# History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2014 QP (Afr)

> Grade 12 History Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2014 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/hist-p1-gr12-qp-afr-sep-2014/3296a2b9-b5f3-4845-9366-f96f2839b363
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2014
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2014 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/hist-p1-gr12-qp-afr-sep-2014/3296a2b9-b5f3-4845-9366-f96f2839b363)

## About this document

History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2014. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                               NASIONALE
                           SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                            SEPTEMBER 2014

                             GESKIEDENIS V1

PUNTE:         150

TYD:           3 uur

                                      *HISTA1*

         Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en ŉ addendum van 11 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  GESKIEDENIS V1                        (SEPTEMBER 2014)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.   Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die
      voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

      AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

      VRAAG 1:        DIE KOUE OOORLOG: DIE OORSPRONG VAN DIE KOUE
                      OORLOG

      VRAAG 2:        ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA

      VRAAG 3:        BURGERLIKE VERSET VANAF DIE 1950’s TOT DIE 1970’s –
                      BURGERREGTEBEWEGING

      AFDELING B: OPSTELTIPE-VRAE

      VRAAG 4:        UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
                      VIËTNAM

      VRAAG 5:        ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE
                      – DIE KONGO EN TANZANIË

      VRAAG 6:        BURGERLIKE VERSET VANAF DIE 1950’s TOT DIE 1970’s: DIE
                      SWARTMAGBEWEGING

 2.   AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
      benodig word om brongebaseerde vrae te beantwoord kan in die ADDENDUM
      gevind word.

 3.   AFDELING B bestaan uit DRIE opsteltipe-vrae.

 4.   Beantwoord DRIE vrae soos volg:

      4.1    Ten minste EEN (1) moet ŉ brongebaseerde vraag wees, en ten minste
             EEN (1) moet ŉ opstelvraag wees.

      4.2    Die DERDE vraag kan ŉ brongebaseerde vraag of ŉ opsteltipe vraag
             wees.

 5.   Leerders mag twee vrae oor dieselfde onderwerp/tema beantwoord.

 6.   In die beantwoording van vrae moet kandidate hul kennis, vaardighede en insig
      gebruik.

 7.   Blote oorskryf van die bronne as antwoorde sal tot nadeel van kandidate wees.

 8.   Vrae en onderafdelings van vrae moet duidelik en korrek genommer word met
      behulp van dieselfde nommeringstelsel as in die vraestel gebruik word.

 9.   Skryf netjies en leesbaar.

 10. Begin elke vraag op ŉ NUWE bladsy.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                       GESKIEDENIS V1                                         3

 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

 Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling.

 VRAAG 1:          HOE HET DIE KONSTRUKSIE VAN DIE BERLYNSE-MUUR ’N
                   IMPAK OP OOS-WES BETREKKINGE TYDENS DIE KOUE OORLOG
                   GEMAAK?

 Bestudeer Bronne 1A, 1B en 1C om die volgende vrae te beantwoord.

 1.1    Verwys na Bron 1A.

        1.1.1      Gebruik die bron en jou eie kennis om die volgende konsepte in jou eie
                   woorde te definieer:

                   (a)   Koue Oorlog

                   (b)   Kommunisme                                                (2 x 2)    (4)

        1.1.2      Waarom, volgens die bron, wou mense Oos-Europa verlaat?         (2 x 1)    (2)

        1.1.3      Lys DRIE redes waarom Oos-Berlyners gretig was om na Wes-Berlyn
                   te verhuis.                                               (2 x 1)          (2)

        1.1.4      Gebruik die bron en jou eie kennis om te verduidelik waarom
                   Khrushchev die opdrag vir die bou van die Berlynse-muur gegee het.
                                                                                 (2 x 2)      (4)

        1.1.5      Hoe ondersteun die visuele bron die geskrewe bron met betrekking tot
                   die impak van die bou van die Berlynse-muur?                   (1 x 3)     (3)

        1.1.6      Waarom dink jy, was hierdie foto geneem?                         (2 x 2)   (4)

 1.2    Raadpleeg Bron 1B.

        1.2.1      Watter redes voer Standpunt 1 aan vir die bou van die Berlynse-muur?
                                                                                  (2 x 1)     (2)

        1.2.2      Gebruik die bron en jou eie kennis, om te verduidelik hoe die
                   menseregte van die Berlynse burgers geskend was deur die bou van
                   die Berlynse-muur. Verwys na beide Standpunte 1 en 2.         (2 x 2)      (4)

        1.2.3      Verduidelik die betroubaarheid van Bron 1B vir geskiedkundiges wat
                   die redes vir die oprigting van die Berlynse-muur bestudeer.   (2 x 2)     (4)

 1.3    Bestudeer Bron 1C.

        1.3.1      Haal bewyse uit die bron aan wat daarop aandui dat die beweging van
                   Oos-Duitsers na Wes-Duitsland, Oos-Duitsland geaffekteer het. (1 x 2)      (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                   GESKIEDENIS V1                         (SEPTEMBER 2014)

       1.3.2   Waarom, volgens die bron, kon die ekonomie van Oos-Duitsland nie
               ontwikkel nie?                                              (1 x 2)            (2)

       1.3.3   Deur gebruik te maak van die bron, verduidelik wat bedoel word met:
               “die Oos-Duitsers het met hul voete gestem”.                  (1 x 2)          (2)

       1.3.4   Gebruik die bron en jou eie kennis om te verduidelik hoe die oorloop
               van jong, geskoolde en professionele mense die Oos-Duitse
               ekonomie negatief kon affekteer.                                (1 x 2)        (2)

       1.3.5   Gebruik die bron en jou eie kennis om te verduidelik hoe Berlyn die
               fokuspunt van spanning tydens die Koue Oorlog in Duitsland geword
               het.                                                            (2 x 2)        (4)

 1.4   Skryf ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls (80 woorde) waarin jy verduidelik
       waarom ŉ historikus Bron 1A en Bron 1C nuttig sal vind om te begryp wat die
       impak van die bou van die Berlynse-muur op Oos-Wes spanning gehad het.              (8)
                                                                                          [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                          GESKIEDENIS V1                                         5

 VRAAG 2:          WAAROM HET ANGOLA DIE FOKUSPUNT VAN DIE KOUE
                   OORLOG IN AFRIKA GEDURENDE DIE 1970’s EN 1980’s
                   GEWORD?

 Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D om die volgende vrae te beantwoord.

 2.1 Bestudeer Bron 2A.

       2.1.1       Watter land, volgens die bron, het Angola voor 1975 gekoloniseer?
                                                                                  (1 x 2)            (2)

       2.1.2       Deur gebruik te maak van die bron en jou eie kennis, noem TWEE
                   ander lande wat kolonies in Afrika gehad het.                (2 x 1)              (2)

       2.1.3       Watter faktore was, volgens na die bron, verantwoordelik vir die konflik
                   in Angola?                                                        (2 x 1)         (2)

       2.1.4       Verduidelik waarom dink jy dat in die drie Portugese kolonies,
                   “onafhanklikheid ŉ gewapende bevrydingstryd gevolg het.”           (2 x 2)        (4)

       2.1.5       Hoe, dink jy het Portugal se onttrekking, tot konflik in Angola gelei?
                                                                                       (1 x 2)       (2)

       2.1.6       Gebruik die bron en jou eie kennis om die konsep “burgeroorlog”
                   te verduidelik.                                                 (1 x 2)           (2)

       2.1.7       Lewer kommentaar op die betroubaarheid van Bron 2A vir ŉ historikus
                   wat die burgeroorlog in Angola navors.                       (1 x 3)              (3)

 2.2 Verwys na Bron 2B.

       2.2.1       Deur gebruik te maak van die bron, noem die bevrydingsbewegings
                   wat deur die USSR, die VSA en Sjina gedurende die konflik in Angola
                   ondersteun was.                                                (3 x 1)            (3)

       2.2.2       Deur gebruik te maak van die bron en jou eie kennis, verduidelik
                   waarom die bron na die verskeie bewegings in Angola verwys as die
                   “kliente” van die supermoondhede.                                (1 x 2)          (2)

       2.2.3       Deur gebruik te maak van jou eie kennis en die bron, verskaf redes
                   waarom Suid-Afrika in Angola betrokke geraak het.               (2 x 2)           (4)

 2.3 Verwys na Bron 2C.

       2.3.1       Wat is die beperkings van hierdie bron vir ŉ geskiedkundige wat die
                   Angolese Burgeroorlog bestudeer?                                (2 x 2)           (4)

       2.3.2       Hoe ondersteun Bron 2C vir Bron 2B, met betrekking tot Suid-Afrika se
                   betrokkenheid in die Angolese Burgeroorlog?                      (2 x 2)          (4)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                    GESKIEDENIS V1                         (SEPTEMBER 2014)

 2.4 Gebruik Bron 2D.

      2.4.1    Hoe weerspreek (gaan teen) Bron 2C die argument dat die VSA tot
               die Angolese-krisis toegetree het as gevolg van die Kubaanse
               ingryping?                                                   (1 x 2)        (2)

      2.4.2    Hoe, volgens die bron, het die VSA die konflik in Angola aangehits?
                                                                             (2 x 1)       (2)

      2.4.3    Hoe het die konflik tussen die MPLA en UNITA onstabiliteit in die
               Suider-Afrikaanse streek veroorsaak?                            (2 x 2)     (4)

 2.5 Deur gebruik te maak van die bronne en jou eie kennis, skryf ŉ paragraaf van
     omtrent AGT reëls (80 woorde) waarin jy die bruikbaarheid van Bronne 2B,
     2C en 2D vir ŉ historikus verduidelik, wat navorsing doen oor hoe Angola die
     fokuspunt in die Koue Oorlog geraak het.                                              (8)
                                                                                          [50]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                         GESKIEDENIS V1                                        7

 VRAAG 3:          TOT WATTER MATE WAS DESEGREGRASIE IN SKOLE IN DIE
                   VSA GEDURENDE DIE 1950’s BEREIK?

 Bestudeer Bronne 3A, 3B en 3C om die volgende vrae te beantwoord.

 3.1 Verwys na Bron 3A.

       3.1.1       Wat, volgens die bron, was die besluit van die VSA Hooggeregshof in
                   die Brown versus Raad van Onderwys hofsaak?                 (1 x 2)         (2)

       3.1.2       Waarom dink jy, het Goewerneur Orval Faubus se beroep op die
                   Nasionale Mag om die studente toegang tot die skool te verbied,
                   gesien kan word as ŉ skending van die studente se menseregte?
                                                                                 (2 x 2)       (4)

       3.1.3       Wat, volgens die bron, was Martin Luther King Jnr. se beroep op die
                   Amerikaanse president in die lig van die aksie wat geneem was deur
                   Goewerneur Faubus?                                            (1 x 2)       (2)

       3.1.4       Hoe het Eisenhower se ingryping die regering van die VSA
                   bevoordeel?                                                     (2 x 2)     (4)

       3.1.5       Watter groepe mense, volgens die bron, het vas gestaan in hul
                   ondersteuning van die optrede van die Amerikaanse
                   president?                                                    (3 x 1)       (3)

 3.2 Oorweeg Bron 3B.

       3.2.1       Hoe, volgens die foto, het die ouers en die lede van die Nasionale
                   Mag teenoor Elizabeth Eckford gereageer?                        (1 x 2)     (2)

       3.2.2       Waarom dink jy het die wit ouers, en lede van die Nasionale Mag op
                   so ŉ wyse gereageer?                                          (1 x 3)       (3)

 3.3 Gebruik Bronne 3A en 3B.

       3.3.1       Hoe ondersteun Bron 3B vir Bron 3A rakende die behandeling van die
                   swart studente toe hulle by Sentraal Hoërskool aangekom het?
                                                                                (2 x 2)        (4)

       3.3.2       Deur gebruik te maak van Bronne 3A en 3B, verduidelik of jy Martin
                   Luther King Jnr se optrede deur aan die Amerikaanse president te
                   skryf, ondersteun.                                           (2 x 2)        (4)

 3.4 Oorweeg Bron 3C.

       3.4.1       Hoe, volgens die bron, was die Little Rock Nege behandel deur die
                   wit studente by Sentraal Hoërskool?                           (3 x 1)       (3)

       3.4.2       Waarom het die meerderheid van die Little Rock Nege nie weerwraak
                   geneem toe hulle aan rasse-mishandeling blootgestel was nie?(2 x 2)         (4)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                   GESKIEDENIS V1                         (SEPTEMBER 2014)

      3.4.3    Waarom, volgens die bron, het Minniejean Brown op die manier
               gereageer teenoor die twee seuns wat haar in die moeilikheid laat
               beland het?                                                    (1 x 2)     (2)

      3.4.4    Hoe, volgens die bron, was Minniejean Brown deur die skool gestraf?
                                                                           (1 x 1)        (1)

      3.4.5    Verduidelik hoe Sentraal Hoërskool bygedra tot rassisme deur die
               skorsing van Minniejean Brown.                                (2 x 2)      (4)

 3.5 Deur gebruik te maak van die inligting uit die relevante bronne en jou eie
     kennis, skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (80 woorde) waarin jy
     verduidelik of desegregasie van skole in die VSA suksesvol was.                      (8)
                                                                                         [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                     GESKIEDENIS V1                                         9

 AFDELING B: OPSTELVRAE

 Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling.

 VRAAG 4: DIE KOUE OORLOG

 Bespreek tot watter mate Viëtnam suksesvol was om te voorkom dat die VSA ŉ
 kapitalistiese stelsel in die 1960’s en 1970’s ingestel het.                              [50]

 VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA – TANZANIË

 “Na onafhanklikheidswording het baie Afrika-lande verskillende moontlikhede en
 beperkinge met betrekking tot hul eie ontwikkeling in die gesig gestaar.”

 Stem jy saam met hierdie stelling? Bespreek hierdie stelling krities deur te fokus
 op die ekonomiese suksesse en uitdagings wat beide Tanzanië en die Kongo in die
 gesig gestaar het.                                                                        [50]

 VRAAG 6: BURGERLIKE BETOGINGS IN DIE VSA, 1950’s TOT 1960’s

 “Die Swartmagbeweging was gebaseer op die filosofie dat Afro-Amerikaners hul
 eie lot en kultuur moet bepaal. In die verwesenliking van hierdie doel was hulle
 bereid om geweld as ŉ middel tot ŉ einde, te gebruik.”

 Bespreek hierdie stelling krities deur spesifiek te verwys na die belangrike rol wat
 Malcolm X en Stokey Carmichael in die Swartmagbeweging van die 1960’s
 gespeel het.                                                                              [50]

                                                              TOTAAL AFDELING B:            50
                                                                  GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

## Related documents

- [HISTORY P2 ADD GR12 SEPT2014 (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-add-gr12-sept2014-afr/eed60833-7a75-4958-a8dd-2cab09ac22e9) — History · QP · 2014 · Afr
- [History P1 (SG) (English) June 2014 QP](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-sg-english-june-2014-qp/4cee2274-271e-4435-91c3-0840a3727422) — History · QP · 2014 · Eng
- [History P1 Nov 2014 Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2014-eng/89668a5f-bd22-4e52-9e37-55411cf74229) — History · QP · 2014 · Eng
- [History P1 Nov 2014 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2014-afr/ea332f92-48ce-4d55-9cb0-0d24da82e036) — History · QP · 2014 · Afr
- [History P1 Feb-March 2014 Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-feb-march-2014-eng/496bdf16-b408-425c-be6e-3a997a135e8d) — History · QP · 2014 · Eng
- [HISTORY P1 GR12 QP SEPT 2022 English](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept-2022-english/7d70aa79-8b7f-4051-9c8d-9f24785f3b0d) — History · QP · 2022 · Eng

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P1 ADDENDUM September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p1-addendum-september-2025-north-west/50efe0f8-d43f-4981-9053-03ea7c90b109) — Addendum · 2025
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
