# History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2017 QP (Afr)

> Grade 11 History Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2017 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-qp-nov2017-afrikaans/f3d35bf3-a8e8-409a-8377-2e8e92e682ad
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/history) › [History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-qp-nov2017-afrikaans/f3d35bf3-a8e8-409a-8377-2e8e92e682ad)

## About this document

History · Grade 11 · Eastern Cape November · 2017 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                       NASIONALE
                   SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 11

                    NOVEMBER 2017

                    GESKIEDENIS V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                             *IHISTA1*

                     Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
 2                                   GESKIEDENIS V1                     (EC/NOVEMBER 2017)

  INSTRUKSIES EN INLIGTING

  1.    Hierdie VRAESTEL bestaan uit SES vrae op wat die
        KABV-inhoudsraamwerk gebaseer is: DRIE brongebaseerde vrae in
        AFDELING A en DRIE opstelvrae in AFDELING B.

        AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

        VRAAG 1: KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940

        VRAAG 2: KAPITALISME IN DIE VSA, 1900–1940

        VRAAG 3: IDEES VAN RAS IN DIE LAAT 19de EN 20ste EEU

        AFDELING B: OPSTELVRAE

        VRAAG 4: KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940

        VRAAG 5: KAPITALISME IN DIE VSA, 1900–1940

        VRAAG 6: IDEES VAN RAS IN DIE LAAT 19de EN 20ste EEU

  2.    Bronmateriaal wat nodig is om brongebaseerde vrae te beantwoord kan in
        die bygaande ADDENDUM VAN BRONNE gevind word.

  3.    Elke vraag tel 50 punte.

  4.    Kandidate moet DRIE vrae beantwoord.

        4.1      Ten minste EEN moet ŉ brongebaseerde vraag en minstens EEN
                 moet ŉ opstelvraag wees.

        4.2      Die DERDE vraag kan óf ŉ brongebaseerde vraag óf ŉ opstelvraag
                 wees.

  5.    Kandidate word aangeraai om bestee EEN uur per vraag te spandeer.

  6.    Wanneer kandidate vrae beantwoord, moet hulle toepassing van kennis,
        vaardighede en insig demonstreer.

  7.    Blote oorskryf van die bronne as antwoorde sal tot nadeel van kandidate
        wees.

  8.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die
        vraestel gebruik word.

  9.    Skryf netjies en leesbaar.

  10. Begin elke vraag op ŉ nuwe bladsy en trek ŉ lyn aan die einde van elke
      vraag.

Kopiereg voorgehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                    GESKIEDENIS V1                                         3

 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

 Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae uit hierdie
 afdeling nie.

 VRAAG 1: KOMMUNISME IN RUSLAND 1900–1940

 WAT WAS DIE OORSAKE VAN DIE BOLSJEWISTIESE REWOLUSIE IN
 RUSLAND IN 1917?

 Bestudeer Bronne 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

 1.1   Bestudeer Bron 1A.

       1.1.1    Wat, volgens die bron, was die doelstellings van die vergadering
                van die Russiese Werkende Mans?                                (2 x 1)       (2)

       1.1.2    Wie, volgens die inligting in die bron, het die vergadering van die
                Russiese Werkende Mans gevorm?                                   (1 x 1)     (1)

       1.1.3    Verduidelik waarom jy dink Vader Gapon het besluit om sy
                aanvanklike rol in die vergadering van die Russiese Werkende
                Mans te verlaat.                                             (2 x 2)         (4)

       1.1.4    Noem enige TWEE eise wat vervat was in die petisie wat Vader
                Gapon aan die Tsaar van Rusland gestuur het.               (2 x 1)           (2)

       1.1.5    Verduidelik waarom die inligting in Bron 1A as bruikbaar beskou kan
                word vir ŉ historikus wat die oorsake van die Russiese revolusie
                bestudeer.                                                     (2 x 2)       (4)

 1.2   Verwys na Bron 1B.

       1.2.1    Deur gebruik te maak van die visuele leidrade in die bron noem
                TWEE eise wat deur die protesterende werkers gemaak is.        (2 x 1)       (2)

       1.2.2    Haal bewyse uit die bron aan wat die siening dat die werkers nie
                gelukkig was met wat die Tsaristiese regering besig was om te doen
                nie, ondersteun.                                               (1 x 2)       (2)

       1.2.3    Verduidelik die belangrikheid van die demonstrasie deur die werkers,
                in die konteks van die Russiese revolusie.                    (2 x 2)        (4)

 1.3   Hoe ondersteun die bewyse in Bron 1B die inligting in Bron 1A met
       betrekking tot die groeiende ongelukkigheid onder die mense van Rusland
       met die regering van die tsaar?                                     (2 x 2)           (4)

Kopiereg voorgehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
 4                                   GESKIEDENIS V1                         (EC/NOVEMBER 2017)

 1.4   Raadpleeg Bron 1C.

       1.4.1   Verduidelik wat Lenin bedoel het toe hy gesê het: ‘Die mense
               benodig vrede, die mense benodig brood en die mense benodig
               grond.’                                                      (2 x 2)          (4)

       1.4.2   Definieer die konsep proletariaat in die konteks van die Russiese
               revolusie.                                                     (1 x 2)        (2)

       1.4.3   Verduidelik waarom jy dink die betrokkenheid van die matrose van
               die Kronstadt-vlootbasis tydens die rewolusie, ŉ belangrike
               verwikkeling vir die Bolsjewiste was.                        (2 x 2)          (4)

 1.5   Gebruik Bron 1D.

       1.5.1   Wie, volgens die inligting in die bron, was die leier van die Bolsjewiste
               in Rusland terwyl Lenin in ballingskap in Finland was?            (1 x 1)     (1)

       1.5.2   Wat, volgens die inligting in die bron, was die basiese eise van die
               mense van Rusland in hul verwerping van die Kerensky-regering?
               Noem enige TWEE eise.                                            (2 x 1)      (2)

       1.5.3   Gebruik die bron en jou eie kennis en verduidelik waarom dit relatief
               maklik was vir die Bolsjewiste om die Kerensky-regering omver te
               werp.                                                          (2 x 2)        (4)

 1.6   Deur gebruik te maak van die inligting in die relevante bronne en jou eie
       kennis, skryf ŉ paragraaf van omtrent AGT reëls (ongeveer 80 woorde)
       waarin jy die oorsake van die Bolsjewistiese rewolusie in Rusland in 1917
       bespreek.                                                                            (8)
                                                                                           [50]

Kopiereg voorgehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                     GESKIEDENIS V1                                         5

 VRAAG 2: KAPITALISME IN DIE VSA, 1900–1940

 WAT WAS DIE GEVOLGE VAN DIE GROOT DEPRESSIE IN DIE VERENIGDE
 STATE VAN AMERIKA IN DIE 1930’s?

 Bestudeer Bronne 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die volgende vrae.

 2.1 Gebruik Bron 2A.

       2.1.1    Hoe, volgens die inligting in die bron, is boere negatief geraak deur
                die droogte tydens die Groot Depressie?                          (2 x 1)      (2)

       2.1.2    Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                waarom die plakkersdorpies ‘Hoovervilles’ genoem is.              (2 x 2)     (4)

       2.1.3    Hoe, volgens die inligting in die bron, is families (huishoudings)
                geraak deur die Groot Depressie?                                  (2 x 1)     (2)

       2.1.4    Deur gebruik te maak van die inligting in die bron, noem die
                uitwerking van die Groot Depressie op die Amerikaanse Droom.
                                                                             (2 x 1)          (2)

       2.1.5    Verduidelik die bruikbaarheid van die inligting in die bron vir ŉ
                historikus wat navorsing doen oor die impak van die Groot Depressie
                op die Amerikaanse volk doen.                                     (2 x 2)     (4)

 2.2 Raadpleeg Bron 2B.

       2.2.1    Verduidelik waarom Hoover se regering nie daarin kon slaag om
                betyds teen die effek van die Groot Depressie op te tree nie. (2 x 2)         (4)

       2.2.2    Waarom, volgens jou mening, het die VSA sulke hoë vlakke van
                werkloosheid ervaar?                                       (2 x 2)            (4)

       2.2.3.   Waarom, volgens die inligting in die bron, het die banke besluit om
                hul lenings terug te roep?                                      (1 x 2)       (2)

 2.3 Verwys na Bron 2C.

       Deur gebruik te maak van die visuele leidrade in die bron, noem die soort
       verversings wat by hierdie sentrum aangebied is.                      (2 x 1)          (2)

 2.4 Op watter manier ondersteun Bronne 2B en 2C mekaar ten opsigte van die
     impak wat die Groot Depressie op die Amerikaanse samelewing gehad het?
                                                                       (2 x 2)                (4)

Kopiereg voorgehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
 6                                   GESKIEDENIS V1                       (EC/NOVEMBER 2017)

 2.5 Bestudeer Bron 2D.

      2.5.1    Deur gebruik te maak van die bron en jou eie kennis, definieer die
               konsep Groot Depressie in die konteks van die gebeure van die
               1930’s in die Verenigde State van Amerika.                     (1 x 2)      (2)

      2.5.2    Gee TWEE voorbeelde van onaanvaarbare sosiale gedrag wat
               algemeen geword het in die Verenigde State van Amerika as gevolg
               van die impak van die Groot Depressie.                     (2 x 1)          (2)

      2.5.3    Waarom, volgens jou mening, het hoër onderwys buite bereik van die
               gewone Amerikaanse burger geraak?                           (2 x 2)         (4)

      2.5.4    Verduidelik waarom baie mans besluit het om weg te loop van hul
               gesinne, wat as die ‘arm man se egskeiding’ bekend gestaan het. \
                                                                            (2 x 2)        (4)

 2.6 Deur gebruik te maak van inligting in die relevante bronne en jou eie kennis,
     skryf ŉ paragraaf van omtrent AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die
     gevolge van die Groot Depressie in die Verenigde State van Amerika in die
     1930’s bespreek.                                                                     (8)
                                                                                         [50]

Kopiereg voorgehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                    GESKIEDENIS V1                                          7

 VRAAG 3: IDEES VAN RAS IN DIE LAAT 19de EN 20ste EEU

 HOE HET NAZI-DUITSLAND DIE MENSEREGTE VAN MINDERHEIDSGROEPE
 TUSSEN 1933 EN 1945 GESKEND?

 Bestudeer Bronne 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die volgende vrae.

 3.1 Bestudeer Bron 3A.

       3.1.1    Gebruik die bron en jou eie kennis om die konsep, anti-Semitisme,
                in die konteks van Nazi-Duitsland te verduidelik.             (1 x 2)        (2)

       3.1.2    Hoeveel Jode, volgens die inligting in die bron, het in Duitsland
                gewoon teen 1933?                                                (1 x 1)     (1)

       3.1.3    Noem enige VIER bewyse van sabotasie waarvoor die Jode in
                Duitsland geblameer is om anti-Semitisme te bevorder.    (4 x 1)             (4)

       3.1.4    Deur gebruik te maak van die inligting in die bron en jou eie kennis,
                verduidelik waarom die Duitse amptenare wat die
                vredesooreenkoms wat die Eerste Wêreld-oorlog beëindig het,
                onderteken het, "November misdadigers" genoem is.               (2 x 2)      (4)

       3.1.5    Waarom, volgens jou mening, was dit nodig om duidelike wetgewing
                te hê wat omskryf het wie ŉ Jood en wie ŉ Ariër was? (2 x 2)                 (4)

       3.1.6    Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron vir ŉ historikus wat
                die behandeling van Jode in Nazi Duitsland onder Hitler bestudeer.
                                                                                (2 x 2)      (4)

 3.2 Oorweeg Bron 3B.

       3.2.1    Deur gebruik te maak van die inligting in die bron, noem die TWEE
                wette wat die Nurembergwette genoem is.                       (2 x 1)        (2)

       3.2.2    Haal bewyse uit die bron aan wat die siening ondersteun dat
                Sigeuners (‘Gypsies’) in Nazi-Duitsland wetlik uitgewis kon word.
                                                                               (1 x 2)       (2)

       3.2.3    Verduidelik die belangrikheid van die klassifikasie van mense in
                Duitsland as ‘sonder burgerskap regte.’                       (2 x 2)        (4)

Kopiereg voorgehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
 8                                   GESKIEDENIS V1                         (EC/NOVEMBER 2017)

 3.3 Lees Bron 3C.

      3.3.1    Hoe, volgens die inligting in die bron, sou die menslike ras verbeter
               word?                                                           (1 x 1)     (1)

      3.3.2    Waarom, volgens die bron, het die Nazi-regering ŉ streng program
               van sterilisasie nagesteef?                                  (1 x 2)        (2)

      3.3.3    Waarom, volgens jou mening, het Hitler minderhede vir vervolging
               geteiken?                                                   (2 x 2)         (4)

 3.4 Raadpleeg Bron 3D.

      Op watter manier is die menseregte van die Jode geskend deur die optrede
      van die polisie soos uitgebeeld in die visuele bron?              (2 x 2)            (4)

 3.5 Hoe ondersteun Bronne 3A en 3D mekaar ten opsigte van die doelbewuste
     skending van die Jode se regte?                                  (2 x 2)              (4)

 3.6 Deur gebruik te maak van die inligting in die relevante bronne en jou eie
     kennis, skryf ŉ paragraaf van omtrent AGT reëls (ongeveer 80 woorde)
     waarin jy die wyses waarop menseregte van minderhede in Nazi-Duitsland
     geskend is tussen 1933 en 1945 wys of demonstreer.                                   (8)
                                                                                         [50]

Kopiereg voorgehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                GESKIEDENIS V1                                      9

 AFDELING B: OPSTELVRAE

 Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae uit hierdie
 afdeling nie.

 VRAAG 4: KOMMUNISME IN RUSLAND 1900–1940

 Het Stalin se ekonomiese en ontwikkelingsprogramme daarin geslaag om Rusland
 vanaf ŉ agtergeblewe land tot ŉ moderne industriële mag te verander?

 Ondersteun jou standpunt met relevante historiese bewyse.                          [50]

 VRAAG 5: KAPITALISME IN DIE VSA, 1900–1940

 Tot watter mate het Roosevelt se Nuwe Bedeling daarin geslaag om die negatiewe
 gevolge van die Groot Depressie in die Verenigde State van Amerika in te verlig
 die 1930’s?

 Ondersteun jou antwoord met relevante historiese bewyse.                           [50]

 VRAAG 6: IDEES VAN RAS IN DIE LAAT 19de EN 20ste EEU

 Bespreek tot watter mate die toepassing van eugenetika en sosiale Darwinisme die
 voortbestaan van die inheemse bevolking van Australië bedreig het en dui aan of
 dit tot volksmoord gelei het of nie.                                               [50]

                                                                       TOTAAL:       150

Kopiereg voorgehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [HISTORY P1 GR11 QP NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-qp-nov2020-afrikaans/2b1d86d0-5be8-4141-a226-88848f434786) — History · QP · 2020 · Afr
- [HISTORY P1 GR11 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-qp-nov2018-afrikaans/6cb39e74-871f-48a8-83aa-8ed2daee8cf7) — History · QP · 2018 · Afr
- [HIST-P1-GR11 QP-ENG- NOV 2017](https://www.hlayiso.com/library/hist-p1-gr11-qp-eng-nov-2017/4c4cf371-dc99-48e7-b952-410a685eda4b) — History · QP · 2017 · Eng
- [HISTORY P1 GR11 MEMO NOV 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-memo-nov-2022-afrikaans/f993acba-4e18-43d3-be44-054e0b37af1b) — History · Memo · 2022 · Afr
- [HISTORY P1 GR11 MEMO SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-memo-sept2020-afrikaans/de87c1a6-c3b2-4fe1-8fa7-a5a4ef35c1c6) — History · Memo · 2020 · Afr
- [HISTORY P1 GR11 MEMO NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-memo-nov2019-afrikaans/f207eb91-1755-4f92-a1be-ae41241c8da2) — History · Memo · 2019 · Afr

## More from Grade 11 History

- [Gr 11 His ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-his-atp-2023-24/4c199bf3-d253-42ae-b90d-b030dfc6ecc2) — ATP
- [EC History Grade 11 June 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-history-grade-11-june-2025-p2-and-memo/0051e460-14cf-43df-a19e-374c9f6a797a) — QP + Memo · 2025
- [GRADE 11 HISTORY P1 NOVEMBER 2025 MG watermark](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-history-p1-november-2025-mg-watermark/15706ac6-5464-4f6c-87c6-1a03afff8695) — Memo · 2025
- [HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/13c2bd17-2125-463d-a4b3-95b539b0a7de) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2025 AFRIK watermark](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-memo-gr11-nov-2025-afrik-watermark/89cc90d4-f7ff-4580-84ad-6c4b84e16560) — Memo · 2025 · Afr
- [HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2024 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-memo-gr11-nov-2024-afr-watermark/556b3e5c-28af-4a2b-bab1-588c18c87032) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
