# History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2019 Addendum

> Grade 11 History Paper 1 addendum from the Eastern Cape November 2019 (Afrikaans), 16 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-addendum-nov2019-afr-d/7cdbb4ed-ae5e-4925-bdbd-f00a9044145e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 11
- Document type: Addendum
- Year: 2019
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/history) › [History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2019 Addendum](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-addendum-nov2019-afr-d/7cdbb4ed-ae5e-4925-bdbd-f00a9044145e)

## About this document

History · Grade 11 · Eastern Cape November · 2019. Addendum, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                          GRAAD 11

                     NOVEMBER 2019

                     GESKIEDENIS V1
                       ADDENDUM

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                             *IHISTA3*

                 Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                            (EC/NOVEMBER 2019)

 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

 VRAAG 1: KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940

 WAT WAS DIE OORSAKE VAN DIE RUSSIESE REVOLUSIE VAN 1917?

 BRON 1A

 Hierdie bron is ŉ uittreksel uit die petisie van Vader Gapon aan die tsaar op
 5 Januarie 1905 by die Winterpaleis. Die petisie het die ongelukkigheid van die
 werkersklas uiteengesit en gevra vir ekonomiese en politieke hervormings.

 ‘Ons, werkers en inwoners van die stad St. Petersburg ... het na u toe gekom,
 Soewerein, om geregtigheid en beskerming te soek. Ons is arm en onderdruk, ons
 word belas met werk en word beledig. Ons eerste versoek was dat ons werkgewers
 ons behoeftes met ons bespreek. Maar hulle het geweier om dit te doen. Ons ander
 versoeke was ook onwettig: om die werksdag tot agt uur te verminder; dat hulle
 saam met ons, ons salaris moet vasstel en dat ons daarmee kan saamstem.

 Hulle het ons verslaaf en hulle het dit gedoen onder die beskerming van u
 amptenare, met hul hulp en met hul samewerking. Hulle arresteer en verban diegene
 van ons wat die moed het om namens die belange van die werkersklas en die mense
 te praat.

 Sou dit nie beter wees as ons, die slagoffers van die hele Rusland, sou sterf nie?
 Laat die kapitaliste – uitbuiters van die werkersklas – en die burokrate – swendelaars
 (diewe) van publieke fondse en die plunderaars van die Russiese bevolking – leef
 en hulself geniet.

 Hier soek ons ons laaste verlossing ... Gee die opdrag, sweer om aan hierdie
 behoeftes te voorsien, en u sal Rusland gelukkig sowel as heerlik maak, en u naam
 sal vir altyd in ons harte en die harte van ons nageslag bly. Maar as u nie die bevel
 gee nie, as u nie op ons gebed reageer nie, sal ons hier sterf, op hierdie plein voor
 u paleis. Daar is net twee paaie vir ons, die een na vryheid en geluk, die ander na
 die graf.”

    [Uit https://alphahistory.com/russianrevolution/bloody-sunday-petition-1905. Toegang op 05 April
                                                                                            verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)             GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                           3

 BRON 1B

 Hierdie bron is ŉ uittreksel uit ŉ boek geskryf deur Meriel Buchanan, dogter van
 die Britse ambassadeur in Rusland wat tussen 1910 en 1918 in St. Petersburg
 gewoon het. Die bron verduidelik die oorsake van die groeiende onrus in 1916.

 ‘Die klagtes het van alle kante gekom van ŉ volk wat deur die oorlog uitgeput is,
 ontnugter, verlore in ŉ eindelose kring van foute. Generaal Polivanov [Minister van
 Oorlog] is vervang deur ŉ swak, kleurlose man wat niks gedoen het om die
 stygende ontevredenheid in die leër te stuit nie. Sergey Sazanov, wat die minister
 van buitelandse sake vir byna ses jaar was, wie se liefde vir sy land en vir Engeland
 gehelp het om die twee groot nasies bymekaar te hou, is vervang met Sturmer, die
 man met die Duitse naam en Duitse simpatie.

 Voedsel het al hoe skaarser geword, die toue buite die broodwinkels het regdeur
 die lengte van die pad gestrek. Daar is uit alle oorde gesê dat die handelaars en
 winkeliers groot winste opgebou het ten die koste van die mense.

 Dit lyk asof Rasputin se mag by die Winterpaleis elke dag toeneem ...

 Ek het al gehoor dat mense met waagmoed albei doen sedert ek terug is in
 Engeland. ‘Rusland het ons verraai!’ ‘Rusland het ons in die steek gelaat!’ Hoe
 gereeld hoor ons hierdie frases – maar weet die mense wat dit sê hoe Rusland
 gely het? Het hulle in die eerste jare van die oorlog in Rusland gewoon, die tekort
 aan elke soort ammunisie, die verskriklike lyding van die troepe, die
 hartverskeurende verliese tydens daardie terugwyking gesien toe die soldate geen
 wapens gehad het om hulself te verdedig maar terug moes veg met stokke en
 klippe?

                           [Uit Petrograd: The City of Trouble, 1914–18 deur Meriel Buchanan]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                  GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                            (EC/NOVEMBER 2019)

 BRON 1C

 Die onderstaande bron beeld Russiese krygsgevangenes uit, na die Slag van
 Tannenberg, Augustus 1914.

 [Uit http://greatwarproject.org/wp-content/uploads/2014/08/web-tannenberg-getty.jpg. Toegang op
                                                                                  05 April verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                              5

 BRON 1D

 Die onderstaande bron is ŉ uittreksel uit ŉ artikel geskryf deur die Kommunistiese
 Party van die Sowjetunie in 1938. Dit gee ŉ Sowjet-weergawe van die Februarie-
 rewolusie van 1917.

 Op 18 Februarie 1917 het ŉ staking by die Putilov-werke in Petrograd uitgebreek.
 Op 23 Februarie, op versoek van die Petrograd-Bolsjewiste, het werkende vroue
 in die strate uitgekom om teen honger, oorlog en tsaristiese bewind te betoog. Die
 politieke staking het tot ŉ algemene politieke betoging teen die tsaristiese stelsel
 begin groei. Op 24 Februarie is die betoging met nog groter ontevredenheid hervat.
 Ongeveer 200,000 werkers was reeds besig om te staak ...

 Op 26 Februarie het die Bolsjewistiese Sentrale Komitee ŉ manifes uitgereik
 waarin hulle gevra het dat die gewapende stryd teen die tsaristiese bewind en die
 vorming van ŉ voorlopige rewolusionêre regering voortgesit moet word. Op 27
 Februarie het die troepe in Petrograd geweier om op die werkers te skiet en hulle
 het saam met die mense in opstand gekom. Die getal soldate wat teen die oggend
 van 27 Februarie by die opstand aangesluit het, was nog nie meer as 10 000 nie,
 maar teen die aand was dit reeds meer as 60 000.

 Die werkers en soldate wat in opstand gekom het, het tsaristiese ministers en
 generaals begin arresteer en het die rewolusionêres uit die tronk bevry. Die
 vrygestelde politieke gevangenes het by die rewolusionêre stryd aangesluit. ...
 Maar die troepe het vinnig aan die kant van die werkers oorgegaan, en dit het die
 lot van die tsaristiese outokrasie bepaal. Toe die nuus oor die oorwinning van die
 rewolusie in Petrograd na ander dorpe versprei het, het die werkers en soldate oral
 die tsaristiese amptenare begin ontslaan. Die Februarie burger-demokratiese
 rewolusie het geseëvier.
    [Uit https: //alphahistory.com/russianrevolution/soviet-account-of-the-february-revolution-1938.
                                                                        Toegang op 05 April verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                  GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                           (EC/NOVEMBER 2019)

 VRAAG 2: KAPITALISME IN DIE VSA, 1900–1940

 WAT WAS DIE IMPAK VAN DIE GROOT DEPRESSIE OP DIE LEWENS VAN
 AMERIKANERS IN DIE 1930’s?

 BRON 2A

 Die bron hieronder beskryf die impak van die Groot Depressie op mans in die VSA.

 Die spanning van finansiële druk het ŉ sielkundige prys gehad, veral op mans wat
 skielik nie in staat was om vir hul gesinne te sorg nie. Die nasionale selfmoordsyfer
 het tot ŉ hoogtepunt in 1933 gestyg.

 Huwelike het gespanne geraak, alhoewel baie paartjies dit nie kon bekostig om te
 skei nie. Die egskeidingsyfers het gedaal gedurende die 1930’s alhoewel
 verlatenheid toegeneem het. Sommige mans het hul gesinne verlaat as gevolg van
 verleentheid of frustrasie. Dit was soms ŉ ‘arm-man egskeiding’ genoem.

 Na raming het meer as twee miljoen mans en vrouens reisende hobo’s geword.
 Baie van hierdie was tieners wat van mening was dat hulle ŉ las vir hul gesinne
 geword het en het die huis verlaat op soek na werk. Dit was erger vir mans as
 hoofde van die gesinne omdat hulle nie iets op die tafel kon sit nie.

 Die ry van treine – onwettige klim op van goederetreine – het ŉ algemene, maar
 gevaarlike manier geword om te reis. Diegene wat die land deurreis het, op soek
 na werk, het gereeld in ‘Hoovervilles’ gekampeer, die dorpe vernoem na Herbert
 Hoover, president gedurende die vroeë jare van die Groot Depressie.

    [Uit https:https//www.history.com/news/life/for-the-average-family-during-the-great-depression.
                                                                Toegang op 18 Maart 2019 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                              7

BRON 2B

Die bron hieronder is ŉ uittreksel uit ŉ onderhoud met Maya Angelou, gevoer deur
Blackside, Inc. op 11 April 1992. Maya Angelou (geskiedkundige en burgerregte
leier) beskryf die impak van die Depressie op swart gemeenskappe in die VSA.

... Hulle het in die Suide gesê dat “die Depressie tien jaar aan die gang was voordat
swartmense selfs daarvan geweet het”, of geweet het dat dit bestaan, en dit was
veral waar in die Suide, in dorpe, in klein dorpies omdat die mense op ŉ bestaansvlak
geleef het. Baie was deelboere ... hulle was hul lewens verskuldig aan die
maatskappywinkel. So, omdat hulle nie in staat was om onderwys te kry nie, was
hulle kwesbaar vir die gierigheid en boosheid van die plaaseienaars. Aan die einde
van die jaar het die boer homself in skuld bevind.

Die Depressie het dus voortgeduur lank voordat die ineenstorting in ‘29 plaasgevind
het. Een van die maniere waarop dit die swart gemeenskap beïnvloed het, was dat
die wit hobo’s na die swart gebied sou kom om kos te vra. Nou, deels uit trots, en
miskien aan die ander kant omdat hulle die vermoë gehad het om te identifiseer en
te empatiseer met die hobo’s, het swartmense altyd kos gegee. Hulle het boontjies
gehad, miskien, met ŉ klein stukkie gerookte vleis of gedroogde vleis, ingelegde
vleis, het hulle koringbrood gehad, en swartmense sou boontjies en koringbrood aan
swart hobo’s gee.
              [Uit http://digital.wustl.edu/cgi/t/text/text-idx?c=gds;cc=gds;rgn=main;view=text;idno=
                                              ang00031.00707.028. Toegang op 5 April 2019 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                     GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                            (EC/NOVEMBER 2019)

BRON 2C

Die onderstaande bron is ŉ brief van ŉ afvaardiging van die Werkloosheidsrade in
Alabama, aan goewerneur Benjamin Miller en die staatswetgewer (1931) wat al
die stede verteenwoordig het. Dit beskryf die lewensomstandighede van die mense
en dit gee ŉ lys van eise vir werkloosheidsverligting.

Terwyl die staatswetgewer in ŉ spesiale sitting is, bestaan daar groot werkloosheid
en groot ellende onder die mense van Alabama. Die verligting wat die Rooi Kruis
verleen, is heeltemal onvoldoende en is niks anders as ŉ stadige hongersnood-
proses nie. Die verskillende selfhelpskemas in die stede is planne om werkloses
op ŉ permanente bankrotskap vlak te hou. Die omstandighede van werkloses word
erger, werkloosheid neem toe en die vraag na onmiddellike verligting is die
belangrikste probleem waarmee duisende werkloses en hul gesinne gekonfronteer
word.

Die spesiale sessie poog nie om in hierdie behoefte te voorsien nie ... Al die
sogenaamde ekonomiese maatreëls is pogings om die lewenstandaard van die
mense te verlaag.

In antwoord op hierdie toestande is ons gekies as ŉ afvaardiging om die volgende
eise vir onmiddellike werkloosheidsverligting voor te stel, wat volgens ons voorrang
moet geniet bo alle vrae wat voor die wetgewer staan.

Weeklikse verligting van $3 vir die gemiddelde gesin ...
Gratis nutsdienste **(gas, lig, water) en huur vir alle werkloses en deeltydse
werkers wat minder as $7 per week verdien.
Voldoende sorg vir hawelose, jong en enkel werkers
Voorsiening vir die opening van alle skole, betaling van salarisse aan onderwysers
en gratis middagetes en boeke vir skoolkinders
Stemreg vir alle werkloses sonder betaling van belastingheffing

    [Uit http://digital.archives.alabama.gov/cdm/singleitem/collection/voices/id/3912/rec/14. Toegang
                                                                         op 26 Augustus 2019 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)            GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                    9

  BRON 2D

  Hierdie foto beeld die gevolge van die Groot Depressie uit.

                            [Uit https://www.bing.com/images/search?view=detailU2&id=
     C4DF7F9C284C8E2CCEBFCA3537047232F6EF1D0. Toegang op 26 Augustus 2019 verkry.]

     DIE GROOT DEPRESSIE

     WERKLOSE MANS
     HOU VERBY
     ONS KAN NIE OMSIEN NA ONS EIE NIE
     KAMER VAN KOOPHANDEL

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                            (EC/NOVEMBER 2019)

  VRAAG 3: IDEES OOR RAS IN DIE LAAT 19de EN 20ste EEU

  HOE WAS JODE IN DUITSLAND VERVOLG?

  BRON 3A

  Hierdie bron verduidelik die redes vir Hitler se rassebeleid teenoor die Jode.

  Diskriminasie teen Jode het onmiddellik na die nasionale magsoorname in 1933 begin.
  Die Nazi-party het populistiese (gewilde) anti-semitiese sienings gebruik om stemme te
  verkry. Deur die ‘steek-in-die-rug’ legende te gebruik, het hulle die armoede, die
  hiperinflasie in die Weimer-republiek, werkloosheid en die nederlaag van die Eerste
  Wêreldoorlog op die Jode en die Bolsjewiste geblameer.

  Duitse ellendes was toegeskryf aan die gevolge van die Verdrag van Versailles in 1933
  en die vervolging van die Jode het ŉ aktiewe Nazi-beleid geword. Dit is aanvanklik
  vertraag deur die gebrek aan ooreenkoms oor wie gekwalifiseer het as ŉ Jood in
  teenstelling met ŉ Ariër. Bernhard Losener het dit as ‘totale chaos beskryf’, met
  plaaslike owerhede wat enigiets van volledige Joodse agtergrond tot Joodse bloed as
  ŉ Jood gedefinieer het.

  Diegene met gemengde afkoms was veral problematies in hul oë. Die eerste anti-
  semitiese wet is afgekondig met geen duidelike definisie van ŉ Jood nie. Uiteindelik is
  die kriteria op drie of vier Joodse grootouers gestel, twee of een het ŉ persoon ŉ
  Mischlinge (halfras) gemaak.

  Op 1 April 1933 was die Nazi-boikot van Joodse ondernemings dwarsdeur Duitsland
  waargeneem. Slegs ses dae later is die Wet op die Herstel van die Professionele
  Staatsdiens goedgekeur wat die Jode uit regeringswerksgeleenthede verban het.
  Hierdie wette het beteken dat Jode nou indirek ontneem of verbied was vanuit
  bevoorregte en hoër posisies wat vir ‘Ariese Duitsers’ gereserveer was. Sedertdien was
  Jode gedwing om in meer ondergeskikte (ongeskoolde) posisies te werk en het
  sodoende tweedeklasburgers geword tot die punt waar hulle onwettig in Duitsland
  gewoon het.

     [Uit http://everything.explained.today/racial-policies of Nazi Germany. Toegang op 26 Augustus 2019
                                                                                                  verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                             11

  BRON 3B

  Hierdie bron verduidelik die redes waarom Hitler besluit het om Jode in Duitsland te
  identifiseer.

  Jode regoor Nazi-besette Europa was gedwing om ŉ kenteken in die vorm van ŉ geel
  ster as identifikasiemiddel te dra. Dit was nie ŉ nuwe idee nie; sedert die Middeleeuse
  (outydse) tye het baie ander samelewings hul Joodse burgers gedwing om kentekens
  te dra om hulself te identifiseer.

  Die kentekens is dikwels op growwe geel doek gedruk en het ŉ heldergeel kleur gehad.
  Die ster, wat die Ster van Dawid voorgestel het, is in dik, swart lyne omlyn en die woord
  ‘Jood’ was in ŉ bespotlike Hebreeuse tipe gedruk. In die Warskou-ghetto het Jode ŉ wit
  armband met ŉ blou Ster van Dawid op die linkerarm gedra. In sommige ghetto’s moes
  selfs babas in stootwaentjies die armband of sterre dra. Joodse winkels is ook met ŉ
  geel ster gemerk.

  Die ster was bedoel om Jode te verneder en hulle vir segregasie en diskriminasie uit te
  ken. Die beleid het dit ook makliker gemaak om Jode te identifiseer vir deportasie na
  kampe.

    [Uit www.bl.uk/learning/histcitizen/voices/info/yellow star/theyellowstar.html. Toegang op 26 Augustus
                                                                                              2019 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                            (EC/NOVEMBER 2019)

  BRON 3C

  Hierdie foto beeld Joodse kinders uit wat klere dra wat uitgeken was aan die Ster van
  Dawid.

      [Uit www.bl.uk/learning/histcitizen/voices/info/yellow star/theyellowstar.html. Toegang op 26 Augustus
                                                                                                2019 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                                13

  BRON 3D

  Hierdie bron verduidelik hoe Jode vermoor was by die Chelmno Uitwissingskamp.

  Chelmno was die eerste Nazi-kamp waar vergassing gebruik was om Jode op groot
  skaal te vermoor. Altesaam 320 000 mense is by Chelmno vermoor. Dit het Jode in
  die Lodz-ghetto en die hele gebied ingesluit, tesame met die 5 000 Roma wat
  voorheen na die ghetto gestuur was.

  Die eerste groep slagoffers het op 7 Desember 1941 by Chelmno aangekom. Die
  volgende dag het die eerste uitwissing plaasgevind. Met die aankoms by die ‘Paleis’-
  kamp was die Jode gesê dat hulle billik behandel sou word en dat hulle goeie kos sou
  ontvang in ruil vir die werk op die plase in Oostenryk of in die Ooste.

  Daar is aan hulle gesê dat hulle moes stort om skoon te word en dat hul klere ontsmet
  moes word. Dit was ŉ leuen. Hulle is na die kleedkamer gelei, waar hulle hul
  waardevolle besittings en klere prysgegee het. Maar, na hulle met trappe na die
  ‘waskamers’ gelei was, het hulle hulself in ŉ gaswa bevind. Die deure was toegemaak
  en gesluit.

  Die bestuurder het daarna die woud ingery. Na tien minute het die gasdampe al die
  mense binne-in die wa versmoor. Die slagoffers is in massagrafte begrawe. Die
  besittings van diegene wat na Chelmno gebring was, was aan Duitsers wat in die
  streek gewoon het, gegee of verkoop.

  Die Nazi’s het Chelmno in September 1944 vernietig. Hulle het bevel gegee om al die
  liggame uit die massagrafte op te grawe en te veras.

         [Uit https://www.theholocaustexplained.org/the-final-solution/the-death-camps/. Toegang op 26
                                                                                  Augustus 2019 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                            GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                       (EC/NOVEMBER 2019)

  ERKENNINGS

  Uittreksels en visuele bronne wat in die addendum gebruik is, is uit die volgende
  publikasies geneem of aangepas.

  https://alphahistory.com/russianrevolution/bloody-sunday-petition-1905

  Petrograd: The City of Trouble, 1914–18 by Meriel Buchanan

  http://greatwarproject.org/wp-content/uploads/2014/08/web-tannenberg-getty.jpg]

  https://alphahistory.com/russianrevolution/soviet-account-of-the-february-
  revolution-1938

  https:https//www.history.com/news/life/for-the-average-family-during-the-great-
  depression

  http://digital.wustl.edu/cgi/t/text/text-
  idx?c=gds;cc=gds;rgn=main;view=text;idno=ang00031.00707.028

  http://digital.archives.alabama.gov/cdm/singleitem/collection/voices/id/3912/rec/1
  4

  https://www.bing.com/images/search?view=detailU2&id=C4DF7F9C284C8E2CC
  EBFCA3537047232F6EF1D07

  http://everything.explained.today/racial-policies of Nazi Germany

  https://www.history.com/topics/world-war-ii/the-holocaust

  www.bl.uk/learning/histcitizen/voices/info/yellow star/theyellowstar.html

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com



         

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com



## Related documents

- [HISTORY P1 GR11 ADDENDUM NOV2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-addendum-nov2019-eng-d/ee1b132c-d437-42db-a169-c453c83c09d2) — History · Addendum · 2019 · Eng
- [HISTORY P1 GR11 MEMO NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-memo-nov2019-afrikaans/f207eb91-1755-4f92-a1be-ae41241c8da2) — History · Memo · 2019 · Afr
- [HISTORY P1 GR11 MEMO NOV2019 English](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-memo-nov2019-english/d8830388-603e-4dd6-92aa-0a8f0faa9a7e) — History · Memo · 2019 · Eng
- [HISTORY P1 GR11 QP NOV2019 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-qp-nov2019-afr-d/5a89de2d-3949-454a-ba9f-5c589f67d6ab) — History · QP · 2019 · Afr
- [HISTORY P1 GR11 QP NOV2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-qp-nov2019-eng-d/46bea365-f37a-4fea-813a-de89c30967ce) — History · QP · 2019 · Eng
- [HISTORY P2 ADDENDUM GR11 NOV2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-addendum-gr11-nov2019-eng-d/cb396265-5bb2-43c8-9076-2da20ea3004c) — History · Addendum · 2019 · Eng

## More from Grade 11 History

- [Grade 11 History P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-history-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1/9fdb86cf-1aac-4c90-9f22-a176bf0d4d37) — Memo · 2026 · Eng
- [Gr 11 His ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-his-atp-2023-24/4c199bf3-d253-42ae-b90d-b030dfc6ecc2) — ATP
- [EC History Grade 11 June 2025 P1 only](https://www.hlayiso.com/library/ec-history-grade-11-june-2025-p1-only/555be0f1-39a3-47b5-8fec-f622076c09d3) — QP · 2025
- [EC History Grade 11 June 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-history-grade-11-june-2025-p2-and-memo/0051e460-14cf-43df-a19e-374c9f6a797a) — QP + Memo · 2025
- [GRADE 11 HISTORY P1 NOVEMBER 2025 MG watermark](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-history-p1-november-2025-mg-watermark/15706ac6-5464-4f6c-87c6-1a03afff8695) — Memo · 2025
- [HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/13c2bd17-2125-463d-a4b3-95b539b0a7de) — Memo · 2025 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
