# History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 Addendum (Afr)

> Grade 12 History Paper 1 addendum from the Eastern Cape Mock Exam 2022 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-adden-sept-2022-afrikaans/5e1e69c1-f886-4997-a96b-69de503230a6
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Addendum
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 Addendum (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-adden-sept-2022-afrikaans/5e1e69c1-f886-4997-a96b-69de503230a6)

## About this document

History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Addendum, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

           NASIONALE
       SENIOR SERTIFIKAAT

               GRAAD 12

        SEPTEMBER 2022

         GESKIEDENIS V1
           ADDENDUM

  Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                             GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                      (EC/SEPTEMBER 2022)

VRAAG 1:       HOE HET DIE GEALLIEERDE MAGTE OP DIE SOWJET-BLOKKADE
               VAN BERLYN IN 1948 GEREAGEER?

BRON 1A

Die volgende bron beskryf die ekonomiese toestande in Berlyn na die Tweede
Wêreldoorlog.

Soos die res van Duitsland het Berlyn groot skade gely. Behuisingsruimte is ernstig
verminder. Sowat 70 persent is beskadig, maar kon steeds skuiling bied. Slegs 43 persent
van die werkplekke in Berlyn het oorleef. Hospitaalbeddens is van 33 000 tot 8 500
verminder. Nie een van Berlyn se sewe-en-tagtig rioolstelsels het gefunksioneer nie, so
siektes soos tifus en disenterie het vinnig versprei, ŉ situasie wat vererger was deur die
tekort aan dokters.

Die voedselstelsel was ook van kritieke belang. Berlyn kon slegs 2 persent van wat benodig
was, produseer. Slegs die invoer van voedsel uit die Sowjet-besettingsone het
hongersnood voorkom. Die Sowjetunie het geweier om Westerse troepe vir twee maande
in Berlyn toe te laat ná die stad se oorgawe op 7 Mei 1945. Gedurende daardie agt weke
was Berlyn en die Berlyners aan wrede behandeling deur die Sowjetleër onderwerp.

In die verwarring om die oorlog te beëindig, die onderhandeling van hoe die naoorlogse
Europa daarna sou uitsien en die vasstelling van die besetting, het die Geallieerde
beplanners ŉ beduidende detail oor die hoof gesien: geen formele ooreenkoms het
Westerse toegang deur oppervlakvervoer gewaarborg nie. Geleenthede om toegang te
onderhandel, het hulself tussen 1944 en 1946 voorgekom, maar ander sake het voorkeur
geniet. Daar is aanvaar dat die teenwoordigheid van die Westerse garnisoene toegang
gewaarborg het; dat die Weste altyd met die Sowjetunie oor die weg kon kom en dus geen
rede vir skriftelike waarborge was nie. Die gebrek aan ŉ formele ooreenkoms het die
Sowjetunie in staat gestel om te beweer dat die Geallieerdes slegs met die spesiale
toestemming van die Sowjetunie in Berlyn was, nie as gevolg van hul regte as oorwinnaars
nie, en dat hierdie spesiale toestemming teruggetrek kon word.

                                     [Uit The Making of the Modern World deur Christopher Condon]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                  GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                              3

BRON 1B

Die onderstaande bron beskryf die redes waarom Rusland besluit het om toegang na
Berlyn in 1948 te blokkeer.

In 1947 was daar groot verskuiwings in besettingsbeleid in Duitsland. Op 1 Januarie het
die Verenigde State en die Verenigde Koninkryk hul onderskeie sones verenig en Bizonia
gevorm, wat spanning tussen die Ooste en die Weste laat toeneem het. In Maart het die
ineenstorting van die Moskou-konferensie van Buitelandse Ministers en die aankondiging
van die Truman Doktrine gedien om die lyne van ŉ toenemend bipolêre (twee-ledige)
internasionale orde te verhard. In Junie het die Minister van Buitelandse Sake, George
Marshall, die Europese Herstelprogram aangekondig. Die doel van die Marshall-plan –
soos die program genoem is – was nie net om ekonomiese herstel in Wes-Europa te
ondersteun nie, maar ook om – buffer teen kommunisme te skep deur deelnemende state
in die Verenigde State se ekonomiese wentelbaan te trek.

Vroeg in 1948 het die Verenigde State, die Verenigde Koninkryk en Frankryk in die geheim
begin beplan vir die skepping van ŉ nuwe Duitse staat wat uit die Westerse Geallieerdes
besettingsones sou bestaan. In Maart, toe die Sowjetunie hierdie planne ontdek het, het
hulle hulle aan die Geallieerde Beheerraad onttrek, wat sedert die einde van die oorlog
gereeld vergader het om besettingsbeleid tussen sones te koördineer. In Junie, sonder
om die Sowjetunie in te lig, het Amerikaanse en Britse beleidmakers die nuwe
Deutschmark aan Bizonia en Wes-Berlyn bekendgestel. Die doel van die
valutahervorming was om ekonomiese beheer van die stad van die Sowjetunie oor te
neem, om die implementering van die Marshall-planhulp moontlik te maak en die stad se
swartmark te bekamp. Sowjet-owerhede het met soortgelyke skuiwe in hul sone
gereageer. Benewens die uitreiking van hul eie geldeenheid, die Ostmark, het die
Sowjetunie alle groot pad-, spoor- en kanaalroetes na Wes-Berlyn geblokkeer en
sodoende dit van elektrisiteit ontneem asook van ŉ bestendige vloei van noodsaaklike
voedsel en steenkool.

        [Uit https://history.state.gov/milestones/1945-1952/berlin-airlift. Toegang op 15 April 2022 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                              GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                         (EC/SEPTEMBER 2022)

BRON 1C

Die onderstaande bron verduidelik hoe die Geallieerde Magte op die Russiese Blokkade
van Berlyn in 1948, gereageer het.

Die Geallieerdes het verskeie opsies gehad om die Berlynse blokkade te konfronteer. Hulle
kon probeer om toevoerroetes op die grond oop te maak, of hulle kon Berlyn uit die lug
voorsien. Die eerste instink van genl. Lucius D. Clay, Amerikaanse militêre goewerneur,
was om voor te stel dat ŉ Amerikaanse gepantserde kolom onmiddellik op die pad na Berlyn
geplaas word. Die ... VSA het dit goedgekeur met die bepaling dat die gepantserde kolom
nie sou probeer om sy pad oop te veg as die Russe nie in sou gee nie. Clay het geweier
om onder daardie omstandighede voort te gaan. In die lig van die beperkte grondopsies
was daar geen ander opsie as om Berlyn per lug te voorsien.

Die Geallieerdes het in Julie begin met die vermoë om meer as 2 000 ton per dag te lewer
en het die veldtog voltooi met die vermoë om 6 000 tot 7 000 ton per dag te vervoer.
Geallieerde vliegtuie moes Berlyn voorsien van nie net genoeg kos en voorrade om die
blokkade te oorleef nie, maar genoeg kos en voorrade om as ŉ gemeenskap te floreer.
Berlyn het voldoende voorrade byderhand gehad om vir ongeveer 30 dae te duur.

Teen die begin van 1949 het vervoervliegtuie vanaf agt vertrek-vliegvelde na drie aankoms-
vliegvelde gewerk. Die noue korridors in en uit Berlyn, tesame met beperkte lugruim oor die
stad en die vasgestelde opritruimte op die drie Berlynse vliegvelde, het ŉ vereiste geplaas
om elke gleuf met presisie te gebruik ... Generaal Tunner se deurlopende vloei was op ŉ
drie-minuut vertrek interval gebaseer. Dit het uitgeloop op 480 landings in ŉ 24-uur dag by
elk van die drie Berlynse vliegvelde.

                 [Uit http://www.jstor.com/stable/resrep13825.9. Toegang op 21 November 2021 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                   GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                         5

BRON 1D

Hierdie foto wat in 1948 geneem is, toon ŉ Amerikaanse vervoervliegtuig wat voorrade
vervoer en op die punt is om by Tempelhof-lughawe, Wes-Berlyn, te land.

                      [Uit The Oxford Illustrated History of Modern Europe, geredigeer deur TCW Blanning]

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                              GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                           (EC/SEPTEMBER 2022)

VRAAG 2:       WAAROM IS DIE SLAG VAN CUITO CUANAVALE AS ’N KEERPUNT
               IN DIE GESKIEDENIS VAN SUIDER-AFRIKA BESKOU?

BRON 2A

Die volgende bron verduidelik hoe die Slag van Cuito Cuanavale in 1987 ontvou het.

In Augustus 1987 het Angolese en Kubaanse taakmagte onder ŉ Russiese bevelvoerder
ŉ grootskaalse aanval op UNITA begin. Die Suid-Afrikaanse troepe wat tot die redding
gehaas is, het vir die eerste keer sedert die Tweede Wêreldoorlog van tenks gebruik
gemaak. Die gevegte wat noord van Mavinga gewoed het, is bekend as die grootste stryd
tot op datum in Afrika suid van die Sahara. Die Suid-Afrikaners, ondersteun deur UNITA,
het die Angolese se opmars op die Lombarivier gestop en hulle teruggedryf na Cuito
Cuanavale, waar die Angolese soldate ingegrawe en hardnekkig weerstand gebied het.

Hulle het ook toenemende steun van hul lugmag begin kry terwyl die Suid-Afrikaanse
lugmag beheer oor die lug begin verloor het. Die hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag
(SAW) het gedink dat Cuito Cuanavale geneem (oorwin) kan word, maar dat dit die lewens
van ongeveer 300 wit soldate sowel as ŉ groot aantal swart soldate van die Suidwes-
Afrikaanse Territoriale Mag en UNITA sou kos. So ŉ prys is as te hoog beskou en daar is
besluit om Cuito Cuanavale in Angolese besit te laat ...

Cuito Cuanavale was ŉ keerpunt in die geskiedenis van Suider-Afrika. Die skaakmat daar
het daartoe gelei dat alle partye weer gedink het. Dit was vir almal duidelik dat die
oorwinning nie in sig was nie en dat die voortsetting van die oorlog tot voortdurende groter
verliese sou lei. Suid-Afrika het dit al hoe moeiliker gevind om die enorme (groot) koste
van die oorlog in Angola te regverdig, wat meer as R1 miljoen per dag beloop het. Bowenal
het die verlengingslys van jong mans wat in Angola gesterf het en die toenemende
militarisering van Suid-Afrika, teenstand ontlok. Terselfdertyd het Angola gesmag
(verlang) na vrede sodat haar oorlogbeskadigde ekonomie, infrastruktuur en
menseverhoudinge herstel kan word.

                           [Uit South Africa in the 20th Century deur BJ Liebenberg en SB Spies (eds.]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                          7

 BRON 2B

 Die onderstaande uittreksel was geneem uit ŉ toespraak deur Fidel Castro (leier van
 Kuba) by ŉ saamtrek wat op 5 Desember 1988 deur duisende mense in Havana
 bygewoon is. Castro het die betrokkenheid van Kubaanse troepe in die Slag van Cuito
 Cuanavale verdedig.

 Die Angolese regering het ons (Kuba) die verantwoordelikheid gegee om Cuito Cuanavale
 te verdedig, en alle nodige maatreëls is getref om nie net die Suid-Afrikaners te keer nie,
 maar om Cuito Cuanavale in ŉ lokval te omskep, ŉ lokval waarin die Suid-Afrikaners
 gehardloop het. In Cuito Cuanavale het die Suid-Afrikaanse weermag regtig hul tande
 gebreek (sy mag verloor) ...

 Die Verenigde State het al ŉ geruime tyd met Angola vergader en hulself as bemiddelaars
 (onderhandelaars) tussen die Angolese en die Suid-Afrikaners voorgehou om ŉ
 vreedsame oplossing te soek, en so het die jare verbygegaan. Maar terwyl hierdie
 veronderstelde onderhandelinge met die Verenigde State as tussengangers
 (onderhandelaars) plaasgevind het, het die Suid-Afrikaners ingegryp en probeer om die
 Angolese situasie militêr op te los, en miskien sou hulle dit bereik het as dit nie vir die
 moeite was wat ons land (Kuba) gedoen het nie. Trouens, die verhouding van magte het
 radikaal verander. Die Suid-Afrikaners het ŉ verpletterende nederlaag in Cuito Cuanavale
 gely en die ergste deel vir hulle was nog op pad ...

 Daar is oomblikke wanneer moeilike en bitter besluite geneem moet word, en toe daardie
 oomblik aanbreek, het ons party en ons gewapende magte nie vir ŉ oomblik gehuiwer nie.
 Ek glo dit het gehelp om ŉ politieke ramp, ŉ militêre ramp vir Angola, vir Afrika en vir alle
 progressiewe magte te voorkom. Ek glo dat ons optrede die vooruitsigte vir vrede wat nou
 in die streek voorkom, beslissend ŉ hupstoot gegee het.

      [Uit In Defence of Socialism: Four Speeches on the 30th Anniversary of the Cuban Revolution deur F
                                                                                                   Cast]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                             GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                          (EC/SEPTEMBER 2022)

BRON 2C

Die onderstaande bron is ŉ artikel wat deur Ronnie Kasrils, voormalige adjunkminister van
Verdediging geskryf was oor die impak van die Slag van Cuito Cuanavale op Namibië en
Suid-Afrika.

Die sentrale kwessie was die VN se Resolusie 435 van 1978, wat ŉ einde aan die Suid-
Afrikaanse besetting van Namibië en die land se onafhanklikheid geëis het. Suid-
Afrikaanse en Kubaanse militêre onttrekking uit Angola was hieraan gekoppel. Dit is
geskiedenis dat die laaste SAW-soldaat Angola aan die einde van Augustus 1988 verlaat
het en dat Namibië in Maart 1990 onafhanklik geword het. Die apartheid minister van
Buitelandse Sake, Pik Botha, het probeer om Resolusie 435 te verander en beweer dat
die SAW hom slegs uit Angola sou onttrek, ‘indien Rusland en sy gevolmagtigdes
dieselfde sou doen’.

In Maart 1988 het Pretoria slegs aangebied om uit Namibië te onttrek – nie uit Namibië –
inruil vir die onttrekking van Kubaanse magte uit Angola. Die implikasie was dat Suid-
Afrika geen werklike bedoeling gehad het om die gebied prys te gee nie. Hulle het dit egter
gedoen, iets wat hulle nog nooit oorweeg het voor die finale onsuksesvolle poging om
Cuito Cuanavale oor te neem nie. Dit getuig dat mislukking daar, gevolg deur die
Kubaanse-Angolese offensief suidwaarts, die strategiese situasie beslissend verander
het, die opkoms van Pretoria se valke gebreek het en nie net tot Namibiese
onafhanklikheid gelei het nie, maar ook tot die finale proses van demokratiese verandering
in Suid-Afrika self.

Met so ŉ nederlaag het die SAW sy invloed en aansien verloor. Ek sou argumenteer dat
dit bygedra het tot die dramatiese verskuiwing in benadering vanaf die aggressiewe
militaris PW Botha na FW de Klerk. Die sukses van die onderhandelinge tussen die
apartheidsregime en die ANC het gevolg, wat tot ŉ demokratiese Suid-Afrika gelei het.
Vanaf die 1960’s het die SAW die apartheidsregime se strategie gedien om die
sogenaamde Frontliniestate te destabiliseer. By Cuito Cuanavale, 25 jaar gelede, het dit
tot ŉ einde gekom.

                               [Uit South Africa in the 20th Century deur BJ Liebenberg en SB Spies]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                         9

BRON 2D

Die onderstaande foto beeld Sam Nujoma en FW de Klerk wat hande skud tydens die
onafhanklikheidsfeesvieringe van Namibië in Maart 1990.

           [Uit https://www.bbc.com/news/world-africa-13891138. Toegang op 22 Februarie 2022 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                          (EC/SEPTEMBER 2022)

 VRAAG 3:       WATTER ROL HET MARTIN LUTHER KING JNR. GESPEEL IN DIE
                BEËINDIGING VAN RASSESEGREGASIE EN DISKRIMINASIE IN DIE
                VSA IN DIE 1960’s?

 BRON 3A

 Die volgende bron verduidelik hoe die Montgomery-busboikotte Martin Luther King Jnr.
 in 1955 in ŉ leierskapsposisie van die Burgerregtebeweging aangedryf het.

 Teen die einde van 1955, het King hom te midde van die stryd om burgerregte in die
 hartjie van die Suide bevind. ... Rosa Parks het pas ŉ lang dag se werk as naaldwerkster
 in ŉ sentrum se afdelingswinkel voltooi. Toe sy op die bus klim, het Parks ŉ sitplek in die
 eerste ry van die Afro-Amerikaanse afdeling beset, net om beveel te word om ŉ paar
 minute later te beweeg om ŉ inkomende blanke passasier te akkommodeer. Terwyl
 Parks voortgegaan het om te sit, het die busbestuurder die polisie betrokke gekry, wat
 haar in hegtenis geneem het.

 Parks se inhegtenisneming het King in die voorste linies van ŉ plaaslike beweging vir
 burgerregte gedryf.. Hy het ŉ beroep op sy gemeente gedoen om by ŉ stadswye,
 eendagboikot van stadsbusse aan te sluit. ... Bewus van die geskiedenis van
 verdeeldheid onder die stad se swart gemeenskap, het hy ŉ beroep gedoen op eenheid
 terwyl hulle saamgewerk het vir geregtigheid. Die busboikot het Montgomery se Afro-
 Amerikaanse gemeenskap verenig.

 Hul eerste vervoer alternatief was om Swart-Amerikaanse taxi’s in te roep om diens te
 lewer teen ŉ verminderde koers gelykstaande aan plaaslike bustariewe. ŉ Ingewikkelde
 saamry-stelsel is geskep wat inwoners in staat gestel het om die vervoer te kry wat hulle
 nodig gehad het. In plaas daarvan om hul dollars in blanke besighede in die middestad
 te spandeer, het Swart-Amerikaners toenemend van mekaar afhanklik geword en nuwe
 sake- en werksgeleenthede geskep.

 King het verklaar: “Hier in Montgomery, wanneer die geskiedenisboeke in die toekoms
 geskryf gaan word, sal iemand moet sê: ‘Daar het ŉ ras van swart mense geleef ... wat
 die morele moed gehad het om op te staan vir hul regte.’

        [Uit Becoming King – Martin Luther King Jr. ‒ The making of a national leader deur Troy Jackson]

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                        11

 BRON 3B

 Die onderstaande bron is ŉ uittreksel uit Martin Luther King Jnr. se brief uit Birmingham-
 tronk waarin hy die redes vir die Burgerregtebeweging se optog in Birmingham uiteensit.
 Die brief is op 16 April 1963 geskryf.

 Ek kan nie ledig in Atlanta sit en nie bekommerd wees oor wat in Birmingham gebeur nie.
 ... Birmingham is waarskynlik die deeglikste gesegregeerde stad in die Verenigde State.
 Sy lelike rekord van polisiewreedheid is in elke deel van hierdie land bekend. Die
 onregverdige behandeling van Negers in die howe is ŉ berugte werklikheid. Daar was
 meer onopgeloste bomaanvalle van Negro-huise en kerke in Birmingham as in enige
 ander stad in hierdie land.

 Op grond van dit het Negro-leiers probeer om met die stadsvaders te onderhandel. Maar
 die politieke leiers het konsekwent geweier om aan goeie geloofsonderhandeling deel te
 neem. ... Verlede September het die geleentheid hom voorgedoen om met leiers van
 Birmingham se ekonomiese gemeenskap te praat. Tydens die onderhandelinge is sekere
 beloftes deur die handelaars gemaak – byvoorbeeld om die winkels se vernederende
 rassetekens te verwyder. ... Namate die weke en maande verbygegaan het, het ons
 besef dat ons die slagoffers van ŉ gebroke belofte was.

 Ons wag al meer as 340 jaar vir ons grondwetlike en Godgegewe regte. Miskien is dit
 maklik vir diegene wat nog nooit die angel pyle van segregasie gevoel het om te sê,
 “Wag.” Maar wanneer jy bose bendes gesien het, jou moeders en vaders na willekeur;
 hang, wanneer jy gesien het hoe polisiemanne gevul met haat jou swart broers en susters
 vervloek, skop of selfs doodmaak – dan sal jy verstaan waarom ons dit moeilik vind om
 te wag. ... Onderdrukte mense kan nie vir ewig onderdruk bly nie. Die drang na vryheid
 sal uiteindelik kom. Ons sal die doel van vryheid in Birmingham en regoor die land bereik.

       [Uit https://www.africa.upenn.edu/Articles_Gen/Letter_Birmingham.html. Toegang op 15 April 2022
                                                                                              verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
   12                                GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                           (EC/SEPTEMBER 2022)

   BRON 3C

   Hierdie foto was geneem tydens die Optog na Washington, wat op 28 Augustus 1963
   plaasgevind het. Dit beeld Martin Luther King en ander godsdiensleiers uit wat ŉ skare
   van 200 000 betogers lei. Dit was tydens hierdie optog dat Martin Luther King sy beroemde
   ‘Ek het ŉ droom toespraak’ gelewer het.

           [Uit https://jwa.org/media/photograph-of-march-on-washington-featuring-we-march-for-signs-and-
                                             civil-rights-movement-leader. Toegang op 15 April 2022 verkry.]

  MARTIN LUTHER KING JNR.                  BEËINDIG NOU
                                           GESEGREGEERDE
                                                                                           ONS EIS NOU
                                           REËLS IN SKOLE
                                                                                           GELYKE
ONS PROTESTEER VIR                                                                         REGTE!
WERK VIR ALMAL NOU

   Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)             GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                         13

 BRON 3D

 Hierdie bron verduidelik waarom die Burgerregtebeweging, onder lyding van Martin
 Luther King Jnr. die optog van Selma na Montgomery in Maart 1965 begin het.

 ... Meer as drie van elke vier potensiële swart kiesers in Alabama is die basiese reg ontsê
 om hul stembriewe uit te bring. Toe eerwaarde King vroeg in 1965 na Selma gekom het,
 het hy sy luisteraars verseker dat, “Ons sal poog om die federale regering op te wek deur
 in duisende na die plek van registrasie op te mars”. Gedurende die volgende weke, toe
 swartes na die hof gemarsjeer het om te registreer, is hulle met polisieknuppels begroet
 en in hegtenis geneem. King, is selfs gearresteer. Soos in Birmingham is 500 Selma-
 skoolkinders aangemoedig om ná King se inhegtenisneming op die streek se hof te
 marsjeer.

 President Johnson het toe ŉ teenaksie gemaak en die Alabama Nasionale Wag
 gefederaliseer en 1 800 troepe ontplooi om die betogers op die pad na Montgomery te
 bewaak. Terwyl die betogers langs Roete 80 in die rigting van Montgomery beweeg het,
 is hulle begroet met ŉ lang en konstante stroom teenstaanders en blanke segregasioniste
 wat geskree het: “Yankee-vuilis gaan huis toe.” Maar anders as die vroeëre optog van
 Selma was daar geen geweld nie. Die optog het vyf dae geduur.

 Namate die betogers die buitewyke van Montgomery genader het, het die woord
 gesirkuleer van ŉ komplot om eerwaarde King dood te maak. Onverskrokke (onbesorg)
 deur die bedreiging, wou King nie die optog verlaat om sy lewe te beskerm nie. King het
 die triomfantelike skare toegespreek. Hy het geweet dat almal moeg, maar trots op hulle
 prestasie was. Hy het hulle verseker dat hul optrede opgemerk word en dat hul stemme
 gehoor word: “Ek staan vanmiddag voor jou met die oortuiging dat segregasie op sy
 sterfbed in Alabama is”. Op 6 Augustus 1965 het President Johnson die Stemreg wet
 onderteken. Langs hom toe hy sy naam op die nuwe wet geplaas het, was Martin Luther
 King Jnr. en Rosa Parks.

                            [Uit The Civil Rights Movement – Striving for Justice deur Tim McNeese.]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                             GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                (EC/SEPTEMBER 2022)

ERKENNINGS

Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:

Becoming King – Martin Luther King Jr. ‒ The making of a national leader

http://www.jstor.com/stable/resrep13825.9

https://history.state.gov/milestones/1945-1952/berlin-airlift

https://jwa.org/media/photograph-of-march-on-washington-featuring-we-march-for-signs-
and-civil-rights-movement-leader

https://www.africa.upenn.edu/Articles_Gen/Letter_Birmingham.html

https://www.bbc.com/news/world-africa-13891138

In Defence of Socialism: Four Speeches on the 30th Anniversary of the Cuban

South Africa in the 20th Century

The Civil Rights Movement – Striving for Justice

The Making of the Modern World deur Christopher Condon

The Oxford illustrated History of Modern Europe

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [HISTORY P1 GR12 MEMO SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-memo-sept-2023-afrikaans/baf3bd16-de95-470b-a321-e24be37ad22a) — History · Memo · 2023 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 MEMO SEPT 2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-memo-sept-2021-afrikaans/9c3a8ce8-f3a0-4016-a58e-194db060028c) — History · Memo · 2021 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/b9dc10fb-ad07-4300-abc2-a509afb2c30f) — History · QP · 2017 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2022-afrikaans/f20bbeea-9bf0-4364-87d6-36ff16bead78) — History · Addendum · 2022 · Afr
- [Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-addendum/4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995) — History · Addendum · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans)) 2015 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-2015-preparatory-examination-addendum/46d03045-1812-4e23-a4c5-7192a662e955) — History · Addendum · 2015 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 History P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-history-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
