# History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2023 QP (Afr)

> Grade 11 History Paper 1 question paper from the Eastern Cape November Exam 2023 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-add-nov2023-afrikaans/24a8f7bc-1214-45c2-a15c-033f8e5014bb
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/history) › [History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-add-nov2023-afrikaans/24a8f7bc-1214-45c2-a15c-033f8e5014bb)

## About this document

History · Grade 11 · Eastern Cape November Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

           NASIONALE
       SENIORSERTIFIKAAT

              GRAAD 11

        NOVEMBER 2023

        GESKIEDENIS V1
          ADDENDUM

  Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                          (EC/NOVEMBER 2023)

VRAAG 1:     WAT WAS DIE IMPAK VAN LENIN SE NUWE EKONOMIESE BELEID OP
             DIE RUSSIESE EKONOMIE?

BRON 1A

Die onderstaande bron verduidelik die gevolge van oorlogskommunisme op die Russiese
ekonomie.

Oorlogskommunisme het in ŉ ramp ontaard, en die ekonomiese sterkte van Rusland het
op alle gebiede onder die vlak van 1914 gedaal. Landelike boere het geweet dat enige
surplus oeste deur die staat in beslag geneem sou word, en het dus net vir hulself
geproduseer. Mense op die platteland het geweier om saam te werk om kos vir die
oorlogspoging te gee, terwyl misoeste die ontberings wat deur die oorlog veroorsaak is,
vererger het. Wanvoeding en siektes was algemeen.

Die gevolg was dat industriële stede van voedsel ontneem was en werkers het begin na die
platteland verhuis om hul eie voedsel te verbou, wat die moontlikheid van ruilhandel van
industriële goedere vir voedsel verder verminder het en die lot van die oorblywende
stedelike bevolking vererger het. In totaal het voedsel aanvraag gekombineer met die
gevolge van die sewe jaar-lange oorlog en ŉ ernstige droogte bygedra tot ŉ verwoestende
hongersnood wat – verbysterende 3–10 miljoen sterftes veroorsaak het.

Werkers- en kleinboer stakings en opstande het regoor die land uitgebreek. Die Kronstadt
-rebellie van Maart 1921 het veral vir Lenin verras, wat die matrose daar as die ‘rooiste van
die Rooies’ beskou het. Hierdie opstande het verdere kommer veroorsaak, aangesien dit
deur opportunistiese linkses gelei is, wat mededinging met die Bolsjewiste veroorsaak het.
Die krisis het wydverspreide lojaliteit aan die regering ondermyn: Lenin moes nou
beslissend optree.

      [Uit https://www.historyhit.com/war-communism-lenins-plan/. Toegang op 20 Februarie 2023 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)                GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                           3

BRON 1B

Die volgende bron verduidelik die impak van die NEP op die Russiese ekonomie.

Die vereiste van NEP was die instelling van ŉ belasting in natura (goedere), vasgestel op
vlakke aansienlik laer as dié van vorige rekwisisie (aanvraag) kwotas, wat boere in staat
gestel het om hul voedsel-oorskotte op die ope mark te verkoop. Hierdie mark toegewings
het spoedig tot die denasionalisering van kleinskaalse nywerheid en dienste gelei; die
vestiging van trusts vir die verskaffing, finansiering en bemarking van die produkte van
grootskaalse nywerhede; die stabilisering van die geldeenheid; en ander maatreëls,
insluitend die toekenning van toegewings aan buitelandse beleggers wat almal ontwerp is
om die skakel tussen dorp en land te herstel.

Met verwysing na NEB as ŉ terugtrekking van die staat na die “bevelvoerende hoogtes
van die ekonomie” (grootskaalse nywerheid, bankwese, buitelandse handel), het Lenin
daarop aangedring dat dit “ernstig en vir ŉ lang tyd” nagestreef moes word. Onder die
NEB het die Sowjet-ekonomie herleef. Teen 1926–27 was die meeste ekonomiese
aanwysers op of naby vooroorlogse vlakke.

Maar die herstel via mark toegewings het gepaard gegaan met die heropkoms van 'n
‘kapitalistiese’ klas op beide die platteland (die koelakke) en die dorpe (NEB-manne),
aanhoudende werkloosheid onder werkers (waarvan sommige na die NEB verwys het as
die ‘nuwe uitbuiting van die proletariaat’), en angs binne die party oor middelklas korrupsie
en die verlies aan revolusionêre dinamika.

Die triomf van Stalin oor sy politieke mededingers, die aanvaarding van die eerste
vyfjaarplan vir industrialisasie en die besluit om ŉ ‘sosialistiese offensief’ teen die
Koelakke te begin, het effektief die afskaffing van die NEB teen 1929 aangedui.

      [Uit https://soviethistory.msu.edu/1921-2/the-new-economic-policy/. Toegang op 20 Februarie 2023
                                                                                               verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                             GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                   (EC/NOVEMBER 2023)

BRON 1C

Die bron hieronder is ŉ uittreksel uit ŉ artikel geskryf deur Walter Duranty, ŉ Anglo-
Amerikaanse joernalis wat gedurende 1922–1936 in Moskou vir The New York Times
gewerk het.

Moskou het tydens my afwesigheid van drie weke verander. Oral is vervalle en half
verwoeste geboue opgeknap en gerestoureer. Winkels, kafees en restaurante is orals
oopgemaak ... Die stad was vol kleinboere wat vrugte, groente en ander produkte verkoop
het ...

Vir die kommuniste was die NEB ongetwyfeld aanstootlik, maar vir die meerderheid
werkers het dit werk gebring wat in geld betaal sou word in plaas van waardelose papier
of vermufte rantsoene, en die sekerheid dat hulle met geld die kos en
lewensbenodigdhede kon koop …

Vir die handelaars het die NEP ŉ geleentheid gebied en die aanbreek van beter dae
beteken. Tot 9 Augustus 1921 was dit tegnies ŉ misdaad om goedere van waarde te besit
... en ŉ misdaad om enigiets te koop en te verkoop. Die NEB-besluit het alles verander ...

Aan die bokant van my straat het ek ŉ man gesien wat meel, suiker en rys op ŉ tafeltjie
verkoop het ... Teen die einde van ŉ week het hy vars eiers en groente verkoop ... Teen
middel November het hy ŉ klein winkeltjie gehuur ... Teen die volgende Mei het hy vier
verkoopsmanne in ŉ redelike-grootte winkel gehad, waar boere elke oggend vars produkte
gebring het.

Na ŉ jaar se handel ... het hy $20 000 tot $30 000 skoon wins gemaak, maar die punt is
dat sy besigheid baie boere aangemoedig het om hoenders of varkies vet te maak of
groente te plant. Dieselfde ding is oral in Rusland gedoen en die gevolge was ongelooflik.
In ŉ enkele jaar het die aanbod van voedsel en goedere van hongerpunt na iets byna
voldoende gestyg, en pryse het gevolglik gedaal.

                                         [Uit Russia and the USSR 1905–1941 deur T. Fiehn]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)              GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                          5

BRON 1D

Die onderstaande tabel illustreer hoe landbou en nywerheid onder die NEB herstel het.

                                               [Uit Making History Grade 11 deur R Deftereos et al.]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                              GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                         (EC/NOVEMBER 2023)

VRAAG 2:     WATTER MAATREËLS HET ROOSEVELT INGESTEL OM DIE
             WERKLOOSHEIDSPROBLEEM WAT DEUR DIE GROOT DEPRESSIE IN
             DIE VSA IN DIE 1930’s VEROORSAAK IS, OP TE LOS?

BRON 2A

Die onderstaande bron beskryf die redes waarom president Roosevelt besluit het om die
Nuwe Bedeling te implementeer.

Die Groot Depressie in die Verenigde State het op 29 Oktober 1929 begin, ŉ dag wat vir
ewig bekend as ‘Swart Dinsdag’ sal staan, toe die Amerikaanse aandelemark – wat byna
ŉ dekade lank geleidelik opwaarts gebrul (gestyg) het – ineengestort en die land in sy
ernstigste ekonomiese afswaai nog gedompel het.

Spekulante het hul aandele verloor; banke het misluk; die land se geldvoorraad het
verminder; en maatskappye het bankrot geraak en hul werkers in massas begin afdank.
Intussen het president Herbert Hoover geduld en selfstandigheid aangemoedig: “Hy het
gedink die krisis is net ŉ verbygaande voorval in ons nasionale lewens”, en dat dit nie die
taak van die federale regering was om te probeer oplos nie. Teen 1932, een van die
donkerste jare van die Groot Depressie, was minstens ŉ kwart van die Amerikaanse
arbeidsmag werkloos.

Toe president Franklin Roosevelt in 1933 sy amp beklee, het hy vinnig opgetree om die
ekonomie te probeer stabiliseer en werk en verligting te bied aan diegene wat gely het.
Oor die volgende agt jaar het die regering ŉ reeks eksperimentele projekte en programme
ingestel, gesamentlik bekend as die Nuwe Bedeling, wat daarop gemik was om ŉ mate
van waardigheid en voorspoed vir baie Amerikaners te herstel. Meer as dit, Roosevelt se
Nuwe Bedeling het die verhouding van die federale regering met die Amerikaanse publiek
permanent verander.

                         [Uit www.history.com/topics/new-deal. Toegang op 12 Januarie 2023 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)                GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                            7

BRON 2B

Die bron hieronder fokus op die Verligtingsprogramme van die Nuwe Bedeling.

Die Nuwe Bedeling-programme was bekend as die drie “Rs”; Roosevelt het geglo dat
Relief (verligting), Reform (hervorming) en Recovery (herstel) gesamentlik ekonomiese
stabiliteit in die land kon bring. Hervormingsprogramme het spesifiek gefokus op metodes
om te verseker dat depressies soos dié in die 1930’s nooit weer die Amerikaanse publiek
sou beïnvloed nie.

Die hulpprogramme is geïmplementeer om die voortgesette ekonomiese ineenstorting
onmiddellik te stop. Dit sluit in die Emergency Banking Act (Wet op Nood bankdienste),
wat verseker het dat slegs solvente banke oop bly, en bankvakansies wat finansiële
instellings sou sluit wanneer ŉ golf van finansiële paniek sou plaasgevind. Daarbenewens
het die Federal Emergency Relief Act (FERA), die Civil Works Administration (CWA) en
die Civilian Conservation Corps (CCC) onmiddellike ondersteuning in die vorm van
kontantbetalings en tydelike indiensneming verleen.

Die drie doelwitte van die Federal Emergency Relief Act (FERA) was (1) om effektief te
wees, (2) om werk aan indiensneembare mense op die noodlenigingsrolle te verskaf, en
(3) om ŉ uiteenlopende verskeidenheid hulpprogramme te hê. FERA het toelaes van die
federale regering aan staatsregerings verskaf vir ŉ verskeidenheid projekte op gebiede
soos landbou, kuns, konstruksie en onderwys. Baie mense wat noodlenigings hulp
ontvang het, was hoogs opgeleide, geskoolde werkers. Die hoop was dat deur baie
verskillende soorte werksgeleenthede en salarisse te verskaf wat soortgelyk was aan
werkers se vorige werk, die hele land daarby sou baat.

Die Civil Works Administration (CWA) is begin as ŉ onderafdeling van FERA met die doel
om ŉ korttermynoplossing te bied om mense weer aan die werk te kry. Die projekte onder
CWA was meer korttermyn en op ongeskoolde arbeiders gemik.

             [Uit https://dp.la/exhibitions/new-deal/reform-programs. Toegang 26 Februarie 2023 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                           (EC/NOVEMBER 2023)

BRON 2C

Hierdie bron verduidelik die Works Progress Administration (WPA).

President Franklin D. Roosevelt het die WPA op 6 Mei 1935 met ŉ uitvoerende bevel
geskep. Dit was deel van sy Nuwe Bedeling-plan om die land uit die Groot Depressie te
lig deur die finansiële stelsel te hervorm en die ekonomie tot pre-depressie vlakke te
herstel.

Die werkloosheidsyfer in 1935 was ŉ verbysterende 20 persent. Die WPA is ontwerp om
verligting aan werkloses te bied deur werk en inkomste aan miljoene Amerikaners te
verskaf. Op sy hoogtepunt aan die einde van 1938 het meer as 3,3 miljoen Amerikaners
vir die WPA gewerk.

Die WPA – wat in 1939 tot die Work Projects Administration herdoop is – het meestal
ongeskoolde mans in diens geneem om infrastruktuur projekte vir openbare werke uit te
voer. Hulle het meer as 4 000 nuwe skoolgeboue gebou, 130 nuwe hospitale opgerig,
ongeveer 9 000 myl stormdreine en rioollyne gelê, 29 000 nuwe brûe gebou, 150 nuwe
vliegvelde gebou, 280 000 myl paaie geplavei of herstel en 24 miljoen bome geplant om
die verlies aan vrugbare bogrond tydens die Stofkom te verlig.

Benewens sy bekende bou- en infrastruktuur projekte, het die WPA ook toesig gehou oor
ŉ groep programme wat gesamentlik as Federal Project Number One bekend staan.
Hierdie programme het kunstenaars, musikante, akteurs en skrywers in diens geneem.

         [Uit https://www.history.com/topics/great-depression/works-progress-administration Toegang op
                                                                             23 Februarie 2023 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)         GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                     9

BRON 2D

Die bron hieronder is ŉ voorstelling van die werkloosheid en die vordering van die
Amerikaanse ekonomie gedurende die 1930’s.

                                          [Uit: GCSE Modern World History deur Ben Walsh]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                        (EC/NOVEMBER 2023)

VRAAG 3:     HOE HET DIE NAZI’S MINDERHEIDSGROEPE IN DUITSLAND TUSSEN
             DIE 1930’s EN 1940’s VERVOLG?

BRON 3A

Hierdie bron hieronder beeld die Nazi se rasse-oortuigings en beleid in 1933 uit.

Op 30 Januarie 1933 is Adolf Hitler deur die bejaarde president Hindenburg aangewys as
kanselier, die magtigste posisie in die Duitse regering, wat gehoop het dat Hitler die land
uit sy ernstige politieke en ekonomiese krisis kon lei.

Hitler was die leier van die regse Nasionalistiese Sosialistiese Duitse Werkersparty
(kortweg ‘die Nazi-party’ genoem). Die Nazi-party was uiters anti-Semities. Dit was teen
1933 een van die sterkste partye in Duitsland, alhoewel ... die Nazi’s slegs 33 persent van
die stemme in die 1932-verkiesing tot die Duitse parlement (Reichstag) gewen het.
Kort na sy bewind aanname het Hitler vinnig beweeg om die Duitse demokrasie te
beëindig. Hy het sy kabinet oortuig om noodklousules van die grondwet aan te kondig wat
die opskorting van individuele persvryheid, spraak en vergadering moontlik gemaak het
... Die Bemagtigingswet van 23 Maart 1933 ... het Hitler diktatoriale magte gegee.

Die Nazi’s het ook in 1933 hul rasse-ideologie begin toepas. Die Nazi’s het geglo dat die
Duitse ras meerderwaardig was en dat daar ŉ stryd tussen hulle en minderwaardige rasse
was. Hulle het die Jode, Roma (Sigeuners) en gestremdes gesien as ŉ ernstige biologiese
bedreiging vir die suiwerheid van die ‘Duitse (Ariese) Ras’, wat hulle die meesterras
genoem het.

Die sowat 525 000 Jode in Duitsland was die hoofteiken van Nazi-haat. Die Nazi’s het
Jode as ŉ ras geïdentifiseer en hierdie ras as ‘minderwaardig’ gedefinieer. Hulle het ook
haatdraende propaganda bepleit wat die Jode onregverdig die skuld gegee het vir die
ekonomiese depressie van Duitsland en die nederlaag van die land in die Eerste
Wêreldoorlog (1914–1918).

                     [Uit www.myjewishlearning.com/article/1933-1939. Toegang op 1 Maart 2023 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)               GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                          11

BRON 3B

Hierdie bron verwys na die beleid van genadedood wat deur die Nazi’s gebruik word om
rasse-suiwerheid in Duitsland te behou.

Die Genadedood-program was die stelselmatige moord op geïnstitusionaliseerde
pasiënte met gestremdhede in Duitsland. Dit was ongeveer twee jaar voor die volksmoord
op die Europese Jode (die Holocaust) plaasgevind het. Die program was een van die vele
radikale eugenetiese maatreëls wat daarop gemik was om die rasse-integriteit van die
Duitse nasie te herstel. Dit het ten doel gehad om uit te skakel wat eugenetici en hul
ondersteuners as “lewe onwaardig om te lewe” beskou het: daardie individue wat –
volgens hulle – as gevolg van ernstige psigiatriese, neurologiese of fisiese gestremdhede
beide ŉ genetiese en ŉ finansiële las op die Duitse samelewing en die staat
verteenwoordig het.

In die lente- en somermaande van 1939 het ŉ aantal beplanners ŉ geheime moord
operasie begin organiseer wat op gestremde kinders gerig was. Op 18 Augustus 1939 het
die Duitse Ministerie van Binnelandse Sake ŉ dekreet/regulasie uitgevaardig wat vereis
het dat alle dokters, verpleegsters en vroedvroue pasgebore babas en kinders onder die
ouderdom van drie jaar moet aanmeld wat tekens van ernstige geestelike of liggaamlike
gestremdheid getoon het. Vanaf Oktober 1939 het openbare gesondheidsowerhede ouers
van kinders met gestremdhede begin aanmoedig om hul jong kinders toe te laat tot een
van ŉ aantal spesiaal aangewese pediatriese klinieke in Duitsland en Oostenryk. Die
klinieke was kindermoord afdelings. Daar het spesiaal gewerfde mediese personeel hul
jong pasiënte met dodelike oordosisse medikasie of deur hongersnood vermoor.

‘Genadedood’-beplanners het vinnig in die herfs van 1939 beoog om die moordprogram
uit te brei na volwasse gestremde pasiënte wat in institusionele inrigting opgeneem was.
Geskiedkundiges het geskat dat die Genadedood Program in al sy fases die lewens van
250 000 individue geëis het.

    [Uit https://encyclopedia.ushmm.org/content/en/article/euthanasia-program Toegang op 3 Maart 2023
                                                                                              verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                               GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                          (EC/NOVEMBER 2023)

BRON 3C

Hierdie bron beskryf die vervolging van sigeuners in die 1930’s in Nazi-Duitsland.

Lede van Romani-groepe het vervolging en viktimisering regoor Europa verduur in die
1930’s en 1940’s. Bekend as ‘sigeuners’ – die mense wat hulself Roma, Sinti en
Manouches (onder andere) genoem het, is volgens Duitsland se Neurenberg-wette as
mense met uitheemse bloed verklaar en het onder dieselfde volksmoord regime as
Europa se Jode gely.

Teen die einde van 1938 het Himmler beveel dat die ‘sigeuner-probleem’ ‘op grond van
hul rassekarakter’ gehanteer moet word. Sinti en Roma is van skole uitgesluit; tradisionele
beroepe – smous, perdehandel, fortuinvertelling – is gekriminaliseer, en hulle was aan
dwangarbeid onderwerp.

Met die uitbreek van die oorlog is hulle verbied om hul woonplekke te verlaat, en in
afsonderlike optrede in 1940 en 1941 is ongeveer 5 000 na arbeidskampe en ghetto’s in
Pole gedeporteer. Aan die einde van 1942 het Himmler beveel dat alle ‘sigeuners’ na
Auschwitz gestuur moet word. Vir Sinti en Roma het Auschwitz verskillende soorte trauma
behels. Op bevel van Himmler is niemand met hul aankoms doodgemaak nie, en hulle is
as gesinne in ŉ spesiale afdeling van Auschwitz-Birkenau aangehou. Voordat die kamp
aan die begin van Augustus 1944 gesluit is met die vergassing van ongeveer 4 000
oorblywende gevangenes, het die meeste reeds aan siektes, honger of uitputting gesterf
of is deur wagte vermoor.

As ŉ relatief jong bevolking was die gevangenes van die sogenaamde ‘Gypsy Family
Camp’ ook voorkeur proefpersone vir die ‘mediese’ eksperimente van Josef Mengele,
wie se siekeboeg onmiddellik langs hul kamp was. Maar ook in ander konsentrasie-
kampe is “sigeuner” mans en vroue vir eksperimente met nuwe dwelms en prosedures
gekies. Dit het nuwe (pynlike en gevaarlike) sterilisasiemetodes ingesluit, in die strewe
na ŉ vinniger en doeltreffender manier om ŉ program uit te voer om ‘rasse-ongewenstes’
te steriliseer wat reeds vanaf die middel van die 1930’s teen ‘sigeuners’ ontplooi is.

     [Uit https://www.nationalww2museum.org/war/articles/romani-holocaust-survivors-1945. Toegang op
                                                                                 1 Maart 2023 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)               GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                         13

BRON 3D

Die plakkaat hieronder toon gestremde kinders wat in die 1940’s in die genadedood
program van die Nazi’s geteiken is.

      [Uit https://www.argunners.com/wp-content/uploads/2016/11/Euthanasia-Program.jpg. Toegang op
                                                                                     3 Maart verkry.]

                                             SOMMIGE MENSE WORD
                                             GEBORE OM ’N LAS VIR
                                             ANDER TE WEES.

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                           GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                  (EC/NOVEMBER 2023)

ERKENNINGS

Visuele bronne en ander historiese bewyse is geneem uit die volgende:

https://www.historyhit.com/war-communism-lenins-plan/

https://soviethistory.msu.edu/1921-2/the-new-economic-policy/Accessed

Russia and the USSR 1905–1941 deur T. Fiehn

Making History Grade 11 deur R. Deftereos et al

www.history.com/topics/new-deal,

https://dp.la/exhibitions/new-deal/reform-programs

GCSE Modern World History deur Ben Walsh

www.myjewishlearning.com/article/1933-1939.

https://encyclopedia.ushmm.org/content/en/article/euthanasia-program

https://www.nationalww2museum.org/war/articles/romani-holocaust-survivors-1945

https://www.argunners.com/wp-content/uploads/2016/11/Euthanasia-Program.jpg

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

## Related documents

- [HISTORY P2 GR11 MEMO NOV2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr11-memo-nov2023-afrikaans/bc77cb2c-5c79-4e87-9a6b-08ed867d35f9) — History · Memo · 2023 · Afr
- [HISTORY P1 GR11 QP NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-qp-nov2020-afrikaans/2b1d86d0-5be8-4141-a226-88848f434786) — History · QP · 2020 · Afr
- [HISTORY P1 GR11 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-qp-nov2018-afrikaans/6cb39e74-871f-48a8-83aa-8ed2daee8cf7) — History · QP · 2018 · Afr
- [HISTORY P1 GR11 QP NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-qp-nov2017-afrikaans/f3d35bf3-a8e8-409a-8377-2e8e92e682ad) — History · QP · 2017 · Afr
- [HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2025 AFRIK watermark](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-memo-gr11-nov-2025-afrik-watermark/89cc90d4-f7ff-4580-84ad-6c4b84e16560) — History · Memo · 2025 · Afr
- [HISTORY P1 GR11 MEMO NOV 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-memo-nov-2022-afrikaans/f993acba-4e18-43d3-be44-054e0b37af1b) — History · Memo · 2022 · Afr

## More from Grade 11 History

- [Gr 11 His ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-his-atp-2023-24/4c199bf3-d253-42ae-b90d-b030dfc6ecc2) — ATP
- [EC History Grade 11 June 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-history-grade-11-june-2025-p2-and-memo/0051e460-14cf-43df-a19e-374c9f6a797a) — QP + Memo · 2025
- [GRADE 11 HISTORY P1 NOVEMBER 2025 MG watermark](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-history-p1-november-2025-mg-watermark/15706ac6-5464-4f6c-87c6-1a03afff8695) — Memo · 2025
- [HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/13c2bd17-2125-463d-a4b3-95b539b0a7de) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2024 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-memo-gr11-nov-2024-afr-watermark/556b3e5c-28af-4a2b-bab1-588c18c87032) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 ADDENDUM GR11 NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-addendum-gr11-nov2022-afrikaans/30b1426a-6a42-4d8b-8b07-8539250dd975) — Addendum · 2022 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
