# History Grade 10 Eastern Cape November 2018 Addendum (Afr)

> Grade 10 History addendum from the Eastern Cape November 2018 (Afrikaans), 16 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-gr10-addendum-nov2018-afr-d/039021f9-219a-499c-9a03-c2d2b8ca6701
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 10
- Document type: Addendum
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape November
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/history) › [History Grade 10 Eastern Cape November 2018 Addendum (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-gr10-addendum-nov2018-afr-d/039021f9-219a-499c-9a03-c2d2b8ca6701)

## About this document

History · Grade 10 · Eastern Cape November · 2018. Addendum, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                    NASIONALE
                SENIOR SERTIFIKAAT

                       GRAAD 10

                   NOVEMBER 2018

                     GESKIEDENIS
                      ADDENDUM

PUNTE:   150

               Hierdie addendum bestaan uit 11 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                   GESKIEDENIS                                 (EC/NOVEMBER 2018)

VRAAG 1:     HOE HET SHAKA SE KINDERJARE SY LEIERSKAP VAN DIE
             ZOELOE-NASIE BEÏNVLOED?

BRON 1A

Dié bron beskryf Shaka se kinderjare.

Koningin Nandi, moeder van die magtige koning Shaka, was een van die magtigste
enkelouers wat ooit geleef het. Toe dit aangekondig was aan Senzangakhona en die
Zoeloe-stam dat Nandi swanger was, het die Zoeloes deur ’n senior naasbestaande
van Senzangakhona geantwoord en gesê dat ‘die meisie’ nie swanger was nie, maar
dat sy aan ’n maagkwaal ly wat deur die iShaka kewer veroorsaak is.

Toe die Zoeloe-prins gebore is, het Nandi liefderyk na Shaka as haar klein vuurgloed
verwys. Vanaf die geboorte van Shaka het Nandi vernedering, verwerping en kritiek
ervaar. Vroue van die eLangeni stam het nie ’n geleentheid laat verbygaan om haar te
verkleineer nie.

Dit was gedoen omdat sy die praktyk van ‘Ukulalobongo’(om nie swanger te raak nie)
nie gedoen het nie, en verwagtend met ‘n buite-egtelike seun geraak het. Shaka se
geboorte was destyds as ’n grap beskou en het gepaard gegaan met ’n gespot en
minagting. Alhoewel Senzangakhona vir Nandi as sy derde vrou gevat het, was
Shaka nog steeds as ’n buite-egtelike seun behandel.

Nandi het nooit ophou hoop in die lewe nie, sy was dapper, het nooit onder druk
geswig nie en het haar eiewaarde geken. Sy het al hierdie waardes aan haar seun
oorgedra, en hom gevorm om een van die magtigste leiers op ons kontinent te word.
Nandi het altyd haar seun daaraan herinner dat, ten spyte van sy omstandighede, hy
eendag die magtigste koning sal wees. Alhoewel sy vyandigheid, verwerping,
belediging en vernedering moes verduur, het sy haar seun na die beste van haar
vermoë grootgemaak en hom geleer om wilskrag te hê en om in sy roeping as koning
te glo. Sy het grootgemaak om in die krag van eenheid te glo. Sy het haar lewe aan
haar seun toegewy en probeer om die beste mentors vir haar seun te vind om hom vir
sy toekomstige rol voor te berei.

Die paartjie het uitmekaar gegaan toe Shaka ses jaar oud was, en Nandi het haar
seun teruggeneem na haar stam, die eLangeni, toe, en hulle het tussen mense gebly
wat Nandi geminag het. Shaka het sy kinderjare hier spandeer, onderwerp aan baie
geterg en geboelie deur ander seuns van die stam. Hy het ŉ groot haat en afkeur vir
die eLangeni mense ontwikkel. Hy wou eendag oor hierdie seuns heers wat hom
tydens sy kinderjare afgeknou en bespot het. Weens sy moeilike kinderjare was
Shaka steeds baie aggressief, selfs nadat hy almal wat hom as kind afgeknou het,
doodgemaak het. Shaka het dit gehaat om by sy moeder se familie te bly, want hulle
was soos uitgeworpenes behandel en kinders het hom meedoënloos geterg en na
hom as die ‘vaderlose een’ verwys. In 1802 het die eLangeni stam vir Nandi uitgedryf
en sy het uiteindelik skuiling by die magtige Mthetwa onder Dingaan gevind.

     [Uit hppss://www.geni.com/people/Nandi-kaBhebe…Mother… Toegang op 20 Junie 2018 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                          GESKIEDENIS                                              3

BRON 1B

Die bron hieronder beskryf hoe Shaka sy leër geherorganiseer het, wat daartoe gelei
het dat hy al die stamme in sy omgewing kon verslaan.

Toe Shaka oorneem as leier van die Zoeloes het hy eerstens die leer
geherorganiseer. Die Zoeloes was met beesvelskilde en dunnerige gooispiese
bewapen. Shaka het eers sy krygers opgelei om met ’n kort, breë lem steekspies, die
iklwa, en ’n groter beesvelskild te veg, sodat hulle van naby teen die vyand moes veg.
Hy het ook die klassieke ‘buffelhoring’ formasie ontwikkel: die bors-en-horing taktiek
om die vyand te omsingel, wat die handelsmerk van die Zoeloes geword het. Die
beskikbare regimente, die impi’s, was in vier groepe verdeel. Die sterkste, genoem
die ‘bors’, het die vyand van voor af genader om hulle vas te pen, terwyl die ‘horings’
van die kante af die vyand omsingel en hulle van agter af aangeval het. ’n Reserwe,
die ‘lende’ het naby gesit en wag, met hul rûe na die geveg toe sodat hulle nie
onnodig opgewonde sou word nie en hulle kon dan gestuur word om enige gedeelte
van die kring te versterk indien die vyand dreig om weg te breek uit die kring.

Shaka het voortgegaan om die Zoeloe-leër te moderniseer en te vernuwe. Hy het
nuwe wapens, regimentvorms en oorlogtaktieke ingestel. Hy het standaardmetodes
ontwikkel, wat die Zoeloes in elke geveg gebruik het. Hy het eers al die klein stamme
in sy omgewing verslaan, beginnende met die eLangeni. Binne twee jaar het Shaka
sy grootste opposisie, die Ndwandwe en die Qwabe, verslaan en in ̓ŉ reeks veldtogte
het hy alle stamme suid van die Zoeloe-gebied verslaan. Teen 1823 het die streek ŉ
onbewoonde, brandende puinhoop van krale geword en alle oorlewendes het gevlug.

Toe sy moeder oorlede is, is duisende van sy onderdane vermoor, sodat hul families
saam met hom kon treur, volgens gerugte van handelaars van die tyd. Maar Shaka
was merkwaardig suksesvol as ’n leier en was waarskynlik nie die tiran waarvoor hy
uitgemaak is nie. Hy het foute begaan, soos alle leiers en hy het meestal slegs vir
politieke redes doodgemaak en om sy onderdane te dissiplineer. Die hedendaagse
Zoeloe-mense word nog steeds deur die feite en mites oor Shaka beïnvloed.

   [Uit https://www.thefamouspeople.com/profiles/shaka-8310.php. Toegang op 20 Junie 2018 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                   GESKIEDENIS                                  (EC/NOVEMBER 2018)

BRON 1C

Hierdie foto wys die militêre wapens wat bekend gestel en deur Shaka tydens sy
oorloë gebruik was.

    [Uit www.harvard.edu/catalog.php?isbn=978067487&content=reviews. Toegang op 20 Junie 2018
                                                                                      verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                     GESKIEDENIS                                                  5

VRAAG 2:        WAT WAS DIE IMPAK VAN BRITSE KOLONIALISME OP DIE
                BEVOLKING VAN DIE KAAPKOLONIE?

BRON 2A

Hierdie bron beskryf hoe die aankoms van die Britte die lewens van die inheemse
mense wat in die Kaap gewoon het, verander het.

Die aankoms van die Britte aan die Kaap het die lewens van mense wat alreeds daar
gewoon het, verander. Oorspronklik was die Britse besetting daarop gemik om die
handelsroete na die Ooste te beskerm, maar die Britte het gou die potensiaal besef om
die Kaap vir hul eie behoeftes te ontwikkel.

Met kolonialisme, wat in 1652 in Suid-Afrika begin het, het slawerny en dwangarbeid
ontstaan. Dit was die oorspronklike model van kolonialisme wat deur die Hollanders in
1652 gebring is, en vanaf die Wes-Kaap na die Afrikaner-republieke van die Oranje-
Vrystaat en die Zuid-Afrikaanse Republiek uitgebrei is. Baie Suid-Afrikaners is
afstammelinge van slawe wat na die Kaapkolonie vanaf 1653 tot 1822 gebring is.

Die veranderinge aan die swart gemeenskappe het vinnig plaasgevind as gevolg van
Europese koloniale beheer … Natuurlik was alle gemeenskappe nie ewe veel
getransformeer nie. Sommige het weerstand teen die koloniale indringers, slawerny en
dwangarbeid vir lang periodes gebied. Anders soos die Khoi-Khoi gemeenskappe van
die Suid-Wes Kaap het binne die bestek van ̓ŉ paar dekades verbrokkel …

Baie belangriker, handel met die Europeërs het die swart leiers toegang tot ̓n
belangrike aspek van Europese tegnologie naamlik, vuurwapens verleen … Kortliks,
die besit van vuurwapens het in ̓n statussimbool verander, en dit het ̓n manier geword
om politieke mag te verkry.

                              [Uit South African History Online: Toegang op 1 Junie 2018 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                 GESKIEDENIS                                 (EC/NOVEMBER 2018)

BRON 2B

In April 1914 is ̓n seldsame onderhoud met ̓n voormalige slaaf met die naam van
Manisa in die Cape Weekly gepubliseer. Manisa was tien jaar oud toe slawerny
beëindig is, maar was verplig om ̓n verdere vier jaar as ̓n onbetaalde vakleerling te
dien. In 1835 was haar waarde op R934 vasgestel: dit was die bedrag wat haar
eienaars as vergoeding vir die verlies van haar dienste as ̓n slaaf sou ontvang.

Sy onthou:

Nee, die dae van slawerny was nie goed nie. Vroue is in blokke geplaas en is ook
gestraf deurdat swaar leer-oormuwwe, net soos die oogklappe van ̓n perd, oor hul ore
gebind is …

Een stormagtige nag toe sy 14 was, het Haupt [haar meester] in die kombuis ingekom
en al drie vrouebediendes bymekaargeroep en vir hulle gesê hulle is vry. ‘Ons het nie
geweet wat dit beteken nie, en so het die meester ons laat aanbly en kos gegee totdat
ons όf nuwe plekke gekry het, όf weer deur hom in die diens geneem is en as
bediendes betaal is’…

Nadat die slawe bevry is en die vakleerlingskapstelsel begin is, en jy toe met ̓n nota na
die naaste landdros gestuur is wat veronderstel was om albei kante se saak aan te
hoor, maar die meeste van ons het gevind dat hulle ons ̓n pak slae sou gee sonder om
die moeite te doen om vas te stel of ons reg of verkeerd was nie, en moes ons ons
werk inhaal wanneer ons terug op die plaas gekom het, so ons het verkies dat die
meester ons slaan en niks verder daaroor gesê nie; slegs na ̓n ruk sou ons vir
onsself ̓n goeie baas kry, en dit is waar dit goed was om vry te wees …

                                                          [Uit Echoes of Slavery deur J. Loos]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                      GESKIEDENIS                                                7

BRON 2C

Hierdie is ̓n uittreksel uit Piet Retief se manifes, wat uit ses punte bestaan het en wat
die Boere se redes uiteensit vir hulle onttrekking uit die Kaapkolonie verlaat het.

1.   Ons is wanhopig dat hierdie kolonie nie gered kan word van die euwels wat dit
     bedreig as gevolg van die bandelose en oneerlike optrede van rondlopers wat
     toegelaat word om die land oral te teister [ ̓n verwysing na die Khoi-Khoi wat nie
     meer passe hoef te dra nie]; verder sien ons geen moontlikheid van vrede en
     geluk vir ons kinders in ̓n land wat so deurmekaar is as gevolg van interne
     opstand nie.

2.   Ons maak beswaar teen die groot verliese wat ons gedwing was om te ly as
     gevolg van die vrystelling van ons slawe …

3.   Ons maak beswaar teen die aanhoudende stelsels van plundering wat ons nog
     altyd moes verduur van die Xhosas en ander gekleurde klasse, en veral die
     laaste inval in die kolonie wat die grensdistrikte verwoes het en die meeste van
     die inwoners geruïneer het.

4.   Ons verlaat hierdie kolonie met die volle verstandhouding dat die Engelse
     regering niks meer van ons kan verwag nie, en ons sal toelaat om onsself in die
     toekoms sonder inmenging te regeer.

5.   Ons is vasbeslote dat waar ons ook al gaan, ons die regverdige beginsels van
     vryheid sal handhaaf, en terwyl ons sal verseker dat niemand in ̓n staat van
     slawerny gehou sal word nie, dit ons voorneme is om regulasies te handhaaf wat
     misdaad sal onderdruk en behoorlike verhoudings tussen meester en onderdaan
     sal behou.

6.   Ons verlaat nou die vrugbare land van ons geboorte waar ons enorme verliese
     en ergernisse gely het, en ons gaan ̓n wilde en gevaarlike gebied binne, maar
     ons doen dit met ̓n onwrikbare vertroue in die alsiende, regverdige en genadige
     Wese vir wie ons sal streef om te vrees en nederig te gehoorsaam.

                                          [Uit New Generation History by C.A. Stephenson et. al]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                       GESKIEDENIS                                      (EC/NOVEMBER 2018)

VRAAG 3: WAT WAS DIE ROL EN ERVARINGS VAN SWART SUID-
         AFRIKANERS IN DIE SUID-AFRIKAANSE OORLOG (1899–1902)?

BRON 3A

Hierdie bron beskryf die rol wat swart Suid-Afrikaners gespeel het aan die kant van
die Boere tydens die Suid-Afrikaanse Oorlog.

Alhoewel die Suid-Afrikaanse Oorlog hoofsaaklik tussen die Britte en Boere was, het
ander bevolkingsgroepe in Suid-Afrika, soos die Zoeloe, Xhosa, Bakgatla, Shangaan,
Sotho, Swazi en Basoeto ook betrokke geraak in wat oorspronklik bekend was as die
‘witmansoorlog.’ Daar was ̓n ongeskrewe ooreenkoms tussen die leiers van die Boere
en Britte dat die oorlog ̓n witmansoorlog sou wees en dat swartes nie vir die stryd
bewapen sou word nie. Ten spyte hiervan is daar foto’s wat getuig van die deelname
van swartes in beide vegtende en nie-vegtende rolle gedurende die oorlog. Swartes
was vir verskeie rolle gebruik, soos loopgrawers, spioene, boodskapdraers, vee-
stropers, bestuurders, werkers, spoorsnyers en om blokhuise te bou.

Agterryers was óf gewerf deur die boere óf het vrywilliglik by die kommando’s
aangesluit. Die Boere het agterryers gebruik om reserwe-ammunisie op te pas, die
perde te versorg, hout bymekaar te maak en gewere te laai. In sy dagboek, het C.A.
Cronje geskryf oor sy agterryer, Kleinbooi Salalana, en bevestig dat ̓n geweer aan
hom gegee was en dat hy aan vele gevegte deelgeneem het. Kleinbooi was slegs
vyftien jaar oud toe hy by die kommando’s aangesluit het, maar het dapperheid
tydens hierdie gevegte getoon.

                      [Uit http://samilitaryhistory.org/vol113nn.htmi. Toegang op 21 Junie 2018 verkry]

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                     GESKIEDENIS                                               9

BRON 3B

Hierdie bron verwys na die verhaal van Abraham Esau wat aan die Suid-Afrikaanse
Oorlog aan die kant van die Britte deelgeneem het.

Baie swart mense (nie-blankes) soos Abraham Esau van Calvinia, het uitstaande
dapperheid tydens die oorlog getoon.

Teen 1900, was die bruinmense van Calvinia anti-Republikeins en pro-Brits. Esau het
probeer om die plaaslike landdros, Pieter Dreyer, te oorreed om die bruin
gemeenskap van gewere en ammunisie te voorsien, sodat hulle hulself kon verdedig
teen aanvalle van die Boere-kommando’s. Esau en luitenant Preston, ̓n Britse agent,
het later ̓n spioenasie-netwerk gestig. Esau het die dienste van plaaslike mense vir
die intelligensie-netwerk gewerf. Sy netwerk van spioene en informante het inligting
oor die Boere se bewegings verskaf en hierdie inligting is aan die Britse intelligensie-
diens oorgedra. Boere-simpatiseerders het op hul beurt inligting van Esau se
aktiwiteite aan die Boere-kommando verskaf.

Op 9 Januarie 1901 het ŉ Boere-kommando Calvinia beset en krygswet is
afgekondig. Later is Esau in hegtenis geneem en hy is ook gemartel. Hy is aan ̓n
boom vasgebind en in die openbaar geslaan. Sy ontvoerders het ook probeer om
inligting oor die spioenasie-netwerk van hom te verkry. Hy het nie sy samewerking
gegee nie en dit het die lede van die kommando kwaad gemaak. Op 5 Februarie 1901
is hy tussen twee perde vasgemaak en na die buitewyke van Calvinia gesleep. Hy is
daarna doodgeskiet. Esau se lyk is toe weer na Calvinia teruggebring.

Die volgende dag, na die kommando se onttrekking uit Calvinia, is Esau met Britse
weermag eerbewyse deur die Britse weermag begrawe.

                                               [Uit New Dictionary of South African Biography]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                             GESKIEDENIS                                   (EC/NOVEMBER 2018)

BRON 3C

Hierdie is ̓n foto van swart kommando’s wat aan die Britse kant tydens die Suid-
Afrikaanse Oorlog geveg het.

                                      [Uit sahistory.org. Toegang op 21 Junie 2018 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                      GESKIEDENIS                                  11

ERKENNINGS

Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem.

http://samilitaryhistory.org/vol113nn.html.

https://www.geni.com/people/Nandi-kaBhebe…Mother…

https://www.thefamouspeople.com/profiles/shaka-8310.php.

Loos, J. 2004 Echoes of Slavery (Vivlia Publishers)

New Dictionary of South African Biography

sahistory.org

South African History Online

Stephenson, C.A. 2011 et al New Generation History (New Generations Publishers)

www.harvard.edu/catalog.php?isbn=978067487&content=reviews.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com



         

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com

         

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com



         

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com



### Page 16

Downloaded from hlayiso.com



## Related documents

- [HISTORY ADDENDUM GR10 NOV2018 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/history-addendum-gr10-nov2018-eng-d/cf0801f5-0f6a-44d8-847e-1d5960aa3723) — History · Addendum · 2018 · Eng
- [HISTORY GR 10 MEMO NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-gr-10-memo-nov2018-afrikaans/0ca849a7-4395-4c79-839b-864d8e9192a8) — History · Memo · 2018 · Afr
- [HISTORY GR10 MEMO NOV2018 English](https://www.hlayiso.com/library/history-gr10-memo-nov2018-english/368f705a-8a7a-43ae-803d-44f05c14e845) — History · Memo · 2018 · Eng
- [HISTORY QP GR10 NOV2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/history-qp-gr10-nov2018-afr-d/f0c7487c-fccd-4859-bad8-bf529b9d5984) — History · QP · 2018 · Afr
- [HISTORY QP GR10 NOV2018 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/history-qp-gr10-nov2018-eng-d/0af88c2a-c9be-4779-a1b3-0a87f316e3f8) — History · QP · 2018 · Eng
- [HISTORY GR10 ADDENDUM NOV2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-history-2018-national-november-exam-addendum/5e10273e-7ca6-4c5d-b6b0-b59390d5a8d5) — History · Addendum · 2018 · Afr

## More from Grade 10 History

- [Grade 10 History November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-history-2026-november-mock-exam-memorandum/041c0977-7ec5-4d80-b3e5-638e7d237765) — Memo · 2026 · Eng
- [Grade 10 History November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-history-2026-november-mock-exam-question-paper/6d783e5b-2a47-447a-9161-e3748f3e10a8) — QP · 2026 · Eng
- [Grade 10 History November 2026 Mock 2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-history-2026-november-mock-exam-2-memorandum/30206d18-b156-4b6f-81f2-58764be858ea) — Memo · 2026 · Eng
- [Grade 10 History November 2026 Mock 2](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-history-2026-november-mock-exam-2-question-paper/bed9a11e-6193-4fe9-851b-93c16def76a6) — QP · 2026 · Eng
- [Gr 10 His ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-his-atp-2023-24/77b69460-c4e9-4807-8d15-fdb95c83ebd3) — ATP
- [EC History Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-history-grade-10-march-2025-qp-and-memo/e50c532b-d70e-4ae5-b45d-e752d9219b14) — QP + Memo · 2025

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
