# History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2012 QP (Afr)

> Grade 11 History Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2012 (Afrikaans), 8 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/hist-p1-n12-qp-afr/73e96484-df84-4507-969e-9159dcce14d2
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 8

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/history) › [History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2012 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/hist-p1-n12-qp-afr/73e96484-df84-4507-969e-9159dcce14d2)

## About this document

History · Grade 11 · Eastern Cape November · 2012. Question paper, 8 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                  Province of the
                  EASTERN CAPE
                  EDUCATION

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 11

                       NOVEMBER 2012

                       GESKIEDENIS V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                             *HISTA1*

                  Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye en ŉ
                           addendum van 6 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                 GESKIEDENIS V1                         (NOVEMBER 2012)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit DRIE vrae gebaseer op die voorgeskrewe
     inhoud soos vervat in die riglyn-dokument:

     VRAAG 1:      UITDAGINGS VIR KAPITALISME

     VRAAG 2:      DIE KRISIS VAN KAPITALISME

     VRAAG 3:      KOMPETERENDE NASIONALISMES EN IDENTITEITE IN AFRIKA

2.   Elke vraag tel 75 punte, waarvan 45 punte toegeken word vir die bron-
     gebaseerde vraag en 30 punte vir die uitgebreideskryfwerk-vraag.

3.   Kandidate moet TWEE vrae te beantwoord.

4.   By die beantwoording van vrae behoort die kandidate hulle kennis,
     vaardighede en insig gebruik.

5.   ŉ Blote oorskryf van bronne as antwoorde sal kandidate benadeel.

6.   Skryf netjies en leesbaar.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012)                       GESKIEDENIS V1                                        3

 VRAAG 1                HOE HET DIE VYFJAARPLANNE RUSLAND IN ŉ MAGTIGE
                        STAAT OMSKEP?

 Bestudeer bronne 1A, 1B, en 1C om die volgende vrae te beantwoord.

 1.1    Bestudeer Bron 1A:

        1.1.1     Wat, volgens die bron, was die redes vir Stalin se kollektivisering
                  van die landbou?                                                 (2x1)    (2)

        1.1.2     Gebruik die bron en jou eie kennis om die volgende begrippe te
                  definieer:

                  (a)      Kollektivisering                                        (1x2)    (2)

                  (b)      Meganisering                                            (1x2)    (2)

        1.1.3     Was die Russiese kleinboere ten gunste van hierdie
                  kollektiviseringsproses?

                  Haal TWEE stukke bewyse aan vanuit die bron om jou antwoord te
                  staaf.                                                   (2x1)            (2)

 1.2    Verwys na Bron 1B:

        1.2.1     Hoe sal ŉ geskiedenis-onderwyser hierdie bron gebruik om die
                  doelwitte van Stalin se Vyfjaarplanne te verduidelik?       (1x2)         (2)

        1.2.2     Wat word bedoel met die term “Koelak”?                           (1x2)    (2)

        1.2.3     Gebruik jou eie kennis en verduidelik die reaksie van die Koelakke
                  teenoor die beleid van kollektivisering.                       (2x1)      (2)

        1.2.4     Gebruik jou eie kennis om die impak van die Koelakke se reaksie
                  op die Russiese ekonomie te beskryf.                        (2x2)         (4)

        1.2.5     Wat was Stalin se reaksie op die Koelakke?                       (2x1)    (2)

        1.2.6     Hoe bruikbaar is die bron vir ŉ historikus wat die kollektivisering
                  van die Russiese landbou tydens die Eerste Vyfjaarplan
                  bestudeer?                                                        (1x3)   (3)

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                 GESKIEDENIS V1                          (NOVEMBER 2012)

1.3   Gebruik Bron 1C:

      1.3.1   Hoe, volgens die bron, het kollektivisering bygedra tot die
              industriële ontwikkeling van Rusland tydens die Vyfjaarplanne?
                                                                           (2x1)      (2)

      1.3.2   Wat vertel die woord “vreesbevange” jou van Stalin se houding
              teenoor kleinboere?                                          (1x2)      (2)

      1.3.3   Hoe ondersteun Bron 1A vir Bron 1C met betrekking tot die
              doelwitte van Stalin se Vyfjaarplanne?                         (1x2)    (2)

      1.3.4   Verduidelik die tekortkominge van hierdie bron vir geskiedenis-
              studente.                                                     (2x2)     (4)

1.4   Verwys na Bron1D:

      1.4.1   Waaraan sal jy die lae ekonomiese syfers van 1927 toeskryf? (1x2)       (2)

      1.4.2   Waarom was die pas van ekonomiese ontwikkeling tussen die jare
              1927 tot 1933 so stadig met vergelyking tot die tydperk 1933 tot
              1937?                                                         (1x2)     (2)

      1.4.3   Gebruik die bron en jou eie kennis om te verduidelik waarom die
              Derde Vyfjaar Plan nooit geïmplementeer was nie.             (1x2)      (2)

1.5   Gebruik al die bronne en jou eie kennis en skryf ŉ paragraaf van ongeveer
      SES reëls (60 woorde) waarin jy verduidelik hoe die implementering van die
      Vyfjaarplanne die menseregte van die Russiese kleinboere geskend het.           (6)

1.6   UITGEBREIDE SKRYFWERK
      (Jou antwoord moet ongeveer 2 bladsye lank wees).

      Beantwoord EEN van die volgende vrae: VRAAG 1.6.1 OF 1.6.2.

      1.6.1   “Die kollektivisering van die landbou was veronderstel om die
              vinnige industrialisasie van Rusland in die jare 1928 – 41 aan te
              moedig”.

              Stem jy saam met hierdie stelling? Staaf jou antwoord.                  (30)

                                              OF

      1.6.2   Beskryf hoe Stalin Rusland vanaf ŉ agtergeblewe land tot ŉ
              supermoondheid omskep het teen die jaar 1945.                           (30)
                                                                                      [75]

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012)                      GESKIEDENIS V1                                      5

 VRAAG 2          WATTER FAKTORE HET BYGEDRA TOT DIE TYDPERK VAN
                  EKONOMIESE WELVAART IN DIE V.S.A. IN DIE 1920’s?

 Bestudeer bronne 2A, 2B, 2C en 2D om die volgende vrae te beantwoord.

 2.1    Verwys na Bron 2A:

        2.1.1     Wat, volgens die bron, was die hoofdoel van die
                  Fordney-McCumber-tarief?                                      (1x2)    (2)

        2.1.2     Gebruik die bron en jou eie kennis om te verduidelik hoe hierdie
                  tarief Amerikaanse besighede beskerm het.                     (2x2)    (4)

        2.1.3     Hoekom het die landbou nie voordeel uit hierdie tarief getrek nie?
                                                                                 (2x2)   (4)

        2.1.4     Was die tarief suksesvol in die skepping van welvaart in die
                  Amerikaanse ekonomie? Haal aan vanuit die bron om jou antwoord
                  te staaf.                                                    (1x3)     (3)

        2.1.5     Waarom dink jy het die VSA ŉ tydperk van welvaart beleef as
                  gevolg van die na-oorlogse toestande in die buiteland?      (2x2)      (4)

 2.2    Bestudeer Bron 2B:

        2.2.1     Hoe, volgens die bron, kon gewone mense bekostig het om
                  verbruikersgoedere te koop?                                   (1x1)    (1)

        2.2.2     Watter finansiële instellings het krediet aan mense gegee?    (1x1)    (1)

        2.2.3     Gebruik die bron en jou eie kennis om te verduidelik hoe finansiële
                  instellings geld gemaak het deur krediet aan verbruikers te bied.
                                                                                 (1x2)   (2)

        2.2.4     Gebruik die bron en jou eie kennis om te verduidelik hoe
                  “kredietaankope" bygedra het tot die tydperk van welvaart in die
                  1920’s.                                                        (2x2)   (4)

        2.2.5     Hoe ondersteun hierdie bron die “Amerikaanse Droom”?          (1x2)    (2)

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                GESKIEDENIS V1                          (NOVEMBER 2012)

2.3   Bestudeer Bron 2C:

      2.3.1   Hoe, volgens die bron, kon gewone mense hulself verryk?       (1x1)    (1)

      2.3.2   Verduidelik hoe mense geld maak deur in aandele te belê.      (2x1)    (2)

2.4   Verwys na Bron 2D:

      2.4.1   Noem enige TWEE bedrywe wat deur die motorbedryf gestimuleer
              was.                                                    (2x1)          (2)

      2.4.2   Met verwysing na die bron, watter motor was in 1926 in die VSA
              geproduseer?                                                 (1x1)     (1)

      2.4.3   Gebruik die bron en jou eie kennis om te verduidelik hoe die
              motorbedryf ekonomiese groei gestimuleer het.                (2x1)     (2)

      2.4.4   Hoe verskil Bron 2D van Bron 2A met betrekking tot die ontstaan
              en impak van die “Boom”.                                     (2x2)     (4)

2.5   Gebruik al die bronne en jou eie kennis en skryf ŉ paragraaf van ongeveer
      SES reëls (60 woorde) waarin jy die nuttigheid (bruikbaarheid) van die
      bronne verduidelik aan ŉ historikus wat die ekonomiese welvaart van mense
      in die VSA in die 1920’s bestudeer.                                            (6)

2.6   UITGEBREIDE SKRYFWERK
      (Jou antwoord moet ongeveer 2 bladsye lank wees).

      Beantwoord EEN van die volgende vrae: VRAAG 2.6.1 OF 2.6.2.

      2.6.1   Bespreek die faktore wat bygedra het tot die tydperk van welvaart in
              die VSA gedurende die 1920’s.                                          (30)

                                              OF

      2.6.2   "Welvaart in die VSA in die 1920’s is hoofsaaklik geskep deur die
              Republikeinse beleid".

              Bespreek die geldigheid van hierdie stelling deur te verwys na die
              faktore wat gelei het tot die ekonomiese oplewing van die 1920’s.      (30)
                                                                                     [75]

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012)                        GESKIEDENIS V1                                     7

 VRAAG 3          WAT WAS OORSAKE EN AARD VAN KLEURLING- EN INDIESE
                  NASIONALISME?

 Verwys na bronne 3A, 3B, en 3C om die volgende vrae te beantwoord.

 3.1    Verwys na Bron 3A:

        3.1.1     Gebruik die bron en jou eie kennis om die volgende terme te
                  verduidelik:

                  (a)     Kleurlinge                                             (1x2)    (2)

                  (b)     Apartheid                                              (1x2)    (2)

        3.1.2     Hoe, volgens die bron, het die Nasionale Party die Kleurling-
                  kwessie benader?                                              (2x1)     (2)

        3.1.3     Wat was die impak van die Wet op Afsonderlike Verteenwoordiging
                  van 1951 op Kleurlinge?                                   (2x2)         (4)

        3.1.4     Haal bewyse uit die bron aan wat daarop dui dat Kleurlinge teen
                  die Nasionale Party gekant was.                               (2x2)     (4)

        3.1.5     Waarom, dink jy, het Kleurlinge by die Versetveldtog aangesluit?
                                                                               (2x2)      (4)

 3.2    Bestudeer Bron 3B:

        3.2.1     Waarom, dink jy, het die Nasionale Party Kleurlinge uit Distrik Ses
                  verwyder?                                                       (1x2)   (2)

        3.2.2     Noem TWEE plekke waar Kleurlinge hervestig was as gevolg van
                  hierdie gedwonge verskuiwings.                           (2x1)          (2)

        3.2.3     Kan die gedwonge verskuiwing van Kleurlinge geregverdig
                  word? Verduidelik jou antwoord.                                (2x2)    (4)

        3.2.4     Hoe ondersteun die visuele bron die geskrewe bron met
                  betrekking tot die lewensomstandighede van die Kleurlinge? (1x2)        (2)

        3.2.5     Watter sosiale euwels is gebore uit hierdie gedwonge
                  verskuiwings wat Kleurlinge vandag nog steeds benadeel?        (2x2)    (4)

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                  GESKIEDENIS V1                          (NOVEMBER 2012)

3.3   Raadpleeg Bron 3C:

      3.3.1    Watter wet het Indiërs verhoed om meer grond in Natal te verkry
               na 1943?                                                     (1x1)      (1)

      3.3.2    “... was verwerp deur die Indiese leiers”

               Wat kan ons hieruit leer oor die houding van Indiërs teenoor die
               Apartheidsregering?                                            (1x2)    (2)

      3.3.3    Bepaal die bruikbaarheid van hierdie bron vir historici wat die
               Indiese bydrae in die bevrydingstryd van Suid-Afrika navors. (2x2)      (4)

3.4   Gebruik al die bronne en jou eie kennis om ŉ paragraaf van ongeveer SES
      reëls (60 woorde) te skryf waarin jy verduidelik waarom Kleurlinge en Indiërs
      hulle met die Swart verset-beweging geïdentifiseer het.                          (6)

3.5   UITGEBREIDE SKRYFWERK
      (Jou antwoord moet ongeveer 2 bladsye lank wees).

      Beantwoord EEN van die volgende vrae: VRAAG 3.5.1 OF 3.5.2.

      3.5.1    Verduidelik waarom Kleurlinge en Indiërs besluit het om kragte
               saam te snoer met die Swart bevrydingsbeweging in Suid-Afrika.          (30)

                                                OF

      3.5.2    “Minderheidsgroepe het geen ander opsie gehad as om saam met
               die ANC te werk nie”.

               Stem jy saam met hierdie stelling? Verduidelik jou antwoord deur
               te verwys na die rol van Kleurlinge en Indiërs in die bevrydingstryd
               van Suid-Afrika.                                                        (30)
                                                                                       [75]

                                                                         TOTAAL:       150

## Related documents

- [HIST P1 N12 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/hist-p1-n12-qp-eng/89441aee-7596-4786-bda9-7bdfdd3373a6) — History · QP · 2012 · Eng
- [HIST P1 N12 ADD Afr](https://www.hlayiso.com/library/hist-p1-n12-add-afr/04035f96-dc88-432c-97e4-e95c823b77cc) — History · QP · 2012 · Afr
- [HIST P1 N12 MEMO Eng](https://www.hlayiso.com/library/hist-p1-n12-memo-eng/160cde38-c08c-4938-9e13-72cd7f21b251) — History · Memo · 2012 · Eng
- [HIST P1 N12 MEMO Afr](https://www.hlayiso.com/library/hist-p1-n12-memo-afr/ce608a67-20f7-43eb-80fd-a1f11da993d9) — History · Memo · 2012 · Afr
- [GESKIED-V2 QP GR11 2012 AFR](https://www.hlayiso.com/library/geskied-v2-qp-gr11-2012-afr/0033c37c-bce3-4657-a06b-0d2ce992acc4) — History · QP · 2012 · Afr
- [HISTORY P1 GR11 QP NOV 2022 English](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-qp-nov-2022-english/fd4dd7ff-e9df-40b3-b9aa-23b5e481a143) — History · QP · 2022 · Eng

## More from Grade 11 History

- [Grade 11 History P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-history-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1/9fdb86cf-1aac-4c90-9f22-a176bf0d4d37) — Memo · 2026 · Eng
- [Gr 11 His ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-his-atp-2023-24/4c199bf3-d253-42ae-b90d-b030dfc6ecc2) — ATP
- [EC History Grade 11 June 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-history-grade-11-june-2025-p2-and-memo/0051e460-14cf-43df-a19e-374c9f6a797a) — QP + Memo · 2025
- [GRADE 11 HISTORY P1 NOVEMBER 2025 MG watermark](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-history-p1-november-2025-mg-watermark/15706ac6-5464-4f6c-87c6-1a03afff8695) — Memo · 2025
- [HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/13c2bd17-2125-463d-a4b3-95b539b0a7de) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2025 AFRIK watermark](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-memo-gr11-nov-2025-afrik-watermark/89cc90d4-f7ff-4580-84ad-6c4b84e16560) — Memo · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
