# History Grade 12 P1 NSC Supplementary 2018 QP (Afr)

> Grade 12 History Paper 1 question paper from the NSC Supplementary Exam 2018 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-feb-march-2018-afr/ae7c5fae-ad4e-4e59-9b76-cb312ba9a581
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P1 NSC Supplementary 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-feb-march-2018-afr/ae7c5fae-ad4e-4e59-9b76-cb312ba9a581)

## About this document

History · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2018. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                               NASIONALE
                           SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                               GESKIEDENIS V1

                          FEBRUARIE/MAART 2018

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

       Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                              2                          DBE/Feb.-Mrt. 2018
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.      Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die
        voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

        AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

        VRAAG 1:      DIE UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: DIE KUBAANSE
                      MISSIELKRISIS

        VRAAG 2:      ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA

        VRAAG 3:      BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's: DIE
                      SWARTMAGBEWEGING

        AFDELING B: OPSTELVRAE

        VRAAG 4:      GEVALLESTUDIE – CHINA

        VRAAG 5:      ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE –
                      DIE KONGO EN TANZANIË

        VRAAG 6:      BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's: DIE
                      BURGERREGTEBEWEGING

2.      AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat nodig
        is om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word.

3.      AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.      Beantwoord DRIE vrae soos volg:

        4.1      Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN
                 moet 'n opstelvraag wees.

        4.2      Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag
                 wees.

5.      Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee.

6.      In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
        toepas.

7.      Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

8.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik word.

9.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                              3                                DBE/Feb.-Mrt. 2018
                                           NSS

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die
ADDENDUM gevind word.

VRAAG 1:         HOE HET DIE ONTPLOOIING VAN SOWJETMISSIELE IN KUBA
                 IN 1962 KOUE OORLOG-SPANNING TUSSEN DIE VERENIGDE
                 STATE VAN AMERIKA EN DIE SOWJETUNIE VERERGER?

Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1      Gebruik Bron 1A.

         1.1.1        Wie, volgens die bron, was Fidel Castro se TWEE mees vertroude
                      raadgewers?                                             (2 x 1)              (2)

         1.1.2        Definieer die konsep kommunisme in jou eie woorde.             (1 x 2)       (2)

         1.1.3        Wat, volgens die bron, 'het hom (Castro) in die arms van die
                      Sowjets ingedryf'?                                    (1 x 1)                (1)

         1.1.4        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik
                      waarom die VSA bondgenote regoor Oos-Europa gehad het.
                                                                                    (1 x 2)        (2)

1.2      Verwys na Bron 1B.

         1.2.1        Wat, volgens die bron, het aanleiding daartoe gegee dat Kennedy
                      'n dringende vergadering met sy raadgewers belê het?      (2 x 1)            (2)

         1.2.2        Lewer kommentaar op waarom jy dink President Kennedy en sy
                      raadgewers besluit het om intelligensie-offisiere te ondervra. (1 x 2)       (2)

         1.2.3        Wat het daartoe aanleiding gegee dat President Kennedy ExComm
                      gestig het?                                              (1 x 2)             (2)

         1.2.4        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      waarom jy hierdie bron vir navorsing oor die Kubaanse Missielkrisis
                      bruikbaar sal vind.                                        (2 x 2)           (4)

1.3      Bestudeer Bron 1C.

         1.3.1        Verduidelik die boodskappe wat die spotprent ten opsigte van die
                      Kubaanse Missielkrisis oordra. Gebruik die visuele leidrade in die
                      bron om jou antwoord te ondersteun.                        (2 x 2)           (4)

         1.3.2        Lewer kommentaar oor die betekenis van die volgende in die
                      spotprent:

                     (a) Die hamer en sekel op die missiel                            (1 x 2)      (2)

                     (b) Die opskrif 'Los dit'                                        (1 x 2)      (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                            4                             DBE/Feb.-Mrt. 2018
                                         NSS

1.4      Raadpleeg Bron 1B en 1C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1B die bewys
         in Bron 1C ondersteun ten opsigte van die ontplooiing van Sowjetmissiele na
         Kuba.                                                                                (4)

1.5      Lees Bron 1D.

         1.5.1        Hoe, volgens die inligting in die bron, het die Sowjetunie sy
                      verhouding met ander lande beskou?                     (3 x 1)          (3)

         1.5.2        Haal TWEE bewyse uit die bron aan wat toon dat die
                      Sowjetregering bekommerd was oor die VSA se posisie oor die
                      Kuba-aangeleentheid.                                 (2 x 1)            (2)

         1.5.3        Lewer kommentaar op wat jy dink met die stelling dat 'Kuba aan
                      die Kubaanse volk behoort' geïmpliseer word.                (2 x 2) (4)

         1.5.4        Verduidelik waarom jy dink Andrei Gromyko beweer het dat Kuba
                      nie 'n bedreiging vir die VSA ingehou het nie.          (2 x 2)         (4)

1.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
         paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
         verduidelik hoe die ontplooiing van Sowjetmissiele in 1962 in Kuba Koue
         Oorlog-spanning tussen die Verenigde State van Amerika en die Sowjetunie
         vererger het.                                                                        (8)
                                                                                              [50]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                              5                              DBE/Feb.-Mrt. 2018
                                           NSS

VRAAG 2:         HOE HET BUITELANDSE MAGTE NA ONAFHANKLIKHEID IN
                 ANGOLA INGEMENG?

Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

2.1      Gebruik Bron 2A.

         2.1.1        Noem enige TWEE faktore in die bron wat Angola se oorgang na
                      onafhanklikheid 'bederf' het.                          (2 x 1)             (2)

         2.1.2        Verduidelik die term outoritêre in die konteks van Portugese
                      koloniale heerskappy van Angola.                       (1 x 2)             (2)

         2.1.3        Lewer kommentaar op die invloed wat die Alvor-ooreenkoms op
                      Angola se weg na onafhanklikheid gehad het.           (2 x 2)              (4)

         2.1.4        Waarom, volgens die inligting in die bron, het die oorgangsregering
                      in Angola ineengestort?                                      (2 x 1)       (2)

2.2      Raadpleeg Bron 2B.

         2.2.1        Wat, dink jy, het daartoe aanleiding gegee dat die News Diary of
                      Lisbon hierdie foto gepubliseer het?                     (2 x 2)           (4)

         2.2.2        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      waarom 'n historikus hierdie bron bruikbaar sal vind wanneer die
                      onderhandelingsproses wat in Alvor plaasgevind het, bestudeer
                      word.                                                      (2 x 2)         (4)

2.3      Bestudeer Bron 2C.

         2.3.1        Verduidelik waarom jy dink Victoria Brittain beweer het dat Angola
                      se onafhanklikheid beide 'politieke en emosionele' betekenis ver
                      anderkant die vasteland gehad het.                          (2 x 2)        (4)

         2.3.2        Haal TWEE redes uit die bron aan wat te kenne gee dat
                      buitelandse moondhede geïnteresseerd was in Angola nadat dit
                      onafhanklikheid verkry het.                          (2 x 1)               (2)

         2.3.3        Waarom, volgens die bron, het die VSA in 1975 die geskiedenis
                      van Angola vervals?                                    (1 x 2)             (2)

         2.3.4        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      die rol wat die regering van die Verenigde State voor die
                      1975-verkiesing in Angola gespeel het.                     (2 x 2)         (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                             6                             DBE/Feb.-Mrt. 2018
                                          NSS

2.4      Lees Bron 2D.

         2.4.1        Waarom, volgens die bron, het die Angolese Regering van
                      Nasionale Eenheid ineengestort?                   (1 x 2)                 (2)

         2.4.2        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      waarom Generaal Geldenhuys die Angolese burgeroorlog as 'n
                      verlenging van die Koue Oorlog beskou het.                 (2 x 2)        (4)

         2.4.3        Haal enige TWEE lande uit die bron aan wat die MPLA ondersteun
                      het.                                                    (2 x 1)           (2)

2.5      Vergelyk Bron 2C en 2D. Verduidelik hoe die inligting in hierdie bronne
         soortgelyk is met betrekking tot die opbou van Koue Oorlog-spanning in die
         1970's in Angola.                                                  (2 x 2)             (4)

2.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
         'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin
         jy verduidelik hoe buitelandse magte ná onafhanklikheid in Angola ingemeng             (8)
         het.                                                                                   [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                              7                              DBE/Feb.-Mrt. 2018
                                           NSS

VRAAG 3: WATTER INVLOED HET DIE SWARTMAGBEWEGING IN DIE 1960's
         OP SWART AMERIKANERS GEHAD?

Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.

3.1      Lees Bron 3A.

         3.1.1        Hoe, volgens die inligting in die bron, is die Swartmagbeweging
                      gestig?                                                  (1 x 1)           (1)

         3.1.2        Definieer die konsep Swart Mag in die konteks van burgerlike
                      protes wat in die 1960's in die VSA plaasgevind het. (1 x 2)               (2)

         3.1.3        Hoe, volgens die inligting in die bron, het Amerikaners gereageer
                      op die stigting van die Swartmagbeweging? Gee TWEE
                      voorbeelde in die bron.                                    (2 x 1)         (2)

         3.1.4        Noem DRIE uitdagings in die bron wat swart Amerikaners in die
                      1960's in die gesig gestaar het.                      (3 x 1)              (3)

         3.1.5        Verduidelik waarom jy dink jong swart Amerikaners nie die
                      Burgerregtebeweging ondersteun het nie.            (2 x 2)                 (4)

3.2      Verwys na Bron 3B.

         3.2.1        Identifiseer enige TWEE maniere in die bron oor hoe koalisies
                      gevorm is.                                            (2 x 1)              (2)

         3.2.2        Verduidelik waarom Stokely Carmichael beweer het dat nie almal
                      in die Verenigde State van Amerika die Swartmagfilosofie
                      ondersteun het nie.                                     (2 x 2)            (4)

         3.2.3        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      waarom 'n historikus wat navorsing oor die oorsprong van die
                      Swartmagbeweging doen hierdie bron bruikbaar sal vind.     (2 x 2)         (4)

3.3      Bestudeer Bron 3C.

         3.3.1        Verduidelik die boodskappe wat die bron oordra met betrekking tot
                      die Swartmagfilosofie. Gebruik die visuele leidrade in die bron om
                      jou antwoord te ondersteun.                                  (2 x 2)       (4)

         3.3.2        Lewer kommentaar op wat jy dink met die woorde, 'MAG EN
                      GELYKHEID' in die konteks van die Swartmagbeweging
                      geïmpliseer word.                                  (2 x 2)                 (4)

3.4      Verwys na Bron 3B en 3C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3C die bewyse
         in Bron 3B ondersteun met betrekking tot die Swartmagbeweging.         (2 x 2)          (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                              8                              DBE/Feb.-Mrt. 2018
                                           NSS

3.5      Raadpleeg Bron 3D.

         3.5.1        Hoe, volgens die inligting in die bron, het die FBI probeer om die
                      aktiwiteite van swart politieke bewegings te beperk? Gee TWEE
                      voorbeelde.                                                  (2 x 1)       (2)

         3.5.2        Verduidelik waarom jy dink 'die mees intensiewe operasies' van
                      die FBI teen die Swartmagbeweging en die Black Panther-party
                      gerig was.                                              (2 x 2)            (4)

         3.5.3        Haal TWEE redes uit die bron aan wat te kenne gee dat lede van
                      die Black Panther-party onder skoot gekom het.          (2 x 1)            (2)

3.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
         paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
         verduidelik watter invloed die Swartmagbeweging in die 1960's op swart
         Amerikaners gehad het.                                                                  (8)
                                                                                                 [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1                          9                             DBE/Feb.-Mar. 2018
                                       NSS

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling, maar nie meer as TWEE vrae
nie.

Jou opstel behoort ongeveer DRIE bladsye lank te wees.

VRAAG 4:         GEVALLESTUDIE – CHINA

Mao Zedong se beleid was om tussen 1958 en 1969 Kommunistiese China se
industriële en landbou-uitset te verhoog.

Bespreek hierdie stelling krities met verwysing na Mao Zedong se beleid van die Groot
Sprong Vorentoe en die Kulturele Revolusie.                                                [50]

VRAAG 5:         ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE –
                 DIE KONGO EN TANZANIË

Verduidelik tot watter mate die beleid van Mobutu Sese Seko en Julius Nyerere in die
1960's en die 1970's die ekonomiese, maatskaplike en kulturele ontwikkeling van hulle
onderskeie lande beïnvloed het.                                                            [50]

VRAAG 6:         BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
                 DIE BURGERREGTEBEWEGING

Die Burgerregtebeweging het in die 1960's verskeie vorme van protes, wat die lewens
van swart Amerikaners verbeter het, onderneem.

Stem jy met hierdie stelling saam? Gebruik relevante bewyse om jou argument te
ondersteun.                                                                                [50]

                                                                           TOTAAL:         150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [HISTORY P1 GR12 QP SEP2018 English](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sep2018-english/47dd3041-ad8c-49c9-92a3-636ad391ba9f) — History · QP · 2018 · Eng
- [History P1 Feb March 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-feb-march-2016-eng/7ecc30b3-80b2-4d62-9b4f-c007ce026be2) — History · QP · 2016 · Eng
- [History P1 Feb March 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-feb-march-2015-afr/f25eb9bf-58a9-4d1b-9c73-2af2dae573a6) — History · QP · 2015 · Afr
- [History P1 Gr12 Addendum June 2018 English Flat](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-addendum-june-2018-english-flat/4c5dfc40-194e-46ad-8243-339e8e3277ff) — History · Addendum · 2018 · Eng
- [History P1 May June 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2018-memo-afr/5f49a842-d534-4c6d-909b-8e741a958622) — History · Memo · 2018 · Afr
- [History P1 Nov 2018 FINAL Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2018-final-memo-afr/b599d539-b3a0-42aa-bdc9-b79f329dd8ce) — History · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
