# History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2020 QP (Afr)

> Grade 11 History Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2020 (Afrikaans), 8 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-qp-nov2020-afr-d/c9994dd1-e95d-47ee-ac45-ae9a47093e34
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 8

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/history) › [History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2020 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-qp-nov2020-afr-d/c9994dd1-e95d-47ee-ac45-ae9a47093e34)

## About this document

History · Grade 11 · Eastern Cape November · 2020. Question paper, 8 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 11

                       NOVEMBER 2020

                       GESKIEDENIS V1
                        EKSEMPLAAR

PUNTE:   100

TYD:     2 uur

                              *IHISTA1*

                  Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  GESKIEDENIS V1                        (EC/NOVEMBER 2020)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.   Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae gebaseer op die KABV-
      inhoudsraamwerk: TWEE brongebaseerde vrae onder AFDELING A en
      TWEE opstelvrae onder AFDELING B.

      AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

      VRAAG 1: KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940

      VRAAG 2: KAPITALISME IN DIE VSA, 1900–1940

      AFDELING B: OPSTELVRAE

      VRAAG 4: KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940

      VRAAG 5: KAPITALISME IN DIE VSA, 1900–1940

 2.   AFDELING A bestaan uit TWEE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
      benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
      word.

 3.   AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae. Elke vraag tel 50 punte.

 4.   Beantwoord TWEE vrae soos volg:

      Ten minste EEN moet ŉ brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN moet
      ŉ opstelvraag wees.

 5.   Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee.

 6.   In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
      gebruik.

 7.   Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

 8.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

 9.   Begin elke vraag op ŉ NUWE bladsy en onderstreep aan die einde van elke
      vraag.

 10. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                        GESKIEDENIS V1                                       3

 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

 Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling. Bronmateriaal wat benodig
 word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word.

 VRAAG 1:       WAT WAS DIE OORSAKE VAN DIE 1917 RUSSIESE
                REWOLUSIE?

 Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

 1.1 Bestudeer Bron 1A.

       1.1.1    Gee EEN woord uit die bron wat Rusland se sosiale, ekonomiese en
                politieke toestand in 1905 beskryf.                        (1 x 2)          (2)

       1.1.2    Waarom, volgens die bron, het werkers na die stede gemigreer?
                                                                           (1 x 2)          (2)

       1.1.3    Watter gevolgtrekking kan uit die verklaring gemaak word: “Die
                nywerhede was daar, maar was selde in privaat besit.”?       (1 x 2)        (2)

       1.1.4    Waarom dink jy het dit nodig geword vir professionele persone en
                unies om op die stigting van ŉ grondwetlike vergadering aan te
                dring?                                                       (2 x 2)        (4)

       1.1.5    Noem die twee groepe wat die Russiese Sosiaal-Demokratiese
                Werkersparty gevorm het.                                 (2 x 1)            (2)

       1.1.6    Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron vir historici wat die
                ekonomiese en politieke toestande van Rusland in 1905 navors.
                                                                                 (1 x 2)    (2)

 1.2 Lees Bron 1B.

       1.2.1    Wat, volgens die bron, was die onmiddellike oorsaak van die 1905
                rewolusie in Rusland?                                        (1 x 2)        (2)

       1.2.2    Definieer die konsep rewolusie in jou eie woorde.                (1 x 2)    (2)

       1.2.3    Verduidelik wat geïmpliseer word deur die verklaring: ‘Sedert die
                implementering van tsarisme in Rusland, het die regimes stadig
                ontwikkel in ŉ outokratiese instelling met minagting vir menslike
                lewe en vryheid.’                                               (2 x 2)     (4)

       1.2.4    Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik
                waarom Rusland die oorlog teen Japan verloor het.               (2 x 2)     (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                    GESKIEDENIS V1                          (EC/NOVEMBER 2020)

 1.3    Verwys na Bron 1C.

        Watter boodskap probeer die spotprenttekenaar oordra? Gebruik visuele
        leidrade in die bron om jou antwoord te ondersteun.              (2 x 2)           (4)

 1.4    Vergelyk Bron 1B en 1C. Hoe ondersteun die inligting in Bron 1B die
        bewyse in Bron 1C met betrekking tot Rusland se deelname aan die oorloë
        tussen 1905 en 1914?                                                (1 x 2)        (2)

 1.5    Oorweeg Bron 1D.

        1.5.1   Wat, volgens die bron, was die oorsaak van die Februarie-rewolusie
                in Rusland?                                                (1 x 2)         (2)

        1.5.2   Noem TWEE redes uit die bron wat veroorsaak dat die Russe
                vertroue in die Tsaristiese regime verloor het.          (2 x 1)           (2)

        1.5.3   Waarom dink jy is die Russe tydens die Tweede Wêreldoorlog
                verslaan?                                                (2 x 2)           (4)

        1.5.4   Deur gebruik te maak van die inligting in die bron en jou eie kennis,
                verduidelik waarom die Tsaar gedwing was om in 1917 te abdikeer.
                                                                               (2 x 2)     (4)

 1.6    Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, en skryf ŉ
        paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy die
        oorsake van die 1917 Russiese Rewolusie verduidelik.                               (6)
                                                                                          [50]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                        GESKIEDENIS V1                                       5

 VRAAG 2:       WAT WAS DIE GEVOLGE VAN DIE GROOT DEPRESSIE OP DIE
                AMERIKAANSE SAMELEWING IN DIE 1930’s?

 Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die volgende vrae.

 2.1    Gebruik Bron 2A.

        2.1.1   Definieer die konsep ‘Groot Depressie’ in jou eie woorde.        (1 x 2)      (2)

        2.1.2   Noem VIER faktore wat tot gewasskade in die VSA in die 1930’s
                bygedra het.                                               (4 x 1)            (4)

        2.1.3   Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik
                waarom banke in die VSA in die 1930’s ineengestort het.          (2 x 2)      (4)

        2.1.4   Lewer kommentaar oor waarom jy dink die Wall Street aandelebeurs
                in 1929 ineengestort het.                                  (2 x 2)            (4)

        2.1.5   Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron vir historici wat die
                impak van Groot Depressie op die Amerikaanse ekonomie navors.
                                                                                  (1 x 2)     (2)

 2.2    Verwys na Bron 2B.

        2.2.1   Haal TWEE redes uit die bron aan waarom mense selfmoord tydens
                die Groot Depressie gepleeg het.                         (2 x 1)              (2)

        2.2.2   Hoe, volgens die bron, het die werkloses daarin geslaag om tydens
                die Groot Depressie te oorleef?                              (1 x 2)          (2)

        2.2.3   Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om die sosiale
                impak van die Groot Depressie op die Amerikaanse samelewing te
                verduidelik.                                                     (2 x 2)      (4)

 2.3    Raadpleeg Bron 2C.

        2.3.1   Haal bewyse uit die bron aan wat daarop dui dat mans en vroue nie
                op dieselfde manier deur die Groot Depressie geaffekteer was nie.
                                                                             (1 x 2)          (2)

        2.3.2   Waarom, volgens die bron, het mans mislukkings vir hulle families
                geword?                                                   (1 x 2)             (2)

        2.3.3   Deur gebruik te maak van die inligting in die bron en jou eie kennis,
                verduidelik hoe die Groot Depressie tot die ekonomiese uitbuiting van
                vroue bygedra het.                                             (2 x 2)        (4)

        2.3.4   Lewer kommentaar oor hoe die Groot Depressie tot die diskriminasie
                van swart Amerikaanse vroue bygedra het.                    (2 x 2)           (4)

        2.3.5   Verduidelik hoe die Groot Depressie die tradisionele rol van vroue
                in die Amerikaanse samelewing verander het.                     (1 x 2)       (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                   GESKIEDENIS V1                          (EC/NOVEMBER 2020)

 2.4   Gebruik Bron 2D.

       2.4.1   Verduidelik die boodskappe wat die fotograaf wil oordra oor die impak
               van die Groot Depressie op vroue.                              (2 x 2)     (4)

       2.4.2   Vergelyk Bron 2C en 2D. Hoe ondersteun die inligting in Bron 2C die
               bewyse in Bron 2D met betrekking tot die impak van die Groot
               Depressie op vroue?                                          (1 x 2)       (2)

 2.5   Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, en skryf ŉ
       paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy die
       gevolge van die Groot Depressie op die Amerikaanse samelewing in die
       1930's verduidelik.                                                                (6)
                                                                                         [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                     GESKIEDENIS V1                                     7

 AFDELING B: OPSTELVRAE

 Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling.

 Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.

 VRAAG 4: KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940

 ‘Stalin se Vyf-jaar planne het daarin geslaag om Rusland vanaf ŉ agtergeblewe land
 tot ŉ moderne industriële supermoondheid te omskep.’

 Stem jy saam met die stelling? Ondersteun jou standpunt met relevante historiese
 bewyse.                                                                               [50]

 VRAAG 5: KAPITALISME IN DIE VSA, 1900–1940

 Tot watter mate het Roosevelt se Nuwe Bedeling die negatiewe gevolge van die
 Groot Depressie in die Verenigde State van Amerika in die 1930’s verminder?           [50]

                                                                         TOTAAL:       100

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [HISTORY P1 GR11 QP NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-qp-nov2020-afrikaans/2b1d86d0-5be8-4141-a226-88848f434786) — History · QP · 2020 · Afr
- [HISTORY P1 GR11 QP NOV2020 English](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-qp-nov2020-english/849ca3b6-dac5-46e3-b520-479b5a629248) — History · QP · 2020 · Eng
- [HISTORY P1 GR12 ADDEN NOV2020 ENG D](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-adden-nov2020-eng-d/bf38f54a-e8c5-4b5d-8895-3c7701b66b7f) — History · Addendum · 2020 · Eng
- [HISTORY P1 GR11 ADDEN NOV2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-adden-nov2020-afr-d/be53eff7-a913-4008-ade1-1c2f2a686080) — History · Addendum · 2020 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 ADDEN NOV2020 English](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-adden-nov2020-english/b6ec1425-9b80-471e-989e-a75292731d09) — History · Addendum · 2020 · Eng
- [HISTORY P1 GR11 MEMO SEPT2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-memo-sept2020-afr-d/a1bb39a8-9b8f-46c3-aa27-ef362d56f700) — History · Memo · 2020 · Afr

## More from Grade 11 History

- [Grade 11 History P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-history-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1/9fdb86cf-1aac-4c90-9f22-a176bf0d4d37) — Memo · 2026 · Eng
- [Gr 11 His ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-his-atp-2023-24/4c199bf3-d253-42ae-b90d-b030dfc6ecc2) — ATP
- [EC History Grade 11 June 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-history-grade-11-june-2025-p2-and-memo/0051e460-14cf-43df-a19e-374c9f6a797a) — QP + Memo · 2025
- [GRADE 11 HISTORY P1 NOVEMBER 2025 MG watermark](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-history-p1-november-2025-mg-watermark/15706ac6-5464-4f6c-87c6-1a03afff8695) — Memo · 2025
- [HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/13c2bd17-2125-463d-a4b3-95b539b0a7de) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2025 AFRIK watermark](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-memo-gr11-nov-2025-afrik-watermark/89cc90d4-f7ff-4580-84ad-6c4b84e16560) — Memo · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
