# History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 Addendum (Afr)

> Grade 12 History Paper 1 addendum from the Eastern Cape June Exam 2023 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-adden-junie-2023-afrikaans/6fec864f-931f-4143-acac-b498e2a5f304
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Addendum
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 Addendum (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-adden-junie-2023-afrikaans/6fec864f-931f-4143-acac-b498e2a5f304)

## About this document

History · Grade 12 · Eastern Cape June Exam · 2023 · Afrikaans. Addendum, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

         NASIONALE
     SENIOR SERTIFIKAAT

             GRAAD 12

            JUNIE 2023

       GESKIEDENIS V1
         ADDENDUM

    Die addendum bestaan uit 14 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                             GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                              (EC/JUNIE 2023)

VRAAG 1:     WAT WAS DIE REDES VIR DIE BOU VAN DIE BERLYNSE MUUR IN
             AUGUSTUS 1961?

BRON 1A

Die volgende bron beskryf die ekonomiese toestande in Oos-Berlyn tussen 1959 en 1961.

Wes-Berlyn, wat diep in die omliggende Oos-Duitsland (DDR) geleë was, het beide probleme
en geleenthede vir die oostelike blok gebied. Die DDR-ekonomie het inderdaad groot
vordering gemaak om die oorlog verwoesting en Sowjet aftakeling te oorkom, wat ongeveer
30 persent van die bedryf verwyder het, maar vervaardiging was steeds swak en het onder
kwynende (afnemende) grondstowwe en mannekrag gebuk gegaan. Buiten produksie
knelpunte, was daar ŉ verbruikskrisis. 1958 het die opheffing van rantsoenering ingehou,
maar tog was verspreiding ongelyk aan die toenemende vraag na selfs basiese voedsel en
klere. Die gedwonge kollektivisering van die landbou, wat in die lente van 1960 versnel het,
het die probleem in die openbare oog net vererger. Toe kom die dreigement van ŉ verbod
van Wes-Duitse uitvoer na die DDR …

Terwyl Wes-Duitsland die Ruhr se swaar nywerheid beheer en voordeel uit Marshall-hulp
getrek het, was die DDR nie selfvoorsienend in grondstowwe nie en het ŉ tekort aan harde
steenkool en ystererts gehad.

Tussen 1945 en 1961 het ongeveer een uit elke ses Oos-Duitsers die land verlaat. Ingenieurs
en geskoolde werkers het in onvervangbare getalle die land verlaat. Diegene wat agtergebly
het, kon ook ernstige probleme veroorsaak. Terwyl die bevolking van Wes-Duitsland van
1948 tot 1961 van 47,3 tot 56,2 miljoen toegeneem het, het die DDR, ondanks ŉ geboorte-
surplus, van 19,1 tot 17,1 miljoen afgeneem. Hierdie massiewe breindrein het die DDR in ŉ
stryd om oorlewing gedwing. Nie die supermoondhede, of hul bondgenote kon die uittog
beheer nie. In Junie 1961 het Nikita Khrushchev drie Westerse moondhede in kennis gestel
om Wes-Berlyn binne ses maande te ontruim. Die Kremlin-leier het die westelike stad nog
altyd as ŉ ‘swerende wond’ op die DDR beskou.

                                                     [Uit Behind the Berlin Wall deur Patrick Major]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                      GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                             3

BRON 1B

Die onderstaande bron is ŉ uittreksel van ŉ toespraak wat die Amerikaanse president John
F. Kennedy tydens die Berlynse krisis op 25 Julie 1961 aan Amerikaanse burgers gelewer
het. President Kennedy verduidelik die Amerikaanse reaksie op die Russiese dreigemente.

... In Berlyn, soos u onthou, is hy van plan om deur ŉ haal van die pen eers ons wettige regte
in Wes-Berlyn tot ŉ einde te bring; en tweedens ons vermoë om ons toewyding/verbintenis
tot die twee miljoen vrye mense van daardie stad na te kom. Dit kan ons nie toelaat nie.

… Die onmiddellike bedreiging vir vrye mense is in Wes-Berlyn. ... Ons teenwoordigheid in
Wes-Berlyn en ons toegang daartoe kan nie beëindig word deur enige daad van die
Sowjet-regering nie. Die NAVO-skild is lank gelede uitgebrei om Wes-Berlyn te dek en ons
het ons woord gegee dat ŉ aanval op daardie stad as ŉ aanval op ons almal beskou sal
word. ... Ons kan en sal nie toelaat dat die kommuniste ons geleidelik, of met geweld uit
Berlyn verdryf nie.

Gevolglik neem ek nou die volgende stappe:

1. Ek versoek môre die kongres vir ŉ bykomende $3,247 miljard se toekennings vir die
weermag vir die huidige boekjaar.

2. ... Ek versoek ŉ toename in die weermag se totale gemagtigde sterkte van 875 000 tot
ongeveer een miljoen man.

Die wêreld word nie mislei deur die kommunistiese poging om Berlyn as ŉ broeikas van
oorlog te bestempel nie. Daar is vandag vrede in Berlyn. Die bron van wêreldprobleme en
spanning is Moskou, nie Berlyn nie. En as die oorlog begin, sal dit in Moskou begin het en
nie Berlyn nie. Die keuse van vrede of oorlog is grootliks hulle s'n, nie ons s'n nie. Kortom,
terwyl ons gereed is om ons belange te verdedig, sal ons ook gereed wees om vrede na te
streef – in stille verkennende gesprekke, in formele of informele vergaderings. Ons wil nie
hê dat militêre oorwegings die denke van Oos of Wes moet oorheers nie.

  [Uit https://alphahistory.com/coldwar/john-f-kennedys-address-berlin-crisis-1961/. Toegang op 23 Februarie
                                                                                                2022 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                             GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                             (EC/JUNIE 2023)

BRON 1C

Die volgende bron verduidelik hoe Rusland die grens tussen Oos- en Wes-Berlyn op
13 Augustus 1961 gesluit het.

Khrushchev en Ulbricht het besluit dat hulle die grens sou sluit gedurende die vroeë oggend
van 13 Augustus, ŉ Sondag, wanneer daar min verkeer sou wees en min werkers heen en
weer sou beweeg. ... hy het beweer dat Adenauer spioene deur Wes-Berlyn na Oos-
Duitsland en Oos-Europa stuur. Dit was die hoofredes, het hy aangevoer, om die grens toe
te maak. Khrushchev het die grens langs Wes-Duitsland en rondom Berlyn met Sowjet
magte versterk. Hy was van plan om die stad te omsingel met ŉ ysterring deur doringdraad
langs die grens in te ryg en dan, as die bondgenote nie gedurende die eerste paar dae optree
nie, ŉ betonmuur daar oprig ..

Die Westerse amptenare het vinnig besef dat hulle nie die doringdraad kon probeer verwyder
nie. ... In die ure nadat die grens gesluit het, het Oos-Berlyners wat na Wes-Berlyn wou kom,
besef dat hulle vinnig sou moes beweeg. Sommige van hulle het oop plekke in die
doringdraad gevind en op 13 Augustus of die volgende dae gevlug. Ander het oor die dele
van die Teltow-kanaal en die Spree-rivier geswem wat tussen Oos- en Wes-Berlyn vloei waar
daar toe slegs ŉ paar Oos-Duitse polisie aangewys was om te bewaak. Ander het gevlug of
oor die minder swaar bewaakte dele van die doringdraad gesluip.

So het Oos-Duitse konstruksiespanne op 16 Augustus begin om ŉ muur van betonblokke
langs die sektorgrense en oor die grootste deel van die strate tussen Oos- en Wes-Berlyn te
bou. Hulle het die nuwe betonversperring gebou wat gou in die pers as die Berlynse Muur
bekend geword het.

                                                [Uit Kennedy and the Berlin Wall deur W.R. Smyser]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                      GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                            5

BRON 1D

Die foto hieronder toon Oos-Duitse werkers wat bakstene lê tydens die bou van die
Berlynse Muur in November 1961.

       [Uit https://www.bbc.co.uk/bitesize/guides/z8xgsrd/revision/3. Toegang op 23 Februarie 2023 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                             GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                (EC/JUNIE 2023)

VRAAG 2:     WAAROM HET DIE ANGOLESE BURGEROORLOG VAN 1975 DIE
             SLAGVELD VAN DIE KOUE OORLOG IN AFRIKA GEWORD?

BRON 2A

Die volgende bron verduidelik hoe die einde van Portugese koloniale bewind in 1975 tot
wedywering tussen die bevrydingsbewegings gelei het.

Die leiers van die drie Angolese bewegings het in Mombasa bymekaargekom waar hulle
mekaar se legitimiteit (wettigheid) erken het. Op 15 Januarie 1975 het die drie bewegings in
Alvor in Suid-Portugal, ŉ onafhanklikheidsooreenkoms met Portugal onderteken wat vrede
en ŉ werkende politieke toekoms vir Angola beloof het. Die Alvor-ooreenkoms het ŉ
oorgangsregering bemagtig om Angola te administreer vanaf 31 Januarie 1975 tot
verkiesings, wat later daardie jaar gehou sou word om ŉ nuwe regering te bepaal.

Toe die Portugese vlag op 10 November 1975 vir die laaste keer oor Angola laat sak is, het
die hoë kommissaris soewereiniteit (mag) aan alle Angolese oorgedra en nie aan een
beweging in die besonder nie. ... Die wedywering (kompetisie) om oorheersing (beheer)
onder hulle het nou as ŉ prioriteit na vore getree. ... Die bewegings wou hulself nou van
aangesig tot aangesig met mekaar legitimeer (regverdig). Die bewegings het nou uitsluitlik
hulp gesoek om hul posisies, soos teen mekaar bereken, te versterk.

Teen die einde van die anti-koloniale oorlog het die MPLA, die FNLA en UNITA nie
gesofistikeerde wapens gehad nie. ... hulle was weinig meer as ŉ versameling klein guerrilla-
eenhede. ŉ Jaar later was kolomme van gemotoriseerde gepantserde draers, groot mortiere,
vuurpyllanseerders, tenks en straaljagters egter almal in aksie toe die MPLA die
gesamentlike magte van die FNLA en UNITA in ŉ hewige burgeroorlog om mag in Angola in
die gesig gestaar het.

                          [Uit The origins of the Angolan Civil War deur Fernando Andresen Guimaraes]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)               GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                          7

BRON 2B

Die onderstaande bron verduidelik hoe die VSA en Suid-Afrika by die Angolese Burgeroorlog
van 1975 betrokke geraak het.

Die MPLA het hom ook tot Kuba gewend vir hulp ... wat 230 Kubaanse instrukteurs na Angola
gestuur het. Versterk deur die toestroming van Russiese wapens en die steun van Kuba, het
die MPLA die FNLA en UNITA uit Luanda verdryf. ... die oorgangsregering het in duie
gestort, en die regering van Angola het effektief in die hande van die MPLA gebly.

Die Angolese burgeroorlog het in ŉ groot internasionale konflik ontaard, wat beide die
Verenigde State van Amerika en Suid-Afrika ingetrek het in ŉ vasberade poging om te
verhoed dat die Sowjet-gesteunde MPLA die mag verkry. Henry Kissinger, die Amerikaanse
Minister van Buitelandse Sake, het tot die gevolgtrekking gekom dat tensy Amerika die
Sowjet-aktiwiteite teëwerk, die groter magsbalans tussen die supermoondhede versteur sou
word. Amerika het Kissinger gemagtig (opdrag gegee) om ŉ groot geheime operasie te begin
wat wapens aan beide die FNLA en UNITA verskaf het.

Suid-Afrika het hul eie ingryping in Angola van stapel gestuur. Hulle het die Sowjet- en
Kubaanse-ingryping beskou as deel van ŉ kommunistiese plan om Suider-Afrika te oorheers.
Hulle het geglo dat Angola, onder ŉ pro-kommunistiese regering, waarskynlik ŉ springplank
sou word vir nasionalistiese guerrillas van die South West Africa People's Organisation om
Suidwes-Afrika aan te val wat deur Suid-Afrika beheer was. Suid-Afrika het gehoop vir die
daarstelling van ŉ pro-Westerse regering in Angola wat na Suid-Afrikaanse belange gewysig
kan word. Suid-Afrika wou aan die VSA sy waarde as ŉ lojale anti-kommunistiese
streeksmoondheid demonstreer.

                                                     [Uit The State of Africa deur Martin Meredith]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                             GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                              (EC/JUNIE 2023)

BRON 2C

Hierdie bron gee ŉ uiteensetting van die redes en aard van die Kubaanse en Russiese
ingryping in die Angolese burgeroorlog van 1974–1975.

Die Sowjet besluit om militêre hulp aan die MPLA in Maart 1975 grootliks te verhoog, het die
aard van die Angolese konflik fundamenteel verander, ... die inspuiting van groot
hoeveelhede hoë-tegnologiese wapens het diepliggende haat ontketen. Tussen Maart en
November 1975 het die Sowjette altesaam sewe-en-twintig skeepsvragte en dertig tot veertig
vragvliegtuie van wapens na die MPLA gestuur, wat die basiese materiaal vir ŉ gedugte
FAPLA-leër verskaf het.

Op 3 November het die MPLA Politburo in ŉ noodsessie vergader en eenparig ŉ voorstel
van Neto ondersteun om onmiddellike en massiewe versterkings van Havana aan te vra. Die
Kubaanse reaksie het binne enkele ure gekom, Castro het ingestem tot die versoek nadat
hy privaat met sy mees betroubare kollegas, onder wie sy broer Raúl was, geraadpleeg
het. Van nou af sou alle valse voorwendsels van geheimhouding laat vaar word, aangesien
Kuba ŉ militêre ingryping op ŉ ongekende (uitsonderlike) skaal geloods het. Die missie het
die kodenaam ‘Operasie Carlota’ gekry.

Die moontlikheid dat tientalle Kubaanse personeel deur die Suid-Afrikaners gevange
geneem of vermoor sou word – en dat ŉ anti-kommunistiese regime in Angola wortel sou
skiet, sou Castro se aansien en invloed by sy Sowjet-beskermheer beslis verminder het. Dit
is dus geen verrassing dat Castro se reaksie onmiddellik was nie, aangesien hy geen ander
keuse gehad het nie. In November 1975 het Kuba die grootste ingryping in sy geskiedenis
geloods en 36 000 troepe na Angola gestuur om sy Marxistiese bondgenoot te verdedig teen
dubbele invalle deur Suid-Afrikaanse en Zaïrese magte.

                               [Uit The Cuban Intervention in Angola, 1965–1991 deur Edward George]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                     GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                            9

BRON 2D

Die foto hieronder beeld Russiese tenks in die hawe van Luanda en MIGs van die Angolese
lugmag uit. Die foto's is in Februarie 1976 geneem.

    [Uit: https://www.jstor.org/stable/al.sff.document.nizap2c00283. Toegang op 22 Februarie 2023 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                            GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                (EC/JUNIE 2023)

VRAAG 3:      HOE HET DIE VRYHEID SOMER-VELDTOG VAN 1964 BYGEDRA TOT DIE
              TOEKENNING VAN STEMREG AAN SWART AMERIKANERS WAT IN DIE
              1960’s IN DIE VSA GEWOON HET?

BRON 3A

Die onderstaande bron verduidelik die redes vir die bekendstelling van die Vryheid Somer-
veldtog in Mississippi in Junie 1964.

Mississippi het een van die laagste persentasie van geregistreerde swart kiesers gehad –
net 1 uit 20. Met ŉ landwye swart bevolking wat 45 persent van die totale bevolking van die
staat uitmaak, kon swartes die politiek beheer het in baie Mississippi-provinsies waar hulle
die meerderheid uitgemaak het. Die staat was berug (beroemd) vir sy groot aantal
sporadiese ophang van swartes, asook aanvalle op swartes.

Die veldtog om ‘die stem uit te kry’ in Mississippi ... het op dreef gekom in die somer van
1964. Die veldtog se aktiwiteite het vrywilligers van CORE, die SCLC, die NAACP en die
SNCC betrek, wat grootliks saamgewerk het onder ŉ spesiale sambreel organisasie
genaamd die Council of Federated Organisations (COFO).

Daardie somer, het COFO-lede versoek dat Noordelike blanke studente by hulle
kiesersregistrasieveldtog moet aansluit. Meer as ŉ duisend het die oproep beantwoord. ...
Burgerregte-leiers het geglo dat dit die veldtog sal help om groter media-aandag te kry. ...
Blankes in Mississippi het hulle gehaat en beskou as inmengers, “probleem kleuters,
seksueel losbandig, verslaaf aan interrasse-liefdesverhoudings, wat op kommunistiese
leerstellings gebreinspoel was”.

Tragedie het die veldtog vroeg in die somer getref toe twee blankes, Michael Schwerner en
Andrew Goodman, en James Chaney, ŉ 21-jarige swart burgerregte-werker in Mississippi,
skielik verdwyn het terwyl hulle kiesersregistrasie gereël het.

                               [Uit The Civil Rights Movement – Striving for Justice deur Tim McNeese]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                     GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                         11

BRON 3B

Die volgende bron is ŉ uittreksel uit ŉ artikel wat deur joernalis Jonathan Steele geskryf en
op die 18de Junie 1964 in The Guardian gepubliseer is. Jonathan Steele was ŉ lid van die
Vryheid Somer-veldtog in Mississippi in Junie 1964 toe drie van sy mede-aktiviste vermoor
is.

Die FBI was besig met ŉ landwye soektog na drie mans wat in Mississippi verdwyn het. ...
Die vermiste mans was drie vrywillige aktiviste wat swart mense gehelp het om op te staan
vir hul regte en te registreer om te stem in die diep Suide se mees gewelddadigste staat.
Hulle is op 21 Junie deur die adjunk-balju van Neshoba-distrik gearresteer, ŉ paar uur
aangehou en na donker vrygelaat. Twee dae later is hul uitgebrande stasiewa ontdek, maar
die mans was nêrens te vinde nie.

James Chaney, 21, was ŉ swart burger van Mississippi, Micky Schwerner, 24, was ŉ Joodse
aktivis van New York en Andrew Goodman, 20, was afkomstig uit ŉ hoër-middelklas New
York-familie. ... Ons het dadelik aangeneem dat hulle opgehang (tereggestel/vermoor) was,
as ŉ waarskuwing aan alle buite oproermakers (betogers). Mississippi se wetstoepassers
het ŉ onverrassende gebrek aan kommer oor die nuus getoon.

Die families van Goodman en Schwerner het aksie geëis. ... Lyndon Johnson is gedruk om
te wys hy is ŉ nasionale en nie net ŉ plaaslike politikus nie. Na ŉ paar weke het James
Jordan, ŉ lid van die Ku Klux Klan, besluit om ŉ federale getuie te word ... en het die FBI na
ŉ dam gelei waar die mans se liggame gevind is. ... Hy was op die toneel toe die moorde
plaasgevind het: ... Die polisiemanne het hulle een vir een geskiet.

Die Vryheid Somer-veldtog het ook ŉ groot stukrag gegee aan die aanvaarding van die Wet
op Stemreg van 1965, wat die meeste kunsmatige kwalifikasies vir registrasie verwyder het.

            [Uit https://spartacus-educational.com/USAfreedomS.htm. Toegang op 23 Februarie 2023 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                               GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                               (EC/JUNIE 2023)

 BRON 3C

 Die onderstaande bron is ŉ plakkaat wat die FBI op 29 Junie 1964 uitgereik het oor die
 verdwyning van die drie aktiviste van die Vryheid Somer-veldtog in Mississippi.

      [Uit Freedom Summer – The 1964 Struggle for Civil Rights in Mississippi deur Susan Goldman Rubin]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                      GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                         13

BRON 3D

Hierdie bron gee ŉ uiteensetting van die suksesse en uitdagings van die Vryheid Somer-
veldtog op Swart Amerikaners wat in die 1960's in die VSA gewoon het.

Amerikaners regoor die land was geskok oor die moord op burgerregtewerkers en die
brutaliteit wat hulle op hul televisies gesien het. Vryheid Somer-veldtog het die bewussyn
van miljoene mense verhoog oor die lot van Swart Amerikaners en die behoefte aan
verandering. Die swart inwoners van Mississippi het organiseringsvaardighede en politieke
ervaring opgedoen. Omstandighede het verander nadat die Wet op Stemreg van 1965 die
federale regering wettiglik bemagtig het om sy eie amptenare na plaaslike howe te stuur.

Teen die einde van 1966 het meer as die helfte Swart Amerikaners in die suidelike state
geregistreer om te stem. In die daaropvolgende jare is baie verkies tot plaaslike kantore
soos burgemeesters, skoolrade en polisiehoofde. Baie SNCC en CORE-personeel het
belangrike loopbane in die staatsdiens gevolg. John Lewis van SNCC is verkies tot die
Amerikaanse Kongres en Mary King van SNCC het beheer geneem oor die Peace Corps
en Vista onder president Carter.

Die weiering van die Amerikaanse regering om sy eie burgerregtewette af te dwing, het
diegene wat op federale ingryping gehoop het, ontnugter. ... Baie aktiviste was oortuig dat
tradisionele politiek nie basiese burgerregte sou verseker nie. Sommige nasionale leiers,
soos Malcolm X en Stokely Carmichael, het dus Swart Amerikaners begin aanspoor om hul
regte ‘op enige manier wat nodig is’ aan te gryp. Hierdie sentiment het gehelp om die Black
Power Movement en organisasies soos die Black Panthers te skep.

           [Uit https://www.wisconsinhistory.org/Records/Article/CS3707 Toegang op 30 Maart 2023 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                            GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                           (EC/JUNIE 2023)

ERKENNINGS

Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:

Behind the Berlin Wall by Patrick Major

Freedom Summer – The 1964 Struggle for Civil Rights in Mississippi by Susan Goldman
Rubin

https://alphahistory.com/coldwar/john-f-kennedys-address-berlin-crisis-1961

https://flashbak.com/berlin-wall-1961-1962-24115/

https://spartacus-educational.com/USAfreedomS.htm

https://www.jstor.org/stable/al.sff.document.nizap2c00283

https://www.wisconsinhistory.org/Records/Article/CS3707

Kennedy and the Berlin Wall by W. R. Smyser

The Civil Rights Movement – Striving for Justice by Tim McNeese

The Cuban Intervention in Angola, 1965–1991 by Edward George

The origins of the Angolan Civil War by Fernando Andresen Guimaraes

The State of Africa by Martin Meredith

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

## Related documents

- [HISTORY P2 GR12 MEMO JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-memo-june-2023-afrikaans/80707e45-fe8b-451f-924d-7d4379d803e2) — History · Memo · 2023 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-june-2023-afrikaans/4d89c999-c580-4ebe-ad32-ccdfbe675af1) — History · QP · 2023 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 MEMO SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-memo-sept-2023-afrikaans/baf3bd16-de95-470b-a321-e24be37ad22a) — History · Memo · 2023 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — History · Memo · 2024 · Afr
- [Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-addendum/4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995) — History · Addendum · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans)) 2015 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-2015-preparatory-examination-addendum/46d03045-1812-4e23-a4c5-7192a662e955) — History · Addendum · 2015 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 History P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-history-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5) — QP · 2024 · Afr
- [History P2 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2023-afr/1406231f-0475-4c85-8862-7a120bee5f2e) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
