# History Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 Addendum (Afr)

> Grade 12 History Paper 1 addendum from the NSC Supplementary Exam 2017 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-feb-march-2017-addendum-afr/c2513c41-66bb-4e33-aad7-e8a4c015626b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Addendum
- Year: 2017
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 Addendum (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-feb-march-2017-addendum-afr/c2513c41-66bb-4e33-aad7-e8a4c015626b)

## About this document

History · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2017. Addendum, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                                 GESKIEDENIS V1

                            FEBRUARIE/MAART 2017

                                    ADDENDUM

                       Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                               2                                 DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                      NSS – Addendum

VRAAG 1:         HOE HET DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA EN DIE
                 SOWJETUNIE NA 1945 OP DIE EKONOMIESE KRISIS IN EUROPA
                 GEREAGEER?

BRON 1A

Die uittreksel hieronder fokus op die redes vir die Marshall-plan (VSA) en die ROEB
('COMECON') (USSR).

Die Marshall-plan (of die Europese Herstelprogram) was 'n direkte gevolg van
die Inperkingsbeleid/Stuitingsbeleid. Dit was 'n ekonomiese en maatskaplike
rekonstruksieplan (heropbouplan) vir Europa wat ontwerp is om herstel te bespoedig in
die lande wat steeds onder die gevolge van die Tweede Wêreldoorlog gely het. Die
plan is vernoem na die Minister van Buitelandse Sake ('Secretary of State'),
George Marshall, wat in 1947 die teorie agter die plan in 'n aanvangsrede by Harvard
voorgelê het. Hy (George Marshall, Minister van Buitelandse Sake,) het geglo dat
ekonomiese stabiliteit die sleutel tot politieke stabiliteit en die onderdrukking van
Sowjetinvloed in Europa was.

Nadat samesprekings begin is om die plan in werking te stel, is al die Geallieerdes en
ook die Sowjetunie (in 'n poging om Stalin se vertroue te wen) na 'n vergadering in
Parys genooi om oor die bepalings van Amerikaanse hulp aan Europa te onderhandel.
Dit was geen verrassing dat Stalin uiters skepties (twyfelagtig) oor die plan was nie en
geglo het dat dit 'n antiSowjet-blok sou skep. Alhoewel die hulp vir alle Europese lande
beskikbaar was, het Stalin diegene onder sy Oosblok beveel om Amerikaanse hulp te
verwerp en 'n Sowjetplan as 'n teenvoeter vir die Marshall-plan geskep.

President Truman het in 1948 die Kongres gevra om die implementering van die
Marshall-plan in 16 Wes-Europese lande te fasiliteer. Hulp onder die Marshall-plan het
eerstens na Griekeland en Turkye gegaan sodat hulle kon voortgaan om
kommunistiese invloed daar te verpletter … Die Marshall-plan se geld is meestal
gebruik om Amerikaanse invoere, soos voedsel en brandstof, te koop aangesien
plaaslike bronne deur die oorlog vernietig is …

Die Raad vir Onderlinge Ekonomiese Bystand ('COMECON') is in 1949 deur die
Sowjetunie, Bulgarye, Pole, Roemenië, Tsjeggo-Slowakye en Hongarye gestig. Dit
was die Sowjetunie en die Oosblok se reaksie op die Marshall-plan en die Organisasie
vir Europese Ekonomiese Samewerking in Wes-Europa.

                                    [Uit http://europe.unc.edu/teaching/ces-produced/cold-war-2/.
                                                             Toegang op 25 Oktober 2015 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                       3                                   DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                              NSS – Addendum

BRON 1B

Hierdie uittreksel fokus op Everett Bellows se siening van die Marshall-plan. Hy was
die Assistent Uitvoerende Beampte verantwoordelik vir die implementering van die
Marshall-plan.

Dit was vanselfsprekend die grootse en oorspronklike inisiatief. Dit was ongehoord –
sover ek weet, en ek lees 'n bietjie geskiedenis – vir enige land wat die oorwinning
behaal het, om in te gaan en die slagvelde weer op te bou en die ekonomie opnuut
saam te stel (wysig); dit is met 'n tweeledige doel gedoen. Die onmiddellike
begunstigdes (ontvangers), die Europeërs, het die hulp nodig gehad. Tweedens, uit die
Amerikaanse oogpunt, was dit belangrik dat hulle nie ineenstort en binne die
Sowjetunie se invloedsfeer verval nie. Daar was dus heelwat politieke oogmerke
daaragter.

Die ander ding wat mense oor die Marshall-plan moet weet, is dat die Europeërs self
die werk gedoen het. Wat ons gedoen het, was om vir hulle die instrumente te gee om
dit te doen. Een van die instrumente was die teenfonds*. Ons moet 'n oomblik neem
om te verduidelik wat gebeur het.

Toe ons steenkool, koring, yster, staal, wat ook al, na die Europeërs verskeep het, was
dit omdat hulle nie die dollars gehad het om daarvoor te betaal nie. Hulle kon daarvoor
met hulle eie geldeenheid betaal het. Daardie aankope is buitendien in Verenigde
State gedoen. Die regerings wat dit ontvang het, het 'n gelykstaande bedrag in kontant
in hulle eie geldeenheid gewaarborg. So het dit 'n dubbele uitwerking gehad.
Die materiaal was daar. Die dollargaping is toegemaak deur dit weg te sit/bêre.
Die gevolglike teenfonds het hulle die fondse gegee om brûe, hoofpaaie, hospitale,
lughawens, skole, die soort goed wat geen nyweraar hier of daar doen nie, te herbou.

Dit was 'n kragtige ekonomiese, sielkundige en politieke maneuver (slim plan), en dit
was 'n reusesukses.

                     [Uit http://adst.org/2015/05/the-marshall-plan-t he-europeans-did-the-job-themselves/.
                                                                          Toegang op 10 Junie 2016 verkry.]

*Teenfonds:      Verwys na die geldeenheid wat party Europese lande gebruik het.
                 Dit het 'n laer waarde as die VS-dollar gehad, maar is gebruik asof
                 dit aan die VS-dollarkoers gelyk was.

Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                      4                                 DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                             NSS – Addendum

BRON 1C

Die bron hieronder is 'n uittreksel uit die toespraak wat die Sowjet- Minister van
Buitelandse Sake, Andrei Vyshinsky, op 18 September 1947 by die Vergadering van
die Verenigde Nasies gelewer het.

Die sogenaamde Marshall-plan is 'n besonder opvallende voorbeeld van die manier
waarop die beginsels van die Verenigde Nasies geskend word, van die manier waarop
die organisasie geïgnoreer word.

Die Verenigde State het beweeg na 'n direkte versaking (verwerping) van die beginsels
van internasionale samewerking (vennootskap) en simpatieke optrede deur die groot
moondhede en hulle poog om hulle wil op ander onafhanklike state af te dwing, terwyl
hulle klaarblyklik terselfdertyd die ekonomiese bronne wat as verligting aan individuele
hulpbehoewende lande versprei is, as 'n instrument van politieke druk gebruik …
Die Verenigde State het ook daarop gereken om al hierdie lande direk afhanklik te
maak van die belange van Amerikaanse monopolieë, wat daarna streef om die
naderende depressie deur 'n versnelde uitvoer van kommoditeite en kapitaal na
Europa af te weer.

Dit word vir almal al hoe duideliker dat die implementering van die Marshall-plan sal
beteken dat Europese lande onder die ekonomiese en politieke beheer van die
Verenigde State geplaas sal word en dat laasgenoemde direk in die internasionale
sake van hierdie lande sal inmeng.

Verder is hierdie plan 'n poging om Europa in twee kampe te verdeel en, om met die
hulp van die Verenigde Koninkryk en Frankryk 'n blok van verskeie Europese lande te
stig, wat teen die belange van die demokratiese lande van Oos-Europa en, in
besonder, die belange van die Sowjetunie vyandig is.

  [Uit http.//www.slantchev.ucsd.edu/courses/nss/documents/ vyshinsky-criticism-of-truman-doctrine.html.
                                                                     Toegang op 8 Junie 2016 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
 Geskiedenis/V1                                   5                                  DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                           NSS – Addendum

 BRON 1D

 Hierdie spotprent deur Herb Block ('n Amerikaanse spotprenttekenaar), met die
 titel, 'DIT IS DIESELFDE DING SONDER MEGANIESE PROBLEME', is op
 26 Januarie 1949 in die Washington Post gepubliseer. Dit beeld sy perspektief van die
 'Marshal Stalin Plan' uit.

                                           'DIT IS DIESELFDE DING SONDER
                                                MEGANIESE PROBLEME'

MARSHALL-
  PLAN

 STALIN

MARSHAL
 STALIN
  PLAN

                  [Uit http://www.loc.gov/pictures/item/00652193/. Toegang op 5 Junie 2016 verkry.]

 Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                   6                             DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                          NSS – Addendum

VRAAG 2: WAT WAS DIE OORSAKE EN GEVOLGE VAN KUBA SE
         BETROKKENHEID BY DIE SLAG VAN CUITO CUANAVALE TUSSEN
         1987 EN 1988?

BRON 2A

Hierdie uittreksel deur die historikus, Edgar Dosmann, fokus op waarom die Angolese
regering by Kuba hulp gevra het.

Suid-Afrika se Operasie Modular is twee dae later op 14 September (1987) ontketen;
in plaas van oorwinning, het die Angolese weermag 'n vernederende nederlaag by die
Lombarivier gely deur die toedoen van die SAW en sy bondgenoot, UNITA …

Pretoria (Suid-Afrikaanse regering) het nou openlik in Angola oorlog gevoer eerder as
om net UNITA te ondersteun. SAW-eenhede was diep binne-in die land en
Generaal Malan het sy troepe daar besoek om te toon dat hulle van plan was om daar
te bly. Om die waarheid te sê, die SAW het militêre planne vir twee nuwe operasies,
Hooper en Packer, opgetrek om op die sukses van Modular te bou met die doel om op
Cuito Cuanavale toe te slaan en die FAPLA-(Angolese weermag)-brigades wat by
Lomba ontsnap het, te vernietig …

Kortom, PW Botha (President van Suid-Afrika) het die inisiatief in die Grensoorlog
herwin. Op 11 November, Angola se onafhanklikheidsdag, het Botha nog 'n boodskap
aan die Angolese leier gestuur deur na Jamba te vlieg om saam met Savimbi die
oorwinning te vier; dit was 'n vertoning van Suid-Afrikaanse mag …

Dos Santos (President van Angola) se 'veg-en-samespreking'-strategie het klaaglik
misluk en sy Sowjet-raadgewers is in die skande gesteek … Hulle kon nêrens anders
hulp kry as by Castro nie … wetend dat Kuba in hierdie buitengewone verhouding altyd
uiteindelik aan die verwagting voldoen.

                     [Uit Countdown to Cuito Cuanavale: Cuba's Angolan Campaign deur EJ Dosmann]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                      7                                  DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                             NSS – Addendum

BRON 2B

Hierdie is 'n uittreksel uit 'n toespraak deur Raúl Castro, Opperbevelvoerder van die
Kubaanse weermag. Dit fokus op Kuba se betrokkenheid by Operasie Carlotta
gedurende die Slag van Cuito Cuanavale.

Duisende Suid-Afrikaanse soldate is teen die einde van 1987 teen FAPLA (Angolese
weermag), wat besig was om 'n belangrike operasie in suidoostelike Angola uit te voer,
ontplooi. Soos wat die ongelyke gevegte ontwikkel het, is 'n deel van die Angolese
eenheid byna by Cuito Cuanavale omsingel en vernietig …

Na streng (deeglike) konsultasie (raadpleging) met die Angolese regering en
noukeurige beplanning … het ons (Kuba) die geskiedkundige besluit geneem om ons
troepe in die Volksrepubliek van Angola te versterk. Hierdie mag, soos jy weet, was in
totaal vyftigduisend soldate sterk. Hulle is toevertrou met die sending om saam met die
Angolese troepe te veg om die invallende Suid-Afrikaanse magte te oorwin …

Teen die tyd dat die Suid-Afrikaanse strateë besef het wat ons besig was om te doen,
het ons ons totale mag verdubbel en dit aan die Suidelike Front verskeie kere
vermeerder. Dit het vir ons die eerste keer in twaalf jaar daar lugbeheer gegee …

Ons het 'n aanvalsmag op hierdie front ontplooi wat 998 tenks, meer as
600 pantservoertuie en 1 600 artillerie (geskut), mortiere en lugafweerverdedigings-
wapens ingesluit het. Uit Kuba het … Compañero (Kameraad) Fidel Castro by ons
almal die vasberadenheid ingeskerp om 'n oorwinning te behaal met die minimum
ongevalle en om onverskrokkenheid en heldhaftigheid te kombineer met die filosofie
(geloof) dat die lewe van geen enkele man op die spel geplaas moet word sonder dat
alle ander alternatiewe uitgeput was nie …

Cuito (Cuanavale) het uitgehou. Al die Suid-Afrikaanse pogings om op te ruk,
is gestuit. Hulle gesofistikeerde langafstandartillerie (kanonne) het dag en nag
voortgegaan om bomme te gooi. Maar dit het nie die Angolese-Kubaanse magte
afgeskrik nie en was ondoeltreffend …

                     [Uit Operation Carlotta is Over! A Victory for Cuban Internationalism deur R Castro]

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                    8                                 DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                           NSS – Addendum

BRON 2C

Hierdie foto toon die standbeeld wat opgerig is ter nagedagtenis aan die gevalle helde
van die Slag van Cuito Cuanavale. Dit toon twee soldate, een Angolees en een
Kubaan, wat 'n kaart van Angola, met 'n ster wat die dorp Cuito Cuanavale aandui
waar die slag tussen 1987 en 1988 geveg is, in die lug hou.

    [Uit http://www.bradtguides.com/media/wysiwyg/destinations/africa/ angola/cuito_cuanvale_
                                             angola.jpg. Toegang op 10 Junie 2016 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                  9                               DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                         NSS – Addendum

BRON 2D

Die uittreksel hieronder is 'n gedeelte van 'n toespraak wat op 26 Julie 1991 deur die
voormalige Suid-Afrikaanse President, Nelson Mandela, in Kuba gelewer is.

Ons in Afrika is daaraan gewoond om slagoffers te wees van lande wat ons gebied wil
opkerf (verdeel) of ons soewereiniteit wil omverwerp. Dit is ongeëwenaard in die
geskiedenis van Afrika dat ander mense opstaan en ons verdedig …

Die verpletterende nederlaag van die rassistiese weermag (SAW) by Cuito Cuanavale
was 'n oorwinning vir die hele Afrika!

Die oorweldigende nederlaag van die rassistiese weermag het die strydende mense
van Namibië in staat gestel om hulle onafhanklikheid te bekom!

Die deurslaggewende nederlaag van die apartheidsaggressors het die mite (fabel) van
die onoorwinlikheid (mag) van die wit onderdrukkers laat verbrokkel!

Die nederlaag van die apartheidsweermag was 'n inspirasie vir die strydende mense in
Suid-Afrika!

Sonder die nederlaag by Cuito Cuanavale sou ons organisasies nie ontban (opheffing
van verbod) gewees het nie! …

Cuito Cuanavale was 'n mylpaal in die geskiedenis van die stryd om die vryheid van
suidelike Afrika!

Cuito Cuanavale was 'n keerpunt in die stryd om die kontinent en ons land van die
teistering (marteling) van apartheid te bevry!

         [Uit How Far We Slaves Have Come! South Africa and Cuba in Today's World deur N Mandela
                                                                                     en F Castro]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                   10                                  DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                           NSS – Addendum

VRAAG 3: WATTER INVLOED HET DIE SLUITING VAN HOËRSKOLE IN 1958 OP
         DIE GEMEENSKAP VAN LITTLE ROCK, ARKANSAS, GEHAD?

BRON 3A

Hierdie is 'n uittreksel uit 'n toespraak wat Goewerneur Orval Faubus op
18 September 1958 in Arkansas gelewer het. Dit fokus op sy besluit om hoërskole in
Little Rock te sluit.

Ek is ten volle bewus van die ouers se diepe besorgdheid oor die volgehoue
behoorlike onderrig van hulle kinders, en ek is ten volle bewus van die ongerief wat
die leerders moet verduur met betrekking tot die onderbreking van behoorlike
onderwysprosesse …

Dit was met 'n beswaarde gemoed dat ek dit nodig gevind het om die Buitengewone
Sitting van die Algemene Vergadering se wetsontwerpe te onderteken en om die
hoërskole in Little Rock te sluit. Ek het dit gedoen eers nadat die laaste hoop op
uitkoms uit 'n ondraaglike situasie verdwyn het en om die integrasie van skole
te voorkom.

Die Hooggeregshof het hulle oë vir al die feite gesluit en in wese op integrasie ten alle
koste aangedring, selfs al beteken dit die vernietiging van ons skoolstelsel, ons
onderwysprosesse en die risiko van wanorde en geweld wat tot lewensverlies, miskien
julle s'n, kan lei.

Hierdie prys is julle onwillig om te betaal. Ek kon nie sien dat julle dit betaal sonder om
eers 'n wettige plan aan julle voor te lê waardeur 'n katastrofe (ramp) vermy kan word,
en wat steeds ons kinders 'n kans op onderrig gee nie. Hierdie plan gaan ek nou in
besonderhede verduidelik. Hierdie plan is volgens die wet …

Eerstens. Die federale regering het geen gesag om te vereis dat enige staat openbare
skole bestuur nie.

Tweedens. Die federale regering het geen gesag om aan die regering van 'n staat voor
te skryf oor vir watter doeleindes belasting gehef kan word, of oor hoe belastinggeld
gebruik moet word nie.

Derdens. In alle sake waarin openbare skole en integrasie betrokke was, het die
federale howe net gesê dat 'n agentskap van die staat nie gesegregeerde skole in
stand kan hou nie. Hierdie beslissing is op geen wyse op privaatskole van toepassing
nie. Privaatskole word nie deur hierdie besluite geraak nie al ontvang die skole hulp
van die staat en federale bronne.

                 [Uit http://www.blackpast.org/1958-governor-orval-e-faubus-speech-school-int egration.
                                                                       Toegang op 8 Mei 2016 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                     11                                   DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                             NSS – Addendum

BRON 3B

Die bron hieronder verduidelik hoe beide swart en wit Amerikaanse leerders beïnvloed
is deur Goewerneur Faubus se besluit om in 1958 hoërskole in Little Rock, Arkansas,
te sluit.

Die grootste gevolge was miskien die invloed wat dit op ontwortelde leerders en hulle
gesinne gehad het … Die getal ontwortelde wit leerders was 2 915. Van hulle het
vyf- en-dertig persent openbare skole in die staat gekry om by te woon. Privaatskole in
Little Rock het vier-en-veertig persent van die ontwortelde wit leerders ingeneem.
'n Totaal van drie-en-negentig persent wit leerders het een of ander vorm van
alternatiewe skoling gevind. Dit was nie die geval met die swart leerders wat ontwortel
is nie. Sewe-en-dertig persent van die 750 ontwortelde swart leerders het openbare
skole in Arkansas gevind om by te woon. Vyftig persent van ontwortelde swart leerders
het egter glad nie skole gevind nie. Roy Wilkins, van die NAACP (National Association
for Advancement of the Coloured People), het verklaar dat om privaat- hoërskole vir
ontwortelde swart leerders oop te maak, hulle doel van gelyke toegang tot openbare
onderwys vir alle leerders teenwerk. Onderhoude met baie gewese leerders het
aangedui dat hierdie ontsegging van gratis openbare onderwys lewenslange gevolge
gehad het.

Verskeie groepe het gedurende die hele Verlore Jaar daaraan gewerk om óf skole wat
toegemaak is te ondersteun, óf om skole oop te maak. Die Verlore Jaar het op
25 Mei 1959 geëindig met die onttrekking van drie segregasionistiese lede van die
Little Rock-skoolraad. Kiesers in Little Rock was uiteindelik gewillig om na 'n jaar van
geslote openbare hoërskole en die afdanking van onderwysers beperkte desegregasie
te aanvaar. Die federale howe het op 18 Junie 1959 hierop voortgebou toe 'n federale
distrikshof met drie regters verklaar het dat Arkansas se sluiting van skole en die
weerhouding van fondse onkonstitusioneel was.

            [Uit http://www.encyclopediaofark ans as.net/encyclopedia/ ent ry-det ail. aspx ?ent ryID= 737.
                                                                      Toegang op 9 Mei 2016 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                    12                                   DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                            NSS – Addendum

BRON 3C

Die foto hieronder toon leerders van Little Rock wat na 'n les op televisie kyk. Dit was
nadat Goewerneur Faubus in 1958 besluit het om skole te sluit.

                            Die beeld op die televisie
                             toon 'n onderwyser wat
                               'n les gedurende die
                              Verlore Jaar aanbied.

                 [Uit http://www.arkansawtraveler.com/ wp-content/uploads/2011/11/little-rock-int egration.
                                                                        Toegang op 8 Mei 2016 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                                13                                  DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                        NSS – Addendum

BRON 3D

Die bron hieronder skets die rol wat bekommerde burgers van Little Rock gespeel het
in die teenkanting teen Goewerneur Faubus se besluit om hoërskole in 1958 te sluit.

'n Groep vroue het in September 1958 bymekaar gekom om die Women's Emergency
Committee to Open Our Schools (WEC) te stig … hulle het die eerste organisasie
gevorm wat die sluiting van skole in die openbaar veroordeel het en die heropening
van skole, volgens die Little Rock-skooldistrik se desegregasieplan, ondersteun het.

… WEC-lede het voortgegaan om die heropening van skole te bepleit (ondersteun), en
lede het die teikens van uitgesproke segregasioniste geword wat hulle as
'integrasioniste' bestempel het. Hierdie klimaat van intimidasie het dit vir wit en swart
leiers moeilik gemaak om openlik te ontmoet en te probeer om die krisis op te los.
Alhoewel hulle pogings hulle die teiken van teistering (uittarting) gemaak het, het die
WEC volgehou (voortgegaan). Namate die jaar gevorder het, het die houding onder
Little Rock-ouers, veral diegene met tieners, begin om in die rigting van aanvaarding
van desegregasie te verskuif indien dit die heropening van skole beteken het.

Saam met die burgergroep, Stop This Outrageous Purge (STOP), en ander
gemeenskapsorganisasies, het die WEC 'n spesiale verkiesing aangevra om die
segregasionistiese raadslede te onttrek. Die WEC het geregistreerde kiesers gekontak
en van deur tot deur besoek afgelê en op hierdie wyse genoeg steun gekry om die drie
segregasionistiese raadslede te onttrek en die drie gematigdes te behou.

Na die suksesvolle verkiesing is die openbare hoërskole, met beperkte desegregasie,
op 12 Augustus 1959 in Little Rock heropen, … die heropening van skole in die herfs
van 1959 het 'n belangrike hoofstuk in die geskiedenis van openbare onderwys in Little
Rock afgesluit.

                            [Uit https://www.nps.gov/chsc/planyourvisit/upload/SitebulletinWEC.pdf/.
                                                                  Toegang op 11 Mei 2016 verkry. ]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                              14                          DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                      NSS – Addendum

ERKENNINGS

Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:

Castro, R. 1991. Operation Carlotta is Over! A Victory for Cuban Internationalism
(Editora Politica, Havana)

Dosmann, EJ. Countdown to Cuito Cuanavale – Cuba's Angolan Campaign (Oxford,
Londen)

http.//www.slantchev.ucsd.edu/courses/nss/documents/vyshinsky-criticism-of-truman-
doctrine.html

http://adst.org/2015/05/the-marshall-plan-the-europeans-did-the-job-themselves/

http://europe.unc.edu/teaching/ces-produced/cold-war-2/

http://www.arkansawtraveler.com/wp-content/uploads/2011/11/little-rock-integration

http://www.blackpast.org/1958-governor-orval-e-faubus-speech-school-integration

http://www.bradtguides.com/media/wysiwyg/destinations/africa/angola/cuito_cuanvalea
ngola.jpg

http://www.encyclopediaofarkansas.net/encyclopedia/entry-detail.aspx?entryID=737

http://www.loc.gov/pictures/item/00652193/

https://www.nps.gov/chsc/planyourvisit/upload/SitebulletinWEC.pdf/

Mandela, N and Castro, F. 1991. How Far We Slaves Have Come! South Africa and
Cuba in Today's World (Pathfinder, Montreal)

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [History P1 Feb March 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-feb-march-2017-memo-eng/85076440-4ade-42cf-9119-7e4e53348597) — History · Memo · 2017 · Eng
- [Grade 12 NSC History P1 Preparatory 2017 Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-preparatory-2017-addendum/7da8bbb8-c55d-4436-ba09-b666876b6115) — History · Addendum · 2017
- [History P1 May June 2017 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2017-addendum-afr/df51a47c-26d5-42fd-8593-592de0e87a21) — History · Addendum · 2017 · Afr
- [History P1 Feb March 2015 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-feb-march-2015-addendum-afr/b38e6a73-d07b-46ef-932e-ece3ff449af6) — History · Addendum · 2015 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/b9dc10fb-ad07-4300-abc2-a509afb2c30f) — History · QP · 2017 · Afr
- [History P1 May June 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2017-memo-eng/662ba1e6-fb78-4312-a0cd-1e0d4024f033) — History · Memo · 2017 · Eng

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
