# Natural Sciences Grade 9 P1 Eastern Cape November 2019 QP

> Grade 9 Natural Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape November Exam 2019 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-9-natural-sciences-2019-eastern-cape-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/53ee5d90-b7ba-4a28-8c9d-33eaca5c069d
- Updated: 2026-10-29
- Subject: Natural Sciences
- Grade: Grade 9
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: Eastern Cape November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 9](https://www.hlayiso.com/library/grade-9) › [Natural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-9/natural-sciences) › [Natural Sciences Grade 9 P1 Eastern Cape November 2019 QP](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-natural-sciences-2019-eastern-cape-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/53ee5d90-b7ba-4a28-8c9d-33eaca5c069d)

## About this document

Natural Sciences · Grade 9 · Eastern Cape November Exam · 2019 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                     PROVINSIALE EKSAMEN
                            2015
                          GRAAD 9

                     NATUURWETENSKAPPE

TYD: 2 uur
PUNTE: 80

9 bladsye

                                                  b.o.

### Page 2

NATUURWETENSKAPPE                           2

                       GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                                  PROVINSIALE EKSAMEN

                                                             NATUURWETENSKAPPE

                                                             Tyd: 2 uur
                                                             Punte: 80

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B gebaseer op die voorgeskrewe
     inhoudsraamwerk in die KABV-dokument.

2.   Hierdie eksamenvraestel bestaan uit SEWE vrae.

3.   Beantwoord AL die vrae.

4.   Volg die instruksies en die nommering van elke vraag.

5.   Alle sketse/diagramme moet in potlood geteken word en byskrifte in blou of swart ink
     geskryf word.

6.   Nie-programmeerbare sakrekenaars, gradeboë en passers mag gebruik word.

7.   Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                                b.o.

### Page 3

NATUURWETENSKAPPE                     3

AFDELING A

VRAAG 1

MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Vier keuses word voorsien as moontlike antwoorde op die volgende vrae. Kies die
korrekte antwoord by elke nommer en skryf slegs die simbool (A, B, C of D) van die
korrekte keuse langs die vraagnommer (1.1–1.6) in jou antwoordboek neer.

1.1     Die aantrekkingskrag na die middelpunt van die aarde

        A     Gravitasiekrag
        B     Magnetiese krag
        C     Toegepaste krag
        D     Wrywingskrag                                                            (2)

1.2     Hierdie gas beslaan 21 % van die atmosfeer en is noodsaaklik vir lewende
        organismes.

        A     Osoon
        B     Waterstof
        C     Suurstof
        D     Koolstofdioksied                                                        (2)

1.3     Die drie hoofkategorieë gesteentes wat uit gesmelte rots gevorm word, in
        volgorde is ...

        A     Metamorfies, sedimentêr, stollings, magma.
        B     Sedimentêr, metamorfies, magma, stollings.
        C     Stollings, magma, metamorfies, sedimenêr.
        D     Magma, stollings, sedimentêr, metamorfies.                              (2)

1.4     ŉ Gas wat in die atmosfeer voorkom wat tot globale verwarring bydra, is ...

        A     osoon
        B     waterstof
        C     suurstof
        D     koolstofdioksied                                                        (2)

                                                                                          b.o.

### Page 4

NATUURWETENSKAPPE                        4

1.5   Indien ŉ stroombaan ŉ stroom van 6 ampére en ŉ weerstand van 3 ohm het,
      bereken die spanning.

      A     12 V
      B     18 V
      C     3V
      D     0.5 V                                                                     (2)

1.6   Daar is een gloeilamp in ŉ seriegeskakelde stroombaan. Indien nog ŉ gloeilamp
      in serie geskakel word, sal …

      A     die potensiaalverskil verlaag en die stroom verhoog.
      B     die potensiaalverskil verhoog en die stroom verlaag.
      C     die potensiaalverskil verlaag en die stroom verlaag.
      D     die potensiaalverskil verhoog en die stroom verhoog.                      (2)
                                                                                      (12)

                                                                                          b.o.

### Page 5

NATUURWETENSKAPPE                      5

VRAAG 2

TERMINOLOGIE

Skryf die korrekte wetenskaplike term vir elk van die volgende beskrywings neer. Skryf
slegs die term langs die vraagnommer (2.1–2.6) op die antwoordblad neer.

2.1    Wrywing, spanning en druk is voorbeelde van ... kragte.                           (1)

2.2    Die mengsel van suurstof, stikstof, koolstofdioksied en ander gasse               (1)

2.3    Die natuurlike verskynsel waartydens die atmosfeer genoegsaam verhit word om
       lewe te kan onderhou                                                         (1)

2.4    Tipe rots waaruit metaal ontgin kan word                                          (1)

2.5    ŉ Groep elektriese selle wat aanmekaar verbind word                               (1)

2.6    ŉ Komponent wat van materiaal vervaardig is waardeur stroom kan vloei             (1)
                                                                                         (6)

VRAAG 3

PAS KOLOM A BY KOLOM B

Kies ŉ term uit KOLOM B wat pas by die stelling in KOLOM A. Skryf slegs die antwoord
(A–H) langs die vraagnommer (3.1–3.6) op die antwoordblad neer, byvoorbeeld 3.7. K

                KOLOM A                                   KOLOM B
3.1 ŉ Instrument waarmee potensiaalverskil        A Nasionale netwerk
    gemeet word
                                                  B Planetêre Newels
3.2 Die sisteem bestaande uit kragstasies,
    generators, transformators en                 C Stollingsgesteentes
    transmissielyne
                                                  D Voltmeter
3.3 Die eenheid waarin elektriese
    stroomsterkte gemeet word                     E Ampère

3.4 Rots wat gevorm word uit lae sand, slik       F Sedimentêre gesteentes
    en klei
                                                  G Meteoriet
3.5 ŉ Soliede voorwerp vanuit die ruimte wat
    op die Aarde beland het                       H Ster

3.6 Gasse wat uit ŉ ster uitgedryf is en ŉ
    wolk om die ster te vorm
                                                                                 (6x1)=(6)
                                                                                    (6)
                                                                 TOTAAL AFDELING A: [24]
                                                                                             b.o.

### Page 6

NATUURWETENSKAPPE                         6

AFDELING B

VRAAG 4

Lees die volgende gevallestudie en antwoord dan die vrae wat volg.

                             Hoe yster uit ystererts ontgin word

Yster is een van die mees algemene, goedkoopste en belangrikste metale. Dit word in baie
strukture soos geboue, brûe en goedere soos metaalpale, motors, spykers en heinings gebruik.

Die onttrekking van yster uit ysteroksied is nie ŉ nuwe idee nie. Duisende jare gelede was baie
Suid-Afrikaanse mans metaalwerkers en het toe reeds yster uit ystererts ontgin.

Vandag behels die onttrekkingsproses die gebruik van enorme hoogoonde om die yster uit die
ystererts te ontgin.

Tydens die onttrekkingsproses word verskeie chemiese prosesse gebruik om die yster uit die
ystererts te ontgin.

Die onderstaande verwys na die stappe in die onttrekkingsproses.

1. Ystererts, kooks en kalksteen word van bo af in die hoogoond ingevoer. Kalksteen
   (kalsiumkarbonaat) ontbind teen hoë temperature binne-in die hoogoond om kalsiumoksied
   te vorm en koolstofdioksied ontsnap bo uit die hoogoond. Die kalsiumoksied reageer met
   die hoof onsuiwerheid in die erts, sand (silikoonoksied), om ŉ afvalstof, slak te vorm. Die
   slak sak af na die bodem van die hoogoond waar dit op die gesmelte yster dryf. Die slak
   word afgetap en word gebruik om onder andere sement mee te maak.

2. Warm lug word deur klein gaatjies in die hoogoond ingeblaas. Die warm lug veroorsaak
   vinnige verbranding van die koolstof in die kooks om ŉ gas, koolstofmonoksied te vorm. Die
   reaksie stel baie hitte vry en die temperatuur in die hoogoond bereik tot 2 000oC.

3. Die koolstofmonoksied reageer met die ysteroksied om yster en koolstofdioksied te vorm.
   Die koolstofdioksied ontsnap aan die bokant van die hoogoond uit.

4. Die yster word so warm dat dit in ŉ vloeibare vorm op die bodem van die hoogoond
   versamel.

5. Die gesmelte yster word onmiddellik gebruik om staal te vervaardig of dit word in vorms
   gegiet om af te koel en te stol.

4.1    Watter stowwe word in die hoogoond met die ystererts gemeng ?                        (2)

4.2    Noem die gas wat tydens die onttrekkingsproses vrygestel word.                       (1)

4.3    Waarom word hierdie oond ŉ hoogoond genoem.                                          (2)

4.4    Noem TWEE wyses waarop die ontginning van yster ŉ impak op die omgewing kan hê.
                                                                                            (4)

                                                                                               b.o.

### Page 7

NATUURWETENSKAPPE                       7

4.5      Uit watter deel van die aarde word minerale ontgin?                                 (1)

4.6      Gee TWEE voorbeelde van minerale wat in natuurlike vorm gebruik word.               (2)
                                                                                             (12)

VRAAG 5

Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vraag wat volg.

      Hoogte (km)          Temperatuur (oC)          Hoogte (km)        Temperatuur (oC)
           0                     15                      50                   -2
           5                    -19                      55                   -7
          10                    -49                      60                  -17
          15                    -56                      65                  -33
          20                    -56                      70                  -54
          25                    -51                      75                  -65
          30                    -44                      80                  -79
          35                    -37                      84                  -86
          40                    -22                      92                  -86
          45                     -8                      95                  -81
          48                     -2                     100                  -72

Gebruik die tabel om ŉ grafiek te trek wat wys hoe die temperatuur by verskillende
hoogtes verander. Gebruik ŉ horisontale skaal van 1 cm vir elke 10 oC op die horisontale-
as en 1 cm vir elke 5 km op die vertikale-as. Verbind die punte met ŉ egalige kurwe.
(Gebruik die rubriek as riglyn wanneer die grafiek getrek word).                          (15)

Rubriek

   Assesseringskriteria                              Punte toekenning
Korrekte tipe grafiek          1
Titel/opskrif vir grafiek      2
Korrekte beskrywing vir die    1
x-as: Temperatuur (oC)
Korrekte beskrywing vir y-     1
as: Hoogte (km)
Gepaste skaal vir x-as         1: Eenhede gepas; 1: Gelyke intervalle tussen
                                                    eenhede
Gepaste skaal vir y-as         1: Korrekte waardes; 1: Gelyke intervalle tussen
                                                      eenhede
Stip die punte                 3: Alle    2: Sommige 1: Slegs          0: Geen waardes
                               waardes waardes          een waarde korrek
                               korrek     korrek        korrek
Alle byskrifte korrek op       3: Alle    2: Sommige 1:Slegs een 0: Geen byskrif is
grafiek ingevul soos bv.       byskrifte byskrifte is byskrif is       korrek aangedui nie
termosfeer, mesosfeer,         korrek     korrek        korrek
stratosfeer, troposfeer,       aangedui aangedui
osoon
                                                                                             (15)

                                                                                                 b.o.

### Page 8

NATUURWETENSKAPPE                         8

VRAAG 6

Bestudeer die onderstaande stroombaandiagram en beantwoord die vrae wat volg.

                                                  V1
                                                  9V

                                                                        A1
                                                                        6
                                                                        A
                                                  V2

                                                       A
                                 S1                             A2
                                                                2
                                                                A

                                  S2                   B
                                                                A3

                                                  V3

6.1    6.1.1   Wat is die waarde van V2 en V3 ?                                             (1)

       6.1.2   Indien die skakelaar S2 oop is, wat sal die lesing op A 2 wees? Gee ŉ rede
               vir jou antwoord.                                                            (2)

       6.1.3   Watter gloeilamp, A of B, het die hoogste weerstand? Verduidelik jou
               antwoord.                                                            (3)

       6.1.4   Bereken die weerstand van gloeilamp A en gloeilamp B.                        (6)

6.2    Om ŉ koppie koffie te maak, word water vir 2 minute gekook in ŉ 2 000 W ketel.

       6.2.1   Bereken die totale energie verbruik tydens die twee minute.                  (2)

       6.2.2   Bereken die koste van die totale verbruik, indien die prys per eenheid
               120c is.                                                                     (5)
                                                                                            (19)
                                                                                                b.o.

### Page 9

NATUURWETENSKAPPE                        9

VRAAG 7

Bestudeer die onderstaande diagram wat ŉ nat sel voorstel en antwoord dan die vrae wat volg.

                                         Suurlemoensel

             Koperplaat
                                                                      geleier

            skuifspeld

7.1   Wat is die spesifieke wetenskaplike naam vir ŉ sel/battery?                         (2)

7.2   Beskryf die funksie van die gloeilamp in hierdie ondersoek.                         (2)

7.3   Noem die tipe reaksie wat by die koper elektrode sal plaasvinid.                    (1)

7.4   Beskryf die algemene beginsel waarop batterye werk.                                 (3)

7.5   Definieer die term elektroliet.                                                     (2)
                                                                                          (10)

                                                                    TOTAAL AFDELING B:    [56]

                                                                                TOTAAL:       80

                                            EINDE

## Related documents

- [Grade 9 Afrikaans NS Test](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-ns-test/a36f5835-c4cc-498c-94fd-08df58a57ff5) — Natural Sciences · QP · 2022 · Afr
- [GR9 NATURAL SC (Afrikaans) June 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr9-natural-sc-afrikaans-june-2018-question-paper/370e2da6-b495-49d2-af8c-e705d15033d1) — Natural Sciences · QP · 2018 · Afr
- [GR9 NATURAL SC Afrikaans November 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr9-natural-sc-afrikaans-november-2017-question-paper/b0d5c8d8-4517-4edd-b2c8-601fdc964215) — Natural Sciences · QP · 2017 · Afr
- [GR9 NATURAL SC (Afrikaans) November 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr9-natural-sc-afrikaans-november-2016-question-paper/a3a1855b-9de4-4bd4-9504-48990b4d997a) — Natural Sciences · QP · 2016 · Afr
- [NATURAL SC GR9 QP NOV2016 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/natural-sc-gr9-qp-nov2016-afrikaans/da02c009-2416-4e33-bf54-107b5c46e7ce) — Natural Sciences · QP · 2016 · Afr
- [Gr 9 NS (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-ns-afrikaans-june-2024-possible-answers/2c41d124-6fd7-4816-8c4c-71aaf5fc6b41) — Natural Sciences · Memo · 2024 · Afr

## More from Grade 9 Natural Sciences

- [10 JUNE S2 NW 9 NS MG JUNE 24](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-natural-sciences-2024-north-west-june-exam-question-paper/bb46aadd-6c45-4f2b-83a0-0045170e2105) — Memo · 2024
- [FS Natural Sciences Grade 9 June 2023 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-natural-sciences-2023-free-state-june-exam-question-paper-and-memorandum/38de93c6-eacb-4b5a-af4d-5e7031a2a92b) — QP + Memo · 2023
- [FS Natural Sciences Grade 9 November 2023 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-natural-sciences-2023-free-state-november-exam-question-paper-and-memorandum/5eafc8e8-9033-4343-a887-c1a6a26da975) — QP + Memo · 2023
- [Gr 9 NS (Afrikaans) June 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-ns-afrikaans-june-2023-possible-answers/f388cdff-f78e-450e-b6b4-0b0f6b2c697a) — Memo · 2023 · Afr
- [Gr 9 Natural Sciences (Afrikaans) 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-natural-sciences-afrikaans-2023-possible-answers/d287fe6a-2917-46ba-93b9-10159c6eba5f) — Memo · 2023 · Afr
- [NS Memo Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/ns-memo-afrikaans/584e0ed0-0676-41d7-977b-2f47d73b3456) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 9 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-9/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
