# History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2022 Addendum (Afr)

> Grade 12 History Paper 1 addendum from the Eastern Cape June 2022 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-adden-june-2021-afrikaans/07d11965-d3f1-47df-a1d1-114c03a6a6b3
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Addendum
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape June
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2022 Addendum (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-adden-june-2021-afrikaans/07d11965-d3f1-47df-a1d1-114c03a6a6b3)

## About this document

History · Grade 12 · Eastern Cape June · 2022 · Afrikaans. Addendum, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

         NASIONALE
     SENIOR SERTIFIKAAT

             GRAAD 12

           JUNIE 2022

      GESKIEDENIS V1
        ADDENDUM

     Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                             GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                            (EC/JUNIE 2022)

 VRAAG 1:      HOE HET RUSSIESE EKSPANSIONISME IN GRIEKELAND EN TURKYE
               TOT DIE IMPLEMENTERING VAN DIE TRUMAN-LEER IN 1947
               BYGEDRA?

 BRON 1A

 Die volgende bron beskryf die politieke toestande in Griekeland en Turkye na die Tweede
 Wêreldoorlog.

 Britse troepe was sedert Oktober 1944 in Griekeland. Hulle doel was om ŉ nie-
 kommunistiese regering in Griekeland te verseker. Die kommunisties-geleide Nasionale
 Bevrydingsfront het in Desember 1944 probeer om Athene te verower, maar is deur Britse
 troepe verslaan. Die Nasionale Bevrydingsfront het sy aktiwiteit hernu na die verkiesing
 van ŉ regse regering in Maart 1946 wat linkse politieke organisasies begin onderdruk het.
 In 1946 het die Nasionale Bevrydingsfront die Griekse regering in ŉ burgeroorlog begin
 beveg. Hulle is deur Joego-Slawië, Albanië en Bulgarye van wapens voorsien. Die
 Nasionale Bevrydingsfront het baie vinnig beheer oor die grootste deel van Noord-
 Griekeland verkry, met die regeringsmagte wat slegs in Athene en Salonika beveilig was.
 In reaksie op hierdie gebeure het Brittanje hulp aan die Griekse regering gestuur. Die
 Westerse magte het die gebeure in Griekeland as samehangend gesien met die lot van
 Italië en die Middellandse See oor die algemeen. Hulle was bang vir Sowjet-oorheersing
 van die streek.

 In Turkye het Sowjet-druk vir die terugkeer van betwiste gebied en die reg op vlootbasisse
 in die Bosporus en die Dardanelle, toegeneem. Hierdie druk het gedurende 1946
 toegeneem. Hierdie verwikkelinge het vir die Westerse magte geblyk asof dit die Sowjet-
 voorneme was om oorheersing in die Midde-Ooste met sy belangrike olievoorrade te
 verkry. Turkye was dus van groter strategiese waarde, maar as Griekeland onder
 kommunistiese oorheersing geval het, sou Turkye se posisie hopeloos wees. Dit sou deur
 vyandige kommunistiese lande wat aan die Sowjetunie verbonde was, omring word.
 Brittanje het beide die Griekse en Turkse regerings gehelp. Die ekonomiese koste van die
 Tweede Wêreldoorlog en probleme met die handhawing van huishoudelike voorrade van
 noodsaaklike goedere soos steenkool in die onmiddellike na-oorlogse jare het Brittanje en
 Europa oor die algemeen op die randjie van ekonomiese ineenstorting gebring. Brittanje
 het die Verenigde State op 28 Februarie 1947 ingelig dat sy teen die einde van Maart sou
 ophou om hulp aan Griekeland en Turkye te verleen.

                                     [Uit The Making of the Modern World deur Christopher Condon]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                   GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                             3

 BRON 1B

 Die onderstaande bron is ŉ uittreksel uit ŉ inligtingsessie wat deur Lincoln MacVeagh en
 Edwin C. Wilson, Amerikaanse ambassadeurs in Griekeland en Turkye, aan die
 Buitelandse Betrekkinge Komitee van die Verenigde State se Senaat in Maart 1947
 gelewer was waarin hulle die behoefte aan Amerikaanse hulp verduidelik.

 Ambassadeur MacVeagh: Op die oomblik is die situasie in Griekeland buitengewoon
 ernstig en krities. Enige vertraging, as ons iets daaraan gaan doen, is baie gevaarlik as
 ons ŉ totale ineenstorting van die land gaan vermy, beide ekonomies en sosiaal, wat die
 land in die satelliet-wentelbaan van die Russiese Ryk sal bring. ... Sedert die
 Kommunistiese Revolusie in Rusland het Rusland die enigste supermoondheid op die
 Europese vasteland geword.

 Groot Brittanje het nou geen moontlikheid om die ou koalisies teen die dominante
 Europese mag te vorm nie. Rusland se invloed word sterker en sterker. ... Dit skep hierdie
 druk en spanning in Griekeland wat die mag van die Kommunistiese Party binne
 Griekeland self aansienlik verhoog het, wat vandag ŉ baie magtige vyfde kolombeweging
 geword het.

 Ambassadeur Wilson: Mnr. Voorsitter, in die byna 2 jaar wat ek in Turkye was, het ek
 tot die oortuiging gekom dat die instandhouding van ŉ onafhanklike posisie deur Turkye
 ŉ kwessie van noodsaaklike belang vir ons eie land is. Turkye is die enigste onafhanklike
 land op die grense van die Sowjetunie vanaf die Baltiese tot by die Swart see. As Turkye
 toegelaat sou word om onder Sowjet-oorheersing te kom, hetsy deur die regime af te
 breek met buitedruk of deur ŉ daad van openlike aggressie teen die land, sal die
 Sowjetgrense dan deur Sirië na Irak strek ...

   [Uit Legislative origins of the Truman doctrine by the U.S. Congressional Senate Committee on Foreign
                                                                                               Relations]

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                          GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                           (EC/JUNIE 2022)

BRON 1C

Die onderstaande kaart gee ŉ uiteensetting van die Ystergordyn wat ná die Tweede
Wêreldoorlog oor Europa neergedaal het.

                                [Uit The Making of the Modern World deur Christopher Condon]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)               GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                            5

 BRON 1D

 Die volgende bron is ŉ uittreksel uit president Truman se toespraak (Truman-leer) aan
 die Amerikaanse Kongres op 12 Maart 1947 waarin hy op Griekeland en Turkye se
 versoek om hulp gereageer het.

 Die Britse regering, wat Griekeland en Turkye gehelp het, kan ná 31 Maart geen verdere
 finansiële of ekonomiese hulp verleen nie. ... Ons is die enigste land wat hierdie hulp kan
 verleen. Die volke van ŉ aantal lande van die wêreld het onlangs totalitêre regimes
 (regerings) gekry wat teen hul wil op hulle afgedwing was. Die regering van die Verenigde
 State het gereelde betogings teen dwang en intimidasie in Pole, Roemenië en Bulgarye
 gemaak, wat teenstrydig met die Yalta-ooreenkoms was.

 Ek glo dat dit die beleid van die Verenigde State moet wees om vrye mense te ondersteun
 wat pogings van onderdrukking deur gewapende minderhede of druk van buite
 teenstaan. Ek glo dat ons ondersteuning hoofsaaklik ekonomiese en finansiële hulp moet
 wees wat noodsaaklik is vir ekonomiese stabiliteit en ordelike politieke prosesse. ... As
 Griekeland onder die beheer van ŉ gewapende minderheid sou val, sou die effek op sy
 buurstaat, Turkye, onmiddellik en ernstig wees. Verwarring en wanorde kan heel moontlik
 deur die hele Midde-Ooste versprei.

 Ek versoek dus die Kongres om die bemagtiging van hulp aan Griekeland en Turkye te
 verskaf tot die bedrag van $400 miljoen vir die tydperk wat op 30 Junie 1948 eindig. ...
 Benewens fondse, vra ek die Kongres om die besonderhede van Amerikaanse burgerlike
 en militêre personeel aan Griekeland en Turkye te bemagtig, op versoek van daardie
 lande, om te help met die aktiwiteite van heropbou en met die doel om toesig te hou oor
 die gebruik van sulke finansiële en materiële hulp wat verskaf gaan word. Ek beveel aan
 dat bemagtiging ook verkry moet word vir die instruksie en opleiding van geselekteerde
 Griekse en Turkse personeel.

                                         [Uit Journal of the Senate of the United States of America]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                  GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                               (EC/JUNIE 2022)

    VRAAG 2:      WAAROM WAS DIE MPLA IN STAAT OM DIE BEWIND IN ANGOLA IN
                  NOVEMBER 1975 OOR TE NEEM?

    BRON 2A

    Die onderstaande bron beskryf die impak van Portugese dekolonialisasie op die drie
    bevrydingsbewegings in Angola in 1975.

    Portugal se vermoë om ŉ politieke oplossing in Angola te bereik, was twyfelagtig, en die
    magsvakuum en politieke verdeeldheid wat deur die staatsgreep in Portugal veroorsaak
    is, was uiteindelik in die chaotiese proses van dekolonisasie weerspieël. Die persepsie
    dat ŉ linkse militêre regering in Portugal, met ŉ sterk kommunistiese element die MPLA
    sou bevoordeel, het dalk wantroue onder die Angolese partye vererger en het beslis nie
    gehelp om vertroue op te bou nie.

    Terwyl Portugal onderhandelinge gevoer het, het die drie bewegings heel gelukkig
    wapenvoorraad van die Portugese gewapende magte na hul eie ondersteuners herlei.
    Die Portugese magte het self gehelp met hierdie aktiwiteite, met ŉ vooroordeel teenoor
    ondersteuning vir die MPLA, wat slegs gedien het as ŉ versterking van die persepsie
    dat Portugal se onpartydigheid twyfelagtig was. Tussen die ondertekening van die Alvor-
    ooreenkomste in Januarie 1975 en onafhanklikheid in November 1975 het die drie
    bewegings meer moeite gedoen om hul militêre vleuels te posisioneer vir die oorname
    van Luanda as om enige van die bepalings van die Alvor-ooreenkomste te
    implementeer. Die persepsie was dat die party wat Luanda op 11 November beheer,
    die res van Angola sou beheer.

    Gegewe Portugal se politieke onstabiliteit ten tyde van dekolonisasie, die klimaat van
    wantroue tussen die Angolese bewegings, die ideologiese verskille en Angola se
    enorme natuurlike rykdom, was buitelandse belangstelling vinnig om alliansies te smee
    en te konsolideer. Die doel was nou nie om ŉ bevrydingsbeweging te ondersteun nie,
    maar eerder om ŉ vriendelike regime (regering) in ŉ onafhanklike Angola te verseker.
    Namate onafhanklikheid genader het, het die konflik tussen die bevrydingsbewegings
    ook toegeneem, tesame met buitelandse steun vir elke beweging in die vorm van
    militêre en finansiële hulp.

         [Uit Different events, different outcomes – Civil War and rebel groups in Angola and Mozambique]

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)              GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                            7

 BRON 2B

 Die volgende bron verduidelik hoe Suid-Afrika se ingryping in die Angolese Burgeroorlog
 daartoe bygedra het dat die MPLA hul posisie in Angola versterk het.

 Op 14 Oktober het Suid-Afrikaanse magte Angola uit Namibië binnegeval. Suid-Afrika
 was deur die Verenigde State aangemoedig om aan te val, aangesien beide lande
 oordrewe vrese van Sowjet-ekspansionisme (uitbreiding) gedeel het. Die vinnige
 noordwaartse opmars van Suid-Afrikaanse magte het Luanda bedreig, waar die MPLA
 se teenwoordigheid beide onstuimig en noodsaaklik vir sy legitimiteit (wettigheid) was.

 Op 3 November het die MPLA se politburo in ŉ noodsessie vergader en eenparig die
 voorstel van Agostinho Neto, partyleier en onverkose staatspresident, goedgekeur om
 onmiddellike en massiewe versterkings van Havana te versoek. Kuba se reaksie, het
 binne ure gekom ... Operasie Carlotta is geskep ter herdenking van ‘Black Carlotta’, die
 leier van ŉ slawe-rebellie wat in November 1843 begin het. Die simboliek was
 deurslaggewend namate Kubaanse veelrassige troepe die apartheidsmagte uitgedaag
 het. Sowat 30,000 troepe, met swaar artillerie en tenks, is gestuur, insluitend een van
 Kuba se nuutste wapens, die BM-21 missiellanseerder, wat salvo's van 122 mm missiele
 oor 8 myl kon afvuur.

 Swaar toerusting soos T-34 tenks is direk van die Sowjetunie gestuur om verskeping
 vertragings te vermy. Kubaanse personeel het toe die Angolese opgelei om dit te gebruik.
 Die operasie was onder Castro se direkte, persoonlike beheer. Die impak van Kuba se
 ervare en toegewyde magte was onmiddellik. Die Slag van Ebo 300 km suid van die
 hoofstad op 23 November was ŉ “keerpunt” in die oorlog vir Angola.

                                 [Uit Journal of Asian and African Studies 017, Vol. 52(5) 657–669]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                  GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                 (EC/JUNIE 2022)

 BRON 2C

 Die foto hieronder toon Fapla troepe bewapen met ŉ Russiese BM-21 missiellanseerder
 en T-34-tenks tydens die Angolese Burgeroorlog van 1975.

 [Uit https://www.shutterstock.com/editorial/image-editorial/angola-civil-war-1976. Toegang op 15 Januarie
                                                                                              2022 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                  GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                          9

 BRON 2D

 Hierdie bron is ŉ uittreksel van ŉ onderhoud met Robert W. Hultslander, voormalige CIA-
 stasiehoof in Luanda, met historikus Piero Gleijeses in 1998. Professor Piero Gleijeses
 is die skrywer van die boek Angola: Conflicting Missions.

 VRAAG: Wat was jou eie beoordeling van Agostinho Neto en die MPLA?

 Die MPLA was die beste gekwalifiseerde beweging om Angola te regeer. Baie van sy
 leiers was opgevoed aan die Universiteit van Coimbra en ŉ paar aan die Patrice
 Lumumba Universiteit in Moskou. Alhoewel baie Marxisme uiterlik aangeneem het, was
 hulle baie nader aan Europese radikale sosialisme as aan Sowjet-Marx-Leninisme. Lucio
 Lara, ŉ mulatto-intellektueel, was waarskynlik ŉ oortuigde kommunis. Agostinho Neto,
 was die onbetwiste leier van die MPLA. Ander senior MPLA-leiers was indrukwekkend:
 Lopo do Nacimiento, Paula Jorge, Nito Alves, Carlos Rocha en Iko Carreira was slim
 politieke operateurs. Chieto en Dangereux was goeie militêre bevelvoerders, ens.
 Daarbenewens was die MPLA die minste stamverbonde van die drie bewegings. Neto
 en die meeste van die top kader was Mbundu, maar die MPLA het baie verskillende
 stamme verwelkom, anders as die FNLA (Bakongo) en UNITA (Ovimbundu).

 Ten spyte van die onbetwiste kommunistiese agtergrond van baie van die MPLA se
 leiers, was hulle meer effektief, beter opgevoed, beter opgelei en beter gemotiveerd. Die
 gewone soldate was ook beter gemotiveerd (veral die gewapende vegters, wat harder
 en met meer vasberadenheid geveg het). Portugese Angolese het die MPLA
 oorweldigend ondersteun. Die inligtingsessies en oriëntasie wat ek ontvang het voordat
 ek in Luanda aangekom het, het die kommunistiese oriëntasie van die MPLA beklemtoon
 en my oortuig van die dringende behoefte om die MPLA teen te staan om mag oor te
 neem. Aangesien die MPLA Sowjet-hulp ontvang het, het ek geglo dat ons geen ander
 keuse gehad het om dit teen te werk met ons eie ondersteuning aan sy teenstanders. Dit
 was eers ná drie maande in Luanda dat ek besef het wat werklik gebeur het ...

       [Uit https://nsarchive2.gwu.edu/NSAEBB/NSAEBB67/transcript.html. Toegang op 15 Januarie 2022
                                                                                            verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                             GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                              (EC/JUNIE 2022)

  VRAAG 3:      HOE HET DIE VRYHEIDSRITTE INTERSTAAT BUSVERVOER IN DIE
                VSA IN DIE 1960’s GEDESEGREER?

  BRON 3A

  Die onderstaande bron beskryf die redes vir die vorming van die Vryheidsritte-beweging
  in die VSA in 1961.

  In 1961 het die direkteur van die Congress of Racial Equality (CORE), James Farmer
  en mede-CORE-leier Bayard Rustin, ŉ vroeëre strategie van die laat 1940's opgewek
  wat ŉ beroep op swartes gedoen het om gesegregeerde treine en busse te ry tydens
  interstaat reise in die diep Suide. Die vroeëre protes-op-wiele het klaaglik misluk toe die
  ryers in Noord-Carolina in hegtenis geneem, skuldig bevind en maandlange vonnisse
  gegee is. Hierdie keer het die betogers gehoop dat hulle groter ondersteuning van die
  federale regering en die Departement van Justisie sou ontvang. Soos die sit-staking
  beweging staatgemaak het op direkte konfrontasie, so sou die Vryheidsryers.

  Die groep se benadering het beide swartes en wittes betrek: Die blanke Vryheidsryers
  sou sitplekke agter in busse inneem, en swart deelnemers sou voor sit; 'n dubbele
  skending van die busmaatskappybeleid. Indien hulle beveel sou word om te beweeg,
  sou beide swartes en wittes hul sitplekke behou. By elke bushalte sou swartes net na
  die slegs-blanke wagkamers gaan en probeer om die fasiliteite te gebruik. Die strategie
  het aanvaar dat blankes gewelddadig sou reageer en dat sulke konfrontasies nie deur
  die federale regering geïgnoreer kon word of soos James Farmer dit gestel het, "sodat
  die federale regering gedwing sou word om die federale wet af te dwing’. Dit was die
  rasionaal (doelwit) vir die Vryheidsrit.

  Die eerste groep ‘Vryheidsryers’ het op 4 Mei 1961 op ŉ bus in Washington, D.C.,
  geklim. Dertien ryers is gewerf. Die beplande reis sou hulle deur Virginia, Noord-
  Carolina en Suid-Carolina neem en dan oor die diep Suide na Louisiana. Die groep het
  gehoop om New Orleans op 17 Mei te bereik, die sewe-jaar herdenking van die Brown-
  besluit. Elkeen van die ryers het geweet watter gevare die deelname inhou. “Daar is vir
  ons gesê dat die rassiste en voorstanders van segregasie enige iets sou doen om
  segregasie in interstaat busreise te handhaaf”, het James Farmer opgemerk. ‘So toe
  ons die rit begin het, dink ek almal van ons voorbereid was op die hoeveelheid geweld
  wat na ons toe sou kom. Ons was voorbereid op die moontlikheid van die dood.”

                            [Uit The Civil Rights Movement – Striving for Justice deur Tim McNeese.]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                   GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                          11

 BRON 3B

 Hierdie bron beskryf die reaksie van die Ku Klux Klan teenoor die Vryheidsritte-beweging.

 ... die leiers van die Alabama Knights van die Ku Klux Klan was besig om planne van hul
 eie te finaliseer. Die Klan-mans het sedert middel April van die Vryheidsrit geweet,
 danksy ŉ reeks FBI-memo’s wat aan die Birmingham-polisiedepartement gestuur is.
 Polisie sersant Tom Cook, ŉ ywerige Klan ondersteuner en anti-Kommunis het die
 organisasie met gedetailleerde inligting oor die Rit voorsien, insluitend ŉ stad-vir-stad
 reisplan. ... hulle het genoeg geweet om die alarm onder die getroue verdedigers van
 wit oppergesag aan te wakker ... die Klan-mans, met Cook se hulp, het ŉ onbeskofte
 verwelkoming vir die invallende “negers” en “neger-liefhebbers” voorberei wat op die punt
 was om die ou gebruike en wette van die soewereine staat, Alabama, te oortree.

 Op 17 April 1961, meer as twee weke voor die Vryheidsrit begin het, het sersant Cook
 met Gary Thomas Rowe, ŉ lid van die Eastview Klavern, die mees gewelddadigste Klan-
 enklawe in Alabama, ontmoet. Cook het nie geweet dat Rowe ŉ FBI-informant was nie.
 ... Cook het ŉ uitgebreide komplot uitgelê om die Vryheidsrit in Birmingham tot ŉ stilstand
 te bring. Hy het Rowe verseker dat ander lede van die Birmingham-polisiedepartement,
 sowel as amptenare van die Alabama-snelwegpatrollie, die plan ondersteun en dat hulle
 op hul samewerking kon staat maak.

 “Jy sal saam met my werk en ek sal saam met jou aan die Vryheidsryers werk,” het hy
 belowe. ‘Ons gaan jou vyftien minute toelaat ... Jy kan hulle aanrand, hulle bom, hulle
 vermink, hulle doodmaak, ek gee nie om nie. Daar sal absoluut geen arrestasies wees
 nie. Jy kan elke Klan-man in die land verseker dat niemand vir daardie vyftien minute in
 Alabama in hegtenis geneem sal word nie.’ Die finale plan, wat soos ŉ volskaalse militêre
 operasie gelyk het, het ŉ beroep gedoen op ŉ aanvanklike aanranding in Anniston, die
 Ryers se eerste geskeduleerde stop in Alabama, gevolg deur ŉ opruimingsaksie in
 Birmingham.

                  [Uit Freedom Riders: 1961 and the Struggle for Racial Justice deur Raymond Arsenault]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                 (EC/JUNIE 2022)

BRON 3C

Hierdie foto beeld Vryheidryers uit wie se bus met petrol gebombardeer was deur blanke
meerderwaardiges buite Anniston, Alabama in die VSA op 14 Mei 1961.

        [Uit https://www.clarionledger.com/story/news/local/journeytojustice/2018/05/14/week-civil-rights-
                         history-may-14-through-20/607385002/. Toegang op 15 Februarie 2022 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)              GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                      13

 BRON 3D

 Hierdie bron beskryf die maatreëls wat deur die Amerikaanse regering geneem is om
 die veiligheid van die Vryheidsryers te verseker.

 Die president het 600 federale maarskalke na Alabama ontplooi. Tweehonderd van hulle
 is na die hospitaal gestuur waar die Vryheidsryers vir hul beserings behandel is.
 Goewerneur Patterson het die optrede van die president in die openbaar bevraagteken
 en gesê, “Ons het nie jou maarskalke nodig nie. Ons wil hulle nie hê nie, en ons het nie
 vir hulle gevra nie.”

 Martin Luther King jnr. het sy steun aan die Vryheidsryers gegee toe Federale
 maarskalke ŉ beskermende versperring rondom die kerkgebou gevorm het. Twee dae
 na die konfrontasie buite die Eerste Baptiste Kerk het 27 Vryheidsryers op twee busse
 geklim en weswaarts na Jackson, Mississippi, vertrek. Die busrit na die Alabama-
 Mississippi staatsgrens was sonder voorval. Die Vryheidsryers was verheug om
 Mississippi Nasionale Wagte op die snelweg te sien “met hul gewere wat na die veld aan
 beide kante van die pad gerig was.”

 Robert Kennedy het die Amerikaanse senator James O. Eastland gekontak om ŉ
 ooreenkoms in Mississippi uit te werk. Hy het die getroue voorstaanders van segregasie
 belowe dat hy nie federale amptenare sou ontplooi indien Eastland hom sou belowe dat
 daar geen gewapende aanvalle teen die Vryheidsryers sou wees nie. Eastland het die
 prokureur-generaal verseker dat daar geen geweld in sy staat sou wees nie. Die
 gewapende magte het na die buitewyke van Jackson uitgebrei. Sommige van die
 Vryheidsryers het gesing en was opgewonde oor die verandering in hul vooruitsigte om
 hul eindbestemming in New Orleans te bereik. ... toe hulle die busterminaal in die
 hoofstad van Jackson bereik het, is hulle deur die staatspolisie in hegtenis geneem vir
 oortreding. In Oktober het die Interstaat Kommersiele Kommissie ŉ verbod op
 rassediskriminasie op interstaat reise uitgereik, wat op 1 Desember 1961 toegepas was.
 Die lof vir hierdie oorwinning het hoofsaaklik na CORE en SNCC gegaan.

                                             [Uit Breaking White Supremacy deur Gary Dorrien.]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                            GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                          (EC/JUNIE 2022)

ERKENNINGS

Visuele bronne en ander geskiedkundige bewyse was geneem uit die volgende:

Different events, Different outcomes – Civil War and rebel groups in Angola and
Mozambique

Freedom Riders: 1961 and the Struggle for Racial Justice deur Raymond Arsenault

https://nsarchive2.gwu.edu/NSAEBB/NSAEBB67/transcript.html.

https://www.history.com/this-day-in-history/central -high-school-integrated

https://www.shutterstock.com/editorial/image-editorial/angola-civil-war-1976

Journal of Asian and African Studies 017, Vol. 52(5) 657–669

Journal of the Senate of the United States of America, Vol. 63(2) 137–152

Legislative origins of the Truman doctrine deur die U.S. Congressional Senate
Committee on Foreign Relations

The Civil Rights Movement – Striving for Justice by Tim McNeese.

The Making of the Modern World deur Christopher Condon

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

## Related documents

- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2022-afrikaans/f20bbeea-9bf0-4364-87d6-36ff16bead78) — History · Addendum · 2022 · Afr
- [Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-addendum/4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995) — History · Addendum · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans)) 2015 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-2015-preparatory-examination-addendum/46d03045-1812-4e23-a4c5-7192a662e955) — History · Addendum · 2015 · Afr
- [History P1 May June 2022 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2022-addendum-eng/26551f4a-326d-4c97-be6f-e9e99fb1dd32) — History · Addendum · 2022 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — History · Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — History · Memo · 2024 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 History P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-history-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5) — QP · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 MEMO JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-memo-june-2023-afrikaans/80707e45-fe8b-451f-924d-7d4379d803e2) — Memo · 2023 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-june-2023-afrikaans/4d89c999-c580-4ebe-ad32-ccdfbe675af1) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
