.   Laat ŉ reël oop tussen vrae.

### Page 3

(JUNIE 2010)                        LEWENSORIËNTERING                                           3

 VRAAG 1

 Watter van die volgende bewerings is WAAR of ONWAAR. Skryf slegs die
 korrekte antwoord teenoor die vraagnommer.

 1.     1.1    Hoëbloeddruk is ŉ aanmeldbare siektetoestand.

        1.2    Xenofobie vind plaas wanneer arm mense winkels van ryk eienaars
               plunder.

        1.3    Vryheidsdag word op 27 April gevier.

        1.4    Wiskunde, Wiskunde Geletterdheid en Natuurwetenskappe is
               verpligte vakke in die VOO Band.

        1.5    Dit is nie van belang om opwarmingsoefeninge te doen voor die
               aanvang van fisiese aktiwiteite nie.                          (5 x
               1)                                                                         (5)
                                                                                          [5]

 VRAAG 2

 Pas die term in KOLOM A by die korrekte beskrywing in KOLOM B. Skryf slegs
 die letter van die woord in KOLOM A neer en die korrekte nommer van die
 beskrywing in KOLOM B langs dit bv. 2.3 E.

           KOLOM A                                    KOLOM B
  2.1      (Gap) jaar                       A         Gee toegang aan leerders wie
                                                      Graad 9 geslaag het
  2.2      Aanleg                           B         ŉ Voorbeeld van positiewe
                                                      persoonlike kwaliteit
  2.3      Uithouvermoë                     C         Dui die vooropgestelde koste
                                                      aan van die instelling se fooi
  2.4      FET Kollege                      D         ŉ Jaar vry van studies nadat
                                                      Graad 12 geslaag is
  2.5      Koste/Fooi berekening            E         ŉ Aanvoeling of potensiaal vir ŉ
                                                      sekere vak
                                                                                (5 x 1)   (5)

### Page 4

4                                 LEWENSORIËNTERING                                     (JUNIE 2010)

2.2 Bestudeer die tabel (struktuur van ŉ universiteit).

          1.    GEESTESWETENSKAPPE, REGTE EN
                OPVOEDKUNDE
          2.    WETENSKAP, INGENIEURSWESE EN TEGNOLOGIE
          3.    BESIGHEIDS- EN EKONOMIESE WETENSKAPPE
          4.    GESONDHEIDSWETENSKAPPE

        2.2.1   ŉ Loopbaan in opvoedkunde vereis nie Wiskunde en Wetenskap nie.
                Tog sal dit voordelig vir ŉ student wees om hierdie twee vakke in
                sy/haar vakkeuse te kies. Verduidelik kortliks.                             (2)

        2.2.2   Watter van die bogenoemde fakulteite verplig Wiskunde as
                vakkeuse?                                                                   (1)

        2.2.3   Watter fakulteit sluit Siviele Ingenieurswese en Argitektuur as vakke
                in?                                                                         (1)

        2.2.4   Op watter tydstip word ŉ leerder toegelaat om Wiskunde
                Geletterdheid, as vak kombinasie in Graad 10 te kies?                       (2)

        2.2.5   Kies die korrekte woord tussen hakkies.
                Die (onderwyser, leerder, ouer) moet die finale besluit neem in
                hom/haar beroepskeuse.                                                      (1)
                                                                                            [7]

VRAAG 3

Bestudeer die volgende nasionale dae hieronder gelys:

       Vrouedag (9 Mei)
       Erfenisdag (24 September)
       Menseregtedag (21 Maart)
       Jeugdag (16 Junie)
       Werkersdag (1 Mei)

3.1 Kies en beskryf slegs EEN van die nasionale dae, uit die lys hierbo genoem.
    Verduidelik die oorsprong en doel, hoe en wanneer dit herdenk word en die
    impak wat dit op die Suid-Afrikaanse jeug se lewens het.                                (3)

3.2 Verduidelik hoe jy die viering in die skool of gemeenskap sal plan. Skryf ten
    minste VIER stappe van die beplanning neer.                                             (4)

3.3 Beskryf EEN voorbeeld van ŉ konflik situasie uit die onderstaande lys:

        xenofobie; huurmotor (taxi) onrus; siviele oorlog of politieke onrus                (2)

3.4 Hoe kan religieuse organisasies bydrae om vrede te bevorder in die konflik              (1)

### Page 5

(JUNIE 2010)                         LEWENSORIËNTERING                                         5
        situasie soos in VRAAG 3.3 bespreek?
                                                                                        [10]

 VRAAG 4

 Lees die onderstaande leesstuk en beantwoord die vrae wat daarop volg.

                              JEUG EN PORTUURDRUK

 Die jeug van vandag het ŉ kultuur van hul eie, so populêr dat hulle nie ag slaan op
 advies van hul ouers nie. Hulle maak hul oë toe en gooi ’n dowe oor teen alles
 wat goed is vir hulle. Volgens hulle is alle volwassenes dom/onnosel en primitief.
 Slegs ŉ paar besef dat hulle nie jonger word nie en binne ŉ paar jaar sal hulle voor
 groter uitdagings staan, met hul eie nasate.

 Die jeug beïnvloed mekaar met self-vernietigende aktiwiteite soos drank- en
 dwelm misbruik. Een uit elke drie jeugdiges is verslaaf aan dodelike middels.
 Hierdeur word hulle blootgestel aan seksuele oordraagbare siektes en infeksies,
 MIV/Vigs, jeug swangerskap, geweld, kriminele oortredings en ander gevare. Dit
 is moeilik vir die jeug om te besef wat die gevolge van hul onverantwoordelike
 keuses is, totdat dit te laat is, en telkemale is onherroeplike skade reeds gedoen.
 Dwelms, rook en alkohol bly gevaarlik. Stel jou voor, seksuele aanranding word
 gepleeg of aan jou gedoen onder die invloed van verbode en gevaarlike middels.

 Tydens die hoërskool fase word daar gewoonlik geëksperimenteer. Die jeug hou
 daarvan om ander tieners na te aap, in so ŉ mate dat hulle hul eie gesondheid en
 veiligheid asook hul verhoudings met hul geliefdes in gedrang bring. Baie van die
 jeug gooi hul morele waardes oorboord sodra hulle tersiêre vlak bereik. Hulle
 misbruik hulle vryheid, verval onder swak invloede en verloor hul fokus in die
 proses. Baie min individue is by magte om die versoeking te weerstaan of om
 sterk te staan en uit te roep: “Nee! Nie vir my nie!”

                                                 [Vrylik vertaal: Skrywer onbekend]

 4.1 Noem TWEE middels(stowwe) waarmee die jeug hou van om mee te
     eksperimenteer.                                                                     (2)

 4.2 Haal ŉ sin aan, uit paragraaf 2, wat aandui dat die misbruik van verbode
     middels baie hoog is.                                                               (2)

 4.3 Wat is jou mening aangaande die invloed van negatiewe portuurdruk vir die
     jeug en hul ouers?                                                                  (2)

 4.4 Noem TWEE opbouende aktiwiteite waarmee tieners hul kan besig hou om
     selfvernietiging te voorkom.                                                        (2)

 4.5 Gee EEN gevolg van onbeheerbare/swak gedrag.                                        (1)

 4.6 Definieer portuurdruk.                                                              (1)

### Page 6

6   LEWENSORIËNTERING   (JUNIE 2010)

### Page 7

(JUNIE 2010)                            LEWENSORIËNTERING                                   7

 4.7 Voltooi die volgende gesegdes/uitdrukkings. Skryf slegs die ontbrekende
     woorde neer.

        (a) .... die bed wat jy vir jouself maak.
        (b) “Jy …. wat jy saai”                                                       (1)

 4.8 Kies die regte woord in hakies:

        Die laaste twee sinne (paragraaf 3) moedig tieners aan om (aggressief,
        selfgeldend, onderdanig) te wees.                                             (1)
                                                                                     [13]

 VRAAG 5

 ŉ Plaaslike primêre skool het ŉ uitnodiging aan jou gerig om die Graad 7 leerders
 toe te spreek oor dwelmmisbruik. Skryf ŉ ingrypende toespraak, nie meer as 15
 lyne, vir die teiken groep. Hieronder is ŉ voorgestelde formaat.

 Paragraaf 1 – Inleiding – Verduidelik wat dwelmmisbruik is.
                           Watter tekens en simptome is opmerkbaar by iemand
 wie                       dwelms misbruik.

 Paragraaf 2 – Inhoud – Wat is die oorsake?
                        Wat is die uitwerking en die gevolge van dwelmmisbruik?

 Paragraaf 3 – Toepassing – Hoe om die versoeking te weerstaan, die gewoonte af
 te
                            leer en waar om aan te klop om hulp.                [15]

### Page 8

8                               LEWENSORIËNTERING                                    (JUNIE 2010)

VRAAG 6

Lees die onderstaande gevallestudies en beantwoord die vrae wat daarop volg.

                                GESONDHEIDSPRAATJIE

1.   Carol is al vir die afgelope twee jaar MIV-positief. Sy voel verontreg en
     ontsteld omdat die meerderheid lede van haar ondersteuningsgroep op ARV-
     behandeling is. Haar geneesheer verseker haar telkens dat sy ŉ normale
     CD4 telling het, en dus sonder ARV kan klaarkom. Die kliniek verskaf slegs
     antibiotika wat die algemene infeksies beheer. Sy ontvang soms kospakkies
     wat nie aldag voldoende is nie.

2.   Cecilia het ŉ groeisel in haar linkerbors. Nadat dit onder operasie verwyder is
     word daar van haar verwag om chemoterapie te ontvang. Sy is gefrustreerd
     en vrees dat sy in die proses sy hare sal verloor en sodoende oud/bejaard sal
     lyk.

3.   Deon het TB onderlêde en reageer nie op die behandeling nie. Sy
     geneesheer het hom meegedeel dat hy geen uitweg het nie as om in die
     plaaslike hospitaal opgeneem sal moet word nie. “Vir wat? Waarom mag ek
     nie my behandeling neem en slegs aanmeld vir gereelde ondersoeke, soos
     andere nie?”, het hy woedend gevra.

4.   Ivy en haar familie is woonagtig op ŉ plaas. Haar eggenoot het onlangs
     gesterf aan ŉ onbekende siekte. Ivy is egter baie siek, en so ook haar
     kinders, onderskeidelik 7, 5 en 2 jaar oud. Daar is geen kliniek of hospitaal
     naby die plaas nie. Die enigste dokter wie die plaas besoek sien slegs om na
     die blanke pasiënte. Vroue en kinders verlaat selde die plaas. Slegs die
     mans gaan vir maande weg om die plaasboer te help by sy
     konstruksiemaatskappy.

6.1 Skryf ARV uit in woorde.                                                             (1)

6.2 Waarom word Carol nie op ARV-behandeling geplaasdeur haar dokter nie?                (2)

6.3 Waarom sny (skeer) die meeste kanker pasiënte, wie chemoterapie ontvang
    hul hare af?                                                                         (2)

6.4 Gee TWEE redes waarom Deon se dokter hom in die hospitaal laat opneem.               (2)

6.5 Wie mag TB behandeling ontvang sonder om in ŉ hospitaal opgeneem te
    word?                                                                                (2)

6.6 Wat stel Ivy se geval voor, aangaande die dienslewering van
    gesondheidsdienste aan plase en afgeleë plekke?                                      (2)

### Page 9

(JUNIE 2010)                        LEWENSORIËNTERING                                         9

 6.7 Hoe kan die situasie/geval hanteer word en wat kan gedoen word om die
     situasie te verbeter?                                                              (2)

 6.8 Benoem die ‘onbekende siekte’ en verduidelik waarom die hele familie dit
     onderlêde het.                                                                     (2)
                                                                                       [15]

 VRAAG 7

 Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord dan die vrae wat daarop
 volg.

 ŉ Groep haweloses is op kamera opgeneem waar hulle op ŉ naby geleë
 stortingsterrein, rondkrap na afvalvoedsel.

 ŉ Jong dame, het ŉ baba seun by haar, vind ou klam verouderde brood, verskeie
 bottels koeldrank waarin verskeie miete binne en buitekant die bottels wriemel. Sy
 drink van een van die bottels en spoeg die insekte uit. Sy vertel die joernalis van
 twee spruite wie die vorige week dood is van die verrotte brood waarin pille,
 gemeng was. Die vrou verduidelik dat die storingsterrein haar enigste hoop op
 oorlewing is. Sy sê ook dat hulle versnaperings geniet soos vleis van karkasse
 van perde, honde, katte, slange en beeste.

 Hierdie stortingsterrein is slegs ŉ paar meter van die opslaan pondokke waarin
 inwoners van die informele nedersetting woonagtig is. Daar is geen elektrisiteit,
 sanitêre geriewe, of skoon water (afgesien dit waarvan hulle vanuit ŉ dam kry
 naby die stortingsterrein). ŉ Groep inwoners kla dat werkloosheid, geweld,
 wanvoeding en armoede hul mees algemene struikelblokke is. ŉ Afgematte man
 fluister, “Ons vergaan, daar is geen klinieke hier nie. Ek het nie eers geld om ŉ
 brood te koop nie”. Sommige kla van oorbevolking en leef in lekkende pondokke!
 Hulle beweer die Departement van Sosiale Ontwikkeling het R180 000 begroot het
 vir die opbouing van die gemeenskap.

 “Niks het daarvan gekom nie. Waar is die geld? Almal wys nou vingers na
 mekaar!”

 Die plaaslike munisipale verteenwoordiger, in antwoord, verduidelik dat hy geen
 kennis dra van die geld nie, omdat dit deur die Ontwikkelingskomitee behartig was.
 Die verteenwoordiger van die Departement van Sosiale Ontwikkeling erken dat
 bestuur versaak het om die saak te volg of die proses in die geheel te monitor.

                      [Uittreksel uit Cutting Edge: Donderdag, 2 April 2009, SABC
 1]

 7.1 Noem TWEE siektes wat algemeen in hierdie gebied kan voorkom.                      (2)

 7.2 Noem en verduidelik enige vorme van misdaad wat as gevolg van die
     oorbevolking en dwelmmisbruik beïnvloed word.                                      (2)

### Page 10

10   LEWENSORIËNTERING   (JUNIE 2010)

### Page 11

(JUNIE 2010)                         LEWENSORIËNTERING                                         11

 7.3 Kinders van hierdie gemeenskap het nie ŉ keuse van ŉ dieet nie. Verduidelik.        (2)

 7.4 Noem enige van die menseregte wat in hierdie gemeenskap (in die uittreksel)
     geskend (oortree) word.                                                             (2)

 7.5 ŉ Goeie Samaritaan het fondse beskikbaar gestel om die
     lewensomstandighede van hierdie gemeente te verbeter. Watter
     tekortkominge (struikelblokke) moet voorkeur geniet en waarom?                      (2)
                                                                                        [10]

 VRAAG 8

 8.1                 LIGGAAMLIKE ONTWIKKELING EN BEWEGING

        Lees die onderstaande leesstuk. Vul die ontbrekende woorde in die oop
        spasies, vanuit die lys hieronder:

        (stadiger/suurstof en kos/hart en longe/fiksheid en stamina/draf en
        fietsry/ gereelde oefening/ 20 min drie keer)

        Sportspelers en gimnaste se liggame benodig spiersterkte, soepelheid,
        _________ a en __________ om fiks te wees. Fiksheid beteken dat die
        _____b___ en __c______ goed funksioneer en die spiere met ____d______
        en_____e_____ voorsien om te werk.

        Oefeninge soos swem, aërobies, _____f_______ en _______g___ laat jy
        dieper asemhaal en jou hart vinniger klop, en verbeter jou fiksheidsvlak. Dit
        is belangrik om minstens ___h_____, vir ____i____ per week te oefen. Ons
        hartklop is _______j______ wanneer ons fiks is.
                                                                                        (12)

 8.2 Noem TWEE veiligheidsmaatreëls wat in ag geneem moet word as ŉ
     kopstand gedoen word.                                                               (2)

 8.3 Dit is belangrik om oefeninge te doen. Gee VIER redes.                              (4)

 8.4 Noem TWEE interne organe wat ontwikkel word as jy draf.                             (2)
                                                                                        [20]

                                                                           TOTAAL: 100

## Related documents

- [4 June 2010 Life Orientation Gr 9 Memo Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-life-orientation-2010-june-common-memorandum-afrikaans/341f2ed3-a0ad-41b7-afab-ddd62a645e14) — Life Orientation · Memo · 2010 · Afr
- [LEWENSORIENT-QP-NOV 2010](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-life-orientation-2010-november-ec-question-paper/5e878630-3e17-4375-98e1-47ebd2d7caa6) — Life Orientation · QP · 2010
- [Life Orientation-QP-ENG-NOV 2010](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-life-orientation-2010-november-ec-question-paper/a3d433ca-2231-4a63-b219-8d09e482b795) — Life Orientation · QP · 2010 · Eng
- [LEWENSORIENT-GRD 9 MEMO-NOV 2010](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-life-orientation-2010-november-ec-memorandum/49bc1486-7ba3-4a56-9ceb-e7ffb5947a4b) — Life Orientation · Memo · 2010
- [Life Orientation-GRD 9 MEMO-ENG-NOV 2010](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-life-orientation-2010-november-ec-memorandum/c1e20421-aa64-45d1-86b9-090a0da786f8) — Life Orientation · Memo · 2010 · Eng
- [LIFE ORIENTATION-GR9 2012-QP-AFR](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-gr9-2012-qp-afr/9e9da08a-2560-4502-b44e-67195e9b7c67) — Life Orientation · QP · 2012 · Afr

## More from Grade 9 Life Orientation

- [LIFE ORIENTATION MEMO GR9 NOV 2015 AFR](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-memo-gr9-nov-2015-afr/fba8fc4e-114a-46a2-a350-51bf52af41c0) — Memo · 2016 · Afr
- [LIFE ORIENTATION MEMO GR9 NOV 2015 ENG](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-memo-gr9-nov-2015-eng/29d096ae-e233-48cb-9813-25f8fa21ef2d) — Memo · 2016 · Eng
- [LO GR 9 MEMO NOV2014 AFR](https://www.hlayiso.com/library/lo-gr-9-memo-nov2014-afr/7921762c-59c3-43c4-9d2c-976a4b7b5057) — Memo · 2014 · Afr
- [LO GR 9 MEMO NOV2014 ENG](https://www.hlayiso.com/library/lo-gr-9-memo-nov2014-eng/ca2fd025-1771-4a95-a2dd-7b3f8d1e369f) — Memo · 2014 · Eng
- [LIFE ORIENTATION-GR9 2013-MEMO-ENG](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-gr9-2013-memo-eng/02214ed2-cedb-4ca4-997d-5f9c5cf1e0e0) — Memo · 2013 · Eng
- [LEWENSTORIENTERING GR9 2013-MEMO AFR](https://www.hlayiso.com/library/lewenstorientering-gr9-2013-memo-afr/973cb196-a9ed-4358-87f5-e9affb1d59dd) — Memo · 2013 · Afr

## Collection

- [Grade 9 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-9/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
