# History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2015 QP (Afr)

> Grade 12 History Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2015 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/hist-p1-gr12-qp-afr-sep-2015/91acab09-4b39-45b0-95e7-2d15c5fefbe8
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2015 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/hist-p1-gr12-qp-afr-sep-2015/91acab09-4b39-45b0-95e7-2d15c5fefbe8)

## About this document

History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2015. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2015

                     GESKIEDENIS V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                               *HISTA1*

                   Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  GESKIEDENIS V1                     (EC/SEPTEMBER 2015)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.   Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die
      voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

      AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

      VRAAG 1:        DIE KOUE OORLOG: DIE OORSPRONG VAN DIE KOUE
                      OORLOG

      VRAAG 2:        ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA

      VRAAG 3:        BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950’s TOT DIE 1970’s –
                      BURGERREGTEBEWEGING

      AFDELING B: OPSTELVRAE

      VRAAG 4:        UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
                      VIËTNAM

      VRAAG 5:        ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE
                      – DIE KONGO EN TANZANIË

      VRAAG 6:        BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950’s TOT DIE 1970’s:
                      DIE SWARTMAGBEWEGING

 2.   AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
      benodig word om brongebaseerde vrae te beantwoord kan in die ADDENDUM
      gevind word.

 3.   AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

 4.   Beantwoord DRIE vrae soos volg:

      4.1 Ten minste EEN (1) moet ŉ brongebaseerde vraag wees, en ten minste
          EEN (1) moet ŉ opstelvraag wees.

      4.2 Die DERDE vraag kan ŉ brongebaseerde vraag of ŉ opstelvraag wees.

 5.   Leerders word aangeraai om nagenoeg ŉ uur op elke vraag te spandeer.

 6.   In die beantwoording van vrae moet kandidate hul kennis, vaardighede en insig
      gebruik.

 7.   Blote oorskryf van die bronne as antwoorde sal tot nadeel van kandidate wees.

 8.   Vrae en onderafdelings van vrae moet duidelik en korrek genommer word met
      behulp van dieselfde nommeringstelsel as in die vraestel gebruik word.

 9.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                   GESKIEDENIS V1                                         3

 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

 Beantwoord ten minste EEN vraag maar nie meer as TWEE vanuit hierdie afdeling.
 Bronmateriaal wat gebruik word om die vrae te beantwoord kan in die ADDENDUM
 gekry word.

 VRAAG 1:       HOE HET DIE BERLYNSE BLOKKADE DIE KOUE OORLOG
                SPANNING TUSSEN DIE VSA EN DIE SOWJETUNIE VERSKERP?

 Bestudeer bronne 1A, 1B en 1C en beantwoord die volgende vrae.

 1.1 Verwys na Bron 1A.

       1.1.1    Omskryf die konsep inperkingsbeleid, in jou eie woorde.          (1 x 2)     (2)

       1.1.2    Wat, volgens die bron, het George Marshall omtrent die na-oorlogse
                omstandighede in Europa uitgevind?                            (1 x 2)        (2)

       1.1.3    Waarom, dink jy, was Truman gewillig om Oos-Europese state met
                ekonomiese hulp te ondersteun?                             (2 x 2)           (4)

       1.1.4    Volgens die bron, hoe het Stalin op die Marshall-plan gereageer?
                                                                               (3 x 1)       (3)

       1.1.5    Verduidelik of Stalin se reaksie teenoor die Marshall-plan geregverdig
                was.                                                            (2 x 2)      (4)

 1.2 Bestudeer Bron 1B.

       1.2.1    Waarom, volgens die geskrewe bron, was die Berlynse Blokkade as ŉ
                belangrike gebeurtenis in die Koue Oorlog beskou?          (1 x 2)           (2)

       1.2.2    Verduidelik waarom Stalin besluit het om die blokkade van Berlyn te
                implementeer.                                                  (2 x 2)       (4)

       1.2.3    Lewer kommentaar oor hoe die bewyse in die visuele bron die
                inligting in die geskrewe bron met betrekking tot die Berlynse Lugbrug
                ondersteun.                                                      (2 x 2)     (4)

       1.2.4    Gee DRIE voorbeelde van bewyse vanuit die geskrewe bron wat
                aandui dat die Berlynse Lugbrug suksesvol was.            (3 x 1)            (3)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                   GESKIEDENIS V1                      (EC/SEPTEMBER 2015)

 1.3 Gebruik Bron 1C.

      1.3.1    Wat, volgens die geskrewe bron, was die DRIE hoofkwessies waaroor
               die wêreld met betrekking tot Berlyn mislei is?            (3 x 1)        (3)

      1.3.2    Verduidelik waarom Kennedy na die Berlynse Muur verwys het as ŉ
               oortreding teen die mensdom.                               (2 x 2)        (4)

      1.3.3    Verduidelik waarom, volgens Kennedy, die wêreld vir die stad Berlyn
               respek het.                                                   (1 x 3)     (3)

 1.4 Lewer kommentaar oor hoe die inligting in Bron 1C die bewyse in Bron 1B
     ondersteun met betrekking tot die VSA se ingryping in Duitsland.     (2 x 2)        (4)

 1.5 Deur gebruik te maak van die inligting in die relevante bronne en jou eie
     kennis, skryf ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde)
     waarin jy verduidelik hoe die Berlynse Blokkade die Koue Oorlogspanning
     tussen die Verenigde State van Amerika en die Sowjetunie verskerp het.              (8)
                                                                                        [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                  GESKIEDENIS V1                                          5

 VRAAG 2:       WAT WAS DIE IMPAK VAN DIE SLAG VAN CUITO CUANAVALE
                OP BEIDE SUID-AFRIKA EN ANGOLA?
 Bestudeer bronne 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die volgende vrae.
 2.1 Verwys na Bron 2A.
       2.1.1    Noem die TWEE gewapende groepe wat, volgens die bron by die Slag
                van Cuito Cuanavale, betrokke was.                        (2 x 1)            (2)
       2.1.2    Waarom, volgens die bron, was die Suid-Afrikaanse troepe gedwing
                om uit Angola te onttrek?                                    (1 x 2)         (2)
       2.1.3    Waarom was die Slag van Cuito Cuanavale na verwys as ŉ keerpunt
                in die Angolese oorlog? Gee TWEE redes.                    (2 x 1)           (2)
       2.1.4    Lewer kommentaar oor waarom jy dink sommige lede van die Suid-
                Afrikaanse regering die onttrekking uit Angola beskou het as ŉ
                “strategiese onttrekking eerder as ŉ nederlaag”.               (2 x 2)       (4)
 2.2 Gebruik Bron 2B.
       2.2.1    Waarom, volgens die bron, het Fidel Castro besluit om troepe en
                wapens na Angola te stuur?                                     (3 x 1)       (3)
       2.2.2    Wat was die finale uitslag van die Slag van Cuito Cuanavale
                volgens die inligting in die bron?                               (1 x 2)     (2)
       2.2.3    Kies VIER stukke bewyse vanuit die bron wat aandui waarom die
                Suid-Afrikaanse weermag nie in staat was om die Kubaanse militêre
                magte te verslaan nie.                                       (4 x 1)         (4)
 2.3 Verwys na bronne 2A en 2B. Verduidelik hoe die inligting in hierdie bronne die
     siening ondersteun dat die SAW hul magte onttrek het.                   (2 x 2)         (4)
 2.4 Bestudeer Bron 2C.
       2.4.1    Watter boodskappe word deur die foto oorgedra?                   (2 x 2)     (4)
       2.4.2    Verduidelik of die bewyse in die bron as betroubaar beskou kan word
                vir ŉ geskiedkundige wat die Slag van Cuito Cuanavale navors. (2 x 2)        (4)
       2.4.3    Lewer kommentaar oor waarom jy die bron as bevooroordeeld sou
                beskou.                                                    (1 x 3)           (3)
 2.5 Verwys na Bron 2D.
       2.5.1    Waarom was Amerika se betrokkenheid in die Angolese konflik
                blootgestel?                                                (2 x 2)          (4)
       2.5.2    Die VSA het beweer dat hulle slegs in die Angolese konflik betrokke
                geraak het nadat die Kubaanse soldate daar ontplooi was. Verduidelik
                of hierdie bewering geldig is.                                  (2 x 2)      (4)
 2.6 Deur gebruik te maak van die inligting in die relevante bronne en jou eie
     kennis, skryf ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde)
     waarin jy die impak van die Slag van Cuito Cuanavale op beide Suid-Afrika en
     Angola verduidelik.                                                                     (8)
                                                                                            [50]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                   GESKIEDENIS V1                       (EC/SEPTEMBER 2015)

 VRAAG 3:      HOE SUKSESVOL WAS DIE DESEGREGRASIE VAN SKOLE IN
               LITTLE ROCK, ARKANSAS, GEDURENDE DIE 1950’s?

 Bestudeer bronne 3A, 3B,3C en 3D en beantwoord die volgende vrae.

 3.1 Bestudeer Bron 3A.

      3.1.1    Wat, volgens die bron, was die betekenisvolheid (belangrikheid) van
               die Hooggeregshof se besluit in die Brown v Raad van
               Onderwyssaak?                                                  (1 x 2)     (2)

      3.1.2    Verduidelik hoe Orval Faubus op skool desegregrasie gereageer het.
                                                                           (1 x 2)        (2)

      3.1.3    Waarom, dink jy, het Faubus besluit om die Hooggeregshof se bevel
               van 1957 te verontagsaam?                                   (2 x 2)        (4)

      3.1.4    Verduidelik tot watter mate President Eisenhower se besluit om
               federale troepe na Little Rock te stuur, geregverdig kan word.
               Verduidelik jou antwoord.                                      (2 x 2)     (4)

      3.1.5    Lewer kommentaar op die redes wat Faubus gemotiveer het om alle
               hoërskole in 1958 te sluit.                               (2 x 2)          (4)

 3.2 Verwys na Bron 3B.

      3.2.1    Hoe dink jy sou Afro-Amerikaanse studente, soos uitgebeeld in die
               foto, met hul aankoms by Sentraal Hoërskool gevoel het?       (2 x 2)      (4)

      3.2.2    Waarom was die Nasionale Wag by Sentraal Hoërskool in 1957
               ontplooi?                                                 (1 x 2)          (2)

 3.3 Verduidelik hoe die inligting in Bron 3B die bewyse in Bron 3A met betrekking
     tot die aksies van Faubus ondersteun.                                   (2 x 2)      (4)

 3.4 Bestudeer Bron 3C.

      3.4.1    Watter bewyse in die bron suggereer dat die deelnemers in dié
               betoging teen rasse-integrasie van skole gekant was?
               Gebruik visuele leidrade in die bron om jou antwoord te ondersteun.
                                                                              (3 x 1)     (3)

      3.4.2    Lewer kommentaar op die gemoedstoestand van die skare met
               betrekking tot die integrasie van skole.                  (1x 2)           (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                   GESKIEDENIS V1                                         7

 3.5 Raadpleeg Bron 3D.

       3.5.1    Waarom, volgens die bron, was die Little Rock Nege beskou as
                kampioene van skoolintegrasie?                               (1 x 2)         (2)

       3.5.2    Watter werk, volgens die bron, doen die Little Rock Nege-stigting?
                                                                                (2 x 1)      (2)

       3.5.3    Wat is die kernboodskap van die bron met betrekking tot die Little
                Rock Nege-insident?                                             (2 x 2)      (4)

       3.5.4    Verduidelik die belangrikheid van die Little Rock Nege-insident in die
                konteks van die stryd om gelyke onderwys in die 1950’s.          (1 x 3)     (3)

 3.6 Deur gebruik te maak van die inligting in die relevante bronne en jou eie
     kennis, skryf ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde)
     waarin jy verduidelik tot watter mate rasse-integrasie van skole in Little Rock,
     Arkansas in die 1950’s suksesvol was.                                                  (8)
                                                                                           [50]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                   GESKIEDENIS V1                       (EC/SEPTEMBER 2015)

 AFDELING B: OPSTELVRAE

 Beantwoord ten minste EEN vraag vanuit hierdie afdeling.

 VRAAG 4: DIE KOUE OORLOG

 Al die militêre mag en finansiële oorheersing van die VSA kon nie die
 vasbeslotenheid van ŉ patriotiese Vietnam in hul stryd tot vryheid en eenheid demp
 nie.

 Stem jy saam met hierdie stelling? Ondersteun jou antwoord deur na die VSA se
 betrokkenheid in die oorlog in Vietnam te verwys.                                       [50]

 VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA – TANZANIȄ

 Bespreek krities die uitdagings en die suksesse wat post-onafhanklike Tanzanië en
 Kongo in die politieke en ekonomiese sfere in die gesig gestaar het. Gebruik
 relevante voorbeelde om jou antwoord te ondersteun.                                     [50]

 VRAAG 6: BURGERLIKE SAMELEWING PROTES IN DIE VSA, 1950’s TOT
          1960’s

 “Rewolusies word nooit geveg deur die ander wang te gee nie. Rewolusies is nooit
 gebaseer op die beginsel dat jy jou vyand moet liefhê en bid vir diegene wat jou
 geniepsig gebruik nie. En rewolusies word nie gevoer deur ‘Ons sal oorkom’ te
 sing nie. Rewolusies is gebaseer op bloedvergieting.’’ (Malcolm X, 8 April 1964)

 Deur na hierdie stelling te verwys, bespreek die strategieë van die
 Swartmagbeweging in hul stryd vir politieke regte vir Afro-Amerikaners in die
 1960’s.                                                                                 [50]

                                                                           TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [History P1 June July 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-june-july-2015-eng/7d529eb9-2c0d-45a5-8a7a-c9e27cbc9665) — History · QP · 2015 · Eng
- [History P1 Feb March 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-feb-march-2015-afr/f25eb9bf-58a9-4d1b-9c73-2af2dae573a6) — History · QP · 2015 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 QP SEPT 2022 English](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept-2022-english/7d70aa79-8b7f-4051-9c8d-9f24785f3b0d) — History · QP · 2022 · Eng
- [HISTORY P1 GR12 QP SEPT2021 English](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept2021-english/622702f7-c33f-4046-ba6c-1effad7e7f25) — History · QP · 2021 · Eng
- [HISTORY P1 GR12 QP SEPT2020 Sesotho](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept2020-sesotho/47f0302e-0c89-4c6c-8c7d-bd87ae8dd529) — History · QP · 2020 · Sesotho
- [HISTORY P1 GR12 QP SEPT 2019 English](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept-2019-english/f1c8a44b-2e00-4fd5-9561-e7cf83b1389c) — History · QP · 2019 · Eng

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
