# History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2013 Addendum

> Grade 11 History Paper 1 addendum from the Eastern Cape November 2013 (Afrikaans), 12 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-addendm-gr11-2013-afr/2f471ffc-ece6-4c82-b242-4370eebe6615
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 11
- Document type: Addendum
- Year: 2013
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/history) › [History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2013 Addendum](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-addendm-gr11-2013-afr/2f471ffc-ece6-4c82-b242-4370eebe6615)

## About this document

History · Grade 11 · Eastern Cape November · 2013. Addendum, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

          NASIONALE
      SENIOR SERTIFIKAAT

             GRAAD 11

       NOVEMBER 2013

       GESKIEDENIS V1
         ADDENDUM

   Hierdie addendum bestaan uit 12 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                         GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                      (NOVEMBER 2013)

VRAAG 1:    WAT WAS DIE OORSAKE VAN DIE RUSSIESE REWOLUSIE VAN
            1917?

BRON 1A

GESKREWE BRON

Uittreksel uit die petisie wat George Gapon hoop om te bied aan Nicholas II op
22ste Januarie 1905.
Ons die werkers, ons kinders, ons vroue en ons ou, hulpelose ouers het na U
gekom, o Heer, om die waarheid en jou beskerming te soek. Ons is baie arm en
onderdruk, ondraaglike werk word op ons ingestel, ons word verwerp en word nie
erken as mense nie. Ons word soos slawe behandel, wat hul lot moet dra en swyg.
Ons het verskriklike dinge gelei, maar ons word steeds dieper afgedruk in die
afgrond van armoede, onkunde en gebrek aan regte.

VISUELE BRON

                                                               Onderdrukking

                                                               Revolusie

                                                               Vryheid

                                                               Grondwet

                                                               Parlement

                                        Sien sterre van vryheid – Philadelphia Inquirer
          Vryheid
                                                      [Vanuit: www.spartacushistory.com]

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)              GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                    3

 BRON 1B

 GESKREWE BRON

 Felix Joesoepov was op die eers optimisties oor Rusland se kanse van ŉ
 oorwinning in die Eerste Wêreldoorlog.

 Die militêre veldtogte het briljant geopen met ŉ diep deurbraak in Oos-Pruise, die
 aanval was vroegtydig geloods op die aandrang van die Geallieerdes om die
 oorlaaide Westerse front te verlig. Teen die einde van Augustus, as gevolg van ŉ
 gebrek aan ordinansie, is Generaal Samsonoff se magte omring naby
 Tannenberg. Die generaal, wat nie die verlies van sy weermag wou oorleef nie,
 het homself geskiet.
 Die offensief was suksesvol hernu op die Oostenrykse front, maar in Februarie
 1915 het ŉ verdere offensief in Oos-Pruise in ŉ ramp by Augustovo geëindig. Op
 2 Mei, het die Oostenryks-Duitse weermag deur die Suidwes-Russiese front
 gebreek. Ons troepe was ondervoed, swak toegerus, en het geen ammunisie
 gehad nie, maar ten spyte van hierdie haglike omstandighede het hulle geveg teen
 die beste toegeruste weermag in die wêreld. Hele regimente was gevange
 geneem sonder om weerstand te bied, as gevolg van die gebrek aan toerusting
 wat versuim het om in die tyd te kom.

 VISUELE BRON

 Hierdie bron is geneem uit “Making History” en verduidelik die uitwerking impak
 van die oorlog op gewone Russe.

                                                     [Vanuit: www.spartacushistory.com]

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                            GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                         (NOVEMBER 2013)

BRON 1C

“Kameraad matrose, ek groet julle sonder om te weet of julle glo, of nie, in al die
beloftes van die voorlopige Regering. Maar ek is oortuig daarvan dat wanneer
hulle mooi praat, wanneer hulle julle baie belowe, hulle julle en die hele Russiese
bevolking mislei. Die mense benodig vrede, die mense benodig brood en die
mense benodig grond. En hulle gee julle oorlog, hongersnood, geen brood – laat
die grondhere nog steeds toe op die grond ... Ons moet veg vir die sosiale
rewolusie, veg tot die einde, tot die bereiking van die volledige oorwinning van die
proletariaat. Lank lewe die sosiale wêreld-rewolusie!”

Lenin, die leier van die Bolsjewiste, op sy terugkeer na Rusland, April 1917.

                                                     [Vanuit: Making History, bladsy 112]

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)               GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                       5

 VRAAG 2:         TOT WATTER MATE HET DIE NUWE BEDELING DIE
                  KAPITALISTIESE BEGINSELS TEENGESTAAN?

 BRON 2A

 STANDPUNT 1

 Herbert Hoover, toespraak in New York (Oktober 1932)

 Die voorstelle van ons teenstanders sal ons stelsel in gevaar stel of vernietig. Ek
 beklemtoon veral die belofte om “indiensneming te bevorder vir alle surplus-arbeid
 ten alle tye.” Aanvanklik kon ek nie glo dat iemand so wreed sou wees om hoop te
 gee aan iets so absoluut onmoontlik soos die verwesenliking van hierdie idee aan
 hierdie 10 000 000 wat werkloos is nie. En ek protesteer teen hierdie ligsinnige
 beloftes wat gemaak word aan die lydende mense.

 As dit moontlik was om hierdie werk aan 10 000 000 mense te gee deur die regering,
 sou dit $9 000 000 000 ŉ jaar kos. Dit sou die werk van diegene wat nog in diens
 was aftrek as gevolg van die hoë belasting en die demoralisasie van krediet waarop
 hulle diens afhanklik is. Dit sou die groei van ŉ verskriklike burokrasie meebring wat,
 nadat dit ingestel is, nooit weer vernietig kon word nie.

 STANDPUNT 2

 Franklin D. Roosevelt, toespraak in Boston (Oktober 1932)

 Ons het twee probleme: die eerste, om die onmiddellike nood aan te spreek;
 tweedens, om ŉ grondslag van permanente indiensneming op te bou.

 Om onmiddellike verligting te verskaf, is die eerste beginsel van hierdie nasie, die
 nasionale regering, as jy wil, die positiewe plig dat geen burger sal honger lei nie.

 Bykomend tot die verskaffing van noodhulp, moet die federale regering tydelike werk
 verskaf waar dit moontlik is. Jy en ek weet dat in die nasionale woude, vloed
 voorkoming, en op die ontwikkeling van waterprojekte wat reeds gemagtig en beplan
 is, maar nog nie uitgevoer is nie, kan tienduisende en selfs honderde duisende van
 ons werklose burgers ten minste tydelike indiensneming gegee word.

                                                         [Vanuit: www.spartacushistory.com]

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                            GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                       (NOVEMBER 2013)

BRON 2B

Franklin D. Roosevelt, radio-uitsending, Fireside Chat (12 Maart 1933) met
betrekking tot die Nood Bankwet (Emergency Banking Act)

Sommige van ons bankiers het bewys dat hulle óf onbevoeg of oneerlik is in hul
hantering van die mense se geld. Hulle het geld wat aan hulle toevertrou was in
spekulasie en onwyse lenings gebruik. Dit was natuurlik nie waar vir die oorgrote
meerderheid van ons banke nie, maar dit was waar dat sommige van hulle die
mense vir ŉ tyd kon skok met ŉ gevoel van onveiligheid. Dit was die regering se
taak om hierdie situasie uit te stryk en dit so vinnig as moontlik te doen. En dit word
uitgevoer. Vertroue en waagmoed is die noodsaaklikhede in ons plan. Ons moet
geloof hê, moet jy nie oorrompel word deur gerugte nie. Ons het die masjinerie
voorsien om ons finansiële stelsel te herstel, maar dit is vir jou om dit te ondersteun
en te maak werk. Saam kan ons nie misluk nie.

                                                        [Vanuit:www.spartacushistory.com]

BRON 2C

                                                   Sluit aan by optog vir
                                                   ouderdomsversekering

                                                  Stuur jou aansoek om ŉ Sosiale
                                                  Sekuriteitsnomer deur die
                                                  poskantoor NIE LATER AS
                                                  Des 5, 1936.

                                                 ŉ Regeringsplakkaat oor die
                                                 Sosiale Versekeringswet wat
                                                 Amerikaners voorsien het van
                                                 finansiële beskerming teen
                                                 werkloosheid, siekte en ouderdom
                                                        [Vanuit:www.spartacushistory.com]

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
 (NOVEMBER 2013)              GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                      7

  BRON 2D

  Hierdie kaart toon die impak van die Tennessee Valley Authority op die verskillende
  state.
  rivier                    rivier

                                                                                        Noord-
                                                                                        Carolina

                                                                                        Suid-
                                                                                        Carolina

                                                         [Vanuit:www.spartacushistory.com]

                                  myle
Damme
            Gebied wat deur
            TVA van krag
            voorsien is

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                        GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                   (NOVEMBER 2013)

BRON 2E

Restaurant ondersteun die NRA skema.

                                                [Vanuit:www.spartacushistory.com]

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                          9

 VRAAG 3:         HOE HET DIE IDEES VAN SOSIALE DARWINISME GELEI TOT DIE
                  SKENDING VAN MENSEREGTE IN DUITSLAND?

 BRON 3A

 Uittreksels uit Mein Kampf (deur Adolf Hitler). Die eerste deel van Mein Kampf is
 in 1923 in die Landsberggevangenis geskryf.

 "... Die beginsels van die staat is slegs ŉ middel tot die einde, die belangrikste ding is
 die instandhouding van ŉ mens se rasse-wese. Die rasse-verskil (d.w.s. biologiese
 verskille van kleur van die hare en vel, skedelbou, tipe gesig en neus, hoogte van die
 liggaam en sy soort, ens.) bepaal die geestelike karakter, die vermoë, die potensiële
 ontwikkelings, en die reg om te bestaan van daardie ras op aarde. Daar is
 hoër/meerderwaardige rasse – die fisiese en geestelike elite – die kreatiewe en
 progressiewe deel van die mens se geskiedenis; daar is minderwaardige rasse –
 ontaard en produseer ŉ nageslag wat inherente vernietigende en gevaarlike
 elemente besit. Die Duitsers is ŉ tak van die hoër Ariese ras en die Jood se plek is
 in die laagste rang van die minderwaardige Semitiese ras. Die Jode se doel is om
 die Ariese ras te besoedel en ŉ ramp te bring oor die ras wat ontwerp is om die
 wêreld te regeer. Bewaring van rasse-suiwerheid is die eerste en heilige plig van die
 uitverkore ras ...”.
                                                 [Vanuit: Die Holocaust: Lesse vir die mensdom]

 BRON 3B

 Hierdie bron beeld die behandeling van Joodse skoliere in Duitse skole uit.

                                                 [Vanuit: Die Holocaust: Lesse vir die mensdom]

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                          GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                            (NOVEMBER 2013)

BRON 3C

GESKREWE BRON

Bertha Ferderber-Salz was ŉ gevangene by die Plaszow konsentrasiekamp:

Om vier uur in die oggend is ons wakker gemaak deur die sirene vir ons se roll-call.
(naamlesing). Ons het in die lyn gestaan vir baie ure terwyl ons getel en verdeel is
in groepe werk. Slegs om sewe uur sou ons uit gaan deur die kamphekke.

Enigeen wat nie kon byhou nie kon ŉ koeël in sy kop verwag uit die gewere van die
Oekraïnse wagte, wat ons weerskante bewaar het.

Lyfstraf as ŉ straf vir ‘misdade’ is in die openbaar en as ŉ plegtigheid gedoen. Die
kampwagte was lief om hul honde op die gevangenes los te laat. Nog ŉ vorm van
vermaak vir hulle was die opheffing van een van die gevangenes met ŉ kraan saam
met rommel en om hom lewendig te begrawe in die gat wat gegrawe was.
Benewens al hierdie vorme van marteling, was ons ook heeltemal afgesny van die
buitewêreld.

Die mees verskriklike en moeilike straf was om gestuur te word om in die groewe te
gaan werk. Mense, ongeag van hoe vermors hulle geword het, is beveel om klippe
op te kap met spesiale of swaar hamers, of om baie groot en swaar rotse, te dra vir
lang afstande – selfs al was dit eenvoudig net om hulle besig te hou.

                                               [Vanuit: Die Holocaust: Lesse vir die mensdom]

VISUELE BRON

Dit is ŉ foto van die gevangenes waens vol grond sleep by die Mauthausen
konsentrasiekamp, 1941.

                               [Vanuit: Die Menseslagting (Holocaust): Lesse vir die mensdom]

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                   GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                             11

 BRON 3D

 Toespraak van Reichsfuhrer SS Heinrich Himmler op ŉ vergadering van senior SS
 beamptes in Poznan! Posen, 4 Oktober 1943

 ... Ek wil ook met julle openlik praat oor ŉ belangrike saak. Onder ons moet dit eerlik
 gesê word, maar tog sal ons nooit daaroor in die openbaar praat nie.

 Ek bedoel die ontruiming van die Jode, die uitwissing van die Joodse volk. Die
 meeste van julle weet wat dit beteken as 100 lyke lê langs mekaar, of 500 of 1000.
 Om dit te kon uitvoer en op dieselfde tyd – benewens uitsonderings wat veroorsaak
 was deur menslike swakheid – ordentlike te bly, is wat ons hard gemaak het. Dit is ŉ
 bladsy van glorie wat nooit geskryf was en nooit geskryf sal word nie.

 Ons het die morele reg gehad, dit was ons plig teenoor ons mense, om die mense
 wat ons wou dood maak dood te maak. Om als op te som kan ons sê dat ons het
 hierdie baie moeilike taak vervul vir die liefde van ons mense. En ons gees, ons siel,
 het ons karakter was nie daardeur geraak nie.
    [Kantoor van die VSA Hoof van die raad vir vervolging van Axis kriminaliteit, Nazi sameswering en
     aggressie, Vol. IV, (Washington DC: Amerikaanse regering Druk Kantoor, ~ 946), pp 563–4 [Doc.
                                                                                            1919-PS]

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                          GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)             (NOVEMBER 2013)

ERKENNINGS

Brink E. et al.: History Solutions
Deftereos R. et al.: Making History
Dugmore C. et al.: Spot On History
Fernandez M. et al.: Focus
Frank et al.: New Generation History
Grove S.: Via Africa
History on the Net
Silbert M. and Petersen T.: The Holocaust: Lessons for humanity
Spartacus History

## Related documents

- [HISTORY P1 ADDENDM GR11 2013 ENG](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-addendm-gr11-2013-eng/15c876b7-2ef2-4594-a518-edc6d488c3bc) — History · Addendum · 2013 · Eng
- [HISTORY P1 QP GR11 2013 AFR](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-qp-gr11-2013-afr/b00aa52e-5a42-41ad-8fe9-5801aa294808) — History · QP · 2013 · Afr
- [HISTORY P1 QP GR11 2013 ENG](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-qp-gr11-2013-eng/5edd99d5-a342-4b6d-a517-64b7d48a7330) — History · QP · 2013 · Eng
- [HIST P2 ADDEND AFR GR11 NOV2013](https://www.hlayiso.com/library/hist-p2-addend-afr-gr11-nov2013/7cadd80e-2bbd-41e6-8ed6-7a59c5b41e7c) — History · Addendum · 2013 · Afr
- [HIST P2 ADDEND ENG GR11 NOV2013](https://www.hlayiso.com/library/hist-p2-addend-eng-gr11-nov2013/7356fec8-da29-4c52-8c63-6ae8b33ed16b) — History · Addendum · 2013 · Eng
- [HISTORY P1 GR12 ADDEN NOV2020 English](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-adden-nov2020-english/b6ec1425-9b80-471e-989e-a75292731d09) — History · Addendum · 2020 · Eng

## More from Grade 11 History

- [Grade 11 History P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-history-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1/9fdb86cf-1aac-4c90-9f22-a176bf0d4d37) — Memo · 2026 · Eng
- [Gr 11 His ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-his-atp-2023-24/4c199bf3-d253-42ae-b90d-b030dfc6ecc2) — ATP
- [EC History Grade 11 June 2025 P1 only](https://www.hlayiso.com/library/ec-history-grade-11-june-2025-p1-only/555be0f1-39a3-47b5-8fec-f622076c09d3) — QP · 2025
- [EC History Grade 11 June 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-history-grade-11-june-2025-p2-and-memo/0051e460-14cf-43df-a19e-374c9f6a797a) — QP + Memo · 2025
- [GRADE 11 HISTORY P1 NOVEMBER 2025 MG watermark](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-history-p1-november-2025-mg-watermark/15706ac6-5464-4f6c-87c6-1a03afff8695) — Memo · 2025
- [HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/13c2bd17-2125-463d-a4b3-95b539b0a7de) — Memo · 2025 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
