# History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

> Grade 12 History Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2023 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-add-sept-2023-afrikaans/f665131c-e678-4925-83c1-1d4a04c3bf9b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-add-sept-2023-afrikaans/f665131c-e678-4925-83c1-1d4a04c3bf9b)

## About this document

History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [HISTORY P1 GR12 MEMO SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-memo-sept-2023-afrikaans/baf3bd16-de95-470b-a321-e24be37ad22a) — Memo · 2023 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT

        GRAAD 12

 SEPTEMBER 2023

 GESKIEDENIS V1
   ADDENDUM

Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye.

### Page 2

2                                  GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                           (EC/SEPTEMBER 2023)

VRAAG 1:       HOE HET DIE BERLYNSE MUUR TOT KOUE OORLOG-SPANNING
               TUSSEN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA (VSA) EN DIE
               SOWJETUNIE (USSR) BYGEDRA?

BRON 1A

Die bron hieronder fokus op die redes waarom die Berlynse Muur is in Augustus 1961
gebou.

In die 1950’s het die Duitse Demokratiese Republiek (DDR) – daardie deel van Duitsland
wat die Sowjet-besettingsone in die na-Tweede Wêreld oorlogse verdeling van Duitsland
was, gedreig om droog te bloei, namate een uit elke ses mense gevlug het, gewoonlik op
soek na werk onder die ‘ekonomiese wonderwerk’ van Wes-Duitsland, maar in sommige
gevalle het hulle gevlug oor politieke of godsdienstige vervolging (marteling).

In 1952 het Oos-Duitsland sy vastelandgrens aan Wes-Duitsland, langs die Elbe-rivier en
in die berge van die Harz, verseël met doringdraad en vuursones, waar alle plantegroei
binne 100 m van die grens afgesny is om wagte ŉ onbesnede (onbelemmerde) vuurveld te
gee. Maar daar was ŉ lekkasie in die middel van die DDR, in die vier-mag stad van Berlyn,
wie se drie westelike sektore steeds deur die VSA, Brittanje en Frankryk beskerm was
ingevolge naoorlogse ooreenkomste wat Moskou nie wou verontagsaam nie.

Die Russe het alreeds probeer om die Westerse moondhede tydens die blokkade van
1948–49 uit te dwing, maar is deur die beroemde Anglo-Amerikaanse lugbrug verydel
(gestop). Die kommuniste het die sektorgrens tydelik gesluit na die mislukte opstand in Oos
-Duitsland in Junie 1953, maar binne enkele weke was dit weer oop.

So gedurende die 1950’s kon Oos-Duitsers dus eenvoudig van Oos- na Wes-Berlyn loop.
Ondergrondse treine het nog steeds gery. Indien hulle die grens eers oorgesteek het, kon
Oos-Duitsers wat andersins gevrees het dat hulle by die grens gestop kon word, oor dit
vlieg vanaf Tempelhof in die Amerikaanse sektor na die Federale Republiek.

Die DDR het dus teen 1961 nie meer ‘territoriale’ opsies gehad om die breindrein te stop
nie. Om die uittog (vertrek) wat die westelike transito-kampe tot kapasiteit gevul het, te stop,
was die Oos-Duitse kommuniste uiteindelik deur Moskou toegelaat om die grens in
Augustus 1961 te sluit en ŉ fisiese versperring te bou.

Die Berlynse Muur het die gewone funksie van mure – om mense uit te hou – op sy kop
gedraai; hierdie muur was uitsluitlik om sy burgers in te hou.

    [Uit https://www.historyextra.com/period/20th-century/berlin-wall-history-facts// Toegang op 05 Januarie
                                                                                               2023 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2023)                 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                                3

BRON 1B

Die volgende bron fokus op die reaksie van die Verenigde State van Amerika (VSA) op die
bou van die Berlynse Muur op 13 Augustus 1961.

Alhoewel die Verenigde State onmiddellik ŉ protes by die Russe ingedien het, was die
aanvanklike reaksie op die bou van die muur verbasend laaghartig (gering). Die president
se spesiale assistent vir nasionale veiligheidsake, McGeorge Bundy, het die konsensus
(ooreenkoms) onder baie in die president se kabinet opgesom dat die aksie iets was wat
die Oos-Duitsers vroeër of later sou doen. Dit was net so goed dat dit vroeg gebeur het, het
hy gesê, en dat dit so duidelik ŉ eensydige aksie van hul kant was.

Na ŉ paar dae van hoë vlak konsultasie en openbare veroordeling van die muur, het
President Kennedy verkies om voort te gaan met die militêre opbou wat hy begin het na sy
ontmoeting met Khrushchev in Wene. Op 17 Augustus het die sekretaris van die weermag,
Elvis J. Stahr Jr., ŉ opskorting van diensplig aangekondig vir meer as vier-en-tagtig duisend
aangewese mans wie se dienstyd tussen 1 Oktober 1961 en 30 Junie 1962 sou eindig. Hy
het ook die toere van weermagpersoneel in Duitsland en Japan met ses maande verleng
en die aktivering van 113 reserwe-eenhede bevestig, ŉ stap wat meer as 23 000 soldate
vir diensplig opgeroep het.

Stahr het uiteindelik aangedui dat hy nog 3 000 troepe na Europa sou stuur, wat die
Sewende Leër en ander Amerikaanse eenhede wat aan NAVO verbind was, op volle sterkte
sou bring. ŉ Dag later het die Withuis aangekondig dat Vise-President Lyndon B. Johnson
onmiddellik na Europa sou vlieg om met die Wes-Duitse Kanselier Konrad Adenauer en
burgemeester Willy Brandt te vergader. Afgetrede generaal Lucius D. Clay sou die visie-
president vergesel. Aangesien Clay die Geallieerde bevelvoerder in Berlyn was tydens die
blokkade van 1948–1949, het sy teenwoordigheid, veel meer as Johnson s’n, gehelp om
die moraal te herstel en Wes -Berlyners gerus te stel dat hulle nie oorgegee (verlate) is nie.

  [Uit https://www.archives.gov/files/research/foreign-policy/cold-war/1961-berlin-crisis/overview/us-military-
                                                            response. Toegang op 26 February 2023 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

4                                    GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                           (EC/SEPTEMBER 2023)

BRON 1C

Die onderstaande bron fokus op die konfrontasie tussen die VSA en die Sowjetunie oor die
bou van die Berlynse Muur op 25 Oktober 1961.

Van die een dag na die volgende het die muur strate, pleine en woonbuurte van mekaar
geskei en openbare vervoerverbindings verbreek. Op die aand van 13 Augustus het Willy
Brandt, besturende burgemeester, in ŉ toespraak aan die Huis van Verteenwoordigers
gesê: “Die Berlynse senaat veroordeel in die openbaar die onwettige en onmenslike
maatreëls wat getref word deur diegene wat Duitsland verdeel, Oos-Berlyn onderdruk en
Wes-Berlyn bedreig ...”

Op 25 Oktober 1961 het Amerikaanse en Sowjet-tenks mekaar gekonfronteer, by die
Friedrichstrasse-grensoorgang wat deur buitelandse burgers (Checkpoint Charlie) gebruik
is, omdat DDR-grenswagte probeer het om die identifikasie van verteenwoordigers van die
Westerse Geallieerdes na te gaan toe hulle die Sowjet-sektor binnegekom het. Volgens die
Amerikaanse siening is die Geallieerdes se reg om vrylik deur die hele Berlyn te beweeg,
geskend. Sestien uur lank het die twee kernmoondhede mekaar op ŉ afstand van slegs ŉ
paar meter gekonfronteer, en die mense van daardie era het die dreigende bedreiging van
oorlog gevoel. Die volgende dag het albei kante onttrek. Danksy ŉ diplomatieke inisiatief
deur Amerika se president Kennedy, het die hoof van die Sowjet-regering en
kommunistiese party, Nikita Khrushchev, die vier-mag status van die hele Berlyn bevestig,
ten minste vir nou.

In die komende jare is die grense aangepas, versterk en verder uitgebrei, en die stelsel van
kontroles aan die grens is vervolmaak. Meer as 100 000 burgers van die DDR het tussen
1961 en 1988 oor die binne-Duitse grens of die Berlynse Muur probeer ontsnap. Meer as
600 van hulle is deur DDR-grenswagte doodgeskiet of het op ander maniere tydens hul
ontsnappingspogings gesterf. Minstens 140 mense het tussen 1961 en 1989 alleen by die
Berlynse Muur gesterf.

    [Uit https://www.berlin.de/mauer/en/history/construction-of-the-berlin-wall/. Toegang op 03 Januarie 2023
                                                                                                      verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2023)               GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                          5

BRON 1D

Die onderstaande foto beeld die liggaam uit van die 18-jarige messelaar Peter Fechter, wat
deur ŉ Oos-Duitse grenswag gedra is nadat hy in Augustus 1962 die Berlynse Muur na
Wes-Berlyn probeer oorsteek het.

           [Uit https://www.gettyimages.com/photos/peterfechter/. Toegang op 26 Februarie 2023 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 6

6                                GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                          (EC/SEPTEMBER 2023)

VRAAG 2:      WAT WAS DIE REDES VIR SUID-AFRIKA SE BETROKKENHEID IN DIE
              ANGOLESE BURGEROORLOG VAN 1975?

BRON 2A

Hierdie bron fokus op hoe buitelandse moondhede by Angola betrokke geraak het.

Sedert die onafhanklikheidswording vanaf Portugal in 1975, het Angola ernstige plaaslike,
streeks- en internasionale uitdagings in die gesig gestaar. Angola se dominante
binnelandse werklikheid vir die eerste 27 jaar was burgeroorlog.

Gedurende die kritieke jare na onafhanklikheid en vir ŉ groot deel van die 1980’s het
Angola geweldig op die USSR en Kuba staatgemaak. Hulle hulp was van kritieke belang
om die MPLA in staat te stel om gereelde Suid-Afrikaanse militêre invalle in Angolese
gebied te oorleef, wat die dubbele doel gehad het om SWAPO (South West Africa People’s
Organisation) se operasies in Namibië te ontwrig en hulp aan UNITA te verleen.
Gekombineer met Amerikaanse steun, het Suid-Afrikaanse hulp, veral in opleiding en
logistiek, ŉ kritieke rol gespeel in die transformasie van UNITA in ŉ kragtige semi-
konvensionele mag wat teen die laat 1980’s ŉ ernstige bedreiging ingehou het vir die
omverwerping van die MPLA regering.

... Sowjet-bystand was op twee kritieke tydstippe noodsaaklik vir die MPLA. In 1975 het
Sowjet -steun die MPLA in staat gestel om ŉ nederlaag deur interne mededingers die FNLA
en UNITA, af te weer (vermy), wat met die hulp van Suid-Afrika en Zaïre gereed was om
die hoofstad Luanda oor te neem voor onafhanklikheid. Toe, in 1987, het Sowjet-steun die
MPLA en Kubaanse magte in staat gestel om Suid-Afrika in die Slag van Cuito Cuanavale
te verslaan. Laasgenoemde het die weg gebaan vir vrede in Suider-Afrika en sodoende
dus die voortbestaan van die MPLA regime te verseker.

Die VSA het die pragmatiese (praktiese), maar uiteindelik teenstrydige benadering gevolg
om Portugal te ondersteun terwyl hulle bande met die Westerse-gesinde FNLA gesmeë
het. Binne die Koue Oorlog konteks was daar geen realistiese alternatief vir die VSA
beskikbaar nie. Dit was omdat Portugal ŉ bondgenoot van die Noord-Atlantiese
Verdragsorganisasie was en die kommunistiese geaardheid van die MPLA.

    [Uit https://saiia.org.za/wp-content/uploads/2011/06/Occasional-Paper-84.pdf. Toegang op 05 Januarie
                                                                                           2023 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2023)                GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                              7

BRON 2B

Hierdie bron is ŉ uittreksel uit 'n toespraak van mnr. Pik Botha, Suid-Afrika se voormalige
Minister van Buitelandse Sake tydens die Kritiese Mondeling Geskiedeniskonferensie in
Januarie 2013.

Ek was op daardie stadium die Suid-Afrikaanse ambassadeur by die Verenigde Nasies en
in die Verenigde State, en my indruk was, en is steeds, dat Kubaanse troepe na Angola
gekom het, en ŉ suidwaartse opmars na die Namibiese grens beplan en ons het werklik
geglo dat die Sowjetunie hoofsaaklik hieragter gesit het, en geen ander persoon as dr.
Kaunda het na die Kubane as die ‘welpies van die luiperd’ verwys. Daar was ander Afrika-
leiers, Mobutu, Arap Moi, die regering van Botswana – wat ook hierdie siening gedeel het;
dit was weer op daardie tyd beskou as ŉ Sowjet-indringing soos hulle in Afghanistan en in
ander dele van die wêreld gedoen het.

Ek was persoonlik baie bekommerd oor Angola, onse ingaan na Angola. Ek het die
destydse Sekretaris van Buitelandse Sake, dr. Brand Fourie, gebel – hy het my gevra om
die Minister van Buitelandse sake, dr. Hilgard Muller, te bel. Dr. Muller het my gevra om
eerste minister Vorster te bel. Die eerste minister het vir my gesê: ‘Ek dink u moet huiswerk
op Capitol Hill gaan doen, want ek is op die hoogste vlak aan die Amerikaanse kant
verseker dat hulle ons sal ondersteun en dat hulle wil hê dat ons dit moet doen.’

Die Amerikaners het almal vir my gesê: “Kyk, ons sal nie stem teen hierdie voorstel om alle
fondse, Amerikaanse fondse aan die nie-kommunistiese partye in Angola te besnoei nie.
Ek was uiters bekommerd dat die Amerikaners ons in die steek sou laat en dat ons troepe
gevang en in gevangenis geneem kon word. Die Amerikaanse regering het my regering
gevra om nie terug te trek nie, maar om ten minste aan te hou tot die Addis Ababa-
konferensie van die Organisasie vir Afrika-eenheid (OAE).”

    [Uit https://www.wilsoncenter.org › publication › southern-a... Toegang op die 25 Januarie 2023 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

8                                   GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                          (EC/SEPTEMBER 2023)

BRON 2C

Die onderstaande bron fokus op redes waarom die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW)
menseregteskendings tydens die Angolese Burgeroorlog van 1975 gepleeg het. Dit is
geneem uit die finale WVK-verslag wat op 29 Oktober 1998 aan president Nelson Mandela
voorgelê is.

Die teikens en doelwitte van die verskillende veiligheidsoperasies wat in Angola deur die
veiligheidsmagte van die voormalige Suid-Afrikaanse staat uitgevoer is, was tweeledig.

Eerstens, was die moontlikheid dat die Popular Movement for the Liberation of Angola
(MPLA) die mag in Angola kon oorneem, deur die voormalige regering as ŉ bedreiging vir
Suid-Afrika se veiligheid beskou, aangesien die MPLA as ŉ Sowjet-surrogaat beskou is.
Die bekendstelling van Kubaanse magte in Angola ter ondersteuning van die MPLA het
hierdie siening eenvoudig bevestig. Die Suid-Afrikaanse regering se aanvanklike doelwit
was dus om te verhoed dat die MPLA tydens onafhanklikheid mag oorneem. Toe dit misluk,
het sy doel die omverwerping en vervanging daarvan geword deur ŉ ‘vriendelike’ anti-
kommunistiese regering onder leiding van die National Union for the Total Independence
of Angola (UNITA).

Tweedens was die beweging van die magte van die South West African People's
Organisation (SWAPO) na basisse in Angola beskou as ŉ eskalering van die bedreiging vir
Suid-Afrika se posisie in Suidwes-Afrika. Bewus daarvan dat dit hulle uiteindelik VN-
resolusie 435 sou moes implementeer, was die Suid-Afrikaanse regering vasbeslote om
SWAPO se militêre vermoë te verswak of lam te lê ter voorbereiding vir die tyd wanneer
SWAPO die verkiesingsbelange in Suidwes-Afrika sou betree.

Suid-Afrika se aktiewe betrokkenheid by die Angolese politiek ná die ineenstorting van die
Portugese koloniale bewind, het toegeneem met die SAW se inval in Angola, deur Operasie
Savannah, in die tweede helfte van 1975. Alhoewel die operasie met die geheime steun
van die Amerikaanse staatsdepartement onderneem is, het hierdie onverklaarde
oorlogsdaad nie die goedkeuring van die Suid-Afrikaanse kabinet ontvang nie. Die kwessie
is inderdaad nie eers op kabinetsvlak geopper voordat die inval ŉ paar maande oud en nie
meer ŉ geheim was nie.

    [Uit https://sabctrc.saha.org.za/reports/volume2/chapter2/subsection2.htm: Toegang op 17 Januarie 2023
                                                                                                   verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2023)               GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                             9

BRON 2D

Die foto hieronder beeld Suid-Afrikaanse troepe uit wat militêre opleiding, advies en
logistieke hulp aan UNITA verskaf tydens die Angolese burgeroorlog. Die fotograaf is
onbekend.

  [Uit https://samilhistory.com/category/the-border-war-1966-to-1989/page/2/. Toegang op die 28 Februarie
                                                                                             2023 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

10                                 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                            (EC/SEPTEMBER 2023)

VRAAG 3:      HOE HET DIE OPTOG NA WASHINGTON OP 28 AUGUSTUS 1963 TOT
              DIE BEËINDIGING VAN DISKRIMINASIE EN SEGREGASIE TEEN SWART
              AMERIKANERS IN DIE VSA IN DIE 1960’s BYGEDRA?

BRON 3A

Die bron hieronder fokus op die gebeure wat tot die optog na Washington gelei het.

Nie-geweldadige direkte aksie was in die midde 1950’s en vroeë 1960’s een beduidende
vorm van burgerregte-aktivisme. Die sit-staking beweging van 1960, die Vryheidsritte van
1961 en die Birmingham-veldtog van 1963 het almal die weg gebaan vir die grootste
burgerregte-optog van sy tyd. Die beplanning vir die optog na Washington vir Werk en
Vryheid het in die lente van 1963 begin met die betrokkenheid van ‘die Groot Ses’,
prominente leiers van sommige van die belangrikste burgerregte-organisasies: Martin
Luther King Jr. (Southern Christian Leadership Conference), James Farmer (Congress of
Racial Equality), John Lewis (Student Non-violent Coordinating Committee), A. Philip
Randolph (Brotherhood of Sleeping Car Porters), Roy Wilkins (National Association for the
Advancement of Coloured People), en Whitney Young (National Urban League). Een van
die hoofdoelwitte van die optog was die aanvaarding van omvattende burgerregte
wetgewing.

Op 11 Junie 1963 het president Kennedy met die nasie oor burgerregte gepraat en die
Burgerregte Wet van 1963 op 19 Junie 1963 aan die kongres voorgelê. Toe hy ingelig is
oor die beplande optog in Washington, was hy aanvanklik bekommerd dat ŉ groot betoging
by die hoofstad sommige senatore kon intimideer wat dit as ŉ verskoning sou gebruik om
teen sy breë wetsontwerp te stem, wat voorsiening gemaak het vir die verkryging van
gelyke toegang tot privaat besette ondernemings, soos teaters, restaurante en motelle;
magtiging van die prokureur-generaal om skool desegregasie regsgedinge te inisieer
wanneer dit versoek word deur mense wat nie regstappe kon inisieer of onderhou nie; en
gelyke stemstandaarde.

     [Uit https://www.jfklibrary.org/learn/education/teachers/curricular-resources/marching-for-equal-rights-
          evaluating-the-success-of-the-1963-march-on-washington. Toegang op 8 Februarie 2023 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2023)               GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                         11

BRON 3B

Hierdie bron fokus op die redes vir die Optog na Washington op 28 Augustus 1963.

Dit was die grootste byeenkoms vir burgerregte van sy tyd. Na raming het 250 000 mense
op 28 Augustus 1963 die optog in Washington vir Werk en Vryheid bygewoon en met
vliegtuie, treine, motors en busse van regoor die land in Washington, DC aangekom.

Die geleentheid het gefokus op indiensneming diskriminasie, burgerregte skendings teen
Afro-Amerikaners, Latino’s en ander groepe wat van hul stemreg ontneem was, en steun
vir die Burgerregte Wet wat die Kennedy-administrasie deur die kongres probeer deur voer
het. Hierdie belangrike vertoning van burgerlike aktivisme het plaasgevind in die National
Mall, “America’s Front Yard” en was die hoogtepunt van ŉ idee wat meer as 20 jaar tevore
gebore is.

Terwyl die optog ŉ gesamentlike poging was, wat geborg was deur leiers van verskillende
studente-, burgerregte- en arbeidsorganisasies , het die oorspronklike idee vanaf Asa Philip
Randolph, ŉ arbeids organiseerder en stigter van die Brotherhood of Sleeping Car Porters
en die Negro American Labour Council (NALC) gekom. Sy visie vir ŉ optog na die hoofstad
van die land dateer uit die 1940’s toe hy twee keer grootskaalse optogte voorgestel het om
teen segregasie en diskriminasie in die Amerikaanse weermag en die Amerikaanse
verdedigingsbedryf te protesteer en om die Withuis onder druk te plaas om op te tree. Die
druk het gewerk. President Roosevelt het die Uitvoerende Bevel 8802 (verbod op
diskriminasie in die verdedigingsbedryf, 1941) onderteken en president Truman het
Uitvoerende Bevel 9981 (desegregasie van die weermag, 1948) onderteken, en Randolph
het die optogte gekanselleer.

         [Uit https://www.nps.gov/articles/march-on-washington.htm. Toegang op 8 Februarie 2023 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 12

12                               GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                         (EC/SEPTEMBER 2023)

 BRON 3C

 Hierdie foto toon aktiviste wat op 28 Augustus 1963 vreedsaam langs Constitution Avenue
 in Washington protesteer.

       [Uit https://www.npr.org/2010/01/18/122701268/i-have-a-dream-speech-in-its-entirety. Toegang op 8
                                                                                 Februarie 2023 verkry.]

                                                                              ONS MARSJEER
                               BURGERREGTE PLUS                               VIR EERSTEKLAS
ONS EIS                        VOLLE INDIENSNEMING                            BURGERSKAP NOU!
GELYKE REGTE                   IS GELYK AAN VRYHEID
NOU!

 Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/SEPTEMBER 2023)               GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                         13

BRON 3D

Die onderstaande bron is ŉ uittreksel uit Martin Luther King se, ‘Ek het ŉ droom toespraak’
wat op 28 Augustus 1963 deur Martin Luther King jnr. in Washington gelewer was.

Maar 100 jaar later is die Neger steeds nie vry nie. Een honderd jaar later word die lewe
van die Neger steeds ongelukkig lamgelê deur die boeie van segregasie en die kettings
van diskriminasie. Een honderd jaar later woon die Neger op ŉ eensame eiland van
armoede te midde van ŉ groot oseaan van materiële welvaart …

Toe die argitekte van ons republiek die wonderlike woorde van die Grondwet geskryf het ...
ŉ belofte dat alle mans – ja, swart mans sowel as wit mans – die onvervreembare regte van
lewe, vryheid en die strewe na geluk gewaarborg sal word. In plaas daarvan om hierdie
heilige verpligting na te kom, het Amerika die Negers ŉ slegte tjek gegee, ŉ tjek wat as
onvoldoende fondse teruggekom. Maar ons weier om te glo dat die bank van geregtigheid
bankrot is.

Daar sal geen rus of vrede in Amerika wees alvorens die Neger nie sy burgerregte kry nie.

Ek het ŉ droom dat eendag, selfs die staat Mississippi, ŉ staat wat skroei met die hitte van
onreg, skroei met die hitte van onderdrukking, eendag in ŉ oase van vryheid en
geregtigheid omskep sal word. Ek het ŉ droom dat my vier klein kinders eendag in ŉ nasie
sal woon waar hulle nie deur die kleur van hul vel beoordeel sal word nie, maar eerder deur
die inhoud van hul karakter.

       [Uit https://www.npr.org/2010/01/18/122701268/i-have-a-dream-speech-in-its-entirety. Toegang op 8
                                                                                 Februarie 2023 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 14

14                            GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                    (EC/SEPTEMBER 2023)

ERKENNINGS

Visuele bronne en ander historiese bewyse is geneem uit die volgende:

https://www.historyextra.com/period/20th-century/berlin-wall-history-facts//

https://www.archives.gov/files/research/foreign-policy/cold-war/1961-berlin-
crisis/overview/us-military-response

https://www.berlin.de/mauer/en/history/construction-of-the-berlin-wall/

https://www.gettyimages.com/photos/peterfechter/

https://saiia.org.za/wp-content/uploads/2011/06/Occasional-Paper-84.pdf.

https://www.wilsoncenter.org › publication › southern-a..

https://www.npr.org/2010/01/18/122701268/i-have-a-dream-speech-in-its-entirety.

https://www.sutori.com/story/march-on-washington-1963--tt5AYMDkDVteHFhtzxo6Sz1D

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

## Related documents

- [HISTORY P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/b9dc10fb-ad07-4300-abc2-a509afb2c30f) — History · QP · 2017 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 ADDEN JUNIE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-adden-junie-2023-afrikaans/6fec864f-931f-4143-acac-b498e2a5f304) — History · Addendum · 2023 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 MEMO SEPT 2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-memo-sept-2021-afrikaans/9c3a8ce8-f3a0-4016-a58e-194db060028c) — History · Memo · 2021 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 MEMO JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-memo-june-2023-afrikaans/80707e45-fe8b-451f-924d-7d4379d803e2) — History · Memo · 2023 · Afr
- [HIST P1 GR12 QP AFR SEP 2014](https://www.hlayiso.com/library/hist-p1-gr12-qp-afr-sep-2014/3296a2b9-b5f3-4845-9366-f96f2839b363) — History · QP · 2014 · Afr
- [GESKIED P1 QP AFR SEP 2012](https://www.hlayiso.com/library/geskied-p1-qp-afr-sep-2012/cda30303-ff83-479b-b90c-5f6fbf9d5125) — History · QP · 2012 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
