# Social Sciences Grade 9 June Common 2010 QP (Afr)

> Grade 9 Social Sciences question paper from the June Common 2010 (Afrikaans), 12 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-9-social-sciences-2010-june-common-question-paper-afrikaans/9d1ee388-add1-4186-9f34-79fd53e14024
- Updated: 2026-10-30
- Subject: Social Sciences
- Grade: Grade 9
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2010
- Exam period: June Common
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 9](https://www.hlayiso.com/library/grade-9) › [Social Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-9/social-sciences) › [Social Sciences Grade 9 June Common 2010 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-social-sciences-2010-june-common-question-paper-afrikaans/9d1ee388-add1-4186-9f34-79fd53e14024)

## About this document

Social Sciences · Grade 9 · June Common · 2010 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Province of the
             EASTERN CAPE
             EDUCATION

                          SENIOR FASE

                           GRAAD 9

                          JUNIE 2010

                    SOSIALE STUDIES

PUNTE: 100

TYD: 2 uur

                 Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.

### Page 2

2                                  SOSIALE STUDIES                                  (JUNIE 2010)

INSTRUKSIES AAN KANDIDATE

   Kandidate moet alle vrae beantwoord.
   Lees alle bronne en uittreksels in die vraestel sorgvuldig deur.
   Maak seker dat jy verstaan wat die vraag van jou verwag, voordat jy dit begin
    beantwoord.
   Volg stappe versigtig wanneer vrae beantwoord word.
   Nommer jou vrae op presies dieselfde wyse soos op die vraestel.
   Moenie antwoorde van verskillende vrae meng nie.

KAART LEES ANALISE

Om VRAAG 1 en 2 te beantwoord, moet leerders verwys na die kaart uittreksel
2527DD/2528CC van Diepsloot wat voorsien word.

Benodighede:

Liniaal, potlood, gradeboog, sakrekenaar, stukkie tou of verdeelpasser.

### Page 3

(JUNIE 2010)                            SOSIALE STUDIES                                  3

 VRAAG 1

 Verwys na Bron A1 (Topografiese Kaart van Diepsloot) om die vrae wat volg te
 beantwoord.

 1.1 Kyk na die titel van die kaart, in besonder die kaart verwysing
     2527DD/2528CC. Gee die ruitnet verwysing van Diepsloot deur die
     breedtelyne en lengtelyne te gebruik. Jou ruitnet beskrywing moet akkuraat
     wees.                                                                         (4)

 1.2 Bereken die area wat gedek word deur die kaart van Diepsloot – dui alle
     berekeninge aan.
         NB: Die formule is:     Area L x B = L × B
                                               2 2                                 (2)

 1.3 Kyk na die skaal van die kaart, 1: 50 000; dit verteenwoordig ŉ verhouding
     skaal. Verander die skaal en skryf dit in:

        1.3.1   ŉ woordskaal en,                                                   (2)

        1.3.2   ŉ lynskaal in meters.                                              (2)

 1.4 Voltooi die volgende sin: Hoogte op ŉ kaart verwys na hoogte bo ...           (1)

 1.5 Identifiseer TWEE maniere waarop hoogte aangedui word in blok C6.             (2)

 1.6 Konvensionele simbole word gekategoriseer as lyn-, area- of punt simbole.
     Identifiseer die volgende simbole:

        1.6.1   Lyn simbool in A1,                                                 (1)
        1.6.2   Punt simbool in A6.                                                (1)
                                                                                  [15]

 VRAAG 2

 Verwys na Bron A1 en Bron A2 (Topografiese kaart en ortofoto kaarte van
 Diepsloot) om die volgende vrae te beantwoord.

 2.1 Gee die peiling van die punthoogte 1366 in D4 vanaf die trigonometriese
     baken nr. 101 in E3.                                                          (2)

 2.2 Bereken die afstand in kilometers van ŉ reguit lyn tussen P en Q op die
     ortofoto (Bron A2).                                                           (3)

 2.3 Jy ry vanaf Krugersdorp na Pretoria op die N14.
     Hoe lank sal dit neem indien jy 100 km/h ry? (Die afstand tussen die twee
     dorpe is 80 km.)
     NB: Tyd = Afstand/Spoed                                                       (3)

### Page 4

4                                  SOSIALE STUDIES                                (JUNIE 2010)

2.4 Skryf neer die koördinate van die trigonometriese baken Nr. 101 in E3.            (2)

2.5 Identifiseer die verskynsels genommer A, B en C op die ortofoto (Bron A2)
                                                                           (3 x
    1)                                                                                (3)

2.6 Identifiseer die aktiwiteite by G en H in Bron A2.                                (1)

2.7 Benoem die landvorm genommer P− Q in Bron A2.                                    (1)
                                                                                    [15]

VRAAG 3: APARTHEID IN SUID-AFRIKA.

Bestudeer die onderstaande bronne B, C en D sorgvuldig en beantwoord die vrae
wat volg.

### Page 5

(JUNIE 2010)                            SOSIALE STUDIES                                     5

 3.1 Gee ŉ kort verduideliking van die apartheidswet wat voorgestel word deur
     Bronne B, C en D. Verduideliking ook kortliks hoe elke wet die lewens van
     swart mense in Suid-Afrika beïnvloed het.                               (3 x
     5)                                                                              (15)

 3.2 Skryf ŉ kort verduideliking oor die belangrikheid van elk van die volgende as
     deel van die stryd teen apartheid:

        3.2.1   Die instel van die Burgerlike Ongehoorsaamheidsveldtog (Defiance
                Campaign).                                                            (4)

        3.2.2   Die stigting van Umkhonto WeSizwe.                                    (4)

### Page 6

6                                    SOSIALE STUDIES                                (JUNIE 2010)

3.3 Pas die inligting van KOLOM B by die term in KOLOM A. Skryf slegs die
    nommer en term in KOLOM A neer en langsaan slegs die letter van die
    stelling wat daarby pas uit KOLOM B.

             KOLOM A                                   KOLOM B
             TERM                                       STELLING
      i. Apartheid              a)     Dit verfyn die onderwys beleid wat ontwerp
                                       is vir swart kinders alleenlik.
      ii. Bantoe Onderwys       b)     Beleid om swart gemeenskappe te verdeel
                                       en te beheer.
     iii. Vryheidsmanifes       c)     Wet wat Suid-Afrikaners verdeel volgens
                                       kleur, godsdiens en geslag.
     iv. Tuislandstelsel        d)     Nasionale optrede deur
                                       bevrydingsorganisasies om apartheidswette
                                       te laat afskaf.
      v. Burgerlike        e)          Dokument met alle griewe en eise van die
         Ongehoorsaamheids             onderdruktes.
         - veldtog
                                                                           (5 x 1) (5)
                                                                                  [28]

VRAAG 4

4.1 Voltooi die spasies in die onderstaande tabel. Kyk na die voorbeeld
    hieronder
    om te sien hoe jy dit moet doen.

     BRON      BYPRODUK                       HERNIEUBAAR/NIE-
                                              HERNIEUBAAR
     Bv. gras Grasmandjies, grasdakke         Hernieubaar
              of enige ander gras produk

     BRON           BYPRODUK                      HERNIEUBAAR/NIE-
                                                  HERNIEUBAAR
     1. Hout        _____________________         ______________________
     2. Steenkool   _____________________         ______________________
     3. Water       _____________________         ______________________
     4. Goud        _____________________         ______________________

                                                                       (2 x 4)           (8)
4.2 Verduidelik kortliks TWEE negatiewe uitwerkings op die omgewing deur
    elk van die volgende:

     4.2.1   Waterbesoedeling                                                            (4)

     4.2.2   Aardverwarming                                                              (4)

### Page 7

(JUNIE 2010)                             SOSIALE STUDIES                                         7
        4.2.3   Ontbossing                                                                 (4)
                                                                                          [20]

 VRAAG 5

 Verwys na Bronne A en B hieronder om die volgende vrae te beantwoord.

 BRON A

 MOONTLIKE BESKRYWING VAN ’N GHETTO DEUR ’N JOODSE BEWONER.

 Ons is in hierdie AFGEBAKENDE TOE AREAS geforseer. Ons moes die mure
 om hierdie ghetto self bou, om ons af te sonder van die wêreld daar buite. Ons is
 ingedruk in klein kamers – somtyds twee of drie gesinne saam in een kamer. Ons
 het geen sanitasie of skoon water nie, en siektes floreer hier. Elkeen wie gesond
 is moet ŉ 12-uur dag werk. Ons moet ver loop om by ons werkplekke te kom,
 alhoewel ons nie warm of geskikte klere het nie. Dis harde werk en soms ook
 gevaarlik. Dis nie ongewoon vir mense om onder sulke omstandighede te sterf nie.
 Die Duitsers gebruik ons as slawe-arbeid sodat hulle nie hul eie mense gebruik om
 hierdie werk te doen nie.

 5.1 Skryf ŉ paragraaf om te verduidelik hoe dit was om ŉ Joodse arbeider te
     wees in ŉ ghetto.                                                                    (10)

 BRON B

 Bestudeer die volgende verslag van ŉ ooggetuie.

 Ek, ŉ Joodse besigheidsman, was vir weke in die konsentrasiekamp by
 Buchenwald. Die werksure was sestien per dag; Sondae en naweke ingesluit.
 Gedurende daardie ure was jy verbied om te drink, selfs in die warmste weer. Die
 kos self was nie sleg nie, maar baie min: flou koffie in die oggend, ŉ halwe liter sop
 in die middag en 250 g brood vir die hele dag.
 Terwyl ek daar was is die werk van die Joodse gevangenes verdubbel en hulle
 rantsoene is gehalveer.

 Pak slae was baie algemeen vir klein oortredings soos om water te drink
 gedurende werksure. Die gewone straf was 25 houe, gegee deur twee wagte.
 Daar was daagliks sterftes in die kamp.

 5.2 Wie het die verslag geskryf?                                                          (1)

 5.3 Verduidelik TWEE maniere waarop Jode in die konsentrasiekampe behandel
     is.                                                               (2 x
     1)                                                                                    (2)

 5.4 Gee ŉ rede waarom die Jode vervolg was.                                               (1)

 5.5 Lees die uittreksels wat verduidelik hoe mobiele moordspanne hulself                  (8)

### Page 8

8                                 SOSIALE STUDIES                                    (JUNIE 2010)
    Georganiseer het. Kyk ook na die onderstaande prente A, B, C en D. Skryf
    nou slegs die letters A – D neer en verduidelik kortliks waaroor elke prent
    gaan.                                                                     (4 x
    2)
                                                                                       [22]

UITTREKSEL

### Page 9

(JUNIE 2010) SOSIALE STUDIES

6

MOBIELE MOORD SPANNE

Spesiale mobiele moord
spanne, genoem
Einsatzgruppen, het 'n nuwe
| | fase in die Nazi-beleid
aangeteken - die totale
vernietiging van die Joodse
mense.

‘n Kaart wat die pad van verwoesting van die Einsatzgruppen wys

Spesiale mobiele moord spanne, genoem Einsatzgruppen, het'n nuwe
fase in die Nazi beleid aangeteken — die totale vernietiging van die
Joodse mense.

Op 22 Junie 1941 het die Duitse soldate die Sowjet Unie, waar 'n
geskatte 3,5 miljoen Jode gewoon het, binne geval.

Die vier eenhede van die Einsatzgruppen, onder die aanvoering van
die Ss, het die invallende Duitse troepe gevolg. Hulle het bestaan uit
polisiemanne, polisie reserviste en plaaslike samesweercers. Die
Einsatzgruppen was opdrag gegee om na die dorpe en plase te gaan
om diegene die Nazi's as “vyande van die staat" beskou het, dood te
maak. Jode en Kommuniste was die primére teikens.

Die mobiele moord eenhedce het vinnig opgetree en die Joodse
gemeenskappe verras. Mans, vrouens en kinders is bymekaargemaak
en moes marsjeer na die buite wyke van hul dorpe of plase waar hulle
doodgeskiet is in massa grafte. Die Einsatzgruppen het 1,5 miljoen
Jode en honderde duisende Russe, wie hulle gegio het kommuniste
was, vermoor. Die bevelvoerders moes caagliks versiae van hul moord
operasies aan die Nazi hoofkwartier stuur.

### Page 10

10       SOSIALE STUDIES   (JUNIE 2010)

FOTO A

### Page 11

(JUNIE 2010)   SOSIALE STUDIES   11

 FOTO B

### Page 12

12                             SOSIALE STUDIES                           (JUNIE 2010)

PRENT C

PRENT D

Samesweerders – Mense wat die Nazis bygestaan het of aan die doodmaak
proses deelgeneem het.

                                                               TOTAAL:      100

## Related documents

- [28 May 2010 Social Sciences Grade 9 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-social-sciences-2010-june-common-memorandum/38963b12-4e55-4820-a2dd-979a91e4411c) — Social Sciences · Memo · 2010 · Afr
- [Gr 9 QPEng SSc-Kanes](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-qpeng-ssc-kanes/8cad4daa-81be-49e2-8d5b-eeefc9d4f724) — Social Sciences · QP · 2010
- [Gr 9 QPAfr SSc-Kanes](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-qpafr-ssc-kanes/0b41f765-e4bc-434b-bd67-0c8a5f46db36) — Social Sciences · QP · 2010
- [Gr 9 MEMOAfr SSc-Kanes](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-social-sciences-2010-november-ec-memorandum/c4b9f91f-05c9-406d-aaea-89f8296672e4) — Social Sciences · Memo · 2010
- [Gr 9 MEMOEng SSc-Kanes](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-social-sciences-2010-november-ec-memorandum/7b02a02e-fb20-44dc-9343-429802a22d69) — Social Sciences · Memo · 2010
- [SOS WET GR9 NOV2013 QP Afr](https://www.hlayiso.com/library/sos-wet-gr9-nov2013-qp-afr/a85d9090-5ba6-4e26-b6b2-b378eee5d628) — Social Sciences · QP · 2013 · Afr

## More from Grade 9 Social Sciences

- [SOCIAL SCIENCES GEO GR9 MEMO NOV2016 AFR](https://www.hlayiso.com/library/social-sciences-geo-gr9-memo-nov2016-afr/4dbe9b75-8912-4797-91fc-b19ce737df06) — Memo · 2016 · Afr
- [SOCIAL SCIENCES GEO GR9 MEMO NOV2016 ENG](https://www.hlayiso.com/library/social-sciences-geo-gr9-memo-nov2016-eng/5b86ffd9-62f6-4599-a238-80b6a332ece0) — Memo · 2016 · Eng
- [SOC SC - ENG (HIST) GR9 MEMO NOV 2016](https://www.hlayiso.com/library/soc-sc-eng-hist-gr9-memo-nov-2016/c69f06f4-1ff1-4c59-af3b-e4bb4d255067) — Memo · 2016 · Eng
- [SOC SC - afr (HIST) GR9 MEMO NOV 2016](https://www.hlayiso.com/library/soc-sc-afr-hist-gr9-memo-nov-2016/6ecbcd8f-c38f-41e0-97f3-67d619b2d380) — Memo · 2016 · Afr
- [SOS SCIENCES GR9 QP NOV2014 ENG +ANNEXURE](https://www.hlayiso.com/library/sos-sciences-gr9-qp-nov2014-eng-annexure/67744cd2-ef8a-4b3c-b4bd-6913cda283fb) — Addendum · 2014 · Eng
- [SOS WET GR9 ADDENDUM NOV2014](https://www.hlayiso.com/library/sos-wet-gr9-addendum-nov2014/4d5669a9-41b4-423f-9a8b-d7f7c5b4e028) — Addendum · 2014

## Collection

- [Grade 9 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-9/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
