# History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Addendum (Afr)

> Grade 12 History Paper 1 addendum from the Eastern Cape June Exam 2024 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-june-2024-afrikaans/372eabfc-a42a-483c-97c3-5bec596e045f
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Addendum
- Year: 2024
- Exam period: Eastern Cape June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Addendum (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-june-2024-afrikaans/372eabfc-a42a-483c-97c3-5bec596e045f)

## About this document

History · Grade 12 · Eastern Cape June Exam · 2024 · Afrikaans. Addendum, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

            NASIONALE
        SENIORSERTIFIKAAT

               GRAAD 12

              JUNIE 2024

         GESKIEDENIS V1
           ADDENDUM

   Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye.

     Hosted by https://www.ecexams.co.za

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
 2                             GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                            (EC/JUNIE 2024)

VRAAG 1: HOE HET DIE IMPLEMENTERING VAN DIE MARSHALL-PLAN DIE
         EKONOMIESE EN POLITIEKE ONSTABILITEIT IN EUROPA IN DIE 1940’s
         AANGESPREEK?

BRON 1A

Die volgende bron verduidelik die vernietiging wat die Tweede Wêreldoorlog in Europa
veroorsaak het.

Teen die einde van die Tweede Wêreldoorlog het groot dele van Europa en Asië en dele van
Afrika in puin gelê (vernietig). Gevegte en bombardemente het stede en dorpe platgevee,
brûe en spoorweë vernietig en die platteland verskroei. Die oorlog het ook ŉ verbysterende
tol in beide burgerlike en militêre lewe geëis.

Tekorte aan voedsel, brandstof en allerlei verbruikersprodukte het voortgeduur en in baie
gevalle vererger nadat vrede verklaar is. Oorloggeteisterde Europa en Japan kon nie genoeg
goedere vir hul eie mense produseer nie, nog minder vir die uitvoer van ystererts.

… Benewens die tol in menselewens en lyding, het lande meer geld aan die Tweede
Wêreldoorlog bestee as in alle vorige oorloë saam. Teen 1945 het uitgeputte lande ernstige
ekonomiese probleme in die gesig gestaar wat heropboupogings gefrustreerd het: inflasie,
skuld (meestal aan die Verenigde State verskuldig), handelstekorte (tekorte)
betalingsbalanstekorte en uitgeputte (lae) goud- en dollarvoorrade.

Die verwoeste lande het goud of Amerikaanse dollars (die enigste geldeenheid wat as “so
goed soos goud” beskou word) nodig gehad om vir invoere te betaal en skuldbetalings te
maak. Beide dollars en goud was egter kommerwekkend skaars in die oorloggeteisterde
lande.

Baie lande het van die mark teruggetrek. Kommunistiese Oos-Europa het dit heeltemal laat
vaar. Die wêreld se multilaterale finansiële en handelstelsel het ŉ ernstige bedreiging in die
gesig gestaar.

                                                    [Uit International Monetory Fund: Money matters]

 Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/JUNIE 2024)               GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                             3

BRON 1B

Die bron hieronder is deel van ŉ toespraak wat die Amerikaanse President Harry Truman in
1948 gemaak het en die redes verduidelik waarom die Marshall-plan geïmplementeer moes
word.

Ons diepste bekommernis oor Europese herstel is egter dat dit noodsaaklik is vir die
handhawing van die beskawing waarin die Amerikaanse lewenswyse gewortel is. Dit is die
enigste versekering van die voortgesette onafhanklikheid en integriteit van ŉ groep nasies
wat ŉ bolwerk (beskerming) vir die beginsels van vryheid, geregtigheid en die waardigheid
van die individu uitmaak. Die ekonomiese lot (moeilik) waarin Europa hom nou bevind, het ŉ
politieke stryd verskerp tussen diegene wat vrye mans wil bly wat onder die oppergesag van
die reg leef, en diegene wat ekonomiese nood as ŉ voorwendsel (verskoning) sal gebruik vir
die vestiging van ŉ totalitêre staat.

Die volgende paar jaar kan bepaal of die vrye lande van Europa hul erfenis van vryheid sal
kan bewaar. As Europa nie daarin slaag om te herstel nie, kan die mense van hierdie lande
tot die filosofie van wanhoop gedryf word – die filosofie wat beweer dat hul basiese behoeftes
slegs bevredig kan word deur die oorgawe van hul basiese regte aan totalitêre beheer.

So ŉ wending sou ŉ verpletterende slag vir vrede en stabiliteit in die wêreld wees. Dit kan
ons dalk dwing om ons eie ekonomiese stelsel te wysig en om ter wille van ons eie veiligheid
af te sien (opoffering), die genot van baie van ons vryhede en voorregte.

Dit is om hierdie redes dat die Verenigde State so ŉ belangrike belang het om die geloof van
die mense van Europa te versterk sodat vryheid van vrees en gebrek onder vrye en
demokratiese regerings bereik sal word.

                             [Uit https://www.presidency.ucsb.edu /. Toegang op 7 Januarie 2024 verkry.]

 Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                (EC/JUNIE 2024)

BRON 1C

Hierdie bron wys hoe die Marshall-plan vanaf 1945 in Europa geïmplementeer is.

Die Marshall-plan het verskeie doelwitte gehad. Eerstens het die Amerikaanse ekonomie
afsetpunte vir uitvoer nodig gehad, en tweedens was die hele Europese en Japannese
ekonomieë in puin en skuld van die oorlog. Die Marshall-plan het broodnodige
handelsdollars voorsien. Die plan was ook bedoel om die aantreklikhede van Sowjet-
kommunisme teë te werk en het waarskynlik Wes-Europa gered om ŉ sosialistiese pad te
volg.

… Die Marshall-plan 1948 tot 1952 is deur George Kennan goed deurdink. Dit was ŉ skoon
breek. Dit het die Europeërs van geld voorsien om Amerikaanse goedere te koop; dit het
vinnige herstel moontlik gemaak en dit het ŉ bolwerk teen die Kommunistiese partye van
Wes-Europa gebied. Die plan het die voorwaardes gebied vir vinnige herstel, vir beide
wenners soos Brittanje, en verloorders: Duitsland, Italië en Japan. Dit het seker gemaak
daar was geen herhaling van die chaos wat na die Versailles-ooreenkoms van 1919
ontstaan het nie.

Amerikaanse motivering vir dit alles was heeltemal selfgesentreerd – voordat dit te
altruïsties (menslik) lyk. Hulle het die aantrekkingskrag van Sowjet-kommunisme gevrees
en het aangevoer dat die beste manier om sosialisme te bekamp was om hul voormalige
teenstander (vyand) se ekonomie te laat groei. VSA-Duitse en Japannese
ontwikkelingsbeleid is hoofsaaklik deur die bedreiging van sosialisme bepaal.

Dit is die moeite werd om hier te noem dat die VSA nog nooit weer die ondersteuning
gebruik het van die soort wat sy in die Marshall-plan gebruik het nie. Ten spyte van die baie
lande wat in oorloë soos Afghanistan, Irak, Sirië en Libië ‘verwoes’ gelê is. Niemand het ŉ
Marshall-plan of iets soortgelyks ontvang nie.
    [Uit Controlling the peace: The re-establishment of world power 1945–1955 deur Roger van Zwanenberg.]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/JUNIE 2024)             GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                           5

BRON 1D

Hierdie plakkaat, genaamd, “Ons bou ŉ nuwe Europa”, wat die Marshall-plan (ERP)
uitbeeld, is deur die Oostenryker Kurt Krapeik geskep. Dit wys Europa se oorlogstyd
vernietiging met ŉ gebrande boom en die belofte van herstel met die groeiende blare.

                       [Uit https://www.wealthandpower.org/Blog Toegang op 7 Januarie 2024 verkry.]

 Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
 6                             GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                (EC/JUNIE 2024)

VRAAG 2: WAAROM HET DIE BUITELANDSE MAGTE IN 1975 BY DIE ANGOLESE
         BURGEROORLOG BETROKKE GERAAK?

BRON 2A

Die volgende bron oor die Angolese vredesamesprekings is geskryf deur ŉ VN-konsultant,
dr. Fernando A. Guimarᾶes. Dit fokus op hoe verskillende bevrydingsbewegings in Angola
deur die buiteland ondersteun is.

Toe die einde van die anti-koloniale oorlog gekom het, het die MPLA, die FNLA en UNITA
nie gesofistikeerde vegmasjiene gehad nie. Soos hulle in die laaste helfte van 1974 uit
ballingskap en die binneland (omliggende gebiede) te voorskyn gekom het, was hulle weinig
meer as ŉ versameling klein guerrilla-eenhede wat selde hul kamerade gesien het wat
saam met hulle geveg het ... skaars ŉ jaar later, egter, kolomme van gemotoriseerde
pantserdraers, groot mortiere, vuurpyllanseerders, tenks en straaljagters (vegvliegtuie) was
almal in aksie toe die MPLA die gekombineerde magte van die FNLA en UNITA in ŉ kort
maar woedende oorlog om mag in Angola in die gesig gestaar het. In daardie kort tydjie het
ŉ vinnige wapenwedloop die mededingers geneem van anti-koloniale bewegings tot
burgeroorlog-teenstanders (vyande). Buitelandse ingryping in die Angolese Burgeroorlog
word geopenbaar as die oorsaak van daardie wapenwedloop ...

Die krag van die FNLA is verder versterk toe die VSA in Januarie 1975 met ŉ koverte
(geheime) ondersteuningsprogram begin het. Vroeër in 1974 het die Amerikaanse
Intelligensiediens (CIA) in die geheim betalings aan die FNLA begin maak en het gevoel dat
daardie beweging die beste die VSA se belange in Angola verteenwoordig … ŉ CIA-
voorstel om 300 000 Amerikaanse dollars aan die FNLA te skenk (gee) … is goedgekeur
deur die Minister van Buitelandse Sake, Henry Kissinger …

Teen Maart 1975 het die MPLA groot wapenbesendings van die Sowjetunie begin ontvang.
Volgens amptelike Amerikaanse skattings het daar tussen April en Oktober 1975 27
skeepsvragte aangekom en 30 tot 40 lugsendings is gevlieg om oorlogstoerusting af te
lewer ...

Volgens een bron wat Luanda-radio aanhaal, het die eerste Kubaanse militêre adviseurs
omstreeks 7 Mei 1975 in Angola begin aankom. Die primêre taak van hierdie kontingent
(groep) was om opleidingskampe vir die MPLA se militêre eenheid, FAPLA, op te rig en te
bestuur …

Die ingryping van Suid-Afrika was ŉ nuwe fase in die eskalasie (toename) van die konflik ...
beide UNITA en die FNLA het kontak met Pretoria bewerkstellig, en Suid-Afrika het wapens
tot dusver (voorheen) swak gewapende UNITA verskaf. Teen einde Augustus (1975) het
Suid-Afrika opleidingskampe vir beide bewegings opgestel …

                           [Uit The origins of the Angolan Civil War deur Fernando Andresen Guimaraes]

 Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/JUNIE 2024)                   GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                            7

BRON 2B

Hierdie is ŉ uittreksel uit ŉ toespraak wat Fidel Castro op 19 April 1976 gelewer het. Dit
fokus op die redes vir Kuba se betrokkenheid by die Koue Oorlog in Angola.

Aangehits (begin) deur die Verenigde State, het gereelde troepe van Zaïre in die somer van
dieselfde jaar (1975) Angolese grondgebied binnegegaan, terwyl Suid-Afrikaanse militêre
magte die Kunene-gebied in Augustus maand beset en wapens en instrukteurs na UNITA-
groepe gestuur het.

Op daardie stadium was daar nie ŉ enkele Kubaanse instrukteur in Angola nie. Die eerste
materiële hulp en die eerste Kubaanse instrukteurs het Angola aan die begin van Oktober
bereik, op versoek van die MPLA, toe Angola openlik deur buitelandse magte binnegeval is.
Geen Kubaanse militêre eenheid is egter na Angola gestuur om direk aan die geveg deel te
neem nie, en dit is ook nie geprojekteer nie.

Op 23 Oktober 1975, ook aangehits (begin) deur die Verenigde State, het Suid-Afrikaanse
gereelde weermagtroepe, ondersteun deur tenks en artillerie, Angolese grondgebied oor die
Namibiese grens binnegeval en diep die land binnegedring en tussen sestig en sewentig
kilometer per dag gevorder. Op 3 November het hulle meer as vyfhonderd kilometer Angola
binnegedring ...

Op 5 November 1975 het die leierskap van ons party op versoek van die MPLA besluit om
met groot dringendheid ŉ bataljon gereelde troepe met tenkafweerwapens te stuur om die
Angolese patriotte (lojaliste) te help om die inval van die Suid-Afrikaanse rassiste te
weerstaan. Dit was die eerste Kubaanse troepe-eenheid wat na Angola gestuur is.

                   [Uit Cuba and Angola – Fighting for Africa's Freedom and Our Own deur MA Waters (red.)]

 Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
 8                           GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                            (EC/JUNIE 2024)

BRON 2C

Die foto wys Kubaanse soldate wat ŉ plakkaat van Fidel Castro op 9 Januarie 1989 vertoon
tydens ŉ seremonie by die Kubaanse oefenkamp van Punda, naby Luanda, Angola gehou.

                                                       [Uit Pascal Guyot / AFP via Getty beelde]

 Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/JUNIE 2024)                GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                              9

BRON 2D

Hierdie bron fokus op ŉ toespraak wat deur die Suid-Afrikaanse eerste minister, BJ Vorster,
in 1976 in die Volksraad gelewer is. Vorster het die redes vir Suid-Afrika se ingryping in die
Koue Oorlog in Angola uiteengesit.

In die Volksraad in Januarie 1976 het Vorster (Suid-Afrika se eerste minister), die skuld vir
Suid-Afrika se ingryping in Angola vierkantig op die skouers van die Russe en Kubane
geplaas: “Ons betrokkenheid was die effek van Russiese en Kubaanse ingryping. As hulle
nie Angola binnegegaan het nie, as hulle nie aan hierdie aangeleentheid deelgeneem het
nie, as hulle nie probeer het om die hele Angola te ondermyn en sy mense te onderdruk
(beperk) nie, sou Suid-Afrika hoegenaamd nooit Angola binnegekom het nie ... Ons het
ingegaan om Kuba en die MPLA van die damme (Ruacana en Calueque) weg te jaag.”

Dit kan kwalik betwyfel word dat die ondersteuning wat die Russe en die Kubane aan die
MPLA in die vorm van wapens en opleiding in ŉ mate bygedra het om Suid-Afrika se
ingryping te motiveer, maar dit is onwaarskynlik dat dit so ŉ deurslaggewende rede was as
wat Vorster geïmpliseer het. Dit was Swapo, nie die Kubane en die MPLA nie, wat die twee
damme tussen Ruacana en Calueque bedreig het. Die hoofrede vir Suid-Afrika se ingryping
in Angola was nie die teenwoordigheid van Russe en Kubane nie, maar die begeerte
(verlange) om te verhoed dat ŉ vyandige MPLA-regering beheer oorneem. Toe Suid-
Afrikaanse troepe vroeg in Oktober Angola begin binneval het, was daar skaars Russe en
baie min Kubane in die land.

Daar is ook bewyse dat president Kaunda van Zambië en president Mobutu van Zaïre, wat
nie een van die MPLA bevoordeel het nie, Suid-Afrika se steun vir die FNLA en UNITA
verwelkom het.

... Suid-Afrika se optrede het haar progressief (al hoe meer) dieper in die Angolese oorlog
ingetrek ... Generaal Hendrik van den Bergh is na Frankryk gestuur om wapens ter waarde
van R20 miljoen vir die FNLA en UNITA aan te koop ... Suid-Afrikaanse instrukteurs het
begin om FNLA- en UNITA-soldate in die suide van Angola op te lei.

                       [Uit South Africa in the 20th Century deur BJ Liebenberg en SB Spies (redakteurs)]

 Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                              GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                (EC/JUNIE 2024)

VRAAG 3: HOE HET DIE BURGERREGTEBEWEGING STEMREG VIR SWARTES IN
         DIE VSA IN DIE 1960’s BEREIK?

BRON 3A

Die bron hieronder beklemtoon die uitdagings wat swart kiesers ondervind het wanneer
hulle die reg om te stem probeer uitoefen.

Selfs nadat die Burgerregtewet (Civil Rights Act) van 1964 diskriminasie verbied het om
op grond van ras te stem, het pogings deur burgerregte-organisasies soos die Suidelike
Christelike Leierskapkonferensie (Southern Christian Leadership Council) (SCLC) en die
Student Nonviolent Coordinating Committee (SNCC) om swart kiesers te registreer, op
hewige weerstand te staan gekom in suidelike state soos Alabama.

Maar die Burgerregtebeweging is nie maklik afgeskrik nie (ontmoedig). Vroeg in 1965 het
Martin Luther King Jnr. en die SCLC besluit om Selma, geleë in Dallas County, Alabama,
die fokus van ŉ swart kiesersregistrasieveldtog te maak.

George Wallace, goewerneur van Alabama, was ŉ berugte teenstander van
desegregasie, en die plaaslike geregsbode (sheriff) in Dallas County het ŉ standvastige
opposisie teen swart kiesersregistrasie dryf gelei.
Gevolglik het slegs 2 persent van Selma se stemgeregtigde swart kiesers (sowat 300 uit
15 000) daarin geslaag om te registreer om oor kommunistiese leerstellings te stem.”

      [Uit https://www.history.com/topics/black-history/selma-montgomery-march Toegang op 10 Januarie
                                                                                              verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024)              GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                       11

BRON 3B

Die bron hieronder verduidelik hoe die SNCC-vrywilligers in die 1960’s aan
kiesersregistrasieveldtogte deelgeneem het om swart belangstelling in stemreg te toon.

SNCC (die Student Nonviolent Coordinating Committee), ŉ organisasie van jongmense wat
uit die 1960          sit-stakingbeweging ontstaan       het, het ŉ benadering tot
voetsoolvlakgemeenskapsorganisering ontwikkel wat elke daaropvolgende progressiewe
beweging beïnvloed het. Hul kiesersregistrasiewerk in die Diep Suide is gebou rondom
werkswerwing – van deur-tot-deur gaan, met mense praat – en het op geduld, opvoeding
en die bou van verhoudings staatgemaak. Die werk kon stadig en vervelig wees. Dit het
buite die kollig plaasgevind, met min groot of vinnige oorwinnings.

Beïnvloed deur Ella Baker en gemeenskapsleiers, het die jongmense in SNCC besluite
deur konsensus geneem, gehelp om leierskapvaardighede in ander te ontwikkel en
hiërargieë wat rykdom en onderwys bevoorreg het, uitgedaag. In die somer van 1961 het ŉ
groep van ongeveer 16 jongmense met skool en werk opgehou om SNCC se eerste
veldpersoneel te word en hulle tot voltydse bewegingswerk te verbind.

Alhoewel SNCC nie alleen opgetree het nie, was hul organisering die kern van die
beweging wat mense beweeg het om aan te dring dat ons land die wetlike basis van wit
oppergesag uitskakel. SNCC se organisering het direk tot die Stemregtewet gelei, wat die
kiesers uitgebrei het en die ondemokratiese wurggreep van die suidelike Dixiecrats
beëindig het. Hulle werk het die nasionale Demokratiese Party meer eksplisiet
verteenwoordigend gemaak (in ras en geslag).

                                           [Artikel deur Emilye Crosby en Judy Richardson, 2015.]

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                          GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                          (EC/JUNIE 2024)

BRON 3C

Hierdie foto beeld die staatstroepe (state troopers) uit wat tydens die Bloedige Sondag
(“Bloody Sunday”) in Selma, Alabama in 1965 met ‘billystokke’ (knuppels) op die
optoggangers afstorm.

                                                       [Uit Stephen Kasher gallery. New York]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024)              GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                       13

BRON 3D

Die uittreksel hieronder, uit ŉ artikel in National Geographic, Februarie 2000, deur
C. Stone, illustreer hoe die optogte uiteindelik op die aanneming van die Stemregtewet van
1965 uitgeloop het.

Op Sondag, 7 Maart, het honderde betogers onder leiding van John Lewis en Hosea
Williams van die SCLC (Suidelike Chirstelike Leierskap Konferensie) ŉ trek van 54 myl
(86 kilometer) aangepak. By die Edmund Pettus-brug het hulle troepe van die staat
Alabama gekonfronteer wat deur goewerneur George Wallace gestuur is, saam met
geregsbode (sheriff) Jim Clark en sy ‘posse’ (geregsbode se assistente). Beveel om
uitmekaar te gaan (op te breek), het die optoggangers vasgestaan ... Clark se mans,
sommige te perd, het ingestorm. ŉ Chaos van traangas, sweep en knuppels het verskeie
betogers bewusteloos gelaat ... Televisiebeelde van wapperende (swaaiende) knuppels
het in woonkamers regoor die land uitgestort. Amerikaners was met afgryse vervul. Ironies
genoeg het ŉ nie-gewelddadige optog gewelddadig geëindig in Bloedige Sondag (“Bloody
Sunday”).

Momentum het begin opbou vir nog ŉ optog. Martin Luther King jnr. het op Dinsdag
9 Maart, 2 000 mense oor die Pettus-brug gelei. Weereens het staatstroepe die pad
versper. King het die optoggangers laat omdraai, en niemand is beseer nie.

Die volgende week het president Lyndon Johnson op televisie gegaan om te versoek vir
wetgewing wat beperkings verbied wat swartes die reg om te stem ontsê het.

Vir vyf dae, van 21 tot 25 Maart, was die pad tussen Selma en Montgomery vol
optoggangers. Onder leiding van King, het meer as 3 000 mense vanaf Selma vertrek. Aan
die einde van die optog het die skare wat King regstreeks op nasionale televisie vanaf die
voet van die trappe van die staat se hoofstad toegespreek het, tot meer as 25 000 geswel.
Nog ŉ spreker was Rosa Parks, wie se weiering om haar sitplek op ŉ Montgomery-bus
prys te gee, het gehelp het om die moderne Burgerregtebeweging te begin.

‘Die optog was ŉ keerpunt in die beweging,’ het John Lewis gesê. In Augustus het die
Kongres die Stemregtewet aangeneem.

                                         [Uit National Geographic: Selma-to-Montgomery marches.]

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                          GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                        (EC/JUNIE 2024)

 ERKENNINGS

 Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:

 International Monetary Fund: Money matters

 https://www.presidency.ucsb.edu /. Toegang op 7 Januarie 2024 verkry.

 Controlling the peace: The re-establishment of world power 1945–1955 deur Roger van
 Zwanenberg

 https://www.wealthandpower.org/Blog. Toegang op 7 Januarie 2024 verkry.

 The origins of the Angolan Civil War deur Fernando Andresen Guimaraes

 Cuba and Angola – Fighting for Africa’s Freedom and Our Own deur MA Waters (red.)

 Pascal Guyot / AFP via Getty beelde

 South Africa in the 20th Century deur BJ Liebenberg en SB Spies (redakteurs)

 https://www.history.com/topics/black-history/selma-montgomery-march. Toegang op 10
 Januarie 2024 verkry.

 Artikel deur Emilye Crosby en Judy Richardson, 2015

 Stephen Kasher galery. New York

 National Geographic, Selma-to-Montgomery marches

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

## Related documents

- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — History · Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — History · Memo · 2024 · Afr
- [Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-addendum/4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995) — History · Addendum · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans)) 2015 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-2015-preparatory-examination-addendum/46d03045-1812-4e23-a4c5-7192a662e955) — History · Addendum · 2015 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122) — History · QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 History P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-history-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5) — History · QP · 2024 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [HISTORY P2 GR12 MEMO JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-memo-june-2023-afrikaans/80707e45-fe8b-451f-924d-7d4379d803e2) — Memo · 2023 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-june-2023-afrikaans/4d89c999-c580-4ebe-ad32-ccdfbe675af1) — QP · 2023 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 MEMO SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-memo-sept-2023-afrikaans/baf3bd16-de95-470b-a321-e24be37ad22a) — Memo · 2023 · Afr
- [History P2 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2023-afr/1406231f-0475-4c85-8862-7a120bee5f2e) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
