# History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2013 Addendum (Afr)

> Grade 12 History Paper 1 addendum from the Eastern Cape Mock Exam 2013 (Afrikaans), 10 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/hist-p1-s13-addendum-afr/89fa8145-0111-4d54-8da1-d9e38fc4ad49
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Addendum
- Year: 2013
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2013 Addendum (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/hist-p1-s13-addendum-afr/89fa8145-0111-4d54-8da1-d9e38fc4ad49)

## About this document

History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2013. Addendum, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

   Province of the
   EASTERN CAPE
   EDUCATION

           NASIONALE
       SENIOR SERTIFIKAAT

             GRAAD 12

        SEPTEMBER 2013

        GESKIEDENIS V1
          ADDENDUM

   Hierdie addendum bestaan uit 10 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                          GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                    (SEPTEMBER 2013)

VRAAG 1:     HOE HET DIE KUBAANSE MISSIELKRISIS BYGEDRA TOT KOUE-
             OORLOGSPANNING TUSSEN DIE VSA EN RUSLAND IN DIE 1960’s?

BRON 1A

Die volgende bron is ŉ uittreksel geneem uit N. Chroesjtsjof se memoires, geskryf in
die laat 1960’s, wat die ontplooiing van die Sowjet-missiele in Kuba regverdig.

Almal het saamgestem dat Amerika Kuba nie sal uitlos tensy ons nie iets gedoen het
nie. Ons het ŉ verpligting gehad om alles in ons vermoë te doen om Kuba se bestaan
as ŉ Kommunistiese land, en as ŉ werkende voorbeeld aan ander lande in Latyns-
Amerika, te beskerm. Ek wil een ding baie duidelik maak. Ons het geen begeerte
gehad om ŉ oorlog te begin nie. Net ŉ dwaas sou dink dat ons die Amerikaanse
vasteland wou binneval vanaf Kuba. Ons doel was die teenoorgestelde. Ons wou die
Amerikaners verhoed om Kuba binne te val.
                               [Vanuit: Essential Modern World History deur S. Waugh]

BRON 1B

Hierdie foto was geneem tydens die toppunt van die Kubaanse missielkrisis.

                                                    [Vanuit: transgriot.blogspot.com]

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)            GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                   3

 BRON 1C

 Hierdie spotprent was in die Daily Express gepubliseer, ŉ Britse koerant, in Oktober
 1962. President Kennedy en Chroesjtsjof word gesien as cowboys; Kastro is op die
 donkie.

                                                                                  Chroesjtsjof

                                                          Kastro

                                            Kennedy

                               [Vanuit: Modern World History deur N. Kelly en G. Lacey]

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                            GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                       (SEPTEMBER 2013)

VRAAG 2:      WAS JULIUS NYERERE SE BELEID VAN SOSIALISME ŉ SUKSES IN
              TANZANIË?

BRON 2A

Die volgende uittreksel gee ŉ beter begrip van wat Nyerere bedoel het met Ujamaa.

‘Ujamaa’, destyds, of ‘familie’, beskryf ons sosialisme. Dit is gekant teen kapitalisme,
wat daarop gemik is om ŉ gelukkige samelewing te bou op die basis van die uitbuiting
van die mens deur mens; en dit is net so gekant teen die filosofie van sosialisme, wat
daarop gemik is om ŉ gelukkige samelewing te bou op die filosofie van die
onvermydelike konflik tussen mens en mens. Ons, in Afrika het nie nodig om na
sosialisme te ‘bekeer’ of om oor demokrasie “geleer” te word nie. Albei is gewortel in
ons verlede – in die tradisionele samelewing, wat ons geproduseer het.

Ujamaadorpe is veronderstel om sosialistiese organisasies te wees wat deur die
mense geskep is en beheer word deur diegene wat in hulle woon en werk ... Niemand
kan gedwing word na ŉ Ujamaadorp nie ... ŉ Ujamaadorp is ŉ vrywillige vereniging van
mense wat vrywillig besluit het om saam te leef en saam te werk vir gemeenskaplike
voordeel ... dit is belangrik dat dit deeglik verstaan word.
                         [Vanuit: Ujamaa, die Basis van Afrika-sosialisme deur J. Nyerere]

BRON 2B

Hierdie bron verduidelik die suksesse van die Ujamaabeleid tussen die jare 1967 en
1978.

                                           [Vanuit: History for all deur Elsabe Brink et al]

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)             GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                     5

 VRAAG 3:          WATTER VORME VAN BURGERLIKE VERSET HET IN DIE VERENIGDE
                   STATE VAN AMERIKA (VSA) IN DIE 1960’s PLAASGEVIND?

 BRON 3A

 Dit is ŉ uittreksel vanuit ŉ toespraak deur Martin Luther King Jr. op 28 Augustus 1963
 op die trappe van die Lincoln Memorial.

 Ons is vertroud met (gewoond) aan vernedering, met beledigende taal, en ons is
 gedompel in die afgrond van onderdrukking. En ons het besluit om in opstand te kom
 met die wapen van protes alleenlik. Dit is een van die grootste heerlikhede van
 Amerika dat ons die reg het om te protesteer.

 As ons elke dag in hegtenis geneem word, as ons elke dag uitgebuit word, as ons elke
 dag vertrap word; moet nooit toelaat dat iemand jou so laag sal trek dat jy hulle haat
 nie. Ons moet die wapen van liefde gebruik teen diegene wat ons haat. Ons moet
 deernis (empatie) en begrip het vir diegene wat ons haat. Ons moet besef dat so baie
 mense geleer word om ons te haat, dat hulle nie geheel en al verantwoordelik is vir hul
 haat nie. Maar ons staan in die middernag van die lewe; en ons is altyd op die drumpel
 van ŉ nuwe dagbreek.

 *afgrond – diep gat

                              [Vanuit: People’s History of the United States deur H. Zinn]

 BRON 3B

 James Zwerg was ernstig beseer en in die pad gelaat vir meer as ŉ uur. Blanke
 ambulanse het geweier om hom na die hospital te neem. Hy het later in die hospitaal ŉ
 onderhoud met verslaggewers gevoer

 Segregasie moet gestop word. Dit moet afgebreek word. Diegene van ons wat op die
 Vryheisritte is, sal voortgaan. Maak nie saak wat gebeur nie, ons is toegewyd hieraan.
 Ons is bereid om aangerand te word. Ons is bereid om die dood te aanvaar. Ons sal
 voortgaan om voort te gaan totdat ons enige plek in die Suide kan ry.
                                                     [Vanuit: www.spartacushistory.com]

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                            GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                     (SEPTEMBER 2013)

BRON 3C

Hierdie bron verduidelik die konserwatiewe houding van die mense van Mississippi
teenoor die Kiesersregistrasie Veldtog en was in die Lowell Liberator (Junie 1964)
gepubliseer.

ŉ Duisend kollege studente uit die Noorde is na berigte besig om na Mississippi op te
ruk hierdie somer om betrokke te raak in ŉ Negro kiesersregistrasie-veldtog. Dit is
ongelooflik om te kan dink dat ŉ duisend kollege-studente dit sou doen uit hul eie wil.
Diegene wat die weë van propaganda ken, veral van ŉ kommunistiese aard, sal
waarskynlik korrek vermoed dat ŉ paar baie harde linkse politici en Kommuniste die
idealisme van ŉ paar kollege jongmense misbruik het om hul doelwit te bereik – om
moeilikheid in die Suide aan te hits

Hierdie koerant het ŉ geruime tyd gelede daarop gewys dat dit deel was van die
Kommunistiese plan in die Verenigde State, om rasse-twis op te wek. Die uiteindelike
doel is ŉ swart rewolusie. Die opmars na Mississippi hierdie somer is deel van hierdie
plan.

Hierdie jongmense wat na Mississippi opmars het opleidingskole bygewoon wat as
aanhitsend beskryf kan word. Die naïewe onervarenheid van hierdie jongmense is
uitgebuit en hulle is opgemaak deur die verhale van gruwels en geweld wat eenvoudig
nie in Mississippi bestaan nie.

Heeltemal afsydig van die arrogansie en die heiliger-as-dié-houding van hierdie
kollege-studente wat na Mississippi gaan met geen kennis van die Negro-probleem
nie, staan die werklike ernstige aspek van hierdie opmars ... (dat dit) deel is van ŉ
algehele plan om die Verenigde State te vernietig deur middel van ŉ rasse-oorlog.

*aanhitsend – skrywe wat kwaadheid sal veroorsaak.

*naïewe – gebrek aan ondervinding

                                                    [Vanuit: www.spartacushistory.com]

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)             GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                   7

 VRAAG 4:          HOE HET STEVE BIKO EN DIE SWART BEWUSSYNSBEWEGING (SBB)
                   BYGEDRA TOT DIE BEVRYDINGSTRYD VAN SUID-AFRIKA GEDURENDE
                   1970's?

 BRON 4A

 Hierdie uittreksel gee ŉ uiteensetting van hoe Biko die filosofie van Swart Bewussyn
 verstaan het.

 Swartes is diegene wat deur die wet of tradisioneel polities, ekonomies en sosiaal teen
 gediskrimineer was as ŉ groep in die Suid-Afrikaanse samelewing en identifiseer hulself
 as ŉ eenheid in die stryd vir die verwesenliking van hul aspirasies ... Om Swart te wees,
 is nie ŉ kwessie van pigmentasie nie – om Swart te wees, is ŉ weerspieëling van ŉ
 geestelike houding ... Deur jouself as swart te beskryf het jy begin met die pad na
 emansipering, jy het jouself verbind om te veg teen al die magte wat jou swartheid
 gebruik as ŉ stempel wat jou merk as ŉ ondergeskikte (volgeling en gehoorsamige aan
 gesag) wese.

 Swart Bewussyn versoek ... dat swart mense die waarde van hul eie standaarde en
 vooruitsigte moet sien ... om hulself te oordeel volgens hierdie standaarde en nie deur die
 blanke samelewing mislei word wat hulself verkalk het en blanke standaarde as maatstaf
 gebruik waarmee selfs swart mense hulself oordeel nie. Die mees magtigste wapen in
 die hande van die verdrukker is die verstand van die onderdruktes. ŉ Volk sonder ŉ
 positiewe geskiedenis is soos ŉ voertuig sonder ŉ enjin.

 *emansipering – gee mense dieselfde regs, politieke en sosiale regte soos ander.

  [Vryelik vertaal en aangepas vanuit: www.africahistory.about.com/od/bikosteve/ Afgelaai
                                                                           14 April 2012]

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                          GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                     (SEPTEMBER 2013)

Bron 4B

Hierdie foto wys hoe die South African Students Movement (SASM) geïnspireerd deur
Biko se nalatenskap, protesteer teen die gebruik van Afrikaans in skole op 16 Junie
1976, Soweto.

       WIL NIE             WEG MET                               VANDAG IS DIE
    AFRIKAANS HÊ          AFRIKAANS                             BEGRAFNIS VAN
         NIE                                                    DIE BOERETAAL

                                       [Vanuit: Looking into the Past deur Dyer, C. et al]

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)             GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                     9

 BRON 4C

 Hierdie bron hieronder verwys na die Swartbewussynsbeweging (SBB).

 Dit het die hele blanke magstruktuur in Suid-Afrika uitgedaag deur die verskaffing van
 alternatiewe strukture. Totdat hulle vertroue in hulself en hul gemeenskap verkry, het
 Biko gesê sal swart mense nooit hul vryheid kry nie en om hul vertroue te herwin moet
 hulle hul afhanklikheid van blankes beëindig. Saam met vriende het hy die Swart
 Gemeenskapsprogramme gestig waar Swart mense mekaar gehelp het sonder blanke
 bystand. Die Swartbewussynsbeweging het ŉ verskeidenheid van programme gebruik, –
 klinieke, kleuterskole en opleiding in geletterdheid gehad wat na die massas uitgereik
 het. Maar, alhoewel dit ŉ stelsel van omvattende plaaslike komitees suksesvol
 geïmplementeer het om georganiseerde weerstand te fasiliteer, is die SBB egter
 uitgegroei (verwoes) deur sekuriteitsoptrede teenoor sy leiers en maatskaplike
 programme. Teen 1976 was 123 sleutellede verban en beperk tot verafgeleë landelike
 distrikte. Teen 1977 was alle SBB-verwante organisasies verban, baie van sy leiers in
 hegtenis geneem en maatskaplike programme ontbind.
                                                 [Vanuit: I Write What I Like deur Steve Biko]

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                           GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                    (SEPTEMBER 2013)

ERKENNINGS

Bullard, S. 2000. Free at Last: A History of the Civil Rights Movement and Those Who
Died in the Struggle (Oxford; Heinemann)
Dyer, C. et al. 2007. Looking into the Past (Maskew Miller Longman)
Friedman, M. et al.2005. Focus on History (JutaGariep)
Kelly, N and Lacey, G, 1999. Modern World History (Heinemann)
Meredith, M. 2005. State of Africa: History of Fifty Years of Independence (Jonathan Ball)
Nyerere, J. 1968. Ujamaa, the Basis of African Socialism (Edward Arnold)
Paczuksa, A. 1986. Socialism for Beginners (Unwin)
Powaski, R.E. 1998. The Cold War: The United States and the Soviet Union, 1917 –
1991 (Oxford)
Waugh, S. 2001. Essential Modern World History (Nelson Thornes)
www.africahistory.about.com/od/bikosteve/
www.sbf.org.za.
Zinn, H. 1980. A People’s History of the United States (Oxford)
I Write What I Like deur Steve Biko
History for all: Elsabe Brink et al.

## Related documents

- [History P1 SG 2013 QP Addendum](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-sg-2013-qp-addendum/2afa694e-a5c8-4fbe-bb33-812629f0ffbe) — History · Addendum · 2013
- [History P1 Nov 2013 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2013-addendum-eng/b68028c3-37d0-4167-bb4a-a929d8e4297b) — History · Addendum · 2013 · Eng
- [History P1 Nov 2013 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2013-addendum-afr/12c2e83e-7ebc-437c-adcd-41d9c7ba2d80) — History · Addendum · 2013 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 ADDEN SEPT 2022 English](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-adden-sept-2022-english/f45ccdc0-4084-4c3d-b1b8-1a30ab014473) — History · Addendum · 2022 · Eng
- [HISTORY P1 GR12 ADDEN SEPT2021 XHOSA D](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-adden-sept2021-xhosa-d/4bbeb586-4f86-452f-89fb-d02e54f4905d) — History · Addendum · 2021
- [HISTORY P1 GR12 ADDEN SEPT2021 XHOSA ENG D](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-adden-sept2021-xhosa-eng-d/cefc0a5a-5d17-4d03-8a93-a5a577816361) — History · Addendum · 2021 · Eng

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
