# History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2022 Addendum

> Grade 11 History Paper 1 addendum from the Eastern Cape November 2022 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-adden-nov2022-afrikaans/eaec592e-60fb-47ae-9e4e-c411ede23344
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Addendum
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/history) › [History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2022 Addendum](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-adden-nov2022-afrikaans/eaec592e-60fb-47ae-9e4e-c411ede23344)

## About this document

History · Grade 11 · Eastern Cape November · 2022 · Afrikaans. Addendum, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

         NASIONALE
     SENIOR SERTIFIKAAT

             GRAAD 11

       NOVEMBER 2022

      GESKIEDENIS V1
        ADDENDUM

    Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                          (EC/NOVEMBER 2022)

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

VRAAG 1:       HOE HET STALIN SE VYFJAARPLANNE RUSLAND TOT ’N
               GEÏNDUSTRIALISEERDE STAAT TEEN 1939 OMSKEP?

BRON 1A

Hierdie bron verduidelik die redes waarom Stalin die Eerste Vyfjaarplan in Rusland
geïmplementeer het.

Leon Trotsky, Gregory Zinoviev, Lev Kamenev en ander linksgesinde lede van die
Politburo was nog altyd ten gunste van die vinnige industrialisering van die Sowjetunie.
Stalin was teen hierdie standpunt gekant. Hy het hulle daarvan beskuldig dat hulle teen
die idees van Lenin gaan wat verklaar het dat dit uiters belangrik is om ‘die alliansie tussen
die werkers en die kleinboere te bewaar’. Toe linkse lede van die Politburo die bou van ŉ
hidro-elektriese kragstasie op die Dnieper-rivier bepleit (ondersteun) het, het Stalin hulle
daarvan beskuldig dat hulle ‘super-industrialiseerders’ is en gesê dat dit gelykstaande is
aan die voorstel dat ŉ kleinboer ‘ŉ grammofoon in plaas van ŉ koei koop’.

Toe Stalin die behoefte aan kollektivisering aanvaar het, moes hy ook van plan oor
industrialisasie verander. Sy raadgewers het vir hom gesê dat die Sowjetunie met die
modernisering van boerdery 250 000 trekkers sou benodig. In 1927 het hulle net 7 000
gehad. Sowel as trekkers was daar ook ŉ behoefte om die olievelde te ontwikkel om die
nodige petrol te verskaf om die masjiene aan te dryf. Kragstasies moes ook gebou word
om plase van elektrisiteit te voorsien.

Stalin het egter skielik beleid verander en dit duidelik gemaak dat hy sy beheer oor die
land sal gebruik om die ekonomie te moderniseer. Die eerste Vyfjaarplan wat in 1928
ingestel is, het gekonsentreer op die ontwikkeling van yster en staal, masjiengereedskap,
elektriese krag en vervoer. Stalin het die werkers hoë teikens gestel. Hy het ŉ toename
van 111% in steenkoolproduksie, 200% toename in die produksie van yster en 335%
toename in elektriese krag geëis. Hy het hierdie eise geregverdig deur te beweer dat
indien vinnige industrialisasie nie sou plaasvind nie, die Sowjetunie homself nie sou kon
verdedig teen ŉ inval uit kapitalistiese lande in die Weste nie.

                     [Uit https://spartacus-educational.com/RUSfive.htm. Toegang op 6 Mei 2021 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                  GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                              3

BRON 1B

Hierdie bron verduidelik hoe Stalin die landbou-, industriële en militêre sektore in Rusland
tydens die Tweede Vyfjaarplan verbeter het.

Die Tweede Vyfjaarplan (1933–37) het die primêre klem op die swaar industrie voortgesit.
Teen 1932 het Stalin besef dat beide die ekonomie en die samelewing ernstig oorbenut
was. Alhoewel nywerhede nie sy produksieteikens kon bereik en landbou agteruitgang in
vergelyking met 1928-opbrengste getoon het, het Stalin verklaar dat die Eerste
Vyfjaarplan sy doelwitte in vier jaar suksesvol bereik het. Daarna het hy meer realistiese
doelwitte gestel.

Onder die Tweede Vyfjaarplan (1933–37) het die staat aandag aan verbruikersgoedere
geskenk, en die fabrieke wat tydens die eerste plan gebou is, het gehelp om industriële
uitsette in die algemeen te verhoog. Teen die laat 1930’s het gekollektifiseerde plase egter
ietwat beter presteer. In 1935 het ŉ nuwe wet individuele kleinboere toegelaat om private
erwe te hê, waarvan hulle op die opemark kon verkoop. Volgens amptelike statistieke het
die bruto landbouproduksie tydens die Tweede Vyfjaarplan met net minder as 54 persent
toegeneem. In teenstelling hiermee het bruto industriële produksie meer as verdubbel.

In die middel-1930’s, in reaksie op dreigende militêre gevaar van fascistiese lande, was
die Sentrale Komitee van die Party en die Sowjet-regering gedwing om die voorheen
beplande oriëntasie en werksnelheid van die verdedigingsbedryf te hersien, en om ŉ
oorgang van die saamgestelde stelsel van die bou van ŉ gereelde Rooi Leër te
bewerkstellig. Terselfdertyd is die struktuur van die verdedigingsbedryf verbeter. In
Januarie 1938, op die aanbeveling van die People’s Commissariat of the Defense
Industry, was People’s Commissariat-takke geskep vir lugvaart, die skeepsboubedryf,
ammunisie en wapens. Die verdedigingsondernemings is deur tegniese kaders versterk.
In een jaar alleen, 1938, is vyfduisend jong ingenieurs aan hulle toegewys.

  [Uit https://www.globalsecurity.org/military/world/russia/industry-stalin-2fyp.htm. Toegang op 6 Mei 2021
                                                                                                    verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                            GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                   (EC/NOVEMBER 2022)

 BRON 1C

 Die tabel hieronder beskryf die produksiesyfers tydens die Vyfjaarplanne.

                              1928                  1937                     1940

    Gietyster
    miljoen ton                3,3                  14,5                     14,9

    Staal
    miljoen ton                 4                   17,7                     18,3

    Steenkool
    miljoen ton               35,4                  128                      165,9

    Olie
    miljoen ton               11,7                  28,5                     31,1

    Elektrisiteit
    miljoen kilowatts          5,1                  36,2                     48,3

    Motorvoertuie
    (000s=duisende)            0,8                  200                      245,4

    Tenke (000s)
    (000s=duisende)            0,2                   1,5                      2,8

    Vegvliegtuie (000s)
    (000s=duisende)            0,2                   3,4                      8,2

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                            5

 BRON 1D

 Die onderstaande bron omskryf die impak van Stalin se Vyfjaarplanne op Rusland.

 Teen 1939 was Russiese industriële produksievlakke baie hoër as wat hulle in 1928 was.
 Die Sowjetunie kon ŉ groot rol speel in die nederlaag van Duitsland tydens die Tweede
 Wêreldoorlog en het as ŉ supermoondheid na vore gekom, wat slegs tweede na die VSA
 geplaas was.

 Gesentraliseerde besluitneming onder die Vyfjaarplanne was nie altyd die
 doeltreffendste manier om ŉ ekonomie te bestuur nie. Spesifieke suksesse was egter
 die verbeterde voorsiening van elektrisiteit en die groter aantal masjiene wat gebou is.
 Byna alle swaar nywerhede het aansienlike toenames in produksie geniet. Daar was
 baie grootskaalse industriële en bou ontwikkelings, soos die Dnieperdam, die Moskou-
 metro en die staalwerke by Magnitogorsk, Gorky en Kutznetsk.

 Die lewe vir baie gewone Russe het ná 1917 verbeter. Hulle het stadsbehuisingskemas,
 universele gesondheidsorg, pensioene en siektevoordele gehad. Vanaf 1934 was dit
 verpligtend vir kinders om elf jaar van onderwys te ontvang. Ongeletterdheid het van
 ongeveer 50% in 1924 tot 19% in 1939 gedaal. Die USSR was ook grootliks vry van die
 werkloosheid wat in die 1930’s in ander lande ondervind was.

 Baie van die nuwe rykdom van die land is nooit deur gewone burgers gesien nie. Die
 meeste daarvan het na die regering gegaan om te betaal vir meer industrialisasie, sowel
 as vir militêre en polisiëringskoste en die burokrasie wat beheer oor die ekonomie gehou
 het. Daar was min in die pad van luukse verbruikersgoedere en soms was daar ŉ tekort
 aan noodsaaklikhede.

 [Uit https://www.nationalarchives.gov.uk/education/leaders-and-controversies/g4/cs3/. Toegang op 7 Mei
                                                                                           2021 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                  GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                         (EC/NOVEMBER 2022)

VRAAG 2:       HET ROOSEVELT SE NUWE BEDELING DIE DOELWITTE VAN
               VERLIGTING, HERVORMING EN HERSTEL VAN DIE AMERIKAANSE
               EKONOMIE BEREIK?

BRON 2A

Hierdie bron verduidelik die doelwitte van die Nuwe Bedeling in Amerika in die 1930's

Die term Nuwe Bedeling het ontstaan uit Franklin Roosevelt se toespraak in 1932 wat die
Demokratiese Party se benoeming vir president aanvaar het. Tydens die konvensie het
Roosevelt verklaar: “Ek belowe jou, ek belowe myself, ŉ nuwe bedeling vir die Amerikaanse
mense.” Alhoewel Roosevelt op daardie stadium nie konkrete beleidsvoorstelle in gedagte
gehad het nie, het die frase ‘Nuwe Bedeling’ baie van sy programme ingesluit wat ontwerp
was om die Verenigde State uit die Groot Depressie te lei.

Die Nuwe Bedeling het ŉ wye verskeidenheid federale regeringsprogramme geskep wat
probeer het om ekonomiese verligting aan die lyding te bied, private bedryf te reguleer en
die ekonomie te laat groei. Die Nuwe Bedeling word dikwels opgesom deur die “Drie Rs”:
(Relief verligting) vir werkloses, (Recovery – herstel) van die ekonomie deur federale
besteding en werkskepping), en (Reform – hervorming) van kapitalisme, (deur middel van
regulatoriese wetgewing en die skepping van nuwe maatskaplike welsynsprogramme).

Roosevelt se Nuwe Bedeling het die grootte en omvang van die federale regering aansienlik
uitgebrei, en sodoende die Amerikaanse politieke kultuur fundamenteel hervorm rondom die
beginsel dat die regering verantwoordelik is vir die welsyn van sy burgers. Soos een
historikus dit gestel het: “Voor die 1930's het nasionale politieke debat dikwels gedraai om
die vraag of die federale regering in die ekonomie moet ingryp. Na die Nuwe Bedeling het
debat berus oor hoe dit moet ingryp.”

    [Uit https://www.khanacademy.org/humanities/us-history/rise-to-world-power/great-depression/a/the-new-
                                                                   deal. Toegang op 21 Junie 2021 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                              7

BRON 2B

Die onderstaande bron beskryf die verskillende wette wat president Roosevelt tydens sy
Nuwe Bedeling geïmplementeer het.

Roosevelt se teorie in die herbou van die ekonomie het berus op die idee (denkwyse) van
beperkte produksie. Hy wou hê dat boere, arbeiders en sakemanne minder moes begin
produseer in die hoop dat vraag en aanbod die mark sal herstel. Daarom het baie van sy
wetgewing gedurende die eerste 100 dae op die bekamping van produksie gefokus.

Die Agricultural Adjustment Act was byvoorbeeld hoofsaaklik op boere gemik. Om
produksie te besnoei, het die wet boere betaal om minder grond te bewerk. Roosevelt het
ook op die nywerheidsektor gefokus. Die National Industrial Recovery Act was die
middelpunt van Roosevelt se Nuwe Bedeling-wetgewing. Weereens het hierdie wet
probeer om die oorproduksie van goedere te voorkom.

Roosevelt, onder die National Industrial Recovery Act, het die National Recovery
Administration (NRA) geskep, wat ŉ toename in arbeidslone en ŉ afname in ure wat
gedurende ŉ week gewerk moet word, aangemoedig het. Die oplossing het vir ŉ kort
tydperk gewerk, maar ŉ afname in die ekonomie en die onwilligheid van werkgewers om
belangrike Nasionale-Herstel-Administrasie-kodes te verorden (om te gebruik) het die
program benadeel.

Die Agricultural Adjustment Act en die National Recovery Administration, wat ingevolge
die National Industrial Recovery Act gebore is, was na verwagting twee belangrike
programme wat moes help om die Amerikaanse ekonomie te help. Inplaas daarvan het
albei programme gesukkel. Die Agricultural Adjustment Act kon nie verantwoording doen
vir die deelboere nie; deelboere was individue wat betaal was om op ŉ boer se plaas te
werk. Aangesien die wet minder boerdery aangemoedig het, het deelboere werkloos
geword.

 [Uit https://study.com/academy/lesson/franklin-d-roosevelt-and-the-first-new-deal-the-first-100-days.html.
                                                                         Toegang op 11 April 2020 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                   GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                          (EC/NOVEMBER 2022)

 BRON 2C

 Hierdie bron verduidelik die Tennessee Valley Authority.

 Roosevelt het ook die Tennessee Valley Authority (TVA) geskep, met die doel om
 werkloosheid in die Tennessee-riviervallei te moderniseer en te verminder, een van die
 armste en hardste-getrefde streke in die land. Die agentskap het plaaslike werkers gehuur
 om ŉ reeks damme en hidro-elektriese kragsentrales op te rig, wat goedkoop elektrisiteit
 aan duisende mense gebring het. Die openbare korporasie het ook bekostigbare
 werknemers behuising geskep, goedkoop kunsmis vervaardig en duisende hektaar vir
 boerdery gedreineer.

 Roosevelt het ook die Tennessee Valley Authority (TVA) geskep, en hul doelwit was om
 te moderniseer en werkloosheid in Tennessee River-valleistreek te verminder, een van
 die armste en mees geaffekteerde streke in die land. Die agentskap het plaaslike werkers
 gehuur om ŉ reeks damme en hidro-elektriese kragsentrales te bou, wat goedkoop
 elektrisiteit na duisende mense gebring het. Die publieke korporasie het ook bekostigbare
 werkersbehuising geskep, vervaardig goedkoop bemestingstowwe en het duisende
 akkers vir boerdery gedreineer.

 Die TVA, soos die AAA, was hoogs kontroversieel. Baie konserwatiewes het beweer dat
 die regering se produksie van elektrisiteit ŉ ligte vorm van sosialisme was en dat dit
 markpryse te veel ontwrig het. Mededingende elektriese maatskappye het ook die TVA
 gekritiseer vir die verkoop van goedkoper elektrisiteit en die verlaging van hul winste. Tog
 het die TVA so ŉ diepgaande impak op die ekonomie en lewensgehalte in die Tennessee
 River-valleistreek gehad dat die federale regering soortgelyke projekte regoor die Weste
 en Suide geïnisieer het. Binne ŉ dekade is baie groot Amerikaanse riviere opgestel om
 hidro-elektriese krag te produseer wat elektrisiteit en werk verskaf het.

    [Uit https://www.sparknotes.com/history/american/depression/section5/page/2. Toegang op 12 Junie 2019
                                                                                                  verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)              GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                           9

 BRON 2D

 Hierdie plakkaat beeld die Wet op Maatskaplike Sekerheid van 1935 uit.

        [Uit https://apps.irs.gov/app/understandingTaxes/student/whys_thm02_les04.jsp. Toegang op 10
                                                                             September 2021 verkry.]

  MEER SEKURITEIT VIR DIE AMERIKAANSE FAMILIE

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                           (EC/NOVEMBER 2022)

VRAAG 3:      WAT WAS DIE IMPAK VAN PSEUDO-WETENSKAPLIKE RASTEORIEË
              OP NAZI-RASSEBELEIDE IN DIE 1930’s EN 1940’s?

BRON 3A

Hierdie bron beklemtoon die oorsprong van Sosiale Darwinisme.

Sosiale Darwinisme is ŉ los stel ideologieë wat in die laat 1800’s ontstaan het waarin
Charles Darwin se evolusieteorie deur natuurlike seleksie gebruik is om sekere politieke,
sosiale of ekonomiese sienings te regverdig. Sosiale Darwiniste glo in “oorlewing van die
sterkste” – die idee dat sekere mense magtig word in die samelewing omdat hulle
aangebore beter is.

Sosiale Darwinisme was gebruik om imperialisme, rassisme, eugenetika en sosiale
ongelykheid op verskeie tye oor die afgelope eeu en ŉ half te regverdig. Volgens Darwin
se evolusieteorie sal slegs die plante en diere wat die beste by hul omgewing aangepas,
oorleef om voort te plant en hul gene na die volgende generasie oor te dra. Diere en plante
wat swak aangepas by vir hul omgewing, sal nie oorleef om voort te plant nie. Charles
Darwin het sy idees oor natuurlike seleksie en die evolusieteorie in sy invloedryke 1859-
boek, The Origin of Species gepubliseer.

Darwin se evolusieteorie deur natuurlike seleksie was ŉ wetenskaplike teorie wat daarop
gefokus was om sy waarnemings oor biologiese diversiteit te verduidelik en waarom
verskillende spesies plante en diere anders lyk. Tog in ŉ poging om sy wetenskaplike
idees aan die Britse publiek oor te dra, het Darwin gewilde konsepte geleen, insluitend
‘oorlewing van die sterkste,’ van sosioloog Herbert Spencer en ‘stryd om te bestaan’ van
ekonoom Thomas Malthus, wat vroeër geskryf het oor hoe menslike samelewings met
verloop van tyd ontwikkel.

     [Uit https://www.history.com/topics/early-20th-century-us/social-darwinism. Toegang op 12 Mei 2021
                                                                                                verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)               GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                       11

BRON 3B

Hierdie uittreksel verduidelik hoe eugenetika-beleide in Duitsland geïmplementeer was.

Op Julie 14, 1933, het die Nasionaal-Sosialiste die Wet vir die Voorkoming van Oorerflike
Siek Nageslag ingestel. Gevolglik is honderdduisende mense met geweld gesteriliseer.
Ander is vermoor. Teen die somer van 1933 het die Nazi's Duitsland stewig in hulle greep
gehad. Met hierdie nuutgevonde mag het die verregse party besluit om die Duitse
samelewing na ŉ beeld van hul eie te vorm.

Die wet het bepaal dat mense wat aan spesifieke siektes ly, met geweld gesteriliseer kan
word om die verspreiding van oorerflike siektes te voorkom. Volgelinge van die
eugenetikabeweging het geglo dat die Duitse bevolking geneties ‘verbeter’ kan word en
die wet verwelkom. Vir die slagoffers van gedwonge sterilisasie het hierdie gewelddadige
fisiese indringing (versteuring) ŉ lewe sonder die moontlikheid om kinders te hê, beteken.
Baie was erg getraumatiseerd en hul hele lewe gely.

Die Nasionaal-Sosialiste het gehoop om die droom van ‘meesterras’ te bewaarheid
waarin ‘siek’ en ‘swak’ mense geen plek gehad het nie. Die nuwe wet het die tipes “siekte”
gelys wat die sterilisasie van draers geregverdig het. Hierdie lys het aangebore
geestesgebrek, skisofrenie, epilepsie, oorerflike doofheid en blindheid ingesluit, asook
mense met ‘enige ernstige oorerflike misvorming’ en alkoholiste. “'n Mens kan nie sê dat
dit die ‘bose’ Nazi's alleen was nie,” het Christiane Rothmaler gesê, ŉ dokter en historikus
wat baie jare lank die geskiedenis van gedwonge sterilisasie ondersoek het. Sy weet dat
die kwessie van eugenetika reeds in die 19de eeu bespreek was.

  [Uit:https://www.dw.com/en/remembering-the-victims-of-nazi-eugenics/a-16945569 Toegang op 12 Mei
                                                                                      2021 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                            GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                        (EC/NOVEMBER 2022)

BRON 3C

Hierdie bron verduidelik die gevolge van Duitsland se sterilisasiebeleid op nie-Ariërs in
Duitsland in die 1940’s.

Rita Reinhardt Seibel is die dogter van Gabriel en Theresia Reinhardt. Sy en haar suster,
Rolanda, is op 3 Maart 1943 in Wuerzburg gebore, waar haar ouers albei in die Stadt-
teater gewerk het. In 1941 is verskeie lede van Theresia se familie na die Gestapo se
hoofkwartier gebring waar hulle gedwing was om sterilisasie magtigingsvorms te
onderteken. Hulle is met deportasie gedreig as hulle geweier het. Voordat Theresia se
sterilisasie geskeduleer was, het sy ŉ bewuste besluit geneem met haar kêrel, Gabriel,
om swanger te raak.

Teen die tyd toe sy vir die prosedure ingeroep is, was sy drie maande swanger met ŉ
tweeling. Toe dit deur die rasse-praktiseerdes ontdek is, is sy en haar gesin aangehou en
is na Berlyn gestuur om te bepaal wat gedoen moet word. Die reaksie was dat Theresia
toegelaat moet word om die swangerskap voort te sit op voorwaarde dat die babas met
hul geboorte na die kliniek by die Universiteit van Wuerzburg oorgegee sou word. Daar
het dr. Werner Heyde, professor in neurologie en psigiatrie, en ŉ sleutellid van die Nazi-
genadedood program, navorsing oor tweelinge gedoen. Die tweeling is gebore in die
teenwoordigheid van dr. Heyde by die Universiteit van Wuerzburg. Hulle was toegelaat
om kort verblyf by die huis saam met hul ouers te hou, maar was oor die algemeen beperk
tot die kliniek.

... Theresia en Gabriël het kennisgewings ontvang om vir deportasie aan te meld. Die
babas is nie ingesluit nie, en Theresia het dadelik na die kliniek gegaan om hulle te sien.
Toe sy daar aankom, is daar vir haar gesê sy kan hulle nie sien nie, maar Theresia het
haar pad ingestoot. Sy het Rolanda dood in ŉ saal met ŉ verband om haar kop gevind,
die slagoffer van eksperimente met oogkleur. Histeries met hierdie ontdekking, het
Theresia die oorlewende tweeling, Rita, gegryp en gevlug.

                                  [Uit http://www.prezi.com Toegang op 27 September 2021 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)               GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                         13

BRON 3D

Hierdie bron beeld uit Gabriel en Theresia Reinhardt, ŉ Sinti-egpaar,wat hul tweeling-
kinders, Rolanda en Rita in ŉ stootwaentjie, langs die Domstrasse in Wuerzburg onder
Nazi-begeleiding tydens ŉ propaganda-fotosessie in April 1943 stoot.

   [Uit https://collections.ushmm.org/search/catalog/pa1151175. Toegang op 27 September 2021 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                            GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                    (EC/NOVEMBER 2022)

 ERKENNINGS

 Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:

 https://spartacus-educational.com/RUSfive.htm

 https://www.globalsecurity.org/military/world/russia/industry-stalin-2fyp.htm

 https://www.nationalarchives.gov.uk/education/leaders-and-controversies/g4/cs3/

 https://www.khanacademy.org/humanities/us-history/rise-to-world-power/great-
 depression/a/the-new-deal

 https://study.com/academy/lesson/franklin-d-roosevelt-and-the-first-new-deal-the-first-
 100-days.html.

 https://www.sparknotes.com/history/american/depression/section5/page/2.

 https://apps.irs.gov/app/understandingTaxes/student/whys_thm02_les04.jsp.

 https://www.history.com/topics/early-20th-century-us/social-darwinism

 https://www.dw.com/en/remembering-the-victims-of-nazi-eugenics/a-16945569

 http://www.prezi.com.

 https://collections.ushmm.org/search/catalog/pa1151175

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

## Related documents

- [HISTORY P1 GR11 MEMO NOV 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-memo-nov-2022-afrikaans/f993acba-4e18-43d3-be44-054e0b37af1b) — History · Memo · 2022 · Afr
- [HISTORY P1 GR11 ADDEN NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-adden-nov2018-afrikaans/fac8a9c0-5784-4961-9990-8f4abac03612) — History · Addendum · 2018 · Afr
- [HISTORY P2 QP GR11 NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-qp-gr11-nov2022-afrikaans/43fc33cf-1230-4b19-b533-ba8a29c8e3a5) — History · QP · 2022 · Afr
- [HISTORY P1 GR11 MEMO SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-memo-sept2020-afrikaans/de87c1a6-c3b2-4fe1-8fa7-a5a4ef35c1c6) — History · Memo · 2020 · Afr
- [HISTORY P1 GR11 QP NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-qp-nov2020-afrikaans/2b1d86d0-5be8-4141-a226-88848f434786) — History · QP · 2020 · Afr
- [HISTORY P1 GR11 MEMO NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-memo-nov2019-afrikaans/f207eb91-1755-4f92-a1be-ae41241c8da2) — History · Memo · 2019 · Afr

## More from Grade 11 History

- [Gr 11 His ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-his-atp-2023-24/4c199bf3-d253-42ae-b90d-b030dfc6ecc2) — ATP
- [EC History Grade 11 June 2025 P1 only](https://www.hlayiso.com/library/ec-history-grade-11-june-2025-p1-only/555be0f1-39a3-47b5-8fec-f622076c09d3) — QP · 2025
- [EC History Grade 11 June 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-history-grade-11-june-2025-p2-and-memo/0051e460-14cf-43df-a19e-374c9f6a797a) — QP + Memo · 2025
- [GRADE 11 HISTORY P1 NOVEMBER 2025 MG watermark](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-history-p1-november-2025-mg-watermark/15706ac6-5464-4f6c-87c6-1a03afff8695) — Memo · 2025
- [HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/13c2bd17-2125-463d-a4b3-95b539b0a7de) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2025 AFRIK watermark](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-memo-gr11-nov-2025-afrik-watermark/89cc90d4-f7ff-4580-84ad-6c4b84e16560) — Memo · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
