# History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2018 QP (Afr)

> Grade 11 History Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2018 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-qp-nov2018-afrikaans/6cb39e74-871f-48a8-83aa-8ed2daee8cf7
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/history) › [History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-qp-nov2018-afrikaans/6cb39e74-871f-48a8-83aa-8ed2daee8cf7)

## About this document

History · Grade 11 · Eastern Cape November · 2018 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [HISTORY P1 GR11 MEMO NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-memo-nov2018-afrikaans/bc915bce-d755-44f3-bcee-54a9c7c80127) — Memo · 2018 · Afr
- [HISTORY P1 GR11 ADDEN NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-adden-nov2018-afrikaans/fac8a9c0-5784-4961-9990-8f4abac03612) — Addendum · 2018 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                              GRAAD 11

                       NOVEMBER 2018

                       GESKIEDENIS V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                      Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                    GESKIEDENIS V1                     (EC/NOVEMBER 2018)

    INSTRUKSIES EN INLIGTING

    1.   Hierdie VRAESTEL bestaan uit SES vrae wat op die KABV-inhouds-
         raamwerk gebaseer is: DRIE brongebaseerde vrae in AFDELING A en
         DRIE opstelvrae in AFDELING B.

         AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

         VRAAG 1: KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940

         VRAAG 2: KAPITALISME IN DIE VSA, 1900–1940

         VRAAG 3: IDEES VAN RAS IN DIE LAAT 19de EN 20ste EEU

         AFDELING B: OPSTELVRAE

         VRAAG 4: KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940

         VRAAG 5: KAPITALISME IN DIE VSA, 1900–1940

         VRAAG 6: IDEES VAN RAS IN DIE LAAT 19de EN 20ste EEUE

    2.   Bronmateriaal wat nodig is om brongebaseerde vrae te beantwoord kan in
         die bygaande ADDENDUM VAN BRONNE gevind word.

    3.   Elke vraag tel 50 punte.

    4.   Kandidate moet DRIE vrae beantwoord.

         4.1     Ten minste EEN moet ŉ brongebaseerde vraag en minstens EEN
                 moet ŉ opstelvraag wees.

         4.2     Die DERDE vraag kan óf ŉ brongebaseerde vraag óf ŉ opstelvraag
                 wees.

    5.   Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee.

    6.   Wanneer kandidate vrae beantwoord, moet hulle toepassing van kennis,
         vaardighede en insig demonstreer.

    7.   Blote oorskryf van die bronne as antwoorde sal tot nadeel van kandidate
         wees.

    8.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die
         vraestel gebruik word.

    9.   Begin elke vraag op ŉ nuwe bladsy en trek ŉ lyn aan die einde van elke
         vraag.

    10. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                      GESKIEDENIS V1                                              3

  AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

  Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
  afdeling.

  VRAAG 1: KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940

  HOE HET RUSLAND SE DEELNAME AAN DIE EERSTE WÊRELDOORLOG
  TOT DIE ABDIKASIE VAN DIE TSAAR GELEI?

  Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D om die onderstaande vrae te beantwoord.

  1.1    Bestudeer Bron 1A.

         1.1.1       Lys DRIE bewyse wat aandui dat Rusland swak vir die oorlog
                     toegerus was.                                            (3 x 1)           (3)

         1.1.2       Waarom volgens die bron, het so baie soldate aan hul wonde
                     beswyk?                                                  (1 x 2)           (2)

         1.1.3       Gebruik die bron en jou eie kennis om die gevolge van Rusland se
                     deelname aan die Eerste Wêreldoorlog te verduidelik.       (2 x 2)         (4)

         1.1.4       Hoe dink jy, het hierdie swak voorbereiding die soldate
                     geaffekteer?                                                  (2 x 2)      (4)

  1.2    Verwys na Bron 1B.

         1.2.1       Gebruik jou eie kennis om die naam van die Tsarina te identifiseer.
                                                                                (1 x 1)         (1)

         1.2.2       Wie, volgens die bron, het ŉ groot invloed op die Tsarina gehad?
                                                                                 (1 x 1)       (1)

         1.2.3       Definieer die konsep ‘Duma’ binne die konteks van die Russiese
                     Rewolusie.                                                 (1 x 2)         (2)

         1.2.4       Waarom, dink jy, het die Tsarina vir Goremykin vervang?       (2 x 2)      (4)

         1.2.5       Lewer kommentaar op die stelling: ‘Die amptelike regering van die
                     Russiese Ryk was nou heeltemal in die hande van die Tsarina en
                     haar adviseurs.’                                           (2 x 2)         (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                    GESKIEDENIS V1                        (EC/NOVEMBER 2018)

 1.3   Lees Bron 1C.

       1.3.1    Wie volgens die bron,het die beheer van die Russiese regering
                oorgeneem nadat die Tsaar geabdikeer het?                (1 x 1)         (1)

       1.3.2    Identifiseer TWEE onderdrukkende maatreëls wat die Voorlopige
                Regering aangeneem het om die mense se eise te onderdruk.
                                                                       (2 x 1)           (2)

       1.3.3    Haal bewyse uit die bron aan wat daarop dui dat die Voorlopige
                Regering nie in staat was om aan die eise van die mense te
                voldoen nie.                                              (2 x 1)        (2)

       1.3.4    Verduidelik hoe die ‘ondoeltreffende hervormings’ van die
                Voorlopige Regering uiteindelik die weg vir Lenin se staatsgreep
                sou baan.                                                   (2 x 2)      (4)

 1.4   Raadpleeg Bron 1D.

       1.4.1    Watter boodskap wil die spotprenttekenaar oor die die Tsaar se
                verhouding met Rasputin oordra?                           (1 x 2)        (2)

       1.4.2    Gebruik die bron en jou eie kennis om Rasputin se bydrae tot die
                ineenstorting van Tsarisme in Rusland te verduidelik.     (2 x 2)        (4)

       1.4.3    Vergelyk Bronne 1B en 1D. Hoe ondersteun die inligting in
                Bron 1B die bewyse in Bron 1D met betrekking tot die invloed van
                Rasputin op Tsarisme in Rusland?                          (2 x 2)        (4)

 1.5   Deur gebruik te maak van die inligting in die relevante bronne en jou eie
       kennis, skryf ŉ paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde)
       waarin jy verduidelik hoe Rusland se deelname aan die Eerste
       Wêreldoorlog tot die abdikasie van die Tsaar gelei het.                           (6)
                                                                                        [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                    GESKIEDENIS V1                                           5

  VRAAG 2: KAPITALISME IN DIE VSA, 1900–1940

  WAT WAS DIE OORSAKE VAN DIE GROOT DEPRESSIE?

  Bestudeer Bronne 2A, 2B, 2C en 2D om die volgende vrae te beantwoord.

  2.1 Gebruik Bron 2A.

        2.1.1    Waarom volgens die bron, het die Amerikaanse regering die
                 Fordney-McCumber Wet aangeneem?                           (3 x 1)         (3)

        2.1.2    Lys enige DRIE produkte wat as gevolg van die hoë invoerbelasting
                 duur geword het.                                           (3 x 1)        (3)

        2.1.3    Gebruik die bron en jou eie kennis om die impak wat dié Wet op die
                 ekonomie van Europese magte gehad het, te verduidelik.      (1 x 2)       (2)

        2.1.4    Waarom dink jy was die Europese Moondhede oorlogskuld aan die
                 VSA verskuldig?                                         (1 x 2)           (2)

        2.1.5    Verduidelik hoe die Fordney-McCumber Wet tot die Groot Depressie
                 bygedra het.                                             (1 x 2)          (2)

  2.2 Verwys na Bron 2B.

        2.2.1    Haal bewyse uit die bron aan wat daarop aandui dat die VSA ŉ hoë
                 lewensstandaard gehad het in vergelyking met ander lande in die
                 wêreld.                                                    (1 x 2)        (2)

        2.2.2    Lys TWEE elektriese toebehore wat baie gewild in die VSA in die
                 1920’s geraak het.                                          (2 x 1)       (2)

        2.2.3    Met verwysing na die woord AUTOMOBIEL, watter motor is in die
                 VSA in die 1920’s vervaardig?                            (1 x 2)          (2)

        2.2.4    Gebruik die bron en jou eie kennis om te verduidelik hoe die
                 produksie van motors die Amerikaanse ekonomie in die 1920’s
                 gestimuleer het.                                             (2 x 2)      (4)

        2.2.5    Lewer kommentaar op waarom die periode van voorspoed ‘nie vir
                 ewig sou voortduur nie’.                                (2 x 2)           (4)

  2.3 Raadpleeg Bron 2C.

        2.3.1    Waarom, volgens die bron, het die prys van aandele in die 1920’s
                 toegeneem?                                                  (1 x 1)       (1)

        2.3.2    Noem EEN nywerheidsmaatskappy wat goeie opbrengste op hul
                 aandele gekry het.                                    (1 x 1)             (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                     GESKIEDENIS V1                       (EC/NOVEMBER 2018)

         2.3.3   Gebruik die bron en jou eie kennis om te verduidelik hoe mense geld
                 gemaak het deur in aandele te belê.                          (2 x 2)      (4)

         2.3.4   Verduidelik waarom oorspekulasie tot die ineenstorting van die Wall
                 Street-aandelebeurs gelei het.                               (2 x 2)      (4)

    2.4 Gebruik Bron 2D.

         2. 4 1 Wat kan jy leer oor die impak van die Groot Depressie op die
                Amerikaanse bevolking?                                       (2 x 2)       (4)

         2.4.2   Vergelyk Bronne 2B en 2D. Hoe weerspreek die inligting in Bron 2B
                 die bewyse in Bron 2D met betrekking tot die Amerikaanse manier
                 van lewe?                                                   (2 x 2)       (4)

    2.5 Deur gebruik te maak van die inligting in die relevante bronne en jou eie
        kennis, skryf ŉ paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde)
        waarin jy die oorsake van die Groot Depressie verduidelik.                        (6)
                                                                                         [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                    GESKIEDENIS V1                                            7

  VRAAG 3: IDEES VAN RAS IN DIE LAAT 19de EN 20ste EEU.

  WATTER MAATREËLS HET HITLER GEÏMPLEMENTEER OM DIE JODE TE
  VERVOLG?

  Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D om die volgende vrae te beantwoord.

  3.1 Bestudeer Bron 3A.

        3.1.1    Wat, volgens die bron, was die voorvereiste vir die bestaan van die
                 Duitse volk?                                                 (1 x 1)    (1)

        3.1.2    Gebruik jou eie kennis om die begrip ‘anti-Semitisme’ te definieer.
                                                                              (1 x 2)    (2)

        3.1.3    Beskryf TWEE maniere waarop die Duitse bloed suiwer gehou kon
                 word.                                                   (2 x 1)         (2)

        3.1.4    Gebruik jou eie kennis om te verduidelik hoe die Nuremburg Wette
                 die Jode in Duitsland geaffekteer het.                     (2 x 2)      (4)

        3.1.5    Wat dink jy was die impak van die Nuremburg Wette op Jode?
                                                                         (2 x 2)         (4)

  3.2 Verwys na Bron 3B.

        3.2.1    Wat, volgens die bron, het die aanval op die Joodse winkels op
                 10 November 1938 veroorsaak?                                (1 x 2)     (2)

        3.2.2    Noem DRIE teikens van die Nazi-aanvalle op die Jode.         (3 x 1)    (3)

        3.2.3    Gebruik die bron en jou eie kennis om te verduidelik waarom Hitler
                 die Jode gehaat het.                                       (2 x 2)      (4)

        3.2.4    Waarom dink jy staan hierdie gebeurtenis as die Kristallnacht (Nag
                 van Gebroke Glas) bekend?                                   (1 x 2)     (2)

        3.2.5    Wat was die impak van Kristallnacht op die Jode wat in Duitsland
                 gewoon het?                                                 (2 x 2)     (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                     GESKIEDENIS V1                         (EC/NOVEMBER 2018)

    3.3 Raadpleeg Bron 3C.

         3.3.1   Verduidelik die begrip uitwissing binne die konteks van die
                 vervolging van Jode.                                        (1 x 2)       (2)

         3.3.2   Haal bewyse uit die bron aan wat aandui dat nie net Joodse mans
                 in die gaskamers vermoor was nie.                          (2 x 1)        (2)

         3.3.3   Gebruik die bron en jou eie kennis om Hitler se Finale Oplossing te
                 verduidelik.                                                (2 x 2)       (4)

         3.3.4   Lewer kommentaar op die vrou se stelling aan die soldaat: “Het jy
                 geen hart nie?”                                            (2 x 2)        (4)

         3.3.5   Verduidelik die betroubaarheid van hierdie bron vir ŉ historikus wat
                 die Finale Oplossing navors.                                  (1 x 2)     (2)

    3.4 Raadpleeg Bron 3D.

         3.4.1   Vergelyk Bronne 3C en 3D. Hoe ondersteun die inligting in
                 Bron 3C die bewyse in Bron 3D ten opsigte van die Finale
                 Oplossing?                                                (1 x 2)        (2)

    3.5 Deur gebruik te maak van die inligting in die relevante bronne en jou eie
        kennis, skryf ŉ paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde)
        waarin jy die maatreëls wat Hitler geïmplementeer het om die Jode te
        vervolg, verduidelik.                                                              (6)
                                                                                          [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                  GESKIEDENIS V1                                            9

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae uit hierdie
afdeling.

VRAAG 4: KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940

‘Die hoofdoel van die Vyfjaarplanne was om Rusland in ŉ magtige nywerheids-
staat te omskep.’

Stem jy saam met die bostaande stelling? Motiveer jou antwoord met relevante
historiese bewyse.                                                                       [50]

VRAAG 5: KAPITALISME IN DIE VSA, 1900–1940

‘In 1933 het Roosevelt die Nuwe Bedeling geloods – ŉ reeks maatreëls om die
Amerikaanse ekonomie te red.’

Bespreek die geldigheid van hierdie stelling deur na die impak van die Nuwe
Bedeling op die ekonomie van die VSA te verwys.                                          [50]

VRAAG 6: IDEES VAN RAS IN DIE LAAT 19de EN 20ste EEU.

‘Die Australiërs het geglo dat die Inheemse bevolking (Aborigines) biologies
minderwaardig was en gevolglik nie as mense behandel moes word nie.’

Tot watter mate is hierdie stelling akkuraat met betrekking tot die behandeling van
die Inheemse bevolking (Aborigines) deur die Australiese regering?                       [50]

                                                                          TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

## Related documents

- [HISTORY P2 GR11 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr11-qp-nov2018-afrikaans/778cdf0b-5646-4949-aaad-8a3458592e12) — History · QP · 2018 · Afr
- [HISTORY P1 GR11 QP NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-qp-nov2020-afrikaans/2b1d86d0-5be8-4141-a226-88848f434786) — History · QP · 2020 · Afr
- [HISTORY P1 GR11 QP NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-qp-nov2017-afrikaans/f3d35bf3-a8e8-409a-8377-2e8e92e682ad) — History · QP · 2017 · Afr
- [HISTORY P1 GR11 QP NOV2018 Af D](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-qp-nov2018-af-d/870d16ad-1220-4c75-9824-853788e5010f) — History · QP · 2018
- [HISTORY P1 GR11 MEMO NOV 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-memo-nov-2022-afrikaans/f993acba-4e18-43d3-be44-054e0b37af1b) — History · Memo · 2022 · Afr
- [HISTORY P1 GR11 MEMO SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-memo-sept2020-afrikaans/de87c1a6-c3b2-4fe1-8fa7-a5a4ef35c1c6) — History · Memo · 2020 · Afr

## More from Grade 11 History

- [Gr 11 His ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-his-atp-2023-24/4c199bf3-d253-42ae-b90d-b030dfc6ecc2) — ATP
- [EC History Grade 11 June 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-history-grade-11-june-2025-p2-and-memo/0051e460-14cf-43df-a19e-374c9f6a797a) — QP + Memo · 2025
- [GRADE 11 HISTORY P1 NOVEMBER 2025 MG watermark](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-history-p1-november-2025-mg-watermark/15706ac6-5464-4f6c-87c6-1a03afff8695) — Memo · 2025
- [HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/13c2bd17-2125-463d-a4b3-95b539b0a7de) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2025 AFRIK watermark](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-memo-gr11-nov-2025-afrik-watermark/89cc90d4-f7ff-4580-84ad-6c4b84e16560) — Memo · 2025 · Afr
- [HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2024 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-memo-gr11-nov-2024-afr-watermark/556b3e5c-28af-4a2b-bab1-588c18c87032) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
