# History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2015 Addendum (Afr)

> Grade 12 History Paper 1 addendum from the Eastern Cape Mock Exam 2015 (Afrikaans), 13 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/hist-p1-gr12-adden-afr-sep-2015/58bddfe1-008d-44c6-bd81-5d2227f6de95
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Addendum
- Year: 2015
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2015 Addendum (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/hist-p1-gr12-adden-afr-sep-2015/58bddfe1-008d-44c6-bd81-5d2227f6de95)

## About this document

History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2015. Addendum, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

         NASIONALE
     SENIOR SERTIFIKAAT

            GRAAD 12

      SEPTEMBER 2015

       GESKIEDENIS V1
         ADDENDUM

               *HISTA3*

    Hierdie addendum bestaan uit 13 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                              GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                       (EC/SEPTEMBER 2015)

    AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

    VRAAG 1: HOE HET DIE BERLYNSE BLOKKADE DIE KOUE OORLOG
             SPANNING TUSSEN DIE VSA EN DIE SOWJETUNIE VERSKERP?

    BRON 1A

    Hierdie bron fokus op die Amerikaanse redes vir die Marshall-plan en die
    Russiese reaksie daarop.

    Die Marshall-plan was nog ŉ gedeelte van die inperkingsbeleid. Truman het geglo
    dat meer as net militêre hulp nodig was om te verhoed dat kommunisme versprei.
    Hy het die Amerikaanse sekretaris-generaal, George Marshall, na Europa toe
    gestuur om die na-oorlogse ekonomiese situasie daar te ondersoek. Marshall het
    gerapporteer dat ŉ groot gedeelte van Europa verwoes was deur die oorlog en dat
    mense daar gely het. Die eindresultaat van hierdie besoek was ŉ plan van
    ekonomiese hulp, genoem die Marshall-plan. Die doel was om die na-oorlogse
    Europese ekonomieë op te bou en op dié wyse die toestande wat Truman as die
    aantrekkingskrag vir die verspreiding van kommunisme beskou het, te vernietig.
    Tussen 1948 en 1952, het die VSA $17 miljard as Marshall Hulp aan lande van
    Wes-Europa gegee om hulle te help om hul ekonomieë op te bou. Dit het
    voormalige bondgenote soos Frankryk en België ingesluit, sowel as voormalige
    vyande soos Duitsland. Marshall Hulp het ŉ merkwaardige ekonomiese herstel in
    Wes-Europa teweeg gebring.

    Die Sowjet-leier, Stalin, was agterdogtig oor die doelstellings agter die Marshall-
    plan. Hy het dit gesien as ŉ vorm van “dollar diplomasie”. Hy wou nie enige van die
    Sowjet-satellietstate toelaat om dit te aanvaar nie. Die Marshall-plan het die
    verdeling tussen Oos- en Wes-Europa laat toeneem. Aan die Sowjet-kant het Stalin
    die Kommunistiese Buro van Inligting of Cominform in 1947 gestig om die
    kommunistiese partye van Oos Europa in die naoorlogsjare te koördineer. Hy het
    dit gebruik om ŉ ferm beheer oor die Sowjet-satellietstate te behou. Leiers met hul
    eie selfstandige denkwyses was vervang met diegene wat lojaal teenoor Stalin
    was ... In 1949 het die kommunistiese blok nog ŉ organisasie, die Comecon
    (Council for Mutual Economic Aid), gevorm en was ook deur die USSR gedomineer.
    Kommunistiese lande buite Europa soos Kuba en Viëtnam was later ook in die
    Comecon opgeneem.

                                    [Vanuit: historytoday.com. Toegang op 21 Mei 2015 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)           GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                        3

   BRON 1B

   Die bron bestaan uit ŉ geskrewe bron en ŉ visuele bron.

   Geskrewe bron:       Hierdie bron fokus op die rede vir Stalin se instelling
                        van die Berlynse Blokkade en die reaksie van die Weste
                        daarop.

   Die blokkade van Berlyn was die eerste ernstige krisis van die Koue Oorlog. Teen
   1948 het die Westerse Geallieerdes begin beweeg na die vereniging van hul
   besette sones in Wes-Duitsland na ŉ enkele onafhanklike Duitse staat. As deel
   van hierdie proses het die VSA, Frankryk en Brittanje stappe geneem om die
   geldeenheid in hul besette gebiede te hervorm om ekonomiese herstel te
   bevorder. Die nuwe geldeenheid, waaroor die Russe geen beheer gehad het nie,
   het ook die wettige betaalmiddel in die Westerse sektore geword.

   Die USSR wat twee maal deur Duitsland binnegeval was, was verontrus deur die
   vooruitsig van ŉ sterk Duitsland. Die Russiese leierskap het op die Westerse
   geldeenheidhervorming gereageer deur hul eie geldeenheid in te stel in Oos-
   Berlyn slegs 24 uur voordat die Weste se mark in sirkulasie sou kom. Hulle het
   ook ŉ blokkade van Wes-Berlyn ingestel, waar hulle alle land en spoorroetes na
   die Westerse sones afgesny het. Lucius Clay, die militêre goewerneur van die
   Amerikaanse sone van die besette Duitsland het geskryf: “Toe die bevel van die
   Sowjet Militêre Administrasie om alle spoorverkeer vanaf die Westerse sones af
   te sny in werking gestel was teen 6:00 vm. op die oggend van 24 Junie 1948, het
   die drie Westerse sones van Berlyn, met ŉ burgerlike bevolking van omtrent
   2,500,000     mense,     afhanklik   geraak    van    reserwe   voorraad     en
   lugbrugvervangingsvoorraad. Dit was een van die mees genadelose pogings in
   moderne tyd om massa hongersnood te gebruik vir politieke druk (intimidasie) ...”

   Die Sowjet-owerheid het aanvanklik geglo dat die plan gewerk het. “Ons beheer-
   en beskermingsmaatreëls was ŉ gevoelige knou vir die Amerikaanse en Britse
   prestige in Duitsland,” was die verslag vanaf die Sowjet-owerhede. Maar die
   Westerse Geallieerdes het onmiddellik gereageer deur die instelling van ŉ
   ontsaglike lugbrug. Onder die leierskap van Generaal Curtis LeMay, het tien-ton
   kapasiteit C-54s begin om die stad te voorsien op 1 Julie. Teen herfs het die
   lugbrug, kodenaam “Operation Vittles” en dikwels na verwys as "LeMay se
   voedsel- en steenkoolmaatskappy" ŉ gemiddelde voorraad van 5,000 ton per dag
   voorsien.

                                [Vanuit: www.pbs.org; Toegang op 1 Augustus 2014 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                   GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                          (EC/SEPTEMBER 2015)

    Visuele bron

    Hierdie visuele bron beeld vliegtuie uit wat besig is om voorraad na die stad van
    Wes-Berlyn te bring as deel van die Berlynse Lugbrug.

      [Vanuit:www.google.co.za –search-the berlin airlift verkry. Toegang op 1 Augustus 2014 verkry]

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)           GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                       5

  BRON 1C

  ŉ Uittreksel vanuit ŉ toespraak deur President Kennedy van die VSA aan die
  mense van Wes-Berlyn op 26 Junie 1963. Dit beklemtoon die belangrikheid van
  die konsep van vryheid vanuit ŉ Amerikaanse perspektief.

  Twee duisend jaar gelede was Civis Romanus Sum [‘Ek is ŉ Romeinse burger’]
  die trotste spoggery ter wêreld. Vandag, in die wêreld van vryheid is Ich bin ein
  Berliner [‘Ek is ŉ Berlyner’] die trotste spoggery. Daar is baie mense in die wêreld
  wat nie verstaan wat die belangrikste kwessie tussen die vrye wêreld en
  kommunisme is nie. Laat hulle na Berlyn toe kom. En daar is sommige wat sê in
  Europa en elders anders dat ons met die kommuniste kan werk. Laat hulle na
  Berlyn toe kom.

  Vryheid het baie probleme en demokrasie is nie perfek nie; maar ons het nooit ŉ
  muur opgerig om ons mense binne te hou nie. Ek ken geen stad wat beleër
  (omsingel) was vir 18 jaar en nog steeds leef met die lewenskrag, mag, hoop en
  vasberadenheid soos die stad Wes-Berlyn nie. Terwyl die muur die mees
  vanselfsprekende en duidelike vertoning van die mislukkings van die
  kommunistiese stelsel demonstreer, vind ons nie voldoening daarin nie want dit is
  nie net ŉ misdaad teen die geskiedenis nie, maar teen die mensdom.

  In 18 jare van vrede en goeie hoop, het hierdie generasie van Duitsers die reg
  verdien om vry te wees, insluitende die reg om met hul familie en hul nasie te
  herenig in blywende vrede met die toegeneentheid van al die mense ...

                                                   [Vanuit: The Cold War deur E G Rayner]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                               GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                          (EC/SEPTEMBER 2015)

    VRAAG 2: WAT WAS DIE IMPAK VAN DIE SLAG VAN CUITO CUANAVALE
             OP BEIDE SUID-AFRIKA EN ANGOLA?

    BRON 2A

    Hierdie bron gee inligting oor hoe die slag van Cuito Cuanavale in Angola in 1988
    plaasgevind het.

    In November 1987 het ŉ geveg by Cuito Cuanavale ontwikkel, ŉ stad in suid-oos
    Angola. Suid-Afrikaanse troepe, ter ondersteuning van UNITA, het die stad, wat
    deur Angolese regeringsmagte beskerm was, aangeval. Dit was deur Kubaanse
    vlieëniers wat Sowjet MIG 23-vliegtuie gebruik het verdedig. Dit was die grootste
    geveg in Afrika sedert die Tweede Wêreldoorlog. Die Suid-Afrikaners het hul
    lugsuperioriteit teen die Kubane verloor en na ŉ mislukte poging om die stad oor
    te neem, was hulle gedwing om te onttrek.

    Die slag was ŉ keerpunt in die oorlog in Angola en in die ontwikkelinge in Namibië.
    Dit het die oorlog tot ŉ einde gebring en tot vredesonderhandelinge gelei. Dié het
    gelei tot die onttrekking van die Suid-Afrikaanse en Kubaanse magte uit Angola.
    En die onafhanklikheid van Namibië. Die onttrekking van die Suid-Afrikaanse
    magte het die mite van Suid-Afrika se superieure militêre mag vernietig en die
    regering gedwing om die situasie te heroorweeg. Alhoewel sommige lede van die
    Suid-Afrikaanse regering en weermag beweer het dat dit ŉ strategiese onttrekking
    eerder as ŉ nederlaag was, het meeste historikusse geglo dat dit die Suid-
    Afrikaanse regering gedwing het om hul militêre mag te heroorweeg en om saam
    te stem op ŉ onderhandelde skikking vir Namibië.

                                            [Vanuit: In Search of History, deur J. Bottaro et al]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)          GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                       7

  BRON 2B

  Hierdie bron is ŉ uittreksel vanuit ŉ artikel genaamd Cuito Cuanavale Revisited wat
  gepubliseer was in die Mail and Guardian op 11 Julie 2007. Dit was geskryf deur
  Piero Gleijeses, ŉ professor aan die John Hopkins Universiteit in Washington DC in
  die VSA.

  Teen vroeë 1987 was die Suid-Afrikaanse bronne en die Westerse diplomate oortuig
  dat die val van Cuito Cuanavale ophande was. Dit sou ŉ verwoestende slag vir die
  Angolese regering wees. Maar op 15 November 1987, het die Kubaanse President Fidel
  Castro besluit om meer troepe en wapens na Angola te stuur, sy beste vliegtuie met sy
  beste vlieëniers, sy gevorderdste lugafweergeskut en sy modernste tenks. Castro se
  doel was nie net om Cuito te verdedig nie; dit was om die SAW vir eens en altyd uit
  Angola te verdryf.

  Kubaanse vliegtuie en 1500 Kubaanse soldate het die Angolese versterk en Cuito het
  nie geval nie. Op 23 Maart 1988 het die SAW hul laaste groot aanval op die stad
  geloods. Soos Kolonel Jan Breytenbach geskryf het, die Suid-Afrikaanse aanslag ‘was
  tot ŉ knersende en definitiewe stop gebring’ deur die gekombineerde Kubaanse en
  Angolese magte.

  Nou het magtige Kubaanse kolomme deur suid-wes Angola gemarsjeer oppad na die
  Namibiese grens. Die dokumente wat ons vertel hoe die Suid-Afrikaanse leiers oor
  hierdie bedreiging gevoel het, is nog steeds geklassifiseerd (geheime inligting). Maar
  ons weet wat die SAW gedoen het: hulle het padgegee.

                                                              [Vanuit: historytoday.com/cuito]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                        (EC/SEPTEMBER 2015)

    BRON 2C

    Hierdie bron beeld die terugkeer uit van ŉ regiment van die Suid-Afrikaanse Weermag
    vanuit Angola in 1988. Die skrif op die banier lees soos volg: ‘Welkom Wenners’.

                                           [Vanuit: historytoday.com. Toegang op 6 Junie 2014 verkry.]

    BRON 2D

    Die bron fokus op die rol wat die VSA in die Angolese konflik gespeel het.

    Onlangs gedeklassifiseerde (bekend gemaak vir algemene publiek) dokumente het die
    Amerikaanse regering se bloedige rol in die dekade-lange burgeroorlog in Angola
    blootgestel. Meer as ŉ half miljoen Angolese was gedood en ongeveer 4 miljoen –
    bykans ŉ derde van die land se bevolking – was gedwing om van hul huise te vlug. Die
    Amerikaanse regering het die weg gebaan deur petrol op die vuur te gooi. Die VSA het
    miljoene gespandeer om UNITA ‘rebelle’ teen die nuwe regering te ondersteun ... wat
    gesien was as ‘kommunisties’ omdat dit beperkte ondersteuning van Kuba en die
    voormalige USSR ontvang het. Die VSA het lankal erken dat hulle geheime operasies
    in Angola befonds het, maar het altyd aanspraak gemaak dat hulle gereageer het op
    die invlieg van Kubaanse soldate in die land wat die MPLA ondersteun het. Maar die
    VSA dokumente wat verlede maand vrygestel is, wys die waarheid – dat die Ford-
    administrasie ingemeng het in Angola lank voordat die Kubaanse soldate geland het.

          [Vanuit:‘ They Fuelled a Savage War: US Operation in Angola exposed’ deur Elizabeth Schulte]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)               GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                            9

  VRAAG 3: HOE SUKSESVOL WAS DIE DESEGREGRASIE VAN SKOLE IN
           LITTLE ROCK, ARKANSAS, GEDURENDE DIE 1950’s?

  BRON 3A

  Hierdie bron behandel die krisis wat ontwikkel het nadat die hof ŉ bevel uitgedien
  het dat Sentraal Hoërskool in Little Rock, Arkansas, die Afro-Amerikaanse
  studente moes toelaat.

  Drie jaar nadat die Hooggeregshof se Brown vs. Raad van Onderwys-besluit
  segregasie in publieke skole amptelik beëindig het, het ŉ federale hof Little Rock
  beveel om die besluit na te kom. Op 4 September 1957, het Goewerneur Orval
  Faubus die hof uitgedaag deur die Arkansas Nasionale Wag in te roep om die
  nege Afro-Amerikaanse studente, die sogenaamde ‘Little Rock Nine’, te verhoed
  om die gebou binne te gaan. Tien dae later in ŉ vergadering met President
  Eisenhower, het Faubus ingestem om die Nasionale Wag te gebruik om die Afro-
  Amerikaanse studente te beskerm, maar met sy terugkeer na Little Rock, het hy
  die troepe ontslaan en die Afro-Amerikaanse studente aan ŉ woedende blanke
  skare blootgestel. Binne ure het die spottende, klipgooiende skare verskeie
  verslaggewers geslaan en baie van die skool se vensters en deure gebreek. Teen
  die middag was die plaaslike polisie verplig om die nege studente te ontruim. Toe
  Faubus nie orde kon herstel nie, het President Eisenhower die 101 Lugmag
  Afdeling-valskermsoldate na Little Rock ontplooi en die Arkansas Nasionale Wag
  onder federale bevel geplaas. Teen 3 vm., het die soldate die skool omsingel met
  gefelde bayonette.

  Die Little Rock Nine het hul skooljaar beëindig onder federale beveiliging. Die
  volgende jaar het Faubus al die hoërskole gesluit en die Afro-Amerikaanse
  studente is gedwing om korrespondensie-kursusse te neem of om na skole buite
  die staat te gaan. Die skoolraad het alle skole oopgestel in die herfs van 1959, en
  ten spyte van meer geweld, byvoorbeeld die bombardering van een van die
  studente se huise, het vier van die nege studente teruggekeer en hierdie keer was
  hulle deur die plaaslike polisie beskerm.

        [Vanuit: www.nps.gove/nr/travel/civil rights/ak1.htm. Toegang op 10 Augustus 2014 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                              GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                      (EC/SEPTEMBER 2015)

  BRON 3B

  Hierdie foto wys lede van die Arkansas Nasionale Wag wat besig is om Afro-
  Amerikaanse studente te verhoed om die Sentraal Hoërskool binne te gaan, in
  Little Rock, Arkansas in 1957.

               [Vanuit: www.google.co.za/google images. Toegang op 13 Augustus 2014 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)              GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                        11

  BRON 3C

  Hierdie foto wys hoe konserwatiewe blanke Amerikaners betoog teen rasse-
  integrasie van skole in die VSA in die 1950’s.

        [Vanuit: www.google.co.za/search=little+rock+nine. Toegang op 13 Augustus 2014 verkry]

                RASVERMENGING IS
                KOMMUNISME                                STOP DIE
                                                          RASVERMENGING

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                              GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                         (EC/SEPTEMBER 2015)

  BRON 3D

  Hierdie bron beklemtoon die prestasies van die Little Rock Nine ten spyte van die
  pogings deur konserwatiewe blanke Amerikaners om die integrasie van skole te
  verhoed.

  September 25, 1957, het ŉ historiese dag geword vir die Nasie toe nege dapper
  kinders hul lewens in gevaar gestel het om die Sentraal Hoërskool, Little Rock,
  Arkansas by te woon. Gekonfronteer deur ŉ vyandelike skare en begelei deur die
  “Screaming Eagles” van die 101 Lugmag Afdeling, het hulle die las van die
  integrasie van ŉ toe-gesegregreerde openbare skoolstelsel opgeneem. Alhoewel
  die Hooggeregshof se mylpaal 1954-besluit in die Brown vs. Raad van Onderwys
  rassesegregrasie in skole verwyder het, was dit die dapper aksies van hierdie nege
  jong kampioene van skoolintegrasie wat die mag van die besluit beproef het. Hul
  aksies het nie net die Nasie gemobiliseer om te verseker dat toegang tot gehalte
  onderwys aan alle Amerikaners beskikbaar gestel is nie, maar hulle het gehelp om
  die burgerregtebeweging te definieer. Hulle het as die Little Rock Nine bekend
  geword.

  Vir meer as vyftig jaar het die Little Rock Nine gewerk om die beginsels van
  voortreflikheid in onderwys vir jong mense te bevorder, spesifiek vir diegene van
  kleur, deur die Little Rock Nine®-stigting, ŉ nie-winsgewende, 501(c)(3)
  organisasie wat in Februarie 1999 gestig is. Deur die hoë prys ag te neem wat
  hulle moes betaal om ŉ publieke skool by te woon, is die kampioene van die Little
  Rock Nine®-stigting tot die versekering van toegang tot gehalte onderwys vir
  toekomstige generasies verbind.

  Sedert 1999, het die Stigting en sy nege lede hulself verbind tot die nastreef van
  hul doel deur finansiële ondersteuning aan behoeftige en waardige studente te
  voorsien; om plaaslike en nasionale regeringsafdelings aan te moedig om hoë
  gehalte stelsels van opvoeding te handhaaf; byeenroeping van forums om vrae
  rakende opvoedkundige afleweringstelsels te bespreek en te debatteer; en die
  koördinering van die publikasie van materiaal wat ontwerp is om die publiek in te
  lig oor die behoeftes in hierdie veld.

  Die Little Rock Nine se menige bydraes tot die samelewing en tot die Amerikaanse
  geskiedenis, is deur baie toekennings en erkennings wat hulle ontvang het erken,
  insluitende die gesogte “Congressional” Goue Medalje in 1999.

                      [Vanuit:littlerock9.com/History.aspx. Toegang op 14 Augustus 2014 verkry]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)           GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                 13

  ERKENNINGS

  Visuele bronne en ander historiese bewyse was geneem vanuit die volgende:

  Bottaro, J. et al 2013. In Search of History. Oxford University Press.

  historytoday.com – Toegang op 4 Augustus 2014 verkry.

  littlerock9.com/History.aspx; Toegang op 14 Augustus 2014 verkry.

  Rayner, E.G. The Cold War.

  www.google.co.za – search-the berlin airlift – Toegang op 1 Augustus 2014
  verkry.

  www.pbs.org; Toegang op 1 Augustus 2014 verkry.

  www.historytoday.com/gary-baines/replaying-cuito-cuanavale; Toegang op
  10 Augustus 2014 verkry.

  www.nps.gov/enr/travel/civil rights/ak.htm; Toegang op 10 Augustus 2014 verkry.

  www.google.co.za/google images/ ; Toegang op 13 Augustus 2014 verkry.

  www.google,co.za/search=little+rock+nine; Toegang op 14 Augustus 2014
  verkry.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans)) 2015 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-2015-preparatory-examination-addendum/46d03045-1812-4e23-a4c5-7192a662e955) — History · Addendum · 2015 · Afr
- [History P1 Nov 2015 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2015-addendum-eng/9444b833-1069-4085-92ed-1cdc967f7f1d) — History · Addendum · 2015 · Eng
- [History P1 Feb March 2015 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-feb-march-2015-addendum-afr/b38e6a73-d07b-46ef-932e-ece3ff449af6) — History · Addendum · 2015 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 ADDEN SEPT 2022 English](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-adden-sept-2022-english/f45ccdc0-4084-4c3d-b1b8-1a30ab014473) — History · Addendum · 2022 · Eng
- [HISTORY P1 GR12 ADDEN SEPT2021 XHOSA D](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-adden-sept2021-xhosa-d/4bbeb586-4f86-452f-89fb-d02e54f4905d) — History · Addendum · 2021
- [HISTORY P1 GR12 ADDEN SEPT2021 XHOSA ENG D](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-adden-sept2021-xhosa-eng-d/cefc0a5a-5d17-4d03-8a93-a5a577816361) — History · Addendum · 2021 · Eng

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
