# History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2022 QP (Afr)

> Grade 11 History Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2022 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-qp-nov-2022-afrikaans/3564a27f-069a-41b7-ba6d-fadc59d7e3c1
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/history) › [History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-qp-nov-2022-afrikaans/3564a27f-069a-41b7-ba6d-fadc59d7e3c1)

## About this document

History · Grade 11 · Eastern Cape November · 2022 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [HISTORY P1 GR11 MEMO NOV 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-memo-nov-2022-afrikaans/f993acba-4e18-43d3-be44-054e0b37af1b) — Memo · 2022 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                         GRAAD 11

                      NOVEMBER 2022

                      GESKIEDENIS V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                    Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  GESKIEDENIS V1                      (EC/NOVEMBER 2022)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae wat op die voorgeskrewe
      KABV-inhoudsraamwerk gebaseer is: DRIE brongebaseerde vrae onder
      AFDELING A en DRIE opstelvrae onder AFDELING B.

      AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

      VRAAG 1: KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940

      VRAAG 2: KAPITALISME IN DIE VSA, 1900–1940

      VRAAG 3: IDEES VAN RAS IN DIE LAAT 19de EN 20ste EEUE

      AFDELING B: OPSTELVRAE

      VRAAG 4: KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940

      VRAAG 5: KAPITALISME IN DIE VSA, 1900–1940

      VRAAG 6: IDEES VAN RAS IN DIE 19de EN 20ste EEU

2.    Bronmateriaal wat nodig is om brongebaseerde vrae te beantwoord, sal in die
      gepaardgaande ADDENDUM van bronne gevind word.

3.    AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae. Elke vraag tel 50 punte.

4.    Beantwoord DRIE vrae soos volg:

      4.1    Ten minste EEN moet ŉ brongebaseerde vraag wees en ten minste
             EEN moet ŉ opstelvraag wees.

      4.2    Die derde vraag kan óf ŉ brongebaseerde vraag of ŉ opstelvraag wees.

5.    Kandidate word aangeraai om te minste EEN uur op elke vraag te spandeer.

6.    Wanneer kandidate vrae beantwoord, moet hulle die toepassing van kennis,
      vaardighede en insig demonstreer.

7.    Bloot herskryf van die bronne as antwoorde sal tot nadeel van kandidate
      wees.

8.    Vrae en onderafdelings van vrae moet duidelik en korrek genommer word,
      deur dieselfde nommeringstelsel as in die vraestel te gebruik.

9.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                       GESKIEDENIS V1                                              3

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling, maar nie meer as TWEE vrae
nie. Bronmateriaal wat nodig is om hierdie vrae te beantwoord, kan in die
ADDENDUM gevind word.

VRAAG 1:         HOE HET STALIN SE VYFJAARPLANNE RUSLAND TOT ’N
                 GEÏNDUSTRIALISEERDE STAAT TEEN 1939 OMSKEP?

Bestudeer Bron 1A,1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1      Bestudeer Bron 1A.

         1.1.1       Definieer die konsep industrialisasie in jou eie woorde.       (1 x 2)     (2)

         1.1.2       Watter rede het Stalin, volgens die bron, vir sy regverdiging van
                     die vinnige industrialisering van Rusland aangevoer?          (1 x 2)      (2)

         1.1.3       Definieer die konsep kollektivisering in die konteks van Stalin se
                     Vyfjaarplanne.                                                (1 x 2)      (2)

         1.1.4       Verduidelik waarom die kollektivisering van boerdery Stalin se
                     gedagtes oor industrialisasie verander het.                  (2 x 2)       (4)

         1.1.5       Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron aan ŉ geskiedenis-
                     student wat Stalin se redes vir die industrialisering van Rusland
                     tydens die Eerste Vyfjaarplan navors.                         (1 x 2)      (2)

1.2      Lees Bron 1B.

         1.2.1       Wat, volgens die bron, was die doel van die Tweede Vyfjaarplan in
                     1933?                                                     (1 x 2)          (2)

         1.2.2       Noem TWEE mislukkings van die Eerste Vyfjaarplan soos in die
                     bron genoem.                                            (2 x 1)            (2)

         1.2.3       Gebruik van die inligting in die bron en jou eie kennis en
                     verduidelik hoe die Tweede Vyfjaarplan bygedra het om Rusland ŉ
                     industriële supermoondheid te maak.                        (2 x 2)         (4)

         1.2.4       Lewer kommentaar op die redes waarom die Sowjet-regering
                     besluit het om hul verdedigingsbedryf te verbeter.     (2 x 2)             (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                    GESKIEDENIS V1                       (EC/NOVEMBER 2022)

1.3     Verwys na Bron 1C.

        1.3.1   Hoeveel ton staal is in 1940 vervaardig?                      (1 x 2)     (2)

        1.3.2   Verduidelik die belangrikheid van die groot toename in tenks en
                vegvliegtuigproduksie tussen 1937 en 1940.                   (1 x 2)      (2)

        1.3.3   Lewer kommentaar oor waarom elektrisiteit produksie tussen 1928
                en 1937 van 35,4 tot 128 miljoen kilowatt toegeneem het. (1 x 2)          (2)

1.4     Vergelyk Bron 1A en 1C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1A die
        bewyse in Bron 1C rakende die suksesse van die Vyfjaarplanne
        ondersteun.                                                          (1 x 2)      (2)

1.5     Oorweeg Bron 1D.

        1.5.1   Watter gebeurtenis, volgens die bron, het daartoe gelei dat die
                USSR in 1945 ŉ supermoondheid geword het?                    (1 x 1)      (1)

        1.5.2   Haal bewyse uit die bron aan wat daarop dui dat die Vyfjaarplanne
                ŉ sukses was.                                               (3 x 1)       (3)

        1.5.3   Verduidelik waarom jy dink Stalin verpligte onderwys tydens die
                Vyfjaarplanne ingestel het.                                  (2 x 2)      (4)

        1.5.4   Wat geïmpliseer word deur die stelling: ‘Baie van die nuwe rykdom
                van die land is nooit deur gewone burgers gesien nie. Die meeste
                daarvan het na die regering gegaan om vir meer industrialisasie te
                betaal, sowel as vir die weermag’?                           (2 x 2)      (4)

1.6     Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ
        paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy
        verduidelik hoe Stalin se Vyfjaarplanne Rusland tot ŉ geïndustrialiseerde
        staat teen 1939 omskep het.                                                       (6)
                                                                                         [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                   GESKIEDENIS V1                                             5

VRAAG 2:        HET ROOSEVELT SE NUWE BEDELING DIE DOELWITTE VAN
                VERLIGTING, HERVORMING EN HERSTEL VAN DIE
                AMERIKAANSE EKONOMIE BEREIK?

Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die volgende vrae.

2.1     Gebruik Bron 2A.

        2.1.1   Definieer die konsep Groot Depressie in jou eie woorde.       (1 x 2)      (2)

        2.1.2   Wat, volgens die bron, was die doelwitte van die Nuwe Bedeling?
                                                                            (4 x 1)        (4)

        2.1.3   Verduidelik waarom dit vir Roosevelt nodig was om die
                kapitalistiese ekonomiese stelsel in die VSA te hervorm.       (2 x 2)     (4)

        2.1.4   Lewer kommentaar op die stelling: ‘... die New Bedeling het die
                Amerikaanse politieke kultuur hervorm rondom die beginsel dat die
                regering vir die welsyn van sy burgers verantwoordelik is.’  (1 x 2)       (2)

2.2     Verwys na Bron 2B.

        2.2.1   Wat, volgens die bron, was die basis van Roosevelt se teorie oor
                die herbou van die Amerikaanse ekonomie?                     (1 x 2)       (2)

        2.2.2   Lys TWEE maniere hoe Roosevelt van plan was om die mark te
                herstel.                                               (2 x 1)             (2)

        2.2.3   Verduidelik waarom Roosevelt se opdrag aan boere om minder te
                produseer, deur die Amerikaanse publiek gekritiseer was. (1 x 2)           (2)

        2.2.4   Definieer die konsep deelboer in die konteks van die kapitalistiese
                Amerikaanse ekonomie.                                         (1 x 2)      (2)

        2.2.5   Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om die impak van
                die National Recovery Administration op die Amerikaanse ekonomie
                te verduidelik.                                                (2 x 2)     (4)

2.3     Raadpleeg Bron 2C.

        2.3.1   Wat, volgens die bron, was die doel van die Tennessee Valley
                Authority?                                                  (1 x 2)        (2)

        2.3.2   Lys TWEE maniere waarop die Tennessee Valley Authority die
                burgers van Tennessee-vallei bevoordeel het.       (2 x 1)                 (2)

        2.3.3   Verduidelik waarom jy dink kapitaliste teen die implementering van
                die Tennessee Valley Authority gekant was.                   (2 x 2)       (4)

        2.3.4   Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron aan historici wat die
                impak van die Tennessee Valley Authority op Amerika navors. (1 x 2)         (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                   GESKIEDENIS V1                       (EC/NOVEMBER 2022)

2.4    Gebruik Bron 2D.

       2.4.1   Verduidelik die intensie van hierdie plakkaat met betrekking tot die
               mense se mening oor die Wet op Maatskaplike Versekering. (2 x 2)           (4)

       2.4.2   Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik
               hoe die Wet op Maatskaplike Versekering geïmplementeer is. (2 x 2)         (4)

2.5    Vergelyk Bron 2A en 2D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2A die bewyse
       in Bron 2D met betrekking tot die doelwitte van die Nuwe Bedeling
       ondersteun.                                                           (1 x 2)      (2)

2.6    Gebruik die inligting uit die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ
       paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy
       verduidelik of Roosevelt se Nuwe Bedeling doelwitte van verligting,
       hervorming en herstel van die Amerikaanse ekonomie bereik het.                    (6)
                                                                                        [50]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                    GESKIEDENIS V1                                             7

VRAAG 3:        WAT WAS DIE IMPAK VAN PSEUDO-WETENSKAPLIKE RAS-
                TEORIEË OP NAZI-RASSEBELEIDE IN DIE 1930’s EN 1940’s?

Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die wat volg vrae.

3.1     Bestudeer Bron 3A.

        3.1.1    Definieer die konsep rassisme in jou eie woorde.               (1 x 2)     (2)

        3.1.2    Verduidelik wat met Darwin se evolusie- teorie geïmpliseer word.
                                                                             (2 x 2)        (4)

        3.1.3    Lys VIER redes uit die bron dat Sosiale Darwinisme vir die
                 afgelope eeu en ŉ half gebruik is.                             (4 x 1)     (4)

        3.1.4    Lewer kommentaar op waarom Sosiale Darwinisme nie op die
                 menslike ras toegepas kan word nie.                    (2 x 2)             (4)

3.2     Verwys na Bron 3B.

        3.2.1    Wat, volgens die bron, was die gevolg van die implementering van
                 die Wet vir die Voorkoming van Oorerflike Siekte op die Nageslag?
                                                                             (1 x 2)        (2)

        3.2.2    Definieer die konsep eugenetika in die konteks van Sosiale
                 Darwinisme.                                                (1 x 2)         (2)

        3.2.3    Lys VIER kategorieë van mense wat die Nasionale Sosialiste vir
                 sterilisasie geïdentifiseer het.                          (4 x 1)          (4)

        3.2.4    Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik
                 hoe eugenetika die menseregte van nie-Ariërs wat in Duitsland
                 gewoon het, geskend het.                                       (2 x 2)     (4)

3.3     Raadpleeg Bron 3C.

        3.3.1    Waarom, volgens die bron, is lede van Theresia se familie in 1941
                 na die Gestapo-hoofkwartier gebring?                         (1 x 2)       (2)

        3.3.2    Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik
                 hoe die fundamentele regte van babas deur die Duitse eugenetiese
                 program geskend is.                                            (2 x 2)     (4)

        3.3.3    Lewer kommentaar oor waarom jy dink Theresa haar baba gegryp
                 en gevlug het.                                         (2 x 2)             (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                    GESKIEDENIS V1                        (EC/NOVEMBER 2022)

3.4    Gebruik Bron 3D.

       3.4.1    Wat dink jy was die bedoeling van die Nazi's met die publikasie van
                hierdie foto?                                                (2 x 2)      (4)

       3.4.2    Verduidelik die beperkings van hierdie foto aan historici wat Nazi-
                rassebeleide in Duitsland gedurende die 1940's navors.        (1 x 2)     (2)

3.5    Bestudeer Bron 3C en 3D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3C die
       bewyse in Bron 3D met betrekking tot die implementering van eugenetika-
       beleide in Duitsland weerspreek.                                     (1 x 2)       (2)

3.6    Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ
       paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy die impak
       van die pseudo-wetenskaplike rasseteorieë op die Nazi se rassebeleide in
       die 1930’s en 1940’s verduidelik.                                                  (6)
                                                                                         [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                  GESKIEDENIS V1                                            9

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae uit hierdie
afdeling.

VRAAG 4: KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940

‘Lenin se nuwe ekonomiese beleid was ŉ kompromis met kapitalisme om die
kommunistiese bewind in Rusland te red.’

Stem jy saam met hierdie stelling? Gebruik relevante historiese bewyse om jou
argument te ondersteun.                                                               [50]

VRAAG 5: KAPITALISME IN DIE VERENIGDE STATE, 1900–1940

‘Onbeheerde kapitalisme en die gebrek aan regerings-oorsig het direk tot die Groot
Depressie gelei.’

Bespreek hierdie stelling krities deur na die hoofoorsake van die Groot Depressie
te verwys.                                                                            [50]

VRAAG 6: IDEES VAN RAS IN DIE LAAT 19DE EN 20STE EEU

Verduidelik tot watter mate pseudo-wetenskaplike teorieë gebaseer op Sosiale
Darwinisme en eugenetika die lewens van Jode wat in die 1940’s in Duitsland
gewoon het, beïnvloed het.                                                            [50]

                                                                        TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

## Related documents

- [HISTORY P1 GR11 QP NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-qp-nov2020-afrikaans/2b1d86d0-5be8-4141-a226-88848f434786) — History · QP · 2020 · Afr
- [HISTORY P1 GR11 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-qp-nov2018-afrikaans/6cb39e74-871f-48a8-83aa-8ed2daee8cf7) — History · QP · 2018 · Afr
- [HISTORY P1 GR11 QP NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-qp-nov2017-afrikaans/f3d35bf3-a8e8-409a-8377-2e8e92e682ad) — History · QP · 2017 · Afr
- [HISTORY P2 ADDENDUM GR11 NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-addendum-gr11-nov2022-afrikaans/30b1426a-6a42-4d8b-8b07-8539250dd975) — History · Addendum · 2022 · Afr
- [HISTORY P1 GR11 MEMO SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-memo-sept2020-afrikaans/de87c1a6-c3b2-4fe1-8fa7-a5a4ef35c1c6) — History · Memo · 2020 · Afr
- [HISTORY P1 GR11 MEMO NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-memo-nov2019-afrikaans/f207eb91-1755-4f92-a1be-ae41241c8da2) — History · Memo · 2019 · Afr

## More from Grade 11 History

- [Gr 11 His ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-his-atp-2023-24/4c199bf3-d253-42ae-b90d-b030dfc6ecc2) — ATP
- [EC History Grade 11 June 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-history-grade-11-june-2025-p2-and-memo/0051e460-14cf-43df-a19e-374c9f6a797a) — QP + Memo · 2025
- [GRADE 11 HISTORY P1 NOVEMBER 2025 MG watermark](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-history-p1-november-2025-mg-watermark/15706ac6-5464-4f6c-87c6-1a03afff8695) — Memo · 2025
- [HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/13c2bd17-2125-463d-a4b3-95b539b0a7de) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2025 AFRIK watermark](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-memo-gr11-nov-2025-afrik-watermark/89cc90d4-f7ff-4580-84ad-6c4b84e16560) — Memo · 2025 · Afr
- [HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2024 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-memo-gr11-nov-2024-afr-watermark/556b3e5c-28af-4a2b-bab1-588c18c87032) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
