# History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2019 QP (Afr)

> Grade 11 History Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2019 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-qp-nov2019-afr-d/5a89de2d-3949-454a-ba9f-5c589f67d6ab
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/history) › [History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-qp-nov2019-afr-d/5a89de2d-3949-454a-ba9f-5c589f67d6ab)

## About this document

History · Grade 11 · Eastern Cape November · 2019. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                              GRAAD 11

                       NOVEMBER 2019

                       GESKIEDENIS V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                              *IHISTA1*

                   Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                      GESKIEDENIS V1                    (EC/NOVEMBER 2019)

    INSTRUKSIES EN INLIGTING

    1.    Hierdie VRAESTEL bestaan uit SES vrae wat op die KABV-inhouds-
          raamwerk gebaseer is: DRIE brongebaseerde vrae in AFDELING A en
          DRIE opstelvrae in AFDELING B.

          AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

          VRAAG 1: KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940

          VRAAG 2: KAPITALISME IN DIE VSA, 1900–1940

          VRAAG 3: IDEES VAN RAS IN DIE LAAT 19de EN 20ste EEU

          AFDELING B: OPSTELVRAE

          VRAAG 4: KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940

          VRAAG 5: KAPITALISME IN DIE VSA, 1900–1940

          VRAAG 6: IDEES VAN RAS IN DIE LAAT 19de EN 20ste EEU

    2.    Bronmateriaal wat nodig is om brongebaseerde vrae te beantwoord kan in
          die bygaande ADDENDUM VAN BRONNE gevind word.

    3.    Elke vraag tel 50 punte.

    4.    Kandidate moet DRIE vrae beantwoord.

          4.1    Ten minste EEN moet ŉ brongebaseerde vraag wees en EEN ŉ
                 opstelvraag wees.

          4.2    Die DERDE vraag kan óf 'n brongebaseerde vraag óf 'n
                 opstelvraag wees.

    5.    Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee.

    6.    Wanneer kandidate vrae beantwoord, moet hulle toepassing van kennis,
          vaardighede en insig demonstreer.

    7.    Blote oorskryf van die bronne as antwoorde sal tot nadeel van kandidate
          wees.

    8.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die
          vraestel gebruik word.

    9.    Begin elke vraag op ŉ nuwe bladsy en trek ŉ lyn aan die einde van elke
          vraag.

    10.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                    GESKIEDENIS V1                                          3

 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

 Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
 afdeling.

 VRAAG 1: KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940

 WAT WAS DIE OORSAKE VAN DIE RUSSIESE REVOLUSIE VAN 1917?

 Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

 1.1 Bestudeer Bron 1A.

       1.1.1    Waarom, volgens die bron, het Vader Gapon die petisie aan die
                Tsaar oorhandig?                                            (1 x 2)         (2)

       1.1.2    Verskaf DRIE redes waarom die werkers ongelukkig met hul
                werkgewers was.                                          (3 x 1)            (3)

       1.1.3    Verduidelik wat Vader Gapon geïmpliseer het toe hy sê: ‘Hulle het
                van ons slawe gemaak en hulle doen so onder die beskerming van
                jou amptenare, met hul hulp en samewerking’.                 (2 x 2)        (4)

       1.1.4    Wie, volgens die bron, was die:

                (a)   Uitbuiters van die werkersklas

                (b)   Die diewe van publieke fondse en plunderaars van die Russiese
                      volk                                                  (2 x 1)         (2)

       1.1.5    Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik
                hoe die Tsaar op die eise van die werkers gereageer het.        (2 x 2)     (4)

       1.1.6    Verduidelik die betroubaarheid van hierdie bron vir geskiedkundiges
                wat die oorsake van die Russiese Rewolusie van 1917 navors.
                                                                              (1 x 2)       (2)

 1.2 Lees Bron 1B.

       1.2.1    Noem die TWEE foute wat daartoe bygedra het dat die Russiese
                bevolking ongelukkig met hul deelname aan die Eerste Wêreldoorlog
                geraak het.                                                (2 x 1)          (2)

       1.2.2    Lewer kommentaar op die stelling: ‘Dit lyk asof Rasputin se mag by
                die Winterpaleis elke dag toeneem …’.                        (2 x 2)        (4)

       1.2.3    Waarom dink jy het Engeland gevoel dat Rusland hulle in die steek
                gelaat het?                                                 (1 x 2)         (2)

       1.2.4    Deur gebruik te maak van die inligting in die bron en jou eie kennis,
                verduidelik hoe Rusland se deelname aan die Eerste Wêreldoorlog
                tot die ondergang van die Tsaristiese regime gelei het.         (2 x 2)     (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                    GESKIEDENIS V1                         (EC/NOVEMBER 2019)

 1.3   Verwys na Bron 1C.

       1.3.1    Wat dink jy was die bedoeling van die fotograaf met die publisering
                van hierdie foto?                                             (1 x 2)      (2)

       1.3.2   Vergelyk Bronne 1B en 1C. Hoe ondersteun die inligting in Bron 1B
               die bewyse in Bron 1C rakende Rusland se deelname aan die
               Eerste Wêreldoorlog?                                        (1 x 2)         (2)

 1.4   Oorweeg Bron 1D.

       1.4.1    Wie, volgens die bron, het die werkende vrouens aangehits om aan
                die staking in Petrograd deel te neem?                     (1 x 1)         (2)

       1.4.2    Noem DRIE redes waarom die werkende vroue besluit het om te
                protesteer.                                            (3 x 1)             (3)

       1.4.3    Watter impak het die optrede van die soldate op die Tsaristiese
                bewind gehad toe hulle besluit het om aan die opstand teen die
                Tsaar deel te neem?                                           (1 x 2)      (2)

       1.4.4    Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik
                hoe die Bolsjewiste daarin geslaag het om van die Tsaar tydens die
                Februarie-rewolusie ontslae te raak.                           (2 x 2)     (4)

 1.5   Deur gebruik te maak van die inligting in die relevante bronne en jou eie
       kennis, skryf ŉ paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde)
       waarin jy die oorsake van die Russiese Rewolusie van 1917 verduidelik.              (6)
                                                                                          [50]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                     GESKIEDENIS V1                                          5

  VRAAG 2: KAPITALISME IN DIE VSA, 1900–1940

  WAT WAS DIE IMPAK VAN DIE GROOT DEPRESSIE OP DIE LEWENS VAN
  AMERIKANERS IN DIE 1930’s?

  Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die volgende vrae.

  2.1 Gebruik Bron 2A.

        2.1.1    Definieer die begrip Groot Depressie in jou eie woorde.         (1 x 2)     (2)

        2.1.2    Haal bewyse uit die bron aan wat daarop dui dat mans hulself
                 doodgemaak het weens hul onvermoë om vir hul gesinne te sorg.
                                                                             (1 x 2)         (2)

        2.1.3    Waarom, volgens die bron, het mans hul gesinne verlaat?         (1 x 2)      (2)

        2.1.4    Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik
                 waarom twee miljoen mans en vrouens reisende hobo’s geword het
                                                                                 (2 x 2)     (4)

        2.1.5    Verduidelik hoe die Groot Depressie tot die ontstaan van
                 Hoovervilles gelei het.                                         (2 x 2)     (4)

  2.2 Verwys na Bron 2B.

        2.2.1    Haal bewyse uit die bron aan wat daarop dui dat swart Amerikaners
                 nie bewus was van die Groot Depressie nie.                  (1 x 2)         (2)

        2.2.2    Watter tipe werk het swart Amerikaners, volgens die bron, in die
                 Suide gedoen?                                                 (1 x 2)        (2)

        2.2.3    Verduidelik wat Angelou bedoel het met die stelling: ‘Die Depressie
                 het dus voortgeduur lank voordat die ineenstorting in ‘29 plaasgevind
                 het’.                                                         (1 x 2)       (2)

        2.2.4    Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik
                 hoe Swart Amerikaners gereageer het teenoor wit hobo’s wat hul
                 gebied betree het.                                              (2 x 2)      (4)

        2.2.5    Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron vir geskiedkundiges
                 wat die effek van die Groot Depressie op swartmense in Amerika in
                 die 1930’s navors.                                           (1 x 2)         (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                     GESKIEDENIS V1                        (EC/NOVEMBER 2019)

    2.3 Raadpleeg Bron 2C.

         2.3.1   Noem die organisasie wat verligting aan die mense van Alabama
                 gebring het.                                               (1 x 1)          (1)

         2.3.2   Watter gevolgtrekking kan gemaak word oor die Alabama wetgewer
                 se houding teenoor die behoeftes van hul mense?          (1 x 2)           (2)

         2.3.3   Noem DRIE eise wat die afvaardiging voorgestel het om die lewens
                 van die burgers van Alabama te verbeter.                    (3 x 1)         (3)

         2.3.4   Deur gebruik te maak van die inligting in die bron en jou eie kennis,
                 verduidelik die gevolge wat die Groot Depressie op onderwys in
                 Alabama gehad het.                                             (2 x 2)      (4)

         2.3.5   Verduidelik die betroubaarheid van die bron vir geskiedkundiges wat
                 die impak van die Groot Depressie op die burgers van Alabama
                 navors.                                                      (1 x 2)       (2)

    2.4 Gebruik Bron 2D.

         2.4.1   Wat kan jy leer oor die impak van die Groot Depressie op die
                 Amerikaanse burgers? Gebruik die visuele leidrade in die bron om
                 jou antwoord te staaf.                                     (2 x 2)         (4)

         2.4.2   Gebruik die bron en jou eie kennis om te verduidelik hoe ŉ werklose
                 Amerikaner sou voel na die aanskouing van hierdie foto.      (1 x 2)       (2)

    2.5 Deur gebruik te maak van die inligting vanuit die relevante bronne en jou eie
        kennis, skryf ŉ paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde)
        waarin jy die impak van die Groot Depressie op die lewens van Amerikaners
        in die 1930’s verduidelik.                                                          (6)
                                                                                           [50]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                     GESKIEDENIS V1                                          7

  VRAAG 3: IDEES VAN RAS IN DIE LAAT 19DE EN 20STE EEU

  HOE WAS JODE IN DUITSLAND VERVOLG?

  Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die volgende vrae.

  3.1 Bestudeer Bron 3A.

        3.1.1    Wanneer, volgens die bron, het die diskriminasie van Jode in
                 Duitsland begin?                                           (1 x 1)         (1)

        3.1.2    Gebruik jou eie kennis om die begrip anti-Semitisme te definieer.
                                                                             (1 x 2)        (2)

        3.1.3    Gee DRIE redes wat die Nazi Party gebruik het om hul
                 diskriminasie teenoor Jode te regverdig.                      (3 x 1)      (3)

        3.1.4    Lewer kommentaar op Bernhard Losener se stelling: ‘Die
                 identifisering van ŉ Jood was totale chaos’.                   (1 x 2)     (2)

        3.1.5    Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om die gevolge
                 van die diskriminasie op die Joodse gemeenskap te verduidelik.
                                                                               (2 x 2)      (4)

        3.1.6    Verduidelik waarom Hitler se behandeling van die Jode nie
                 geregverdig kan word nie.                                 (1 x 2)          (2)

  3.2 Oorweeg Bron 3B.

        3.2.1    Hoe, volgens die bron, was Jode in Nazi-besette Europa
                 geïdentifiseer?                                                (1 x 2)     (2)

        3.2.2    Noem TWEE redes waarom Jode die ster van Dawid moes dra.
                                                                     (2 x 1)                (2)

        3.2.3    Waarom dink jy was dit nodig vir Hitler om die Jode na
                 konsentrasiekampe te stuur?                                    (2 x 2)     (4)

        3.2.4    Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om Hitler se
                 Finale Oplossing vir die Jode te verduidelik.                  (2 x 2)     (4)

  3.3 Raadpleeg Bron 3C.

        3.3.1    Wat dink jy was die bedoeling van die fotograaf met die publisering
                 van hierdie foto?                                            (2 x 2)       (4)

        3.3.2    Vergelyk Bronne 3B en 3C. Hoe ondersteun die inligting in
                 Bron 3B die bewyse in Bron 3C met betrekking tot die behandeling
                 van Jode?                                                 (1 x 2)          (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                     GESKIEDENIS V1                        (EC/NOVEMBER 2019)

    3.4 Verwys na Bron 3D.

         3.4.1   Watter metode, volgens die bron, was gebruik om Jode op ŉ groot
                 skaal by die Chelmno-uitwissingskamp te vermoor?         (1 x 1)         (1)

         3.4.2   Lewer kommentaar oor waarom jy dink die Duitsers vir die Jode
                 gelieg het oor die doel waarom hulle moes gaan stort het. (2 x 2)        (4)

         3.4.3   Noem die DRIE stappe wat die Duitsers gebruik het om die Jode in
                 die Chelmno-uitwissingskamp dood te maak.                 (3 x 1)        (3)

         3.4.4   Waarom dink jy het die Duitsers besluit om die Chelmno-
                 uitwissingskamp in September 1944 te vernietig?              (2 x 2)     (4)

    3.5 Deur gebruik te maak van die inligting vanuit die relevante bronne en jou eie
        kennis, skryf ŉ paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde)
        waarin jy verduidelik hoe die Jode in Duitsland vervolg was.                     (6)
                                                                                        [50]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                 GESKIEDENIS V1                                           9

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae uit hierdie
afdeling nie.

VRAAG 4: KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940

Verduidelik tot watter mate Stalin daarin geslaag het om Rusland in ŉ
supermoondheid teen 1939 te omskep.                                                      [50]

VRAAG 5: KAPITALISME IN DIE VSA, 1900–1940

‘Franklin Roosevelt se Nuwe Bedeling was suksesvol in die hantering van Amerika
se ekonomiese probleme in die 1930’s.’

Stem jy saam met die stelling? Staaf jou antwoord met relevante historiese
bewyse.                                                                                  [50]

VRAAG 6: IDEES VAN RAS IN DIE LAASTE 19DE EN 20STE EEU

‘Pseudo-wetenskaplike teorieë van sosiale Darwinisme en Eugenetika het ŉ
negatiewe invloed op die inheemse bevolking van Australië gehad.’

Bespreek die geldigheid van hierdie stelling deur te verwys na die behandeling van
die inheemse bevolking (Aborigines) deur die Australiese regering.                       [50]

                                                                        TOTAAL:           150

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com



### Page 11

Downloaded from hlayiso.com

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com



         

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com



## Related documents

- [HISTORY P1 GR11 QP NOV2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-qp-nov2019-eng-d/46bea365-f37a-4fea-813a-de89c30967ce) — History · QP · 2019 · Eng
- [HISTORY P1 GR11 ADDENDUM NOV2019 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-addendum-nov2019-afr-d/7cdbb4ed-ae5e-4925-bdbd-f00a9044145e) — History · Addendum · 2019 · Afr
- [HISTORY P1 GR11 ADDENDUM NOV2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-addendum-nov2019-eng-d/ee1b132c-d437-42db-a169-c453c83c09d2) — History · Addendum · 2019 · Eng
- [HISTORY P1 GR11 MEMO NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-memo-nov2019-afrikaans/f207eb91-1755-4f92-a1be-ae41241c8da2) — History · Memo · 2019 · Afr
- [HISTORY P1 GR11 MEMO NOV2019 English](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-memo-nov2019-english/d8830388-603e-4dd6-92aa-0a8f0faa9a7e) — History · Memo · 2019 · Eng
- [HISTORY P2 QP GR11 NOV 2019 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-qp-gr11-nov-2019-afr-d/bad6dd30-4701-441d-9e22-2f0480fb83aa) — History · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 11 History

- [Grade 11 History P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-history-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1/9fdb86cf-1aac-4c90-9f22-a176bf0d4d37) — Memo · 2026 · Eng
- [Gr 11 His ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-his-atp-2023-24/4c199bf3-d253-42ae-b90d-b030dfc6ecc2) — ATP
- [EC History Grade 11 June 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-history-grade-11-june-2025-p2-and-memo/0051e460-14cf-43df-a19e-374c9f6a797a) — QP + Memo · 2025
- [GRADE 11 HISTORY P1 NOVEMBER 2025 MG watermark](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-history-p1-november-2025-mg-watermark/15706ac6-5464-4f6c-87c6-1a03afff8695) — Memo · 2025
- [HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/13c2bd17-2125-463d-a4b3-95b539b0a7de) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2025 AFRIK watermark](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-memo-gr11-nov-2025-afrik-watermark/89cc90d4-f7ff-4580-84ad-6c4b84e16560) — Memo · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
