# History Grade 12 P1 NSC Supplementary 2016 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 History Paper 1 memorandum from the NSC Supplementary Exam 2016 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-feb-march-2016-memo-afr/27e94d99-2ad0-495a-b7f7-a6231352636c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2016
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 23

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P1 NSC Supplementary 2016 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-feb-march-2016-memo-afr/27e94d99-2ad0-495a-b7f7-a6231352636c)

## About this document

History · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2016. Memorandum, 23 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   NASIONALE
                               SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                                  GESKIEDENIS V1

                              FEBRUARIE/MAART 2016

                                   MEMORANDUM

PUNTE: 150

                      Hierdie memorandum bestaan uit 23 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                            2                         DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                   NSS – Memorandum

1.   BRONGEBASEERDE VRAE
1.1  Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te
     ontwikkel:
                                                                         GEWIGS-
KOGNITIEWE
                           HISTORIESE VAARDIGHEDE                      TOEKENNING
  VLAKKE
                                                                        VAN VRAE
              • Onttrek inligting uit bronne
  VLAK 1      • Selektering en organisasie van relevante inligting uit     30%
                bronne                                                     (15)
              • Definieer historiese begrippe/terme
              • Interpretasie van bewyse uit bronne
  VLAK 2                                                                   40%
              • Verduidelik inligting verkry uit bronne
                                                                           (20)
              • Analiseer bewyse uit bronne
              • Interpreteer en evalueer bewyse uit bronne
              • Skakel met bronne om bruikbaarheid, betroubaarheid,
  VLAK 3        eensydigheid en beperkings vas te stel                     30%
              • Vergelyk en kontrasteer interpretasies en                  (15)
                perspektiewe in die bronne en kom tot onafhanklike
                gevolgtrekkings

1.2    Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word:
       • By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir enige
           ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of voorbeelde.
       • Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan die
           vereistes van die vraag voldoen is.
       • In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan
           aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in kursiefgedrukte
           skrif aangedui.

1.3    Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae
       • Gebruik 'n regmerk () vir elke korrekte antwoord
       • Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee redes
          en word twee punte elk toegeken (); (1 x 2) wat neerkom op een rede en
          twee punte toegeken word ()
       • Indien 'n vraag 4 punte tel word 4 regmerke () aangedui

       Paragraafvraag
       Paragrawe moet globaal (holisties) geassesseer word. Beide die inhoud en die
       struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word wanneer punte
       toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word wanneer 'n antwoord op 'n
       paragraafvraag geassesseer word:
       • Lees die paragraaf en plaas 'n kolpunt () by elke punt binne-in die teks waar
           die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te beantwoord.
       • Lees die paragraaf weer om die mate waartoe die kandidaat in staat was om
           relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te beantwoord, te evalueer.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                             3                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                    NSS – Memorandum

       •   Maak regmerkies (), wat aan die kandidaat vir die paragraaf toegeken is,
           aan die einde van die paragraaf, sowel as die vlak (1, 2 of 3) soos in die
           holistiese rubriek aangedui en gee kommentaar, bv.
           ___________________________________________________________
           ___________________________________________________________
           ____________________________________________________
           
           Vlak 2
           Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf.
       •   Tel al die regmerkies vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt
           onder in die regterkantse kantlyn, bv. 32
                                                  50
       •   Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die
           antwoordeboek oorgedra word.

2.     OPSTELVRAE

2.1    Die opstelvrae vereis dat kandidate:
       • In staat sal wees om hul argument op 'n logiese en samehangende wyse te
           stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en
           bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om 'n redelike reeks feite of
           'n effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde vraag te
           beantwoord. Dit is noodsaaklik dat 'n opstel 'n inleiding, 'n samehangende en
           gebalanseerde liggaam van bewyse en 'n slot het.

2.2    Nasien van opstelvrae
       • Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal word deur
          die handboeke wat by 'n spesifieke sentrum gebruik is.
       • Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as dit wat
          ingesluit is by 'n riglyn vir nasien van 'n spesifieke opstel.
       • By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate krediet
          kry vir enige ander relevante antwoord.

2.3    Globale assessering van 'n opstel
       Die opstel sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis dat
       die onderwyser die totale produk as 'n geheel sal bepunt sonder om die
       samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder
       aan om 'n individuele mening aan te bied deur gebruik te maak van geselekteerde
       feitelike bewyse om 'n argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder
       verwag word om slegs 'feite' neer te skryf om 'n beter punt te behaal nie. Hierdie
       benadering sal leerders ook ontmoedig om 'model-antwoorde' voor te berei en te
       reproduseer sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem.
       Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan leerders se mening, ondersteun
       deur bewyse. Anders as by inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met
       holistiese assessering nie vir ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie,
       aangesien die klem op die volgende val:
       • Die konstruksie/daarstelling van 'n argument
       • Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument te
            ondersteun
       • Die leerder se interpretasie van die vraag.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                   4                        DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                          NSS – Memorandum

2.4    Assesseringsprosedures van die opstel
       2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die opstel nagesien word.
       2.4.2 Tydens die eerste deurlees van die opstel moet regmerkies toegeken word
             vir 'n relevante inleiding (aangedui met 'n kolpunt ('bullet') in die
             nasienriglyne/memorandum), vir elke hoofmoment/aspek wat volledig
             gekontekstualiseer is en 'n relevante slotopmerking (aangedui met 'n
             kolpunt in die nasienriglyn/memorandum) bv. 'n antwoord waar daar 5
             hoofpunte is, sal daar dus 7 regmerkies wees.
       2.4.3 Die volgende addisionele simbole kan ook gebruik word:
             • Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik gekontekstualiseer

                   nie                                                       ^
                 • Verkeerde stelling                        _________________

                 • Irrelevante stelling             |
                                                    |
                                                    |

                 • Herhaling                        R

                 • Analise                          A√

                 • Interpretasie                    1√

2.5.   Die matriks

       2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle

       By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die matriks
       voorsien word. Tydens die assessering van 'n opstel moet beide die inhoud en die
       aanbieding in ag geneem word. 'n Punt word toegeken by die snypunt van die
       inhoud en aanbieding, gebaseer op die sewe vaardigheidvlakke.

       (a)        Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot watter mate
                  die hoofmomente gedek is om en die inhoudsvlak (op die matriks) vas te
                  stel.

                                                                I      VLAK 4

       (b)        Die tweede deurlees van die skryfwerk sal die vlak (op die matriks) van
                  die aanbieding bepaal.

                                                                I      VLAK 4
                                                                A      VLAK 3

       (c)        Ken 'n algehele punt toe met behulp van die matriks.

                                                                I
                                                                A
                                                                       VLAK 4
                                                                       VLAK 3    }26–27
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
     Geskiedenis/V1                                                      5                                                 DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                                                  NSS – Memorandum

     NASIENMATRIKS VIR OPSTELLE: TOTAAL: 50

                            VLAK 7              VLAK 6               VLAK 5              VLAK 4               VLAK 3               VLAK 2               VLAK 1*

AANBIEDING              Baie goed           Baie goed            Goed beplande en     Argument beplan     Toon soms bewys      Poging               Weinig of geen
                        beplande en         beplande en          gestruktureerde      en gestruktureer.   van 'n               aangewend om         poging om die
                        gestruktureerde     gestruktureerde      opstel.              Bewyse tot 'n       gestruktureerde en   antwoord te          opstel te
                        opstel. Goeie       opstel. 'n           Poog om 'n           sekere mate         beplande             struktureer.         struktureer nie.
                        sintese van         Relevante            duidelike argument   gebruik om          argument. Poog       Grootliks
                        inligting. Het 'n   argument is          te ontwikkel.        argument te         om 'n argument vol   beskrywend of
                        goed                gevolg. Bewyse       Gevolgtrekking       ondersteun.         te hou.              poog om argument
INHOUD                  gebalanseerde,      gebruik om die       gemaak uit           Slotsom bereik op   Gevolgtrekking nie   te ontwikkel. Geen
                        oorspronklike       argument te          bewyse om die        grond van bewyse.   duidelik             poging om 'n
                        argument            verdedig. Poog om    argument te                              ondersteun deur      gevolgtrekking te
                        ontwikkel met       'n onafhanklike      ondersteun.                              bewyse nie.          maak nie.
                        bewyse. Argument    gevolgtrekking uit
                        deurgaans           die bewyse te
                        volgehou en         maak om die
                        verdedig.           argument te
                        Onafhanklike        ondersteun.
                        gevolgtrekking
                        gemaak uit
                        bewyse om die
                        argument te
                        ondersteun.
VLAK 7
Vraag is ten volle
beantwoord.
Inhoudskeuse ten             47–50                43–46
volle relevant tot
argument wat gevolg
is.
VLAK 6
Vraag is beantwoord.
Inhoudseleksie               43–46                40–42                38–39
relevant tot argument
wat gevolg is
VLAK 5
Vraag grotendeels
beantwoord. Inhoud           38–39                36–37                34–35               30–33                28–29
toereikend en
relevant.
VLAK 4
Vraag herkenbaar in
antwoord. Sommige                                                      30–33               28–29                26–27
weglatings of
irrelevante keuse van
inhoud.
VLAK 3
Keuse van inhoud hou
verband met vraag,
maar beantwoord dit                                                                        26–27                24–25                20–23
nie. Hou soms nie
verband met die vraag
nie. Weglatings.
VLAK 2
Vraag ontoereikend                                                                                              20–23                18–19                14–17
beantwoord. Inhoud
skraal.
VLAK 1*
Vraag ontoereikend
beantwoord of glad                                                                                                                   14–17                 0–13
nie. Ontoereikend of
irrelevante inhoud.

     *     Riglyne vir die toekenning van 'n punt in Vlak 1:

     •     Vraag glad nie beantwoord nie/ totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie =
           0
     •     Vraag sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie = 1–6
     •     Vraag ontoereikend en vaag beantwoord ; klein poging om die opstel te struktureer =                      7–13

     Kopiereg voorbehou                                                                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                              6                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                     NSS – Memorandum

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

VRAAG 1:         WAAROM HET DIE DUITSE DEMOKRATIESE REPUBLIEK IN 1961
                 BESLUIT OM DIE BERLYNSE MUUR TE BOU?

1.1
1.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
      • In 1948 is 'n aparte geldeenheid in Wes-Berlyn ingestel
      • In 1949 is die Wes-Duitse staat gestig
      • 1954 het Wes-Duitsland by NAVO aangesluit
      • 1958 het Wes-Berlyn besluite geneem oor atoomwapens                      (4 x 1) (4)

1.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
      • Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO)
      • Warskou-verdrag                                                          (2 x 1) (2)

1.1.3    [Interpretasie van inligting uit Bron 1A – V2]
        • Die muur was 'n vredesmaatreël omdat Oos-Duitsland Wes-Duitsland gesien
            het as 'n bedreiging van hulle veiligheid
        • 'n Groot aantal opgeleide werkers het Oos-Duitsland vir Wes-Duitsland verlaat
            en dit het beteken dat Wes-Berlyn gedreig het om die Oos-Duitse ekonomie te
            verlam (jaarlikse verlies van 3.5 miljoen mark)
        • Enige ander relevante antwoord                                       (2 x 2) (4)

1.1.4 [Evalueer die betroubaarheid van Bron 1A – V3]
      Kandidate moet aandui of die bron BETROUBAAR of NIE BETROUBAAR is
      nie en hulle antwoord met relevante bewyse ondersteun.

        BETROUBAAR
        • Die bron is geskryf deur die Oos-Duitse regering en dit skets hulle siening van
           die situasie in Oos-Duitsland
        • Die gebeure waarna verwys word in die uittreksel is uit hulle oogpunt feitelik
           korrek
        • Enige ander relevante antwoord

        NIE BETROUBAAR NIE
        • Die bron is spesifiek geskryf om die Oos-Duitse siening met betrekking tot die
           Berlynse Muur te gee
        • Die pamflet is in Engels (nie Duits nie) geskryf en is versprei in die Verenigde
           State van Amerika en Brittanje
        • Dit gee die Oos-Duitse redes vir die bou van die muur, maar gee geen ander
           perspektief nie
        • Die gebeure waarna verwys word in die uittreksel is feitelik korrek maar is deur
           Oos-Duitsland geïnterpreteer as dade van aggressie (selfs al was dit nie die
           geval nie)
        • Enige ander relevante antwoord
                                                                          (enige 2 x 2) (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                 7                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                        NSS – Memorandum

1.2
1.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
      • Glansende
      • Kapitalisme
      • Weelderig                                                             (enige 2 x 1) (2)

1.2.2 [Verduideliking van 'n historiese begrip uit Bron 1B – V1]
      • 'n Ekonomiese stelsel gebaseer op privaatbesit van produksiemiddele (grond,
         fabrieke, besighede)
      • 'n Ekonomiese stelsel wat aangevuur word deur die verhoging van profyt
      • Enige ander relevante antwoord                               (enige 1 x 2) (2)

1.2.3 [Interpretasie van inligting uit Bron 1B – V2]
      • Die VSA wou verseker dat Wes-Berlyn 'n rolmodel vir kapitalisme in Europa
          was
      • Om die lewensstandaard in Wes-Berlyn te verbeter
      • Om te verhoed dat Wes-Berlyners in die versoeking kom om na Oos-Berlyn te
          verhuis
      • VSA het hulle verbind om die vry mense van die wêreld te ondersteun via die
          Truman-leer en die Marshall-plan
      • Enige ander relevante antwoord                               (enige 2 x 2) (4)

1.2.4 [Interpretasie van inligting uit Bron 1B – V2]
      • Die lewenskwaliteit het geblyk beter in Wes-Berlyn te wees in vergelyking met
          Oos-Berlyn
      • Oos-Berlyn het 'n tekort gehad van die vryhede wat mense in Wes-Berlyn
          geniet het
      • Berlyn was 'n vrystad so meeste mense kon vrylik tussen die sektore beweeg
      • Hulle wou nie onder kommunistiese regering lewe nie
      • Enige ander relevante antwoord                                 (enige 2 x 2) (4)

1.2.5 [Onttrekking van inligting uit Bron 1B – V1]
      • Wes-Berlyn het 'n belangrike sentrum vir spioenasie en verspieding geword
      • Wes-Berlyn was gesetel 'diep binne die vyand se gebied'
      • Enige ander relevante antwoord                                (enige 2 x 1) (2)

1.3
1.3.1 [Analise van inligting in Bron 1C – V2]

       (a)
             •   Dit belowe 'n hoë lewensstandaard en lewenskwaliteit (heuning/ geld)
                 maar in werklikheid was dit nie die geval nie
             •   Enige ander relevante antwoord                                  (1 x 2) (2)

       (b)
             •   Lewe in Oos-Duitsland word uitgebeeld as gemaklik en het alles wat 'n
                 werker nodig het om te oorleef (geteken as bye wat in 'n roostuin bly)
             •   Enige ander relevante antwoord                                     (1 x 2) (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                               8                             DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                      NSS – Memorandum

1.3.2 [Ontdekking van eensydigheid in Bron 1C – V3]
      • Die spotprent is geproduseer en gepubliseer in Oos-Duitsland waar anti-
         kommunistiese opposisie stilgemaak is
      • Die prentjie stel lewe in Oos-Duitsland in 'n positiewe lig, dit is 'n teenstelling
         want Oos-Duitsers het in groot getalle uit Oos-Duitsland gevlug
      • Enige ander relevante antwoord                                        (enige 2 x 2) (4)

1.4
1.4.1 [Onttrekking van inligting uit Bron 1D – V1]
      • Groot getalle mense het uit Oos-Duitsland deur die oop grensgebied in Berlyn
         gevlug
      • Daar was onrus en ontevredenheid in die fabrieke
      • Enige ander relevante antwoord                                (enige 2 x 1) (2)

1.4.2 [Interpretasie van inligting uit Bron 1D – V2]
      • Ulbricht versoek toestemming van die Warskou-pakt lande om die grensgebied
          in Berlyn te sluit, vandaar sou vryheid en beweging beperk wees
      • Die Berlynse Muur is op 13 Augustus 1961 gebou
      • Enige ander relevante antwoord                                 (enige 2 x 2) (4)

1.5    [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
       Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit.

       •   Die Duitse Demokratiese Republiek het die 'anti-fasistiese muur' gebou omdat
           hulle geglo het dat die Westerse magte die vrede bedreig het (Bron 1A)
       •   Die Oos-Duitsers het Wes-Duitsland gesien as 'n bedreiging van veiligheid
           (Bron 1A)
       •   Die optrede van die Westerse moondhede in Berlyn en Wes-Duitsland is gesien
           as dade van aggressie (Bron 1A)
       •   Groot getalle opgeleide professionele persone het Oos-Duitsland via die
           vrystad Berlyn verlaat (Bron 1A en 1D)
       •   In die konteks van toenemende Koue Oorlog-spanning het die muur militêre
           konflik tussen opponerende magte verhoed (Bron 1A)
       •   Westerse magte het probeer om Oos-Duitse werkers aan te moedig om na die
           Weste te vlug/ het hulle met beloftes van 'n beter lewenskwaliteit gelok (Bron
           1C)
       •   Die Weste het Wes-Berlyn gebruik as 'n sentrum vir spioenasie om op Oos-
           Duitsland te spioeneer en om anti-kommunistiese propaganda te versprei (Bron
           1B)
       •   Die Duitse Demokratiese Republiek het die Berlynse Muur gebou om te
           voorkom dat mense Oos-Duitsland via Oos-Berlyn verlaat (Bron 1B)
       •   Kommunisme is as 'n minder aanloklike lewenswyse as kapitalisme beskou
           (Bron 1B en 1C)
       •   Oos-Duitsers/Berlyners was meer aangetrokke tot die beter lewenskwaliteit in
           kapitalistiese Wes-Berlyn (Bron 1B en 1D)
       •   Die Oos-Duitse ekonomie was in die gevaar om ineen te stort omdat so baie
           geskoolde en professionele mense probeer het om na die Weste te gaan (Bron
           1A, 1C en 1D) so 'n muur was die enigste manier om die uitstroming te stop
       •   Die Oos-Duitsers het probeer om grond te kollektiviseer en privaat eienaarskap
           te voorkom wat daartoe gelei het dat mense na die Weste gevlug het
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                              9                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                     NSS – Memorandum

       •   Die outoritêre regime en 'n gebrek aan vryheid in Oos-Duitsland het veroorsaak
           dat mense na die Weste gevlug het, die muur het hierdie uitstroming van
           mense gekeer (Bron 1B en 1D)
       •   Enige ander relevante antwoord

Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:

                 •   Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon geen of
 VLAK 1              min begrip oor waarom die Duitse Demokratiese Republiek           PUNTE
                     besluit het om die Berlynse Muur in 1961 te bou.                   0–2
                 •   Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie.
                 •   Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot mate verband
 VLAK 2              met die onderwerp bv. toon begrip oor waarom die Duitse           PUNTE
                     Demokratiese Republiek besluit het om die Berlynse Muur            3–5
                     in 1961 te bou.
                 •   Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf.
                 •   Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer 'n deeglike
                     begrip oor waarom die Duitse Demokratiese Republiek
 VLAK 3              besluit het om die Berlynse Muur in 1961 te bou.                  PUNTE
                 •   Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf       6–8
                     en toon begrip van onderwerp.
                                                                                         (8)
                                                                                        [50]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                             10                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                    NSS – Memorandum

VRAAG 2:         WAAROM HET SUID-AFRIKA EN KUBA NA 1975 BY DIE KOUE
                 OORLOG IN ANGOLA BETROKKE GERAAK?

2.1
2.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
      • Rusland
      • Kuba                                                                  (2 x 1) (2)

2.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
      • Russe en Kubane gaan Angola binne
      • Russe en Kubane het in die sake van Angola ingemeng
      • Russe en Kubane het die mense van Angola onderdruk
      • Vorster wou voorkom dat Kuba en die MPLA beheer oorneem van die damme
         tussen Ruacana and Caleque                            (enige 3 x 1) (3)

2.1.3 [Vergelyking van bewyse en die vasstelling van verskille tussen die bewerings      in
      Bron 2A – V3]
      • Vorster het beweer dat dit die betrokkenheid van Rusland en Kuba in Angola
         was wat aanleiding gegee het tot Suid-Afrika se ingryping in Angola
         (paragraaf 1)
         terwyl Liebenberg en Spies aangedui het dat dit Suid-Afrika se begeerte was
         om te voorkom dat 'n vyandige MPLA regering beheer in Angola oorneem
         (paragraaf 2)
      • Vorster het aangedui dat Suid-Afrika ingegaan het om te voorkom dat Kuba en
         die MPLA beheer oor die damme neem (paragraaf 1)
         terwyl Liebenberg en Spies aandui dat dit nie die Russe en Kubane was wat
         geïnteresseerd was in die damme, maar eerder SWAPO (paragraaf 2)
      • Vorster het beweer dat die Russe en Kubane die mense van Angola ondermyn
         en onderdruk het (paragraaf 1)
         terwyl Liebenberg en Spies aandui dat daar amper geen Russe en net 'n paar
         Kubane in die land was toe Suid-Afrika Angola ingeval het (paragraaf 2)
      • Enige ander relevante antwoord                                 (enige 2 x 2) (4)

2.1.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
      • President Kaunda
      • President Mobutu                                                       (2 x 1) (2)

2.2
2.2.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]
      • Kubaanse ingryping was van 'n militêre aard soos getoon deur die geweer in
          Castro se hande en die uniform wat hy aanhet
      • Rusland het Kuba beheer en hulle gedwing om in te gryp soos getoon deur die
          opwensleutel op Castro se rug
      • Enige ander relevante antwoord                             (enige 2 x 2) (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                               11                             DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                      NSS – Memorandum

2.2.2      [Evaluering van die beperkings van Bron 2B – V3]
           • Die spotprent kan eensydig wees want dit gee slegs 'n Amerikaanse
               kunstenaar se siening
           • Die spotprent toon slegs die Kubaanse en USSR ingryping in Angola,
               terwyl Suid-Afrika en ander lande ook betrokke was in die Angolese oorlog,
               maar nie getoon word nie
           • Die USSR word getoon as die dryfveer agter Kuba, geen vermelding word
               gemaak van Amerika se rol in die ondersteuning van Suid-Afrika se
               ingryping in Angola
           • Enige ander relevante antwoord                              (enige 2 x 2) (4)

2.3
2.3.1      [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
           • Bitter/ongelukkig                                                       (1 x 2) (2)

2.3.2      [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C - V2]
           • Die VSA speel 'n belangrike rol in die verskaffing van wapens en inligting
                die SAW en as Vorster sou praat oor die VS se bystand kon Suid-Afrika sy
                versterking en ondersteuning verloor
           • Die VS regering kon gekritiseer word op die internasionale verhoog
                vanweë sy ondersteuning aan die apartheid regime
           • Amerikaanse burgers was nie ingelig oor die rol wat hulle regering in die
                Koue Oorlog in Angola gespeel het
           • Die Suid-Afrikaanse regering wou nie die vertroulikheid van sy
                kommunikasie met die VS regering verbreek nie
           • Enige ander relevante antwoord                             (enige 2 x 2) (4)

2.3.3      [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
           • Toe Vorster gekonfronteer is deur die bewering dat die VSA versoek het
               dat Suid-Afrika help in Angola het hy gesê dat, 'as jy die stelling maak, sal
               ek dit nie ontken nie.'
           • Toe Vorster gekonfronteer is deur die beskuldiging dat Kissinger die groen
               lig gegee het vir Suid-Afrika se militêre operasie in Angola het hy
               geantwoord dat, 'As jy dit uit jou eie uit sê, gaan ek jou nie 'n leuenaar
               noem nie.'                                                            (2 x 1) (2)

2.3.4     [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2]
           • Sommige Afrika-presidente het nie die kommunistiese ideologie
               ondersteun nie
           • Sommige Afrika-presidente het nie die MPLA-regering in Angola
               ondersteun nie
           • Sommige Afrika presidente het alleenlik die SAW se ingryping om UNITA
               en die FNLA te help ondersteun
           • Enige ander relevante antwoord                           (enige 2 x 2) (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                             12                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                    NSS – Memorandum

2.4
2.4.1      [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D – V1]
           • Zaïre                                                               (1 x 1) (1)

2.4.2      [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D - V2]
           • Castro het geglo dat Amerika Zaïre die opdrag gegee het om troepe
               na Angola te stuur
           • Castro het geglo dat Amerika Suid-Afrika die opdrag gegee het om troepe,
               tenks en artillerie na Angola te stuur
           • Enige ander relevante antwoord                                  (2 x 2) (4)

2.4.3      [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2]
           • MPLA was 'n kommunisties georiënteerde regering
           • Om Kubaanse belange in Angola te beskerm
           • Die Angolese gewapende magte (FAPLA) was nie in staat om die Suid-
               Afrikaanse troepe se inval te voorkom nie
           • Enige ander relevante antwoord                         (enige 2 x 2) (4)

2.4.4      [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D – V1]

           (a)
           • Angolese 'patriot'                                               (1 x 1) (1)

           (b)
           • Suid-Afrikaanse 'rassiste'                                          (1 x 1) (1)

2.5        [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]

             Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit.
           • Volgens Vorster het Suid-Afrika in die Koue Oorlog in Angola deelgeneem
             as gevolg van die USSR en Kuba se betrokkenheid (Bron 2A)
           • Volgens Vorster het Suid-Afrika in die Koue Oorlog in Angola ingegryp as
             gevolg van die bedreiging van die damme tussen Ruacana en Caleque
             (Bron 2A)
           • Suid-Afrika het betrokke geraak as gevolg van die bedreiging van 'n
             vyandige MPLA regering (Bron 2A)
           • Suid-Afrika het in Angola ingegryp om die FNLA en UNITA te ondersteun
             (Bron 2A)
           • Volgens Fidel Castro het Suid-Afrika in Angola ingegryp in antwoord op 'n
             versoek deur die VSA (Bron 2C)
           • Suid-Afrika het ander 'gematigde Afrika presidente' wat teen die MPLA
             regering in Angola geveg het, ondersteun (Bron 2D)
           • Volgens Vorster het Kuba betrokke geraak in Angola om die land te
             onderwerp en die mense deur kommunisme te onderdruk (Bron 2A)
           • Kuba het betrokke geraak om kommunisme in Afrika te versprei (eie kennis)
           • Die USSR het Kuba beveel om in die Koue Oorlog in Angola deel te neem
             (Bron 2B)
           • Volgens Castro is Cuba deur die MPLA versoek om te help om Suid-Afrika
             se inval in Angola te keer (Bron 2D)
           • Enige ander relevante antwoord.
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                               13                        DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                      NSS – Memorandum

Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:

                 •   Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon geen of
 VLAK 1              min begrip oor waarom Suid-Afrika en Kuba na 1975 in die           PUNTE
                     Koue Oorlog in Angola betrokke geraak het.                          0–2
                 •   Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie.
                 •   Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot mate verband
 VLAK 2              met die onderwerp bv. toon begrip oor waarom Suid-Afrika PUNTE
                     en Kuba na 1975 in die Koue Oorlog in Angola betrokke               3–5
                     geraak het.
                 •   Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf.
                 •   Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer 'n deeglike
                     begrip oor waarom Suid-Afrika en Kuba na 1975 in die
 VLAK 3              Koue Oorlog in Angola betrokke geraak het.                         PUNTE
                 •   Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf        6–8
                     en toon begrip van onderwerp.
                                                                                    (8)
                                                                                   [50]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                              14                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                     NSS – Memorandum

VRAAG 3:         HOE HET AMERIKANERS OP DIE INTEGRASIE VAN CENTRAL HIGH
                 SCHOOL IN LITTLE ROCK, ARKANSAS, IN 1957 GEREAGEER?

3.1
3.1.1      [Verduideliking van 'n historiese begrip uit Bron 3A – V1]
           • 'n Proses wat swart Amerikaanse leerders toelaat om Central High School
              saam met wit Amerikaanse leerders by te woon
           • 'n Proses om Central High School te desegregeer sodat swart Amerikaanse
             leerders die skool kan bywoon
           • 'n Proses wat segregasie by Central High School, 'n voormalige eksklusief
             slegs blanke skool te beëindig, deur die insluiting van swart Amerikaanse
             leerders toe te laat
           • Enige ander relevante antwoord                                (enige 1 x 2) (2)

3.1.2      [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
           • Dit het 'n groep gekwalifiseerde en vooraf gekose swart Amerikaanse
             leerders by Central High School ingeskryf
           • Dit het besluit om Central High School vanaf 1957 te integreer soos beveel
             is deur die Hooggeregshof beslissing                             (1 x 2) (2)

3.1.3      [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – V2]
           • Om swart Amerikaanse leerders as mede leerders te aanvaar
           • Om hulle te weerhou daarvan om rusie te veroorsaak of die skool te ontwrig
           • Om hulle te weerhou daarvan om die risiko te neem om gearresteer te word
               vir wanordelike gedrag
           • Om op hulle studies te konsentreer en nie betrokke te raak in ontwrigtende
               insidente by die skool nie
           • Enige ander relevante antwoord                                    (2 x 2) (4)

3.1.4    [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A– V2]
          • 'Ons kan dit doen indien elke leerling en onderwyser ons besigheid by
              hierdie skool – leer en onderrig, met stilswye sal doen'       (1 x 2) (2)

3.2
3.2.1      [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V2]
           • Om te toon dat wit Amerikaanse leerders teen integrasie by Central High
               School was
           • Om te toon dat wit Amerikaners die integrasie van Central High School
               afkeur en nie bereid was om hulle onderwyshulpmiddels te deel nie
           • Enige ander relevante antwoord                             (enige 2 x 2) (4)

3.2.2      [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V2]
           • Om die besluit wat deur die skoolraad geneem is – om die skool te
               desegregeer, uit te daag
           • Om teen die desegregasie van Central High School te protesteer
           • In protes teen die teenwoordigheid van swart Amerikaanse leerders by
               Central High School
           • Enige ander relevante antwoord                           (enige 1 x 2) (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                              15                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                     NSS – Memorandum

3.3        [Evalueer die verskille tussen Bron 3A en 3B – V3]
            • Bron 3A beweer dat leerders gewaarsku is om nie enige wanorde of
              verwarring te veroorsaak nie maar in Bron 3B word konserwatiewe
              Amerikaanse wit leerders gesien wat chaos by die skool veroorsaak deur in
              protes teen integrasie van Central High School uit te marsjeer
            • Bron 3A dui aan dat betogings beskou sou word as minagting van die
              hofbevel, maar Bron 3B toon konserwatiewe wit Amerikaanse leerders by
              Central High School wat betoog teen die integrasie by Central High School
            • Bron 3A versoek dat leerders die reputasie van Central High School
              onderhou as 'n toonaangewende openbare skool, maar die 'insident' in Bron
              3B het die reputasie van die skool vernietig
            • Enige ander relevante antwoord                              (enige 2 x 2) (4)

3.4
3.4.1      [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – V1]
            • Sy het dit van die eerste dag af in die Algebra klas duidelik gemaak dat sy
              geen teenkanting teen integrasie sou duld nie                      (1 x 1) (1)

3.4.2      [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – V1]
           • Sy het haar handboek met Roberts gedeel
           • Sy het haar 'haar bank langs myne geskuif en ons het haar boek gedeel'
           • Sy was vriendelik met swart Amerikaanse leerders                (3 x 1) (3)

3.4.3      [Interpretasie van bewyse in Bron 3C – V2]
           • Central High School is gereserveer vir wit Amerikaanse leerders en met die
               toelating van swart Amerikaanse leerders is die sosiale kode geskend.
           • Enige ander relevante antwoord                               (enige 1 x 2) (2)

3.4.4      [Evaluering van die bruikbaarheid van Bron 3C – V3]
           Die bron is bruikbaar omdat:
           • Dit 'n uittreksel is wat die daadwerklike woorde van Terrence J Roberts
              bevat
           • Dit 'n verslag is van iets wat in een van Roberts se klasse gebeur het en
              nuwe insig gee oor die gebeure wat by Central High School plaasgevind het
           • Dit insig gee in die daaglikse ondervindinge van die Little Rock Nine by
              Central High School
           • Dit die effek wat rasse diskriminasie op swart Amerikaanse leerders gehad
              het aandui
           • Die inligting ooreenkom met ander bronne oor dieselfde onderwerp
           • Enige ander relevante antwoord                               (enige 2 x 2) (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                16                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                       NSS – Memorandum

3.5
3.5.1      [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]
           • Dit sou onmoontlik wees vir wit Amerikaners om te sê dat swart
              Amerikaners nooit by Central High School gegradueer het nie
           • Hy was die eerste swart Amerikaner ooit wat by Central High School
              gegradueer het
                                                                        (enige 2 x 1) (2)
3.5.2      [Analise van bewyse uit Bron 3D – V2]
            • Hy was die eerste swart Amerikaanse leerder wat na integrasie by Central
              High School gegradueer het
            • Sy graduering het geïmpliseer dat desegregasie by Central High School 'n
              suksesstorie was
           • Enige ander relevante antwoord                             (enige 2 x 2) (4)

3.5.3      [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]
           • Daar was 'n onheilspellende stilte
           • Niemand het geklap nie                                                 (2 x 1) (2)

3.5.4      [Analise van bewyse in Bron 3D – V2]
           • Hy het gevoel dat hy sy doel bereik het
           • Hy het nie omgegee of die wit Amerikaanse gehoor applous gee
              vir sy sukses nie
           • Hy het nie omgegee dat sy prestasies nie erken is nie
           • Hy wou die skool so gou as moontlik verlaat want hy het sy doel bereik
           • Enige ander relevante antwoord                                   (2 x 2) (4)

3.6        [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
           Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit:

            •    Wit Amerikaanse leerders is gewaarsku om nie wanorde of betogings by
                 Central High School te veroorsaak nie (Bron 3A)
            •    Hulle het die skoolbulletin wat gedien het as 'n riglyn oor hoe leerders hulle
                 self moes handhaaf, ondermyn (eie kennis)
            •    Ongeveer 60-75 konserwatiewe wit Amerikaanse leerders het uit die skool
                 gemarsjeer in protes teen die integrasie van Central High School op 3
                 Oktober 1957 (Bron 3B)
            •    Wit Amerikaanse leerders in 'n Algebra klas het die teenwoordigheid van 'n
                 swart Amerikaanse leerder, Terrence Roberts, aanvaar (Bron 3C)
            •    'n Wit Amerikaanse leerder, Robin Woods, het haar handboeke met 'n
                 swart Amerikaanse leerder gedeel (Bron 3C)
            •    Wit Amerikaanse ouers het nie vir Ernest Green gelukgewens toe hy
                 gegradueer het en sy diploma ontvang het in Mei 1958 (Bron 3D)
            •    Swart Amerikaners het die integrasie van Central High School as a
                 oorwinning vir die Burgerregtebeweging beskou (eie kennis)
            •    Enige ander relevante antwoord

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                               17                        DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                      NSS – Memorandum

Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:

                 •   Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon geen of
 VLAK 1              min begrip oor hoe Amerikaners reageer het op die                  PUNTE
                     integrasie van Central High School in Little Rock in 1957.          0–2
                 •   Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie.
                 •   Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot mate verband
 VLAK 2              met die onderwerp bv. toon begrip oor hoe Amerikaners PUNTE
                     reageer het op die integrasie van Central High School in            3–5
                     Little Rock in 1957.
                 •   Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf.
                 •   Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer 'n deeglike
                     begrip oor hoe Amerikaners reageer het op die integrasie
 VLAK 3              van Central High School in Little Rock in 1957.                    PUNTE
                 •   Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf        6–8
                     en toon begrip van onderwerp.
                                                                                    (8)
                                                                                   [50]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                            18                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                   NSS – Memorandum

AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4

[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]

SINOPSIS
Kandidate moet aandui hoe die Noord-Viëtnamese (Viëtminh) die Nasionale Vryheidsfront
(Viëtkong) ondersteun het om hulle land te bevry van Amerikaanse ingryping. 'n Analise
oor hoe die Viëtkong in staat was om die VS weermag te oorwin moet gedoen word. Die
taktieke en strategieë wat gebruik is deur die VSA se weermag en die Viëtminh tesame
met die Viëtkong (Nasionale Vryheidsfront) gedurende die oorlog moet geskets word en
ook uitgelig word.
HOOFASPEKTE
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit:
• Inleiding: Kandidate moet hierdie bewering krities bespreek en 'n geskikte argument
  volg.
UITBREIDING

Doel van die Viëtminh en die Viëtkong in die verdediging van Viëtnam
• Viëtnamese was verenig/patrioties/nasionalisties in die verdediging van hulle land teen
  die VS
• Noord-Viëtnam het militêre ondersteuning van die USSR en Sjina ontvang en daarom
  het die Viëtminh en die Viëtkong toegang gehad tot moderne wapens
• Guerrilla oorlogvoering is effektief gebruik deur die Viëtkong, ondersteun deur
  Viëtminh van die noorde en het taktieke soos lokvalle, ondergrondse tonnels, tref en
  trap en sabotasie gebruik
• Sterk leierskap in die Viëtkong onder Giap, het tot verdedigende aanvalle op die VS
  weermag gelei
• Tet offensief (1968) is deur Viëtminh en Viëtkong teen stedelike sentrums en VSA
  basisse regdeur Viëtnam geloods
• Die plaaslike Viëtnamese bevolking het die Viëtkong ondersteun om hulle land te
  bevry
• Ho Chi Minh Trail is gebruik deur Viëtminh (noord) om die Viëtkong te ondersteun in
  die Suide
• Die Viëtkong verhoog sy ondersteuningsbasis as gevolg van die taktieke wat teen VS
  soldate gebruik is
• Enige ander relevante antwoord

 Doel van die VSA in Viëtnam
• Ingegryp in Viëtnam om die verspreiding van kommunisme na Asië te stop/ oorlog
   teen die domino effek
• 'Villagisation' (1963) (VSA en Suid-Viëtnam regering het nuwe dorpe gestig en
   probeer om dorpenaars van guerrillas te skei) wat 'n mislukking was
• Golf van Tonkin Resolusie (1964) het President Johnson wye militêre mag gegee wat
   gelei het tot die uitbreiding van oorlogvoering
• Die VSA onderneem massa lug bombardering 'Operasie Rolling Thunder'
   (konvensionele oorlogvoering)
Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                            19                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                   NSS – Memorandum

•   'Operasie Ranch Hand' (het chemikalieë gebruik om woude (Agent Orange) en
    gesaaides (Agent Blue) te verwoes
•   Die VSA het jong en onervare soldate na Viëtnam gestuur
•   Die VS gebruik soek en vernietig missies (My Lai slagting) om dorpe ondersteun deur
    die Viëtkong uit te roei en wat lei tot groot burgerlike sterftes
•   Die rol van die media, studente en ontwapeningsbewegings plaas druk op die VS
    regering om uit Viëtnam te onttrek
•   President Nixon se Viëtnamiseringsbeleid/ insluitend WHAM (Winning the hearts and
    minds of the Viëtnamese) was 'n poging deur die VSA om van die oorlog te onttrek om
    hulle aansien te red
•   Die VSA het alle troepe teen 1973 uit Viëtnam onttrek en Noord-Viëtnam neem beheer
    oor Saigon in 1975 wat lei tot Viëtnam wat onder kommunistiese regering verenig is
•   Enige ander relevante antwoord

•   Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante slot saamvat
                                                                                      [50]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                            20                         DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                   NSS – Memorandum

VRAAG 5

[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]

SINOPSIS
In hierdie opstel moet kandidate verduidelik hoe die leierskap van Mobutu Sese Seko en
Julius Nyerere 'n impak op politieke en ekonomiese ontwikkeling in die 1960's
respektiewelik in die Kongo en Tanzanië gehad het. Hulle moet relevante ekonomiese en
politieke voorbeelde gee om hulle argument te ondersteun.

HOOFASPEKTE
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit:
• Inleiding: Kandidate moet hulle argument vasstel deur te verduidelik tot watter mate
   die leierskapkwaliteite van Mobutu Sese Seko en Julius Nyerere 'n impak gehad het
   op die politieke en ekonomiese ontwikkeling respektiewelik in die Kongo en Tanzanië.

UITBREIDING

Politieke stabiliteit
Eenderse leierskapkwaliteite
• Beide die Kongo en Tanzanië was onder Europese koloniale regering tot die vroeë
    1960's
• Nadat veelparty verkiesings gehou is teen onafhanklikheidswording het beide lande
    binne die eerste vyf jaar van onafhanklikheid eenpartystate geword
• Beide lande het aangehou om verkiesings te hou
• Beide leiers benadruk die belangrikheid van die Afrikanisasie van hulle politieke
    sisteme (hulle beskou demokrasie as 'onafrikaans' en 'n Westerse instelling)
• Beide Sese Seko en Nyerere was trots daarop om hulle nasies te bou en het die trots
    om 'n Zaïrees of Tanzaniër te wees flink bevorder
• Die leiers van beide lande het 'lewenslange presidente' gebly tussen die 1960's en
    1970's
• In beide lande is opposisie leiers stilgemaak, gevange geneem en in sommige gevalle
    vermoor om 'stabiliteit' te behou
• Enige ander relevante antwoord

Verskillende leierskapkwaliteite
• Mobutu Sese Seko skep 'n kleptokrasie waar 'n groep aangestelde openbare
   amptenare hulle posisie uitgebuit het vir finansiële gewin terwyl Nyerere die
   'Leierskapkode' in die Arusha Verklaring, wat hoë vlakke van integriteit van openbare
   amptenare vereis het, ingestel het
• Mobutu Seso Seko was uitspattig en het duur klere geniet en het vir hom paleise
   gebou terwyl Nyerere se leierskapstyl een van persoonlike integriteit en nederigheid
   was
• Mobutu Sese Seko het hom vereenselwig met die Weste terwyl Nyerere 'n beleid van
   onverbondenheid met albei kapitalistiese of kommunistiese lande aangeneem het
• Enige ander relevante antwoord

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                            21                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                   NSS – Memorandum

Ekonomiese ontwikkeling
Eenderse leierskapkwaliteite
• Beide land het swaar op landbou en minerale ontginning gesteun en nie een land was
  in staat om te ontwikkel in 'n geloofwaardige vervaardigingsektor nie
• Nie een van die twee lande het 'n betekenisvolle styging in die lewenstandaard van
  die meerderheid van hulle mense gesien nie
• Beide lande ondervind 'n ekonomiese krisis en maak daarom staat op buitelandse
  bystand/ hulp
• Enige ander relevante antwoord

Verskillende leierskapkwaliteite
• Mobutu Sese Seko het aanvanklik nywerhede genasionaliseer met sy beleid van
   Zaïrenasie maar toe dit misluk het, het hy 'n kapitalistiese model aangeneem terwyl
   Nyerere 'n model van Afrika-sosialisme (soos uiteengesit in die Arusha Verklaring)
   wat tot die nasionalisering van besighede en grond gelei het, aangeneem het
• Mobutu Sese Seko het bystand, belegging en finansiële ondersteuning van die Weste
   (bv. VSA en Frankryk) aanvaar terwyl Nyerere aanvanklik gekant was teen
   buitelandse bystand en dit beskou het as neokolonialisme
• Mobutu stig 'n nuwe klas elite ondersteuners terwyl Nyerere probeer om Tanzanië
   van klasseskeiding te bevry
• Enige ander relevante antwoord

•   Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante slot saamvat
                                                                                      [50]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                            22                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                   NSS – Memorandum

VRAAG 6

[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]

SINOPSIS
Kandidate moet die rol wat die Black Panther-party (en andere) gespeel het in die
opkoms van 'Swartmag' in die VSA in die 1960's verduidelik. Kandidate moet aandui dat
die Black Panther-party nie alleen verantwoordelik was vir die opkoms van 'Swartmag' in
die VSA in die 1960's nie.

HOOFASPEKTE
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit:
• Inleiding: Kandidate moet aandui dat die Black Panther-party nie alleen
  verantwoordelik was vir die opkoms van 'Swartmag' in die VSA in die 1960's nie.

UITBREIDING

Die filosofie van die Swartmagbeweging
• Het geglo in konsepte soos selftrots, selfwaarde/selfrespek/selfhulp wat in swart
   Amerikaners ingeboesem moet word
• Beginsels van Swartmag (doen dinge self; beheer politiek in hulle gemeenskappe;
   wees trots op hulle eie kultuur en verdedig hulle self) teen rasse onderdrukking en
   manipulasie
• Bevordering van swart belange en sorge
• Die filosofie van Swartmag het as 'n poging om swak lewensomstandighede van swart
   Amerikaners aan te spreek opgekom
• Enige ander relevante antwoord

Die rol van die Black Panther-party
• Die Black Panther-party (BPP) is in 1966 deur Bobby Searle en Huey Newton gestig
• BPP was betrokke in die instelling en ondersteuning van Swartmagprogramme, i.e.
   gemeenskapsprogramme en voedingskemas (anti-armoede-sentrums); onderneem
   programme wat verantwoordelik was vir die verdediging van swart Amerikaners teen
   polisie brutaliteit; het op sosio-ekonomiese toestande van swart Amerikaners gefokus
   en het ook verskeie gemeenskap oorlewingsprogramme aan die gang gesit
• Die Tien Punt-plan het gedien as die manifes van die Black Panthers en het hulle
   maatskaplike, politieke en ekonomiese doelwitte en mikpunte bevat
• Die Tien Punt-plan se doelwit was om te verseker dat swart Amerikaners gelyke
   onderwys, behuising, werkverskaffing en burgerregte verkry deur die versoek vir
   vryheid, volle indiensneming, behoorlike behuising, die behoefte om die werklike
   geskiedenis van swart Amerikaners te leer, polisie brutaliteit te beëindig, moorde op
   swart Amerikaners te beëindig en gratis gesondheidsorg
• Die Black Panther-party het betrokke geraak in straatpatrollies; het polisieaktiwiteite
   gemonitor en hulleself beskerm deur gewere te dra (militante benadering) om die
   aanhoudende polisie brutaliteit en teistering van jong stedelike swart Amerikaanse
   mans te stop
• Enige ander relevante antwoord

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
History/P1                                  23                          DBE/Feb.- Mar. 2016
                                     NSC – Memorandum

Die rol van Malcolm X:
• Malcolm X het geglo in swart afsondering/skeiding en selfbeskikking (swart
   nasionalisme) hy het selfrespek en selfdissipline bepleit
• Vra vir selfgelding (aggressiwiteit) in hulle rewolusie teen onderdrukking bv.
   rasseopstande in Watts, Detroit
• Wou hê dat swart Amerikaners opstaan teen wit owerhede en outoriteit in die strewe
   na vryheid, geregtigheid en gelykheid 'deur watter maniere ook al noodsaaklik is'
• Bevorder die gebruik van geweld as 'n manier van verdediging teen diegene wat swart
   Amerikaners aanval
• Die Black Panther-party het Malcolm X se opvatting van eenheid onder die
   internasionale werkersklas gevolg
• Enige ander relevante antwoord

Die rol van Stockely Carmichael:
• Hy het in 1966 die voorsitter van SNCC (Student Non-violent Coordinating Committee)
   geword en besluit om die leringe van die Swartmagbeweging te aanvaar
• Het nie 'Swartmag' uitgevind nie, maar het dit gewild gemaak
• In 1966 het hy die Swartmag slagspreuk 'Black is beautiful' gewild gemaak en het
   'Swart trots' bevorder
• Hy het geglo dat die strategie van geweldloosheid misluk het vanweë die
   aanhoudende geweld wat deur wit Amerikaners teenoor swart Amerikaners gebruik is
• Hy is 'n voorstander daarvan dat 'wit liberales' uitgesluit word in die filosofie van swart
   Amerikaners
• Was ten gunste van Afrikadrag en Afrikahaarstyle as 'n simbool van swart trots
• Carmichael het by die Black Panther-party (vir selfverdediging), wat die filosofie van
   Swart Mag in werking gestel het, aangesluit
• Hy is verkies as 'erepremier' van die Black Panther-party
• Enige ander relevante antwoord

•   Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante slot saamvat
                                                                                       [50]

                                                                        TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [History P1 Feb March 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-feb-march-2016-eng/7ecc30b3-80b2-4d62-9b4f-c007ce026be2) — History · QP · 2016 · Eng
- [History P1 Feb March 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-feb-march-2017-memo-eng/85076440-4ade-42cf-9119-7e4e53348597) — History · Memo · 2017 · Eng
- [History P2 Feb March 2016 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-feb-march-2016-addendum-afr/6a196821-c522-4441-9d67-c264e9c098da) — History · Addendum · 2016 · Afr
- [History P2 Feb March 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-feb-march-2016-afr/901c249b-624d-4511-bef8-ab7afe9f9bab) — History · QP · 2016 · Afr
- [Hist P1 Qp Eng Jun2016](https://www.hlayiso.com/library/hist-p1-qp-eng-jun2016/5fb99958-5825-4cdd-b57e-5dbe452d63f2) — History · QP · 2016 · Eng
- [Hist P1 Adde Eng Jun2016](https://www.hlayiso.com/library/hist-p1-adde-eng-jun2016/f33abed9-3abf-4480-be70-88f3a0d2fcc2) — History · QP · 2016 · Eng

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 History P1 (English) 2024 Question Paper X05](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-history-p1-english-2024-question-paper-x05/7b41ec15-3856-4a67-a9db-cedd424e51c5) — QP · 2024 · Eng
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2024-afrikaans/e7a9d6cf-de1b-4007-b7b2-b4d762b2fa10) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
