# History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2012 QP (Afr)

> Grade 12 History Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2012 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/hist-p2-s12-qp-afr/8d0647e8-a661-4ba4-b8f1-942968919cee
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2012 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/hist-p2-s12-qp-afr/8d0647e8-a661-4ba4-b8f1-942968919cee)

## About this document

History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2012. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                       Province of the
                       EASTERN CAPE
                       EDUCATION

                               NASIONALE
                           SENIOR SERTIFIKAAT

                                 GRAAD 12

                            SEPTEMBER 2012

                             GESKIEDENIS V2

PUNTE:       150

TYD:         3 uur

                                *HISTA2*

         Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye en ŉ addendum van 12 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  GESKIEDENIS V2                           (SEPTEMBER 2012)

INSTRUKSIES EN INLIGTING AAN KANDIDATE

1.   Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae wat op die voorgeskrewe inhoud,
     soos in die riglyndokument, gebaseer is:

     VRAAG 1:       WAT WAS DIE IMPAK VAN DIE INEENSTORTING VAN
                    DIE USSR IN 1989?

                          Op die beëindiging van apartheid in Suid-Afrika

     VRAAG 2:       WAT WAS DIE IMPAK VAN DIE INEENSTORTING VAN
                    DIE USSR IN 1989 OP AFRIKA? Hervoorstelling van ŉ
                    nasie in die 1990’s

                          Gevallestudie: Angola

     VRAAG 3:       HOE HET SUID-AFRIKA AS ŉ DEMOKRASIE UIT DIE
                    KRISISSE VAN DIE 1990’S NA VORE GETREE?

     VRAAG 4:       HANTERING VAN DIE VERLEDE EN KYK NA DIE
                    TOEKOMS: DIE WERK VAN DIE WAARHEID-EN-
                    VERSOENINGSKOMMISSIE

2.   Elke vraag tel 75 punte, waarvan 45 punte vir die brongebaseerde vraag en
     30 punte vir die uitgebreide skryfwerk-vraag toegeken word.

3.   Kandidate moet enige TWEE vrae beantwoord.

4.   In die beantwoording van vrae behoort kandidate hulle kennis, vaardighede
     en insig toe te pas.

5.   Die blote oorskryf van die bronne as antwoorde sal kandidate benadeel.

6.   Vrae moet beantwoord word deur na die ADDENDUM te verwys.

7.   Skryf netjies en leesbaar.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                     GESKIEDENIS V2                                        3

 VRAAG 1:          HOE HET GORBACHEV SE BESLUIT VERANDERING IN DIE
                   SOWJET-UNIE TEWEEG GEBRING EN OOK DIE SITUASIE IN SUID-
                   AFRIKA BEÏNVLOED?

 Bestudeer bronne 1A, 1B en 1C en beantwoord die vrae wat volg.

 1.1    Verwys na bron 1A:

        1.1.1      Deur jou eie kennis te gebruik, verduidelik die volgende
                   begrippe:

                   (a)     Kommunisme                                            (1x2)   (2)

                   (b)     Staatsgreep                                           (1x2)   (2)

        1.1.2      Wat, volgens die bron, was die twee hervormings wat
                   Gorbachev geïmplementeer het en wat verandering in die
                   Sowjet-Unie sou veroorsaak?                            (1x2)          (2)

        1.1.3      Deur jou eie kennis en die bron te gebruik, verduidelik wat die
                   gevolge van Gorbachev se hervorming vir die Sowjet-Unie was.
                                                                                (2x2)    (4)

        1.1.4      Hoe komplimenteer (ondersteun) die geskrewe bron en die
                   visuele bron mekaar aangaande Gorbachev se hervorming?
                                                                           (2x2)         (4)

 1.2    Gebruik bron 1B:

        1.2.1      Gebruik die bron en jou eie kennis en verduidelik wat Botha
                   bedoel het met die woorde: “Ons bevind ons self in ŉ hoek
                   vasgekeer.”.                                               (2x2)      (4)

        1.2.2      In jou opinie, wat was die uitweg of oplossing vir hul (NP-
                   regering) probleme wat hulle uit die situasie kon red?        (1x2)   (2)

        1.2.3      Gebruik die bron en jou eie kennis en verduidelik wat die gevolg
                   (impak) van die val van kommunisme op Suid-Afrika was. (2x2)          (4)

        1.2.4      Deur gebruik te maak van die bron en jou eie kennis, identifiseer
                   watter eksterne druk die NP gedwing het om met die ANC te
                   onderhandel.                                                (2x2)     (4)

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                 GESKIEDENIS V2                          (SEPTEMBER 2012)

1.3   Raadpleeg bron 1C:

      1.3.1   Deur gebruik te maak van die bron en jou eie kennis, verduidelik
              wat De Klerk se toespraak van 2 Februarie 1990 vir Suid-Afrika
              beteken het.                                              (2x2)        (4)

      1.3.2   Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
              of De Klerk die gevolge van sy toespraak voorsien het. Motiveer
              jou antwoord.                                                 (1x3)    (3)

      1.3.3   Vergelyk die visuele bronne 1A en 1C en noem wat die twee in
              gemeen gehad het.                                       (1x3)          (3)

1.4   Gebruik al die bronne en jou eie kennis en skryf ŉ paragraaf van
      ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy verduidelik waarom
      die Suid-Afrikaanse regering geforseer was om hul apartheidsbeleid te
      verander.                                                                      (6)

1.5   UITGEBREIDE SKRYFWERK (Jou antwoord behoort ongeveer TWEE
      bladsye lank te wees).

      Beantwoord EEN van die volgende vrae: VRAAG 1.5.1 OF 1.5.2.

      1.5.1   Verduidelik hoe Gorbachev se besluit nie alleenlik verandering in
              die Sowjet-Unie teweeg gebring het nie, maar in Suid-Afrika
              ook.                                                                  (30)

                                              OF

      1.5.2   Gebruik die inligting uit die bronne en jou eie kennis en skryf ŉ
              opstel oor hoe die val van kommunisme, interne en eksterne
              druk beide die NP-regering en die ANC gedwing het om te
              onderhandel.                                                           (30)
                                                                                    [75]

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                     GESKIEDENIS V2                                        5

 VRAAG 2:          HOE HET DIE INEENSTORTING VAN DIE SOWJET-UNIE BYGEDRA
                   TOT DIE HERVOORSTELLING VAN ANGOLA IN DIE 1990’s?

 Bestudeer bronne 2A(i) en 2A(ii), 2B en 2C om die vrae wat volg te beantwoord.

 2.1    Raadpleeg bron 2A(i) en 2(ii):

        2.1.1      Watter boodskap word deur hierdie spotprent uitgebeeld? (1x2)         (2)

        2.1.2      Gebruik jou eie kennis en verduidelik waarom die Russe
                   betrokke geraak het in Angola.                               (2x2)    (4)

        2.1.3      Gebruik jou eie kennis en verduidelik hoe die Sowjet-Unie se rol
                   na 1989 teenoor Angola verander het.                       (2x2)      (4)

        2.1.4      Verduidelik die begrip burgeroorlog in jou eie woorde.       (1x2)    (2)

        2.1.5      Gebruik jou eie kennis en die bron en verduidelik hoe Angola ŉ
                   verlenging van die Koue-oorlog geword het.                (1x2)       (2)

        2.1.6      Deur gebruik te maak van die inligting in die bron, verduidelik
                   waarom Suid-Afrika gekies het om in Angola betrokke te raak.
                                                                                (2x2)    (4)

        2.1.7      Watter inligting in die bron dui aan dat Angola ŉ demokratiese
                   regeringstelsel aangeneem het?                              (2x2)     (4)

 2.2    Verwys na bron 2B:

        2.2.1      Wat, volgens die bron, is die natuurlike hulpbronne wat Angola
                   besit?                                                     (3x1)      (3)

        2.2.2      Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                   waarom Angola nooit as ŉ ryk nasie ontwikkel het nie.         (2x2)   (4)

        2.2.3      Gebruik die bron en jou eie kennis en verduidelik wat bedoel
                   word met “selfonderhoudende boerdery”.                     (1x2)      (2)

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                 GESKIEDENIS V2                          (SEPTEMBER 2012)

2.3   Bestudeer bron 2C:

      2.3.1   Gebruik die bron en jou eie kennis en verduidelik hoe die lewens
              van gewone burgers in Angola gedurende die Koue-oorlog
              konflik geaffekteer was.                                    (2x2)      (4)

      2.3.2   Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
              of jy saamstem of nie saamstem met die volgende verklaring
              nie: “Angola se demokrasie, soos sy onafhanklikheidswording,
              sewentien jaar gelede, is in bloed gebore.” Motiveer jou
              antwoord.                                                     (2x2)    (4)

2.4   Gebruik al die bronne en jou eie kennis en skryf ŉ paragraaf van
      ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy die belangrikheid
      van Angola in terme van die Koue-oorlog verduidelik.                           (6)

2.5   UITGEBREIDE SKRYFWERK (Jou antwoord behoort ongeveer TWEE
      bladsye lank te wees).

      Beantwoord EEN van die volgende vrae: VRAAG 2.5.1 OF 2.5.2.

      2.5.1   Verduidelik hoe die ineenstorting van die USSR bygedra het tot
              die hervoorstelling van Angola in die 1990’s.                         (30)

                                              OF

      2.5.2   “Die einde van die Koue-oorlog het positiewe sowel as
              negatiewe invloed op Angola gehad.” Motiveer jou antwoord
              deur gebruik te maak van al die bronne en jou eie kennis en
              meld of jy saamstem of nie saamstem met die stelling.                  (30)
                                                                                    [75]

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                     GESKIEDENIS V2                                      7

 VRAAG 3:          HOE HET DIE PROSES VAN ONDERHANDELING UITEINDELIK
                   GELEI TOT DIE EERSTE DEMOKRATIESE VERKIESING IN 1994?

 Bestudeer bronne 3A, 3B en 3C om die vrae wat volg te beantwoord.

 3.1    Verwys na bron 3A:

        3.1.1      Verduidelik die volgende begrippe in jou eie woorde:

                   (a)     Referendum                                         (1x2)    (2)

                   (b)     Tussentydse Grondwet                               (1x2)    (2)

        3.1.2      Deur die bron te gebruik, verduidelik waarom die Nasionale
                   Party en die IVP kapsie gemaak het teen die ANC se voorstel
                   dat ŉ verkose vergadering die grondwet moes opstel.        (1x2)    (2)

        3.1.3      Verduidelik in jou eie woorde wie of wat Umkhonto we Sizwe
                   was wat teenstrydigheid veroorsaak het.                  (1x2)      (2)

        3.1.4      In jou opinie, dink jy Mandela was geregverdig om nie Umkhonto
                   we Sizwe te ontbind nie? Motiveer jou antwoord.          (2x2)      (4)

        3.1.5      Deur jou eie kennis te gebruik, verduidelik watter boodskap in
                   die visuele bron uitgebeeld word.                          (2x2)    (4)

 3.2    Gebruik bron 3B:

        3.2.1      Stem jy saam met De Klerk se verkiesings manifesto “dat dit ŉ
                   nuwe Nasionale Party was. Dit het apartheid beëindig”. Motiveer
                   jou antwoord.                                             (2x2)     (4)

        3.2.2      Deur jou eie kennis te gebruik, verduidelik waarom daar op die
                   vooraand van die eerste demokratiese verkiesing nog steeds
                   geweld plaasgevind het.                                    (2x2)    (4)

        3.2.3      Deur die bron en jou eie kennis te gebruik, verduidelik wat
                   verskillend omtrent die Nasionale Party se verkiesingsveldtog
                   was in vergelyking met vorige verkiesings.                  (1x2)   (2)

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                GESKIEDENIS V2                          (SEPTEMBER 2012)

3.3   Verwys na bron 3C:

      3.3.1   Deur jou eie kennis en die bron te gebruik, verduidelik wat die
              lang toue mense in die visuele bron simboliseer omtrent die
              mense van Suid-Afrika.                                       (2x2)    (4)

      3.3.2   Verduidelik hoe Jim Sondlana gevoel het nadat hy gestem het.
                                                                      (3x1)         (3)

      3.3.3   Verduidelik die bruikbaarheid van die visuele bron vir ŉ
              historikus wat die politieke verandering in Suid-Afrika bestudeer.
                                                                           (1x2)    (2)

      3.3.4   Deur jou eie kennis te gebruik, verduidelik waarom Mandela
              besluit het om in Kwa-Zulu Natal te stem.                 (2x2)       (4)

3.4   Gebruik al die bronne en jou eie kennis en skryf ŉ paragraaf van
      ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) oor hoe die 1994-verkiesing
      deur Suid-Afrikaners gehanteer is.                                            (6)

3.5   UITGEBREIDE SKRYFWERK (Jou antwoord behoort ongeveer TWEE
      bladsye lank te wees).

      Beantwoord EEN van die volgende vrae: VRAAG 3.5.1 OF 3.5.2.

      3.5.1   Bespreek hoe die proses van onderhandeling uiteindelik tot die
              eerste demokratiese verkiesing in 1994 gelei het.                    (30)

                                             OF

      3.5.2   Gebruik al die bronne en jou eie kennis en skryf ŉ verslag oor
              die gebeure wat aanleiding gegee het wat die volgende stelling
              moontlik gemaak het: “Nelson Mandela, die voormalige
              tronkvoël, word president van Suid-Afrika.”                           (30)
                                                                                   [75]

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                     GESKIEDENIS V2                                       9

 VRAAG 4:          WATTER ROL HET DIE WAARHEID-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE
                   (WVK) GESPEEL OM DIE SIEL VAN DIE SUID-AFRIKAANSE NASIE
                   TE GENEES?

 Bestudeer bronne 4A, 4B en 4C en beantwoord die volgende vrae.

 4.1    Verwys na bron 4A:

        4.1.1      Verduidelik in jou eie woorde die begrip: Rekonsiliasie     (1x2)    (2)

        4.1.2      Waarom, volgens die bron en jou eie kennis, was dit belangrik
                   om rekonsiliasie onder Suid-Afrikaners teweeg te bring? (2x2)        (4)

        4.1.3      Deur jou eie kennis en die bron te gebruik, wat was die doelwitte
                   van rekonsiliasie?                                         (2x2)     (4)

        4.1.4      Stem jy saam met die verduideliking dat herstellende
                   geregtigheid die siel van Suid-Afrikaners sal genees? Motiveer
                   jou antwoord.                                              (2x2)     (4)

        4.1.5      Gebruik die bron en jou eie kennis en verduidelik wat was die
                   verskil tussen vreedsame, herstellende en wraaksugtige
                   geregtigheid?                                              (2x2)     (4)

 4.2    Gebruik bron 4B:

        4.2.1      Deur jou eie kennis te gebruik, verduidelik waarom daar nog
                   soveel haat, bitterheid en rassisme na 1994 in Suid-Afrika
                   voorgekom het.                                             (2x2)     (4)

        4.2.2      Noem EEN van die swart mededingende groepe en sy leier wat
                   die swart woonbuurte van ANC-lede geterroriseer het soos
                   waarna verwys word in die bron.                          (1x2)       (2)

        4.2.3      Gebruik jou eie kennis en die verduidelik wat bedoel word met
                   die stelling dat die WVK bygedra het om die “lug te suiwer”. (1x2)   (2)

        4.2.4      Deur jou eie kennis te gebruik, identifiseer wie die ondier was
                   waarna Aartsbiskop Tutu verwys het.                          (1x2)   (2)

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                GESKIEDENIS V2                          (SEPTEMBER 2012)

4.3   Raadpleeg bron 4C:

      4.3.1   Deur jou eie kennis en die bron te gebruik, verduidelik of jy saam
              met Mxenge se verklaring stem dat die WVK amnestie op hulle
              af forseer het. Motiveer jou antwoord.                        (2x2)    (4)

      4.3.2   Deur die bron en jou eie kennis te gebruik, verklaar waarom die
              WVK oor sy samestelling gekritiseer was.                   (1x2)       (2)

      4.3.3   Ten spyte van die kritiek oor die samestelling van die WVK,
              dink jy die WVK was bevooroordeeld. Motiveer jou antwoord.
                                                                          (1x2)      (2)

      4.3.4   Deur die bron te gebruik, verduidelik waarom die WVK
              gekritiseer was.                                             (3x1)     (3)

4.4   Gebruik al die bronne en jou eie kennis en skryf ŉ paragraaf van
      ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) wat aandui dat almal nie
      gelukkig was met die werksaamhede van die WVK nie en andere wel
      gevoel het dat dit goeie intensies gehad het.                                  (6)

4.5   UITGEBREIDE SKRYFWERK (Jou antwoord behoort ongeveer TWEE
      bladsye lank te wees).

      Beantwoord EEN van die volgende vrae: VRAAG 4.5.1 OF 4.5.2.

      4.5.1   Bespreek die rol wat die Waarheid-en-Versoeningskommissie
              gespeel het om die siel van die Suid-Afrikaners te genees.            (30)

                                              OF

      4.5.2   Gebruik al die bronne en jou eie kennis en skryf ŉ artikel vir ŉ
              geskiedkundige joernaal oor die volgende onderwerp: “Ten
              spyte van die samestelling en kritiek het die WVK nog steeds
              rekonsiliasie onder Suid-Afrikaners teweeg gebring.”                   (30)
                                                                                    [75]

                                                                       TOTAAL:      150

## Related documents

- [HIST P2 S12 QP Eng(Add)](https://www.hlayiso.com/library/hist-p2-s12-qp-eng-add/10436d74-809f-4784-abf1-aa645bca6c60) — History · QP · 2012 · Eng
- [GESKIED P1 QP AFR SEP 2012](https://www.hlayiso.com/library/geskied-p1-qp-afr-sep-2012/cda30303-ff83-479b-b90c-5f6fbf9d5125) — History · QP · 2012 · Afr
- [HISTORY P2 QP SEPT 2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-qp-sept-2018-afr-d/6e5a4a14-b9fd-4574-819d-b440ed12a5a3) — History · QP · 2018 · Afr
- [GR12 HIST P2 Sept2017 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-hist-p2-sept2017-qp-eng/a9e68a30-4308-449a-b46f-d8e2efa233d8) — History · QP · 2017 · Eng
- [Gr12 HIST P2 S16 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-hist-p2-s16-qp-eng/f7730ddc-8b15-401a-a609-87d42709fe80) — History · QP · 2016 · Eng
- [HISTORY P2 ADD GR12 SEPT2014 (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-add-gr12-sept2014-afr/eed60833-7a75-4958-a8dd-2cab09ac22e9) — History · QP · 2014 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
