# History Grade 10 P1 Eastern Cape November 2020 Addendum

> Grade 10 History Paper 1 addendum from the Eastern Cape November 2020 (Afrikaans), 12 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr10-addendum-nov2020-afrikaans/183daafa-93ca-4aa1-a687-f1211be0f3be
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Addendum
- Year: 2020
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/history) › [History Grade 10 P1 Eastern Cape November 2020 Addendum](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr10-addendum-nov2020-afrikaans/183daafa-93ca-4aa1-a687-f1211be0f3be)

## About this document

History · Grade 10 · Eastern Cape November · 2020 · Afrikaans. Addendum, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
       SENIOR SERTIFIKAAT

            GRAAD 10

        NOVEMBER 2020

GESKIEDENIS (WEERGAWE 1)
        ADDENDUM
      (EKSEMPLAAR)

  Hierdie addendum bestaan uit 12 bladsye.

### Page 2

2                               GESKIEDENIS (ADDENDUM)                              (EC/NOVEMBER 2020)

 VRAAG 1:      HOE HET SHAKA, DIE KRYGER, ’N MAGTIGE ZOELOE-KONINKRYK
               GEKONSOLIDEER?

 BRON 1A

 Hierdie onderstaade bron fokus op Shaka se opvoeding en hoe hy ŉ kryger geword het.

 Nandi en haar seun het toevlug in die Mhlathuze-vallei van die Langeni-volk gesoek. Hier
 het Shaka as ŉ vaderlose kind grootword, en was klaarblyklik die slagoffer van vernedering
 en wrede behandeling deur die Langeni-seuns. In daardie tyd was daar twee sterk
 mededingende Nguni-groepe, die Mthethwa gelei deur die opperhoof Dingiswayo, en die
 Ndwandwe onder leiding van die wrede Zwide ... Hy het dus in die hof van Dingiswayo
 grootgeword, wat hulle met vriendelikheid verwelkom het. Shaka het egter baie gely as
 gevog van die afknouery en lollery (terg) van die Mthethwa-seuns, wat ook sy aansprake
 op leierskap verafsku het.

 Namate hy tot manlikheid gegroei het, het Shaka nuwe talente en bekwaamhede begin
 ontdek. Uiterlik, was hy lank en kragtig gebou, en sy vaardigheid en waagmoed het hom ŉ
 natuurlike voordeel oor die jeugdiges in sy ouderdomsgroep gegee; innerlik, het hy ŉ dors
 na mag ontwikkel. Toe hy omtrent drie-en-twintig jaar oud was, is hy in een van die
 Mthethwa-regimente opgeneem waar hy ŉ bevrediging soos nooit vantevore ondervind het.
 Met die impi in die iziCwe-regiment het hy die kameraadskap gehad wat hy voorheen
 ontbreek het, terwyl die slagveld ŉ stadion verskaf het waarin hy sy talente en dapperheid
 (moed) kon demonstreer. Sy uitstaande dade van moed het die aandag van sy opperheer
 gelok en namate hy vinnig in Dingiswayo se leër opgang gemaak het, het hy een van sy
 voorste bevelvoerders geword ... Terwyl hy in die Mthethwa-weermag was, was Shaka
 oorweldig (vasgevang) met probleme van strategie en oorlogvoeringstaktieke, en
 Dingiswayo het baie bygedra tot Shaka se latere prestasies in oorloë. Militarisme was
 daarna ŉ lewenswyse vir hom, en een wat hy op duisende ander sou toepas.

                 [Uit https://www.sahistory.org.za/people/shaka-zulu. Toegang 18 November 2020 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2020                     GESKIEDENIS (ADDENDUM)                                          3

 BRON 1B

 Die onderstaade bron beskryf hoe Shaka sy koninkryk opgebou het.

 KwaBulawayo. Shaka se eerste hoofstad was op die oewer van die Mhodi, ŉ klein sytak
 (tak) van die Mkhumbanerivier in die Babanango-distrik. Hy het sy groot vesting
 KwaBulawayo (‘by die plek van die moord’) genoem. Namate sy koninkryk gegroei het,
 het hy ŉ veel groter KwaBulawayo gebou, ...

 Ekonomiese en sosiale veranderinge: Die ontwikkeling van die militêre stelsel het groot
 ekonomiese en sosiale veranderinge veroorsaak. Dat soveel jeugdiges by die koninklike-
 barakke gekonsentreer was, het gelei tot ŉ massiewe oordrag van ekonomiese potensiaal
 na ŉ gesentraliseerde staat. Die vee-rykdom van die hele gemeenskap dwarsdeur die
 koninkryk is egter aansienlik verbeter; alhoewel die meeste van die kuddes deur die
 koning en sy hoofmanne en indunas besit is, het almal in die trots wat deur die grootheid
 van die koninklike kuddes meegebring is gedeel, asook die trots om aan die
 ongeëwenaarde militêre mag van die Zoeloe te behoort.

 Gevolge van Shaka se oorloë: Sy oorloë het gepaard gegaan met groot slagting en het
 baie migrasies veroorsaak. Die gevolge daarvan was selfs ver noord van die Zambezirivier
 gevoel. Omdat hulle Shaka gevrees het, het leiers soos Zwangendaba, Mzilikazi en
 Shoshangane noordwaarts ver in die sentraal-Afrikaanse binneland ingetrek en op hul
 beurt oorlog en verwoesting gesaai voordat hulle hul eie koninkryke ontwikkel het.
 Sommige skat dat Shaka tydens sy bewind die dood van meer as ŉ miljoen mense
 veroorsaak het. Shaka se oorloë tussen 1818 en 1828 het bygedra tot ŉ reeks gedwonge
 migrasies bekend in verskeie dele van Suidelike-Afrika as die Mfecane, Difaqane,
 Lifaqane of Fetcani. Groepe vlugtelinge van Shaka se aanvalle, eers Hlubi en Ngwane-
 stamme, later gevolg deur die Mantatees en die Matabele van Mzilikazi, het die
 Drakensberge aan die weste oorgesteek en kapteinskappe wat in hul pad gestaan het,
 verwoes. Hongersnood en chaos het na die algehele uitwissing (moord) gevolg ... Ou
 kapteinskappe het verdwyn en nuwes is geskep.

             [Uit: https://www.sahistory.org.za/people/shaka-zulu. Toegang op 18 November 2020 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 4

4                               GESKIEDENIS (ADDENDUM)                              (EC/NOVEMBER 2020)

 BRON 1C

 Hierdie artikel handel oor Shaka se reaksie op die aankoms van witmense in Port Natal.

 Teen die tyd dat die eerste wit handelaars in 1824 by Port Natal aangekom het, was Shaka
 in beheer van ŉ gesentraliseerde monargie, wat oor die hele oostelike kusgordel van die
 Pongolarivier in die noorde tot by die lande buite die Tugela in die suide gestrek het.
 Daardie jaar het Henry Francis Fynn en Francis Farewell Shaka besoek ... Shaka het die
 wit handelaars die mees gunstelingste behandeling gegee, grond aan hulle gesedeer
 (gegee) en hulle toegelaat om ŉ nedersetting by Port Natal te bou. Hy was nuuskierig oor
 hul tegnologiese ontwikkelings, was angstig om baie meer oor oorlogvoering te leer en hy
 was veral geïnteresseerd in die kultuur wat hulle verteenwoordig het. Verder was hy
 waaksaam oor die voordele wat hulle handel aan hom kon bring.

 In 1826, ten einde nader en meer toeganklik aan die setlaars by Port Natal te wees, het
 Shaka ŉ groot militêre barakke by Dukuza gebou, (‘die plek waar ŉ mens verlore raak’) ...
 Gedurende sy leeftyd was daar geen konflikte tussen die wit mense en die Zoeloes nie,
 aangesien Shaka nie onverwagse botsings met die militêre magte van die Kaapse
 koloniale regering wou ontketen nie. H F Fynn, wat hom goed geken het, het hom
 intelligent en dikwels bewonderenswaardig (vriendelik) gevind, en het geleethede genoem
 wat geen twyfel gelaat het dat Shaka in staat was tot vrygewigheid. Bevry van die
 beperkings wat die meeste hoofmanne beperk het, het Shaka as ŉ onbetwiste, almagtige
 heerser opgetree. ŉ Wrede tiran, hy het mans tereggestel met ŉ wink van sy kop. Die
 lojaliteite van sy mense was erg gespanne namate die gereelde wreedhede van hulle
 groot koning geleidelik toegeneem het.

                [Uit https://www.sahistory.org.za/people/shaka-zulu. Toegang 20 November 2020 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2020                  GESKIEDENIS (ADDENDUM)                                       5

 BRON 1D

 Hierdie portret is ŉ skildery van ŉ Zoeloe-kryger gedurende Shaka se heerskappy.

 [Uit https://www.google.com/search?q=shaka%20zulu% 20warrior&tbm =isch&tbs=rimg: Cfs1gVAfwZN9Y
 RxRlzuPdzl6&hl=en&sa=X&ved=0CBsQuIIBahcKEwigqIy74pLtAhUAAAAAHQAAAAAQEA&biw=1235&bi
                                   h=597#imgrc=cWzkniEjtqUDdM. Toegang 20 November 2020 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

6                                GESKIEDENIS (ADDENDUM)                               (EC/NOVEMBER 2020)

 VRAAG 2:       HOE HET BRITSE KOLONIALISME DIE LEWENS VAN DIE INWONERS
                VAN DIE KAAPKOLONIE, BEÏNVLOED?

 BRON 2A

 Hierdie bron fokus op Nongqawuse se profesie aan die Xhosa-mense.

 Nongqawuse, ... was ŉ profetes van die Groot Xhosa-slagting van 1856–1857.
 Nongqawuse was 'n weeskind wat saam met haar oom Mhlakaza by die Gxarha-rivier in
 onafhanklike Xhosa-land gewoon het ... Eendag in April 1856 het sy haar huishouding
 ingelig dat sy twee onbekende geeste van ŉ ander wêreld teëgekom het wat vir haar gesê
 het dat die hele nasie uit die dood sou opstaan mits die Xhosa al hul beeste geslag en al
 hul koring vernietig het. Die rede wat gegee is, was dat mense en diere deur towery
 besoedel (bederf) is en dat die lewendes hulself moet reinig van alle besmetting
 (onreinheid) sodat nuwe mense en suiwer beeste sou opstaan.

 Nongqawuse se profesieë was verwelkom deur die oorweldigende meerderheid van die
 Xhosa-mense ... Nog erger, hulle het gesien hoe hul beeskuddes afgemaai (doodgemaak)
 was deur 'n uitheemse siekte van bees longsiekte, en dus het hulle geloofwaardigheid
 (vertroue) aan die profetiese boodskap gegee dat, “hulle is boos en dat alles wat aan hulle
 behoort sleg is”. ŉ Klein minderheid Xhosas, bekend as amagogotya (suiniges) het geweier
 om te slag en hierdie weiering is deur Nongqawuse gebruik om die mislukking van die
 profesie oor 'n tydperk van vyftien maande (April 1856–Junie 1857) te regverdig.

    [Uit xhosaculture.co.za/nongqawuse-xhosa-cattle-killings-1856-57/. Toegang 21 Januarie 2020 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2020                    GESKIEDENIS (ADDENDUM)                                        7

 BRON 2B

 Hierdie artikel omskryf Ordonansie 50 en die gevolge daarvan op die lewens van die
 mense in die Kaapkolonie.

 Soms die ‘Magna Carta van die Bruinmense’ genoem, het hierdie wet (Ordonnansie 50)
 in 1828 ‘Hottentotte en ander vrye persone van kleur’ dieselfde regte as blankes in die
 Kaapkolonie gegee. Toe die Nederlanders hulle in 1652 aan die Kaap gevestig het, was
 die inheemse mense wat hulle in die omgewing gevind het, Khoi-khoi (voorheen
 Hottentotte genoem). Volgens die wet was hierdie mense vry ... Met verloop van tyd het
 baie Khoi-khoi hul beeste en ekonomiese onafhanklikheid verloor en arbeiders vir blankes
 geword. Met verloop van tyd, is ŉ groeiende groep mense van gemengde afkoms
 (blankes, Khoi-khoi en slawe) geskep waarby bevryde slawe ook aangesluit het ...

 Gelyktydig met die Britse besetting van die Kaap in die 1790’s, het sendelinge, vars uit
 Brittanje wat reeds by die anti-slawerny beweging betrokke was, opgedaag om met hierdie
 einste mense te begin werk. Vir die volgende paar dekades het hulle die stryd om
 diskriminasie en uitbuiting te verlig, gelei. Oor die algemeen wou die Britse koloniale
 amptenare moeilikheid van die wit setlaars vermy en was huiwerig (twyfelagtig) om aksie
 te neem ...

 Sendelinge het egter steeds gekla oor misbruik en die ongelykheid wat die ‘Kleurling
 Mense’ gely het. ... Ordonnansie 50 was die resultaat. Dit het verklaar dat ‘Hottentotte en
 ander vrye persone van kleur’ voortaan nie aan enige wette onderhewig sou wees
 waaraan wittes ook onderhewig was nie, insluitend die ‘ronddwaal’-praktyke en
 pasvereistes. Vryheid om te beweeg en vryheid om grond te besit is eksplisiet (duidelik)
 verorden. Dit het dus enige rassediskriminerende wetgewing verbied (gestaak) en
 gelykheid voor die wet bepaal (verklaar) ...

     [Uit smu-facweb.smu.ca/~wmills/course322/50th_Ordinance.html. Toegang 24 Januarie 2020 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 8

8                                GESKIEDENIS (ADDENDUM)                               (EC/NOVEMBER 2020)

 BRON 2C

 Die volgende bron fokus op die oorsake van die Groot Trek.

 Die Groot Trek was ŉ massiewe (groot) beweging – Groot Reis of migrasie van die
 ontevrede Afrikaners. Die Afrikaners (Boere en hul diensknegte) van die Kaapkolonie het
 in die binneland van Suid-Afrika ingetrek om ŉ vrye veilige hawe te kry, aangesien hulle
 ook gehoop het om ŉ plek van hul eie te stig, vry van Britse invloed en inmenging ... Hulle
 het ook wegbeweeg van die koloniale administrasie van die Britte en diegene wat getrek
 het was semi-nomadiese pastoraliste wat tussen 1830–1840’s groot dele van grond wou
 hê.

 Die beweging van die Boere het effens meer as 14 000 mense betrek wat nedersettings
 van hul eie wou vestig ... Toe die Britte hulle aan die Kaap gevestig het, het hulle met
 Verengelsing begin en die gebied het ŉ Britse kolonie geword. Die Boere is gedwing om
 Engels as ŉ amptelike taal te aanvaar wat sommige onsteld oor was en baie ongelukkig
 gemaak het. ... Toe die Britte aan die Kaapkolonie kom, het hulle die Swartes bevoordeel,
 die swart Kringhowe bekend gestel waar Swartes hul Boeremeesters kon dagvaar ... Die
 Britte het die 50ste Ordonnansie in 1828 bekendgestel. Die Ordinansie het Swartes
 bevoordeel om te werk vir die mense wat hulle vrywillig gekies het. Die rol van Christelike
 sendelinge het gelei tot die ontevredenheid van die Boere wat nou ontevrede met die
 sukses van laasgenoemde se werk was.

 Die slawehandel en slawerny is in 1834 in die Kaapkolonie afgeskaf ... Daar was ook
 grondtekort as gevolg van oor bevolking, wat die Boere gedwing het om weg te beweeg
 ... Die Boere het hulself as ŉ uitverkore ras van God beskou. Hulle wou nie met die
 Swartes meng nie.

     [Uit https:/mubulahistory.blogspot.com/2016/12/causes-of-great-trek.html. Toegang 24 Januarie 2020
                                                                                                verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/NOVEMBER 2020              GESKIEDENIS (ADDENDUM)                                        9

 BRON 2D

 Hierdie foto toon Nongqawuse met haar mede-profetes, Nonkosi.

                               [Uit www.sahistory.org.za. Toegang op 20 November 2020 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

10                               GESKIEDENIS (ADDENDUM)                                (EC/NOVEMBER 2020)

 VRAAG 3:      HOE HET DIE SUID-AFRIKAANSE OORLOG DIE LEWENS VAN BEIDE
               DIE BOERE EN SWART SUID-AFRIKANERS TYDENS DIE JARE
               1899–1902 BEĪNVLOED?

 BRON 3A

 Die volgende artikel fokus op die betrokkenheid van swart bevolkingsgroepe in die Anglo-
 Boereoorlog van 1899 tot 1902.

 “Die Suid-Afrikaanse Oorlog het op 11 Oktober 1899 tussen die twee voormalige Boere
 republieke (Transvaal en die Oranje-Vrystaat) en die Britte uitgebreek. Maar oorlog raak
 die lewens van alle inwoners van die geaffekteerde land en dit sal onaanvaarbaar wees
 om nie die baie maniere waarop dit die lewens van die swart bevolkingsgroepe vernietig
 het, insluitend die Khoi, San, Zoeloe, Xhosa, Tsonga, en Swati, te erken nie. Óf hul rol
 vrywillig óf onwillekeurig was; vegter of nie-vegter, sou ons ons geskiedenis ŉ onreg
 aandoen as ons hulle uit hierdie oorlog sou verwyder.

 Swartmense was met dwang opgeroep en as slawe en diensknegte as verkenners,
 boodskappers, wagters in blokhuise, stuur hardlopers, veeteelers, loopgraafgrawers,
 drywers, arbeiders, agterryers en hulpdienste, gebruik. Die agterryers is deur die Boere
 gebruik om ammunisie te bewaak, te kook, brandhout te versamel, perde reg te maak en
 vuurwapens vir die stryd te laai. Dit is belangrik om daarop te let dat hulpdienste ook in
 gevegte gebruik is, duidelik in sommige van die foto's wat tydens die oorlog geneem is.
 Minstens 15 000 swartes is deur die Britte as vegters gebruik en ook deur beide Britte en
 Boere as wabestuurders gebruik."
     [Uit https://www.religiousleftlaw.com/2017/05/black-african-concentration-camps-in-the-second-anglo-
                        boer-war-11-october-1899-31-may-1902.html. Toegang 17 November 2020 verkry.]

 BRON 3B

 Hierdie uittreksel beskryf die toestande in die konsentrasiekampe.

 30 Mei 1902 is die datum waarop die dood van minstens 15 000 Swartes in
 konsentrasiekampe wat gedurende die Tweede Anglo-Boereoorlog ongeveer 115 000
 van hulle gehuisves het, aandui (26,370 Boerevroue en kinders het in afsonderlike
 ‘konsentrasiekampe’ gesterf en daardie kampe het Swart diensknegte’) ingesluit. Die
 datum is betekenisvol omdat dit die dag voor die ondertekening van die
 “vredesooreenkoms,” die Verdrag van Vereeniging, by Melrose House in Pretoria op 31
 Mei 1902, kom.

 Latere skattings plaas die getal op ongeveer 20,000 Swartes, waarvan die meerderheid
 kinders was, met die oorsake van dood hoofsaaklik mediese verwaarlosing, blootstelling,
 aansteeklike siektes (bv. masels, kinkhoes, tifoonkoors, diftheria en disenterie) en
 wanvoeding. Die stigting van hierdie kampe was maar een deel van die “Verskroeide
 Aarde-beleid” wat deur die Britse bevelvoerder Lord Kitchener tydens die Suid-Afrikaanse
 Oorlog (‘eens die laaste gentleman’s war’) aanvaar is as ŉ teenmaatreël vir die Boere se
 guerrilla-strategie wat aan die einde van 1900’s ingestel is.
     [Uit https://www.religiousleftlaw.com/2017/05/black-african-concentration-camps-in-the-second-anglo-
                        boer-war-11-october-1899-31-may-1902.html. Toegang 17 November 2020 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/NOVEMBER 2020                     GESKIEDENIS (ADDENDUM)                                           11

 BRON 3C

 Hierdie bron toon Emily Hobhouse, ŉ uitgesproke kritikus van die Britse buitelandse beleid
 se bevindinge oor die toestande in die konsentrasiekampe vir vroue en kinders.

 Lizzie van Zyl was ŉ tingerige (skraal), swak kind wat desperaat ŉ behoefte aan goeie
 sorg nodig gehad het. Maar omdat haar ma egter een van die ‘ongewenstes’ was as
 gevolg van die feit dat haar pa nóg oorgegee of sy mense verraai het. Lizzie is op die
 laagste rantsoene geplaas en so byna vergaan van honger dat sy ná ŉ maand in die kamp
 na die nuwe klein hospitaal oorgeplaas is. Hier was sy sleg behandel. Die kwaadgesinde
 Engelse dokter en sy verpleegsters het nie haar taal verstaan nie omdat sy nie Engels
 kon praat nie, en het haar as ŉ idioot bestempel hoewel sy geestelik geskik en normaal
 was ...

 Sy vat die redes vir die hoë sterftesyfer saam, en skryf: “Getalle wat in klein tente
 opgehoop is: sommige siek, sommige besig om te sterwe, soms ŉ dooie een onder hulle;
 klein rantsoene wat rou uitgedeel word; die gebrek aan brandstof om dit te kook; gebrek
 aan water om te drink, vir kook, vir wasgoed; gebrek aan seep, borsels en ander
 instrumente van persoonlike higiëne; gebrek aan beddegoed of beddens om die liggaam
 van die koue aarde weg te hou; gebrek aan klere vir warmte en in baie gevalle vir
 ordentlikheid ....” Haar gevolgtrekking is dat die hele stelsel wreed is en afgeskaf moet
 word.
 [Uit https://www.sahistory.org.za/topic/women-children-white-concentration-camps-during-anglo-boer-war-
                                                       1900-1902. Toegang op 12 Februarie 2020 verkry.]

 BRON 3D

 Hierdie foto toon die Swart konsentrasiekampe tydens die Tweede Anglo-Boereoorlog
 (11 Oktober 1899–1902).

     [Uit https://www.religiousleftlaw.com/2017/05/black-african-concentration-camps-in-the-second-anglo-
                     boer-war-11-october-1899-31-may-1902.html. Toegang op 17 November 2020 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 12

12                            GESKIEDENIS (ADDENDUM)                         (EC/NOVEMBER 2020)

 ERKENNINGS

 Visuele bronne en ander historiese bewyse is verkry uit die volgende:

 https://www.sahistory.org.za/people/shaka-zulu.

 https://www.bing.com/images/search?q=shaka+zulu&FORM=HDRSC2.

 https://www.google.com/search?q=shaka%20zulu%20warrior&tbm=isch&tbs=rimg:Cf
 s1gVAfwZN9YRxRlzuPdzl6&hl=en&sa=X&ved=0CBsQuIIBahcKEwigqIy74pLtAhUAA
 AAAHQAAAAAQEA&biw=1235&bih=597#imgrc=cWzkniEjtqUDdM.

 smu-facweb.smu.ca/~wmills/course322/50th_Ordinance.html

 https:/mubulahistory.blogspot.com/2016/12/causes-of-great-trek.html

 www.sahistory.org.za.

 https://www.sahistory.org.za/article/role-black-people-south-african-war.

 https://www.religiousleftlaw.com/2017/05/black-african-concentration-camps-in-the-
 second-anglo-boer-war-11-october-1899-31-may-1902.html.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

## Related documents

- [HISTORY P1 GR10 MEMO NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr10-memo-nov2020-afrikaans/e617055c-4711-4539-8400-a28a784f20f4) — History · Memo · 2020 · Afr
- [HISTORY P2 GR 10 NOV2020 QP Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr-10-nov2020-qp-afrikaans/8d545b64-ee3c-4e44-ac0e-2870c4552d98) — History · QP · 2020 · Afr
- [HISTORY P1 GR10 QP NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr10-qp-nov2020-afrikaans/93442bec-8d54-436f-8013-9d69ded46fb3) — History · QP · 2020 · Afr
- [HISTORY P2 GR 10 NOV2020 MEMO Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr-10-nov2020-memo-afrikaans/bb5e6e0c-b600-4321-b92b-3bb58ac61341) — History · Memo · 2020 · Afr
- [HISTORY GR 10 MEMO NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-gr-10-memo-nov2018-afrikaans/0ca849a7-4395-4c79-839b-864d8e9192a8) — History · Memo · 2018 · Afr
- [HISTORY GR10 MEMO Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-gr10-memo-afrikaans/c30978ce-c343-42bd-aa3d-4f7ddbfdd118) — History · Memo · 2017 · Afr

## More from Grade 10 History

- [Gr 10 His ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-his-atp-2023-24/77b69460-c4e9-4807-8d15-fdb95c83ebd3) — ATP
- [EC History Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-history-grade-10-march-2025-qp-and-memo/e50c532b-d70e-4ae5-b45d-e752d9219b14) — QP + Memo · 2025
- [LP MW History Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-mw-history-grade-10-march-2025-qp-and-memo/1ff6ebbe-b71c-4580-84c5-7daa68b46aeb) — QP + Memo · 2025
- [GR10 HISTORY QP AFR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-history-qp-afr/2e270065-0a61-4bdc-97c9-2e09a4ee1230) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 10 History Term 1 Controlled Test Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-history-term-1-controlled-test-question-paper/14f2dc82-d0ee-4131-beab-6e9c34fed532) — QP · 2023
- [Gr 10 History Term 1 Test 2023 Grid Analysis](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-history-term-1-test-2023-grid-analysis/e70963d9-1d41-459a-8ec3-d22eb5da479f) — QP · 2023

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
