# History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 Addendum (Afr)

> Grade 12 History Paper 1 addendum from the Eastern Cape Mock Exam 2020 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-adden-sept-2020-afrikaans/4031ddc1-2d71-4d0f-9a9e-4121460dc4f6
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Addendum
- Year: 2020
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 Addendum (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-adden-sept-2020-afrikaans/4031ddc1-2d71-4d0f-9a9e-4121460dc4f6)

## About this document

History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Addendum, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

         NASIONALE
     SENIOR SERTIFIKAAT

            GRAAD 12

      SEPTEMBER 2020

      GESKIEDENIS V1
        ADDENDUM

     Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                         (EC/SEPTEMBER 2020)

    VRAAG 1:      HOE HET DIE ONTPLOOING VAN MISSIELE NA KUBA TOT KOUE
                  OORLOG-SPANNING TUSSEN DIE SOWJETUNIE EN DIE
                  VERENIGDE STATE IN DIE 1960’s BYGEDRA?

    BRON 1A

    Hierdie bron is ŉ uittreksel uit ŉ Sowjet-verklaring oor ŉ potensiële Kubaanse aanval
    deur die Verenigde State (11 September 1962).

    Die regering van die USSR vind dit nodig om die aandag van die regerings van alle
    lande en die wêreldmening te vestig op die provokasies wat die Amerikaanse regering
    nou uitvoer; provokasies (uitlokkings) wat die wêreld tot die ramp van ŉ universele
    wêreldoorlog met die gebruik van kernwapens kan dompel. Oorlogsgesinde reaksionêre
    elemente van die Verenigde State voer al lankal ŉ ongebreidelde (onbeheerde)
    propagandaveldtog teen die Kubaanse republiek uit, waarin hulle vra vir ŉ aanval op
    Kuba, ŉ aanval op Sowjet-skepe wat die nodige goedere en voedsel aan die Kubaanse
    bevolking vervoer, in een woord, ŉ oproep vir oorlog.

    Die president van die Verenigde State het Kongres gevra om die oproep van 150,000
    reserviste aan die gewapende magte van die Verenigde State toe te laat ... So ŉ stap
    deur die Amerikaanse regering kan nie anders beoordeel word as ŉ skerm vir
    aggressiewe planne en voornemens van die Verenigde State opsigself en sal
    onvermydelik daartoe lei dat die internasionale atmosfeer vererger.

    ... Ons verberg nie vir die wêreldpubliek dat ons Kuba regtig voorsien van industriële
    toerusting en goedere wat bydra tot die versterking van haar ekonomie en die opheffing
    van die welsyn van die Kubaanse bevolking ... daar moet onthou word dat ŉ sekere
    hoeveelheid wapentuig ook van die Sowjetunie na Kuba gestuur word op versoek van
    die Kubaanse regering in aanleiding van die dreigemente deur aggressiewe
    imperialistiese groepe. Die Kubaanse staatsamptenare het die Sowjet-regering ook
    versoek om Sowjet-militêre spesialiste, tegnici wat die Kubane sou oplei in die hantering
    van die jongste wapens, aan Kuba te stuur, omdat die jongste wapens nou hoë
    vaardigheid en baie kennis vereis. Dit is net natuurlik dat Kuba nog nie sulke spesialiste
    het nie. Die bewapening en militêre toerusting wat na Kuba gestuur word, is uitsluitlik
    vir defensiewe doeleindes ontwerp en die president van die Verenigde State en die
    Amerikaanse weermag, net soos die weermag van enige land weet wat die
    verdedigingsmiddele is. Hoe kan hierdie middele die Verenigde State bedreig?

           [Uit http://www.mtholyoke.edu/acad/intrel/precrisis.htm. Toegang op 21 November 2019 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)             GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                          3

  BRON 1B

  Die volgende bron is ŉ kaart wat die VSA gepubliseer het om die impak van die missiele
  in Kuba aan te dui.

          [Uit https://www.gettyimages.com/photos/cuban-missile-crisis?mediatype=photography&phrase
                  =cuban%20missile%20crisis&sort=mostpopular. Toegang op 15 December 2019 verkry.]

                                                                                   KANADA
              KUBA                                  VSA

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                              GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                         (EC/SEPTEMBER 2020)

 BRON 1C

 Hierdie bron is ŉ uittreksel uit die toespraak van president John F. Kennedy aan die
 Amerikaanse nasie op radio en televisie oor die Sowjet-missiele in Kuba op 22 Oktober
 1962.

 Goeie naand, my medeburgers. Hierdie regering het, soos belowe, die noukeurige
 waarneming (toesig) van die opbou van die Sowjet-militêre op die eiland van Kuba vol
 gehou. Gedurende die afgelope week het onmiskenbare bewyse die feit bevestig dat ŉ
 reeks offensiewe missielterreine nou in aanbou op die omringde eiland is. Die doel van
 hierdie basisse is niks anders as om ŉ kern-aanvalsvermoë teen die Westelike Halfrond
 te bied.

 Die kenmerke van hierdie nuwe missielpersele dui op twee duidelik onderskeibare soorte
 installasies. Verskeie van hulle sluit in meduim-afstand ballistiese missiele wat in staat is
 om ŉ kernplofkop vir meer as 1 000 seemyl te kan vervoer. Kortom, elkeen van hierdie
 missiele is in staat om Washington, DC, die Panamakanaal, Kaap Canaveral, Mexikostad
 of enige ander stad in die suidoostelike deel van die Verenigde State, in Sentraal-
 Amerika of in die Karibiese gebied te tref.

 Om hierdie offensiewe opbou te stop, word ŉ streng kwarantyn (blokkade) op alle
 offensiewe militêre toerusting wat na Kuba gestuur word, begin. Alle skepe van enige
 aard wat na Kuba moet reis, van watter land of hawe ook al, as dit gevind word dat daar
 vragte van offensiewe wapens is, sal moet teruggedraai word. ... Ons ontken egter tans
 nie teen hierdie tyd, die lewensnoodsaaklikhede soos die Russe in hul Berlynse-blokkade
 van 1948 probeer doen het nie.

                        [Uit https://spartacus-educational.com. Toegang op 16 Desember 2019 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)               GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                             5

 BRON 1D

 Hierdie bron is ŉ vertaling van 'n telegram van Khrushchev na Kennedy wat op
 26 Oktober 1962 van die ambassade in die Sowjetunie aan die Staatsdepartement,
 Moskou gestuur is.

 Laat ons dus staatsmanagtige wysheid toon. Ek stel voor dat ons, van ons kant, sal
 verklaar dat ons skepe, wat na Kuba op pad is, geen wapens het nie. Jy sal verklaar dat
 die Verenigde State Kuba nie sal binneval nie met sy magte of enige ander magte sal
 ondersteun wat van plan is om ŉ inval van Kuba uit te voer nie. Dan sal die
 noodsaaklikheid vir die teenwoordigheid van ons militêre spesialiste in Kuba verdwyn.

 Meneer die president, ek doen ŉ beroep op jou om goed op te weeg wat die aggressiewe,
 seerowery optrede, wat jy verklaar die VSA in internasionale waters gaan uitvoer, na kan
 lei. Jy weet self dat ŉ verstandige man eenvoudig nie hiermee kan saamstem, en nie jou
 reg tot sulke optrede kan erken nie.

 As jy dit gedoen het as die eerste stap in die rigting van die ontketening van oorlog, dan
 is dit duidelik dat daar niks anders aan ons oorbly as om hierdie uitdaging van jou te
 aanvaar nie. As jy egter nie jou selfbeheersing verloor het nie en verstandig kan dink
 waartoe dit kan lei, dan, meneer die president, sal ons en julle nie nou aan die eindpunte
 van die tou trek waar jy die oorlogsknoop vasgemaak het nie, want hoe meer ons twee
 trek, hoe stywer word die knoop vasgemaak.

 En ŉ oomblik mag kom wanneer daardie knoop so styf vasgemaak is dat selfs hy wat dit
 vasgemaak het, nie die krag sal het om dit los te maak nie, en dit sal dan nodig wees om
 daardie knoop te sny. En wat dit sou beteken, is nie vir my om aan jou te verduidelik nie,
 want jy verstaan self heeltemal oor watter verskriklike magte ons lande beskik.

 Gevolglik, as daar geen voorneme is om die knoop stywer te trek en sodoende die wêreld
 tot die ramp van kernoorlog te bring nie, laat ons dan nie net die magte wat aan die ente
 van die tou trek, verslap nie, laat ons dan maatreëls tref om die knoop los te maak. Ons
 is gereed daarvoor.

         [Uit https://microsites.jfklibrary.org/cmc/oct26/doc4.html. Toegang op 16 Desember 2019 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                  GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                          (EC/SEPTEMBER 2020)

    VRAAG 2:      WAAROM HET BUITELANDSE MOONDHEDE BY DIE ANGOLESE
                  ONAFHANKLIKHEIDSOORLOG BETROKKE GERAAK?

    BRON 2A

    Hierdie bron verduidelik die magstryd wat ontstaan het nadat Angola in 1974 onafhanklik
    geword het.

    Drie belangrike militêre bewegings het sedert die 1960’s vir Angolese onafhanklikheid
    geveg. Die Populêre Beweging vir die Bevryding van Angola (MPLA) was ŉ Marxistiese
    organisasie gestasioneer in die hoofstad, Luanda en was deur Agostinho Neto gelei.
    Die Nasionale Front vir die Bevryding van Angola (FNLA), gelei deur Holden Roberto,
    was in die noorde van die land gevestig en het sterk bande met die Amerikaanse
    bondgenoot (vriend), Mobutu Sese Seko, in die naburige Zaïre gehad. Die Nasionale
    Unie vir die Totale Onafhanklikheid van Angola (UNITA), ŉ afstammeling van die FNLA,
    is deur Jonas Savimbi gelei en ondersteun deur die land se grootste etniese groep, die
    Ovimbundu.
    Na die Portugese staatsgreep (rewolusie) het hierdie drie rewolusionêres in Januarie
    1975 met verteenwoordigers van die nuwe Portugese regering vergader en die Alvor-
    ooreenkoms onderteken wat Angolese onafhanklikheid toegeken het en voorsiening vir
    drieledige magsdeling gemaak het. Vertroue het egter vinnig onder die drie groepe
    verbrokkel, en die land het in ŉ burgeroorlog ontketen (geval), namate elkeen vir totale
    mag meegeding het.
    Die krisis in Angola het ontwikkel tot ŉ Koue Oorlog slagveld, namate die
    supermoondhede en hul bondgenote militêre hulp aan hul voorkeur-kliënte verleen het.
    Die Verenigde State het hulp en opleiding vir sowel die FNLA as UNITA verskaf, terwyl
    troepe uit Zaïre, Holden Roberto en sy vegters bygestaan het. China het ook militêre
    instrukteurs gestuur om die FNLA op te lei. Gedurende die somer van 1975 kon die
    Sowjet-ondersteunde MPLA die mag in Luanda konsolideer en die VSA-ondersteunde
    FNLA uit die hoofstad verdryf, maar die FNLA het voortgegaan om aan te val.

             [Uit https://history.state.gov/milestones/1969-1976/angola. Toegang op 05 April 2020 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)               GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                               7

 BRON 2B

 Die onderstaande bron gee ŉ uiteensetting van die redes vir Suid-Afrika se betrokkenheid
 in Angola gedurende die 1970's.

 Die eerste Suid Afrikaanse ingryping in Angola blyk te wees as gevolg van die behoefte
 om sy eie belange te beveilig en te beskerm. Die regering was op daardie tydstip erg
 anti-kommunisties, aangesien die idee van die ‘totale nasionale strategie’ teen die ‘totale
 aanslag’ van kommunisme die allesomvattende faktor geword het wat die buitelandse
 beleid bepaal het. Suid Afrika se detente-politiek teenoor Afrika op hierdie tydstip was
 redelik suksesvol gevoer voor die Angolese ingryping om buffersones te stig wat Suid-
 Afrika hopelik teen die toenemende kommunistiese bedreiging sou beskerm. Boonop het
 SA toenemend bekommerd geraak oor hierdie moontlike bedreiging namate die USSR
 en Kuba hul steun aan die MPLA ná die staatsgreep in Portugal in 1974 uitgebrei het.
 Die konsentrasie SWAPO-rebelle aan die grens van die suide van Angola het SA se
 belange in SWA ook in gevaar gestel, aangesien SWAPO een van die grootste Afrika-
 bondgenote van die MPLA was. Beide die MPLA en SWAPO is tydens die Koue Oorlog
 as Sowjet-gevolmagtigdes beskou.

 Boonop is SA deur sommige in die internasionale gemeenskap onder druk geplaas om
 vir die eerste keer in Angola betrokke te raak. Die VSA, net soos SA was ook sterk anti-
 kommunisties en het SA se aanvanklike betrokkenheid tot ŉ sekere mate ondersteun.
 Frankryk het ook bekommernisse gehad. SA het ook sy beperkte aanvanklike
 betrokkenheid gesien as ŉ geleentheid om ŉ minder vyandige regering in Angola te
 vestig as wat reeds in Mosambiek gevestig was. Die FNLA, UNITA en verskeie Afrika en
 internasionale rolspelers soos Zaïre en selfs Zambië het soortgelyke versoeke gerig.
 Suid-Afrika het besluit dat dit in sy eie, sowel as die beste belang van die streek sou
 wees om in die Angolese konflik in te gryp.

                       [Uit Suid-Afrika se ingryping in Angola: Voor Cuito Cuanavale en daarna lêer: /// E:
                           /Angola%202/labuschagne_south_2009.pdf. Toegang op 05 April 2020 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                           (EC/SEPTEMBER 2020)

    BRON 2C

    Die onderstaande uittreksel dui aan hoe die Verenigde State van Amerika UNITA
    tydens die Angolese burgeroorlog ondersteun het.

    Die Sentrale Intelligensie-agentskap (CIA) het sy eerste wapenbesending na die FNLA
    in Julie 1975 gestuur. Dus, het die VSA net soos die Russe en Chinese, hulp aan een
    kant van die Angolese burgeroorlog verleen op ŉ veel groter skaal as wat hulle ooit
    tevore gedurende die stryd teen Portugese kolonialisme voorsien het.

    Die Verenigde State was tot ŉ duidelike (merkbare) mate direk betrokke by die
    burgeroorlog. Benewens die opleiding van Angolese gevegseenhede, het Amerikaanse
    personeel aansienlike vlugte tussen Zaïre en die Kongo onderneem om verkennings-
    en toevoermissies uit te voer, en die CIA het meer as ŉ miljoen dollar aan ŉ ambisieuse
    huursoldaatprogram bestee. Verskeie berigte het in die Amerikaanse pers verskyn wat
    verklaar dat baie Amerikaanse guerrillas – van tellings tot 300, in Angola geveg het teen
    die MPLA en dat baie ander in die Verenigde State gewerf en opgelei was om by hulle
    aan te sluit. Maar John Stockwell, die hoof van die CIA se Angola-taakmag, stel die
    aantal Amerikaanse huursoldate wat Angola bereik het, op slegs 24. Die CIA het ook
    die bewapening van Britse huursoldate (wat in Angola geveg het) direk gefinansier.

    Vervolgens het die Staatssekretaris, Henry Kissinger, die senaat ingelig dat 'die CIA nie
    betrokke is by die werwing van huursoldate vir Angola nie. ... Deur gewerfde joernaliste
    wat die belangrikste nuusagentskappe verteenwoordig het, kon die agentskap (CIA)
    internasionale dekking van vals berigte vir Sowjet-adviseurs in Angola ontwikkel. Een
    CIA-verhaal, wat deur UNITA aan die pers bekend gemaak was, was dat 20 Russe en
    35 Kubane in gevange geneem was. ŉ Ander aanmaking (leuen) het betrekking gehad
    op beweerde verkragtings wat deur Kubaanse soldate in Angola gepleeg was; dit is
    uitgebrei om hul inhegtenisneming, verhoor en teregstelling in te sluit ...

                [Uit http://williamblum.org/chapters/killing-hope/angola. Toegang op 7 Maart 2020 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)               GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                             9

  BRON 2D

  Hierdie plakkaat beeld president Agostinho Neto en Fidel Castro uit na die Angolese
  onafhanklikheidsvieringe.

      [Uit https://mrdivis.wordpress.com/2016/12/02/remembering-fidel-castros-impact-in-southern-africa/.
                                                                      Toegang op 7 Maart 2020 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                          (EC/SEPTEMBER 2020)

  VRAAG 3:      WAT WAS DIE IMPAK VAN SWARTMAGBEWEGING OP AFRO-
                AMERIKANERS IN DIE 1960’s?

  BRON 3A

  Die onderstaande uittreksel skets Stokely Carmichael se verduideliking rakende die
  filosofie van Swart mag

  Die Swartmagbeweging het ontstaan uit die Burgerregtebeweging wat deur die 1950’s
  en 1960’s voortdurend momentum gekry het. Alhoewel dit nie ŉ formele beweging was
  nie, was die Swartmagbeweging ŉ keerpunt in swart-wit-betrekkinge in die Verenigde
  State en in hoe swartes na hulself gekyk het. Die beweging was deur sommige beskou
  as 'n positiewe en proaktiewe mag wat swartes gehelp het om volle gelykheid met
  blankes te bewerkstellig, maar dit was deur ander uitgejou (gehaat) as ŉ militante, soms
  gewelddadige faksie, wie se primêre doel dit was om ŉ wig (verdeling) tussen blankes
  en swartes te skep. In werklikheid was die Swartmagbeweging ŉ ingewikkelde
  gebeurtenis wat plaasgevind het in ŉ tyd toe die samelewing en kultuur in die Verenigde
  State getransformeer was, en die nalatenskap daarvan weerspieël die ingewikkelheid.

  Swartes het nog steeds laer lone as blankes, hoër misdaadsyfers in hul woonbuurte en
  onuitgesproke, maar waarneembare rassediskriminasie beleef. Veral jong swartes het
  die Burgerregtebeweging as te hoofstroom gesien om werklike sosiale verandering te
  bewerkstellig. Wat hulle wou hê, was iets wat die proses sou bespoedig (versnel) en
  swartes dieselfde geleenthede sou gee as blankes, nie net sosiaal nie, maar ook
  ekonomies en polities. Miskien belangriker, hulle het gevoel dat die
  burgerregtebeweging meer op wit persepsies van burgerregte gegrond was as op swart
  persepsies.

  Teen die middel van die sestigerjare het ontevredenheid met die tempo van verandering
  onder swartes gegroei. Die term ‘swart mag’ het al sedert die vyftigerjare bestaan, maar
  dit was Stokely Carmichael, hoof van die Studente Nie-gewelddadige
  Koördineringskommitee (SNCC), wat die term in 1966 populêr gemaak het.

                          [Uit http://www.encyclopedia.com/social-sciences-and-law/sociology-and-social-
                     reform/socialreform/black-power-movement. Toegang op 18 November 2019 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)               GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                          11

 BRON 3B

 Die onderstaande bron gee ŉ uiteensetting van die redes waarom die Black Panther-
 party hul ontbytprogram geloods het.

 In 1969 het ŉ groep kinders gaan sit vir ŉ gratis ontbyt net voor die skool begin het. Op
 die spyskaart: sjokolademelk, eiers, vleis, graan en vars lemoene. Die toneel sou nie
 onvanpas in ŉ hedendaagse skoolkafeteria wees nie, maar die federale regering het nie
 die voedsel voorsien nie. In plaas daarvan was ontbyt danksy die Black Panther-party
 bedien.

 Destyds was die militante Swart Nasionalistiese party in die nuusmedia gekritiseer en
 gevrees deur diegene wat geïntimideer was deur die boodskap van swart mag en sy
 verbintenis tot die beëindiging van polisie-brutaliteit en onderdanigheid (onderdrukking)
 van swart Amerikaners. Maar vir studente wat ontbyt eet, was die politiek van die Black
 Panthers minder interessant as die maaltye wat hulle voorsien het.

 ‘Die kinders, van wie baie nooit ontbyt geëet het voordat die Panthers met hul program
 begin het nie,’ het die verslaggewer van die The Sun geskryf “het gedink die Panthers
 is ‘aangenaam’ en ‘baie gaaf’ om dit vir hulle te doen.

 Die program was moontlik ‘aangenaam’, maar die doel daarvan was om revolusie aan te
 wakker deur swart mense se oorlewing aan te moedig. Vanaf 1969 tot in die vroeë 1970’s
 het die Black Panthers se Gratis Ontbyt vir Skoolkinders-program tienduisende honger
 kinders gevoed. ... skoolbeamptes het onmiddellik resultate gerapporteer by kinders wat
 voor skool gratis ontbyt geëet het. “Die skoolhoof het afgekom en ons vertel hoe
 verskillend die kinders was.” Ruth Beckford, ŉ gemeentelid wat met die program gehelp
 het, het later gesê, “hulle het nie in die klas aan die slaap geraak nie, hulle het nie met
 maagkrampe gehuil nie.” … Voedsel was nie die enigste deel van die BPP se sosiale
 programme nie; hulle het uitgebrei om alles van gratis mediese klinieke tot
 gemeenskapsambulansdienste en regsklinieke te dek.

  [Uit //www.hist.com/news/free-school-breakfast-black-panther-party. Toegang op 07 Maart 2020 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                              GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                         (EC/SEPTEMBER 2020)

  BRON 3C

  Hierdie foto toon lede van die Philadelphia Black Panthers-organisasie wat help om
  ontbyt aan kinders te bedien.

                [Uit https://www.cbsnews.com/pictures/inside-the-black-panthers-photographer-stephen-
                                                  shames/16/. Toegang op 21 November 2019 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)              GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                        13

 BRON 3D

 Die onderstaande bron is ŉ uittreksel uit ŉ artikel geskryf deur Mary Philips genaamd
 Power of the First-person narrative: Ericka Huggins and the Black Panther Party.

 Ericka Huggins, gebore Ericka Cozette Jenkins op 5 Januarie 1948 in Washington, DC,
 het in 1967 by die BPP in Los Angeles aangesluit. As universiteitstudent aan die Lincoln
 University in Pennsylvania, was sy betrokke by die Black Student Congress (BSC), ŉ
 kampus-organisasie, ondanks die feit dat die BSC teen vroulike lidmaatskap gekant was:
 ‘Hulle het nie gewaardeer dat vroue by die Black Student Congress kon aansluit soos dit
 destyds genoem was nie, maar hulle het my wel toegelaat”. Op universiteit het sy ŉ
 Ramparts-tydskrifartikel gelees op aanklagte teen Huey P. Newton vir die moord op 'n
 polisiebeampte in Oakland.

 Ontroerd deur die onmenslike behandeling van Newton ná sy inhegtenisneming, het
 Huggins melding gemaak van die ‘prentjie’ in die Ramparts-tydskrifartikel wat Huey
 uitgebeeld het sonder ŉ hemp wat aan die hospitaal draagbaar vasgemaak was met 'n
 koeëlwond in sy maag. Die wit polisiebeampte het klaarblyklik die kamera bewaak.
 Geïnspireer deur die beeld en die verhaal het sy en haar minnaar, John Huggins, besluit
 om die skool te verlaat, na Kalifornië te verhuis en by die BPP aan te sluit. Sy is later met
 Huggins getroud en hulle het ŉ dogter, Mai, gehad.

 In die BPP het Ericka Huggins in baie hoedanighede gedien, insluitende as redakteur
 van die BPP-koerant, The Black Panther, ook bekend as The Black Panther
 Intercommunal News Service. Toe haar man deur COINTELPRO-agente vermoor was,
 het Huggins na haar tuisdorp verhuis en ŉ BPP-tak in New Haven, Connecticut, geopen.
 Na haar inhegtenisneming, verhoor en vrylating in 1971, het sy gedien as direkteur van
 die BPP se Oakland Community School (OCS), en na die daaglikse bedrywighede
 omgesien vanaf 1973 tot 1981. Sy was die medeskrywer van die kurrikulum sowel as die
 toelaes vir die skool, benewens die toesig en bestuur van personeellede. Terwyl sy as
 direkteur gedien het, het sy deur die land gereis en aanbiedings oor die pedagogiek van
 die skool gelewer.

                  [Uit https://www.erickahuggins.com/resources. Toegang op 21 November 2019 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                            GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                 (EC/SEPTEMBER 2020)

ERKENNINGS

Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende verkry:

http://www.mtholyoke.edu/acad/intrel/precrisis.htm

https://www.gettyimages.com/photos/cuban-missile-
crisis?mediatype=photography&phrase =cuban%20missile%20crisis&sort=mostpopula

https://spartacus-educational.com.

https://microsites.jfklibrary.org/cmc/oct26/doc4.html

https://history.state.gov/milestones/1969-1976/angola

Suid-Afrika se ingryping in Angola: Voor Cuito Cuanavale en daarna lêer: /// E:
/Angola%202/labuschagne_south_2009.pdf.

http://williamblum.org/chapters/killing-hope/angola

https://mrdivis.wordpress.com/2016/12/02/remembering-fidel-castros-impact-in-
southern-africa/.

http://www.encyclopedia.com/social-sciences-and-law/sociology-and-social-
reform/socialreform/black-power-movement

www.hist.com/news/free-school-breakfast-black-panther-party.

https://www.cbsnews.com/pictures/inside-the-black-panthers-photographer-stephen-
shames/16/.

https://www.erickahuggins.com/resources

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [HISTORY P1 GR12 MEMO SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-memo-sept-2023-afrikaans/baf3bd16-de95-470b-a321-e24be37ad22a) — History · Memo · 2023 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 MEMO SEPT 2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-memo-sept-2021-afrikaans/9c3a8ce8-f3a0-4016-a58e-194db060028c) — History · Memo · 2021 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/b9dc10fb-ad07-4300-abc2-a509afb2c30f) — History · QP · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-addendum/4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995) — History · Addendum · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans)) 2015 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-2015-preparatory-examination-addendum/46d03045-1812-4e23-a4c5-7192a662e955) — History · Addendum · 2015 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 ADDEN SEPT2021 XHOSA D](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-adden-sept2021-xhosa-d/4bbeb586-4f86-452f-89fb-d02e54f4905d) — History · Addendum · 2021

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 History P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-history-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
