# History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2012 QP (Afr)

> Grade 12 History Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2012 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/hist-p2-s12-qp-afr-add/370374f2-5691-4fda-abe3-0c864bab5fcf
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2012 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/hist-p2-s12-qp-afr-add/370374f2-5691-4fda-abe3-0c864bab5fcf)

## About this document

History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2012. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

   Province of the
   EASTERN CAPE
   EDUCATION

           NASIONALE
       SENIOR SERTIFIKAAT

             GRAAD 12

        SEPTEMBER 2012

        GESKIEDENIS V2
          ADDENDUM

   Hierdie addendum bestaan uit 12 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                           GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                     (SEPTEMBER 2012)

VRAAG 1:      HOE HET GORBACHEV SE BESLUIT VERANDERING IN DIE
              SOWJET-UNIE TEWEEG GEBRING EN OOK DIE SITUASIE IN SUID-
              AFRIKA BEÏNVLOED?

BRON 1A

Die volgende uittreksel is uit Collapse of Communism in Eastern Europe deur M. Rady
geneem. Dit handel oor hoe Gorbachev se besluit die ekonomiese en politieke situasie
in die Sowjet-Unie verander het.

GESKREWE BRON

Michail Gorbachev, wie die leier van die Sowjet-Unie in 1985 geword het, het
verskillend as sy voorgangers voorgekom, alhoewel hy nog steeds toegewyd was aan
kommunisme. Die ekonomie van die Sowjet-Unie was in ŉ diepe krisis. Teen die einde
van 1986, het Gorbachev ŉ volskaalse hervormingsprogram geloods. Hy het besef dat
die ekonomie van die Sowjet-Unie slegs gered sou word deur ŉ proses van Perestroika
en om dit te reorganiseer. Gorbachev se hervorming het nie net die ekonomie van die
land, maar ook die politieke situasie onder die slagspreuk van glasnost geaffekteer.
Gorbachev se besluit het groot opslae onder ander kommunistiese leiers in die Sowjet-
Unie gemaak. Hulle het geglo dat die hervorming ŉ bedreiging ingehou, nie net vir
kommunisme nie, maar ook vir die voortbestaan van die Sowjet-Unie. Staatsgrepe
deur konserwatiewe (geharde) kommuniste het misluk... Die Kommunistiese Party, die
USSR is ontbind en Russiese satelliet-state het hul onafhanklikheid verkry.

VISUELE BRON

Die foto is geneem uit Russia: A Concise History deur R. Hingley en wys vir die eerste
keer in jare dat mense openlik hul gevoel kon wys oor die gewelddadige optrede van
die vorige regerings.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)            GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                     3

 BRON 1B

 Die volgende uittreksel is geneem uit New History of South Africa deur H. Giliomee et
 al en handel oor die internasionale druk wat op Suid-Afrika uitgeoefen is om sy beleid
 van apartheid te verander.

 In die 1980’s het goedgesinde regerings, soos die van Margaret Thatcher van Brittanje,
 druk op President Botha begin plaas om Mandela en sy kamerade vry te laat en tot ŉ
 skikking te kom met die ANC en ander politieke partye wat uitgesluit was uit die
 alledaagse politiek in Suid-Afrika. Die probleem was dat die Nasionale Party, Botha
 ingesluit, vir ŉ lank tyd ander laat glo dat die ANC deur kommuniste gedomineer word
 en onverskrokke toegewyd was tot geweld. “Ons bevind onsself in ŉ hoek gedryf” het
 Botha aan sy Minister van Justisie gesê en bygevoeg “Is daar ŉ uitweg?” Die USSR
 was nie meer bereid om die gewapende stryd te ondersteun nie, en het
 onderhandelinge met Pretoria aangemoedig. Die Bush administrasie in die Verenigde
 State van Amerika het ook aangedui dat verdere sanksies op die alreeds wankelende
 ekonomie van Suid-Afrika toegepas sou word.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                           GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                   (SEPTEMBER 2012)

BRON 1C

Die volgende bron bestaan uit beide ŉ geskrewe en visuele bron. Die geskrewe bron is
geneem uit History of Southern Africa deur J. D. Omar-Cooper. Dit handel oor hoe
aanvanklike samesprekings tussen die ANC en die NP misluk het, maar die
verandering in die leierskap van die NP onderhandelinge moontlik gemaak het.

GESKREWE BRON

Beide die ANC en die apartheidsregering was by ŉ dooie punt. Mandela het in ŉ brief
gerig aan President Botha voorgestel dat hulle moet ontmoet. Hy het Mandela in die
tronk besoek en hierdeur die kardinale belangrikheid van Mandela in die toekoms van
Suid-Afrika erken, maar nog steeds onderhandeling met die ANC teengestaan. In
Januarie 1989 was President Botha weens gesondheidsredes geforseer om te onttrek
van sy amptelike take... en De Klerk het die nuwe staatshoof geword. Hy was oor die
algemeen as een van die mees konserwatiefste moontlike opvolgers van President
Botha beskou, alhoewel sy broer, ŉ prominente liberalis, besig was met informele
onderhandeling met die ANC. In sy eerste aankondiging het dit geblyk dat hy
vasbeslote was om die basiese apartheidsbeleid van groepsregte te handhaaf. Teen
hierdie tyd was interne en eksterne druk oorweldigend om die hele sisteem te
verander.

Op 2 Februarie 1990 in ŉ presidensiële toespraak, met die opening van die parlement,
het De Klerk die nasie en die wêreld geskok met sy aankondiging dat hy Nelson
Mandela gaan vrylaat, die ANC, PAC, SAKP en die UDF gaan ontban word en dat die
regering beoog om met onderhandeling te begin met die doel om ŉ nuwe grondwet op
te stel.

VISUELE BRON

Mandela en afgevaardigdes by die Soweto stadion na sy vrylating om die mense toe te
spreek oor die toekoms van Suid-Afrika.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)            GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                     5

 VRAAG 2:          HOE HET DIE INEENSTORTING VAN DIE SOWJET-UNIE BYGEDRA
                   TOT DIE HERVOORSTELLING VAN ANGOLA IN DIE 1990’s?

 BRON 2A(i) en 2A(ii)

 BRON 2A(i)

 Hierdie bron bestaan uit twee gedeeltes en handel oor die supermoondhede se invloed
 op die politieke situasie in Angola en die veranderings wat plaasgevind het. Die
 spotprent is geneem uit History for All deur E. Brink et al.

 BRON 2A(ii)

 Die volgende uittreksel handel oor die politieke uitdagings en veranderinge wat Angola
 tydens en na die beëindiging van die Koue-oorlog in die gesig gestaar het en is
 geneem uit The World Book, Encyclopedia

 Die Republiek van Angola was vir meer as 35 jaar lank in ŉ oorlog gewikkel, eers teen
 die Portugese en na 1975, met buitelandse hulp, onder hulself. Die 20 jaar-oorlog
 tussen die Marxiste-Leniniste se Beweging vir die Bevryding van Angola (MPLA) wat
 gelei en ondersteun is deur die Sowjet-Unie en Kuba en die Nasionale Unie vir die
 Algehele Onafhanklikheid van Angola (UNITA) wat deur die VSA en Suid-Afrika
 onderskeidelik ondersteun is, het veroorsaak dat die land bedek is met 10 tot 20
 miljoen landmyne. Suid-Afrika en Amerika het betrokke in Angola geword omdat hulle
 die verspreiding van kommuniste gevrees het. Suid-Afrika was ook verder bekommerd
 dat Angola die verbande ANC sou help en wou ook Suid-Wes Afrika (nou Namibië)
 teen kommunisme beskerm.

 In 1990 het die MPLA regering Marxisme afgeskaf en in 1991 alle politieke partye
 erken. Veelparty-verkiesings is in September 1992 gehou. ŉ President het die meeste
 mag in die Angolese regering gehad. Die Nasionale Vergadering, die land se
 wetgewende liggaam, bestaan uit 220 lede. Die mense van Angola kies beide die
 President en die Nasionale Vergadering. Die MPLA leier, Dos Santos, is tot president
 verkies. Die verkiesing is as vry en regverdig verklaar deur die Verenigde Volke.
 UNITA het hierteen geprotesteer en verklaar dat daar ongerymdhede tydens die
 verkiesing was en die burgeroorlog het opnuut opgevlam. Die Lusaka-protokol wat in
 1994 deur beide UNITA- en MPLA-leiers onderteken is het vir ŉ wapenstilstand gevra.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                            GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                      (SEPTEMBER 2012)

BRON 2B

Hierdie uittreksel is geneem uit In Search of History deur J. Bottaro et al en Peoples of
Africa deur M. Cavendish et al en handel oor die ekonomiese uitdagings en
veranderinge in Angola.

Die onophoudende oorlog het die ekonomie van Angola verwoes. Die land se bronne
wat eerder gebruik kon word om geld in te samel om vir noodsaaklike dienste soos
gesondheid en opvoeding te verbeter is eerder op die aankope van wapens bestee.
Die onophoudelike oorlog het veroorsaak dat buitelandse beleggers huiwerig was om
te belê in die potensiële ryk land. Angola besit die potensiaal om te ontwikkel in ŉ ryk
nasie sienende dat dit groot petroleum, yster-erts en diamant reserwes besit, maar as
gevolg van dekades van oorlog, is dit by implikasie nog steeds onderontwikkeld.

Die ekonomie van Angola is hoofsaaklik gebaseer op landbou. Die meeste Angolese
bly in die platteland, waar die meeste werk as beeste oppassers en selfonderhoudende
boerdery, wat slegs genoeg vir hulself produseer of die plaaslike mark. Nog ŉ
probleem wat ondervind is was dat die diamantvelde deur UNITA beheer is en gebruik
was om sy guerrilla oorlog teen die MPLA te finansier. Toe die burgeroorlog uitbreek
het baie Europeërs die land verlaat en ŉ tekort aan vindingryke bestuursbeamptes,
professionele en ingenieurs het ontstaan. Opleidingsprogramme wat deur die regering
van stapel gestuur is, het baie swartes in staat gestel om hierdie soort werk te doen.
Omtrent een kwart van die Angolese bevolking is nog steeds afhanklik op buitelandse
hulp. Die pas van staatshervorming is nog steeds stadig.

BRON 2C

Die volgende uittreksel is geneem uit Angola: Promises and Lies deur K. Maier en
handel oor die sosiale uitdagings en verandering wat Angolese ondervind het.

Welkom in Angola, tuiste van die ergste oorlog in die wêreld, diamantsmokkelary,
wapenhandel en ŉ rekord getal amputasies, wat veroorsaak dat die meeste
ledemaatlose mense in Afrika hier gevind kan word, is almal lelike vlekke wat deur die
Koue-oorlog agtergelaat is. Meer as ŉ miljoen Angolese het gesterf en baie is beseer
deur landmyne. Sodra honderde mense vermoor word omdat hulle aan ŉ sekere
politieke party behoort, afkomstig is van ŉ sekere gebied of ŉ spesifieke taal gebruik
dan het dit tyd geword om feite in die oë te staar. “Angola se demokrasie, net soos
haar onafhanklikheid sewentien jaar gelede, was in bloed gebore.” Om verligting te
bring het die Wêreld Voedselprogram noodsaaklike voedsel voorsien en die regering
het in 2001 ŉ humanitêre program van stapel gestuur om opvoeding en
gesondheidsomstandighede te verbeter.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)            GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                   7

 VRAAG 3:          HOE HET DIE PROSES VAN ONDERHANDELING UITEINDELIK
                   GELEI TOT DIE EERSTE DEMOKRATIESE VERKIESING IN 1994?

 BRON 3A

 Hierdie bron is geneem uit Nelson Mandela: From freedom to the future deur F. Van
 Zyl Slabbert en handel oor die Kodesa-byeenkoms waar verskille tussen die ANC en
 ander politieke partye sterk na vore gekom het.

 GESKREWE BRON

 Byna twee jaar na De Klerk se toespraak op 2 Februarie 1990, het formele
 grondwetlike samesprekings te Kodesa begin. Kodesa is op 20 Desember 1991 by die
 Wêreld Handelssentrum te Kempton Park geopen. Die twee hoof partye het egter
 verskil oor die doelstellings van die vergadering. Die ANC het daarop aangedring dat
 slegs ŉ gekose grondwetlike komitee die interim (tydelike) grondwet moes opstel. Die
 Nasionale Party en die Inkhata Vryheidsparty was hierteen gekant omdat hulle gevrees
 dat ŉ verkose liggaam, met ŉ waarskynlike ANC-meerderheid, ŉ blanko tjek vir die
 ANC was om ŉ grondwet op te stel wat slegs hul politieke wense sou dek. De Klerk het
 ook die ANC gekritiseer omdat hulle nie Umkhonto we Sizwe wou ontbind nie. Mandela
 het hewig hierteen beswaar gemaak en sou slegs die organisasie ontbind wanneer
 hulle deel van ŉ tussentydse regering was en daar veelparty beheer oor die
 sekuriteitsmagte was…. De Klerk moes nou vasstel hoe die blanke kiesers oor sy
 inisiatief voel en daarom het hy ŉ referendum uitgeroep.

 VISUELE BRON

 Die foto verwys na Kodesa - die Konvensie vir ŉ demokratiese Suid-Afrika-
 onderhandeling geopen te Kempton Park en is geneem uit New History of South Africa
 deur H. Giliomee et al.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                            GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                     (SEPTEMBER 2012)

BRON 3B

Die volgende uittreksel is geneem uit Tree Shaker deur B. Keller. Dit fokus op die
ooreenkoms bereik by Kodesa en die verkiesingsveldtog.

ŉ Ooreenkoms is uiteindelik bereik oor die datum vir die eerste demokratiese
verkiesing, die grootte van die nuwe parlement en die optrek van ŉ tussentydse
grondwet wat gelykheid aan alle burgers waarborg. Die volgende paar maande was
toegewy aan die komende verkiesing en verkiesingsveldtogte. Een van die
hoogtepunte was om De Klerk en ander blanke kandidate van die Nasionale Party dop
te hou - die uitvinders van apartheid - om swart stemme te verkry. Hy het aangekondig
dat dit ŉ nuwe Nasionale Party was. Dit het apartheid beëindig. Hy het ook verder
verkondig dat die ANC amateurs is en net chaos sal bring. Almal word huise en werk
belowe, maar dit is slegs die NP wat die besigheidstoorkuns het om sodanige dienste
te lewer. Al nader na die verkiesing het voorvalle van sabotasie en terroristiese
aktiwiteite toegeneem. ŉ Bom het by ŉ swart taxi staanplek ontplof. ŉ Motor bom het in
die middestad van Johannesburg ontplof en ŉ handgranaat was binne ŉ swart
restaurant gegooi.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)            GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                     9

 BRON 3C

 Die volgende uittreksel is geneem uit They fought for Freedom:Nelson Mandela deur
 K. Pampallis en handel oor die verkiesingsdag self waarop miljoene gewag het.

 GESKREWE BRON

 Uiteindelik het die groot dag gekom - 27 April 1994. Lang rye mense het vir ure gewag
 om te stem, baie van hulle vir die eerste keer in hul lewens. Jim Sondlana, ŉ sewe-en-
 sestig jarige, afgetrede goudmyn werker van Qunu het verklaar “Net sodra ons hom in
 beheer verkies het, sal ons vry wees”. Nadat hy sy stembrief in die stembus
 gedeponeer het, het hy verder verklaar “my hart is verlig.”

 Die verkiesing as sulks was vreedsaam, ten spyte van voorafgaande gewelddadige
 insidente. Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het die verkiesing vry en
 regverdig verklaar en die meeste internasionale waarnemers het saamgestem. Die
 ANC het 62,5% van die stemme gewen. Daar was ooreengekom gedurende die
 besprekings van die tussentydse grondwet, dat die leier van die party wie die meeste
 stemme werf, die president van die land sou word. Nelson Mandela, ŉ voormalige
 tronkvoël, het die nuwe president van Suid-Afrika geword.

 VISUELE BRON

 Hierdie foto wys mense wat in lang toue staan en wag om te stem en is geneem uit
 New Africa: History deur J. Spencer et al.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                          GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                     (SEPTEMBER 2012)

VRAAG 4:       WATTER ROL HET DIE WAARHEID-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE
               (WVK) GESPEEL OM DIE SIEL VAN DIE SUID-AFRIKAANSE NASIE
               TE GENEES?

BRON 4A

Die volgende uittreksel is uit South Africa at 10 deur W. Esterhuizen geneem. Dit
handel oor die verslag van die WVK wat Mandela in die parlement verduidelik het.

Hoe om met die verlede te handel om sodoende die siel van die Suid-Afrikaanse nasie
te genees was van morele en strategiese belang vir die nuwe regering. Die WVK was
instrumenteel in hierdie proses, wat vlees en bloed gegee het aan die erkenning van
growwe menseregte-skendings, om verantwoordelikheid te aanvaar, om ŉ tipe
vergoeding te gee en om rekonsiliasie te bevorder. Suid-Afrika het herstellende
geregtigheid verkies wat ŉ proses is waarby alle partye wat betrokke is by ŉ sekere
oortreding bymekaar kom en gesamentlik te besluit hoe om met die gevolge van die
oortreding en met die gevolge vir die toekoms te handel.

Suid-Afrika is toegewyd tot herstellende geregtigheid as wraaksugtige geregtigheid.
Rekonsiliasie is hoofsaaklik “ŉ oproep tot aksie” soos Nelson Mandela - die vader van
Suid-Afrikaanse rekonsiliasie in die parlement verklaar het. Rekonsiliasie is nie ŉ
eenmalige gebeurtenis nie, ŉ oomblik om berou te toon of ŉ minuut of twee
gereserveer om verskoning te vra nie. Dit is ŉ proses, om vertroue wat afgebreek is te
herstel, om nuwe verhoudings van vertroue te ontwikkel, om daadwerklike aksies wat
vertroue teweeg te bring en om situasies wat vertroue ondermyn uit die weg te ruim.

BRON 4B

Die volgende uittreksel is geneem uit Apartheid in South Africa deur S.Connolly en
handel oor redes waarom die WVK gevorm is.

Kort nadat Nelson Mandela tot president in 1994 verkies is, was hy besig met een van
die belangrikste take - wat hy nie mee te doen gehad het - om die gesindheid van haat,
verbitterdheid en rassisme te verander en sodoende sy land te begin te genees. In Mei
1994 is die WVK, met die veel gerespekteerde anti-apartheid aktivis, Aartsbiskop
Desmond Tutu as die hoof, gestig. Die WVK sou nie net verklarings aanhoor van die
wat skuldig was aan wandade tydens die apartheidsera nie, maar ook van dié wat gely
het. Die geweld en brutaliteit onder die soeklig het nie net op wandade van die
voormalige wit regering gekonsentreer nie, maar ook op swart mededingende groepe
wat swart woonbuurtes (veral van ANC lede) in die laat 1970’s en 1980’s geterroriseer
het alhoewel baie mense glo dat die WVK gehelp het om “die lug te suiwer,” was dit ook
die onderwerp van ontevredenheid. Ten spyte van verskillende sienings het Aartsbiskop
Tutu verklaar “ons moet die onplesierige verlede in die gesig staar, die ondier in die
gesig staar en nie voorgee dat dit nooit gebeur het nie.”

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)            GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                 11

 BRON 4C

 Die volgende bronne is uit New History of South Africa deur H. Giliomee et al geneem
 en handel oor kritiek wat gelewer word oor die werksaamhede en samestelling van die
 WVK.

 GESKREWE BRON

 Die mandaat van die WVK het dit verplig om regverdig op te tree, maar sy samestelling
 was nie gebalanseerd nie. ŉ Analise gepubliseer deur die Suid-Afrikaanse Rasse
 Instituut het geargumenteer dat die kommissie se personeel oorweldigend simpatiek
 was met en verbintenis met die ANC gehad het. Daar is ook aangedui dat die meeste
 slagoffers wat onder die vorige regering en die IVP gely het, uitgesoek is om hul
 getuienis af te lê. Daar was ook getwyfel in die geloofwaardigheid van sommige
 slagoffers se weergawes. In plaas daarvan om te konsentreer op die aard van die
 daad, het die kommissie meer gefokus op die oortreders en slagoffers. Met die gevolg
 dat die aard van die daad net liggies geskets is. Dis om hierdie rede dat baie gesiene
 amptenare geweier het om voor die WVK te verskyn. Kruis-ondervraging van slagoffers
 was ook nie toegelaat nie, maar hoorsê-bewyse was aanvaar. Ontevredenheid oor die
 kwessie van amnestie is deur Churchill Mxenge (wie se broer en skoonsuster deur die
 sekuriteitspolisie vermoor is ) geopper. Hy het verklaar dat “soos dit nou is, word die
 kwessie (die WVK se stelsel van amnestie vir diegene wat getuienis lewer) by ons kele
 af forseer, en dit is waarteen ons beswaar maak.” Ten spyte van die kritiek was
 sommige bereid om te vergewe.

 VISUELE BRON

 Die foto wys die samestelling van die WVK waaroor daar kritiek gelewer is.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                            GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                 (SEPTEMBER 2012)

ERKENNINGS

Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:

Bottaro, J. et al 2006. In search of History (Oxford)

Cavendish, M. et al 2001 Peoples of Africa (M.Cavendish Corporation)

Connolly, S. 2001 Apartheid in South Africa (Tafelberg Publishers)

Esterhuizen, W. 2004 South Africa at 10 (Human & Rousseau)

Giliomee, H. et al 2007 New History of South Africa (Heinemann Publishers)

Keller, B. 2008 The Tree Shaker: The Story of Nelson Mandela (Kingfisher Publishers)

Maier, K. 1996 Angola: Promises and Lies (William Waterman Publication)

Omar-Cooper, J.D. 1987 History of Southern Africa (Heinemann)

Pampallis, K. 2000 They fought for freedom: Nelson Mandela (Maskew Miller
Longman)

Rady, M. 1995. Collapse of Communism in Eastern Europe (Evans Brothers Limited)

Spencer, J. et al 2007 New Africa:History (New Africa Books)

Van Zyl Slabbert, F. 2003 Nelson Mandela: From freedom to the future (Jonathan Ball
Publishers)

World Book Encyclopaedia (World Book INC 1999)

## Related documents

- [HIST P2 S12 QP Eng(Add)](https://www.hlayiso.com/library/hist-p2-s12-qp-eng-add/10436d74-809f-4784-abf1-aa645bca6c60) — History · QP · 2012 · Eng
- [GESKIED P1 QP AFR SEP 2012](https://www.hlayiso.com/library/geskied-p1-qp-afr-sep-2012/cda30303-ff83-479b-b90c-5f6fbf9d5125) — History · QP · 2012 · Afr
- [HISTORY P2 QP SEPT 2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-qp-sept-2018-afr-d/6e5a4a14-b9fd-4574-819d-b440ed12a5a3) — History · QP · 2018 · Afr
- [GR12 HIST P2 Sept2017 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-hist-p2-sept2017-qp-eng/a9e68a30-4308-449a-b46f-d8e2efa233d8) — History · QP · 2017 · Eng
- [Gr12 HIST P2 S16 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-hist-p2-s16-qp-eng/f7730ddc-8b15-401a-a609-87d42709fe80) — History · QP · 2016 · Eng
- [HISTORY P2 ADD GR12 SEPT2014 (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-add-gr12-sept2014-afr/eed60833-7a75-4958-a8dd-2cab09ac22e9) — History · QP · 2014 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
