# History Grade 10 Eastern Cape November 2019 Addendum (Afr)

> Grade 10 History addendum from the Eastern Cape November 2019 (Afrikaans), 16 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-gr10-addendum-nov2019-afr-d/aa0f2bce-a6ce-4476-9f83-da3703070805
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 10
- Document type: Addendum
- Year: 2019
- Exam period: Eastern Cape November
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/history) › [History Grade 10 Eastern Cape November 2019 Addendum (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-gr10-addendum-nov2019-afr-d/aa0f2bce-a6ce-4476-9f83-da3703070805)

## About this document

History · Grade 10 · Eastern Cape November · 2019. Addendum, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

          NASIONALE
      SENIOR SERTIFIKAAT

             GRAAD 10

        NOVEMBER 2019

          GESKIEDENIS
           ADDENDUM

               *XHISA3*

    Hierdie addendum bestaan uit 10 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                 GESKIEDENIS (ADDENDUM)                            (EC/NOVEMBER 2019)

    VRAAG 1:     WAAROM WAS DIE ZOELOES ONDER SHAKA AS DIE MEES
                 VREESAANJAENDE KRYGERS IN AFRIKA BESKOU?

    BRON 1A

    Hierdie bron beskryf Shaka en die opkoms van die Zoeloe-staat.

    Shaka, ŉ uitgeworpende as kind, was grootgemaak deur ŉ aantal naburige groepe en
    het uiteindelik by die Mthethwa beland waar hy homself as ŉ bekwame vegter in die
    leër van Dingiswayo onderskei het. Dingiswayo was so beïndruk met Shaka dat hy
    hom in 1816 gehelp het om hoof van die Zoeloes na die dood van Senzangakhona te
    word. Onder die Zoeloes het Shaka ŉ aantal militêre innovasies gekonsolideer –
    sommige wat deur Dingiswayo ontwikkel was, ... om ŉ magtige militêre masjien tot
    stand te bring. Alle jong mans was in ouderdomsregimente opgeneem en het militêre
    opleiding ontvang. ŉ Kortsteek-assegaai was ingestel ... wat Shaka se leër ŉ voordeel
    in naby (hand tot hand) gevegte gegee het. Militêre strategieë, soos die ‘oskop’-
    formasie waarmee Zoeloe-regimente hul vyande omsingel het, is vervolmaak. Toe
    Dingiswayo vermoor was, het Shaka met sy militêre masjien die dood van sy mentor
    gewreek, ... Shaka het die Mthethwa onder sy bewind ingelyf en die Zoeloe-staat as
    die dominante mag onder die noordelike Nguni gevestig.

    Shaka het ŉ nuwe nasionale identiteit bevorder deur die Zoeloe-identiteit van die staat
    te beklemtoon. Al die onderdane van die Zoeloe-staat het Zoeloes geword en moes
    die koning met hul persoonlike trou (lojaliteit) beloon. Gebruiklike Nguni-feeste, soos
    plant- en oesvieringe, het geleenthede geword waarop Shaka ŉ groot aantal mense
    bymekaargemaak het en die deugde van die staat geprys (gevier) het. Op hierdie wyse
    het Shaka ŉ Zoeloe-bewuswording ontwikkel wat die oorspronklike identiteite en
    afstamming (families) van die verskillende volke wat sy onderdane was, oortref het.
    Shaka het sy mag gekonsolideer deur ŉ reeks oorloë teen naburige volke. Sy leërs
    het strooptogte vir beeste en kos gedoen; hulle het enigeen aangeval wat die gesag
    van die Zoeloe-monarg betwis het; ... Hy het ook Britse handelaars in sy koninkryk
    verwelkom en diplomatieke afgevaardiges (verteenwoordigers) na die Britse koning
    gestuur.

                        [Uit https://www.google.com/search?source. Toegang op 6 Julie 2019 verkry.]

Kopiereg voorgehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                   GESKIEDENIS (ADDENDUM)                                                3

  BRON 1B

  Hierdie bron fokus op die militêre sisteem wat deur Shaka gebruik was.

  Die assegaai: Hy het gesien dat die tradisionele spies, ŉ lang handvatsel-assegaai
  wat van ŉ afstand gegooi was, nie geskik was vir die gereguleerde gevegte in naby
  (hand tot hand) formasie wat hy in gedagte gehad het nie. Hulle het tot teenaan die
  vyand beweeg agter die skuiling van die skans van skilde, dan was hul teenstanders
  aan hulle oorgelaat en ŉ volledige oorwinning kon behaal word. Na hy die sukses van
  sy nuwe taktiek bewys het, het Shaka sy krygers met kort-handvatsel steek-assegaaie
  bewapen en hulle opgelei om tot naby hul opponente te beweeg met hul lyflengte-
  koeiskudde-skilde (beesvel-skilde) wat ŉ byna ondeurdringbare beskerming gevorm
  het vir alles wat na hulle gegooi was.

  Dissipline: Deur baie oefeninge en dissipline het Shaka sy magte opgebou, wat
  spoedig die terreur van die land geword het. Shaka het die dra van sandale verbied,
  en het sy vegters se voete verhard deur hulle kaalvoet oor growwe doring-grond te
  laat hardloop om sodoende groter mobiliteit te verseker. Sy oorlogskreet was
  ‘Oorwinning of dood!’ ... en hy het sy impi’s op aanhoudende militêre veldtogte gehou
  totdat hy gedink het dat hulle die reg verdien het om ŉ kopring (isicoco) van manlikheid
  te dra.

  Die manlike amabutho: Die jong mans was weggeneem om saam met ander uit alle
  dele van die koninkryk in ŉ toepaslike amabutho of ouderdomsregiment ingeskryf te
  word. Dit het ŉ gevoel van gemeenskaplike identiteit onder hulle gebring.

  Die vroulike amabutho: Getalle jong vroue van die koninkryk was by die militêre
  nedersettings byeengebring. Amptelik was hulle in die koning se sorg. Hulle is in
  vroulike ekwivalente van die manlike amabutho georganiseer en het aan seremoniële
  dans en uitstallings deelgeneem. Tot op daardie tydstip was seksuele omgang tussen
  lede van die manlike en vroulike ouderdomsregimente egter verbode. Oortredings is
  met die dood gestraf.
                 [Uit https://www.sahistory.org.za/people/shaka-zulu. Toegang op 6 Julie 2019 verkry.]

  BRON 1C

  Hierdie bron beskryf hoe Nandi se dood Shaka se leierskap laat versleg het.

  Ten spyte van die moeilike tye wat hulle saam beleef het, of miskien as gevolg
  daarvan, het Shaka sy moeder amper tot op die punt van aanbidding lief gehad.

  Koningin Nandi kaBhebhe is op 10 Oktober 1827 aan disenterie (aansteeklike diarree)
  oorlede. Volgens Donald Morris het Shaka beveel dat geen gewasse gedurende die
  daaropvolgende jaar van rou geplant moes word nie, dat geen melk (die destydse
  basis van die Zoeloe-dieet) gebruik moes word nie en dat elke vrou wat swanger sou
  word saam met haar man vermoor moes word. Minstens 7 000 mense wat
  onvoldoende droefheid gertoon het, was tereggestel, hoewel die doodmaak nie tot
  mense beperk was nie; koeie was geslag sodat hul kalwers sou weet hoe die verlies
  van ŉ moeder voel.

          [Uit https://en.wikipedia.org/wiki/Nandi_(mother_of_Shaka). Toegang op 6 Julie 2019 verkry.]

Kopiereg voorgehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                     GESKIEDENIS (ADDENDUM)                               (EC/NOVEMBER 2019)

    BRON 1D

    Hierdie foto beeld Shaka se ‘oskop’-formasie uit, een van sy magtigste militêre
    taktieke.

    Die buffelhorings-formasie van die Zoeloe-mag: Dele 1–4 hierbo: 1 ‘vyand’ 2 ‘horings’ 3 ‘bors’
    4 ‘lendestuk
                               [Uit https://en.wikipedia.org/wiki/Impi. Toegang op 12 August 2019 verkry.]

Kopiereg voorgehou                                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                   GESKIEDENIS (ADDENDUM)                                               5

  VRAAG 2:       HOE HET KOLONIALISME DIE LEWENS VAN BEIDE XHOSAS EN
                 BOERE, IN DIE KAAPKOLONIE, NEGATIEF BEÏNVLOED?

  BRON 2A

  Hierdie bron beskryf die redes waarom die Britte na Suid-Afrika gekom het.

  In Suid-Afrika was daar ŉ komplekse mengsel van mense – Britte, Boere
  (afstammelinge van Nederlandse setlaars uit die 1600’s) en inheemse Afrika-volke
  soos die Xhosas, die Zoeloes en die Matabele. Die Britte wou Suid-Afrika beheer
  omdat dit een van die handelsroetes na Indië was.

  Toe goud en diamante egter in die 1860’s–1880’s ontdek is, het hul belangstelling in
  die streek toegeneem. Dit het hulle in konflik met die Boere gebring. Die Boere was
  teen die Britse bewind gekant. Hulle wou ŉ eenvoudige boerdery-bestaan voer. Britse
  bewind het hul land toenemend ŉ nywerheids- en sakewêreld-land gemaak. Die Boere
  het ook gevoel dat die inheemse Swartes minderwaardig was en as slawe behandel
  moes word. Ten spyte daarvan, het hulle in die 1870’s verskeie oorloë met Swart-
  volke geveg en effektief die mag van die Zoeloes verbreek.

  [Uit http://www.nationalarchives.gov.uk/education/empire/g2/cs3/background.htm. Toegang op 5 Junie
                                                                                       2019 verkry.]

Kopiereg voorgehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                    GESKIEDENIS (ADDENDUM)                              (EC/NOVEMBER 2019)

    BRON 2B

    Hierdie bron, geskryf deur Gemma Pitcher, verwys na die veeslagting as massa-verset
    en nie as massamoord nie.

    Toe sy terugkeer, het sy gesê dat sy ŉ man gesien het wat vir haar gesê het: 'Die
    hele gemeenskap sal uit die dood opstaan; dat alle beeste wat nou leef, geslag moet
    word’. Die meisies het teruggekeer huis toe en hulle gesinne vertel wat gebeur het,
    maar niemand het hulle geglo nie.

    Nongqawuse en Mhlakaza het gesê dat diegene wat aan hulle verskyn het, die geeste
    van hul dooie voorouers was, wat weer lewend geword het om die Xhosa-volk weer
    tot sy volle glorie te herstel en ‘die Xhosa die hulp te verleen wat hulle benodig om die
    witman uit die land te verdryf’.

    ŉ Paar dae later het Mhlakaza self met die geeste vergader en gesê dat al die dooies
    van die Xhosa-volk weer sou opstaan, dat hulle uit die see sou opkom en nuwe en
    onbesmette vee saam met hulle sou bring asook ‘skape, bokke hoenders en enige
    ander dier wat benodig word, klere en alles wat hulle kon wens om te eet. . . en
    allerhande goed vir hul huise.’ Volgens Nongqawuse, was die beeste in ondergrondse
    grotte (spelonke) op daardie tyd, wagtend om op te staan en ŉ nuwe wêreld vir die
    gesuiwerde Xhosa-mense te begin.Op die dag van hul koms, het sy belowe, ‘dat die
    blindes sou sien, die dowes sou hoor, kreupeles sou loop, en dat die hele Xhosa-nasie
    uit die ‘dood’ sou opstaan en ŉ goue era sonder siekte, dood of ongeluk sou begin’.

    Namate woord van die profesieë versprei het, het die opperhoof van die Xhosa, Sarhili,
    afgevaardiges (verteenwoordigers) na die mond van die Gxarha-rivier gestuur om die
    profesieë te ondersoek. Hulle het nie werklik die vreemdelinge ontmoet nie, maar het
    teruggekeer huis toe, oortuig van die waarheid van die profesieë, en onmiddellik hul
    vee begin doodmaak. Sarhili het toe twee van sy raadslede gestuur om die
    stamhoofde onder Britse jurisdiksie in kennis te stel dat hulle hul vee wat ‘getoor’ is
    moet opoffer. Nadat Sarhili sy ondersteuning gegee het, het die beweging enorme
    momentum gekry.

         [Uit www.siyabona.com/eastern/cape.xhosa/cattle killling.htlm: Toegang op 6 Julie 2019 verkry.]

Kopiereg voorgehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                GESKIEDENIS (ADDENDUM)                                                 7

  BRON 2C

  Hierdie bron is ŉ uittreksel uit ŉ toespraak deur die Britse Goewerneur, Harry Smith,
  aan die verslane Xhosa hoofmanne. Dit verduidelik hoe die nuwe stelsel sal werk.

  ‘Julle grond sal uitgemerk word en merke sal gemaak word sodat julle almal daarvan
  sal weet. Dit sal in distrikte, stede en dorpe, met Engelse name opverdeel word. Julle
  sal almal leer om Engels te praat in die skole wat ek vir julle sal oprig ... Julle sal nie
  meer naak en boos wees soos wat julle altyd is, tensy julle hard werk nie. Julle sal
  geleer word om te ploeg ... Julle sal handelaars hê en julle moet julle mense leer om
  gom, hout en huide te bring om te verkoop, sodat julle kan leer hoe om geld te gebruik
  en goedere vir julleself te koop. Julle moet leer dat dit geld is wat mense ryk maak
  deur werk, en julle moet my help om paaie te maak, ek sal julle betaal.’

                                                     [Uit In Search of History deur J. Bottaro et al]

  BRON 2D

  Die onderstaande bron is ŉ uittreksel uit die Manifes wat gepubliseer was op 2
  Februarie, 1837. Die Manifes verduidelik die redes waarom die Voortrekkers die Kaap
  wou verlaat en skets ook hul hoop en voornemens vir die toekoms.

  x   Ons is wanhopig dat die kolonie gered kan word van die euwels wat dit bedreig
      deur die gedrag van rondlopers/swerwers (hawelose mense) wat toegelaat word
      om te gaan waar hulle wil.
  x   Ons kla oor die vals beskuldigings van sendelinge in Engeland teen ons.
  x   Ons kla dat ons plase voortdurend deur die Xhosa geplunder word en veral oor
      die laaste grensoorlog wat baie van ons geruïneer (verwoes) het.
  x   Ons kla oor die ernstige verliese wat ons gedwing is om te ly as gevolg van die
      vrylating van ons slawe.

                                                             [Uit Focus deur B. Johanneson et al]

Kopiereg voorgehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                  GESKIEDENIS (ADDENDUM)                           (EC/NOVEMBER 2019)

    VRAAG 3:      WAT WAS DIE TOESTANDE BINNE DIE KONSENTRASIEKAMPE
                  GEDURENDE DIE SUID-AFRIKAANSE OORLOG?

    BRON 3A

    Hierdie bron beskryf hoe swart Suid-Afrikaners in die konsentrasiekampe behandel
    was.

    Amptelik, wou beide die Britte en die Boere, nie die swartes toelaat om by hulle aan te
    sluit om teen die ander kant te veg nie. Tog word geglo dat soveel as 100 000 swart
    mense in die oorlog gedien het as verkenners, spioene, bestuurders, arbeiders,
    draagbaar-draers en diensknegte.

    In Mafikeng was 2 000 Swartes uitgejaag en daar gelaat om in die veld te verhonger
    weens die voedseltekort. En tog, toe die Boere Mafikeng aangeval het, was dit
    grotendeels die Barolong wat hulle vasgevang en die stad vir die Britte gered het. Geen
    dankbetuiging was teenoor die Barolong uitgespreek nie. Geen vergoeding vir hul
    lewensverliese en beeste tydens hierdie ‘wit-mens oorlog’ nie.

    Baie swart boere het tydens die oorlog verliese aan gewasse, veediefstal en afgebrande
    huise gely.

    Op die Rand was swart werkers vasgevang toe die oorlog begin en die myne gesluit
    het. Hulle kon nie huis toe gaan nie. Duisende is in konsentrasiekampe geplaas en daar
    aangehou teen ŉ koste van minder as ŉ sent per dag vir Brittanje. Daar was honderde
    sterftes daar as gevolg van swakheid en infeksie. In werklikheid was daar selfs meer
    sterftes daar as in die kampe wat vir die Boere opgerig was.

                                                    [Uit In Search of History deur J. Bottaro et al]

    BRON 3B

    Hierdie bron verduidelik die ervarings van die verbranding van plase deur die Britse
    kaptein March Phillipps.

    Op ŉ ander plaas het ŉ klein meisie haar voorbereidings vir haar vertrek onderbreek
    deur met ŉ woedende gesigsuitdrukking, hul volkslied op ŉ klavier vir ons te speel. Ons
    het mense afgelaai. Dit het hard gereën en die wind het hard gewaai – ŉ ellendige
    aangejaagde huisverlating; geplunderde huis, bemodderde soldate, ŉ afgetrokke ma
    wat een of twee klein dingetjies red en haar kinders na die ossewa wat buite staan stoot,
    en hierdie arme klein hawelose persoon wat te midde daarvan haarself reg maak vir ŉ
    finale verset ...

    Ons kan genoeg doen om haat teen Engeland en die dors na wraak die eerste plig van
    elke Boer te maak, en ons kan nie effektief die getal mans verminder wat daardie plig
    sal uitvoer nie. Dit is natuurlik nie net ŉ kwessie van die oorlog nie. Dit is ŉ kwessie van
    die bestuur van die land daarna.

                                                                 [Uit Focus deur B.Johanneson et al]

Kopiereg voorgehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                   GESKIEDENIS (ADDENDUM)                                                9

  BRON 3C

  Hierdie bron verwys na ŉ verhaal van Emily Hobhouse oor toestande in die
  konsentrasiekampe.

  Die skuiling was totaal onvoldoende. Toe die 8, 10 of 12 persone wat ŉ kloktent bewoon
  het, almal ingedruk was, hetsy om te ontsnap aan die felheid van die son of stof of
  reënstorms, was daar geen ruimte om te beweeg nie, en kon die atmosfeer nie eens
  beskryf word selfs met die sykante opgelig nie.

  Geen seep was voorsien nie. Die water wat voorsien was, was nie voldoende nie. Geen
  beddens of matrasse was beskikbaar nie. Diegene, en hulle was die meerderheid, wat
  nie hierdie dinge kon koop nie, moes daarsonder klaarkom.

  Brandstof was skaars. Die voedselrantsoen was klein, maar toe die aanwasgetal op die
  skaal kom, het dit ŉ hongersnoodskatting geword.

                                                                     [Uit Focus deur B. Johannes et al]

  BRON 3D

  Duisende kinders is in die konsentrasiekampe dood aan masels en disenterie (wat in
  besmette water voorkom). Somtyds het hele gesinne gesterf. Die ervaring om soveel
  van hul kinders te verloor, het Boerevroue meer vasbeslote gemaak om weerstand te
  bied.

    [Uit:https://www.sahistory.org.za/topic/women-children-white-concentration-camps-during-anglo-boer-
                                                 war-1900-1902: Toegang op 12 Augustus 2019 verkry.]

Kopiereg voorgehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                              GESKIEDENIS (ADDENDUM)                     (EC/NOVEMBER 2019)

  ERKENNINGS

  Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:

  Bottaro, J. et al. 2013, In Search of History, Oxford University Press, Published in
  South Africa.

  Johanneson, B. et al. 2014, Focus, Maskew Miller Longman, Published in Cape
  Town.

  https://www.google.com/search?source.

  https://www.sahistory.org.za/people/shaka-zulu.

  https://en.wikipedia.org/wiki/Nandi-(mother of Shaka

  http://www.nationalarchives.gov.uk/education/empire/g2/cs3/background.htm.

  www.siyabona.com/eastern/cape.xhosa/cattle killing.htlm.

  https://www.sahistory.org.za/topic/women-children-white-concetration-camps-
  during-anglo-boer-war-1900-1902.

  https://www.sahistory.org.za/achive/retief-manifesto-grahams-town-journal-2
  february-1837..

  https://en Wikipedia.org/wiki/impi.

Kopiereg voorgehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com



         

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com

         

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com



         

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com



### Page 15

Downloaded from hlayiso.com

         

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com



## Related documents

- [HISTORY GR10 ADDENDUM NOV2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/history-gr10-addendum-nov2019-eng-d/4b18c1a7-4e17-451a-8471-e72686b424f2) — History · Addendum · 2019 · Eng
- [HISTORY GR10 MEMO NOV2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/history-gr10-memo-nov2019-eng-d/ad78b1de-36ff-4b2f-921b-bfea5474e54e) — History · Memo · 2019 · Eng
- [HISTORY GR10 MEMO NOV2019 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/history-gr10-memo-nov2019-afr-d/6bec7e5e-b49b-491e-967f-ca2abede1ba9) — History · Memo · 2019 · Afr
- [HISTORY GR10 QP NOV2019 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/history-gr10-qp-nov2019-afr-d/9803d8a2-0354-4003-bd8b-81b111eb7285) — History · QP · 2019 · Afr
- [HISTORY GR10 QP NOV2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/history-gr10-qp-nov2019-eng-d/1e703523-9dfe-4ff5-b1bc-1b8e9160f8ee) — History · QP · 2019 · Eng
- [HISTORY GR10 ADDENDUM NOV2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-history-2019-national-november-exam-addendum/18e3000f-2f4d-42eb-b985-68eac89d7aa8) — History · Addendum · 2019 · Eng

## More from Grade 10 History

- [Grade 10 History November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-history-2026-november-mock-exam-memorandum/041c0977-7ec5-4d80-b3e5-638e7d237765) — Memo · 2026 · Eng
- [Grade 10 History November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-history-2026-november-mock-exam-question-paper/6d783e5b-2a47-447a-9161-e3748f3e10a8) — QP · 2026 · Eng
- [Grade 10 History November 2026 Mock 2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-history-2026-november-mock-exam-2-memorandum/30206d18-b156-4b6f-81f2-58764be858ea) — Memo · 2026 · Eng
- [Grade 10 History November 2026 Mock 2](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-history-2026-november-mock-exam-2-question-paper/bed9a11e-6193-4fe9-851b-93c16def76a6) — QP · 2026 · Eng
- [Gr 10 His ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-his-atp-2023-24/77b69460-c4e9-4807-8d15-fdb95c83ebd3) — ATP
- [EC History Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-history-grade-10-march-2025-qp-and-memo/e50c532b-d70e-4ae5-b45d-e752d9219b14) — QP + Memo · 2025

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
