# History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2014 Addendum

> Grade 11 History Paper 1 addendum from the Eastern Cape November 2014 (Afrikaans), 8 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/hist-p1-gr11-adden-nov2014-afr/e65c9e3a-61c6-401b-9a0b-1a64356355ef
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 11
- Document type: Addendum
- Year: 2014
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 8

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/history) › [History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2014 Addendum](https://www.hlayiso.com/library/hist-p1-gr11-adden-nov2014-afr/e65c9e3a-61c6-401b-9a0b-1a64356355ef)

## About this document

History · Grade 11 · Eastern Cape November · 2014. Addendum, 8 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                          GRAAD 11

                     NOVEMBER 2014

                     GESKIEDENIS V1
                       ADDENDUM

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                            *IHISTA1*

                   Hierdie addendum bestaan uit 8 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                             GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                           (NOVEMBER 2014)

 AFDELING A: BRONGEBASEERDE-VRAE

 VRAAG 1:       KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940

 HOE HET DIE RUSSIESE REVOLUSIE GELEI TOT DIE OMVERWERPING VAN
 DIE TSARISTIESE BEWIND IN RUSLAND IN 1917?

 BRON 1A

 Hierdie bron handel oor die transformasie van die invloedryke Vader Gapon ŉ
 voormalige polisie-agent tot leier van die mense wat drastiese hervormings van die
 tsaar geëis het.

 Vader George Gapon het ŉ beweging gelei wat in die geheim deur die polisie gestig
 en gelei was. Die Vergadering van die Russiese Werkende Mans (Assembly of
 Russian Workingmen) was daarop gemik om die werkers teen die plaag van
 sosialisme te immuniseer en hul verbintenis tot die Ortodoksie en die Tsaar te
 versterk. Opreg teenoor sy eie oortuigings en weggevoer deur die buitensporigheid
 van sy eie toesprake en die ywer van sy gretige gehore, het Gapon sy rol as polisie-
 agent verlaat vir dié van ŉ gewilde leier en begin met ŉ massa-beweging om die
 tsaar tot hervorming te bring deur middel van petisies. “Despotiese en
 onverantwoordelike regering” is openlik afgekeur en die petisie het die “kapitalistiese
 uitbuiters, skelms en rowers van die Russiese mense” aangeval en ŉ beroep op die
 Tsaar gemaak om sy volk ŉ parlement te gee, stemreg, universele onderwys, ŉ
 minimum loon, ŉ agt-uur werksdag dag, ŉ inkomstebelasting, die skeiding van kerk
 en staat en amnestie (algemene kwytskelding of vergifstelselnis) vir alle politieke
 gevangenes.

                                  [Bron: Tames, R. – Last of the Tsars, London: Pan Macmillan]

 BRON 1B

 ŉ Uittreksel vanuit die petisie wat Vader Gapon gehoop het om aan die Tsaar te
 oorhandig op 22 Januarie 1905, die Bloedige Sondag.

 “Ons, die werkers, ons kinders, ons vroue en ons ou hulpelose ouers het gekom,
 Here, om waarheid en beskerming van u te soek. Ons is verarm en onderdruk,
 ondraaglik werk word op ons opgelê, ons word verag en word nie as mense erken
 nie. Ons word soos slawe behandel, wat hul lot moet dra en stilbly daaroor. Ons
 het verskriklike dinge gely, maar ons word dieper gedruk in armoede, onkunde en
 gebrek aan regte.”
                                                    [Aangepas uit: www.spartacushistory.com]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014)                   GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                            3

 BRON 1C

 Hierdie bron handel oor die Maart 1917-rewolusie, ook verwys na die Februarie-
 rewolusie.

 Die opstand het byna ongesiens begin. Vroeg in Maart 1917, het ŉ staking van
 werkers van Petrograd se groot Pulitov Ingenieurswerke duisende mense op die
 strate byeen gebring om teen die regering te demonstreer en ŉ beroep gemaak op
 die werkers van ander aanlegte. 8 Maart, Internasionale Vrouedag wat gereeld
 gevier word deur werkers, het duisende vroue wat in broodlyne gestaan, gebring
 om die skare te swel (drastiese te verhoog). Rooi vlae en baniere met die
 slagspreuk “Weg met die Aristokrasie!” het hul verskyning gemaak. Die polisie het
 egter nie ŉ groot probleem gehad om die skare uitmekaar te jaag nie, en die onrus
 het skynbaar nie groter gelyk as die vorige geleenthede nie.

        [Aangepas uit: Curtiss, JS, The Russian Revolution of 1917, Princeton. Anvil Von Nostrand]

 BRON 1D

 Hierdie bron deel met ŉ paar van die uitdagings wat die Bolsjewiste in die gesig
 gestaar het nadat hulle aan bewind in Rusland gekom het.

 Teen die tyd van die Oktober-rewolusie in Rusland, het Lenin en ander gehoop dat
 werkers dwarsdeur Europa kapitalistiese regerings sou omverwerp en sosialistiese
 revolusies bereik het. Maar toe dit nie plaasgevind het nie, het die Sowjetunie
 homself ekonomies geïsoleer bevind en was aangeval van alle kante deur die
 verowerende weermagte van imperialisme. Terwyl die Sowjetunie terug geveg het
 en die opmarsende leërs teen die einde van 1920 verslaan het, was die skade
 gedoen. Nywerhede en masjinerie, wat reeds grootliks vernietig was deur die
 vlugtende kapitaliste tydens die rewolusie, was in chaos, baie van die beste
 werkers was gedood of vermink aan die front; landbou, wat alreeds deur oorlog en
 die demoralisering van die boere verlam was, was verder beskadig deur misoeste
 in 1920. Die mense in die stede was verhonger. Om die mense in die stede te
 voed, het die Sowjet-regering die graan gekonfiskeer. Soos Lenin dit in sy pamflet,
 “Belasting in Goedere” verduidelik het, “Dit was die oorlog en die ondergang wat
 ons gedwing het in Oorlogskommunisme in 1920.”

 Tydens die Tiende Kongres van die Russiese Kommunistiese Party in Maart 1921
 het Lenin ŉ beroep gemaak vir ŉ nuwe beleid: “Tot nou toe het ons onsself
 aangepas tot die vereistes van oorlog; ons moet ons nou aanpas by die
 voorwaardes van vrede.”

                                              [Aangepas uit http://sfr-21.org/war-communism.html]

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                             GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                 (NOVEMBER 2014)

 VRAAG 2:      KAPITALISME IN DIE VSA, 1900 – 1940

 HOE HET ROOSEVELT SE NUWE BEDELING VERLIGTING, HERVORMING
 EN HERSTEL AAN AMERIKANERS VERSKAF?

 BRON 2A

 GESKREWE BRON

 Roosevelt se benadering tot die krisis in die Amerikaanse ekonomie.

 Roosevelt het die mense van Amerika ŉ ‘Nuwe Bedeling’ belowe as hulle hom sou
 verkies. In sy openingsrede het hy ŉ beroep op die Amerikaanse bevolking
 gemaak om die toekoms met moed in die gesig te staar. Sy beroemde woorde aan
 die Amerikaanse volk was: “Die enigste ding wat ons moet vrees is vrees self.” Hy
 het die belangrikste punte van sy Nuwe Bedeling program uiteengesit. Die
 program het drie algemene doelstellings bevat: verligting, herstel en hervorming.
 Roosevelt het ŉ “breintrust” van adviseurs uit alle vlakke van die lewe byeengeroep
 om te verseker dat hy die beste moontlike advies kon kry. Hy het ook verseker dat
 die regering sou toesien dat daar opgetree word en die Kongres het ŉ aantal
 maatreëls in die eerste honderd dae van sy eerste sessie sou deurvoer.

                         [Aangepas uit: Brink, E et al, Solutions for All History, 2012, Macmillan]

 VISUELE BRON

 Koerantopskrifte wat kiesers se steun vir Roosevelt wys.

 BANIER OPSKRIF: WASHINTON GEE DIE NUWE BEDELING GROOT
 SELFVERTROUE MET STEM; ‘130’ VERSLAAN

                                   [Source: www.historylearningsite.co.uk>.....> America 1918 – 1939]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014)                  GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                           5

 BRON 2B
 Die bron gee besonderhede oor sommige van die inisiatiewe en agentskappe van die
 Nuwe Bedeling.
 Die Nuwe Bedeling het groot bedrae federale geld beskikbaar gestel vir direkte
 betalings aan behoeftige burgers deur middel van toekennings (eerder as lenings) aan
 die state. Dit het ook verskeie nuwe agentskappe gestig om staats-geborgde werk vir
 die werkloses te verskaf. Deur die ‘Works Progress Administration (WPA)’ was
 spesiale projekte ontwerp om werk vir geskoolde en ongeskoolde arbeid en vir
 sodanige persone soos skrywers, kunstenaars, akteurs en sangers te verskaf. ŉ Groot
 program van openbare werke – die konstruksie van openbare geboue, paaie, damme,
 en soortgelyke projekte was begin onder die Openbare Werke Administrasie (Public
 Works Administration (PWA). Jong mans was in diens geneem deur die Burgerlike
 Bewarings-korps (Civilian Conservation Corps (CCC) om aan bewaringsprojekte te
 werk.
 ŉ Basiese doel van die Nuwe Bedeling was om beide lone en pryse te verhoog wat laer
 en laer gedaal het soos die depressie voortgegaan het. Die Nasionale Industriële
 Herstelwet (National Industrial Recovery Act) het ŉ beroep op die samewerking van
 arbeid en bestuur in die opstel van pryse, minimum lone en werksure in verskeie
 bedrywe gedoen. Die wet het ook werkers die reg gegee om by vakbonde sonder
 inmenging van werkgewers aan te sluit.
 Om die inkomste van boere te verhoog, was die Landbou Aanpassingswet (Agricultural
 Adjustment Act) deurgevoer. Dit het voorsiening gemaak vir die betaling aan die boere
 om die oppervlakte (area onder verbouing) van sekere gewasse te verminder en om
 vee-besit te beperk. Hierdie maatreëls was veronderstel om oorskotte te verminder wat
 pryse verlaag het.
              [Van: history.howstuffworks.com / Amerikaanse-geskiedenis / Roosevelt se nuwe-deal.htm]
 BRON 2C
 Was die Nuwe Bedeling ŉ sukses?

 Of die Nuwe Bedeling ŉ sukses was of nie, hang af van die definisie van sukses. Het
 die Nuwe Bedeling werkloosheid uitgeskakel en Amerika omgedraai? Nee. Het die
 Nuwe Bedeling armoede uitgeskakel? Nee. Dit sou maklik gewees het om hierdie vrae
 met ekonomiese afmetinge af te maai met die antwoord nee. ŉ Ontleding van die vraag
 of die Nuwe Bedeling ŉ sukses of mislukking was, vereis egter ŉ groter omvang van die
 vraag as om net te kyk na die ekonomiese statistieke. Eerder as om na die Nuwe
 Bedeling te kyk vanaf 1933, is dit belangrik dat daar ŉ ontleding gemaak word van hoe
 Amerika gelyk het in die nadraai van die Wall Street ineenstorting. Wat presies het
 Roosevelt in Maart 1933 oorgeërf? Vanaf die ineenstorting van Wall Street in Oktober
 1929 tot die presidensiële verkiesing in November 1932 het dit vir baie Amerikaners
 gelyk asof Hoover, die Republikeinse president, niks gedoen het nie of baie te min
 gedoen het. “Te min, te laat” was ŉ gereelde etiket wat vasgeklou het aan die
 presidentskap van Hoover. Dat ŉ president, Roosevelt, eintlik iets positiefs gedoen het
 was ŉ groot hupstoot aan die Amerikaanse publiek – hulle was nie oorgelaat om vir
 hulself te sorg nie. Diegene wat erg deur die Depressie geraak was het hul kartondoos-
 huise “Hoovervilles” genoem in afgryse van wat Hoover vir hulle gedoen het. Die gratis
 kos aalmoese wat hulle gekry het was die bynaam “Hoover Bredie” gegee.
                                      [Bron: www.historylearningsite.co.uk>.....> America 1918 – 1939]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                              GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                 (NOVEMBER 2014)

 VRAAG 3: IDEES OOR RAS IN DIE LAAT 19DE EN 20STE EEU

 HOE HET TEORIEË OOR RAS TOT DIE SKENDING VAN MENSEREGTE VAN
 MINDERHEIDSGROEPE IN NAZI-DUITSLAND GELEI?

 BRON 3A

 Die bron hieronder definieer die Ariërs en nie-Ariërs, veral die Jode wat die
 slagoffers was van die Holocaust (massamoord).

 Die definiëring van nie-Ariërs was by tye moeilik, want die term Ariërs verwys
 eintlik na ŉ taalgroep, nie ŉ rasse-groep nie. Breedweg gesproke was Ariërs lank,
 wit, blonde hare, blou-oog mense van Noord-Europese erfenis, en al die ander
 was nie-Ariërs. Na ŉ paar interne meningsverskille het die Nazi's ŉ Jood omskryf
 as iemand wat drie of vier Joodse grootouers gehad het. ŉ Persoon was ŉ
 ‘mischling’ (half-ras/baster) indien hy of sy een of twee Joodse grootouers gehad
 het. Indien ŉ persoon twee Joodse grootouers gehad het, en getroud was met
 iemand van Joodse afkoms, of behoort het aan die Joodse godsdiens, was hulle
 as Joods beskou. Die hoofdoel van hierdie presiese beskrywings was om die
 teiken vir diskriminerende wette te definieer wat die Nazi's deurgevoer het.

                         [Aangepas uit: Brink, E et al, Solutions for All History, 2012, Macmillan]

 BRON 3B

 Hierdie bron bevat ŉ paar van die diskriminerende regulasies wat teen die Joodse
 volk toegepas was.

 Die eerste teken van hoe die Joodse mense, in besonder, uitgesluit was uit die
 staat het kort gekom nadat die Nazi's aan bewind gekom. Binne ŉ paar maande,
 het die Nazi’s anti-Semitiese onluste en ŉ boikot van Joods-besitte besighede en
 winkels begin. Hulle het vinnig wette aangeneem wat die Joodse menseregte
 geskend het:

 1.   Joodse mense was ontslaan uit die staatsdiens, openbare diens, skole en
      openbare hospitale.
 2.   Joodse mense kon nie stem of deelneem aan die politiek nie.
 3.   Joodse skoliere moes na aparte skole gaan weg van Ariese kinders.
 4.   Joodse mense moes ŉ geel ster van Dawid dra om te wys dat hulle Joods
      was. Hul winkels moes dieselfde teken vertoon.

                         [Aangepas uit: Brink, E et al, Solutions for All History, 2012, Macmillan]

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014)               GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                    7

 BRON 3C

 Nietemin, tydens die “Krystalnacht” in 1938 het die Nazi's hul begeerte gewys om
 die Jode te vervolg en tydens die oorlog het Hitler die geleentheid gehad om sy
 plan deur te voer om Nazi-besette Europa te suiwer van alle ongewenstes (vanuit
 sy oogpunt) en hy het sy pogings op Oos-Europa gekonsentreer. Na afloop van
 die aanval op Rusland, het moord-eenhede van die SS agter die leër inbeweeg en
 stelselmatig stede en dorpe uitgewis wat Russiese mense gehad het (dieselfde
 mense wat die Duitse leër in Rusland het as bevryders teen die Russiese leier
 Stalin verwelkom).

 Die proses was egter stadig en die hoof van die SS, Heinrich Himmler, was
 bekommerd dat die manne wat die bose daad uitgevoer het besig was om
 gedemoraliseer te raak van onskuldige burgerlikes skiet en hy het na ŉ ander
 oplossing gekyk. Dit het gelei tot die Finale Oplossing (Final Solution) ŉ besluit
 wat by die berugte Wannsee Konferensie in 1942 geneem was toe daar beveel
 was dat alle Jode in Europa in uitwissingskampe doodgemaak moet word. Teen ŉ
 behoorlike tempo, was Duitse nyweraars versoek om oonde en gaskamers te
 ontwerp en vervaardig wat hulle in staat sou stel om die massamoorde vinnig en
 skoon te kan uitvoer sonder om die Duitse personeel te veel betrokke te maak.

 Die mees berugte kampe was by Auschwitz-Birkenau, Belzec, Sobibor en
 Treblinka. Jode, Oos-Europeërs (van wie ook baie Joods was), sigeuners
 (swerwers/gypsies) en die fisies en verstandelik gestremde was hierna toe gebring
 en vermoor.

                                                      [Bron: www.spartacushistory.com]

 BRON 3D

                  Sterftes van Jode in die Holocaust (massamoord)

 Pole                                3 000 000          90% van alle Jode daar

 Duitsland                           210 000            90% van alle Jode daar

 Slowakye                            155 000            86% van alle Jode daar

 Holland                             105 000            75% van alle Jode daar

 Hongarye                            450 000            70% van alle Jode daar

 Oekraïne                            900 000            60% van alle Jode daar

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                              GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                  (NOVEMBER 2014)

 ERKENNINGS

 Uittreksels en visuele bronne wat in die addendum gebruik is, was geneem of
 aangepas uit die volgende publikasies.

 Brink, E et al, Solutions for All History, 2012, MacMillan

 Curtis, JS, The Russian Revolutions of 1917, Princeton: Anvil Von Nostrand

 Tames, R, Last of the Tsars, London. Pan Macmillan

 History.howstuffworks.com/American-history/roosevelt’s-new-deal.htm

 www.historylearningsite.co.uk>.....>America 1918 – 1939

 www.spartacushistory.com

 http://sfr-21.org/war-communism.html

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

## Related documents

- [HIST P1 GR11 ADDEN NOV2014 ENG](https://www.hlayiso.com/library/hist-p1-gr11-adden-nov2014-eng/5ddf8f2c-fe29-4161-a894-96bad484740b) — History · Addendum · 2014 · Eng
- [HIST P1 GR11 MEMO NOV2014 AFR](https://www.hlayiso.com/library/hist-p1-gr11-memo-nov2014-afr/1c5f843b-06f3-463b-b066-d0a2aed990c3) — History · Memo · 2014 · Afr
- [HIST P1 GR11 QP NOV2014 ENG](https://www.hlayiso.com/library/hist-p1-gr11-qp-nov2014-eng/b1cec643-6cdf-4481-a0f8-22e963748ca0) — History · QP · 2014 · Eng
- [HIST P1 GR11 QP NOV2014 AFR](https://www.hlayiso.com/library/hist-p1-gr11-qp-nov2014-afr/a09f1fcf-c7c7-4c25-b44d-20be2252eceb) — History · QP · 2014 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 ADDEN NOV2020 English](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-adden-nov2020-english/b6ec1425-9b80-471e-989e-a75292731d09) — History · Addendum · 2020 · Eng
- [HISTORY P1 GR11 ADDENDUM NOV2019 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-addendum-nov2019-afr-d/7cdbb4ed-ae5e-4925-bdbd-f00a9044145e) — History · Addendum · 2019 · Afr

## More from Grade 11 History

- [Grade 11 History P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-history-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1/9fdb86cf-1aac-4c90-9f22-a176bf0d4d37) — Memo · 2026 · Eng
- [Gr 11 His ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-his-atp-2023-24/4c199bf3-d253-42ae-b90d-b030dfc6ecc2) — ATP
- [EC History Grade 11 June 2025 P1 only](https://www.hlayiso.com/library/ec-history-grade-11-june-2025-p1-only/555be0f1-39a3-47b5-8fec-f622076c09d3) — QP · 2025
- [EC History Grade 11 June 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-history-grade-11-june-2025-p2-and-memo/0051e460-14cf-43df-a19e-374c9f6a797a) — QP + Memo · 2025
- [GRADE 11 HISTORY P1 NOVEMBER 2025 MG watermark](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-history-p1-november-2025-mg-watermark/15706ac6-5464-4f6c-87c6-1a03afff8695) — Memo · 2025
- [HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/13c2bd17-2125-463d-a4b3-95b539b0a7de) — Memo · 2025 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
