# History Grade 10 P1 2020 QP (Afr)

> Grade 10 History Paper 1 question paper from the Mpumalanga National Exemplar Exam (NSC) 2020 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr10-qp-nov2020-afrikaans/93442bec-8d54-436f-8013-9d69ded46fb3
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: Mpumalanga National Exemplar Exam (NSC)
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/history) › [History Grade 10 P1 2020 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr10-qp-nov2020-afrikaans/93442bec-8d54-436f-8013-9d69ded46fb3)

## About this document

History · Grade 10 · Mpumalanga National Exemplar Exam (NSC) · 2020 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                       SENIOR SERTIFIKAAT

                              GRAAD 10

                         NOVEMBER 2020

               GESKIEDENIS (WEERGAWE 1)
                     (EKSEMPLAAR)

PUNTE: 150

TYD:   3 uur

       Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en ŉ addendum van 12 bladsye.

### Page 2

2                                   GESKIEDENIS                          (EC/NOVEMBER 2020)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.    Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
       voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is. DRIE
       brongebaseerde vrae in AFDELING A en DRIE opstelvrae in AFDELING B.

       AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

       VRAAG 1:      TRANSFORMASIE IN SUIDER-AFRIKA NA 1750

       VRAAG 2:      KOLONIALE UITBREIDING NA 1750

       VRAAG 3:      DIE SUID-AFRIKAANSE OORLOG EN UNIE

       AFDELING B: OPSTELVRAE

       VRAAG 4:      TRANSFORMASIE IN SUIDER-AFRIKA NA 1750 –
                     DIE OPKOMS VAN DIE BASOETO-KONINKRYK ONDER
                     KONING MOSHOESHOE

       VRAAG 5:      KOLONIALE UITBREIDING NA 1750:
                     SAMEWERKING EN KONFLIK OP DIE HOËVELD

       VRAAG 6:      DIE SUID-AFRIKAANSE OORLOG EN UNIE –
                     DIE NATURELLE GRONDWET VAN 1913

 2.    AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
       benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
       word.

 3.    AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

 4.    Beantwoord DRIE vrae soos volg:

       4.1   Ten minste EEN moet ŉ brongebaseerde vraag wees en ten minste
             EEN moet ŉ opstelvraag wees.

       4.2   Die DERDE vraag kan óf ŉ brongebaseerde vraag óf ŉ opstelvraag
             wees.

 5.    In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
       gebruik.

 6.    Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

 7.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
       vraestel gebruik is.

 8.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2020)                           GESKIEDENIS                                       3

 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

 Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae uit hierdie afdeling.
 Bronmateriaal wat gebruik moet word om hierdie vrae te beantwoord, is in die
 ADDENDUM vervat.

 VRAAG 1: HOE HET SHAKA, ’N KRYGER, DIE MAGTIGE ZOELOE-KONINKRYK
          GEKONSOLIDEER?

 Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

 1.1 Verwys na Bron 1A.

      1.1.1    Wie, volgens die bron, was Shaka se moeder?                         (1 x 1)    (1)

      1.1.2    Verduidelik wat word met, ‘grootword as ŉ vaderlose kind’ bedoel.
                                                                                (1 x 2)       (2)

      1.1.3    Noem die hoofmanne van die volgende Nguni-groepe:

               (a)   Mthethwa

               (b)   Ndwandwe                                                      (2 x 1)    (2)

      1.1.4    Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik hoe
               Shaka tot ŉ kryger ontwikkel het.                                   (2 x 2)    (4)

      1.1.5    Verduidelik hoe Dingiswayo tot Shaka se prestasies bygedra het.
                                                                                   (2 x 2)    (4)

 1.2 Lees Bron 1B.

      1.2.1    Wat, volgens die bron, was die naam van Shaka se hoofstad?          (1 x 1)    (1)

      1.2.2    Gee ŉ ander betekenis vir die woord ‘KwaBulawayo’.                  (1 x 1)    (1)

      1.2.3    Verduidelik die term, ‘Mfekane’, in die konteks van Shaka se oorloë
               gedurende sy bewind.                                              (1 x 2)      (2)

      1.2.4    Verskaf DRIE name van hoofmanne of stamleiers wat uit vrees vir
               Shaka noordwaarts gevlug het.                                (3 x 1)           (3)

      1.2.5    Hoe, volgens die bron, het die ontwikkeling van die militêre stelsel groot
               ekonomiese en maatskaplike veranderinge in die Zoeloe-koninkryk
               veroorsaak?                                                        (3 x 1)     (3)

      1.2.6    Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik wat
               die gevolge van Shaka se oorloë was.                                (2 x 2)    (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

4                                   GESKIEDENIS                             (EC/NOVEMBER 2020)

 1.3 Raadpleeg Bron 1C.

      1.3.1   Noem TWEE blanke handelaars wie Shaka in 1824 besoek het. (2 x 1)            (2)

      1.3.2   Wat was die rede, volgens die bron, waarom Shaka die blanke
              handelaars verwelkom het?                                         (3 x 1)    (3)

      1.3.3   Verskaf bewyse uit die bron wat daarop dui dat Shaka ŉ aangename en
              vriendelike karakter gehad het.                               (2 x 1)        (2)

      1.3.4   Hoe, volgens die bron, was Shaka waargeneem?                      (2 x 1)    (2)

      1.3.5   Verduidelik wat jy dink die handelaars se bymotief vir die besoek aan
              Shaka was?                                                        (1 x 2)    (2)

 1.4 Lees Bron 1D.

      1.4.1   Watter boodskap dra die foto rakende Shaka oor? Gebruik die visuele
              leidrade in die bron om jou antwoord te ondersteun.           (1 x 2)         (2)

      1.4.2   Vergelyk Bron 1A en Bron 1D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1A
              die bewyse in Bron 1D met betrekking tot Shaka se konsolidasie van
              die Zoeloe-koninkryk, ondersteun.                                (2 x 2)      (4)

 1.5 Deur gebruik te maak van die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis,
     skryf ‘n paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy
     verduidelik hoe Shaka, die kryger, die Zoeloe-koninkryk in ŉ magtige Zoeloe-
     koninryk gekonsolideer het.                                                           (6)
                                                                                          [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2020)                          GESKIEDENIS                                     5

 VRAAG 2:      HOE HET BRITSE KOLONIALISME DIE LEWENS VAN DIE
               INWONERS VAN DIE KAAPKOLONIE, BEĪNVLOED?

 Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

 2.1   Verwys na Bron 2A.

       2.1.1   Definieer die term kolonialisme in jou eie woorde.             (1 x 2)      (2)

       2.1.2   Wie, volgens die bron, het aan Nongqawuse verskyn?             (1 x 1)      (1)

       2.1.3   Watter instruksies, volgens die bron, was deur die twee vreemde
               geeste aan Nongqawuse aangaande die Xhosa-nasie gegee? (2 x 1)              (2)

       2.1.4   Haal bewyse uit die bron aan wat Nongqawuse gebruik het om die
               mislukking van die voorspelling te regverdig.              (1 x 1)          (1)

       2.1.5   Gebruik jou eie kennis om die gevolge van die vee-slagting op die
               Xhosa-nasie te verduidelik.                                    (2 x 2)      (4)

 2.2   Raadpleeg Bron 2B.

       2.2.1   Wie, volgens die bron, was die inheemse mense van die Kaap
               in 1652?                                                   (1 x 1)          (1)

       2.2.2   Verskaf bewyse uit die bron wat die positiewe veranderinge aandui
               wat deur die sendelinge sedert hulle aankoms in die Kaapkolonie
               gemaak is.                                                    (2 x 1)       (2)

       2.2.3   Lewer kommentaar oor die gevolge (eindresultaat) van die Ordinansie
               50 op die Boere.                                             (2 x 2)        (4)

 2.3   Bestudeer Bron 2C.

       2.3.1   Haal bewyse uit die bron aan wat die verwagtinge van die Boere wat
               vanaf die Kaapkolonie na die binneland beweeg het, voorstel. (3 x 1)        (3)

       2.3.2   Wat, volgens die bron, was die Boere se reaksie teenoor
               Verengelsing?                                                  (2 x 1)      (2)

       2.3.3   Gebruik die bron en identifiseer die redes vir die Boere se
               ontevredenheid met die sendelinge wat tot die Groot Trek gelei het.
                                                                              (4 x 1)      (4)

       2.3.4   Verduidelik waarom die Boere daarin belanggestel het om meer grond
               te kry.                                                     (2 x 2)         (4)

       2.3.5   Lewer kommentaar op die Boere se houding teenoor Swartes in die
               Kaapkolonie.                                               (2 x 2)          (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

6                                  GESKIEDENIS                            (EC/NOVEMBER 2020)

2.4 Lees Bron 2D.

      2.4.1   Wie, volgens die bron, was vir die Xhosa vee-slagting
              verantwoordelik?                                               (1 x 2)      (2)

      2.4.2   Watter boodskap dra die prent aangaande die Xhosa vee-slagting
              krisis tussen 1856–1857, oor?                                (2 x 2)        (4)

      2.4.3   Lewer kommentaar oor die bruikbaarheid van hierdie bron vir ‘n
              geskiedkundige wat die Xhosa vee-slagting van 1856–1857 navors.
                                                                             (2 x 2)      (4)

2.5 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ
    paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy die impak
    van die Britse kolonialisme op die inwoners van die Kaapkolonie verduidelik.         (6)
                                                                                        [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2020)                          GESKIEDENIS                                       7

VRAAG 3:       HOE HET DIE SUID-AFRIKAANSE OORLOG DIE LEWENS VAN
               BEIDE DIE BOERE EN SWART SUID-AFRIKANERS TYDENS DIE
               JARE 1899–1902 BEÏNVLOED?

Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.

3.1 Verwys na Bron 3A.

      3.1.1    Identifseer TWEE Boer-republieke wat by die Suid-Afrikaanse Oorlog
               betrokke was.                                                (2 x 1)         (2)

      3.1.2    Wanneer, volgens die bron, het die Suid-Afrikaanse Oorlog
               uitgebreek?                                                       (1 x 1)    (1)

      3.1.3    Noem die swart bevolkingsgroepe wat ook deur die oorlog geaffekteer
               was.                                                         (4 x 1)         (4)

      3.1.4    Gebruik jou eie kennis en verduidelik waarom die oorlog as ‘n
               ‘witmensoorlog’ bekend gestaan het.                               (1 x 2)    (2)

      3.1.5    Lewer kommentaar oor waarom die swart bevolkingsgroepe die Suid-
               Afrikaanse Oorlog as hul voordeel beskou het.              (2 x 2)           (4)

3.2 Lees Bron 3B.

      3.2.1    Verduidelik wat met ‘verskroeide aarde beleid’ bedoel word.       (1 x 2)    (2)

      3.2.2    Wat, volgens die bron, was die redes vir die toename in die aantal
               sterftes in die Swart konsentrasiekampe?                        (3 x 1)      (3)

      3.2.3    Gebruik jou eie kennis om te verduidelik waarom die behandeling van
               Swartes en Blankes in die kampe verskil het.                  (1 x 2)        (2)

      3.2.4    Lewer kommentaar op die belangrikheid van die ondertekening van
               die Verdrag van Vereeniging.                                (2 x 2)          (4)

3.3 Raadpleeg Bron 3C.

      3.3.1    Identifiseer TWEE toestande wat daarop dui dat Lizzie ŉ behoefte aan
               goeie sorg gehad het.                                         (2 x 1)        (2)

      3.3.2    Waarom, volgens die bron, was Lizzie se ma as “ongewens” beskou?
                                                                           (2 x 1)          (2)

      3.3.3    Verskaf bewyse, uit die bron, wat die redes vir die hoë sterftesyfers in
               die konsentrasiekampe aandui.                                     (4 x 1)    (4)

      3.3.4    Gebruik jou eie kennis om die verhouding tussen die Boere en die
               Britte te verduidelik.                                        (2 x 2)        (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

8                                   GESKIEDENIS                            (EC/NOVEMBER 2020)

3.4 Bestudeer Bron 3D.

      3.4.1   Watter boodskap word deur die prent oorgedra?                   (2 x 2)     (4)

      3.4.2   Vergelyk Bron 3B en Bron 3D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3B
              die bewyse in Bron 3D met betrekking tot die toestande in die
              konsentrasiekampe ondersteun.                                   (2 x 2)     (4)

3.5 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ
    paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy die impak
    van die Suid-Afrikaanse Oorlog op die lewens van beide die Boere en Swart
    Suid-Afrikaners gedurende die jare 1899–1902 verduidelik.                            (6)
                                                                                        [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/NOVEMBER 2020)                       GESKIEDENIS                                     9

AFDELING B: OPSTELVRAE

VRAAG 4:       TRANSFORMASIE IN SUIDER-AFRIKA NA 1750 – DIE OPKOMS
               VAN DIE BASOETO-KONINKRYK ONDER KONING MOSHOESHOE

Moshoeshoe was ‘n wonderlike militêre strategeeg, diplomaat en nasiebouer.

Stem jy saam met die stelling? Motiveer jou antwoord met relevante geskiedkundige
bewyse.                                                                           [50]

VRAAG 5:       KOLONIALE UITBREIDING NA 1750 – SAMEWERKING EN
               KONFLIK OP DIE HOȄVELD

Daar was baie konflik en samewerking op die Hoëveld tussen die Britte, Boere en die
Basoeto.

Bespreek hierdie stelling met verwysing na hoe die Britte die konflik suksesvol
opgelos het.                                                                    [50]

VRAAG 6:       DIE SUID-AFRIKAANSE OORLOG EN DIE UNIE – DIE
               NATURELLE GRONDWET VAN 1913

Bespreek krities die maatskaplike en ekonomiese impak van die Naturelle Grond-
wet van 1913 op die Swart bevolking.

Gebruik relevante bewyse om jou argument te staaf.                                    [50]

                                                                         TOTAAL: 150

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

## Related documents

- [HISTORY P2 GR 10 NOV2020 MEMO Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr-10-nov2020-memo-afrikaans/bb5e6e0c-b600-4321-b92b-3bb58ac61341) — History · Memo · 2020 · Afr
- [HISTORY P1 GR10 ADDENDUM NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr10-addendum-nov2020-afrikaans/183daafa-93ca-4aa1-a687-f1211be0f3be) — History · Addendum · 2020 · Afr
- [HISTORY P1 GR10 MEMO NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr10-memo-nov2020-afrikaans/e617055c-4711-4539-8400-a28a784f20f4) — History · Memo · 2020 · Afr
- [HISTORY QP GR10 NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-qp-gr10-nov2017-afrikaans/f2ffcf94-0d93-450b-a325-010a14bf632b) — History · QP · 2017 · Afr
- [HISTORY QP GR10 NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-history-2017-national-november-exam-question-paper-afrikaans/a0fb5f0f-8368-4bcd-ac1d-b7428744e0ff) — History · QP · 2017 · Afr
- [NW NSC GR 10 HISTORY P1 ENG NOV 2019](https://www.hlayiso.com/library/nw-nsc-gr-10-history-p1-eng-nov-2019/94d4b147-9a6c-4d6b-8957-6dfbc8d13def) — History · QP · 2019 · Eng

## More from Grade 10 History

- [Gr 10 His ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-his-atp-2023-24/77b69460-c4e9-4807-8d15-fdb95c83ebd3) — ATP
- [EC History Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-history-grade-10-march-2025-qp-and-memo/e50c532b-d70e-4ae5-b45d-e752d9219b14) — QP + Memo · 2025
- [LP MW History Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-mw-history-grade-10-march-2025-qp-and-memo/1ff6ebbe-b71c-4580-84c5-7daa68b46aeb) — QP + Memo · 2025
- [Gr 10 History Term 1 Controlled Test 2023 Addendum](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-history-term-1-controlled-test-2023-addendum/ef7a2e5a-0d94-49a0-a5e3-6f048454417c) — Addendum · 2023
- [HISTORY GR10 ADDENDUM NOV2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/history-gr10-addendum-nov2019-eng-d/4b18c1a7-4e17-451a-8471-e72686b424f2) — Addendum · 2019 · Eng
- [HISTORY GR10 ADDENDUM NOV2019 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/history-gr10-addendum-nov2019-afr-d/aa0f2bce-a6ce-4476-9f83-da3703070805) — Addendum · 2019 · Afr

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
