# History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2020 Memo (Afr)

> Grade 11 History Paper 1 memorandum from the Eastern Cape November 2020 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-memo-sept2020-afrikaans/de87c1a6-c3b2-4fe1-8fa7-a5a4ef35c1c6
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2020
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/history) › [History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2020 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-memo-sept2020-afrikaans/de87c1a6-c3b2-4fe1-8fa7-a5a4ef35c1c6)

## About this document

History · Grade 11 · Eastern Cape November · 2020 · Afrikaans. Memorandum, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [HISTORY P1 GR11 QP NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-qp-nov2020-afrikaans/2b1d86d0-5be8-4141-a226-88848f434786) — QP · 2020 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 11

                     NOVEMBER 2020

                     GESKIEDENIS V1
                      NASIENRIGLYN
                      EKSEMPLAAR

PUNTE:   100

                   Hierdie nasienriglyn bestaan uit 17 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                 GESKIEDENIS V1                            (EC/NOVEMBER 2020)

 1. BRONGEBASEERDE VRAE

     1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae
         te ontwikkel:

                                                                           GEWIGS-
           KOGNITIEWE
                               HISTORIESE VAARDIGHEDE                    TOEKENNING
             VLAKKE
                                                                          VAN VRAE
                             Onttrek inligting uit bronne.
                             Selektering en organisasie van                30%
               VLAK 1
                              relevante inligting uit bronne.               (14)
                             Definieer historiese begrippe/terme.
                             Interpretasie van bewyse uit bronne.
                                                                            40%
               VLAK 2        Verduidelik inligting verkry uit bronne.
                                                                            (26)
                             Analiseer bewyse uit bronne.
                             Interpreteer en evalueer bewyse uit
                              bronne.
                             Skakel met bronne om bruikbaarheid,
                              betroubaarheid, eensydigheid en
                                                                            30%
               VLAK 3         beperkings vas te stel.
                                                                            (10)
                             Vergelyk en kontrasteer
                              interpretasies en perspektiewe in die
                              bronne en kom tot onafhanklike
                              gevolgtrekkings.

     1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer
         word:

            By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir
             enige ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of
             voorbeelde.
            Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar
             aan die vereistes van die vraag voldoen is.
            In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede
             waaraan aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in
             kursiefgedrukte skrif aangedui.
            By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate
             krediet kry vir enige relevante antwoord.
            Daar word van leerlinge verwag om ‘n standpunt in te neem in die
             beantwoording van ‘tot watter mate’ vrae om enige punte te verdien.

     1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae

               Gebruik ŉ regmerk () vir elke korrekte antwoord
               Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op
                twee redes en word twee punte elk toegeken (); (1 x 2) wat
                neerkom op een rede en twee punte toegeken word ()
               Indien ŉ vraag 4 punte tel word 4 regmerke () aangedui

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                        GESKIEDENIS V1                                    3

           Paragraafvraag
           Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die
           inhoud en die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring
           word wanneer punte toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik
           word wanneer ŉ antwoord op ŉ paragraafvraag geassesseer word:
             Lees die paragraaf en plaas ŉ kolpunt ( . ) by elke punt binne-in die
              teks waar die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te
              beantwoord.
             Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waarin die kandidaat
              in staat was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te
              beantwoord.
             Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat toegeken is vir die
              paragraaf aan die einde van die paragraaf; sowel as die vlak (1,2 of 3)
              soos aangedui in die holistiese rubriek en gee ŉ kort kommentaar bv.

           ___________ ˖ __________________________ ˖ _________________
           _________________ ˖ __________________________ ˖ ___________
           √√√√
           Vlak 2

           Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf
            Tel al die regmerke vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die
             punt aan die regterkantse onderste kantlyn, bv.
                                                                  32
                                                                  50

            Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die
             antwoordeboek oorgedra word.

 2. OPSTELVRAE

     2.1   Die opstelvrae vereis dat kandidate:
            In staat sal wees om hul argument op ŉ logiese en samehangende wyse
              te stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en
              bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om ŉ redelike reeks
              feite of ŉ effektiewe argument te kan weergee om sodoende die
              gestelde vraag te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat ŉ opstel ŉ
              inleiding, ŉ samehangende en gebalanseerde liggaam van bewyse en
              ŉ slot het.

     2.2   Nasien van opstelvrae
            Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal
             word deur die handboeke wat by ŉ spesifieke sentrum gebruik is.
            Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê
             as dit wat ingesluit is by ŉ riglyn vir nasien van ŉ spesifieke opstel.
            By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate
             krediet kry vir enige ander relevante antwoord.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                   GESKIEDENIS V1                            (EC/NOVEMBER 2020)

     2.3   Globale assessering van die opstel
           Die opstel skryfwerk sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie
           benadering vereis dat die onderwyser die totale produk as ŉ geheel sal
           bepunt sonder om die samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie
           benadering moedig die leerder aan om ŉ individuele mening aan te bied
           deur gebruik te maak van geselekteerde feitelike bewyse om ŉ argument
           te ondersteun. Daar sal nie van die leerder verwag word om slegs ‘feite’
           neer te skryf om ŉ beter punt te behaal nie. Hierdie benadering sal leerders
           ook ontmoedig om ‘model-antwoorde’ voor te berei en te reproduseer
           sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem. Holistiese
           nasien van opstelle gee krediet aan leerders se mening, ondersteun deur
           bewyse. Anders as by inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met
           holistiese assessering nie vir ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie,
           aangesien die klem op die volgende val:
            Die konstruksie/daarstelling van ŉ argument.
            Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument te
              ondersteun.
            Die leerder se interpretasie van die vraag.

     2.4   Assesseringsprosedures vir die opstel

           2.4.1     Hou die sinopsis in gedagte wanneer die skryfwerk nagesien
                     word.

           2.4.2     Tydens die deurlees van die skryfwerk moet regmerkies toegeken
                     word vir ŉ relevante inleiding (aangedui met ŉ kolpunt (‘bullet’) in
                     die nasienriglyn), vir elke hoofmoment/aspek wat volledig
                     gekontekstualiseer is en ŉ relevante slotopmerking (aangedui met
                     ŉ kolpunt in die nasienriglyn) bv. ŉ antwoord waar daar 5
                     hoofpunte is, sal daar dus 7 regmerkies wees.

           2.4.3     Hou die PEEL-struktuur in gedagte in die assessering van ŉ
                     opstel.

                            Punt: Die kandidaat lei die opstel in met ŉ argument/ŉ
                            duidelike hoofpunt.
                      P
                            Elke paragraaf moet ŉ punt bevat wat die hoofpunt
                            (argument) wat in die inleiding gemaak is, ondersteun.
                            Verduideliking: Die kandidaat moet in groter detail
                      E     bespreek waaroor die hoofpunt (argument) gaan en hoe dit
                            verband hou met die vraag wat gevra is.
                            Voorbeeld: Die kandidate moet die vraag beantwoord
                            deur inhoud te selekteer wat relevant is tot die argument.
                      E
                            Relevant voorbeelde moet gegee word om die argument
                            vol te hou.
                            Skakel: Kandidate moet seker maak dat die argument
                      L     deurgaans in die opstel onderhou word en samehangend
                            geskryf is.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                         GESKIEDENIS V1                                    5

       2.4.4    Die volgende simbole MOET in die assessering van opstel gebruik
                word:

                • Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik
                  gekontekstualiseer nie
                                                                    ^
                • Verkeerde stelling             _________________

                • Irrelevante stelling            |
                                                  |
                                                  |

                • Herhaling                       R

                • Analise                         A√

                • Interpretasie                   I√
                • Argument                       LOA

 2.5 Die matriks

       2.5.1    Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle.

                By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die
                matriks voorsien word. Tydens die assessering van ŉ opstel moet
                beide die inhoud en die aanbieding in ag geneem word. ŉ Punt word
                toegeken by die snypunt van die inhoud en aanbieding, gebaseer op
                die sewe vaardigheidsvlakke.

                (a)    Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot
                       watter mate die hoofmomente gedek is om en die
                       inhoudsvlak (op die matriks) vas te stel.

                                                       I         VLAK 4

                (b)    Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die matriks)
                       van die aanbieding bepaal.
                                                       I         VLAK 4
                                                       A         VLAK 3

                (c)    Ken ŉ algehele punt toe met behulp van die matriks.

                                                       I        VLAK 4
                                                       A        VLAK 3       }26–27

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
     6                                                                GESKIEDENIS V1                                                                  (EC/NOVEMBER 2020)

     NASIENMATRIKS VIR OPSTEL: TOTAAL: 50

                              VLAK 7                    VLAK 6                   VLAK 5                    VLAK 4                VLAK 3                 VLAK 2               VLAK 1

                        Baie goed beplande en
                        gestruktureerde opstel.   Baie goed                Goed beplande en          Argument beplan en     Toon soms bewys van   Poging aangewend om Weinig of geen poging
AANBIEDING                                        beplande en              gestruktureerde opstel.   gestruktureer. Bewyse ŉ gestruktureerde en   antwoord te struktureer. om die opstel te
                        Goeie sintese van
                        inligting. Het ŉ goed     gestruktureerde          Poog om ŉ duidelike       tot ŉ sekere mate      beplande argument.    Grootliks beskrywend     struktureer nie.
                        gebalanseerde,            opstel. ŉ Relevante      argument te ontwikkel.    gebruik om argument te Poog om ŉ argument
                                                                                                                                                  of poog om argument
                        oorspronklike argument    argument is gevolg.                                ondersteun. Slotsom    vol te hou.
                                                                           Gevolgtrekking gemaak                                                  te ontwikkel. Geen
                        ontwikkel met bewyse.     Bewyse gebruik om die                              bereik op grond van    Gevolgtrekking nie
                                                                           uit bewyse om die         bewyse.                                      poging om ŉ
                        Argument deurgaans        argument te verdedig.                                                     duidelik ondersteun
                                                  Poog om ŉ                argument te                                                            gevolgtrekking te maak
                        volgehou en verdedig.                                                                               deur bewyse nie.
                                                  onafhanklike             ondersteun.                                                            nie.
                        Onafhanklike
                        gevolgtrekking gemaak     gevolgtrekking uit die
                        uit bewyse om die         bewyse te maak om die
                        argument te               argument te
                        ondersteun.               ondersteun.
INHOUD

VLAK 7
Vraag is ten volle
beantwoord.
Inhoudskeuse ten              47–50                     43–46
volle relevant tot
argument wat gevolg
is.
VLAK 6
Vraag is beantwoord.
Inhoudseleksie                43–46                     40–42                    38–39
relevant tot argument
wat gevolg is
VLAK 5
Vraag grotendeels
beantwoord. Inhoud            38–39                     36–37                    34–35                    30–33                  28–29
toereikend en
relevant.
VLAK 4
Vraag herkenbaar in
antwoord. Sommige
weglatings of
                                                                                 30–33                    28–29                  26–27
irrelevante keuse van
inhoud.
VLAK 3
Keuse van inhoud hou
verband met vraag,
maar beantwoord dit                                                                                       26–27                  24–25                  20–23
nie. Hou soms nie
verband met die vraag
nie. Weglatings.
VLAK 2
Vraag ontoereikend
beantwoord. Inhoud
                                                                                                                                 20–23                  18–19                14–17
skraal.
VLAK 1
Vraag ontoereikend
beantwoord of glad                                                                                                                                      14–17                 0–13
nie. Ontoereikend of
irrelevante inhoud.

*Riglyne vir die toekenning van ŉ punt in Vlak 1:

        Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0
        Vraag sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie = 1–6
        Vraag ontoereikend en vaag beantwoord; effense poging om die opstel te struktureer                 = 7–13

     Kopiereg voorbehou                                                                                                                                 Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                        GESKIEDENIS V1                                    7

 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

 VRAAG 1: WAT WAS DIE OORSAKE VAN DIE 1917 RUSSIESE REWOLUSIE?

 1.1   1.1.1    [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
                 ‘Agtergeblewe’                                           (1 x 2)     (2)

       1.1.2    [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
                  ‘vir indiensneming in fabrieke                          (1 x 2)     (2)

       1.1.3    [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]
                 Rusland het ŉ kapitalistiese ekonomiese stelsel gehad 
                 Die nywerhede was in die besit van kapitaliste
                 Die ekonomie het die private opbou van welvaart deur uitbuiting
                     moontlik gemaak
                 Enige ander relevante antwoord                     (Enige 1 x 2)       (2)

       1.1.4    [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]
                 Hulle was ontnugter deur die tsaristiese regering 
                 Hulle wou politieke en ekonomiese verandering hê 
                 Hulle wou ŉ regering hê wat deur ŉ grondwet regeer en deur die
                     meerderheid mense verkies word
                 Die tsaar het nie na hul eise geluister nie
                 Enige ander relevante antwoord                     (Enige 2 x 2)       (4)

       1.1.5    [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
                 ‘Mensjewieke’ 
                 ‘Bolsjewiste’                                             (2 x 1)     (2)

       1.1.6    [Bepaling van bruikbaarheid van Bron 1A – V3]
                Die bron is bruikbaar
                 Rusland se ekonomie was swak en onderontwikkeld/
                    agtergeblewe 
                 Die Russiese ekonomie was op kapitalistiese beginsels gebaseer
                 Rusland het ŉ politieke stelsel aanvaar wat op diktatorskap
                    gebaseer was
                 Die Russiese bevolking was ontnugter deur die tsaar en wou
                    verandering hê
                 Russe het politieke partye gestig om verandering teweeg te bring
                 Enige ander relevante antwoord                     (Enige 1 x 2)       (2)

 1.2    1.2.1   [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
                 ‘toe gewapende magte ŉ groep vreedsame betogers aan die
                   brand gesteek het buite die tsaar se Winterpaleis in St.
                   Petersburg’                                            (1 x 2)      (2)

        1.2.2   [Definisie van historiese konsep uit Bron 1B – V1]
                 Dit is die gewelddadige omverwerping van ŉ regering om
                   verandering teweeg te bring 
                 Enige ander relevante antwoord                   (Enige 1 x 2)         (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                 GESKIEDENIS V1                          (EC/NOVEMBER 2020)

      1.2.3    [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]
                Tsarisme was beskou as outokratiese heerskappy wat geen agting
                   vir die Russiese volk gehad het nie 
                Die gewone Russe het geen seggenskap gehad oor die regering van
                   die land nie 
                Tsarisme het die volk onderdruk, en die volk het geen vryheid gehad
                   nie
                Die tsaar het hom nie aan die wense en welsyn van sy volk gesteur
                   nie
                Enige ander relevante antwoord                         (Enige 2 x 2)     (4)

      1.2.4    [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]
                Rusland was onvoorbereid vir die oorlog 
                Rusland het gedink dat Japan maklik verslaan sou word 
                Japan was beter voorbereid vir die oorlog as die Russe
                Hulle het nie genoeg wapens en ander oorlogsmateriaal gehad nie
                Die oorlog was te duur/onbekostigbaar vir Rusland
                Enige ander relevante antwoord                         (Enige 2 x 2)     (4)

 1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2]
      Rusland was onvoorbereid vir die oorlog 
      Russiese soldate vertoon ŉ beeld van hopeloosheid 
      Die Russiese leër was verslaan – het lae moraal gehad
      Enige ander relevante antwoord                                   (Enige 2 x 2)     (4)

 1.4 [Vergelyking van bronne om die ooreenkomste te bepaal – V3]
      Beide bronne toon dat Rusland onvoorbereid vir albei oorloë was 
      Beide bronne meld dat Rusland in albei oorloë verslaan is
      Beide bronne toon dat die Russiese soldate en die bevolking vertroue in die
        tsaar ná die nederlae verloor het
      Enige ander relevante antwoord                               (Enige 1 x 2)         (2)

 1.5 1.5.1     [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1]
                ‘Skaarsheid aan voedsel in Petrograd’                       (1 x 2)    (2)

      1.5.2    [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1]
                ‘Regeringskorrupsie het hooggety gevier’ 
                'Die Russiese ekonomie was agtergeblewe' 
                ‘Rusland se rampspoedige betrokkenheid by die Eerste
                  Wêreldoorlog’                                       (Enige 2 x 1)       (2)

      1.5.3    [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2]
                Duitsland het meer gevorderde wapens gehad 
                Rusland was nie voorbereid op die oorlog nie 
                Russe het ŉ ernstige tekort aan wapens en mediese voorrade gehad
                Russiese soldate het ŉ tekort aan voedsel en lae moraal gehad
                Rusland was deur sy binnelandse sake geaffekteer
                Enige ander relevante antwoord                       (Enige 2 x 2)       (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/NOVEMBER 2020)                        GESKIEDENIS V1                                    9

     1.5.4    [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2]
               Die soldate wat veronderstel was om die opstand te onderdruk, het by die
                  betogers aangesluit 
               Die Russiese nederlaag tydens die Eerste Wêreldoorlog het die Tsaar
                  ongewild gemaak
               Die muitery van die Kronstadt matrose het die lot van die Tsaar verseker
               Hy het nie meer die ondersteuning van sy mense gehad nie
               Enige ander relevante antwoord                              (Enige 2 x 2)         (4)
1.6 [Paragraaf – interpretasie, analise en sintese van bewyse vanuit relevante bronne
    – V3]
      Russiese ekonomie agtergeblewe en gebaseer op kapitalisme (Bron 1A) 
      Bevolking was ontnugter met die tsaar wat tot die 1905 rewolusie gelei het
       (Bron 1A)
      Rusland het ŉ tekort aan voedsel ervaar wat die hoofdryfkrag vir verandering
       geword het (Bron 1A)
      Russe het politieke partye gestig om veranderinge mee te bring (Bron 1A)
      Tsarisme het onderdrukkend geword met min agting vir menslike vryhede
       (Bron 1B)
      Rusland se verslane oorlogspoging teen Japan was as die katalisator vir politieke
       hervorming beskou (Bron 1B)
      Rusland se deelname aan die Eerste Wêreldoorlog was ŉ ramp (Bron 1C)
      Rusland was onvoorbereid vir die oorlog en het groot nederlae gelei (Bron 1C)
      Voedseltekorte in Rusland het tot die uitbreek van die Februarie rewolusie gelei
       (Bron 1D)
      Soldate het by die betogers aangesluit – Tsaar gedwing om te bedank (Bron 1D)
      Lenin en sy Bolsjewiste het ŉ suksesvolle staatsgreep uitgevoer (Eie kennis)
      Enige ander relevante antwoord.
     Gebruik die volgende rubriek om ŉ punt toe te ken:

                                          KRITERIA                              PUNTE
                     Gebruik bewyse op elementêre wyse.
                     Vraag nie beantwoord nie.
                      Toon geen of min begrip van die oorsake van die
     VLAK 1                                                                       0–2
                       1917 Russiese Rewolusie.
                      Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ŉ paragraaf
                       skryf nie.
                     Bewyse is meestal relevant en hou grootliks verband
                      met die onderwerp.
                     Toon ŉ mate van begrip van die oorsake van die 1917
     VLAK 2                                                                       3–4
                      Russiese Rewolusie.
                     Gebruik bewyse op ŉ basiese manier om ŉ paragraaf te
                      skryf.
                     Gebruik relevante en toepaslike bewyse.
                     Toon ŉ deeglike begrip van die oorsake van die 1917
     VLAK 3           Russiese Rewolusie.                                         5–6
                     Gebruik bewyse baie effektief in ŉ georganiseerde
                      paragraaf wat ŉ begrip van die onderwerp toon.                          (6)
                                                                                             [50]

 Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                GESKIEDENIS V1                          (EC/NOVEMBER 2020)

 VRAAG 2:      WAT WAS DIE GEVOLGE VAN DIE GROOT DEPRESSIE OP DIE
               AMERIKAANSE SAMELEWING IN DIE 1930’s?

 2.1 2.1.1     [Definisie van historiese konsep uit Bron 2A – V1]
                Dit is ŉ periode van ekonomiese swaarkry in die VSA 
                Enige ander relevante antwoord                         (1 x 2)         (2)

      2.1.2    [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1)
                ‘Hoë temperature’ 
                ‘Onvoldoende reënval’ 
                ‘Sterk winde’ 
                ‘Besmetting van gewasse deur insekte’                     (4 x 1)     (4)

      2.1.3    [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2]
                Banke het ineengestort as gevolg van die afname in die waarde
                    van eiendomme 
                Te veel mense het hul geld op dieselfde tyd onttrek 
                Banke het nie genoegsame kontantvloei gehad om hul kliënte te
                    diens nie
                Banke kon nie hul geld herwin uit hul lenings wat hulle gemaak
                    het nie
                Enige ander relevante antwoord                      (Enige 2 x 2)      (4)

      2.1.4    [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2]
                Paniekverkope toe die prys van aandele gedaal het 
                Dit was die gevolg van die onvolhoubare styging van aandeel-
                    pryse in die vroeë jare 
                Die aankoop van aandele met geleende geld
                Oor-spekulasie
                Ongesonde besigheidspraktyke
                Enige ander relevante antwoord                   (Enige 2 x 2)         (4)

      2.1.5    [Bruikbaarheid van Bron 2A – V3]
               Die bron is bruikbaar:
                Dit beskryf hoe die Amerikaanse ekonomie geaffekteer was
                   deur die ineenstorting van die New York aandelebeurs 
                Dit wys hoeveel mense as gevolg van die ineenstorting
                   werkloos geword het
                Dit wys dat landbou ernstige verliese gelei het wat verder tot
                   armoede gelei het
                Dit toon dat besighede in duie gestort het wat tot grootskaalse
                   werkloosheid gelei het
                Enige ander relevante antwoord                       (Enige 1 x 2)     (2)

 2.2 2.2.1     [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1)
                ‘Uiterse swaarkry en armoede’ 
                ‘Om die felheid van die Groot Depressie te vermy’         (2 x 1)     (2)

      2.2.2    [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
                   ‘geringe diefstal’                                    (1 x 2)     (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                         GESKIEDENIS V1                                   11

       2.2.3    [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]
                 Die meeste mense het werkloos geraak 
                 Werklose mense het hulself tot diefstal gewend om te oorleef 
                 Vroue het hulself tot prostitusie gewend om kos op die tafel te sit
                 Alkoholisme het toegeneem
                 Enige ander relevante antwoord                         (Enige 2 x 2)      (4)

 2.3 2.3.1      [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
                 ‘Vroue en mans het die Groot Depressie baie verskillend ervaar’ 
                                                                              (1 x 2)       (2)

       2.3.2    [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
                 ‘Hulle was werkloos en nie in staat om vir hul families te sorg nie’ 
                                                                                  (1 x 2) (2)

       2.3.3    [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2]
                 Vroue was as uitgeworpenes beskou omdat hulle die
                    werksgeleenthede wat gewoonlik vir mans gereserveer was, geneem
                    het 
                 Hul salarisse was uiters min 
                 Vroue salarisse was onderworpe aan vermindering
                 Enige ander relevante antwoord                        (Enige 2 x 2)       (4)

       2.3.4    [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2]
                 Swart Amerikaanse vroue het hul werk aan blanke Amerikaanse
                    vroue verloor 
                 Swart Amerikaanse vroue het die laagste lone vir hul arbeid ontvang
                 Stedelike Swart Amerikaanse vroue was in prostitusie as gevolg
                    van die depressie gedwing 
                 Swart Amerikaanse vroue was na die slawemark as gevolg van
                    armoede gedwing
                 Enige ander relevante antwoord                        (Enige 2 x 2) (4)

       2.3.5    [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2]
                 Hul rol as huisvroue het verander 
                 Vroue het die broodwinners van hul families geword
                 Vroue was gedwing om te werk om die uitgawes te dek
                 Vroue se rol as huisvroue het verdwyn aangesien hulle moes werk
                 Vroue was na prostitusie gedwing om te oorleef
                 Enige ander relevante antwoord                       (Enige 1 x 2)        (2)

 2.4 2.4.1      [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2]
                 Die Groot Depressie het ŉ verwoestende effek op vroue gehad 
                 Baie vroue het hul werk tydens die Groot Depressie verloor 
                 Die Groot Depressie het tot die armoede en lyding van vroue gely
                 Vroue kon nie vir hul kinders tydens die Groot Depressie voorsien
                    nie
                 Enige ander relevante antwoord                       (Enige 2 x 2)      (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                GESKIEDENIS V1                           (EC/NOVEMBER 2020)

      2.4.2    [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2]
                Bron 2C verklaar dat vroue tydens die Groot Depressie gely het
                   terwyl Bron 2D die lyding van ŉ vrou tydens die Groot Depressie
                   uitbeeld 
                Bron 2C verklaar dat vroue nie vir hul families kon voorsien nie
                   terwyl Bron 2D die hopeloosheid van ŉ moeder wat nie vir haar
                   kinders kon voorsien nie, uitbeeld
                Beide bronne toon dat vroue werkloosheid en armoede ervaar het
                Enige ander relevante antwoord                         (Enige 1 x 2)    (2)

 2.5 [Interpretasie, analise en sintese van informasie vanuit alle bronne – V3]

          Die Groot Depressie het met misoeste in die VSA saamgeval (Bron 2A) 
          Die Groot Depressie het tot grootskaalse werkloosheid gelei (Bron 2A)
          Die Groot Depressie het tot die ineenstorting van die bankstelsel in die
           VSA gelei (Bron 2A)
          Die Groot Depressie het tot die devaluering van aandele gelei (Bron 2A)
          Geringe diefstal het ŉ oorlewingstaktiek geword (Bron 2B)
          Baie mense het selfmoord gepleeg om die felheid van die depressie te
           ontduik (Bron 2B)
          Tekort aan werksgeleenthede en geld het ŉ negatiewe impak op mense
           se gesondheidsorg gehad (Bron 2B)
          Alkoholisme het toegeneem (Bron 2B)
          Depressie het die tradisionele rol van vroue verander namate meer vroue
           gedwing was om te gaan werk om die huishoudelike uitgawes te dek
           (Bron 2C)
          Groot Depressie het tot die uitbuiting van vroue gelei – lae lone ontvang
           (Bron 2C)
          Baie vroue was tot prostitusie gedwing (Bron 2D)
          Swart Amerikaanse vroue meer nadelig geaffekteer as blanke
           Amerikaanse vroue (Bron 2C)
          Baie vroue en kinders het verarm (Bron 2D)
          Enige ander relevante antwoord.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                          GESKIEDENIS V1                               13

        Gebruik die volgende rubriek om ŉ punt toe te ken:

                                           KRITERIA                       PUNTE
                         Gebruik bewyse op elementêre wyse.
                         Vraag nie beantwoord nie.
                         Toon geen of min begrip van die gevolge van
        VLAK 1            die Groot Depressie op die Amerikaanse           0–2
                          samelewing in die 1930s.
                         Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ŉ
                          paragraaf skryf nie.
                         Bewyse is meestal relevant en hou grootliks
                          verband met die onderwerp.
                         Toon ŉ mate van begrip van die gevolge van
        VLAK 2            die Groot Depressie op die Amerikaanse           3–4
                          samelewing in die 1930s
                         Gebruik bewyse op ŉ basiese manier om ŉ
                          paragraaf te skryf.
                         Gebruik relevante en toepaslike bewyse.
                         Toon ŉ deeglike begrip van die gevolge van
                          die Groot Depressie op die Amerikaanse
        VLAK 3            samelewing in die 1930s.                         5–6
                         Gebruik bewyse baie effektief in ŉ
                          georganiseerde paragraaf wat ŉ begrip van die
                          onderwerp toon.                                               (6)
                                                                                       [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                              GESKIEDENIS V1                           (EC/NOVEMBER 2020)

 AFDELING B: OPSTELVRAE

 VRAAG 4: KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940

 [Beplan en konstrueer ŉ oorspronklike argument gebaseer op relevante bewyse
 deur analitiese en interpretatiewe vaardighede te gebruik.]

 SINOPSIS
 Hierdie vraag vereis dat die kandidaat met die stelling moet saamstem of teenstem.
 Die fokus moet op ekonomiese ontwikkeling en beplanning onder Stalin wees. Die
 kandidaat moet dan relevante en geloofwaardige bewyse gebruik om ŉ behoorlike
 argument ter ondersteuning van sy standpunt te ontwikkel.

 HOOFASPEKTE
 Kandidate kan die volgende aspekte in hul antwoord insluit:
 Inleiding: Die kandidaat moet verklaar of Stalin suksesvol was om Rusland in 1939
            tot ŉ supermoondheid te transformeer. Die inleiding moet fokus op die
            impak van Stalin se vyfjaarplanne, met spesiale verwysing na
            industrialisering.

UITBREIDING
 Stalin se teenkanting van die NEP – afskaffing van die NEP
 Stalin se doelwitte – ekonomiese ontwikkeling en beplanning
 Rol van Gosplan
 Eerste vyfjaarplan: spesiale fokus op industrialisering
 Doelstellings en prestasies: die bou van fabrieke en die ontwikkeling van vervoer
 Die vervaardiging van landboumasjinerie word na 400% verhoog
 Meer as 1 500 fabrieke is gestig, bv. trekkerfabrieke by Stalingrad en motor-
   fabrieke in Moskou.
 Steenkool-, mynbou- en metaalbedryf is uitgebrei
 Die ontwikkeling van hidro-elektriese krag was ŉ groot stimulus vir nuwe
   nywerhede
 Groot stede is gestig
 Die bestaan van 26 miljoen boere het ŉ probleem in die landbou geskep omdat
   die grootte van hul eenhede nie die gebruik van landboumasjinerie geregverdig
   het nie.
 Die boere was nie bereid om hul grond prys te gee of om te moderniseer nie
 Stalin het kollektivisering ingestel
 Boere het dit teëgestaan, en hul vee geslag en oeste vernietig
 Dit lei tot ŉ tekort aan vleis en suiwelprodukte
 Ongeveer 2 miljoen mense het weens kollektivisering gesterwe
 Stalin se landbou-hervormings het misluk, en hy moes noodgedwonge sy plan
   hersien
 Tweede vyfjaarplan: Stalin het voortgegaan om die ontwikkeling van swaar
 nywerhede te beklemtoon
 Die klem val op die produksie van verbruikersgoedere
 Vervoer is gemoderniseer
 Die landbouplan het ten doel gehad om kollektivisering vir die boere meer
   aanvaarbaar te maak deur kollektiewe boerderye aan te pas
 Boere moes nou net ŉ kwota van hul produksie aan die Staat oorhandig

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                      GESKIEDENIS V1                                   15

   Opofferings van Russiese werkers verwag
   Benewens kollektiewe boerderye, was daar ook die ontwikkeling van staatsplase
    wat soos fabrieke bedryf was, dit wil sê werkers was lone betaal en bestuurders
    het die bedrywighede bestuur
   ŉ Verdere kenmerk van die Tweede Vyfjaarplan was die gebruik van kunsmis,
    landboumasjinerie en moderne landboupraktyke.
   Derde vyfjaarplan en die Tweede Wêreldoorlog: hierdie plan was basies ŉ
    voortsetting van die eerste twee planne
   Die bedreiging van die Tweede Wêreldoorlog het gelei tot ŉ verskuiwing na die
    produksie van wapens en ammunisie
   Impak op ekonomie

  Gevolgtrekking:     Kandidate moet die argument saamvat met ŉ relevante
                       gevolgtrekking ten opsigte van die standpunt wat in die
                       inleiding geneem is.                                            [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                               GESKIEDENIS V1                           (EC/NOVEMBER 2020)

 VRAAG 5: KAPITALISME IN DIE VSA, 1900–1940

 [Beplan en konstrueer ŉ oorspronklike argument gebaseer op relevante bewyse
 deur analitiese en interpretatiewe vaardighede te gebruik.]

 SINOPSIS
 Die kandidate moet verduidelik tot watter mate Roosevelt se Nuwe Bedeling die
 negatiewe gevolge van die Groot Depressie in die Verenigde State van Amerika in
 die 1930’s verminder het. Die belangrikste fokus moet op die maatreëls sowel as die
 impak van Roosevelt se Nuwe Bedeling op die ekonomie wees. Die kandidaat moet
 toepaslike historiese bewyse gebruik om sy standpunt te ondersteun.

 HOOFASPEKTE
 Inleiding: In die inleiding moet die kandidaat aandui tot watter mate Roosevelt se
            Nuwe Bedeling die negatiewe gevolge van die Groot Depressie in die
            VSA in die 1930’s verminder het. Relevante historiese bewyse moet
            gebruik word om ŉ gedagtegang te ontwikkel wat ooreenstem met die
            kandidaat se standpunt.

UITBREIDING
 Die presidensiële verkiesing van 1933 – die belofte van Roosevelt vir 'n nuwe
   bedeling vir die Amerikaanse volk
 1933 verkiesings – Oorwinning van die Demokratiese Party
 Verandering in die regering se ekonomiese beleid
 Demokratiese Party – het direkte regeringsinmenging in die ekonomie
   voorgestaan
 Roosevelt se beleid van Verligting, Herstel en Hervorming
 Verligtingsmaatreëls: om armoede aan te spreek
 Die Federale Noodhulp Administrasie het aan die federale regerings geld vir
   verligting voorsien
 Sopkombuise is gevestig
 Tydelike behuising is voorsien aan diegene wat noodgedwonge op straat moes
   woon
 Herstelmaatreëls: ingestel om werkloosheid aan te spreek
 Reeks programme wat deur die regering geborg word, is bekendgestel
 Civil Work Administration (CWA) het werk vir die werklose geskep
 Civilian Conservation Corps (CCC) – duisende mans het aan bewarings-
   projekte in die nasionale parke, woude en openbare lande gewerk
 Agricultural Adjustment Act (AAA) – het boere bygestaan
 Die Tennessee Valley Authority (TVA) – het een van die armste
   boerderygebiede in die Tennessee-riviervallei opgehef en werk aan mense
   verskaf
 Hervormingsmaatreëls: Gefokus op die maatskaplike ondersteuningstelsel
 Wetgewing vir die bestuur van aandelebeurse
 Die rol van die regering in die ekonomie
 Ekonomiese herstel
 Public Works Administration (PWA) was deel van NIRA
 Work Progress Administration (WPA) het grootskaalse werksgeleenthede
   verskaf
 Konstruksie-projekte byvoorbeeld (paaie, damme, skole ens.)
 Opgradering van infrastruktuur (riool- en dreineringstelsels)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                       GESKIEDENIS V1                                  17

  ‘Social Security Act’ van 1935
  Maatskaplike welsynmaatreëls is ingestel
  Nasionale stelsel van pensioene en werkloosheidsvoordele
  Uitgewerkte deelboere (‘sharecroppers’) is gehelp met huise en lenings
  Groot besighede en rykes moes belas word vir die regering om pensioen- en
   werkloosheidsvoordele te betaal
  Evaluering van die Nuwe Bedeling
  Kritiek van die Nuwe Bedeling

  Gevolgtrekking:     Kandidate moet die argument saamvat met 'n gepaste slotsom,
                       met inagneming van die standpunt wat in die inleiding geneem
                       is.                                                             [50]

                                                                         TOTAAL:       100

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

## Related documents

- [HISTORY P2 GR11 MEMO NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr11-memo-nov2020-afrikaans/7166c7ae-c7cb-421a-97fb-3590b05e422d) — History · Memo · 2020 · Afr
- [HISTORY P1 GR11 MEMO NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-memo-nov2019-afrikaans/f207eb91-1755-4f92-a1be-ae41241c8da2) — History · Memo · 2019 · Afr
- [HISTORY P1 GR11 MEMO NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-memo-nov2018-afrikaans/bc915bce-d755-44f3-bcee-54a9c7c80127) — History · Memo · 2018 · Afr
- [HISTORY P1 GR11 MEMO SEPT2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-memo-sept2020-afr-d/a1bb39a8-9b8f-46c3-aa27-ef362d56f700) — History · Memo · 2020 · Afr
- [HISTORY P2 GR11 ADDENDUM NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr11-addendum-nov2020-afrikaans/50cf7d7d-7d85-41a3-af10-3803142fe9e5) — History · Addendum · 2020 · Afr
- [HISTORY P1 GR11 ADDEN NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-adden-nov2018-afrikaans/fac8a9c0-5784-4961-9990-8f4abac03612) — History · Addendum · 2018 · Afr

## More from Grade 11 History

- [Gr 11 His ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-his-atp-2023-24/4c199bf3-d253-42ae-b90d-b030dfc6ecc2) — ATP
- [EC History Grade 11 June 2025 P1 only](https://www.hlayiso.com/library/ec-history-grade-11-june-2025-p1-only/555be0f1-39a3-47b5-8fec-f622076c09d3) — QP · 2025
- [EC History Grade 11 June 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-history-grade-11-june-2025-p2-and-memo/0051e460-14cf-43df-a19e-374c9f6a797a) — QP + Memo · 2025
- [HISTORY P2 QP GR11 NOV 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-qp-gr11-nov-2025-afr-watermark/9143c679-6add-4eb7-8a5d-6ef35e708429) — QP · 2025 · Afr
- [HISTORY P1 QP GR11 NOV 2024 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-qp-gr11-nov-2024-afr-d-watermark/80e4101f-56a5-4975-b043-70c0d70f5fea) — QP · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 GR11 QP NOV 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-qp-nov-2023-afrikaans/913609d9-e425-430d-8b5a-c6b982311177) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
