# History Grade 12 P1 NSC Supplementary 2015 Addendum (Afr)

> Grade 12 History Paper 1 addendum from the NSC Supplementary Exam 2015 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-feb-march-2015-addendum-afr/b38e6a73-d07b-46ef-932e-ece3ff449af6
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Addendum
- Year: 2015
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P1 NSC Supplementary 2015 Addendum (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-feb-march-2015-addendum-afr/b38e6a73-d07b-46ef-932e-ece3ff449af6)

## About this document

History · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2015. Addendum, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                                   GESKIEDENIS V1

                              FEBRUARIE/MAART 2015

                                      ADDENDUM

                       Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                2                                  DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                       NSS – Addendum

VRAAG 1:         HOE HET DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA EN DIE
                 SOWJETUNIE PROBEER OM TUSSEN 1946 EN 1951
                 INVLOEDSFERE IN EUROPA TE VESTIG?

BRON 1A

Winston Churchill, Britse Eerste Minister, het sy Ystergordyn-toespraak op
5 Maart 1946 by Westminster College in Fulton, Missouri gelewer.

'n Skaduwee het oor die tonele geval wat nog onlangs deur die Geallieerdes se
oorwinning verlig is. Niemand weet wat Sowjet-Rusland en sy kommunistiese
internasionale organisasie beplan om in die onmiddellike toekoms te doen nie, of wat
die beperkings, indien enige, van hulle uitbreidingsneigings is nie.

Vanaf Stettin in die Baltiese streek tot by Triëst in die Adriatiese streek het daar 'n
Ystergordyn oor die kontinent neergedaal. Agter daardie lyn lê al die hoofstede van die
antieke state van Sentraal- en Oos-Europa, Warskou, Berlyn, Praag, Wenen,
Boedapest, Belgrado, Boekarest en Sofia. Al hierdie beroemde stede en die
bevolkings daar rondom is geleë in die deel wat ek die Sowjetsfeer moet noem en
almal is op een of ander wyse nie net aan Sowjet-invloed nie, maar tot 'n baie groot en
in sommige gevalle 'n toenemende mate, van druk uit Moskou onderworpe. Slegs
Athene – Griekeland met sy onsterflike (ewige) glorie – is vry om oor hul toekoms te
besluit in 'n verkiesing onder Britse, Amerikaanse en Franse waarneming. Die
Russies-gedomineerde Poolse regering is aangemoedig om enorme en onregmatige
inbreuk op Duitsland te maak en die massa-uitsetting (verwydering) van miljoene
Duitsers, op 'n ernstige en ongehoorde skaal, vind nou plaas. Die kommunistiese
partye wat baie klein in al hierdie oostelike state van Europa was, is tot superioriteit en
mag ver bokant hulle getalle verhef en streef oral daarna om totalitêre beheer te
bekom. Polisiestate het in amper alle gevalle die oorhand gekry en sover, behalwe in
Tsjeggo-Slowakye, is daar geen ware demokrasie nie.

                                       [Uit: www.historyguide.org/winstonchurchill/ironcurtain.html.
                                                           Toegang op 13 Desember 2013 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                   3                               DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                          NSS – Addendum

BRON 1B

Hierdie bron beklemtoon die rol wat Dean Acheson, Adjunk- Minister van Buitelandse
Sake in George Marshall se administrasie, gespeel het om in 1947 die Amerikaanse
Kongres te beïnvloed om Truman se beleid aan te neem.

… Acheson het ook 'n deurslaggewende rol in die ontwikkeling van politieke en
ekonomiese instellings van Truman se Koue Oorlog gespeel. Vroeg in 1947, met
Byrnes uit en George Marshall in as die minister van buitelandse sake, het die anti-
kommunistiese regerings van Turkye en Griekeland beweer dat hulle onder sterk
Sowjetdruk was en nie hulle eie oorlewing kon waarborg nie. Oortuig daarvan dat die
Verenigde State die Turkse en Griekse regerings moes help, het die regering nietemin
voor die moeilike taak gestaan om 'n fiskaal (finansieel) versigtige Kongres te oorreed
om die hulp te verleen wat hierdie regerings moes ondersteun.

Truman het op 27 Februarie 'n vergadering tussen regeringsamptenare en 'n handvol
leiersenatore en -kongreslede belê met die hoop om die wetgewers te oorreed.
Acheson het hierdie ontmoeting beskryf as 'Armageddon' ('n term wat gebruik word om
die einde van die wêreld te beskryf). Marshall het eerste gepraat en die behoefte dat
die Verenigde State moes optree beklemtoon, want dit was die regte ding om te doen
en omdat niemand anders sou help nie. Die wetgewers het ongeërg voorgekom. Was
dit Amerika se geveg? Was die rekening (koste) waarskynlik baie hoog? Acheson het
gevra om te praat.

Hy het onmiddellik die voorwaardes van die debat verander. Die krisis in Suidoos-
Europa, het hy gesê, was nie 'n plaaslike onderonsie (klein rusie) nie, maar een wat
die twee Koue Oorlog-magte betrek het. Die Sowjette het druk op Turkye en
Griekeland uitgeoefen, net soos hulle druk op Iran uitgeoefen het. Daar was 'n
reusagtige deel van die vrye wêreld op die spel, want indien Griekeland kommunisties
sou word, 'soos appels in 'n bak wat deur 'n vrot een aangesteek word, sou die
korrupsie van Griekeland Iran en almal na die Ooste toe aansteek. Dit sou ook die
infeksie na Afrika oordra deur Klein-Asië en Egipte, en Europa deur Italië en Frankryk',
wat hulle eie kommunistiese bedreigings in die gesig gestaar het. Net die Verenigde
State het in die pad van 'n kommunistiese aanslag gestaan wat, indien suksesvol,
vryheid sou onderdruk en alle hoop op ekonomiese herstel in dele van drie kontinente
sou vernietig. Die kongresleiers was beïndruk en op 12 Maart het die verklaring van
die Truman-leer, wat belowe het dat die Verenigde State kommunisme oral sou beveg,
gevolg.

                 [Uit: http://www.americanforeignrelations.com/A-D/Cold-Warriors-Dean-acheson.html.
                                                             Toegang op 13 Desember 2013 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                    4                                DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                           NSS – Addendum

BRON 1C

Die volgende uittreksel deur David Reynolds, 'n geskiedkundige by Cambridge
Universiteit (Engeland), fokus op die reaksie van die Sowjetunie tussen 1947 en 1951
op die implementering van die Truman-leer en die Marshall-plan.

Die Sowjetreaksie was ewe belangrik. Die Russe het 'n afvaardiging, tagtig man sterk,
na Parys gestuur, waar die Europese Herstelprogram (Marshall-plan) uitgestippel is en
Oos-Europese lande soos Tsjeggo-Slowakye en Pole lewendige belangstelling getoon
het. Maar Stalin het die Amerikaanse aanbod as 'n uitdaging vir sy invloedsfeer
beskou. Hy het die Tsjegge en andere teen deelname gewaarsku en die Sowjet-
afvaardiging onttrek.

Daardie herfs het hy ideologiese oorlog teen Westerse kapitalisme verklaar deur
Kominform (die Kommunistiese Inligtingsburo) te stig om buitelandse kommunistiese
partye te orkestreer (reël) en die koalisiestrategie (samewerking) in Frankryk en Italië
te vervang met stakings wat bedoel was om die regerings te laat val. In die Ooste het
Sowjet-invloed nou Sowjet-oorheersing geword. Die staatsgreep in Februarie 1948 in
Tsjeggo-Slowakye is deur die stalinisasie van die grootste deel van die streek gevolg.
Almal, behalwe kommuniste, is verbied (verban), diegene wat onafhanklik van Moskou
was, is gesuiwer (is van ontslae geraak), landbou en swaar nywerhede is onder
staatsbeheer geplaas, en burgerlike en politieke vryhede is stelselmatig afgeskaf.

Die Tsjeggiese staatsgreep en die Berlynse krisis het baie gedoen om die Sowjetbeeld
in Europa skade te doen, selfs in Frankryk waar die Kommunisteparty steeds 'n kwart
van die stemme in verkiesings gekry het. Ewe belangrik is dat Marshall-hulp, wat goed
geadverteer is, besig was om harte en sienswyses te wen. Tussen 1948 en 1951 het
die Verenigde State ongeveer $13 biljoen in Wes-Europa belê; in dieselfde tydperk het
die Sowjetunie min of meer dieselfde bedrag uit hulle deel van die kontinent geneem.

                 [Uit: The Oxford Illustrated History of Modern Europe, deur TCW Blanning geredigeer]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                   5                               DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                          NSS – Addendum

BRON 1D

Hierdie spotprent is deur 'n Britse spotprenttekenaar, EH Shepard, geteken. Dit het op
18 Junie 1947 in 'n Britse satiriese (sarkastiese) tydskrif, Punch, verskyn. Dit toon
Truman en Stalin as twee huurmotor (taxi)-bestuurders wat by die Balkan- en Distrik-
spoorwegstasie vir klante met mekaar meeding.

                                                      TURKYE

  LIBERTY-                                                                                GASTEHUIS-
   HOTEL                                                                                    RUSSE
  GERIEFLIKE
                                                                                              ALLES
AKKOMMODASIE
                                                                                            INGESLUIT

GRIEKELAND

                                                                                          HONGARYE

                                                                                          BULGARYE

OOSTENRYK

        [Uit: www.johndclaire.net/cold_war8.htm. Toegang op 13 Desember 2013 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                              6                               DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                     NSS – Addendum

VRAAG 2:         WATTER FAKTORE TUSSEN 1975 EN 1976 HET TOT DIE
                 UITBREEK VAN DIE BURGEROORLOG IN ANGOLA BYGEDRA?

Agtergrondinligting

Die Portugese diktator, António de Oliveira Salazar, is in 1974 deur 'n militêre
staatsgreep uit sy amp verwyder. Die nuwe Portugese regering het aangekondig dat
hulle onafhanklikheid aan die vryheidsbewegings sou toestaan wat vir die
onafhanklikheid van koloniale gesag geveg het. In die mineraalryke Angola was daar
drie mededingende vryheidsbewegings wat almal die land na onafhanklikheid wou
beheer. Hierdie magstryd in Angola is deur die inmenging van buitelandse
moondhede, soos die VSA, die USSR, Kuba, China en Suid-Afrika, uitgebuit. Angola
het dus die nuwe fokuspunt van Koue Oorlog-spanning in Afrika geword.

BRON 2A

Die volgende uittreksel verduidelik die omstandighede waaronder die Alvor-
ooreenkoms op 15 Januarie 1975 deur die drie Angolese vryheidsbewegings
onderteken is.

Onder druk van die OAE is die drie nasionalistiese leiers, Holden Roberto (FNLA),
Agostinho Neto (MPLA) en Jonas Savimbi (UNITA), in Januarie 1975 in Kenia
bymekaargebring, waar hulle tot wedersydse erkenning ingestem het en om
onderhandelings oor die oorgang (verandering) van Portugese regering na
onafhanklikheid aan te knoop. Die onderhandelings het op 10 Januarie na die Algarve
in Portugal verskuif en dit is daar op 15 Januarie afgesluit met 'n ooreenkoms wat as
die Alvor-ooreenkoms bekend staan.

Volgens die Alvor-ooreenkoms sou Angola deur 'n koalisieregering bestuur word, wat
uit die drie nasionalistiese groepe en die Portugese sou bestaan, tot op
11 November 1975, wat as onafhanklikheidsdag vasgestel is. Verkiesings vir 'n
grondwetgewende vergadering sou in Oktober plaasvind. Gedurende die
oorgangstydperk sou Portugal 'n weermag van 24 000 man in Angola behou. Die drie
nasionalistiese bewegings sou intussen 8 000 man elk tot die stigting van 'n nasionale
weermag bydra.

Die nasionaliste het ook ooreengekom om in Januarie 1975 hulle militêre posisies op
te skort. Ten tyde van die Alvor-ooreenkoms het die FNLA 'n onmiskenbare militêre
voordeel gehad. Hulle het 'n gewapende mag, op 15 000 troepe beraam, gehad wat
redelik goed toegerus was en wat verder deur Daniel Chipenda se guerrillaweermag,
wat van die MPLA weggebreek het en 'n paar duisend sterk was, ondersteun is. In
vergelyking hiermee het die MPLA ongeveer 3 000 opgeleide guerrillas onder sy bevel
gehad, alhoewel hulle besig was om hulle magte vinnig te vergroot deur werwing,
hoofsaaklik in die Luanda-area. UNITA het ook sterk onder die Ovimbundu gewerf.

Die nuwe oorgangsregering het op 31 Januarie 1975 oorgeneem in 'n klimaat wat deur
agterdog en wantroue oorheers is.

                                        [Uit: The First Dance of Freedom deur Martin Meredith]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                               7                               DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                      NSS – Addendum

BRON 2B

Die volgende uittreksel verduidelik die internasionale ondersteuning wat die drie
nasionalistiese bewegings tydens die burgeroorlog in Angola gekry het. Dit het die
oorgangsregering, wat deur die Alvor-ooreenkoms wat op 15 Januarie 1975
onderteken is, tot 'n einde gebring.

Die anti-koloniale oorlog het onmiddellik 'n burgeroorlog geword. Die FNLA is deur
Zaïre en die CIA (die Amerikaanse Intelligensiediens) ondersteun wat dit as die mins
Marxisties van die drie beskou het, maar dit het nooit uit sy etniese grense gebreek nie
en het gou gekwyn.

UNITA is deur Zambië ondersteun en toe deur Suid-Afrika … [toe] het Savimbi sy
ideologiese standpunt in 'n oogwink van Maoïsme (die beleid van kommunistiese
China) na Reaganisme (die beleid van die kapitalistiese VSA) verander en die
Verenigde State het hulle steun bygevoeg … Behalwe dat Suid-Afrika en die
Verenigde State se ondersteuning bekom is, het UNITA diamantsmokkelary na Zaïre
georganiseer om gewere en voordeel (buit) vir Savimbi se volgelinge (lojaliste) in ruil
daarvoor te kry … UNITA het belonings aan jong mans gegee wat sou smokkel en veg
en dit het die enigste manier geword waarop 'n bestaan gemaak kon word in 'n gebied
wat andersins deur terreur en anti-terreur verwoes is.

Die MPLA het die eerste rondte van die burgeroorlog gewen deur Luanda te behou en
uitwaarts voort te dryf, bygestaan deur Kubaanse troepe en indirekte Sowjet-
ondersteuning. Hulle het ook die belasting van Franse en Amerikaanse
oliemaatskappye geniet, wat bereid was om 'die staat', ongeag sy retoriek (ideologie),
te betaal. Daardie retoriek was Marxistiese-Leninisme.

                                                 [Uit: Africa Since 1940 deur Frederick Cooper]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                    8                                 DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                           NSS – Addendum

BRON 2C

Hierdie foto is op 6 November 1975 in 'n Britse koerant, The Guardian, gepubliseer.
Dit toon Portugese huursoldate en FNLA-troepe 32 km buite Luanda, na hulle mislukte
poging om beheer van die hoofstad (Luanda) by die MPLA oor te neem.

          [Uit: http://warforslowreaders.blogspot.com/2012/04/fnla-offensive-stalls-mercenary-leader.html.
                                                                      Toegang op 20 Maart 2014 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                              9                                DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                     NSS – Addendum

BRON 2D

Die volgende brief is in 1976 deur Jonas Savimbi, leier van UNITA, aan President
Kenneth Kaunda van Zambië gestuur na die MPLA-aanval op Huambo (UNITA se
basis in Suidwes-Angola).

UNITA het 600 man in die slag van Huambo verloor. Die oorlogsmasjien wat Kuba en
die Sowjetunie in Angola bymekaar gemaak het, is ongelooflik. Om die totale
vernietiging van ons magte te voorkom, het ons besluit om onmiddellik terug te keer
na guerrillaoorlogvoering. Die vriende (die CIA en die Verenigde State) wat belowe het
om ons te help, het nie hulle beloftes nagekom nie en ons moet ons eie lot met moed
en vasberadenheid in die gesig staar.

Ek het 'n versoek vir U Eksellensie: … Hiermee saam stuur ek my een-en-
sewentigjarige moeder, sodat sy in Zambië kan sterf. My suster en drie kinders en my
twee kinders is saam met my moeder. Die Sekretaris-generaal se vrou met twee
kinders en ons bevelvoerende Generaal se vrou met vier kinders vergesel hulle.

Ek en UNITA se Politieke Buro van die Sentrale Komitee bedank u weereens vir alles.
Watter standpunt u regering ook al oor Angola inneem, sal ons met gelatenheid
aanvaar. Dit is van die allergrootste belang dat Zambië oorleef en die liefde en
bewondering wat ons met my kollegas deel oor u leierskap en wysheid sal voldoende
wees om ons in die donker dae van ons land te troos.

... Ek het nog altyd probeer om tot die beste van my vermoë en moed in die belang van
Angola en Afrika op te tree. Ek is nie 'n verraaier van Afrika nie en die moeilike dae
wat ons vorentoe verwag, sal aan die wêreld bewys dat ek by my beginsels hou. In
Angola is mag reg, maar ek sal in die bos bly en die roepstem vir regverdigheid wees.

Mag God u geliefde land seën,
Mag God u seën.
Savimbi Jonas.

                                  [Uit: In Search Of Enemies – A CIA Story deur John Stockwell]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                10                                  DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                        NSS – Addendum

VRAAG 3:         WAS DIE INTEGRASIE VAN CENTRAL HIGH SCHOOL IN LITTLE
                 ROCK IN 1957 'N OORWINNING VIR DIE BURGERREGTE-
                 BEWEGING?

BRON 3A

'n Derde poging is op 23 September 1957 aangewend om die Hooggeregshof-
beslissing uit te voer en nege swart Amerikaanse studente by Central High School,
Little Rock, in te skryf. Alex Wilson, 'n swart Amerikaanse joernalis wat die storie vir die
Memphis Tri-State Defender gedek het, beskryf hoe hy en drie ander joernaliste deur
'n skare wit segregasioniste aangeval is toe hulle oor die gebeure wat in Little Rock
ontvou het, verslag gedoen het.

'n Skare van ongeveer een honderd het voor die skool gestaan. Hulle het na die skool
gekyk (weg van ons af) en gewag dat die nege studente verskyn. Toe het iemand in
die skare wittes ons sien aankom. Skielik was die kwaai oë van die hele spul op ons …
Twee mans het hulle arms soos 'n arend uitgesprei. Een het geskree: 'Julle sal nie
verby kom nie!' Ek het probeer om na links van die skare te beweeg, maar my
probeerslag is in die wiele gery (voorkom). Ek het 'n halwe draai links van die
sypaadjie gemaak en na 'n Little Rock-polisieman gestap wat in die middel van die
straat gestaan het. 'Wat is jou besigheid?' het hy gevra. Ek het my perskaart getoon.
Hy het dit gevat en nagegaan. Toe het hy gesê: 'Jy beter loop. Gaan oor die
sypaadjie.'

Die skare het toegeslaan. Ek het gesien hoe Davey mishandel word (brutaal
aangeval) … Hicks en Newsom het probeer om van die skoppe en houe weg te kom.
Ek het vir 'n oomblik gestop toe die uitjouery en gespot agter my erger geword het.

Vreemd genoeg het die visioen van Elizabeth Eckford, een van die nege studente, toe
sy 'n paar dae gelede met waardigheid tussen die spottende, uitjouende (skare)
segregasioniste deurgestap het, my te binne geskiet. Miskien het my opleiding as 'n
Amerikaanse seesoldaat in die Tweede Wêreldoorlog en my ondervinding as
oorlogkorrespondent in Korea … ook my besluit beïnvloed …

Ek het besluit om nie te hardloop nie. As ek geslaan moes word, sou ek my man staan
terwyl ek loop, as ek kon – nie terwyl ek hardloop nie.

                                  [Uit: In Little Rock geredigeer deur Facing History and Ourselves]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
     Geskiedenis/V1                                      11                                    DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                                   NSS – Addendum

     BRON 3B

     Die foto hieronder toon Alex Wilson, 'n swart Amerikaanse joernalis by die
     Memphis Tri-State Defender en 'n voormalige Amerikaanse seesoldaat, wat op
     23 September 1957 deur 'n skare wit segregasioniste in Little Rock aangeval is.

                                                                                                 'n Blanke
                                                                                                 segregasionis het
                                                                                                 'n baksteen
                                                                                                 gebruik om Alex
                                                                                                 Wilson teen sy kop
Alex Wilson wat                                                                                  te slaan voordat
deur 'n skare wit                                                                                hy hom herhaal-
segregasioniste                                                                                  delik geskop het.
aangeval word.

                          [Uit: http://www.choosingtoparticipate.org/explore/exhibit/stories/little-rock/next/2.
                                                                   Toegang op 5 Desember 2013 verkry.]

     Kopiereg voorbehou                                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                12                                   DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                        NSS – Addendum

BRON 3C

Die Atlanta Daily Word het die volgende artikel op 26 September 1957 gepubliseer. Dit
verwys na 'n gedeelte van 'n telegram* wat Martin Luther King Jr. aan Daisy Bates,
leier van die National Association for the Advancement of Coloured People (NAACP) in
Little Rock gestuur het.

Dr. Martin Luther King Jr., president van die Montgomery, Alabama Improvement
Association, het die mense van Little Rock, Arkansas, aangespoor om Christelik en
waardig in hulle stryd om integrasie te wees en om geweld met geweldloosheid te
beveg.

Dr. King, bekende pastoor van Dexter Avenue Baptist Church in Montgomery, het
gesê: 'Spoor die mense van Little Rock aan om nou 'n weg van geweldloosheid te
volg. Ek weet dat dit moeilike raad is op 'n tydstip wat julle geterroriseer, met klippe
gegooi en deur genadelose skares gedreig word. Maar geweldloosheid is die enigste
blywende oplossing vir die probleem.'

'Beveg fisiese krag met geestelike krag. Julle het geen ander uitweg as om voort te
gaan met die stryd vir geïntegreerde skole nie, maar doen dit met 'n diepgaande
verbondenheid aan Christelike beginsels' …

'Die geskiedenis is aan julle kant. Wêreldmening is aan julle kant. Die morele gewete
van miljoene wit Amerikaners is saam met julle. Hou aan stry met hierdie geloof en die
tragiese nag van anargie en straatbewind wat tans julle stad oorgeneem het, sal in die
glansende dagbreek van vryheid en regverdigheid verander word.'

Die jong predikant het gesê dat hy 'optimisties' oor die integrasieproses is en het
voorspel dat 'voor die eeuwisseling, segregasie en diskriminasie nie meer in Amerika
sal bestaan nie.'

                          [Uit: http://mlkpp01.stanford.edu/index.php/encyclopedia/documentsentry/
                                         dr_king_asks_for_non_violence_in_little_rock_school_crisis/.
                                                              Toegang op 5 Desember 2013 verkry.]

                                                                          ste
* 'n Telegram was soortgelyk aan 'n brief en is voor die 21                     eeu as 'n vinnige
  vorm van kommunikasie               gebruik.      Gewoonlik         het       'n telegram 'n
  woordbeperking gehad.

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                  13                                 DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                          NSS – Addendum

BRON 3D

In 1958 het Ernest Green die eerste swart Amerikaanse student geword wat by Central
High School, Little Rock, gegradueer het. In hierdie uittreksel uit 'n onderhoud wat baie
jare later met Green gevoer is, dink hy terug aan die ondervinding om een van slegs
nege swart Amerikaanse studente in 'n skool met meer as 2 000 leerders te wees.

Ons is deur die weermag by ons individuele huise opgelaai en na mev. Bates se huis,
wat ons bymekaarkomplek was, geneem. Van daar het ons in 'n stasiewa geklim. Dit
was 'n konvooi. Hulle het 'n jeep voor, 'n jeep agter en gewapende soldate in elkeen
van hulle gehad. Ek dink daar was masjiengeweermonterings agter op die jeeps.

Die troepe sou ons elke dag skool toe bring. Aanvanklik het ons elkeen 'n
valskermsoldaat gehad wat buite die klaskamer sou wag om ons na die volgende klas
te vergesel sodat ons nooit alleen was nie … Toe die segregasioniste besef het dat
ons nie weggaan nie, het hulle begin terugkom (skool toe). En toe hulle terugkom, was
die duiwel los … Soos hulle die troepe in die gange onttrek het, is jy onderwerp aan
allerhande beledigings, iemand wat probeer om jou te pootjie, wat ink oor jou uitgooi,
wat op een of ander manier jou klere verniel en, die ergste van alles, iemand wat jou
fisies aanrand …

Nadat die segregasioniste begin terugkom het, het ek besluit dat ek dit deur daardie
jaar sou maak. Buiten om geskiet te word, kon ek enigiets wat van hulle kant af gekom
het, oorleef. Ek dink dit was 'n kombinasie van die familieondersteuning tuis en die
verhouding wat tussen ons nege gegroei het … Een ding wat ek dink baie belangrik is,
is dat alhoewel die nege van ons dalk vooraf gekies is, daar in werklikheid nege, tien,
dertig, veertig, vyftig kinders in elke gemeenskap was wat dit kon gedoen het. Dit was
nie asof nege mense in Little Rock uit die lug geval het nie. Ons was almal gewone
kinders. 'n Mens het werklik die vermoë om baie meer te doen as wat jy óf vertel is óf
wat jy deur jou omgewing laat glo is. Indien jy die geleentheid kry, sal jy verras wees
oor hoeveel jy kan doen, hoeveel jy kan bereik.

                      [Uit: http://mlk- kpp01.stanford.edu/resources/lc/Lara_Burenin_KDHP _ Unit.pdf.
                                                                 Toegang op 5 Desember 2013 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                               14                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                       NSS – Addendum

ERKENNINGS

Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:

Blanning, TCW. 1996. The Oxford Illustrated History Of Modern Europe (Oxford
University Press, Oxford and New York)

Cooper, F. 2002. Africa Since 1940 (Cambridge University Press, Cambridge)

Facing History and Ourselves, In Little Rock (2005)

http://mlkpp01.stanford.edu/index.php/encyclopedia/documentsentry/dr_king_asks_
for_ non_violence_in_little_rock_school_crisis/

http://mlk-pp01.stanford.edu/resources/lc/Lara_Burenin_KDHP_Unit.pdf

http://warforslowreaders.blogspot.com/2012/04/fnla-offensive-stalls-mercenary-
leader.html

http://www.americanforeignrelations.com/A-D/Cold-Warriors-Dean-acheson.html

http://www.choosingtoparticipate.org/explore/exhibit/stories/little-rock/next/2

Meredith, M. 1984, The First Dance Of Freedom (Hamish Hamilton Ltd, Great Britain)

Stockwell, J. 1978. In Search Of Enemies – A CIA Story (Norton, New York)

www.historyguide.org/winstonchurchill/ironcurtain.html

www.johndclaire.net/cold_war8.htm

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [History P1 Feb March 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-feb-march-2015-afr/f25eb9bf-58a9-4d1b-9c73-2af2dae573a6) — History · QP · 2015 · Afr
- [Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans)) 2015 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-2015-preparatory-examination-addendum/46d03045-1812-4e23-a4c5-7192a662e955) — History · Addendum · 2015 · Afr
- [History P1 Nov 2015 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2015-addendum-eng/9444b833-1069-4085-92ed-1cdc967f7f1d) — History · Addendum · 2015 · Eng
- [History P2 Feb March 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-feb-march-2015-afr/801e068e-4ab8-4710-93f4-1ff99e7f2c49) — History · QP · 2015 · Afr
- [History P1 June July 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-june-july-2015-eng/7d529eb9-2c0d-45a5-8a7a-c9e27cbc9665) — History · QP · 2015 · Eng
- [History P1 Feb March 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-feb-march-2017-memo-eng/85076440-4ade-42cf-9119-7e4e53348597) — History · Memo · 2017 · Eng

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
