# History Grade 12 History 2021 Exam Guideline (Afrikaans)

> Grade 12 History exam guideline from the History 2021 (Afrikaans), 11 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-gr-12-exam-guidelines-2021-afr/d126144a-5633-4425-8850-9d5d9567997b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Exam guideline
- Year: 2021
- Exam period: History
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 History 2021 Exam Guideline (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/history-gr-12-exam-guidelines-2021-afr/d126144a-5633-4425-8850-9d5d9567997b)

## About this document

History · Grade 12 · History · 2021. Exam guideline, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                              GESKIEDENIS

                        EKSAMENRIGLYNE

                                 GRAAD 12
                                       2021

                        Hierdie riglyne bestaan uit 11 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis                        2                    DBE/2021
                               Eksamenriglyne

INHOUDSOPGAWE
                                                       BLADSY
1.     INLEIDING                                             3

2.     ASSESSERING IN GRAAD 12                                   4
       VOORGESKREWE ONDERWERPE                                   5

3.     ASSESSERING VAN BRONGEBASEERDE VRAE                       7

4.     ASSESSERING VAN OPSTELVRAE                                9

5.     SLOT                                                    11

Kopiereg voorbehou                              Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis                                  3                                        DBE/2021
                                         Eksamenriglyne

1.     INLEIDING

Die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir Geskiedenis gee 'n uiteensetting
van die aard en doel van die vak Geskiedenis. Dit lei die filosofie wat onderliggend is tot die
onderrig en assessering van die vak in graad 12.

Die doel van hierdie Eksamenriglyne is om:

    Duidelikheid te gee oor die diepte en omvang van die inhoud wat in die graad 12 Nasionale
     Seniorsertifikaat(NSS)-eksamen in Geskiedenis geassesseer gaan word
    Bystand te verleen aan onderwysers om leerders voldoende vir die eksamen voor te berei

Hierdie dokument gee aandag aan die finale graad 12 eksterne eksamen. Dit behandel nie die
skoolgebaseerde assessering ('SBA'), praktiese assesseringstake (PAT'e) of finale eksterne
praktiese eksamen nie aangesien dit in 'n aparte PAT-dokument, wat jaarliks bygewerk word,
hanteer word.

Hierdie riglyne moet saam met die volgende gelees word:

    Die Nasionale Kurrikulumstelling (NKS) se Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring
     (KABV): Geskiedenis
    Die Nasionale Protokol vir Assessering: 'n Addendum tot die beleidsdokument, die Nasionale
     Senior Sertifikaat: 'n Kwalifikasie op Vlak 4 op die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR)
     rakende die Nasionale Protokol vir Assessering (Graad R tot 12)
    Die nasionale beleid met betrekking tot die program- en promosievereistes van die Nasionale
     Kurrikulumstelling, graad R tot 12

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis                                     4                                   DBE/2021
                                            Eksamenriglyne

2.     ASSESSERING IN GRAAD 12

Assessering in die VOO-fase bestaan uit opstel- en brongebaseerde vrae.

Die struktuur van die eksamenvraestelle is soos volg:

    In die September-eksamen (voorbereidende) en finale eksterne eksamens, moet graad 12-
     leerders TWEE vraestelle van 3 uur elk skryf. Albei vraestelle bestaan uit AFDELING A en
     AFDELING B.

    AFDELING A bestaan uit DRIE (3) brongebaseerde vrae. Daar sal van kandidate verwag
     word om ten minste EEN BRONGEBASEERDE vraag in elke vraestel te beantwoord.

    AFDELING B bestaan uit DRIE (3) opstelvrae. Daar sal van kandidate verwag word om ten
     minste EEN OPSTEL-vraag in elke vraestel te beantwoord.

    Daar sal altesaam van 'n kandidaat verwag word om DRIE vrae te soos volg te beantwoord:

     o EEN (1) brongebaseerde vraag
     o EEN (1) opstelvraag
     o Die DERDE vraag kan óf 'n brongebaseerde vraag of 'n opstelvraag wees

     Opstel en brongebaseerde vrae tel 50 punte elk.

    Die totale punt vir elke vraestel is 150.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis                                  5                                             DBE/2021
                                         Eksamenriglyne

Die voorgeskrewe onderwerpe vir 2021 tot 2023 sal soos volg geassesseer word:
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE                      AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAESTEL 1                                           VRAESTEL 1
(EEN vraag per onderwerp sal opgestel word)          (EEN vraag per onderwerp sal opgestel word)
1. Die Koue Oorlog                                   1. Die Uitbreiding van die Koue Oorlog –
Vraagfokus: Die oorsprong van die Koue Oorlog        Gevallestudie: Viëtnam
 Einde van die Tweede Wêreldoorlog                  Vraagfokus: Die tydperke in die oorlog:
   (inleiding); waarom het 'n Koue Oorlog             1957–1965 Stryd in Viëtnam tussen die
   ontwikkel?                                            Suid-Viëtnamese weermag en
 Die USSR en die VSA en die skepping van                kommunistiese opgeleide rebelle (ook as die
   sfere van invloed (Stigting van Sowjet-               Viëtkong bekend)
   vriendelike regerings in satellietstate; VSA se    1965–1969 Stryd tussen Noord-Viëtnam en
   beleid van inperking; Truman-leer; Marshall-          die VSA (sluit die aard van die Viëtnamese
   plan; Die Berlynse Krisis 1949–1961;                  oorlog teen die VSA in)
   Opponerende militêre alliansies: NAVO en die       Die oorlog vanuit 'n Viëtnamese en
   Warskouverdrag                                        Amerikaanse (VSA) perspektief
 Wie moet vir die Koue Oorlog blameer word?          Die oorlog as 'n globale kwessie
                                                      1969–1975 Die Amerikaanse (VSA)-
                                                         onttrekking uit Viëtnam (impak op die
                                                         Amerikaanse (VSA) politieke studente-
                                                         bewegings)
2. Onafhanklike Afrika                               2. Onafhanklike Afrika
Vraagfokus: Afrika in die Koue Oorlog:               Vraagfokus: Hoe is onafhanklikheid in die 1960's
Gevallestudie: Angola                                en 1970's in Afrika verwesenlik?
 Angola: kolonialisme en onafhanklikheid            Gevallestudie: Die Kongo
 Uitbreek van burgeroorlog in 1974 (MPLA,            Wat was die idees wat die Kongo beïnvloed
   FNLA en UNITA)                                       het?
 Redes vir en aard van betrokkenheid by              Polities (tipe leier, nalatenskappe van
   Angola (USSR, VSA, Kuba, China, Suid-                kolonialisme, tipe regering, politieke stabiliteit
   Afrika); impak op streekstabiliteit                  en onstabiliteit)
 Betekenis van die Slag van Cuito Cuanavale          Ekonomies (tipe ekonomie)
   1987 en 1988                                       Sosiale en kulturele suksesse/uitdagings wat
                                                        die Kongo in die gesig gestaar het (voordele
                                                        van onafhanklikheid, onderwys,
                                                        Afrikanisering)
3. Burgerlike verset uit die 1950's tot die          3. Burgerlike verset uit die 1950's tot die
   1970's                                               1970's
Vraagfokus: Die Amerikaanse Burgerregte-             Vraagfokus: Die Swartmagbeweging
beweging                                              Redes vir die Swartmagbeweging
 Redes en oorsprong van Burgerregtebeweging          Stigting van die Black Panther-party
   in die VSA                                         Rolle van Malcolm X, Stokely Carmichael,
 Rol, impak en invloed van Martin Luther King          Huey Newton en ander swart Amerikaner
   Jr.; die invloed van passiewe weerstand              aktiviste
   (Gandhi) op Martin Luther King Jr.                 Korttermyn- en langtermynvoordele
 Vorme van protes deur burgerlike
   ongehoorsaamheid: Montgomery Bus-boikot;
   sitstakings; Vryheidsryers; veldtogte en
   optogte, Birmingham-veldtog, die optog na
   Lincoln-gedenkteken, Vryheidsomer en die
   Selma-Montgomery-optogte ingesluit
 Skooldesegregasie: gevallestudie Little Rock
   Arkansas (as deel van betogingsvorme OF as
   'n gevallestudie)
 Korttermyn- en langtermynvoordele

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis                                   6                                         DBE/2021
                                          Eksamenriglyne

VRAESTEL 2                                           VRAESTEL 2
(EEN vraag per onderwerp sal opgestel word)          (EEN vraag per onderwerp sal opgestel word)
1. Burgerlike Weerstand, 1970's tot 1980's:          1. Burgerlike Weerstand, 1970's tot 1980's:
   Suid-Afrika                                          Suid-Afrika
Vraagfokus: Die krisis van apartheid in die 1980's   Vraagfokus: Die uitdaging van Swart Bewussyn
 Die regering se pogings om apartheid te            vir die apartheidstaat
   hervorm (die 1982 Wet op Stedelike Bantoe-         Die aard en doelwitte van Swart Bewussyn
   owerhede; die driekamerstelsel)                    Die rol van Bantu Stephen Biko
 Interne weerstand teen hervormings                  Swartbewussynbeweging (SBB)
 Groeiende mag van die Vakbondbeweging               Die uitdaging wat die idees van Swart
   ('Trade Union Movement') vanaf 1973                   Bewussyn aan die staat gestel het
 Reaksie op Botha se 'hervormings' – nuwe            Die 1976-Soweto-opstand – kortliks, met
   mobiliseringsmetodes (arbeid se 'uitgebreide          betrekking tot die invloed van die SBB op die
   massastakings', rolle van gemeenskaps-                studente
   organisasies, UDF, Mass Democratic                 Die nalatenskap van Swart Bewussyn vir die
   Movement en End Conscription Campaign                 Suid-Afrikaanse politiek
   [beëindig diensplig] en Black Sash)
2. Die koms van demokrasie na Suid-Afrika en         2. Die koms van demokrasie na Suid-Afrika en
die aanvaarding van die verlede                      die aanvaarding van die verlede

Vraagfokus: Die Waarheids-en-Versoenings-            Vraagfokus: Ooreengekome skikking en die
kommissie (WVK)                                      Regering van Nasionale Eenheid
 Redes vir die WVK: Stigting en instelling van       Begin van onderhandelinge 1989–1991
   subkomitees)                                       Onderbreking van onderhandelinge
 Verskeie vorms van geregtigheid (vergeldend         Veelparty-onderhandelingsproses hervat
   en herstellend)                                    Voortslepende geweld: pogings om die
 Die debatte rakende die WVK                           onderhandelinge te ontspoor
    o Positiewe aspekte van die WVK                   Finale pad na demokrasie in 1994
    o Amnestievoorwaardes en probleme met               (27 April 1994 verkiesing; die Regering van
        amnestie                                        Nasionale Eenheid [RNE])
    o Fokus op growwe menseregteskendings
        van die 1980's
    o Reparasies (Vergoeding)
 Reaksies van politieke partye op die WVK en
    die finale verslag van die WVK
 Fokus op verskillende gevallestudies,
    slagoffers en oortreders
3. Die einde van die Koue Oorlog en 'n nuwe          3. Die einde van die Koue Oorlog en 'n nuwe
   orde 1989 tot die hede                               wêreldorde
Vraagfokus: 'n Nuwe wêreldorde                       Vraagfokus: Die impak van Gorbachev se
 Wat is globalisering?                              hervormings op die Sowjetunie en Suid-Afrika
 Magsbalans en impak op Afrika                       Gorbachev se hervormings in die Sowjetunie
 Oorheersing van globale kapitalisme                 Oos-Europa (oorsig of in beskryf kortliks):
 Ontluikende ekonomieë en verskillende vorms           (gebeure in Pole; betekenis van hierdie
   van kapitalisme: BRICS                               gebeure op die Sowjetunie se invloed in
 Reaksies op globalisering                             Oos-Europa; Duitsland; die val van die
                                                        Berlynse Muur)
                                                      Die disintegrasie van die Sowjetunie
                                                      Keerpunt in Suid-Afrika (die ineenstorting van
                                                        die Sowjetunie en die impak daarvan op
                                                        Suid-Afrika)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis                                     7                                      DBE/2021
                                            Eksamenriglyne

3.      ASSESSERING VAN BRONGEBASEERDE VRAE

By die beoordeling van leerders se vermoë om met historiese bronne te werk, moet die
kognitiewe vlakke, die gepaardgaande historiese vaardighede en die gewigswaardes van vrae
regdeur grade in ag geneem word. 'n Uitbreiding is in die volgende tabel vervat.

                                                      GEWIGS-           TIPIESE VRAE
KOGNITIEWE               HISTORIESE
                                                     WAARDES
  VLAKKE                VAARDIGHEDE
                                                     VAN VRAE
                    Haal bewyse uit bronne                        Watter inligting in die bron
                     aan                                            vertel jou van ...?
                    Keuse en organisering van                     Haal TWEE redes uit die
                                                        30%
     VLAK 1          relevante inligting uit                        bron aan ...
                                                        (15)
                     bronne                                        Wat verstaan jy onder die
                    Definieer historiese                           term ...?
                     konsepte/terme
                    Interpretasie van bewyse                      Watter boodskap dra die
                     uit bronne                                     spotprenttekenaar oor met
                    Verduidelik inligting wat uit      40%         betrekking tot ...?
     VLAK 2
                     bronne ingesamel is                (20)       Verduidelik in jou eie
                    Ontleed bewyse uit bronne                      woorde ...
                                                                   Hoekom dink jy ...?
                    Interpreteer en evalueer                      Verduidelik tot watter
                     bewyse uit bronne                              mate die bewyse in
                    Raadpleeg bronne om die                        Bron 1A ...
                     bruikbaarheid                                 Vergelyk die bewyse in
                     betroubaarheid,                                Bron 2A en 2B en
                     bevooroordeelheid en                           verduidelik hoe jy die
                                                        30%
     VLAK 3          beperkings te bepaal                           verskille sou verklaar ...
                                                        (15)
                    Vergelyk en kontrasteer                       Lewer kommentaar op die
                     interpretasies en                              bruikbaarheid/beperkings/
                     perspektiewe wat in                            betroubaarheid van die
                     bronne aangebied word en                       inligting in Bron 3C en 3D
                     bepaal onafhanklike
                     gevolgtrekkings

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis                                   8                                          DBE/2021
                                          Eksamenriglyne

By die assessering van brongebaseerde vrae moet die volgende in ag geneem word met
betrekking tot die kognitiewe vlakke en die bewoording van tipiese vrae:

 Alle vlak 1-tipe vrae vereis dat leerders inligting uit bronne onttrek en historiese konsepte
  definieer. Hierdie vrae sal 'n maksimum van 2 punte tel. Vraagwerkwoorde wat gebruik kan
  word om hierdie brongebaseerde vrae te stel, sluit onder andere: lys, aanhaling, identifiseer,
  en noem in. Tipiese vrae wat byvoorbeeld gestel kan word: Watter inligting in die bron vertel
  jou van ...? Haal VIER redes aan waarom ... Wat verstaan jy met die term...?

 Alle Vlak 2-vrae vereis dat leerders bewyse uit die bronne interpreteer, ontleed en hanteer.
  Hierdie vrae sal 'n maksimum van tussen 4 tot 6 punte dra. Vraagwerkwoorde wat gebruik kan
  word om hierdie brongebaseerde vrae te stel, sluit onder meer in: verduidelik, lewer
  kommentaar, beskryf en organiseer inligting logies uit die bronne. Tipiese vrae kan
  byvoorbeeld soos volg gestel: Watter boodskap dra die spotprenttekenaar oor ...? Verduidelik
  in jou eie woorde ... Hoekom dink jy ...?

   Alle Vlak 3-vrae vereis dat leerders byvoorbeeld die verskillende perspektiewe in bronne
    (vergelyk/kontras), gevolgtrekkings maak oor die betroubaarheid en bruikbaarheid van
    bronne, ens. Hierdie vrae sal 'n maksimum van tussen 4 tot 8 punte tel en kan geassesseer
    word met behulp van 'n analitiese/holistiese rubriek. Vraagwerkwoorde wat gebruik sal word
    om hierdie brongebaseerde vrae te stel, sluit onder meer in: vergelyk of kontrasteer,
    evalueer, assesseer, verduidelik in watter mate jy sal saamstem/verskil, kommentaar lewer
    op die betroubaarheid van die bewyse in 'n bron, verduidelik die bruikbaarheid,
    lewer kommentaar op die gevolge, verduidelik die beperkings, regverdigheid, ens. Tipiese
    vrae wat gestel kan word, byvoorbeeld: Verduidelik tot watter mate ... Vergelyk die bewyse in
    beide Bron 1A en 1B verduidelik hoe jy die verskille sou verklaar ... Lewer kommentaar
    op ...

    Paragraafvrae sal ongeveer agt (8) punte tel en sal geassesseer word deur 'n analitiese/
     holistiese rubriek te gebruik. Vrae sal gestel word waar daar van leerders verwag sal word om
     vrae op Vlak 3-vaardighede (vergelyk/kontras; bevooroordeelheid, bruikbaarheid;
     betroubaarheid) te beantwoord. Byvoorbeeld, verduidelik die rol, impak, oorsake, effekte of
     betekenis van 'n spesifieke historiese gebeurtenis wat verband hou met die spesifieke
     sleutelvraag. Tipiese vrae kan byvoorbeeld soos volg gestel word:
    o Gebruik die inligting uit die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf wat die
        impak/betekenis van ...
    o Verduidelik waarom 'n historikus die inligting in beide Bron 1A en 1B bruikbaar sal vind
        wanneer die gevolge van ... bestudeer word.
    o Op watter maniere word die spotprenttekenaar se siening (Bron 2C) ondersteun deur die
        bewyse wat in die ander twee bronne ...
    o Vergelyk die bewyse in Bronne 3A en 3B en verduidelik hoe die inligting in beide bronne
        verskil met betrekking tot die ...
    o Verduidelik waarom 'n historikus die betroubaarheid van die getuienis in Bron 3C kan
        bevraagteken ...
    o Lewer kommentaar op die beperkings van Bron 3D vir 'n historikus wat ... bestudeer.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis                                    9                                          DBE/2021
                                           Eksamenriglyne

4.      ASSESSERING VAN OPSTELVRAE

Wanneer opstelle geskryf word, moet leerders hul argument op 'n logiese en samehangende
wyse kan struktureer. Hulle moet die relevante inligting kies, organiseer en verbind sodat hulle 'n
redelike volgorde van feite of 'n effektiewe argument kan aanbied om die vraag wat gestel word,
te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat 'n opstel 'n inleiding, 'n samehangende en gebalanseerde
liggaam van bewyse en 'n gevolgtrekking het. By die beantwoording van opstelvrae moet leerders
in staat wees om:

    'n Opstel te beplan en struktureer
    'n Deeglike kennis en begrip van die onderwerp te toon
    Relevante inligting uit hulle eie kennis te kies en te gebruik om die vraag te beantwoord
     'n Relevante en deurlopende argument te ontwikkel
     Logies en samehangend te skryf

Tipiese vrae kan gestel word deur die volgende beskrywers te gebruik, bv. 'Krities bespreek',
'Verduidelik tot watter mate ...', 'Lewer kommentaar op ...', 'Evalueer ...', 'Assesseer ...'.

Hou die PEEL-(PVVL)-struktuur in gedagte wanneer 'n opstel geassesseer word.

 P Punt: Die kandidaat stel die opstel bekend deur 'n standpunt te neem/
   'n relevante punt te maak.
   Elke paragraaf moet 'n punt insluit wat die hoofpunt (standpunt) beskryf
   wat in die inleiding gemaak is.
 E Verduideliking: Die kandidaat moet in meer besonderhede verduidelik
   waaroor die hoofpunt gaan en hoe dit verband hou met die vraag wat
   gestel word (deurgaans argumenteer).
 E Voorbeeld: Die kandidate moet die vraag beantwoord deur inhoud te kies
   wat relevant is tot die argument. Relevante voorbeelde moet gegee word
   om die argument deurgaans vol te hou.
 L Skakel: Kandidate moet verseker dat die argument regdeur die opstel
   volgehou word en samehangend geskryf word.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis                                                      10                                                             DBE/2021
                                                              Eksamenriglyne

GLOBALE ASSESSERING VAN OPSTELLE: TOTALE PUNTE: 50
                       VLAK 7              VLAK 6           VLAK 5           VLAK 4           VLAK 3            VLAK 2          VLAK 1
Aanbieding             Baie goed           Baie goed        Goed beplande    Argument         Toon soms        Poging           Weinig of geen
                       beplande en         beplande en      en               beplan en        bewyse van 'n    aangewend om     poging om die
                       gestruktureerd      gestruktureer-   gestruktureer-   gestruktureer.   gestruktureerd   'n antwoord te   opstel te
                       e opstel. Goeie     de opstel. 'n    de opstel.       Bewyse tot 'n    e en beplande    struktureer.     struktureer nie.
                       sintese van         Relevante        Poog om 'n       sekere mate      argument.        Grootliks
                       inligting. Het 'n   argument is      duidelike        gebruik om       Poog om 'n       beskrywend of
                       goed                gevolg.          argument te      argument te      argument vol     poog om
                       gebalanseerde       Bewyse           ontwikkel.       ondersteun.      te hou           argument te
      Inhoud           , oorspronklike     gebruik om die   Gevolgtrekking   Slotsom bereik   Gevolgtrekking   ontwikkel.
                       argument            argument te      gemaak uit die   op grond van     nie duidelik     Geen poging
                       ontwikkel met       verdedig.        bewyse om die    bewyse.          ondersteun       om 'n
                       bewyse.             Poog om 'n       argument te                       deur bewyse.     gevolgtrekking
                       Argument            onafhanklike     ondersteun.                                        te maak nie
                       deurgaans           gevolgtrekking
                       volgehou en         uit die bewyse
                       verdedig.           te maak om die
                       Onafhanklike        argument te
                       gevolgtrekking      ondersteun.
                       gemaak uit
                       bewyse om
                       argument te
                       ondersteun.
VLAK 7
Vraag is ten volle
beantwoord.
Inhoudskeuse ten         47–50               43–46
volle relevant vir
argument wat gevolg
is.
VLAK 6
Vraag is
beantwoord.
Inhoudseleksie           43–46               40–42            38–39
relevant tot die
argument wat gevolg
is
VLAK 5
Vraag grotendeels
beantwoord. Inhoud
voldoende gedek en       38–39               36–37            34–35            30–33            28–29
relevant.

VLAK 4
Vraag is herkenbaar
in antwoord.
Sommige weglatings                                            30–33            28–29            26–27
of irrelevante keuse
van inhoud.

VLAK 3
Keuse van inhoud
hou verband met die
vraag, maar
beantwoord dit nie,                                                            26–27            24–25            20–23
Hou soms nie
verband met die
vraag nie.
Weglatings.

VLAK 2
Vraag ontoereikend
beantwoord. Inhoud                                                                              20–23            18–19          14–17
skraal.

VLAK 1
Vraag ontoereikend
beantwoord of glad                                                                                               14–17             0–13
nie. Onvoldoende of
irrelevante inhoud.

Riglyne vir die toekenning van 'n punt vir Vlak 1
    Vraag glad nie aangespreek nie/ heeltemal irrelevante inhoud; geen poging om opstel te struktureer          =0
    Vraag sluit basiese en oor die algemeen irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer =1–6
    Vraag onvoldoende aangespreek en vaag; geen poging om die opstel te struktureer                            = 7–13

Kopiereg voorbehou                                                                                                  Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis                                11                                         DBE/2021
                                        Eksamenriglyne

5.     GEVOLGTREKKING

Hierdie Eksamenriglyne-dokument is bedoel om die assesseringsaspirasies wat in die KABV-
dokument voorgestaan word, te verwoord. Dit is derhalwe nie 'n plaasvervanger van die
KABV-dokument, wat onderwysers vir onderrig moet gebruik, nie.

Kwalitatiewe kurrikulum-dekking, soos uiteengesit in die KABV, kan nie oorbeklemtoon word nie.

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [HISTORY P1 GR12 ADDEN SEPT2021 XHOSA D](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-adden-sept2021-xhosa-d/4bbeb586-4f86-452f-89fb-d02e54f4905d) — History · Addendum · 2021
- [HISTORY P1 GR12 ADDEN SEPT2021 XHOSA ENG D](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-adden-sept2021-xhosa-eng-d/cefc0a5a-5d17-4d03-8a93-a5a577816361) — History · Addendum · 2021 · Eng
- [HISTORY P1 GR12 MEMO SEPT 2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-memo-sept-2021-afrikaans/9c3a8ce8-f3a0-4016-a58e-194db060028c) — History · Memo · 2021 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 QP SEPT2021 English](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept2021-english/622702f7-c33f-4046-ba6c-1effad7e7f25) — History · QP · 2021 · Eng
- [History P1 QP June 2020 English](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-qp-june-2020-english/129f645d-3d44-4eee-9e79-4cf08acc19dc) — History · QP · 2021 · Eng
- [History P2 Add June 2021 English](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-add-june-2021-english/4b70309f-2760-4254-8778-f8fe061ab26d) — History · QP · 2021 · Eng

## More from Grade 12 History

- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 History P1 (English) 2024 Question Paper X05](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-history-p1-english-2024-question-paper-x05/7b41ec15-3856-4a67-a9db-cedd424e51c5) — QP · 2024 · Eng
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2024-afrikaans/e7a9d6cf-de1b-4007-b7b2-b4d762b2fa10) — Addendum · 2024 · Afr
- [History P1 Nov 2024 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2024-addendum-eng/df93fb24-73e0-435a-8d91-bce9f456ba2c) — Addendum · 2024 · Eng
- [Gr 12 History P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-history-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
