# Natural Sciences Grade 9 November EC 2010 Question Paper

> Grade 9 Natural Sciences question paper from the November EC 2010, 13 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-9-natural-sciences-2010-november-ec-question-paper/e485bd50-b124-43c5-930c-fc52e95229f2
- Updated: 2026-10-29
- Subject: Natural Sciences
- Grade: Grade 9
- Document type: Question paper
- Year: 2010
- Exam period: November EC
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 9](https://www.hlayiso.com/library/grade-9) › [Natural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-9/natural-sciences) › [Natural Sciences Grade 9 November EC 2010 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-natural-sciences-2010-november-ec-question-paper/e485bd50-b124-43c5-930c-fc52e95229f2)

## About this document

Natural Sciences · Grade 9 · November EC · 2010. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Province of the
              EASTERN CAPE
              EDUCATION

                           SENIOR FASE

                            GRAAD 9

                      NOVEMBER 2010

             NATUURLIKE WETENSKAPPE

PUNTE: 100

TYD: 2 uur

                   Hierdie vraestel bestaan 13 bladsye.

### Page 2

2                                 NATUURLIKE WETENSKAPPE                    (NOVEMBER 2010)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Lees die vrae noukeurig voordat jy dit beantwoord.

2.   Beantwoord alle vrae.

3.   Alle vrae moet korrek genommer word, in ooreenstemming met die vraestel.

4.   Skryf netjies en leesbaar.

### Page 3

(NOVEMBER 2010)                      NATUURLIKE WETENSKAPPE                                  3
 VRAAG 1
 Verskillende moontlikhede word as antwoorde vir die onderstaande vrae voorgestel.
 Kies die korrekte antwoord en skryf die slegs die gepaste LETTER langsaan die
 vraagnommer.
 1.1 Van watter bron kry dierselle hul voedsel?
 A.    Bloed
 B.    Suurstof
 C.    Ander selle
 D.    Koolstofdioksied                                                                    (1)
 1.2 Waarom is suurstof so belangrik vir die bloed en die selle?
 A.    Suurstof help die bloed om klonte te vorm.
 B.    Suurstof neem voedsel na die selle.
 C.    Suurstof is noodsaaklik vir selgroei en energie.
 D.    Suurstof is nie belangrik nie; koolstofdioksied is die belangrikste middel in die
       liggaam.                                                                            (1)
 1.3 Die draai van die aarde om sy eie as eenkeer binne 24 uur veroorsaak …
 A.    dag en nag.
 B.    weerverandering.
 C.    verduistering van die maan.
 D.    sonsverduistering.                                                                  (1)
 1.4 ŉ Instrument om reënval te meet word die … genoem.
 A.    reënmeter
 B.    manometer
 C.    barometer
 D.    termometer                                                                          (1)
 1.5 Watter van die volgende kenmerke is op sure van toepassing?
 A.    Dit smaak bitter.
 B.    Dit maak blou lakmoes rooi.
 C.    Dit voel seperig en los in water op.
 D.    Dit het ŉ pH van 9.                                                                 (1)
 1.6 Wanneer ŉ stof met suurstof reageer word die volgende gevorm:
 A.    Oksied
 B.    Water
 C.    Sulfaat
 D.    Karbonaat                                                                           (1)
 1.7 Roes is die reaksie van yster met …
 A.    suurstof in water.
 B.    ŉ suur.
 C.    waterstof in water.
 D.    metaaloksiede.                                                                      (1)

### Page 4

4                                     NATUURLIKE WETENSKAPPE                        (NOVEMBER 2010)

1.8 ŉ Atoom is elektries neutraal, wanneer …
A.     dit ŉ gelyke aantal protone en elektrone het.
B.     protone beweeg.
C.     elektrone in wentelbane beweeg.
D.     dit ŉ gelyke aantal neutrone en protone het.                                             (1)
1.9 Verbranding behels die reaksie van ŉ stof met …
A.     water.
B      hout.
C.     suurstof.
D.     koper.                                                                                   (1)
1.10    Die hooffunksie van die rooibloedliggaampies in die bloed is om …
A.     klonte in bloed te vorm.
B.     siektes te beveg.
C.     suurstof na die liggaam se selle te neem.
D.     koolstofdioksied na die liggaam se selle te vervoer en wegneem van suurstof
       vanaf die selle.                                                                       (1)
                                                                                             [10]
VRAAG 2
2.1 Pas elk van die beskrywings in KOLOM A wat die beste by die term in KOLOM B
    pas. Skryf die vraagnommer met die letter van die korrekte antwoord langsaan
    neer.
        KOLOM A                                                               KOLOM B
2.1     Die vermoë van diere om saam met hul omgewing te smelt.               A. Resistor
2.2     Die eenheid van energie.                                              B. Half-geleier
2.3     ŉ Meganisme wat die vloei van elektrone vertraag.                     C. Skakelaar
2.4     ŉ Stof wat, wanneer dit met ŉ ander stof gekombineer word, in ŉ       D. Aanpassing
        geleier of insulator verander kan word.
2.5     Die vloei van elektrone van een gebied na ŉ ander.                    E. Joule
2.6     Die meganisme wat die oop- en toemaak van ŉ elektriese stroom         F. Kamoefleer
        beheer.
2.7     ŉ Deeltjie wat los in ŉ wentelbaan rondom die nukleus van die         G. Elektriese
        atoom gehou word.                                                        lading
2.8     Die potensiaal van elektrone of protone om mekaar aan te trek.        H. Insulator/Nie-
                                                                                 geleier
2.9     Omskep alternatiewe elektriese stroom na direkte elektriese           I. Watt
        stroom.
2.10    ŉ Materiaal wat nie elektrisiteit toelaat om deur dit te vloei nie.   J. Elektriese
                                                                                 stroom
                                                                              K. Elektron
                                                                              L. AS-
                                                                                 kragaanpasser
                                                                              M. Geleier
                                                                                  (10 x 1) [10]

### Page 5

(NOVEMBER 2010)                        NATUURLIKE WETENSKAPPE                             5

 VRAAG 3          Lewe en Lewende Dinge

 Bestudeer die onderstaande diagramme en beantwoord die vrae wat volg:

                  A.

        1

                                                                                  5

                                                                                  4

         2                                                                  3

                  B.

 3.1 Identifiseer die selle A en B.                                                     (2)

 3.2 Voorsien die byskrifte genommer 1 – 5.                                             (5)

 3.3 Verduidelik die funksies van die dele genommer 2 en 5.                             (2)
                                                                                        [9]

 VRAAG 4          Leef en om te Lewe

 Bestudeer die onderstaande tabel wat die persentasie van koolhidrate-, proteïene- en
 vetinhoud van vier verskillende kossoorte en beantwoord die vrae wat volg.

                                % Samestelling
       Voedsel           Koolhidrate  Proteïne         Vet       Ander
       Brood                 47          10             3         40
       Botter                 0           1            82         17
       Vis                    8          20            10         62
       Gebraaide rys         37           4            19         40

 4.1 Watter kos, as dit in ewe veel hoeveelhede geëet word, sal die meeste energie
     verskaf?                                                                           (1)

 4.2 Watter kos is die beste om die liggaam mee te bou?                                 (1)

### Page 6

6                                   NATUURLIKE WETENSKAPPE                          (NOVEMBER 2010)

4.3 Voltooi ŉ staafgrafiek om die persentasie van voedingstowwe van die vier
    kossoorte voor te stel.

     Gebruik die grafiekblad wat voorsien is. (Aanhegsel 1)
     Voorsien die grafiek van:
                ŉ Sleutel wat die kossoorte verteenwoordig
                ŉ Gepaste opskrif                                                            (7)

4.4 Noem enige TWEE voedingstowwe wat by die kolom genaamd “Ander” ingesluit
    kan word.                                                                                 (2)

4.5 Sal jy hierdie kosse by jou dieet voeg? Verduidelik jou antwoord.                         (3)
                                                                                             [14]
VRAAG 5       Energie en Verandering

Onderaan is ŉ lys met gasse. Bestudeer die name van hierdie gasse en verbind die
gas met een van die onderstaande funksies.

Suurstof (O2), Koolstofdioksied (CO2), Stikstof (N2), Chloor (Cl2), Fluoor (F), Neon (Ne),
Helium (He)

5.1 Om ŉ vuur te blus                                                                         (1)

5.2 In ŉ warm lugballon                                                                       (1)

5.3 Wanneer ŉ persoon sukkel om asem te haal                                                  (1)

5.4 In skoonmaakmiddels                                                                       (1)

5.5 In plante om voedsel te maak                                                              (1)
                                                                                              [5]
VRAAG 6       Materie en Materiaal

ŉ Graad 9-leerder neem ŉ beker met ys en plaas ŉ termometer daarin om die
temperatuur vas te stel en aan te teken. Die beker word verhit en die temperatuur word
na elke 2 minute aangeteken.

Hieronder is hoe die leerder inligting oor die temperatuur in die tabel aangeteken het:

           Tyd in minute      Temperatuur in °C
                  0                  0
                  2                  4
                  4                  15
                  6                  35
                  8                  57
                 10                  76
                 12                 100

### Page 7

(NOVEMBER 2010)                      NATUURLIKE WETENSKAPPE                                   7

 6.1 Teken ŉ lyndiagram om die inligting op die tabel voor te stel.
     Gebruik die aangehegte grafiekblad. (Aanhegsel 2)                                      (5)

 6.2 Teken op jou grafiek aan waar die volgende plaasgevind het:

       freezing, melting, boiling.                                                          (3)

 6.3 Veronderstel jou klasmaats het besluit dat hulle ŉ bottel koeldrank vinnig wil laat
     afkoel. Hulle plaas dit in ŉ vrieskas en vergeet daarvan. Na ses ure ontdek hulle
     dat die bottel in stukkies gebreek het.

       Verduidelik, met redes, wat gebeur het.                                              (2)

 6.4 5 g koeldrank beslaan ŉ volume van 4cm3. Bereken die digtheid.
     (Gebruik die formule: Digtheid = massa ÷ volume)                                       (2)
                                                                                           [12]

 VRAAG 7             Materie en Materiaal

 Voltooi die onderstaande reaksies en vergelykings en balanseer waar nodig. Die
 algemene reaksie van ŉ suur met ŉ karbonaat is:

                             Suur + Karbonaat → Sout + Gas

       Vul die ontbrekende antwoorde (a – e) in.

 7.1 Soutsuur + Kalsiumkarbonaat → Kalsiumchloried +....(a).... + ...(b)...                 (2)

 7.2 ...(c)...+ CaCO3 → CaCl2 + ...(d)...+ ...(e)...                                        (3)

 7.3 Die algemene reaksie van ŉ suur met ŉ metaaloksied is:

       Suur + metaaloksied → sout + water

       As Swawelsuur by Koper(II)oksied gevoeg word, sal die reaksie as volg wees:

       Vul die ontbrekende antwoorde (f – h) in hieronder.

       Swawelsuur + Koper(II)oksied → Kopersulfaat + ...(f)...                              (1)

 7.4 H2SO4 + ...(g)... → ...(h)... + H2O                                                    (2)

 7.5 Die volgende is die reaksie tussen ŉ verdunde suur en ŉ hidroksied.

       Vul die ontbrekende antwoorde(i – j) in:

       Natriumhidroksied + soutsuur → ...(i)...+ ...(j)...                                  (2)
                                                                                           [10]

### Page 8

8                                  NATUURLIKE WETENSKAPPE                       (NOVEMBER 2010)

VRAAG 8            Energie en Verandering

Bestudeer die onderstaande diagram en beantwoord die vrae wat volg:

                                   9V

                                    6V                         3V

                                   V                         V
                      2A

                    A
8.1 Bereken die weerstand van Resistor 1 en Resistor 2 in die diagram hierbo.

     Gebruik die formule:
                  Volt         V
     Weerstand =        OF R =
                 Stroom        I
                                                                                          (3)

8.2 Daar is sekere faktore wat die weerstand van ŉ metaal-geleier beïnvloed. Noem
    TWEE van hierdie faktore.                                                             (2)
                                                                                          [5]

### Page 9

(NOVEMBER 2010)                     NATUURLIKE WETENSKAPPE                                  9

 VRAAG 9            Materie en materiaal

 Bestudeer die onderstaande eksperiment en beantwoord die vrae wat volg.

                                              termometer

                                             37 °C

                    Glukose                                    gasborrels
                   oplossing +
                       gis                                     kalkwater

 9.1    Hierdie eksperiment is vir 2 dae so gelaat. Watter stof sal nou vrygestel word?   (1)

 9.2    Hoe sal jy hierdie gas toets?                                                     (2)

 9.3    Noem die belangrikheid van hierdie gas in die lewe van ŉ plant.                   (2)
                                                                                          [5]

### Page 10

10                                  NATUURLIKE WETENSKAPPE                            (NOVEMBER 2010)

VRAAG 10           Die Wêreld en Verder

Lees die onderstaande leesstuk en beantwoord die vrae wat volg.

Mynbou is die uitgrawe van waardevolle minerale of ander geologiese materiaal uit die
aarde, gewoonlik uit ŉ ertsliggaam of ŉ soom. Die aard van mynprosesse skep ŉ
potensieel negatiewe uitwerking op die omgewing beide gedurende die
mynbedrywighede en vir jare nadat die myn gesluit is. Hierdie uitwerkings het daartoe
gelei dat die meeste nasies in die wêreld regulasies wat hierdie negatiewe uitwerking
kon hok slaan aangeneem het. Veiligheid was lank ŉ kopseer, alhoewel moderne
praktyke veiligheid in myne betekenisvol verbeter het. Omgewingskwessies kan insluit:
erosie, sinkgat-formasie, verlies aan biodiversiteit, die besoedeling van grond,
grondwater en oppervlakwater deur chemikalieë, wat deur mynprosesse veroorsaak
word. In sommige gevalle word bome afgekap om plek te maak vir die stoor van puin
en grond naby die myne. Besoedeling afkomstig van die lekkasie van chemikalieë kan
die gesondheid van die plaaslike bevolking beïnvloed as dit nie noukeurig beheer word
nie.

Daar is baie soorte ystererts-neerslae. Dit is magnetiet, massiewe hematiete en
pisolistiese ysterklip neerslae. Hematiet ystererts neerslae word huidiglik op alle
vastelande ontgin.

Ystererts bevat suurstof en yster-atome wat saamgeflans in een molekule. Om dit na
metaalagtige yster om te skakel, moet dit gesmelt word, of deur ŉ direkte
verminderingproses om suurstof te verwyder. Suurstof-yster bande is sterk, en om die
suurstof van die yster te skei, moet ŉ sterker elementale band aangebied word om aan
die suurstof gebind te word. Koolstof word gebruik omdat die sterkte van ŉ koolstof-
suurstof band teen hoë temperature groter is as die band van die yster-suurstof band.

10.1   Noem TWEE soorte ystererts waarvan yster metaal verkry word.                             (2)

10.2   Beskryf die ekonomiese belangrikheid van mynbou.                                         (5)

10.3   Beskryf die negatiewe gevolge van mynbou op die omgewing.                                (5)
                                                                                               [12]

### Page 11

(NOVEMBER 2010)                    NATUURLIKE WETENSKAPPE                                    11

 VRAAG 11          Energie en Verandering

 Lees die kort uittreksel uit die The Eastern Province Herald en beantwoord die vrae wat
 volg. (Herald; Maandag 08 Februarie 2010)

 Maandag 08 Februarie 2010
 WETENSKAPLIKES VREES DIE BEDREIGING VAN DIE YSBEER SE BESTAAN
 Washington (VSA) – Die ys in Antarktika en die Noordpool is besig om teen ŉ
 geweldige snelheid te smelt as gevolg van hoë temperature veroorsaak deur die
 uitskeiding van koolstofdioksied en ander kweekhuisgasse in die atmosfeer.
 Wetenskaplikes het hul besorgdheid oor die moontlike uitwissing van een van die
 wêreld se mees bekende en asemrowende skeppinge, die ysbeer uitgespreek ...

 11.1   Wat word hierdie verskynsel in die uittreksel genoem?                              (1)

 11.2   Watter ander verpletterende gevolge kan hierdie verskynsel, behalwe vir die
        uitwissing van spesies, op ons omgewing hê?                                        (4)

 11.3   Stel maniere voor om die planeet van hierdie probleem te red.                      (3)
                                                                                           [8]

                                                                              TOTAAL:      100

### Page 12

12                        NATUURLIKE WETENSKAPPE        (NOVEMBER 2010)

 AANHEGSEL 1

 NAAM:    _____________________________________    Gr: ____

### Page 13

(NOVEMBER 2010)                   NATUURLIKE WETENSKAPPE              13

 AANHEGSEL 2

 NAAM:            _____________________________________    Gr: ____

## Related documents

- [Gr 9 QPEng NS - 2010](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-natural-sciences-2010-november-ec-question-paper/fb15b120-7947-46fd-a289-90b4ac5aee4f) — Natural Sciences · QP · 2010
- [Gr 9 MEMOAfr NS - 2010](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-natural-sciences-2010-november-ec-memorandum/d432af8f-0974-46f5-8b38-b6d4e4a85425) — Natural Sciences · Memo · 2010
- [Gr 9 MEMOEng NS - 2010](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-natural-sciences-2010-november-ec-memorandum/0b3afeda-99fb-4efc-9071-a9bfa7945302) — Natural Sciences · Memo · 2010
- [Gr 9-NS-(Eng)-QP](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-natural-sciences-2010-june-common-question-paper/0173a23a-0f01-4166-a72c-56159d041186) — Natural Sciences · QP · 2010 · Eng
- [Gr 9-NS-(afr)-QP](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-natural-sciences-2010-june-common-question-paper/3a195ed7-3d56-404e-88d8-284f648c146d) — Natural Sciences · QP · 2010 · Afr
- [NATURAL SC GR9 QP NOV2016 ENG](https://www.hlayiso.com/library/natural-sc-gr9-qp-nov2016-eng/941b0d9a-212a-4bce-b07e-bdc4cd49b7ae) — Natural Sciences · QP · 2016 · Eng

## More from Grade 9 Natural Sciences

- [CAPS SP NATURAL SCIENCES GR 7-9 WEB](https://www.hlayiso.com/library/caps-sp-natural-sciences-gr-7-9-web/2a288109-09f9-496d-bbe5-5c0490d3bf2f) — CAPS · Eng
- [Grade 9 Natural Sciences November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-natural-sciences-2026-november-mock-exam-memorandum/15e7fa56-78c1-400e-80fd-a2c43f34b162) — Memo · 2026 · Eng
- [Gr 9 NS (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-ns-afrikaans-june-2024-possible-answers/2c41d124-6fd7-4816-8c4c-71aaf5fc6b41) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 9 NS (English) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-ns-english-june-2024-possible-answers/7c82b136-933b-449d-a6ec-0f4de4e6d8e4) — Memo · 2024 · Eng
- [10 JUNE S2 NW 9 NS MG JUNE 24](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-natural-sciences-2024-north-west-june-exam-question-paper/bb46aadd-6c45-4f2b-83a0-0045170e2105) — Memo · 2024
- [FS Natural Sciences Grade 9 June 2023 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-natural-sciences-2023-free-state-june-exam-question-paper-and-memorandum/38de93c6-eacb-4b5a-af4d-5e7031a2a92b) — QP + Memo · 2023

## Collection

- [Grade 9 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-9/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
