# History Grade 12 P1 NSC Supplementary 2016 QP (Afr)

> Grade 12 History Paper 1 question paper from the NSC Supplementary Exam 2016 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-feb-march-2016-afr/03972452-07f4-4d51-90bb-4226c44fdc62
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P1 NSC Supplementary 2016 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-feb-march-2016-afr/03972452-07f4-4d51-90bb-4226c44fdc62)

## About this document

History · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2016. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                                GESKIEDENIS V1

                            FEBRUARIE/MAART 2016

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

       Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                              2                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
         voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

         AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

         VRAAG 1:      DIE KOUE OORLOG: DIE OORSPRONG VAN DIE KOUE
                       OORLOG

         VRAAG 2:      ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA

         VRAAG 3:      BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
                       BURGERREGTEBEWEGING

         AFDELING B: OPSTELVRAE

         VRAAG 4:      UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
                       VIËTNAM

         VRAAG 5:      ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE                   GEVALLE-
                       STUDIE – DIE KONGO EN TANZANIË

         VRAAG 6:      BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
                       SWARTMAGBEWEGING

2.       AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
         benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM
         gevind word.

3.       AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.       Beantwoord DRIE vrae soos volg:

         4.1     Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste
                 EEN moet 'n opstelvraag wees.

         4.2     Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag
                 wees.

5.       Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee.

6.       In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en
         insig gebruik.

7.       Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

8.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik word.

9.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                3                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                             NSS

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die
ADDENDUM gevind word.

VRAAG 1:         WAAROM HET DIE DUITSE DEMOKRATIESE REPUBLIEK IN 1961
                 BESLUIT OM DIE BERLYNSE MUUR TE BOU?

Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1      Gebruik Bron 1A.

         1.1.1        Maak 'n lys van VIER gebeure, volgens die inligting in die bron,
                      wat Oos-Duitsland as dade van aggressie deur Wes-Duitsland
                      beskou het.                                               (4 x 1)         (4)

         1.1.2        Identifiseer die TWEE opponerende militêre alliansies wat in
                      hierdie bron genoem word.                             (2 x 1)             (2)

         1.1.3        Verduidelik waarom die Oos-Duitse regering geglo het dat dit nodig
                      was om die Berlynse Muur in 1961 te bou.                   (2 x 2)        (4)

         1.1.4        Lewer kommentaar op of jy die inligting in hierdie bron as
                      betroubaar sou beskou in die konteks van die Duitse Demokratiese
                      Republiek se besluit in 1961 om die Berlynse Muur te bou. (2 x 2)         (4)

1.2      Verwys na Bron 1B.

         1.2.1        Kies TWEE woorde uit die bron wat die ekonomie van
                      Wes-Duitsland in 1961 die beste beskryf.     (2 x 1)                      (2)

         1.2.2        Definieer die begrip kapitalisme in die konteks van die bewyse in
                      die bron.                                                  (1 x 2)        (2)

         1.2.3        Waarom, dink jy, het die Verenigde State van Amerika
                      '$600 miljoen in Wes-Berlyn gestort'? Ondersteun jou antwoord
                      met relevante bewyse.                                  (2 x 2)            (4)

         1.2.4        Verduidelik waarom drie miljoen mense vanaf 1949 besluit het om
                      na Wes-Duitsland te ontsnap.                             (2 x 2)          (4)

         1.2.5        Gee TWEE redes waarom Wes-Berlyn as strategies belangrik vir
                      die Verenigde State van Amerika beskou is.          (2 x 1)               (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                4                            DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                             NSS

1.3      Bestudeer Bron 1C.

         1.3.1        Met verwysing na die visuele leidrade in die bron, watter boodskap
                      word deur die spotprent oorgedra oor die lewe in:

                      (a)    Wes-Duitsland                                         (1 x 2)       (2)

                      (b)    Oos-Duitsland                                         (1 x 2)       (2)

         1.3.2        Verduidelik hoe die spotprent 'n eensydige prentjie oor die lewe in
                      beide Wes- en Oos-Duitsland skets. Ondersteun jou antwoord deur
                      die visuele leidrade in die bron te gebruik.                 (2 x 2)       (4)

1.4      Raadpleeg Bron 1D.

         1.4.1        Noem enige TWEE bewysstukke in die bron wat te kenne gee dat
                      die mense wat in Oos-Duitsland gebly het, ontevrede was met die
                      regering se ekonomiese beleid.                          (2 x 1)            (2)

         1.4.2        Verduidelik die stappe wat die Oos-Duitse regering gedoen het om
                      die ineenstorting van die land se ekonomie te voorkom.    (2 x 2)          (4)

1.5      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
         paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
         verduidelik waarom die Duitse Demokratiese Republiek in 1961 besluit het
         om die Berlynse Muur te bou.                                                            (8)
                                                                                                 [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                 5                            DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                              NSS

VRAAG 2:         WAAROM HET SUID-AFRIKA EN KUBA NA 1975 BY DIE KOUE
                 OORLOG IN ANGOLA BETROKKE GERAAK?

Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

2.1      Verwys na Bron 2A.

         2.1.1        Noem TWEE lande wat Vorster vir Suid-Afrika se ingryping in
                      Angola blameer het.                                  (2 x 1)                 (2)

         2.1.2        Waarom, volgens Vorster, het Suid-Afrika by die Koue Oorlog in
                      Angola betrokke geraak? Gee DRIE redes vir jou antwoord. (3 x 1)             (3)

         2.1.3        Lewer kommentaar op die manier waarop die inligting wat in
                      paragraaf 2 oor Suid-Afrika se betrokkenheid by die Koue Oorlog
                      in Angola gegee word, teenstrydig is met Vorster se bewering in
                      paragraaf 1.                                             (2 x 2)             (4)

         2.1.4        Identifiseer TWEE Afrikaleiers in die bron wat die Suid-Afrikaanse
                      Weermag se besluit om die FNLA en UNITA by te staan, gesteun
                      het.                                                         (2 x 1)         (2)

2.2      Raadpleeg Bron 2B.

         2.2.1        Watter boodskappe dra die spotprenttekenaar oor met betrekking
                      tot die aard van buitelandse inmenging in Angola? Gebruik die
                      visuele leidrade in die bron om jou antwoord te ondersteun. (2 x 2)          (4)

         2.2.2        Verduidelik die beperkings van die bron vir 'n historikus wat die rol
                      van buitelandse inmenging in Angola tussen 1975 en 1976
                      bestudeer.                                                    (2 x 2)        (4)

2.3      Bestudeer Bron 2C.

         2.3.1        Hoe het Suid-Afrika gereageer op die Weste en swart
                      Afrikabondgenote se gebrek aan 'openlike ondersteuning' vir sy
                      terugtrekking uit Angola in 1975?                      (1 x 2)               (2)

         2.3.2        Verduidelik waarom Vorster nie bereid was om te bevestig of
                      Amerika Suid-Afrika gedurende die Koue Oorlog in Angola
                      gesteun het nie.                                    (2 x 2)                  (4)

         2.3.3        Kies bewyse uit die bron wat te kenne gee dat die Amerikaanse
                      regering Suid-Afrika se militêre operasie in Angola in 1975 gesteun
                      het.                                                         (2 x 1)         (2)

         2.3.4        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      wat De Borchgrave bedoel het met die bewering dat 'gematigde
                      swart presidente in Afrika hulle goedkeuring vir die operasie gegee
                      het' in die konteks van gebeure wat tussen 1975 en 1976 in
                      Angola plaasgevind het.                                       (2 x 2)        (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                               6                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                            NSS

2.4      Lees Bron 2D.

         2.4.1        Watter Afrikaland (behalwe Suid-Afrika) het troepe na Angola
                      gestuur om teen die MPLA te veg?                      (1 x 1)           (1)

         2.4.2        Waarom het Fidel Castro die Verenigde State van Amerika
                      daarvan beskuldig dat hulle die oorlog in Angola aangehits
                      (veroorsaak) het? Ondersteun jou antwoord met relevante bewyse
                      uit die bron.                                            (2 x 2)        (4)

         2.4.3        Verduidelik waarom jy dink leiers van Fidel Castro se party
                      gemeen het dat dit nodig was om die MPLA te ondersteun. (2 x 2)         (4)

         2.4.4        Haal woorde uit die bron aan wat Castro gebruik het om die
                      volgende aan te dui:

                      (a)   Steun vir die Angolese troepe                       (1 x 1)       (1)

                      (b)   Vyandigheid teenoor die Suid-Afrikaanse troepe      (1 x 1)       (1)

2.5      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
         paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
         verduidelik waarom Suid-Afrika en Kuba ná 1975 by die Koue Oorlog in
         Angola betrokke geraak het.                                                          (8)
                                                                                              [50]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                7                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                             NSS

VRAAG 3:         HOE HET AMERIKANERS OP DIE INTEGRASIE VAN CENTRAL HIGH
                 SCHOOL IN LITTLE ROCK, ARKANSAS, IN 1957 GEREAGEER?

Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.

3.1      Lees Bron 3A.

         3.1.1        Verduidelik die term integrasie in die konteks van die gebeure wat
                      in 1957 by Central High School plaasgevind het.             (1 x 2)        (2)

         3.1.2        Hoe het lede van die raad by Central High School op die beslissing
                      van die Federale Hof gereageer?                            (1 x 2)         (2)

         3.1.3        Beskryf in jou eie woorde hoe Prinsipaal Matthews verwag het dat
                      leerders by Central High School hulle moes gedra.         (2 x 2)          (4)

         3.1.4        Hoe, volgens die inligting in die bron, het Central High School
                      gehoop om hulle reputasie as een van die toonaangewende
                      openbare hoërskole in die VSA te behou?                  (1 x 2)           (2)

3.2      Verwys na Bron 3B.

         3.2.1        Waarom, dink jy, is hierdie foto geneem? Gee TWEE redes vir jou
                      antwoord.                                               (2 x 2)            (4)

         3.2.2        Verduidelik wat daartoe gelei het dat die wit Amerikaanse leerders
                      uit Central High School gestap het.                         (1 x 2)        (2)

3.3      Verwys na Bron 3A en 3B. Lewer kommentaar op die maniere waarop die wit
         Amerikaanse leerders se optrede in Bron 3B strydig is met die inhoud van die
         bulletin in Bron 3A.                                                  (2 x 2)           (4)

3.4      Bestudeer Bron 3C.

         3.4.1        Haal bewyse uit die bron aan wat te kenne gee dat
                      mev. Helen Conrad die integrasie by Central High School
                      ondersteun het.                                  (1 x 1)                   (1)

         3.4.2        Maak 'n lys van DRIE dinge in die bron wat daarop dui dat
                      Robin Woods anders as haar klasmaats was.          (3 x 1)                 (3)

         3.4.3        Op watter manier is die 'sosiale kode' by Central High School
                      geskend?                                               (1 x 2)             (2)

         3.4.4        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      waarom jy hierdie historiese bewysstuk as bruikbaar sou beskou
                      vir 'n historikus wat oor die Little Rock-nege se ervarings by
                      Central High School navorsing doen.                        (2 x 2)         (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                8                         DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                             NSS

3.5      Verwys na Bron 3D.

         3.5.1        Waarom het Ernest Green die feit dat hy aan Central High School
                      gematrikuleer het, as van besondere belang beskou?       (2 x 1)         (2)

         3.5.2        Wat het Ernest Green bedoel met die bewering dat hy 'deur 'n
                      muur gebreek het'?                                    (2 x 2)            (4)

         3.5.3        Hoe het mense wat die plegtigheid by Central High School
                      bygewoon het, gereageer toe Ernest Green sy diploma ontvang?
                                                                               (1 x 2)         (2)

         3.5.4        Verduidelik, in jou eie woorde, Ernest Green se houding nadat hy
                      sy diploma ontvang het.                                   (2 x 2)        (4)

3.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
         paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
         verduidelik hoe Amerikaners in 1957 op die integrasie van Central High
         School in Little Rock gereageer het.                                                  (8)
                                                                                               [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                          9                            DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                       NSS

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling.

Jou opstel behoort ongeveer DRIE bladsye lank te wees.

VRAAG 4:         UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
                 VIËTNAM

Die Noord-Viëtnamese en die Nasionale Vryheidsfront (Viëtkong) het geveg om hulle
land van Amerikaanse inmenging te bevry. Dit was waarskynlik die hoofrede waarom
die Amerikaners nie daarin kon slaag om hulle te oorwin nie.

Bespreek hierdie bewering krities in die konteks van die oorlog wat tussen 1963 en
1973 in Viëtnam geveg is.                                                                 [50]

VRAAG 5:         ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE –
                 DIE KONGO EN TANZANIË

Verduidelik in watter mate die leierskap van Mobutu Sese Seko en Julius Nyerere 'n
uitwerking op politieke en ekonomiese ontwikkeling van beide die Kongo en Tanzanië
ná die verkryging van onafhanklikheid gehad het.                                          [50]

VRAAG 6:         BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
                 SWARTMAGBEWEGING

Die Black Panther-party was alleen verantwoordelik vir die opkoms van 'Swart Mag' in
die Verenigde State van Amerika in die 1960's.

Stem jy saam met die stelling hierbo? Gebruik relevante voorbeelde om jou argument
te ondersteun.                                                                            [50]

                                                                          TOTAAL:         150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [History P1 Feb March 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-feb-march-2016-eng/7ecc30b3-80b2-4d62-9b4f-c007ce026be2) — History · QP · 2016 · Eng
- [History P2 Feb March 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-feb-march-2016-afr/901c249b-624d-4511-bef8-ab7afe9f9bab) — History · QP · 2016 · Afr
- [Hist P1 Qp Eng Jun2016](https://www.hlayiso.com/library/hist-p1-qp-eng-jun2016/5fb99958-5825-4cdd-b57e-5dbe452d63f2) — History · QP · 2016 · Eng
- [Hist P1 Adde Eng Jun2016](https://www.hlayiso.com/library/hist-p1-adde-eng-jun2016/f33abed9-3abf-4480-be70-88f3a0d2fcc2) — History · QP · 2016 · Eng
- [History P1 Feb March 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-feb-march-2015-afr/f25eb9bf-58a9-4d1b-9c73-2af2dae573a6) — History · QP · 2015 · Afr
- [History P2 Feb March 2016 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-feb-march-2016-addendum-afr/6a196821-c522-4441-9d67-c264e9c098da) — History · Addendum · 2016 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
