# History Grade 12 Paper 1 NSC Supplementary 2015 Question Paper

> Grade 12 History Paper 1 question paper from the NSC Supplementary Exam 2015, 9 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-feb-march-2015-afr/f25eb9bf-58a9-4d1b-9c73-2af2dae573a6
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 Paper 1 NSC Supplementary 2015 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-feb-march-2015-afr/f25eb9bf-58a9-4d1b-9c73-2af2dae573a6)

## About this document

History · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2015. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                                GESKIEDENIS V1

                           FEBRUARIE/MAART 2015

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

       Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                              2                         DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die
         voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

         AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

         VRAAG 1:      DIE KOUE OORLOG: DIE OORSPRONG VAN DIE KOUE
                       OORLOG

         VRAAG 2:      ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA

         VRAAG 3:      BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
                       BURGERREGTEBEWEGING

         AFDELING B: OPSTELVRAE

         VRAAG 4:      DIE  UITBREIDING    VAN          DIE     KOUE      OORLOG:
                       GEVALLESTUDIE – VIËTNAM

         VRAAG 5:      ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE                  GEVALLE-
                       STUDIE – DIE KONGO EN TANZANIË

         VRAAG 6:      BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
                       SWARTMAGBEWEGING

2.       AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
         benodig word om hierdie vrae te beantwoord kan in die ADDENDUM gekry
         word.

3.       AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.       Beantwoord DRIE vrae soos volg:

         4.1     Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste
                 EEN moet 'n opstelvraag wees.

         4.2     Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag
                 wees.

5.       In die beantwoording van die vrae moet kandidate hul kennis, vaardighede en
         insig gebruik.

6.       Die blote oorskryf van bronne as antwoorde sal kandidate benadeel.

7.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik word.

8.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                3                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, uit hierdie
afdeling. Bronmateriaal wat gebruik moet word om hierdie vrae te beantwoord, is in die
ADDENDUM.

VRAAG 1:          HOE HET DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA EN DIE
                  SOWJETUNIE PROBEER OM TUSSEN 1946 EN 1951
                  INVLOEDSFERE IN EUROPA TE VESTIG?

Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1       Verwys na Bron 1A.

          1.1.1       Definieer die konsep Ystergordyn in die konteks van die Koue
                      Oorlog in Europa.                                      (1 x 2)              (2)

          1.1.2       Noem enige VIER stede wat in die Sowjet-invloedsfeer geleë was.
                                                                                (4 x 1)           (4)

          1.1.3       Haal bewyse uit die bron aan wat te kenne gee dat Griekeland nie
                      onder die Sowjet-invloedsfeer was nie.                    (1 x 2)           (2)

          1.1.4       Verduidelik wat Churchill met sy bewering 'daar is geen ware
                      demokrasie nie' met betrekking tot die situasie in Oos-Europa
                      geïmpliseer het.                                        (2 x 2)             (4)

1.2       Raadpleeg Bron 1B.

          1.2.1       Noem die TWEE instellings wat Dean Acheson gehelp het om te
                      ontwikkel gedurende Truman se Koue Oorlog.           (2 x 1)                (2)

          1.2.2       Die Amerikaanse Kongres was aanvanklik onwillig om hulp te
                      verleen aan die Turkse en die Griekse regerings. Gee 'n rede vir
                      die Amerikaanse Kongres se standpunt.                     (1 x 2)           (2)

          1.2.3       Verduidelik hoe Acheson dit reggekry het om die Amerikaanse
                      Kongres te oortuig om beide Turkye en Griekeland met hulp te
                      ondersteun.                                           (2 x 2)               (4)

1.3       Lees Bron 1C.

         1.3.1        Noem die TWEE Oos-Europese lande wat groot belangstelling
                      getoon het om by die Europese Herstelprogram aan te sluit. (2 x 1)          (2)

         1.3.2        Verduidelik waarom Stalin gedink het dat die             Europese
                      Herstelprogram 'n uitdaging vir sy invloedsfeer was.        (2 x 2)         (4)

         1.3.3        Lewer kommentaar oor waarom die Kominform gestig is.         (2 x 2)        (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                4                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

1.4      Raadpleeg Bron 1B en 1C. Verduidelik op watter maniere die bewyse in
         Bron 1C die vrese bevestig waarna Acheson in Bron 1B verwys het. (2 x 2)                 (4)

1.5       Gebruik Bron 1D.

         1.5.1        Hoe word die volgende leiers in die spotprent uitgebeeld:

                      (a)   Truman                                                 (1 x 2)

                      (b)   Stalin                                                 (1 x 2)        (4)

         1.5.2        Verduidelik of die spotprenttekenaar se uitbeelding van gebeure as
                      partydig beskou kan word. Gebruik die visuele leidrade in die bron
                      om jou antwoord te ondersteun.                              (2 x 2)         (4)

1.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
         paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
         verduidelik hoe die Verenigde State van Amerika en die Sowjetunie probeer
         het om tussen 1946 en 1951 invloedsfere in Europa te vestig.                             (8)
                                                                                                  [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                5                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

VRAAG 2:         WATTER FAKTORE TUSSEN 1975 EN 1976 HET TOT DIE
                 UITBREEK VAN DIE BURGEROORLOG IN ANGOLA BYGEDRA?

Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

2.1      Lees Bron 2A.

         2.1.1        Identifiseer die leiers van die DRIE nasionalistiese bewegings in
                      Angola in 1975.                                            (3 x 1)          (3)

         2.1.2        Watter bewyse in die bron gee te kenne dat die bedoeling van die
                      Alvor-ooreenkoms was om demokrasie in Angola in te stel? (2 x 1)            (2)

         2.1.3        Die Angolese nasionalistiese leiers het gemeen dat dit belangrik
                      was 'om hulle militêre posisies op te skort'. Gee 'n rede vir hulle
                      standpunt.                                                  (1 x 2)         (2)

         2.1.4        Verduidelik waarom die FNLA 'n militêre voordeel bo die ander
                      nasionalistiese groepe gehad het.                      (1 x 2)              (2)

2.2      Bestudeer Bron 2B.

         2.2.1        Noem die Afrikaland wat die FNLA ondersteun het.             (1 x 1)        (1)

         2.2.2        Waarom het die CIA (VSA) besluit om die FNLA in die Angolese
                      burgeroorlog te ondersteun?                           (1 x 2)               (2)

         2.2.3        Noem die TWEE lande wat Savimbi ondersteun het.              (2 x 1)        (2)

         2.2.4        Gebruik bewyse in die bron en jou eie kennis en verduidelik die
                      ideologiese verskille tussen UNITA en die MPLA.        (2 x 2)              (4)

2.3      Gebruik Bron 2C.

         2.3.1        Watter bewyse in die bron gee te kenne dat die FNLA vir oorlog
                      gereed was?                                             (1 x 2)             (2)

         2.3.2        Gebruik die bewyse in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      waarom die FNLA voor 11 November 1975 beheer oor Luanda
                      wou oorneem.                                            (2 x 2)             (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                6                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

2.4      Verwys na Bron 2D.

         2.4.1        Verduidelik die geskiedkundige term guerrillaoorlogvoering in die
                      konteks van die Angolese burgeroorlog.                    (1 x 2)             (2)

         2.4.2        Waarom, dink jy, het Savimbi in 1976 dit nodig gevind om na
                      guerrillaoorlogvoering in Angola oor te slaan?        (2 x 2)                 (4)

         2.4.3        Volgens die inligting in die bron, wat het Savimbi van Kaunda
                      versoek?                                                (1 x 2)               (2)

         2.4.4        Beskryf Savimbi se leierseienskappe in jou eie woorde.        (1 x 2)         (2)

         2.4.5        Verduidelik waarom jy, as 'n geskiedkundige, die inligting in die
                      bron as partydig sal beskou.                              (2 x 2)             (4)

2.5      Verduidelik hoe die inligting in beide Bron 2B en 2C mekaar ondersteun met
         betrekking tot die besetting van Luanda in 1975 deur die MPLA en die FNLA.
                                                                              (2 x 2)               (4)

2.6      Gebruik die inligting in Bron 2A en 2D en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf
         van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik watter
         EEN van die bronne jy as die bruikbaarste sou beskou om na te vors oor die
         faktore wat tussen 1975 en 1976 tot die uitbreek van die burgeroorlog in
         Angola bygedra het.                                                                        (8)
                                                                                                    [50]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                 7                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                              NSS

VRAAG 3:         WAS DIE INTEGRASIE VAN CENTRAL HIGH SCHOOL IN LITTLE
                 ROCK IN 1957 'N OORWINNING VIR DIE BURGERREGTE-
                 BEWEGING?

Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.

3.1      Lees Bron 3A.

         3.1.1        Waarom het 'n skare buite Central High School in Little Rock
                      bymekaargekom?                                         (1 x 2)                (2)

         3.1.2        Hoe het die volgende probeer om die joernaliste te keer om oor
                      gebeure in Little Rock verslag te doen:

                      (a)   Die skare                                                (1 x 1)        (1)

                      (b)   Die polisieman van Little Rock                           (1 x 1)        (1)

         3.1.3        Verduidelik wat jy onder die term segregasie verstaan in die
                      konteks van die gebeure wat in 1957 in Little Rock plaasgevind
                      het.                                                    (1 x 2)               (2)

         3.1.4        Waarom, dink jy, het Alex Wilson besluit om nie van die 'skare' weg
                      te hardloop nie? Ondersteun jou antwoord met relevante bewyse.
                                                                                   (2 x 2)          (4)

3.2      Bestudeer Bron 3B.

         3.2.1        Verduidelik hoe die skare op Alex Wilson reageer het. Gebruik die
                      visuele leidrade in die foto om jou antwoord te ondersteun. (2 x 2)           (4)

         3.2.2        Waarom, dink jy, het die skare op hierdie manier op Alex Wilson
                      gereageer?                                               (1 x 2)              (2)

3.3      Verwys na Bron 3C.

         3.3.1        Identifiseer die hoofstrategie wat Martin Luther King Jr. wou hê die
                      burgerregte-aktiviste in Little Rock, Arkansas, moes volg.    (1 x 1)         (1)

         3.3.2        Noem die DRIE metodes wat die skare gebruik het om
                      burgerregte-aktiviste te intimideer.         (3 x 1)                          (3)

         3.3.3        Wat het Martin Luther King Jr. bedoel toe hy van 'geestelike krag'
                      gepraat het?                                               (1 x 2)            (2)

         3.3.4        Verduidelik waarom Martin Luther King Jr. 'optimisties' was oor die
                      integrasie van skole in die Verenigde State van Amerika.    (2 x 2)           (4)

3.4      Bestudeer Bron 3A, 3B en 3C en verduidelik die rol wat die media in 1957 in
         die blootstelling van segregasie by Central High School gespeel het. (2 x 2)               (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                8                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

3.5      Raadpleeg Bron 3D.

         3.5.1        Identifiseer VIER maniere waarop swart Amerikaanse studente by
                      Central High School beledig is.                         (4 x 1)             (4)

         3.5.2        Verduidelik waarom Ernest Green vasbeslote was om by Central
                      High School te gradueer.                              (2 x 2)               (4)

         3.5.3        Lewer kommentaar oor waarom jy dink Ernest Green se weergawe
                      in die bron bruikbaar sal wees vir 'n geskiedkundige wat navorsing
                      doen oor die integrasie van studente by Central High School.
                                                                                  (2 x 2)         (4)

3.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
         paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
         verduidelik tot watter mate die integrasieproses in 1957 by Central High
         School in Little Rock 'n oorwinning vir die Burgerregtebeweging was.                     (8)
                                                                                                  [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                             9                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                          NSS

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, uit hierdie
afdeling.

Jou opstel behoort ongeveer DRIE bladsye lank te wees.

VRAAG 4: DIE UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
         VIËTNAM

Die onttrekking van soldate uit Viëtnam het die nederlaag van die Verenigde State van
Amerika se beleid van insluiting aangekondig.

Stem jy met hierdie bewering saam? Motiveer jou antwoord deur relevante bewyse uit
die tydperk 1965 tot 1975 te gebruik.                                                      [50]

VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIES –
         DIE KONGO EN TANZANIË

Verduidelik tot watter mate die ekonomiese beleid van die Kongo en Tanzanië
suksesvol was vanaf onafhanklikheid tot en met die 1980's.                                 [50]

VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE                     1950's TOT DIE 1970's:
         SWARTMAGBEWEGING

Evalueer die rol wat Malcolm X en Stokely Carmichael in die bekendmaking van die
Swartmagbeweging in die 1960's gespeel het.                                                [50]

                                                                           TOTAAL:         150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [History P1 Feb March 2015 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-feb-march-2015-addendum-afr/b38e6a73-d07b-46ef-932e-ece3ff449af6) — History · Addendum · 2015 · Afr
- [History P2 Feb March 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-feb-march-2015-afr/801e068e-4ab8-4710-93f4-1ff99e7f2c49) — History · QP · 2015 · Afr
- [History P1 June July 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-june-july-2015-eng/7d529eb9-2c0d-45a5-8a7a-c9e27cbc9665) — History · QP · 2015 · Eng
- [History P1 Feb March 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-feb-march-2016-eng/7ecc30b3-80b2-4d62-9b4f-c007ce026be2) — History · QP · 2016 · Eng
- [Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans)) 2015 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-2015-preparatory-examination-addendum/46d03045-1812-4e23-a4c5-7192a662e955) — History · Addendum · 2015 · Afr
- [History P1 Nov 2015 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2015-addendum-eng/9444b833-1069-4085-92ed-1cdc967f7f1d) — History · Addendum · 2015 · Eng

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
