# History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2020 Addendum

> Grade 11 History Paper 1 addendum from the Eastern Cape November 2020 (Afrikaans), 10 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-adden-nov2020-afr-d/be53eff7-a913-4008-ade1-1c2f2a686080
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 11
- Document type: Addendum
- Year: 2020
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/history) › [History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2020 Addendum](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-adden-nov2020-afr-d/be53eff7-a913-4008-ade1-1c2f2a686080)

## About this document

History · Grade 11 · Eastern Cape November · 2020. Addendum, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

          NASIONALE
      SENIOR SERTIFIKAAT

             GRAAD 11

        NOVEMBER 2020

        GESKIEDENIS V1
          ADDENDUM
         EKSEMPLAAR

               *IHISTA3*

   Hierdie addendum bestaan uit 10 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                             (EC/NOVEMBER 2020)

 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

 VRAAG 1: WAT WAS DIE OORSAKE VAN DIE 1917 RUSSIESE REWOLUSIE?

 BRON 1A

 Hierdie bron beklemtoon die toestande in Rusland voor die 1905 Rewolusie.

 Die sosiale, ekonomiese en politieke toestand in Rusland voor 1905 was agtergeblewe.
 Sosiaal was 85% van Rusland se bevolking landboukundig. Die nywerhede was daar, maar
 was selde in privaat besit. Werkers was op grond van beroep verdeel. Hulle het hoofsaaklik
 na stede vir indiensneming in fabrieke gemigreer. Die boeregemeenskap was diep
 godsdienstig, maar het nie veel vir die adel omgegee nie. Hulle het geglo dat die grond
 onder hulself verdeel moes word.

 Rusland het ŉ slegte ekonomiese tydperk beleef. Pryse van noodsaaklike goedere het
 toegeneem terwyl reële (ware) lone met 20% gedaal het wat tot die beroemde St.
 Petersburg-staking gelei het. Hierdie staking het ŉ reeks gebeure begin wat saam as die
 1905-rewolusie bekend gestaan het. Tydens hierdie rewolusie, was daar stakings regoor
 die land, universiteite het gesluit, en verskeie professionele persone en unies het op die
 daarstelling van ŉ konstituerende/grondwetlike vergadering aangedring.

 Politieke partye was onwettig voor 1914. Die Russiese Sosiaal-Demokratiese Werkers
 Party is in 1898 gestig deur sosialiste wat Marx se idees gerespekteer het. In 1903 is hierdie
 party in twee groepe verdeel – Mensjewieke en Bolsjewiste. Die Bolsjewiste, wat die
 meerderheid was, was deur Lenin, wat as die grootste denker op sosialisme na Marx
 beskou was, gelei.

    [Uit http://www.toppr.com/ask/question/what-were-the-social-economic-and-political-conditions-in-russia/.
                                                                       Toegang op 23 Maart 2020 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                  GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                       3

 BRON 1B

 Hierdie bron beklemtoon die oorsake van die van 1905-rewolusie in Rusland.

 Die 1905-rewolusie in Rusland het begin toe gewapende magte ŉ groep vreedsame
 betogers buite die Tsaar se Winterpaleis in St. Petersburg aan die brand gesteek het. Daar
 was egter baie faktore in die opbou tot die rewolusie in 1905. Oproerings in Rusland was
 selde en vreedsaam in die tydperk voor 1905. Sedert die implementering van Tsarisme in
 Rusland, het die regimes stadig ontwikkel in meer van ŉ outokratiese instansie wat sy wil
 op die mense afgedwing het met min agting vir menslike lewe en vryheid. Sedert die 1860’s
 was daar geleidelike veranderinge in regerings-, regs-, maatskaplike en ekonomiese
 beleidsimplementering, maar die politieke stelsel is onveranderd gelaat. Terselfdertyd het
 Rusland oorlog gevoer teen Japan as gevolg van mededingende imperialistiese ambisies
 in die gebied.

 Rusland het in ŉ oorlog met Japan betrokke geraak en geglo dat hy die oorhand het, en
 aanvanklik het binnelandse sentiment in Rusland verbeter. Dit het egter gou vir die mense
 duidelik geword dat die oorlog teen Japan nie soos beplan verloop het nie. Die groot
 nederlae op land en see het die Russiese publiek geskok en hul oortuiging dat die huidige
 regering ŉ swak, onderdrukkende en kwynende regime was versterk. Die oorlog teen Japan
 het ook die Russiese mense tuis nadelig beïnvloed. Met die finale nederlaag van Rusland
 deur Japan, is die regering as onbevoeg beskou en alle vertroue was verlore. In ŉ daad
 van finale minagting en ŉ oproep om verandering, het ŉ groep mense na die Tsaar se
 Winterpaleis in St. Petersburg gemarsjeer om vreedsaam ŉ petisie aan Tsaar Nicholas II
 te oorhandig.

      [Uit www.cram.com>essay>causes-of-the-1905-russian-revolution. Toegang op 24 Maart 2020 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                             (EC/NOVEMBER 2020)

 BRON 1C

 Hierdie foto toon die gevange soldate van die Russiese 2 de leër na hul nederlaag in die
 Slag van Tannenberg.

        [Uit https://www.independent.co.uk/news/world/world-history/history-of-the-first-world-war-in-100-
        moments/history-first-world-war-100-moments-russia-loses-army-battle-tannenberg-9247186.html
                                                                  Toegang op 10 Oktober 2020 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                  GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                        5

 BRON 1D

 Die onderstaande bron verduidelik die Februarie-rewolusie in Rusland in 1917.

 Die Februarie-rewolusie in Rusland het begin toe onluste en stakings oor
 voedselskaarsheid in Petrograd uitgebreek het. Een week later, is eeue van Tsaristiese
 heerskappy in Rusland beëindig met die abdikasie van Nicholas II, en Rusland het ŉ
 dramatiese stap nader aan ŉ kommunistiese rewolusie geneem.

 Teen 1917 het die meeste Russe geloofwaardigheid in die leierskapsvermoë van die
 Tsaristiese regime verloor. Regeringskorrupsie was algemeen, die Russiese ekonomie was
 agtergeblewe en Nicholas het herhaaldelik die Duma, die Russiese parlement wat ná die
 Rewolusie van 1905 gestig was, ontbind namate dit sy wil teengestaan het. Maar die
 onmiddellike oorsaak van die Februarie Rewolusie was Rusland se rampspoedige
 betrokkenheid in die Eerste Wêreldoorlog. Militêr gesproke, was imperiale Rusland geen
 opposisie vir die geïndustrialiseerde Duitsland nie, en Russiese ongevalle was groter as
 enige ander land wat in enige vorige oorlog betrokke was. Intussen is die ekonomie
 hopeloos ontwrig deur die duur oorlogspoging en gematigdes het by die Russiese radikale
 elemente aangesluit in hul oproep tot die omverwerping van die Tsaar.

 Op 8 Maart 1917, het betogers wat vir brood geskree het, hul protes na die strate in die
 Russiese hoofstad van Petrograd geneem. Ondersteun deur 90 000 stakende mans en
 vroue, het die betogers met die polisie gebots, maar het geweier om die strate te verlaat.
 Op 10 Maart het die staking na al die werkers van Petrograd versprei, en ŉ woedende skare
 werkers het polisiestasies vernietig.

 Op 11 Maart is die troepe van die Petrograd weermag-garnisoen uitgeroep om die opstand
 te onderdruk. In sommige van die skermutselinge het betogers gesterf namate regimente
 op hulle begin skiet het, maar die betogers het in die strate gebly en die troepe het begin
 wankel. Op daardie dag, het Nicholas weer die Duma ontbind. Op 12 Maart het die
 rewolusie geseëvier nadat regiment op regiment van die Petrograd-garnisoen oorgeloop
 het om by die stryd van die betogers aan te sluit. Die soldate, ongeveer 150 000 mans, het
 daarna komitees gevorm wat adjunkte tot die Petrograd Sowjet verkies het.

   [Uit www.history.com>hierdie-dag-in-geskiedenis"FebruaryRevolution-begin. T oegang op 24 Maart 2020
                                                                                               verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                        (EC/NOVEMBER 2020)

 VRAAG 2: WAT WAS DIE GEVOLGE VAN DIE GROOT DEPRESSIE OP DIE
          AMERIKAANSE SAMELEWING IN DIE 1930’s?

 BRON 2A

 Hierdie bron fokus op die impak van die Groot Depressie op die Amerikaanse ekonomie.

 Die Groot Depressie word beskou as die ergste en langste ekonomiese krisis wat ooit die
 westerse ekonomieë getref het. Gedurende die 1930’s, het byna al die vlaktes (gebiede)
 van die VSA ŉ droogte beleef. Baie gewasse was beskadig as gevolg van hoë temperature,
 onvoldoende reënval, sterk winde en die besmetting van gewasse deur insekte. Daar word
 aangevoer dat hierdie depressie in die landbousektor ŉ groot rol gespeel het om die Groot
 Depressie teweeg te bring.

 Die depressie het in die Verenigde State onmiddellik na die ineenstorting van die New York
 se aandelebeurs in 1929 begin. Die krisis het tot 1939 aangehou. Teen 1932 het die
 waardes van voorraad tot 20% van hul oorspronklike waarde gedaal, en in 1933 het omtrent
 11 000 uit die 25 000 banke en finansiële instellings in die Verenigde State van Amerika
 ineengestort as gevolg van ŉ aantal redes wat ŉ afname in die waarde van eiendom, gebrek
 aan kliënte as gevolg van die paniek wat ontstaan het en nie-betaling van lenings, insluit.

 Soos hierbo aangedui, was dit die tydperk toe die hoogste werkloosheidsyfer en laagste
 inkomste ervaar is. Die depressie het daartoe gelei dat fabrieke, banke en groot sake-
 entiteite in duie gestort het wat duisende burgers beide werkloos en met geen geld gelaat
 het om kos op die tafel te sit nie. Die daling in die aandele wat op 24 Oktober 1929
 plaasgevind het, is Swart Donderdag genoem.

    [Uit www.ukessays.com> essays> economics>economic-impact-of-the-great-depression-economics-essay.
                                                                 Toegang op 11 Februarie 2020 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                     GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                            7

 BRON 2B

 Die onderstaande bron skets die sosiale gevolge van die Groot Depressie op die
 Amerikaanse samelewing.

 Die samelewing was beide negatief en ietwat positief geaffekteer deur die Groot Depressie.
 Dit het mense tot selfmoord gedryf weens die uiterste swaarkry en armoede wat hulle in die
 gesig gestaar het. Maar aan die ander kant het dit ook familie-eenhede nader gebring. In
 die samelewing as ŉ algemene entiteit, het misdaadsyfers gestyg namate diegene wat deur
 hul werkgewer afgelê was, hulself na geringe diefstal gewend het om te oorleef.
 Wanvoeding was algemeen aangesien mense nie genoeg gesonde kos gehad het om te
 eet nie. Mense het selfmoord in die strate gepleeg om die felheid (hardheid) van die Groot
 Depressie te ontsnap.

 Desperate vroue wat kos op die tafel moes sit het hulself toenemend na prostitusie gewend,
 omdat die huidige kultuur en ekonomie onvoldoende inkomste gegenereer het. As gevolg
 van die houding van die mense wat die meeste deur die Groot Depressie geaffekteer was,
 was gesondheidsorg in wese geïgnoreer. Mense het eenvoudig nie geld gehad om aan
 basiese behoeftes soos kos, klere, skuiling en gesondheidsorg te bestee nie. Hospitale was
 selde besoek – slegs wanneer hulle met ernstige omstandighede oorval was.

 Benewens selfmoord, was alkohol ŉ ander ontsnapping uit die ellendige omstandighede.
 Alkoholisme was aan die toeneem soos nog nooit tevore. Slagoffers van die Depressie het
 gewoonlik hul alkoholisme met rook aangevul.

  [Uit https://sites.google.com/a/g.coppellisd.com/all-about-the-great-depressio/home/social-effects. Toegang
                                                                                 op 11 Februarie 2020 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                              (EC/NOVEMBER 2020)

 BRON 2C

 Hierdie bron ontbloot die lyding wat vroue tydens die Groot Depressie deurgemaak het.

 Vroue en mans het die Groot Depressie baie anders ervaar. Aangesien mans gewoond
 was om die broodwinners te wees het hulle gevoel dat hulle mislukkings was namate hulle
 werkloos geraak en nie meer vir hul families kon voorsien nie. Maar die Depressie het die
 belangrikheid van vroue beklemtoon, aangesien hulle groter huishoudelike rolle moes hê
 om te help om uitgawes te dek. Vroue wat werksgeleenthede gesoek het, is dikwels
 verwerp en as bannelinge (uitgeworpenes) uitgewys omdat hulle ‘werksgeleenthede vanaf
 meer verdienstelike mans weggeneem het’.

 Verskillende vroue het ook verskillende ervarings met die Groot Depressie gehad.
 Ouderdom, huwelikstatus en ras was net ŉ paar van baie faktore wat hul ervarings verander
 het. Plaasfamilies en vroue in besonder het egter veral gesukkel weens die erge droogte
 wat tot die Stofbak en mislukking van baie plase gelei het. Om ŉ werk te hê, het nie
 oorlewing vir werkende vroue gewaarborg nie. Lone vir vroue was uiters laag en was ook
 onderworpe aan vermindering. Fabriekswerk en naaldwerk sou dikwels net $5 of minder
 elke week huis toe bring. Hoewel die verkryging van werk makliker vir vroue as mans tydens
 die Groot Depressie was, was werkloosheid onder vroue nog hoog. Vir die 20 tot 50% van
 vroue wat die enigste werkers in die gesin was, was werkloosheid ŉ bedreiging vir hul
 bestaan.

 Die Depressie was veral hard op swart Amerikaanse vroue. Hierdie minderheidswerkers
 wat voorheen posisies soos huishoudings beklee het, het hul posisies verloor aan wit vroue
 wat in hierdie tyd die arbeidsmag betree het. Swart Amerikaanse vroue wat in stede gewoon
 het, het dikwels geen ander keuse gehad as om hul te wend na straathoeke, slawemarkte
 en hul arbeid vir baie lae lone aan te bied nie.

         [Uit https://sites.google.com/a/g.coppellisd.com/all-about-the-great-depression/home/social-effects.
                                                                      Toegang op 11 Februarie 2020 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                    GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                           9

 BRON 2D

 Hierdie foto toon Florence Owens Thompson, ŉ behoeftige ertjieplukker in Nipomo,
 Kalifornië, saam met haar kinders in Maart 1936.

                     [Uit https://www.biography.com/artist/dorothea-lange. Toegang op 05 April 2020 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                           GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                     (EC/NOVEMBER 2020)

 ERKENNINGS

 Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende verkry:

 http://www.toppr.com/ask/question/what-were-the-social-economic-and-political-
 conditions-in-russia/

 www.cram.com>essay>causes-of-the-1905-russian-revolution

 https://www.independent.co.uk/news/world/world-history/history-of-the-first-world-war-in-
 100-moments/history-first-world-war-100-moments-russia-loses-army-battle-tannenberg-
 9247186.html

 www.history.com>hierdie-dag-in-geskiedenis"FebruaryRevolution-begin-

 www.ukessays.com> essays> economics>economic-impact-of-the-great-depression-
 economics

 https://sites.google.com/a/g.coppellisd.com/all-about-the-great-depressio/home/social-
 effects

 https://sites.google.com/a/g.coppellisd.com/all-about-the-great-depression/home/social-
 effects

 https://www.biography.com/artist/dorothea-lange

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [HISTORY P1 GR11 MEMO SEPT2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-memo-sept2020-afr-d/a1bb39a8-9b8f-46c3-aa27-ef362d56f700) — History · Memo · 2020 · Afr
- [HISTORY P1 GR11 MEMO SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-memo-sept2020-afrikaans/de87c1a6-c3b2-4fe1-8fa7-a5a4ef35c1c6) — History · Memo · 2020 · Afr
- [HISTORY P1 GR11 QP NOV2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-qp-nov2020-afr-d/c9994dd1-e95d-47ee-ac45-ae9a47093e34) — History · QP · 2020 · Afr
- [HISTORY P1 GR11 QP NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-qp-nov2020-afrikaans/2b1d86d0-5be8-4141-a226-88848f434786) — History · QP · 2020 · Afr
- [HISTORY P1 GR11 QP NOV2020 English](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-qp-nov2020-english/849ca3b6-dac5-46e3-b520-479b5a629248) — History · QP · 2020 · Eng
- [HISTORY P2 GR11 QP ADDEN MEMO NOV2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr11-qp-adden-memo-nov2020-afr-d/f4ce5226-dfa5-4a4a-b5de-9f57509c6472) — History · Addendum · 2020 · Afr

## More from Grade 11 History

- [Grade 11 History P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-history-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1/9fdb86cf-1aac-4c90-9f22-a176bf0d4d37) — Memo · 2026 · Eng
- [Gr 11 His ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-his-atp-2023-24/4c199bf3-d253-42ae-b90d-b030dfc6ecc2) — ATP
- [EC History Grade 11 June 2025 P1 only](https://www.hlayiso.com/library/ec-history-grade-11-june-2025-p1-only/555be0f1-39a3-47b5-8fec-f622076c09d3) — QP · 2025
- [EC History Grade 11 June 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-history-grade-11-june-2025-p2-and-memo/0051e460-14cf-43df-a19e-374c9f6a797a) — QP + Memo · 2025
- [GRADE 11 HISTORY P1 NOVEMBER 2025 MG watermark](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-history-p1-november-2025-mg-watermark/15706ac6-5464-4f6c-87c6-1a03afff8695) — Memo · 2025
- [HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/13c2bd17-2125-463d-a4b3-95b539b0a7de) — Memo · 2025 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
