# History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2018 Addendum

> Grade 11 History Paper 1 addendum from the Eastern Cape November 2018 (Afrikaans), 11 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-adden-nov2018-afrikaans-docx/44bb2734-455e-4085-9bb9-480772d00cfa
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Addendum
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/history) › [History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2018 Addendum](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-adden-nov2018-afrikaans-docx/44bb2734-455e-4085-9bb9-480772d00cfa)

## About this document

History · Grade 11 · Eastern Cape November · 2018 · Afrikaans. Addendum, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [HISTORY P1 GR11 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-qp-nov2018-afrikaans/6cb39e74-871f-48a8-83aa-8ed2daee8cf7) — QP · 2018 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 11

                       NOVEMBER 2018

                       GESKIEDENIS V1
                         ADDENDUM

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                 Hierdie addendum bestaan uit 11 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                              GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                      (EC/NOVEMBER 2018)

    AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

    VRAAG 1: KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940

    HOE HET RUSLAND SE DEELNAME AAN DIE EERSTE WÊRELDOORLOG
    TOT DIE ABDIKASIE VAN DIE TSAAR GELEI?

    BRON 1A

    Hierdie bron handel oor Rusland se deelname aan die Eerste Wêreldoorlog.

    Duisende Russiese troepe was na die oorlogsfront gestuur sonder behoorlike
    toerusting. Hulle het alles ontbreek: wapens, ammunisie, stewels en beddegoed.
    Soveel as ŉ derde van die Russiese soldate was nie met ŉ geweer toegerus nie.
    Aan die einde van 1914 het Rusland se hoofkwartier berig dat 100 000 nuwe
    gewere elke maand nodig was, maar dat Russiese fabrieke in staat was om minder
    as die helfte van hierdie getal te vervaardig (42 000 per maand). Die soldate was
    egter goed bewapen met gebede, aangesien Russies-Ortodokse biskoppe en
    priesters ywerig gewerk het om diegene wat gereed was om te veg, te seën deur
    hulle ryklik te besproei met heilige water uit ŉ emmer ...

    Teen Desember 1914 het die Russiese leër 6,553,000 mans gehad. Hulle het egter
    net 4,652,000 gewere gehad. Onopgeleide troepe was opgeroep om te veg sonder
    voldoende wapens of ammunisie. En omdat die Russiese leër vir elke 10 000 mans
    sowat een chirurg gehad het, het baie gewonde soldate aan wonde gesterf wat
    andersins op die Westelike Front behandel sou gewees het. Met mediese
    personeel wat versprei was oor ŉ 500 myl front, was die waarskynlikheid van enige
    Russiese soldaat wat mediese behandeling moes ontvang, byna nul.
                                            [Vanuit Alan Woods, Tsarist Russia and the War]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)             GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                         3

  BRON 1B

  Hierdie bron verduidelik die verhouding tussen Rasputin en die Tsarina en die
  impak wat dit op Rusland gehad het.

  Die Tsarina se blinde geloof in Rasputin het haar gelei om sy raad te soek, nie net
  in persoonlike aangeleenthede nie, maar ook op staatsbeleidsvraagstukke.
  Generaal Alekseyev, wat deur Nicholas II in hoë aansien gehou is, het probeer om
  met die Tsarina oor Rasputin te praat, maar het net daarin geslaag om ŉ
  onversoenbare vyand van haar te maak. Generaal Alekseyev het my later vertel
  van sy groot bekommernis toe hy uitvind dat ŉ geheime kaart van militêre
  operasies sy weg na die Tsarina se hande gevind het. Maar soos baie ander was
  hy magteloos om enige aksie te neem.

  Op 19 Januarie was Goremykin vervang deur Sturmer, ŉ ekstreme reaksionêr wat
  die idee van enige vorm van gewilde verteenwoordiging of plaaslike selfregering
  gehaat het. Nog belangriker, het hy ongetwyfeld geglo in die behoefte aan 'n
  onmiddellike staking van die oorlog met Duitsland.

  Gedurende sy eerste paar maande in die kantoor was Sturmer ook Minister van
  Binnelandse Sake, maar die pos van Minister van Buitelandse Sake was nog
  steeds deur Sazonov gehou, wat sterk ten gunste was om die alliansie met
  Brittanje en Frankryk te eerbiedig en die oorlog tot die bitter einde te voer; wat ook
  die Kabinet se verpligting erken het om ŉ beleid te volg in ooreenstemming met
  die sentimente van die meerderheid in die Doema.

  Op 9 Augustus was Sazonov egter skielik ontslaan. Sy portefeulje was deur
  Sturmer oorgeneem en op 16 September is Protopopov as Minister van
  Binnelandse Sake aangestel. Die amptelike regering van die Russiese Ryk was
  nou heeltemal in die hande van die Tsarina en haar adviseurs.

                                                  [Vanui: Russia and History’s Turning Point]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                               GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                      (EC/NOVEMBER 2018)

    BRON 1C

    Hierdie bron verduidelik die rol van die Voorlopige Regering na die abdikasie van
    die Tsaar.

    Die beleid van die Voorlopige Regering het afgewissel tussen ondoeltreffende
    hervormings en streng onderdrukkende maatreëls. ŉ Edik van die Sosialistiese
    Minister van Arbeid het al die Werkerskomitees beveel om voortaan eers na
    werksure te ontmoet. Onder die troepe op die oorlogsfront was ‘agitators’
    (oproepmakers) van die opposisie politieke partye gearresteer, radikale koerante
    gesluit en die doodstraf toegepas – tot revolusionêre propagandiste. Pogings was
    aangewend om die Rooiwag te ontwapen. Kosakke moes orde in die provinsies
    handhaaf.

    In September 1917 het sake ŉ krisis bereik. Teen die oorweldigende sentiment van
    die land het Kerensky en die ‘gematigde’ sosialiste daarin geslaag om ŉ koalisie-
    regering met die grondbesittende klas te stig; en as gevolg hiervan het die
    Mensjewiste en Sosialistiese Revolusionêre die vertroue van die volk vir ewig
    verloor.

    Week na week het voedsel skaars geword. Die daaglikse toelae van brood het van
    ŉ pond en ŉ half tot ŉ pond geval, toe drie-kwart-, half- en ŉ kwart-pond. Teen die
    einde was daar ŉ week sonder enige brood. ŉ Persoon was net geregtig op suiker
    van twee pond per maand – as mens dit kon kry, wat selde was. ŉ Blok sjokolade
    of ŉ pond smaaklose lekkergoed kos sowat sewe tot tien roebels – ten minste ŉ
    dollar. Vir melk en brood en suiker en tabak moes ŉ mens in die ry staan. Toe ek
    terugkom vanaf ŉ hele nag-vergadering het ek die stert (agterkant) sien vorm voor
    dagbreek, meestal vroue, sommige met babas in hul arms.

                                          [Vanuit John Reed, Ten Days That Shook the World]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)               GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                           5

  BRON 1D

  Hierdie bron beeld die invloed van Rasputin oor die Tsaardom uit.

         [Angepas vanuit http://sfr-21.org/war-communism.html. Toegang op 05 April 2018 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                          (EC/NOVEMBER 2018)

    VRAAG 2: KAPITALISME IN DIE VSA, 1900–1940

    WAT WAS DIE OORSAKE VAN DIE GROOT DEPRESSIE?

    BRON 2A

    Hierdie bron verduidelik die redes en die impak van die Fordney-McCumber Wet.

    Die Fordney-McCumber Wet het tariewe verhoog tot hoër vlakke as voorheen in
    die Amerikaanse geskiedenis in ŉ poging om die na-oorlogse ekonomie te
    versterk, nuwe oorlogsbedrywe te beskerm en boere te help. Belasting op
    breekgoed (‘chinaware’), ystergerei, tekstiele, suiker en relings is herstel na die
    hoë vlakke van 1907 en stygings van 60 tot 400 persent is op kleurstowwe,
    chemikalieë, kant- en rayontekstiele en hardeware vasgestel. Tariewe op ŉ
    verskeidenheid landbouprodukte was verhoog. Alhoewel die tariewe die groei van
    monopolie in die Verenigde State aangemoedig het, het hulle dit ook vir die
    Europese magte moeilik gemaak om genoeg dollars te verdien om oorlogskuld te
    betaal. Ander nasies het gereageer deur hul tariewe te verhoog en sodoende die
    uitvoere van die Verenigde State te beperk en die mark te beperk. Hierdie faktore
    het gehelp om die swakhede te skep wat die Depressie veroorsaak het.

                       [Vanuit Neil Wynn, The A to Z from the Great War to the Great Depression]

    BRON 2B

    Hierdie bron verduidelik die periode van welvaart wat in Amerika plaasgevind het
    in die 1920’s.

    In Amerika word die daaglikse lewe van die meerderheid op ŉ skaal gestel wat
    gereserveer is vir die bevoorregte klasse enige ander plek. Die gebruik van die
    telefoon, byvoorbeeld, is baie wydverspreid. In 1925 was daar 15 intekenare vir
    elke 100 inwoners in vergelyking met 2 in Europa en sowat 49 000 000 gesprekke
    per dag. Die draadloos (radio) is vinnig besig om ŉ soortgelyke posisie vir homself
    te wen, want selfs in 1924 het die plaasboere alleen meer as 550,000 radio’s besit.

    Statistieke vir 1925 toon dat die Verenigde State 81 persent van al die motors wat
    bestaan het, besit, of een vir elke 5,6 mense, in vergelyking met een vir elke 49 en
    54 in Brittanje en Frankryk. Alhoewel die bevolking nie meer as 6 persent van die
    wêreldtotaal oorskry nie, verbruik die Verenigde State byna driekwart van die
    beskikbare aanbod van rubber en petrol, twee derdes van al die rou sy en een
    kwart van die suiker.

                                                [Vanuit Andre Siegfried, America Comes of Age]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                           7

  BRON 2C

  Hierdie bron verduidelik hoe mense in aandele belê en ryk geword het.

  Die algemene aandele van hul land het die afgelope tien jaar aansienlik
  toegeneem, omdat die land se besigheid (handel) toegeneem het. Tien dollar belê
  tien jaar gelede in die algemene aandele/voorraad van General Motors sou nou
  meer as ŉ miljoen en ŉ half dollar werd wees. En General Motors is net een van
  baie eerste-klas industriële korporasies.

  As ŉ man $15 per week spaar en in goeie algemene aandele belê en die dividende
  en regte kan ophoop, sal hy aan die einde van twintig jaar minstens $80,000 hê en
  'n inkomste van beleggings van sowat $400 per maand. Hy sal ryk wees. En omdat
  inkomste dit kan doen, is ek vas in my oortuiging dat enigiemand nie net ryk kan
  wees nie, maar ryk behoort te wees.

                      [Vanuit John J. Raskob, Everybody Ought to be Rich, Ladies Home Journal]

  BRON 2D

  Hierdie bron beeld die gevolge van die ineenstorting van die aandelemark uit.

                      [Vanuit https://spartacus-educational.com. Toegang op 05 April 2018 verkry.]

*Verskoon my vriend, is dit die broodlyn of ŉ toeloop op die bank?

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                          (EC/NOVEMBER 2018)

    VRAAG 3: IDEES VAN RAS IN DIE LAAT 19DE EN 20STE EEUE

    WATTER MAATREËLS HET HITLER GEÏMPLEMENTEER OM DIE JODE TE
    VERVOLG?

    BRON 3A

    Hierdie is ŉ uittreksel vanuit ‘Law for the Protection of German Blood and
    German Honour (15th September, 1935)’ wat deel van die Nuremburg Wette
    gevorm het.

    Deurtrek met die insig dat die suiwerheid van die Duitse bloed ŉ voorwaarde is vir
    die voortdurende voortbestaan van die Duitse volk en geïnspireer deur die
    onbuigsaamheid om die bestaan van die Duitse nasie vir alle tye te verseker, het
    die Reichstag eenparig die volgende wet aanvaar wat hiermee gepromulgeer
    word:

    (1)   Huwelike tussen Jode en onderdane van Duits of verwante bloed is verbode.
          Huwelike wat nogtans gesluit is, is ongeldig, selfs al is dit in die buiteland
          gesluit om hierdie wet te omseil.

    (2)   Slegs die staatsprokureur mag die annuleringshofsaak inisieer.

    (3)   Buite-egtelike omgang tussen Jode en onderdane van Duits of verwante
          bloed is verbode.

    (4)   Jode mag nie in hul huishoudings vroue-onderdane van Duitse of verwante
          bloed indiens neem wat jonger as vyf en veertig jaar oud is nie.

    (5)   Jode word verbied om die Ryk en die nasionale vlag te hys en die Reich-
          kleure te vertoon.

    (6)   Hulle is egter toegelaat om die Joodse kleure te vertoon. Die uitoefening van
          hierdie reg geniet die beskerming van die staat.

                      [Vanuit https://spartacus-educational.com. Toegang op 05 April 2018 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)             GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                            9

  BRON 3B

  Hierdie is ŉ uittreksel uit David Buffam’s (American Consul in Leipzig) se verslag van
  die Kristallnacht (Nag van die Gebroke Glas) in November, 1938.

  Die verbrokkeling van winkelvensters, plundering van winkels en wonings van Jode het
  in die vroeë oggendure van 10 November 1938 plaasgevind en is in die Nazi-pers beskou
  as ŉ “spontane golf van regverdige verontwaardiging in Duitsland deur die lafhartige
  Joodse moord van Derde Sekretaris von Rath in die Duitse ambassade in Parys.”

  In een van die Joodse afdelings (geboue) is ŉ 18-jarige seun uit ŉ drieverdiepingvenster
  geslinger en het op ŉ straat deurtrek van brandende beddens geland met albei sy bene
  gebreek. Die hoofstrate van die stad was ŉ positiewe rommel van gebreekte bordglas. Al
  die sinagoges was onherstelbaar deur vlamme gebrand. Een van die grootste
  klerewinkels is vernietig. Geen pogings aan die kant van die brandweer is gemaak om
  die vuur te blus nie. Dit is uiters moeilik om te glo, maar die eienaars van die klerewinkel
  was eintlik daarvan beskuldig dat hulle die vuur aan die brand gesteek het en op daardie
  basis is hulle om 18:00 van hul beddens gesleep en in die gevangenis geneem en baie
  manlike Duitse Jode is na konsentrasiekampe gestuur.

                           [Vanuit https://spartacus-educational.com. Toegang op 05 April 2018 verkry.]

  BRON 3C

  Hierdie is ŉ uittreksel vanuit Rudolf Höss (commandant of Auschwitz) se ondervinding
  van die doodmaak van Jode by die Auschwitz doodskamp.

  In die lente van 1942 het die eerste groep Jode, almal bestem vir uitwissing, vanuit Opper-
  Silesië aangekom.

  Dit was baie belangrik dat die hele aangeleentheid van aankoms en die uittrek van klere
  in ŉ atmosfeer van die grootste moontlike kalmte moes plaasvind. Mense wat huiwerig
  was om hul klere uit te trek, moes gehelp word deur hul metgeselle wat reeds uitgetrek
  het, of deur mans van die Spesiale Afdeling.

  Baie van die vroue het hul babas onder die stapels klere weggesteek. Die mans van die
  Spesiale Afdeling was veral op die uitkyk vir hierdie, en het woorde van bemoediging aan
  die vrou toegespreek totdat hulle haar oorreed het om die kind saam met haar te neem.
  Ek het opgemerk dat vroue wat óf geraai of geweet het wat hulle te wagte is, nietemin die
  moed gekry het om met die kinders te skerts of om hulle aan te moedig, ten spyte van
  die doodsvrees wat in hul eie oë sigbaar was.

  Een vrou het my genader terwyl sy verby gestap het en, terwyl sy na haar vier kinders
  gewys het wat manmoedig (dapper) die kleinste enetjies oor die rowwe grond gehelp
  het, het sy gefluister: “Hoe kan jy jouself bring om sulke pragtige, liewe kinders te
  vermoor? Het jy glad nie ŉ hart nie?”

  Een ouman, soos hy by my verbygeloop het, het gesis: “Duitsland sal ŉ swaar straf betaal
  vir hierdie massamoord op die Jode.” Sy oë het van haat gegloei soos hy dit gesê het.
  Nietemin het hy kalm in die gaskamer geloop.

                          [Vanuit: https://spartacus-educational.com. Toegang op 05 April 2018 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                              GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                        (EC/NOVEMBER 2018)

  BRON 3D

  Hierdie bron beeld die Joodse slagoffers van die Auschwitz doodskamp uit.

                   [Vanuit https: //www.google.co.za/search?tbm=isch&q=extermination+camps&chips=q:
               extermination+camps,online_chips:auschwitz&usg=AI4. Toegang op 05 April 2018 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)           GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                  11

  ERKENNINGS

  Uittreksels en visuele bronne wat in die addendum gebruik word, is geneem of
  aangepas uit die volgende publikasies:

  Tames, R. – Last of the Tsars, London: Pan Macmillan

  Alan Woods, Tsarist Russia and the War

  John J. Raskob, Everybody Ought to be Rich

  www.spartacushistory.com. Toegang op on 05 April 2018 verkry.

  Curtiss, JS, The Russian Revolutions of 1917. Princeton; Anvil Von Nostrand

  Verwerk uit http://sfr-21.org/war-communism.html. Toegang op 05 April 2018
  verkry

  www.sahistory.org.za/article/great-depression-usa-grade-11. Toegang op 11 April
  2018 verkry.

  http://ic.galegroup.com/ic/uhic. Toegang op 10 April 2018 verkry.

  www.sahistory.org.za/article/great-depression-usa-grade-11. Toegang op 13 April
  2018 verkry.

  Making History Grade 11 by Defterios, R et al, Heinemann, 2006

  Via Afrika History Grade 11 Learner’s Book, by S. Grove et al at bladsy 134

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

## Related documents

- [HISTORY P1 GR11 ADDEN NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-adden-nov2018-afrikaans/fac8a9c0-5784-4961-9990-8f4abac03612) — History · Addendum · 2018 · Afr
- [HISTORY P1 GR11 MEMO NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-memo-nov2018-afrikaans/bc915bce-d755-44f3-bcee-54a9c7c80127) — History · Memo · 2018 · Afr
- [HISTORY P2 GR11 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr11-qp-nov2018-afrikaans/778cdf0b-5646-4949-aaad-8a3458592e12) — History · QP · 2018 · Afr
- [HISTORY P1 GR11 MEMO NOV 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-memo-nov-2022-afrikaans/f993acba-4e18-43d3-be44-054e0b37af1b) — History · Memo · 2022 · Afr
- [HISTORY P1 GR11 MEMO SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-memo-sept2020-afrikaans/de87c1a6-c3b2-4fe1-8fa7-a5a4ef35c1c6) — History · Memo · 2020 · Afr
- [HISTORY P1 GR11 QP NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-qp-nov2020-afrikaans/2b1d86d0-5be8-4141-a226-88848f434786) — History · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 11 History

- [Gr 11 His ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-his-atp-2023-24/4c199bf3-d253-42ae-b90d-b030dfc6ecc2) — ATP
- [EC History Grade 11 June 2025 P1 only](https://www.hlayiso.com/library/ec-history-grade-11-june-2025-p1-only/555be0f1-39a3-47b5-8fec-f622076c09d3) — QP · 2025
- [EC History Grade 11 June 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-history-grade-11-june-2025-p2-and-memo/0051e460-14cf-43df-a19e-374c9f6a797a) — QP + Memo · 2025
- [GRADE 11 HISTORY P1 NOVEMBER 2025 MG watermark](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-history-p1-november-2025-mg-watermark/15706ac6-5464-4f6c-87c6-1a03afff8695) — Memo · 2025
- [HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/13c2bd17-2125-463d-a4b3-95b539b0a7de) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2025 AFRIK watermark](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-memo-gr11-nov-2025-afrik-watermark/89cc90d4-f7ff-4580-84ad-6c4b84e16560) — Memo · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
