# History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2023 QP (Afr)

> Grade 11 History Paper 1 question paper from the Eastern Cape November Exam 2023 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-qp-nov-2023-afrikaans/913609d9-e425-430d-8b5a-c6b982311177
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/history) › [History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-qp-nov-2023-afrikaans/913609d9-e425-430d-8b5a-c6b982311177)

## About this document

History · Grade 11 · Eastern Cape November Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                             NASIONALE
                         SENIORSERTIFIKAAT

                               GRAAD 11

                           NOVEMBER 2023

                          GESKIEDENIS V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en ŉ addendum van 14 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  GESKIEDENIS V1                      (EC/NOVEMBER 2023)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B gebaseer op die
      voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument.

      AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

      VRAAG 1:        KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940

      VRAAG 2:        KAPITALISME IN DIE VSA, 1900–1940

      VRAAG 3:        IDEES VAN RAS IN DIE LAAT 19de EN 20ste EEU

      AFDELING B: OPSTELVRAE

      VRAAG 4:        KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940

      VRAAG 5:        KAPITALISME IN DIE VSA, 1900–1940

      VRAAG 6:        IDEES VAN RAS IN DIE LAAT 19de EN 20ste EEU

2.    AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
      benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
      word.

3.    AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.    Beantwoord DRIE vrae soos volg:

      4.1    Ten minste EEN moet ŉ brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN
             moet ŉ opstelvraag wees.

      4.2    Die DERDE vraag kan óf ŉ brongebaseerde vraag óf ŉ opstelvraag wees.

5.    Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee.

6.    In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
      gebruik.

7.    Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

8.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

9.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)                   GESKIEDENIS V1                                        3

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die
ADDENDUM gevind word.

VRAAG 1:        WAT WAS DIE IMPAK VAN LENIN SE NUWE EKONOMIESE
                BELEID OP DIE RUSSIESE EKONOMIE?

Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1     Verwys na Bron 1A.

        1.1.1    Definieer die konsep Oorlogskommunisme in jou eie woorde. (1 x 2)        (2)

        1.1.2    Lys VIER bewysstukke uit die bron wat daarop dui dat die
                 Oorlogskommunisme beleid ŉ ramp vir Rusland was.  (4 x 1)                (4)

        1.1.3    Verduidelik waarom jy dink Lenin Oorlogskommunisme ingestel het.
                                                                         (2 x 2)          (4)

        1.1.4    Wat was die impak van die Kronstadt-rebellie van 1921 op die
                 kommunistiese bewind in Rusland?                      (2 x 2)            (4)

1.2     Lees Bron 1B.

        1.2.1    Wat, volgens die bron, was die belangrikste vereiste van die NEB?
                                                                             (1 x 2)      (2)

        1.2.2    Definieer die konsep denasionalisering in die konteks van die Nuwe
                 Ekonomiese Beleid.                                           (1 x 2)     (2)

        1.2.3    Noem TWEE gevolge wat die toegewing van die NEB op die
                 Russiese ekonomie gehad het.                    (2 x 1)                  (2)

        1.2.4    Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                 waarom Stalin teen 1929 besluit het om die NEB te laat vaar. (2 x 2)     (4)

1.3     Bestudeer Bron 1C.

        1.3.1    Haal DRIE bewysstukke uit die bron aan wat daarop dui dat die NEB
                 ŉ kapitalistiese ekonomiese beleid was.                     (3 x 1)      (3)

        1.3.2    Lewer kommentaar op die stelling: “Vir die handelaars het die NEP
                 ŉ geleentheid gebied en die aanbreek van beter dae beteken.”
                                                                             (2 x 2)      (4)

        1.3.3    Verduidelik die betroubaarheid van hierdie bron vir geskiedkundiges
                 wat die impak van Lenin se Nuwe Ekonomiese Beleid in Rusland
                 tussen 1921 en 1928 navors.                                  (1 x 2)     (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                    GESKIEDENIS V1                        (EC/NOVEMBER 2023)

1.4     Bestudeer Bron 1D.

        1.4.1   Hoeveel miljoen ton graan is in 1927 geoes?                    (1 x 1)     (1)

        1.4.2   Verduidelik waarom jy dink die landbouproduksie in 1928 so hoog
                was.                                                      (2 x 2)          (4)

        1.4.3   Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik die
                impak van Oorlogskommunisme op nywerhede in Rusland tussen
                1918 en 1922.                                                  (2 x 2)     (4)

1.5     Verduidelik hoe die inligting in Bron 1A die bewyse in Bron 1D ondersteun
        rakende die impak van Oorlogskommunisme op die Russiese ekonomie.
                                                                           (1 x 2)         (2)

1.6     Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ
        paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy die impak
        van Lenin se Nuwe Ekonomiese Beleid op die Russiese ekonomie
        verduidelik.                                                                       (6)
                                                                                          [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)                    GESKIEDENIS V1                                        5

VRAAG 2:        WATTER MAATREËLS HET ROOSEVELT INGESTEL OM DIE
                WERKLOOSHEIDSPROBLEEM OP TE LOS WAT DEUR DIE
                GROOT DEPRESSIE IN DIE VSA IN DIE 1930’s VEROORSAAK IS?

2.1     Verwys na Bron 2A.

        2.1.1    Definieer die konsep Groot Depressie in jou eie woorde.       (1 x 2)     (2)

        2.1.2    Wat, volgens die bron, was die gevolge van die Groot Depressie op
                 die VSA?                                                   (4 x 1)        (4)

        2.1.3    Watter gevolgtrekking kan gemaak word uit president Hoover se
                 stelling: “Die krisis was net ŉ verbygaande voorval in ons nasionale
                 lewens”?                                                      (2 x 2)     (4)

        2.1.4    Verduidelik wat geïmpliseer word met die stelling: “Roosevelt se
                 Nuwe Bedeling het die verhouding van die federale regering met die
                 Amerikaanse publiek permanent verander.”                    (2 x 2)       (4)

        2.1.5    Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik
                 waarom die Amerikaanse publiek Franklin Delano Roosevelt as hul
                 president verkies het.                                        (2 x 2)     (4)

2.2     Lees Bron 2B.

        2.2.1    Gee EEN rede uit die bron waarom hulpprogramme tydens die Groot
                 Depressie ingestel is.                                   (1 x 2)          (2)

        2.2.2    Lys enige TWEE programme uit die bron wat deur Roosevelt ingestel
                 is om die ekonomiese ineenstorting van die VSA te stop.    (2 x 1)        (2)

        2.2.3    Lewer kommentaar oor hoe die Emergency Banking Act vertroue in
                 die Amerikaanse banksektor teweeggebring het.           (2 x 2)           (4)

        2.2.4    Verduidelik hoe die FERA verligting vir duisende Amerikaners
                 teweeg gebring het.                                   (1 x 2)             (2)

2.3     Bestudeer Bron 2C.

        2.3.1    Noem TWEE openbare werke infrastruktuur projekte wat die WPA
                 aangepak het om die werkloosheidskwessie aan te spreek. (2 x 1)           (2)

        2.3.2    Hoe ondersteun die WPA en FERA mekaar rakende die doelstellings
                 van die Nuwe Bedeling?                                  (1 x 2)           (2)

        2.3.3    Hoe dink jy het die eienaars van groot besighede gereageer op
                 Roosevelt se Nuwe Bedeling?                            (2 x 2)            (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                  GESKIEDENIS V1                       (EC/NOVEMBER 2023)

2.4    Raadpleeg Bron 2D.

       2.4.1   In watter jaar was die werkloosheidsyfer die hoogste?       (1 x 2)     (2)

       2.4.2   Wat vertel die grafiek jou oor die impak van die Nuwe Bedeling op
               werkloosheid tussen 1933 en 1937?                          (1 x 2)      (2)

       2.4.3   Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron vir geskiedkundiges
               wat die impak van die Nuwe Bedeling op werkloosheid tydens die
               Groot Depressie in die VSA navors.                          (1 x 2)     (2)

2.5    Verduidelik hoe die bewyse in Bron 2D die inligting in Bron 2C rakende
       werkloosheid tydens die Groot Depressie ondersteun.              (1 x 2)        (2)

2.6    Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ
       paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy die
       maatreëls     wat      Roosevelt      geïmplementeer     het    om     die
       werkloosheidsprobleem wat deur die Groot Depressie in die VSA in die
       1930’s veroorsaak was verduidelik.                                              (6)
                                                                                      [50]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)                     GESKIEDENIS V1                                         7

VRAAG 3:        HOE HET DIE NAZI’S MINDERHEIDSGROEPE IN DUITSLAND
                TUSSEN DIE 1930’s EN 1940’s VERVOLG?

Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die volgende vrae.

3.1     Verwys na Bron 3A.

        3.1.1    Definieer die konsep anti-Semitisme in jou eie woorde.         (1 x 2)      (2)

        3.1.2    Hoe, volgens die bron, het Hitler demokrasie in Duitsland in 1933
                 beëindig?                                                   (2 x 1)         (2)

        3.1.3    Deur gebruik te maak van die inligting in die bron en jou eie kennis,
                 verduidelik waarom Duitsland in 1933 ŉ ekonomiese krisis beleef
                 het.                                                           (1 x 2)      (2)

        3.1.4    Lewer kommentaar op die redes vir die Nazi se haat teenoor die
                 Jode.                                                   (2 x 2)             (4)

3.2     Lees Bron 3B.

        3.2.1    Wat, volgens die bron, was die funksie van die Genadedood-
                 program in Duitsland?                                (1 x 2)                (2)

        3.2.2    Lys DRIE kategorieë individue wat die Genadedood- program uit die
                 Duitse bevolking wou uitskakel.                          (3 x 1)            (3)

        3.2.3    Definieer die konsep eugenetika in die konteks van die Nazi-
                 rassebeleide.                                         (1 x 2)               (2)

        3.2.4    Verduidelik wat geïmpliseer word met die stelling: “Gestremdes
                 verteenwoordig ŉ genetiese en ŉ finansiële las op die Duitse
                 samelewing”.                                             (2 x 2)            (4)

        3.2.5    Verduidelik waarom die Genadedood-program as ŉ skending van
                 menseregte gesien kan word.                          (2 x 2)                (4)

3.3     Raadpleeg Bron 3C.

        3.3.1    Noem die DRIE kategorieë mense wat as die sigeuners bekend
                 gestaan het.                                         (3 x 1)                (3)

        3.3.2    Hoe, volgens die bron, is die sigeuners in die Auschwitz-
                 konsentrasiekamp vermoor?                          (2 x 1)                  (2)

        3.3.3    Watter opsies, dink jy, het die sigeuners gehad om sterilisasie in
                 Duitsland te vermy?                                        (2 x 2)          (4)

        3.3.4    Verduidelik hoe gedwonge sterilisasie tot die skepping van ŉ
                 meesterras in Duitsland in 1930’s bygedra het.         (2 x 2)              (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                   GESKIEDENIS V1                       (EC/NOVEMBER 2023)

3.4    Lees Bron 3D.

       3.4.1   Verduidelik die boodskappe wat die fotograaf oor Duitsland se
               rassebeleid in die 1930’s probeer oordra.               (1 x 2)          (2)

       3.4.2   Verskaf EEN rede waarom Hitler se Genadedood-program nie
               geregverdig kan word nie.                          (1 x 2)               (2)

3.5    Vergelyk Bron 3B en Bron 3D. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 3D die
       inligting in Bron 3C rakende Hitler se Genadedood-program ondersteun.
                                                                         (1 x 2)        (2)

3.6    Gebruik die inligting uit die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ
       paragraaf van ongeveer ses reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy
       verduidelik hoe die Nazi’s minderheidsgroepe in Duitsland tussen die
       1930’s en 1940’s vervolg het.                                                    (6)
                                                                                       [50]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)                   GESKIEDENIS V1                                        9

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling.

Jou opstel behoort ongeveer DRIE bladsye lank te wees.

VRAAG 4:        KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940: GEVALLESTUDIE –
                STALIN SE VYFJAARPLANNE

Verduidelik tot watter mate Stalin se vyfjaarplanne die Sowjetunie teen die einde van
1939 vanaf ŉ agterlike land na ŉ supermoondheid verander het.

Gebruik relevante historiese bewyse om jou argument te ondersteun.                      [50]

VRAAG 5:      KOMMUNISME IN DIE VSA: GEVALLESTUDIE – GEVOLGE VAN
              DIE GROOT DEPRESSIE

Bespreek krities hoe Amerika, Japan en Duitsland op die sosiale impak van die Groot
Depressie op hul onderskeie lande gereageer het.                                    [50]

VRAAG 6:      IDEES VAN RAS IN DIE 19de EN 20ste EEU: GEVALLESTUDIE –
              HITLER EN DIE JODE.

Die Nazi’s het die idee van ŉ ‘suiwer Ariese ras’ gebruik om die menseregte van die
Jode in Nazi -Duitsland, vanaf 1933 tot 1945, te skend.

Stem jy saam met hierdie stelling? Gebruik relevante historiese bewyse om jou
gedagtegang te ondersteun.                                                              [50]

                                                                           TOTAAL:      150

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [HISTORY P2 GR11 MEMO NOV2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr11-memo-nov2023-afrikaans/bc77cb2c-5c79-4e87-9a6b-08ed867d35f9) — History · Memo · 2023 · Afr
- [HISTORY P1 GR11 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-qp-nov2018-afrikaans/6cb39e74-871f-48a8-83aa-8ed2daee8cf7) — History · QP · 2018 · Afr
- [HISTORY P1 GR11 QP NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-qp-nov2017-afrikaans/f3d35bf3-a8e8-409a-8377-2e8e92e682ad) — History · QP · 2017 · Afr
- [HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2025 AFRIK watermark](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-memo-gr11-nov-2025-afrik-watermark/89cc90d4-f7ff-4580-84ad-6c4b84e16560) — History · Memo · 2025 · Afr
- [HISTORY P1 GR11 MEMO NOV 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-memo-nov-2022-afrikaans/f993acba-4e18-43d3-be44-054e0b37af1b) — History · Memo · 2022 · Afr
- [HISTORY P1 GR11 MEMO SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-memo-sept2020-afrikaans/de87c1a6-c3b2-4fe1-8fa7-a5a4ef35c1c6) — History · Memo · 2020 · Afr

## More from Grade 11 History

- [Gr 11 His ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-his-atp-2023-24/4c199bf3-d253-42ae-b90d-b030dfc6ecc2) — ATP
- [EC History Grade 11 June 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-history-grade-11-june-2025-p2-and-memo/0051e460-14cf-43df-a19e-374c9f6a797a) — QP + Memo · 2025
- [GRADE 11 HISTORY P1 NOVEMBER 2025 MG watermark](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-history-p1-november-2025-mg-watermark/15706ac6-5464-4f6c-87c6-1a03afff8695) — Memo · 2025
- [HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/13c2bd17-2125-463d-a4b3-95b539b0a7de) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2024 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-memo-gr11-nov-2024-afr-watermark/556b3e5c-28af-4a2b-bab1-588c18c87032) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 ADDENDUM GR11 NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-addendum-gr11-nov2022-afrikaans/30b1426a-6a42-4d8b-8b07-8539250dd975) — Addendum · 2022 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
